Duitse firmas nou glo skrikkerig vir Suid-Afrika

vlag suid-afrika

Argieffoto

Suid-Afrika word dikwels as beginpunt deur internasionale maatskappye gebruik wat in Afrika wil uitbrei.

Die omstrede Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings is glo die rede vir Duitse maatskappye se rede tot kommer. Die wetsontwerp het glo tot gevolg dat Suid-Afrika as ʼn minder aantreklike beleggingsland beskou word deur Duitse maatskappye.

Die wetsontwerp bied nie dieselfde voordele aan Duitse maatskappye soos die vorige bilaterale beleggingsooreenkomste tussen talle Europese lande en Suid-Afrika nie. Die ooreenkomste is twee jaar terug deur die Suid-Afrikaanse regering opgehef, glo sonder waarskuwing. Volgens Matthias Boddenberg, hoof van die Suider-Afrikaans-Duitse Kamer van Koophandel en Nywerheid in Johannesburg, is dit nie voordelig vir Duitse maatskappye of vir Suid-Afrika nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse regering sal die nuwe wet meer gelyke kanse bied, maar eintlik sal die wet vermoedelik buitelandse maatskappye se kanse versleg. Die beleggingsooreenkomste tussen Suid-Afrika en Duitsland het jare lank bestaan en die ekonomiese verbinding tussen die twee lande ondersteun.

Voordele het egter sodoende verlore gegaan en drie aspekte het veral vir internasionale firmas versleg. Die heel belangrikste aspek is die toegang tot ʼn internasionale arbitrasiehof. Voorheen kon ʼn Duitse firma wat in konflik was met ʼn Suid-Afrikaanse vennoot ʼn internasionale arbitrasiehof versoek om die geskil op te los. Die Wêreldbank se internasionale sentrum vir die skikking van beleggingsgeskille is byvoorbeeld een van die howe wat gereeld in sulke gevalle gebruik word. Toe die Suid-Afrikaanse regering swart ekonomiese bemagtiging ingestel het, het van die internasionale maatskappye die kwessie via die ou beleggingsooreenkomste voor so ʼn internasionale hof gebring. Sodra die wetsontwerp in werking tree, sal hierdie reg wegval en alle geskille in die howe van Suid-Afrika aangehoor moet word.

Die tweede aspek is sekerheid oor beleggings. Onteiening was in die vorige beleggingsooreenkomste uitdruklik verbode, maar in die wetsontwerp is dit glo onduidelik. Maatskappye wil ook hul subjektiewe veiligheidsgevoel beskerm. Risiko-ontledings word gedoen voor groot beleggings gemaak word. Die veiligheid van ʼn maatskappy se perseel en besittings is belangrik aangesien versekeringspremies eenvoudig styg wanneer diefstal en geweld meer gereeld voorkom.

Indien Suid-Afrika net duurder raak vir buitelandse maatskappye, sal die wetsontwerp nie “meer gelyke kanse” bring nie. Volgens Boddenberg sal die teenoorgestelde gebeur. Dit is nog nie duidelik wanneer die wetsontwerp in werking tree nie, maar die vermoede is dat dit nog vanjaar sal plaasvind.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Xa ·

Duitsland as handelsvennoot is besonders belangrik omdat hulle ekonomie baie sterk en stabile is, en omdat hulle besonders goed is in innovasie en bedrywe in gevorderde tegnologie. n Rooi tapyt behoort vir Duitse sakemense uitgerol te word.

Hendrik ·

Ek dink met Plan B ingedagte kan Solidariteit begin om te onderhandel met die Duitse firmas. Is die idee dat ons ‘n paralele ekonomie moet begin nie? Miskien moet die industriee net oor die grens in Botswana vestig en dat ons maar oor die grens moet migreer daagliks/weekliks/maandliks om daar te gaan werk. Die Europieers kan ons kennis/idees/ondervinding/opleidig/gewilligheid gebruik. Een of ander manier moet ons die huidige wetgewing omseil wat so diskrimineerend is teenoor die wittes. Miskien moet daar onderhandel word om werksone gevestig te kry waar vakbondunie ontwrigting nie toegelaat word nie. Die vraag is hoe omseil ons hierdie tirannies wetgewing wat op ons afgedwing word?

Rupert Ashford ·

Ek hou van hoe jy dink. Mens sal egter eerstens ‘n plek soos Botswana se wette moet ondersoek om te sien of dit meer akkomoderend is. Hoewel ek seker is hulle sal plan maak om so-iets te laat werk as die vrae gevra word. De Beers is al klaar daar.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.