Duitsland beleef ‘Sicherheit über alles’

duitsland-berlyn

Foto: Alexas_Fotos/Pixabay.com

Die meeste Duitsers hou nog somervakansie, maar Duitse regeringspartye se retoriek oor veiligheidsake raak ook oorverhit. Die reeks politieke geweldsaanvalle en gefnuikte aanvalle in Duitsland die afgelope paar maande speel daarin ʼn belangrike rol.

Daarby is daar Duitse bondstaatsverkiesings in Berlyn en Mecklenburg-Vorpommern in September. Die konserwatief-nasionale AfD-party (Alternative für Deutschland) se warm asem begin blaas in die nek van die regerende koalisie se CDU (Christen-Demokrate) en SPD (Sosiaal-Demokrate). Volgens peilings kan die drie jaar oue AfD byna 14% stemme in Berlyn kry – en beheer oor verskillende rade met begrotings. Byna 20% stemme in Mecklenburg-Vorpommern kan na die AfD gaan.

Die CDU en SPD probeer die afgelope weke wal gooi. Angela Merkel en ander hooggeplaastes belowe nou meer polisie, beter toerusting en beter opleiding. Maar Duitse beleidstaboes word ook verbreek: die gebruik van die weermag in die binneland tydens krisisse word bespreek; veel makliker toegang tot internetdata van burgers vir die geheime dienste word oorweeg; gesigsherkenningsprogramme deur videobewaking is die jongste voorstel van die minister van binnelandse sake, Thomas de Maizière. Weens die Duitse geskiedenis was al drie kwessies tot onlangs taboe.

ʼn Verbod op rugsakke by die Oktoberfees in München word oorweeg, maar wat dan van alle feeste daarna? Die boerka, die vol gesigsbedekking vir sommige Moslemvroue, raak weer omstrede. Ligte beperkings of ʼn verbod daarop in openbare plekke word bespreek.

Verlede week is daar ʼn regeringsplan vir burgerlike beveiliging onthul. Dit sluit in dat Duitse burgers kerse, vuurhoutjies, sakke tamatiesop en ander kos, flitsligte en batterye, asook bottels water opgaar om vir tien dae ʼn krisis op hul eie te kan deurstaan. Die Afrikaners van 1994 met hul kerse en blikkieskos was byna sieners.

Daar is tans ook ʼn debat of dubbele paspoorte nie verbode moet wees nie: 800 000 Turke in Duitsland het net ʼn Duitse paspoort, 1 500 000 Turke in Duitsland net ʼn Turkse paspoort, en sowat 500 000 albei paspoorte. Onlangs het 40 000 Turke egter in Keulen “ons president” Recep Erdogan se outoritêre optrede toegejuig en vlae geswaai. So, die burgers vra ongemaklike vrae vir die media en politici.

Oop buitegrense beteken al meer binnegrense. En ʼn ligte vorm van Orwell se 1984?

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Heinrich Matthee

Dr. Heinrich Matthee is ʼn politieke en veiligheidsontleder wat spesialiseer in Midde-Oosterse en Moslem-politiek wêreldwyd. Dr. Matthee het meer as 14 jaar se ervaring in adviesdienste aan regerings, multinasionale maatskappye en nie-regeringsorganisasies. Hy skryf uit Nederland.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Therese van Schalkwyk ·

Ek glo nie enige Duitser wat volkome eerlik met homself is, sal enige Afrikaner wat ‘n mate van ‘schadenfreude’ ervaar, kwalik neem nie.

Mag gesonde verstand binnekort in Duitsland en die res van Europa seëvier sodat daardie eeueoue, kultuurryke Westerse beskawing behoue bly.

Die mistroostige, vaal ellende van die Midde-Ooste is grootliks selfveroorsaak deur die nimmereindigende Islam-binnegevegte. Om hierdie beklaenswaardige toestand verder te versprei, gaan Europa onherkenbaar verander en niemand help nie.

Slagoffers van Islam-oorloë kan op ander maniere gehelp word, maar nie ten koste van Europeërs nie. Stabiele Moslemlande behoort die leiding hier te neem. Waar is hulle?

JC ·

Yip, die Sunnis (Saoedi Arabie) HAAT die Sjiitiese Moslems (Iran)!!
Die res van die Midde-Ooste is opgevang in hierdie nimmereindigende stryd.

Merkur ·

@ Therese
Ek geniet jou kommentaar.

En jy is reg, hoekom neem bv die Saudis geen vlugtelinge nie?
En hoekom neem die USA, UK en Frankryk geen vlugtelinge nie nadat hulle mede verantwoordelik is vir die chaos in Libië en Irak ens?

Van Mnr Heinrich Mathee sou ek graag wou weet wat aan die AfD konserwatief is.

Therese van Schalkwyk ·

Merkur

Dankie, dis so lekker om van Suid-Afrikaners te hoor wat self daar in Europa woon en dinge eerstehands ervaar.

Het op dieselfde video-link o.a. na ‘n Heinz Buschkowsky geluister en as my verroeste skool-Duits my nie in die steek laat nie, is hy erg bekommerd oor die groot getal enkel-jongmans wat saam met die strome Midde-Oosterse vlugtelinge binnekom. Dalk is hy ‘n verstokte ekstreem vérregse, soos ek, maar dis tog verblydend dat sulke stemme ook gehoor mag word. :-)

Merkur ·

Therese

Ja ek het lekker gelag oor jou „schadenfreude“. Uiters goed gesê.
Die Duitsers kan die Afrikaners daarby nie kwalik neem nie. Die meeste is eerder vol begrip.

Die situasie in Suid-Afrika word af en toe in die alternatiewe media thematiseer en selfs nou en dan in die mainstream media. Maar dit word graag deur die establishment geïgnoreer. Miskien om nie aan die moeilike of onmoontlike pad van multi-culturalism herinner te word nie.

Jy het Heinz Buschkowsky reg verstaan. Alhoewel hy van die (ten minste op die oomblik belaglike) gematig-links sosiaal demokratiese partei is, is hy een van hulle nugterste politici.

Vir my klink jy eerder nugter as regs. Soos ek glo en hoop ek is.

Therese van Schalkwyk ·

Merkur

Net nog hierdie een saak …

Die wyse waarop ‘n handvol gewetenlose “people smugglers” die verloop van ‘n hele vasteland se toekoms/geskiedenis in die palms van hul hande (of die bodems van hul geroeste skuite) hou, is verbysterend.

Uit die oorlaaide, gehawende bote, wat so gereeld soos klokslag skaars verder as ‘n paar honderd meter van die Libiese kus vorder sonder om te sink, is dit heel duidelik dat hierdie mense-smokkelaars nie eers probéér voorgee dat hulle ‘n ernstige poging aanwend om veiligheid te bereik nie! Hulle reken bloot daarop dat beskaafde Europeërs tot die redding sal kom.

Dis net teleurstellend, en so ietwat pateties, dat magtige organisasies soos die VN en die EU, en die onderskeie lande se regerings, hulle so totaal kan laat ore aansit deur skurke.

Waarom toelaat dat smokkelaars sake dikteer? Help wérklik desperate vlugtelinge, maar doen dit ten minste op jou eie land se bepalinge en voorwaardes.

Groete vir Europa!

Merkur ·

Therese

Dankie, absoluut en presies op die punt gebring.

’n Mens staan verstom oor die persone wat die mag en sê het in Wes Europa. Afgesien van huigelagtige politiese korrektheid en gebrek aan politiese wilskrag om die grense te beskerm, speel ook ander faktore ’n rol. Soos die Amerikaner George Soros wat agter die Duitse organisasie Pro Asyl staan en finanseer. Hy meng hom ook in in die verkiesings in Europa. Om een voorbeeld te noem.
En dan is daar die paar Duitsers wat hulself haat en op die ander ’n heterogene bevolking will afdwing. Maar dis amper ’n wetenskap op sy eie.
Tot volgende keer.

https://en.wikipedia.org/wiki/Pro_Asyl

Gideon ·

My broer bly daar en se die bevolking kan gladnie meer vir Merkel uitstaan nie – soveel so dat sy haar gesig nie kan wys nie soos hulle haar Boe!
Verder is daar baie aanvalle op burgerlikes maar die staat verbied dat dit in die media geplaas moet word. Dit is veral die donkerder uitlanders wat die aanvalle loods. Merkel is mos groot maatjies met Obama wat uitlander – vriendelik is en die gewone Duitsers het genoeg gehad. Daar gaan nog ‘n ding kom daar.

Merkur ·

@ Gideon.
Ek beleef en sien dit net soos jou broer.
Hierdie regering het Duitsland in ´n taamlike diktatuur verander.
Een voorbeeld is die staats televisie en radio wat al net so erg is soos die destydse Oos-Duitse televisie-propaganda.
Die „neutrale“ Bundespresidend Joachim Gauck sê byvoorbeeld: “Vandag is nie die eliten die brobleem nie, vandag is die bevolking die probleem.”
(verskoon die vertaling)

https://www.youtube.com/watch?v=ak3Rpbqmupc

Merkur ·

In die interview gaan dit oor die vryhandels-verdrag tussen Europa en die USA wat die bevolking in Europa en veral in Duitsland verwerp.

Merkur ·

Maar die interview gaan ook oor baie mense se wens om die EU te verlaat.

John ·

Die dag van afrekening het gekom. Die nasate van Duitsers wat destyds vir Hitler aanbid het, het nou afgesien van hul voorliefde vir almal wat blosend blank is en die donker Moslems verwelkom; totaal teen Hitler se bevele en wette. Hoe ironies tog. Die vooruitstrewende en intelligente Jode het plek gemaak vir afhanklike, verstokte en onbuigsame mense wat hulle nog tot raserny sal dryf. Duitsland verdien alles wat nou na hulle kant toe kom… en hulle het self daartoe ingestem. Die Jode moet liggies glimlag.

Johan 2 ·

Waarvan praat jy john? Jode of NWO? En wat het jode met enige iets uit te maak, jy bedoel seker nwo?…ek verstaan nie wat jy sê nie.

Jcwf ·

Wat Afrikaners nie begryp is dat die meeste moslims in Duitsland blankes is nie. Turkse en Maraokkanse of Siriese mense is nie donkerder as Griekse of Spaanse mense nie. Dit het min met ras van doen.

Johan 2 ·

Dankue JC…kultuur verskille is die probleem nie ras nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.