Een uit elke vier kinders leef in konflikgebiede

'n Seun hou 'n stuk van 'n kanonkoeël vas in Yemen se hoofstad. Foto: Unicef/Mohamed Hamoud

‘n Seun hou ‘n stuk van ‘n kanonkoeël vas in Yemen se hoofstad. Foto: Unicef/Mohamed Hamoud

Volgens die jongste verslag van Unicef, die VN se Kinderfonds, leef een uit vier, of 535 miljoen kinders, in konflikgebiede. Hier is hulle dikwels sonder mediese sorg, talle kry onvoldoende voeding, terwyl baie min die geleentheid kry om skool toe te gaan onderwyl hulle deurlopend in gevaar verkeer.

In sub-Sahara woon drie uit elke vier kinders, oftewel 393 miljoen kinders in konflikgebiede of lande wat met ramptoestande te kampe het. In Sirië bly ’n halfmiljoen kinders in gewoonlik haglike omstandighede in 16 beleërde gebiede. In Afganistan gaan sowat die helfte van die kinders nie skool toe nie. In Haïti, twee maande ná die orkaan Matthew, het nog 90 000 kinders hulp nodig.

Met Suid-Afrika se hemelhoë werkloosheidkoers is dit vanselfsprekend dat broodgebrek, ook onder kinders, ’n algemene verskynsel sal wees. Volgens die Wêreldbank leef byna 40 persent van alle Suid-Afrikaners onder die broodlyn, maar sedertdien is aangekondig dat die huidige droogte nog 50 000 mense onder die broodlyn gedwing het. Dié syfer sal waarskynlik styg, nie net weens die droogte nie, maar ook weens die land se stadige ekonomiese groei.

Op globale skaal, aldus Unicef, dreig die huidige situasie om baie van die goeie werk wat gedoen is, ongedaan te maak. Weens hulp soos immunisering en kosvoorsiening, het die sterftesyfer van kinders onder vyf sedert 1990 met die helfte afgeneem.

In 2015 alleen is 11,3 miljoen kinders byvoorbeeld teen masels geïmmuniseer.

Tog, te midde van hierdie reusepoging dreig konflikte wat volwassenes teen mekaar voer om die goeie werk wat onder die kinderslagoffers gedoen word ongedaan te maak.

Oorlog maak is egter nie die enigste manier waarop kinders van hul toekoms, en dikwels hul lewe, beroof word nie. Die Wêreldbank stel dit ook dat korrupsie ’n land van sy toekoms beroof, en hiervan het Suid-Afrika oorgenoeg. Die howe voer skynbaar ’n opdraande stryd om voor te bly met hierdie komplekse sake wat bitter lank uitgerek kan word.

En terwyl ’n wit of bruin persoon, weens SEB en ander rasgebaseerde maatreëls, uit poste geweer word, word onskuldige kinders ingesleep en trek dikwels die kortste lootjie.

Die nodigheid om ’n veldtog soos 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders van stapel te stuur, toon dat baie kinders in Suid-Afrika onder huishoudelike geweld deurloop.

Of die kind nou van Aleppo of van Houghton kom, oral oor die wêreld is daar kindernood. Daar rus ook ’n verantwoordelikheid op elke burger om op te let of daar nie dalk kinderverwaarlosing of geweld teen kinders in sy regstreekse omgewing of familie plaasvind nie.

Kinders moet gekoester en nie verniel word nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Serious ·

Se dit vir die regerings wat niks daaraan doen nie. Almal praat maar niemand doen iets nie, kinders word as slawe gebruik, ander as soldate, en ander word deur hulle ouers abuse, en as die ouers/stiefouers verhoor word kry hulle ‘n slap on the wrist .. WHAT YOU ALLOW IS WHAT WIL CONTINUE!! Enige kriminele daad teen kinders moet met die dood gestraf word omdat hulle onskuldige en afhanklike wesens is.

Liza ·

Dankie Serious waar wat jy se…… die regerings doen niks daar aan nie… dit breek my hart om te sien hoe swaar en honger hulle is en selfs in ander lande en selfs in Suid Afrika ook… Daardie nat gehuilde ogies en die trane wat so afloop op die ou vuil gesiggie, nee hel dit maak my so kwaad en hartseer dis om in ‘n ou se voertuig te klim en die rook uit hulle uit te wiks…. jammer maar dis al hoe ek my eintlik kan uitlaat sou graag dit met ander woorde wou doen…..ons moet maar net bid en bid dis al……

Kaufman ·

Dit is waarom huidige korrupte leiers eendag gaan lei wanneer die nuwe generasie besef wat hulle gedoen het.

Therese van Schalkwyk ·

Te oordeel aan televisiebeelde uit oorlog- en droogtegeteisterde gebiede gaan ‘oorlog maak’ en ‘kinders maak’ hand aan hand. Verstandige gesinsbeplanning word onverklaarbaar agterweë gelaat in hierdie haglike toestande.

Unicef behoort dringend aandag te skenk aan hierdie aspek en met oordeelkundige geboortebeperkingsprogramme vorendag kom om toekomstige ellendes te verhoed. Hoe is dit moontlik dat die VN nie lankal tot hierdie besef gekom het nie? Of is die bevolkingsontploffing in sekere dele net “fake news” en ‘n “post-truth”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.