EFF, Malema maak ’n bespotting van plaasmoorde

Deur Reiner Duvenage

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF se lang geskiedenis van haatdraende retoriek en openlike haatspraak is oor die laaste week opnuut in die openbare kollig geplaas. Dit volg nadat AfriForum ’n saak teen Julius Malema, Mbuyiseni Ndlozi en die EFF aanhangig gemaak het oor die sing van “Kill the Boer, Kill the Farmer” by die vermoorde plaasbestuurder Brendin Horner se hofsaak in Senekal. AfriForum se saak, wat verlede Maandag 7 Februarie in die hooggeregshof in Johannesburg begin het, het oor die afgelope week groot opspraak in die media gemaak.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het reeds in 2003 bevind dat die dreunsang van “Kill the Boer, Kill the Farmer” haatspraak is, omdat dit ’n beroep doen om mense te vermoor vanweë die feit dat hulle aan ’n sekere gemeenskap of ras behoort. Ná aanleiding van ’n vroeëre klag van AfriForum is Julius Malema, toe nog leier van die ANC Jeugliga, in 2011 in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan haatspraak vir die sing van “Dubul’ ibhunu” (“Skiet die Boer”). Regter Colin Lamont het bevind dat minderheidsgroepe, soos die Afrikaners, besonder kwesbaar is en dat regte van individue wat deel vorm van hierdie groepe spesiale beskerming moet geniet. Ingevolge die appèlhof se uitspraak in hierdie saak word Malema ook daarvan weerhou om soortgelyke dreunsange te sing en moet hy sy ondersteuners ook ontmoedig om sulke dreunsange te sing. Ten spyte van hierdie uitsprake het Malema en die EFF hulself telkemale sedert die party se stigting aan haatspraak skuldig gemaak.

In die eerste week van die hofsaak is Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, geroep om te getuig. Roets is een van die vernaamste kenners op die gebied van plaasmoorde en outeur van die boek Kill the Boer. Hy het in sy getuienis veral op bevindinge in sy boek klem gelê van onder andere ’n oënskynlike verband tussen gevalle van haatspraak en ’n toename in plaasmoorde. Hennie Human, ’n traumaberader van AfriForum se traumaeenheid, het op Donderdag 10 Februarie tydens sy getuienis benadruk dat plase soos gemeenskappe funksioneer, en dat plaasmoorde gevolglik ʼn hele gemeenskap traumatiseer.

Ernst Roets (Foto: AfriForum)

Gedurende die week is die hofverrigtinge egter deurlopend deur die EFF en ander ondersteunersgroepe ontwrig en daar is onsuksesvol gepoog om AfriForum se regspan te intimideer. Die vernaamste voorbeeld hiervan is ’n voorval van intimidasie op Dinsdag 8 Februarie. ’n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei en veroordeel. In die video kan gesien word hoe EFF-ondersteuners ná afloop van die hofverrigtinge by die hof saamdrom en die uitgang versper. AfriForum se regspan moes vervolgens deur die skare skuifel om die hof te verlaat, waartydens EFF-ondersteuners duidelik “Kill the Boer, Kill the Farmer” gesing het in die AfriForum-span se rigting. Tydens die voorval het EFF-ondersteuners ook probeer om Roets se foon uit sy hand te gryp. Die hofverrigtinge is op Woensdag 9 Februarie verder ontwrig toe twee lede van die Azanian People’s Organisation (AZAPO) met plakkate in die hofsaal ingestorm en luidkeels liedere gesing het voordat hulle deur veiligheidsbeamptes verwyder is. Hierdie gedrag ondersteun ’n verdere aspek van Roets se getuienis tydens die hofsaak – dat die EFF ’n bespotting van die lyding van plaasmoordslagoffers maak.

Die feit dat EFF-ondersteuners weer openlik haatspraak gepleeg het, buite die einste hof waar die party tans van haatspraak aangekla word, getuig in die eerste plek van die party se totale minagting van die regstaat. Die optrede getuig egter ook van die diepgewortelde haat wat EFF-ondersteuners teenoor veral Afrikaners koester. Plaasmoorde is een van die gruwelikste vorms van geweld wat families en gemeenskappe vernietig. Die EFF se minagting vir slagoffers se trauma, deur vol te hou om “Kill the Boer, Kill the Farmer” te sing, is ’n opsomming van die party se kwaadaardige en destruktiewe uitwerking op die samelewing. Die hofverrigtinge duur hierdie week voort.

  • Reiner Duvenage is ’n veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anoniem ·

Hy sal wel eendag sy dag van bespotting kry, dalk nog vanuit sy eie geledere.

Heinrich ·

Niks nuut hier nie, ons weet van die EFF ens. se haat hier.

Porseleintjie ·

Daar kom ‘n tyd malema dat jy God se hand nie sal vryspring nie en die hele wereld sal sien. Dit wat jy oor jare heen gesaai het, die tyd is hier dat jy van jou eie oes gaan eet. Hoe vreeslik om te val in die hand van’ n Lewende God.

anniekiewiet ·

Dis tog vir my hartseer dat sy haatsprake weer baie soortgelyke haat uitlok. Ons as christene moet ook vir hierdie regering en sy meelopers bid, en vergewe omdat Christus ons vergewe het. Malema en elke haatdraende mens is voor God skuldig aan moord teenoor n medemens, maar net soveel is ons ook, as ons hulle terug haat.

SlinkseKoljander ·

Maar hulle is swart, en daar word niks aan swart mense gedoen onder die ANC regering nie.

Alta Alleman ·

Hy doen dit namens die ANC.. solank hy dit doen kry die ANC lekker.

Chantel ·

Dis so ‘n in your face, lok almal uit en wanneer jy optree is jy die rasis. Hoe lank nog gaan ons ons wang draai.

Alta Alleman ·

Niemand of niks gaan of kan hierdie mannetjie in die tronk sit nie…glo my !!

Elize ·

Plaas die gemors teruggaan Zimbabwe toe vanwaar hy kom. Hy is te bang want weet hule gaan hom lewendig afslag

pompies ·

Elize hy is n suid afrikaner nes ek en jy. Hy het in Pietersburg nou Polokwane groot geword sy ouma bly nou nog in Seshego net buite pietersburg.

piet ·

Dis ‘n haatdraende lied maar nie noodwendig rassisties nie want anderskleurige boere en werkers word ook vermoor.

anniekiewiet ·

Moorde op anderskleurige boere en werkers, word nie gepleeg nav kleinlike malema’tjie-aanhitsing nie.

piet ·

Hoe werk jy dit uit? Hulle sing dan van Kill the farmer, dit sluit alle farmers in. Anderskleurige boere word ook vermoor nie net wit boere nie. Die feit dat daar meer wit boere vermoor word, is omdat daar baie meer wit boere (eienaars ) is. As daar baie meer swart boere was, was baie meer swart boere vermoor. Dit gaan oor die geleentheid om die misdaad te pleeg en hulle is agter veral vuurwapens aan. As daar ‘n swart boer is wat vuurwapens besit, gaan hy geteiken word.

Piet ·

Jy is reg. Anderskleurige boere word ook vermoor. Maar, hierdie “lied” is spesifiek gemik op wit Boere.

piet ·

Die kill the Boer gedeelte waarskynlik, nie noodwendig die kill the farmer gedeelte nie. hang af hoe jy dit wil interpreteer. Die punt is daar word nie NET wit boere vermoor nie so jy kan nie se die aanslag is net gemik op wit boere nie en dit ‘n uitsluitlike raskwessie maak nie.

Alta Alleman ·

Winnie Mandela was voor in die koor met die sing van Kill the boer kill the farmer. Sy was die grootste aanhitser om wit mense uit te roei.

annie ·

Sal die gedrag van die EFF in parlementsittings in Westerse land verduur word? Hul as ‘n ware party aan verkiesings sou kon deelneem; mense wat brute haat openbaar? Nee! Die EFF is net so ongesofistikeerd soos hul uniforms. Hul steek sleg af teen regte werkers in uniforms wat elke dag met harde eerlike werk hul brood verdien. ‘n Skande! Die regering sit nou in die regte venue: ‘n konsertsaal cum poppeteater.

Chris ·

Dit verg ergere selfbeheersing om die woede en afkeur te beheer. Ek het met die tyd saam geleer om tot tien te tel en dan ‘n opinie te gee. Dit het my ook al duur te staan gekom. Ek glo daaraan dat wat jy saai sal jy maai. Om met wyses te redeneer is moeilik. Om met dwase te redeneer is baie moeiliker. As jy in ‘n bekgeveg met ‘n dwaas betrokke raak en iemand stap verby, sien die persoon twee dwase. Die knaap se grootste bondgenoot is die media. Wat hy doen trek hy mee aandag. Sy meelopers is die grootste aanhangers want hulle weet nie van beter nie. Hy sal en gaan een dag verantwoording moet doen, soos elke mens, vir die sothede en dade wat jy gepleeg het.

christo ·

Hoekom die regstelsel en die parlement se dissiplinêre kommittee nog nooit bereid was om daadwerklik teen Malema optree nie. Weet hy meer van die ANC se sondes as wat die gewone landsburger weet nie?

Frank John ·

Nee wat, die regering is klaar blyklik nie van plan om die haatspraak teen te spreek of daarteen op te tree nie. Niks word daarteen gedoen nie behalwe praat nie. Hulle laat toe dat die wat teen vrede werk voort te gaan soos hulle wil. Die gowerment wil dit so he. Dit pas in hul plan. Hulle is ook heel temaal onwys in die saak. Besef nie dat sonder die boere sal daar geen grootskaalse kos voorsiening wees nie. Klein “boere” wat nou kamtig veg vir grond om op te boer wil net die eindom he om hulself te verryk nie om kos voorsienend vir die land te wees nie. Hul wil net hulself help en het geen verantwoordeliks sin of omgee vir mede mens nie. Waneer al die boere verwyder is sal daar totale anargie in die land wees en grootskaalse hongersnood sal die orde van die dag wees.

RS ·

Dit is geen nuus dat hy of sy trawante n bespotting maak van iets wat ons as wit mense so diep raak nie. Hy homself is n bespotting vir ons land en hoort nie naby die politiek nie.

Misky ·

Hoe kan die tipe gedrag en uittarting in die openbaar, voor ‘n hof en in teenwoordigheid van SAPS toegelaat word? My tande al stukkend gekners!!!

Gert ·

2 wrongs don’t make a right, maar wragtag ons sal die ou tot stilstand moet kry voor ons almal uitgewis is. En jy mag jouself en familie nie beskerm nie dit is sy reg om jou te vermoor en te vat wat jy voor gewerk het.

Andrew ·

Hy reken die swart polisie was verwys na as “boers” . Behalwe die snert fabel, vra ek of is daar nou skole wat al die jong mense wat opgeweep word , wat hulle in hulle eie taale leer dat die “kill th ..er” lied verwys net na n sisteem van 30 jaar terug is en nie letterlik bedoel word nie. Ek meen al die wat onder 40 jaar oud is kan tog te goed onthou hoe die pas sisteem gewerk het en almal van hulle het som deurgeloop deur die “Boers” se swart polisie gedurende die 70’s.

Bevrees mens kry regters wat tot interresante bevindinge kan kom

Gert ·

Ek verstaan nie hoekom die mense so tekere gaan oor sy uitlatings nie. Ek het niks minder van hom verwag nie. Hy haat my mense. Ek haat sy mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.