Eiendomsreg is swart en wit, en die woordspeling is aspris

Paul Mashatile, ANC-tesourier, Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, David Mabuza, adjunkpresident, en Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Twitter via @AgriSAOfficial

Een van die verlede week se groot nuusgebeure is die aankondiging deur Agri SA dat die ANC toegewyd is om eiendomsreg te beskerm en dat die regerende party die impak wat grondonteiening sonder vergoeding op die ekonomie en beleggersvertroue sal hê, besef.

Hierdie aankondiging kom nadat Agri SA en die ANC, wat onderskeidelik in 1904 en 1912 gestig is, hierdie week ontmoet het om grondonteiening te bespreek.

Na aanleiding van hierdie vergadering het die ANC onderneem om onwettige grondgrype teen te staan en dat grondonteiening nie voedselsekerheid of die ekonomie gaan bedreig nie. Die ANC het verder gesê dat grondonteiening slegs gaan fokus op braak landbougrond. Agri SA glo dat hierdie ondernemings deur die Ramaphosa-regering onderstreep dat die ANC toegewyd is om eiendomsreg te beskerm.

Die ironie van hierdie stelling is egter lagwekkend.

Eiendomsreg kan nie as ’n relatiewe beginsel gesien word nie maar is egter redelik swart en wit.  Dit is op hierdie punt dat talle regskenners sal sê dat eiendomsreg nie absoluut is nie, en dat eiendomsreg onderworpe kan wees aan vele beperkings, soos dit die geval is met enige ander reg.

Daar is egter ’n belangrike, maar deurslaggewende verskil. Eiendomsreg is absoluut tot die mate dat elkeen die reg het om self oor hul eiendom te besluit. Eiendomsreg word eers relatief wanneer die eienaar of individu self en vrywillig hul eie eiendomsreg oor hul eie besittings beperk.

Om dus te sê dat die ANC eiendomsreg sal eerbiedig terwyl die organisasie dreig met ’n ingrypende staatsbeleid, wat die staat by magte maak om eiendom na eie goeddunk te ontneem en te versprei, is blatant oneerlik.

Dit is gelykstaande aan om te sê dat die reg tot lewe beskerm word ten spyte van die regering wat dreig met wetgewing wat die staat in staat stel om te besluit wie mag lewe en wie mag nie. Om almal dan gerus te stel tydens hierdie hipotetiese scenario, sê die regering dat moorde deur die publiek glad nie geduld sal word nie en dat slegs lewens wat nie tans ’n bydra lewer nie, deur die staat ontneem sal word. Die feit dat hierdie so ontstellend klink, beklemtoon hoe ontstellend die aanslag op eiendomsreg in Suid-Afrika is.

Die konsep van natuurlike regte behels in die eerste plek beskerming teen die staat wat daardie regte wil ontneem. Wat elke individu verder met hul regte maak en hoe hulle dit vrywillig dalk beperk, is elkeen se eie saak.

Eiendomsreg en die bewaring daarvan teen die staat, word eenvoudig óf beskerm óf nie. In die sin is eiendomsreg soos swangerskap ’n binêre konsep. Dit is of dit is nie. Daar is ongelukkig nie ’n Gouelokkies-middeweg in hierdie debat nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

tamboti ·

Jy het ń hamer en spyker en plank en duim en kop……… Jy slaan jou duim raak, jy slaan jou naam met ń plank, of jy slaan die spyker op sy kop! Soos Daniël hierbo, mooi so!

Eish ·

By ASUF, die Agri sektor eenheidsforum. Bestaan uit Agri SA, AFSA, NFU en TLU.
Hul gaan November, planne aan die regering voorlê vir landbou hervorming.
Hier, word volgens Dan Kriek: ” pad van ontwikkeling stap, nie die pad van verwoesting nie.”

prof Booysen ·

Kyk mooi na die verteenwoordigers van die Afrikaner en BOER.
Dis die einste groepe met ‘n geskiedenis dat hulle ons vir die gek hou. nes Roelf Meyer dit nie gemaak het nie, sal Dan Kiek en Van Zyl maar liggewig wees teen CR en Mabuza.
Ne tdat julle weet hierdie ouens kry lekker geld om te mors, terwyl julle dink dit gaan enigsins help. Die vyand is op een ding en een ding alleen ingestel, om die Afrikaner te vernietig. Geen onderhandeling gaan die eindresultaat verander nie, dalk net bietjie tyd koop, maar geen oplossing bied nie. Dink soos Churchill se optrede teenoor Hitler. Wanneer jy weet wat jou vyand beoog kan jy die struikelblokke in jou eie midde identifiseer. Angloforum, AgriSA, Solidariteit, Afrisake, TLU gaan niks kan doen nie. Ons is verby onderhandelingfase. Eina dit maak dit effens ongemaklik…

Gerhard ·

Prof Booysen. Ek begin ook meer en meer dink onderhandelinge het geen verdere doel meer nie. Ek weet nie of iemand ‘n plan het vir wanneer jy by die punt kom nie.

Paul ·

CR kapittel mos vir Julius verlede week in die parlement en sê vir hom swart mense is trots op hul eiendom en sal dit nie afstaan nie. (Dis nou toe Julius nasionalisering voorstaan.) Nou wil ek vir CR vra, is die blankes dan nie ook trots op hul eiendom/plase nie? Waarom sê hy dan vir die blanke boere hulle moenie aan die grond vasklou nie?

Gerhard ·

Vraag: Is C.R. teen grondonteiening sonder vergoeding gekant?

Antwoord: Nie so dat jy dit sal agterkom nie.

Jerry ·

Die manne en vroue van AgriSA verdien om n kans gegee te word om te wys dat deur die regte dinge reg te doen en met die regte benadering, dat wit en swart se eiendomreg steeds gewaarborg en beskerm word. Diegene wat die wa voor die osse inspan en n geraas maak gun hulle gematigde mede Afrikaners nie n kans nie en tree uiters onbeskof en bevooroordeeld op wat n wanindruk skep. Julle optredes laat n swak smaak in die mond by alle wit en swart Suid Afrikaners en meer so nou by mense in die buiteland aan wie Afri-Forum halwe waarhede opgedis het!

Breytenbach ·

Meneer/Mevrou jy verkondig halwe waarhede. Afriforum het slegs die feite aangebied. Dis die agente van duisternis wat alles verdraai om hulle idelogiese agenda te pas. Plaasmoorde, korrupsie, BBBEE diefstal en swak regering is ‘n feit en nie iemand se verbeeldinstog nie.

Charl ·

Jerry,
Noem asseblief vir my die halwe waarhede wat Afriforum vertel het. Ek soek in die media, maar kry niks daarvan nie.

Carina ·

Agri SA is besig om ‘n gevaarlike spel te speel, hulle glo elke woord wat die Ramaphosa en Malema regering hulle vertel en om Agri SA in te lig, julle is nie besig om namens die meerderheid van ons te praat nie, julle praat namens julle self en julle eie sakke.

andycap ·

Miskien moet ons ook begin toitoi, maar slimmer. Ekonomies is die maklikste. En belastingsgeld gebruik as ‘n verset meganisme.

Ongelukkig verg dit te veel moeite om te toekoms reg aan te pak, sodat SA vir al sy burgers kan sorg. Om hul stem te behou sal die ANC na vinnige populistiese oplossings soek, en langtermyn gevolge maar vir later laat.

Hulle is ook besig met ‘n stadige maar konstante negatiewe propaganda teen veral die Afrikaner. Dus, met tyd, sal ons as mindere mense gesien word, dalk nog amper “nie mens,” en dan sal dit makliker wees om hul sosiale hervorming, waarvoor ons gaan betaal, deur te voer.

Ek stem saam met hervorming, maar ‘n opbouende en positiewe een vir alle gemeenskappe, gegrond op entrepreneurskap, vaardighede en kreatiwieteit.
Meeste politiekuste is nie teknokrate nie, dus sien ek nie verandering nie.

christa ·

kan glad nie ANC se woord glo nie. Ek dink hulle het bietjie geskrik vir die teenkanting van oral af

Jerry ·

Net soos Afri-Forum glo AgriSA ook nie die ANC se verskillende oggend en aand praatjies nie. Die verskil egter is dat Afri-Forum uitgesluit is en dus nie soos AgriSA wat ingesluit is, daar is om te verseker dat daar nie gekonkel kan word nie en dat ooreenkomste wat bereik word ook nie teenstrydig is met die grondwet nie en ook nie eiendomsreg bedreig nie. AgriSA dien dus wit en swart in wie se beste belang dit is dat eiendomsreg behoue bly en dat onteiening tog wel teen n billike vergoedingsooreenkoms plaasvind wanneer benutte en bewerkte grond ter sprake is. AgriSA is daar om toe te sien dat implementering van grondhervorming streng volgens ooreenkomste plaasvind. Nie Afri-Forum of AgriSA verteenwoordig die Afrikaner of die se belange nie, hulle verteenwoordig hulle organisasies en die se lede van wie wel Afrikaners is. AgriSA volg n samewerkende en versoenende benadering terwyl Afri-Forum n skoorsoekende en ondermynende benadering volg. Hoe, dit ookal sy, die tyd het ons reeds geleer dat Afri-Forum die regte dinge verkeerd doen en dat AgriSA die regte dinge reg doen. Die AgriSA benadering bring hoop vir vrede vir alle Suid Afrikaners, waar die Afri-Forum benadering wanhoop vir konflik vir Afri-Forum lede bring. Nag ou slim Jan!

Paul ·

En daar verwelkom ons en CR vandag ‘n kolonialis met ope arms.

Hendrik ·

AgriSA is naief om te dink dat hulle enige invloed het as die grondwet eers verander is. Sodra eiendomsreg op grond aangetas is, maak dit die deur oop vir alle onteiening van alle eiendom, insluitend jou huis, pensioen ens. Ramaphosa mag self dalk goeie bedoelings hê, maar hy het skaars 50% ondersteuning in die ANC, dus ‘n minderheid ondersteuning onder swartmense. Die meeste van hulle soek witmense se eiendom na die grondverhore.

Gerhard ·

Die teendeel, na KODESA weet ons Agri-SA se manier is die verkeerde ding reg doen.

Hans Richardt ·

Daar is ‘n goue middeweg, onderhandel Art 235 ooreenkoms vir wit gemeenskappe!
Genoeg nou van politieke korrektheid media spin. Genoeg nou van Art9 en Art 25 van wet 108/1996 rassediskriminasie in SA, teen wittes. Ek dring aan op Art 1 Wet 108/1996 gelykheid voor reg. Tyd om politieke ras gelykheid te definieër , sodat mens maststaf kry.

cobus ·

n Vreedsame oplossing is eerste prys. Die probleem is dat die ANC het bewys dat jy hom nie kan vertrou nie. Nog n Codesa? C.R het vir Roelf Meyer ore aangesit. Niks wat hulle ooreengekom het is eerbiedig nie. Die geskiedenis bewys dat, in alle waarskynlikheid, hulle dit weer gaan doen. Die Afrikaner moet op alle vlakke veg om sy basiese regte te behou. Reg op veiligeid,taal onderhoud , werksgeleenteid, ongesteurde en veilige besit van sy eindom en sy lewe… ek kan aangaan..Ons minerale en water regte is stil stil weggevat sonder vergoeding. Niemand het n woord gese nie. Oor die laaste 22 jaar is ons infrastruktuure sistematies in chaos gedompel en die staatskaste geplunder, instellings ondermyn om die kriminele elemente binne en buite ons regering te beskerm. Die land word daagliks verniel deur n ruglaatlose en onbevoegte regeering wat toelaat dat sy kiesers in haaglike omstandigede en armoede bly. Om dan die beloftes van goedkoop politiek te maak wat rasse haat en verdeelteid veroorsaak om die aandag van sy onbevoegteid aftetrek. Plaas daarvan om verandwoordelikeid te aanvaar vir sy voute word die blaam geplaas op die grondeienaar wat hard werk om n lewe te maak en voedsel op almal se tafels te sit en n reuse bydra maak in die land se vooruitgang. Nee wat ek se; skrik maar wakker!STAAN OP en praat. Dit sal nie skade doen as Trump hulle op hulle tone hou nie. Dalk sal hulle met die regte druk versigtiger wees.

Hans Richardt ·

Wat is beste? Vriendelike oorheerser soos Vsa of onderhandelde Art 235 van Grondwet gebiede vir wit gemeenskappe en erkenning van hul onafhanklikheid binne Grondwetlike raamwerk van SA?
Waarom kan swart Tradisionele leiers en hul grondgebiede Art 235 erkenning geniet in Wet op Tradisionele Leiers, maar weereens word wittes hiervan uitgesluit bloot opgrond van velkleur? As almal gelyk voor SA reg is, moet daar nou Art 235 erkenning gegee word aan Afrika wittes in hul eie grondgebiede.

Hans Richardt ·

As swart tradisionele leiers erkenning vir hul tradisionele grond itv Art235 van Grondwet geniet en volgens Art 1 van Grondwet is almal gelyk voor reg, wanneer gaan Tradisionele gebiede bv Orania Art 235 Grondwetlike erkenning kry by ANC?
Genoeg nou van rassediskriminasie en ongelykhede voor die reg, net omdat my vel wit is! Dis wetlike rassediskriminasie.

Pietman ·

Puik, Daniël! Nugter en logies beredeneerd. Na dese sien Afrikaners reg deur die agterbaksheid van die ANC, Agri SA, Roelf Meyers en diesulkes.

Snowball ·

Die laaste paragraaf som mooi op. Eiendomsreg word 100% beskerm, of glad nie. Daar IS NIE ‘N MIDDEWEG NIE (soos wat Cyril en Agri SA probeer wysmaak nie), daar is nie OSV sonder die vernietiging van eiendomsreg nie, net soos jy nie half swanger kan wees nie, jy is, of jy is nie. Een van die bene waarop KOMMUNISME berus is die vernietiging van Eiendomsreg. As grond onteien word, (om kwansuis meer swart boere te hê, wat ook ‘n leuen is, want hulle migreer stede toe vir die quick bucks) en dit is nie genoeg nie, wat word volgende onteien? Want as daai deur eers oop is, gaan niks hom weer toedruk nie….

Bul ·

1836 is daar ook ‘n belofte gemaak en grondregte bespreek. Toe skielik “Bulalani abathakathi”.. !! Res is geskiedenis. Is die ANC vertrouenswaardig?

Jerry ·

Onteiening teen vergoeding en eiendomsreg vir wit en swart in SA, is hier om te bly. Niemand, nie eers die ANC sal die NDR verder druk tot by die punt om te nasionaliseer nie. Daar is tans te veel op die spel mbt westerse buitelandse voorwaardelike investering mbt eiendomsreg wat behoue sal bly en grondhervorming wat volgens grondwet en demokratiese prosesse moet geskied en wat politieke stabiliteit en ekonomiese groei vereis. Alles wat van nou af gebeur sal volgens westerse denkwyse en wetgewing geskied in samewerking met alle rolspelers, uitgesluit Afri-Forum. Geen deur gaan oopgemaak word vir die volgende fase van NDR nie, inteendeel gaan versoening en samewerking daardie deur nou toemaak vir ten minste die medium termyn. Met ander woorde, SA is in goeie hande, so jy kan maar ontspan ou slim Jan!

Snowball ·

Dieselfde korrupte hande wat die staatsbeheerde instansies in ruïnes verander het? Ja nee, ek is nou skoon opgewonde oor die toekoms. Only way to predict the future Jerry, is to look at the past….en hier is waar die huidige regering die toets dop. Wens ek self kon in dié verbeelde illusie swymelend profeteer hoe alles ten goede sal uitwerk in die bekwame hande van die ANC.

Hans ·

Die lede van AgriSA moet ernstig besin oor hulle lidmaatskap van die organisasie-eintlik Anc lite

Francois vRvO ·

Al ooit gehoor van die Amerikaners se onderhandelinge met Cuba om ‘n Amerikaanse weermag basis bine in Cuba op te rig.
Die Amerikaners het gevra vir ‘n weermagbasis met vuurpyl lanseerder en die Cubane het vasgeskop.
Later het die Amerikaners ingegee en die vuurpyl lanseerder laat gaan en toe stem die Cubane in.
Hierdie onderhandelinge is op dieselfde trant maar die gesprek moes nooit eers begin het nie , verloor verloor scenario.
Twee wolwe en een skaap onderhandel oor wat vir aandete is.
As ons as Afrikaners maar net ‘n tipe eie regering gehad het waar ons nou ‘n nood toestand kon afkondig , die reelboek uit die venster gooi , en begin bou , sonder om toesteming te vra.

Jerry ·

Francois vRVG het jy al ooit gaan stil sit en dink oor hoekom die Afrikaner juis nou in n tyd wat die Afrikaner n leier met n eie regering nodig het, dit nie het nie, maar wel n klomp selfaangestelde leiers het? As jy nie die antwoord kry nie, gaan vra jou dominee, hy behoort vir jou die antwoord te kan gee!

Kryger ·

Die aap is uit die mou, Max. Skryf nou maar in jou eie naam. Almal weet nou Jerry is eitlik Max du Preez.

Flip Raath ·

Die kommunale besit en gebruik van grond. Word dit groter of kleiner?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.