Einde van die Westerse beskawing

kultuur-verskille

Kultuurverskille op straat in Europa. Foto: Verskaf/Lifesite.com

Die Westerse beskawing is op sy laaste bene. Net soos die ou Romeinse Ryk, wat vir 500 jaar die toon aangegee het, is die Weste stadig maar seker besig om sy laaste stuiptrekkings te gee. Die geskiedenis het mos ʼn geneigdheid om homself te herhaal.

Baie mense sal die val van die Weste as snert afmaak. Die opkoms van beskawings soos China en Indië beteken tog nie noodwendig dat die Weste gefaal het nie. Ander sal aandui dat sogenaamde diversiteit en menseregte, wat tans die gonswoorde in die Weste is, juis sal veroorsaak dat die Weste nie tot ʼn val sal kom nie.

Die val van die Romeine Ryk

Tog het die magtigste beskawing nóg, die Romeinse Ryk, tot ʼn val gekom. Die Romeine wou voortdurend hul ryk uitbrei en was met ander woorde imperialisties. Só is groot dele van Europa, Noord-Afrika en die Midde-Ooste deur die Romeine beheer. Tog het die ryk teen die 5de eeu so vinnig agteruitgegaan dat daar slegs dekades later niks van die ryk oor was behalwe monumente nie.

Historici noem heelwat redes vir die val van die Romeinse Ryk. Sulke redes sluit in kompetisie van die Hunne en die Barbare (die voorvaders van die hedendaagse Europeërs), grootheidswaan (deur ander nasies te onderdruk), korrupsie en politieke onstabiliteit, agteruitgang van die Romeinse weermag (deur konstante militêre kampanjes en deur staat te maak op troepe verskaf deur die Barbare), hoë belastings, vreemde arbeid, verlore tradisies, agteruitgang van morele waardes en, les bes, die instel van ʼn welsynstelsel vir die werkersklas weens te veel vreemde arbeiders. Klink hierdie redes in die moderne idioom ook bekend?

Die Westerse beskawing het rondom die 14de eeu ontwikkel met die Renaissance. Vooruitgang is gemaak op wetenskaplike gebied, die drukpers is ontwikkel en konvensionele waardes is bevraagteken rondom godsdiens (soos byvoorbeeld deur Marten Luther) en sterrekunde (Galilei Galileo). Portugese en Spaanse ontdekkingsreise het plaasgevind wat die Ooste deur ʼn seestraat (om die Kaap) en die “nuwe wêreld” (Amerikas) oopgestel het.

Ná die nywerheidrewolusie het die Westerse nasiestate gekompeteer en hulle het imperialisties en ekspansionisties geword. Kolonies is oral gevestig.

Die kompetisie van nasiestate het, anders as die sentrale gesag van die Romeinse Ryk wat uit Rome beheer is, gedurig in sterkte gewissel. So het die hoofstad van die Westerse beskawing eers rondgeskuif van Lissabon en Madrid, later na Amsterdam en Parys en daarna weer na Londen en Berlyn. Ten einde laaste het Washington die setel oorgeneem en die hoofstad van die Westerse beskawing is 70 jaar later steeds in die VSA gesetel.

Die Amerikaanse president word dus nou al vir dekades as die leier van die Westerse wêreld beskou. In Julie het pres. Donald Trump in Warschau tydens ʼn toespraak gewaarsku dat die Weste moet sorg dat die Westerse beskawing nie tot ʼn einde kom nie. Omdat die Weste geen sentrale beheer het nie, en die alternatiewe Westerse regering in Brussel (Europese Unie) blykbaar geen begeerte het om die Westerse beskawing te beskerm nie, is Trump se aandrang basies ʼn laaste poging om die Westerse beskawing se val te keer. Dit is egter tydelike verset. Niks gaan keer dat die Weste homself tot ʼn val bring nie.

Westerse waardes

Die val van die hedendaagse Westerse beskawing gaan nou saam met die einde van klassieke Westerse waardes. Gaan soek jy na die boublokke van die Westerse beskawing is die vernaamstes sekerlik reëls en regspraak, individuele vryheid maar kollektiewe samehorigheid, rede, kapitalisme, deelnemende regering en konfrontasie van ander beskawings. Godsdiens, en meer spesifiek Christenskap, het ook ’n leidende rol gespeel. Aan die ander kant het meerderwaardigheid en die miskenning van ander volkere se bestaansreg ook ontwikkel. Skuldgevoelens oor laasgenoemde sou later ’n groot rol gespeel om die Westerse agteruitgang te verhaas.

Nietemin is dit is nie te betwyfel dat die Westerse beskawing, en veral die ongelooflike ekonomiese voorspoed wat deur veral die nywerheidsrevolusie en later Amerikaanse massaproduksie veroorsaak is, honderde miljoene mense se lewens aansienlik opgehef het nie. Kapitalisme het dus met die hulp van tegnologie en meganisasie reggekry wat geen ander beskawing voorheen kon regkry nie: om gewone mense relatief ryk te maak en aan hulle ʼn bestaan te verseker wat ligjare van hul voorouers s’n verskil het. Dit is dus geen wonder nie dat ander beskawings die Westerse kapitalisme met soveel ywer en doelgerigtheid nastreef. Veral in die Ooste het eers Japan en Korea ontwikkel en daarna China en Indië. Afrika suig maar aan die agterspeen, waarskynlik weens Afrikane se swak werketiek, leierskap, onderwys en algemene wanbestuur.

Die boublokke van die Westerse beskawing het egter ʼn ernstige knou gekry tydens die doodslag gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die Westerse gewete word hierna gevoed deur ’n algemene skuldgevoel oor kolonialisme, slawerny en rassemeerderwaardigheid. Daarna het dit relatief vinnig verwater deur die aanvaarding van veral linkse liberalisme en later multikulturalisme en politieke korrektheid. Christenskap is deesdae in die meeste Europese state ʼn historiese konsep, rede word verdoem deur politiek korrekte optrede, reëls word oorboord gegooi om multikulturalisme te bevorder en die individu word aan bande gelê deur selektiewe vrye spraak en wetgewing om diversiteit af te dwing.

Ironies genoeg het lande in Oos-Europa (nou bekend as Sentraal-Europa) soos Pole en Hongarye, wat vir jare deur kommunisme gespeen is van die nuwe “verwronge” Westerse waardes, die grootste bevorderaars van tradisionele Westerse waardes geword. Multikulturalisme en linkse liberalisme het nog nie sterk hier posgevat nie. Sentraal-Europa is nou die draers van die ou Westerse waardes, met territoriale integriteit en godsdiens as kern van die samelewing.

Die Trojaanse Perd

Die Moslem-“inval” in Europa is soos ʼn Trojaanse perd besig om die Weste stadig maar seker van binne dood te wurg deur middel van multikulturalisme en menseregte-aansprake. Die verdere toestroming van Afrikane en die Weste se onvermoë om dit te stuit, is deel van die afbreek van die Westerse beskawing. Ten spyte van talle kundige mense se emigrasie na die Weste, weier die grootste gros ander emigrante om Westerse waardes te aanvaar. Trump probeer nog hierdie regressie teenstaan in die VSA. Daarteenoor word die meeste konserwatiewe leiers in die VSA, wat deur die Republikeinse Party verteenwoordig word, deur politieke korrektheid geïnhibeer en is erg onseker oor hoe hulle die agteruitgang van Westerse waardes moet stuit.

Die Westerse twyfel in sy waardes ná die oorlog het veroorsaak dat sy eie openheid teen hom gebruik word. Baie mense maak die fout om te dink klassieke Westerse waardes gaan oor feminisme, demokrasie, omgewingsregte, gay regte, geloofsvryheid, sekularisme, menseregte en “regstellende” rasseregte. Ironies genoeg word sulke identiteitspolitiek gekweek op Westerse universiteitskampusse waar jongmense geïndoktrineer word dat sulke regte beskaafde waardes verteenwoordig.

In die VSA is die “oorlog” oor hierdie waardes reeds lank aan die gang deur tweespalt oor vryheid van spraak, wapenbesit, aborsie, godsdiensbeoefening ensovoorts. In Europa is daar reeds ʼn verlore stryd oor Westerse waardes. Daar is nog elemente van teenstand, naamlik die sogenaamde verregses soos vergestalt deur Geert Wilders (Nederland), Nigel Farage (Brittanje) en Marine le Pen (Frankryk), maar dit is immers onwaarskynlik dat klassieke Westerse waardes weer na Europa gaan terugkeer. Op ʼn stadium in 2016 het dit gelyk of die nasionaliste (wat die Westerse waardes aanhang) nog ʼn buitekans het om op te staan teen die multikulturalisme (wat die Westerse waardes wetend of onwetend vernietig). Ná die onlangse verkiesings in Nederland, Frankryk en eersdaags in Duitsland, is dit duidelik dat dit maar ʼn opflikkering hier en daar was.

ʼn Nuwe imperialisme

Dis moeilik om te voorspel wat die Westerse beskawing as die dominerende beskawing gaan vervang. Dit is dalk te vroeg om hieroor te tob, want die Weste is nog nie heeltemal begrawe nie. Wat wel waar is, is dat dominerende beskawings imperialisties is omdat hulle graag hul ideologieë wil uitbrei. In die volgende eeu sal demografie sekerlik die grootse sê hê in die nuwe imperialistiese wêreldorde.

Lesers van hierdie artikel sal waarskynlik hul eie menings oor nuwe moontlike oorheersers hê. Wat wel duidelik is, is dat een van die ou, uitgediende beskawings besig is om soos ʼn feniks uit die as te herrys (Islam het wêreldpolitiek tussen die 8ste en 13de eeue oorheers). Islamitiese imperialisme in Europa en Afrika gebeur reeds. ʼn Ander kandidaat is China wat deur sy vinnige opgang nou reeds grootliks wêreldhandel oorheers (ongeveer 100 lande se grootste handelsvennoot is reeds China). Chineze imperialisme kan reeds in Afrika en Latyns-Amerika gesien word.

Suid-Afrika het lankal reeds Westerse beskawing opgegee vir Afrikanisme. Onder die vorige Nasionale Party-regering is ʼn Eurosentriese staat nagestreef, met ander woorde hulle wou graag die bevolking ophef na Westerse standaarde. Die ANC poog weer om ʼn Afrosentriese staat te skep, met ander woorde waar die hele bevolking hulle aan Afrika waardes moet onderwerp. Westerse praktyke soos minderheidsregte, effektiewe staatsbestuur, rekenskap ensovoorts word as ʼn aanval op die Afrosentriese staat beskou. Net soos die Eurosentriese visie van die vorige bewind misluk het, sal die Afrosentriese visie van die huidige regime misluk.

Hoe dit ook al sy, dit is moeilik om enige noemenswaardige hoop vir die langtermyn-oorlewing van die Westerse beskawing te vind. Ná 600 jaar van ongekende vooruitgang gaan die Weste dit afstaan aan ʼn nuwe kultuur wat wel sekere elemente van die Westerse beskawing mag gebruik in sy oorheersing. Iets soos kapitalisme dalk, maar dalk met minder fokus op deelnemende regering of kollektiewe verantwoordelikheid. Nogtans sal dit op ander se terme geskied, soos die minderhede wat tans in Suid-Afrika aan Afrosentriese waardes onderwerp word.

Is jy gereed vir die swanesang van die Westerse beskawing?

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Nico Stegmann

Nico Stegman is ’n onafhanklike skrywer met 30 jaar ondervinding in navorsing en analise oor diplomatieke en internasionale aangeleenthede.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Jan ·

Goeie opsomming..mag ons die Here se wil soek en ken en uitleef.. dis al Hoop vir ons in ‘n vervalle land en wereld.

Marius ·

Dis goed dat die Westerse beskawing tot ‘n einde kom. Ware Christene was selfs hier nog altyd bywoners. As dit tot ‘n einde kom is dit deel van God se plan om Christendom nie te koppel aan enige sg. beskawing nie. 100 miljoen dooies in twee wêreldoorloë laat my in elk geval wonder oor die beskaafdheid daarvan.

MissDemeanor ·

“Adapt or die”. Dit is die wed van die natuur. Organismes/individue/spesies wat nie kan aanpas by veranderinge nie sterf uit. Eitlik sterf enige kultuur uit na ‘n tyd. Ons kan kies om mekaar uit te moor of met mekaar te kompeteer. Of ons kan aanvaar dat dinge verander en dat alles tot ‘n einde kom. Kom ons pas aan en bou saam iets beters. Moenie verkrampt wees nie. Verkramptes vergaan soos onbuigbare bome in sterk wind.

John ·

Hierdie is ‘n waarheid soos min en die ergste is dat ons mense weier om die skrif aan die muur te laat ontsyfer omdat ons vermoed wat dit beteken. Dit wat die Weste oa gebring het nl ‘n Christelike waardesisteem, ‘n ekonomies-volhoubare en menswaardige bestaan, gesondheidsorg vir die massas en ‘n droom vir wereldvrede, word orals by die agterdeur uitgeboender sodra gode-dienaars en binnekort ook hul bloedlose nefies AI hetsy KI (die sg kunsmatige intelligensie) by die voordeur instorm… Wat die outeur dalk vra, is of die aarde einde-der-dage-sat is en ons die eindtyd nader soos in die Bybel voorspel. N-Korea se optrede dui reeds op ‘n doodswens weens sy onvermoe om verder te ontwikkel, vasgevang in sy dwase selfaanbiddingskultuur. Die Roomse Kerk doen ook so en bou reeds aan die ‘groot gruwel’ vir ‘n nuwe dimensie wereldwyd. Afrikaners waggel tussen vlug en oorgawe aan ander gode se sluwe slymagtige heerskappy wat in dood, ellende, pes en hongersnood sal eindig. Is ons wat opskrik te ‘by’, te negatief of dalk net te eerlik?

Nico K ·

Daar is ‘n paar argumente in die artikel wat homself weerspreek. Daar word onder die grondstene van die Westerse beskawing genoem deelnemende regering (dis tog demokrasie) en kapitalisme. En dan word politici soos Geert Wilders en Marine le Penn as voorbeelde van draers van Westerse waardes genoem. Hulle is egter juis teen kapitalisme. En dan sê die skrywer baie mense maak ‘n fout om te dink die Westerse beskawing berus om goed soos, o.a, demokrasie!

Vuisfoos ·

Die punt is: Neem Jesus uit die senario uit dan is dit so goed soos jy gooi die kompas weg.

Verlig ·

@Vuisvoos. sou jy eintlik wil sê dat enigiemand wat nie Jesus in hul hart het nie, geen morele kompas het nie? Dit is een van die mees naiewe en oningeligte stellings wat gelowiges kan maak. Waarom word daar vews na die Christelike waardes wnneer dit nie by Christenskap onstaan het nie. Het enigiemand wat so vasklou aan die woord “Christelike waarde stelsel’ of ‘Christelike morele waardes’ al ooit gaan uitvind wat se waardestelsels daar in ander gelowe of filosofië is? Wat ons vandag na verwys as die Christelike waardes is nie uniek aan die Christelike geloof nie.

Dit is hoog tyd dat die Christelike gelowiges hul ‘superiority complex’ laat vaar en besef hulle is nie die enigste mense wat moreel is nie.

Moraliteit is ‘n gemeenskaps instelling. Wat gaan of nie in jou gemeenskap is wat jou moraliteit bepaal.

Miskien is dit hoog tyd dat die Islam-gevaar oorneem en die Christene so slag of wat van hul ‘high horse’ af stamp.

Pietman ·

Stem ongelukkig saam, baie hartseer. Miskien sal Australië en Oos-Europa nog in die toekoms ‘n tuiste vir die Europeers wees.

Kabous ·

Ek was onlangs in Australië, Pietman, en dit is opvallend hoeveel Oosterlinge in die groot Australiese stede woon en werk. Dit sal my nie verbaas indien Australië se demografie oor die volgende dekades ingrypend verander en Westerse waardes al hoe meer uit die hoofstroom Doer Onder verdwyn nie.

Sebastiaan ·

Baie kragtige en diepgrondige artikel. Niks wat ‘n mens kan byvoeg nie. Behalwe dat ons Westerlinge eers weer moet bepaal wat ons wil beskerm en laat herrys (en die Christendom moet daarby sentraal staan). Die einde van ‘n beskawing is nie ‘n uitgemaakte saak nie, maar die kanse vir Westerse herlewing lyk tans skraal.

MissDemeanor ·

Ek sal verkies dat die Christendom vergaan en saam dit al die ander gelowe ook. En buitendien die Christendom is nie “Westers” of Europees nie. Dit kom vanuit die MiddeOoste.

Eish ·

Née, ek sou nie sê dat ek gereeld is vir die swanesang van die Westerse beskawings nie, maar dat dit op ons is, is n feit soos n koei. Baie goeie artikel. In die rolprent ” Independence day” sê die proffie wat in beheer is van Area 51:” All the gizmos became alive since they arrived.”
As n aanhanger van die Woord, kan ek nou ook sê al die “gizmos” begin skielik vanself aangaan. Profesie veral oor die eindtyd is vasgegroei in die elemente van die artikel wat hom voor ons afspeel. Of jy daarvan hou, of nie, dit is voor die deur. Die snykant van liberalisme en godloosheid, is besig om sy pond vleis te eis. Met die velle aanslag op die Christendom soos ons dit ook al ervaar deur onder andere ogod se aksies deur die howe, is vervolging van Christene soos van ouds, nie meer so vergesog nie. Die VSA onder Trump gee n laaste stuiptrekking tot oorlewing, maar die Skrif is teen die muur.
Mag ons bewaar word van die kwaad in die tye van wesekaping.
Goeie artikel!

Therese van Schalkwyk ·

Om Nico Stegmann se vraag aan die einde van hierdie puik artikel te beantwoord:

Niemand is sekerlik gerééd vir die einde van die Westerse beskawing nie, maar die sogenaamde verregses, waarby ek myself deesdae deeglik inreken, is ten minste ten volle bewus dat dit aan die gebeur is. Anders as ons linkse liberale vriende wat in ‘n gekkeparadys van multi-kulturele saligheid glo.

Selfs Tony Blair het uiteindelik (te laat) wakker geskrik en besef dat immigrasie na die VK drasties ingekort moet word. Wonderwerke is moontlik, ons wag nou op Mutti Merkel.

JC ·

Dankie Therese, skerp, Daar is niks wat ek kan byvoeg by jou kommentaar nie:)

Merkur ·

Hallo Therese.
Jou kommentaar beskryf presies hoe ek voel en veral die situasie sien.
Net wat Merkel betref is jy ´n klein bietjie meer optimisties as ek. Maar wie weet, miskien is jy reg. Wonderwerke gebeur.
(tweede antwoord poging)

Therese van Schalkwyk ·

Merkur! :-)

Altyd lekker om van iemand daar uit Europa te hoor! Julle kan gerus meer vars nuus aan Maroela stuur.

As ek reg verstaan uit ‘n ander artikel behoort die AfD darem skrale verteenwoordiging in die Duitse ‘parlement’ te kry. So anders as die tweede grootste Wilders-party wat soos ‘n stopstraat ignoreer word in die Nederlandse ‘demokrasie’.

Mooi bly en geniet die “Oktober Fest” binnekort!

Merkur ·

Jou beskrywing van die links liberales wat in ´n gekkeparadys van multi-kulturele saligheid glo, is die beste.

Paul Craig Roberts van http://www.paulcraigroberts.org/ skryf:
“The Western leftwing has degenerated into Identity Politics in which the only threat comes from white heterosexual males who are portrayed as misogynists, racists, and homophopes. The Western leftwing is no longer war-conscious. Indeed, the leftwing has become diverted into such silly irrelevancies as transgender rights to toilets of their choice. The impotence of the Western left is so overwhelming that the left might as well not exist.”

Goed erken dat die Wilders-party ignoreer word. Hier word die AfD ook in die provinsiale parlemente ignoreer. Al die ander partye in die Bundestag (en ook die FDP) het aangekondig dat hulle die AfD in die Bundestag (nasionale) „parlement“ gaan ignoreer. Duitsland vandag, word deur baie mense as soft totalitêr beskryf.

Therese v. S. ·

Dankie vir die baie interessante stukkie, Merkur!
Roberts slaan die spyker op die kop met sy waarneming oor Westerse linkses!

Pikkie Crous ·

Interresante storietjie. Nerens in die Woord /Bybel word Amerika genoem of daarna verwys nie. Nerens in enige van die profesiee word verwys na Amerika. Meer as 500 profesiee en helfte het al sedert Christus se Hemelvaart gebeur. Wat staan soos ‘n paal bo water is dat daar verwys word na spesifieke rolspelers.
Ek het onlangs die vreeks boeke van Joel Rposenberg, ‘n Christen Jood gelees en sy verhale speel af in die tyd waarin ons leef.die interresante gedeelte , is dat van die skrywe omvorm het tot werklike gebeure na sy skrywes reeds gepubliseer was. Die stryd tussen Israel en bestaansreg en die Jihadiste of Moslem gelowiges ontaard in ‘n vreeslike spannende einde. Iran, Iraq , Rusland en EU word rolspelers . Amerika probeer vrede handhaaf maar faal. Word op die einde feitlik vernietig, maar Iran wpord van die aardbol gevee. LW. Hierde boeke is geskryf voordat Kim Yung Un begin regeer het. Die wereld einde is tussen die Oosterse Magte en Christendom. Gaan lees en word wys. Die Bybel vertel al die dinge. Ons moet net ons oee oop hou en met ons harte luister. Tyd gaan ons leer. Daar is te veel doem profete. Vra die skrywer om sy verhaal te skryf na aanlyding van die Woord/Bybel.

Eish ·

Met profesie het jy altyd n sleutel nodig om dit oop te sluit. Byvoorbeeld, n vrou in die Nuwe Testamentiese profesieë, is aanduidend van kerk. Kyk waarheen die Israeliete verstrooi is na hul in ballingskap ingegaan het. Israel, die tweede koninkryk naas Juda, het nooit teruggekeer na Israel nie, maar is die wêreld vol versprei.

tamboti ·

In kort, kan die apatiese liberale en ontwikkelde westerling die ambisie en vasberadenheid van die fanatikus stuit?
En daarom is die meerderheid nie altyd reg nie!

JC ·

Eerder Tamboti, kan die ongeergde en traak-my-nie-agtige en ONGELOWIGE EN/OF AGNOSTIESE westerling ‘n ruggraat groei?

Esther Coetzee ·

Liberalisme, die oorbeklemtoning van menseregte (wat net deur Westerse lande toegepas word en ‘n wanbalans veroorsaak) en politieke korrektheid is die Westerse beskawing se ondergang

Eish ·

Vladimir Putin, Russland se president se uitspraak oor Islam minderhede wat hul in Rusland wil vestig:
” If minorities prefer Sharia Law, then we advise them to go to those places where thats the state law. Russia does not need minorities. Minorities need Russia, and we will not grant them special priviliges, or try or change our laws to fit their desires, no matter how loud they yell ‘ discrimination'”

Ek hou van die man.

Hendrik ·

Ek ondersteun Putin, maar hoe word Afrikaners wat deel van die land se opbou behandel deur die meerderheid? Is ons ‘n las op die staat of wil ons maar net, deur selfbeskikking, ‘n ordelike toekoms verseker vir ons kinders?

SARIE VAN HEERDEN ·

Veelsl geluk aan MM om hierdie artikel te plaas. Een van die bestes in ‘n baie baie lang tyd. Dankie daarvoor en ook vir die insiggewende kommentare wat daarop gevolg het.

Hettie ·

Mense is hulle eie vyand…………………….. orals waar daar mense is vind besoedeling plaas en word vrede omgesit in onmin. Ons sal eendag ons eie ondergang bewerkstellig en dit gaan nie saak maak watter geloof jy is nie en ook nie watter kleur nie.

Veritas ·

‘Die Afrikane se swak werksetiek’? Die skrywer stel homself bloot aan groot moeilikheid. Wag tot die vyand hierdie stukkie te lese kry.

Han ·

Ja Veritas, die waarheid word nie meer verdra nie, WANT die waarheid maak seer!

JC ·

Geagte Veritas; “During times of universal deceit, telling the truth becomes a revolutionary act!”, en ook, wat gaan die vyand omrent die WAARHEID doen?

Reinhardt ·

100%, alle geloofwaardigheid van die berig is verlore met daardie sin. Is dit al statisties bewys? Ek twyfel, moet dan nie veralgemeen nie. Hoe sal ons daarvan hou as n swart Suid-Afrikaner skryf oor al die Afrikaners wat tog so rasisties is. Ja daar is baie rasiste onder ons, maar vir seker nie die meerderheid nie. Moenie veralgemeen nie.

JC ·

Reinhardt, indien jy enige bewyse soek vir die stelling van swak ontwikkelingspeil en swak werksetiek, kyk net om jou, asseblief tog. Stomme vrae verdien stomme antwoorde, ne? Asseblief, laat ONS TOG NIE SWYG EN DIE WAARHEID VERBLOEM A.G.V. POLITIESE KORREKTHEID NIE! Ons het die reg om ‘n mening te lug, al is dit dan ook ONGEMAKLIK(SLEGS!), ten bate van die waarheid en geregtigheid; en teen hippokrasie, die diktatuur van die liberalis, en skynheiligeid!

Peet J ·

Die Westersebeskawing mag wel beïnvloed word deur kulturalisme maar beskawing ,ontwikkeling sal nie gekeer of vernietig kan word nie omrede die beskaafde opgevoede mens hom al vir duisende jare daarop toespits vir sy behoud , handhawing en ontwikkeling van sy eie kultuur.
Enige geloof wat ‘n plaasvervanger aanbied teenoor die geloof van die Almagtige God het ooreenkomstig die Eerste Testament nie betaansreg nie.

wesley ·

Ongelukkig is die wat mense vasklou aan en voorgee as “Westerse waardes” nie volhoubaar in sy huidige vorm nie. Mense projekteer hul stereotipiese en rasistiese neigings op dinge en verdraai gebeure om tot hul eie uitkyk op die wereld n voet te gee om op te staan, terwyl enige sinnige debat hul argument ter vlarde sal los. Dieselfde doen mense met die Woord, sodat hul gesien word as die goeie mense terwyl ander die “vuil immigrante” gebrandmerk word. Nes wat kommunisme as onvolhoubaar gesien is omdat dit teenstrydig is teen menslike natuur, sodoende is kapitalisme gepraktiseer deur die meerderheid mense ook nie volhoubaar vir dieselfde redes. Daar is geen menselike “waarde” aan een van hierdie stelsels nie, omdat mense dit uitbuit tot n uiteinde toe tot ander se nadeel. Daar sal altyd waardes wees waaraan mense klou, maar solank mense dit verdraai vir hul eie agenda, nes wat die “regses” asook die “linkses” doen (ja ek praat met jul altwee!) sal dit altyd vaal, en vir dit se ek good riddence! Maar God se ware liefde sal altyd bly staan!

Christen ·

Wesley, jy sê “good riddance” vir die “regses” en die “linkses” maar bied geen alternatief aan nie. Of is ruggraatlose draadsit die oplossing vir die wêreld se probleme?

wesley ·

Nee glad nie Christen, n gebalanseerde uitkyk moet gehandhaaf word want nie als hoef “ons teen hulle” te wees nie. Die wereld is deurmekaar en swaai heen en weer afhangend van die situasie en uitkoms. Regses en linkses kyk na dinge deur n sekere bril na dinge en kies meeste van die tyd die verkeerde kant net omdat hul kante van die spektrum dit vereis. Ek kies liewer tussen reg en verkeerd pleks van links en regs. Daar is geen draadsit en rugraatloosheid daar te vinde nie. Inteendeel is dit eintlik rugraatloos om net na een kant te kyk onafhanklik van situasie.

John ·

Daar is diegene wat die sg Nuwe Wereldorde as die nuwe superryk op aarde predik… Ongelukkig is die duiwel ‘n realiteit en of ons maak of hy nie bestaan nie, gaan niks verander nie, inteendeel. Die Hemelvader is nie ‘n ideologiese konsep wat by ons idees moet inpas nie. Ons moet doen wat hy se en glo wat hy se in Bybel… van voor tot agter.

Thomas John ·

Wel in SA het die Westerse beskawing reeds geval… papiere langs die strate, bome wat afgekap word, onderwys wat ‘n klug is… en ‘n president met ‘n hele harem van vrouens!

humor ·

Hierdie verandering bly onderworpe aan die wetmatigheid dat niks in hierdie skepping ooit stil staan nie. Nie op aarde nie en ook in die miljoene sonnestelsels nie. maar is steeds onderhewig aan beweging. Wat ek met groot sekerheid wil stel is dat ons nie beter eeue te wagte moet wees nie.

Sarel ·

Menige ryke het al gekom en gegaan.God se wil geskiet nie op aarde nie.Daar kom n tyd wat God se koningkryk gevestig sal word en ons en alles herstel sal word.Ja alles het herstel werk nodig ons ook.Dit is n belofte van die ware God en sy Seun.

Reinhardt ·

Ons enigste uitgweg is self-beskikking. En ons moenie dit noodwendig inperk tot net een stad, streek of staat nie. Afrikaners is te versprei oor SA om een geografiese gebied af te baken, en ek kan ook verseker dat nie alle Afrikaners kop in een mus is nie. Van ons is meer liberaal of konserwatief as ander. Ek persoonlik stel voor ons moet ersntig na streke in die Wes-Kaap kyk, en partye begin ondersteun wat self-beskikking ondersteun, vergeet van die DA.

JC ·

Ek stem saam Reinhardt, in my opinie, a.g.v. die geografiese verspreidheidsfaktor, is onafhanklike EN VOLHOUBARE Stadsrepublieke( afgesper m.a.w. toegangsbeheer en beheer van eie grens, SOEWEREIN of ten minste outonoom), soos Orania, die antwoord, waar ons tussen ons eie in vrede kan floreer en lewe. Daar sal gesprekke moet begin hieroor. Plekke wat in my opinie te sterk steun op ondersteuning van die aangrensende hoofstad, soos Kleinfontein vis a vis Pretoria, is ook uitstekend, maar nie so volhoubaar soos Orania nie. Van ‘n yslik groot geografies soewereine en afgesperde gebied kan ons ook lykmy vergeet, maar dis ook goed, want soos ons opsies uitkristalliseer, raak ons besluite makliker:)

Merkur ·

Ek stem saam met albei Reinhardt en JC. Daar moet ernstig oor sefbeskikking begin gepraat word. Die DA staan net in die pad.

Merkur ·

spelfout: Daar moet ernstig oor selfbeskikking begin gepraat word.

Frans C ·

‘n Mens moet eerder praat van ‘n westerse kultuur,wat al soos volg opgesom is:”Western culture is characterized by a host of artistic, philosophic, literary, and legal themes and traditions; the heritage of Celtic, Germanic, Hellenic, Jewish, Slavic, Latin, and other ethnic and linguistic groups, as well as Christianity, which played an important part in the shaping of Western civilization since at least the 4th century.”

Wat ons dus sien plaaslik en oorsee sien is ‘n botsing tussen kulture en omdat mense die draers van die verskillende kulture is bots mense met mekaar met soms rampspoedige gevolge.As westerlinge is ons geneig om te sê dat alles wat nie westers is is Oosters.
Daar is egter verskillende kulture in dit wat as Oosters gesien word.Dan is daar nog die Afrika-kultuur,wat sterk beïnvloed deur die draers Westerse en Oosterse kulture vervreemd geraak het van hul tradisionele Afrika-kulture en dan in opstand kom teen veral simbole van die westerse kultuur veral op onderwysgebied.

Ons lewe nie in waterdigte kompartemente nie en omdat die Christlike lewenswyse en godsdiens sterk verweef was in die Westerse kultuur is dit dikwels die eerste wat van binne en buite gereismier word,met ramspoedige gevolge vir veral Christene op baie terreine.

Verlig ·

Mense praat oor ons ‘enigste uitweg’ en noem ‘n paar punte. Wat ek mis is dat niemand die ware probleem aanspreek nie. Die meerderheid regeer. So daar is geen verskoning meer nie, gaan maak nog kinders en hou op moun dis duur om kinders te hê.

Maar nee, selfsugtigheid is die wagwoord. Een of miskien twee kinders en daar stop dit. Met twee kinders vervang jy net jouself, met 3 kinders vermeerder jy. Ek het my deel gedoen en ongelukkig weerhou my vrou my om verder ‘n verskil te maak.

Ons nasie en kultuur sal nie voortbestaan as daar nie ‘n vermeerdering plaasvind nie (PUNT)

JC ·

Baie dankie Verlig, bondig en saaklik gestel. Dit spyt my, maar ek doen nie my deel in die verband nie:(

Brian ·

Puik stuk, Nico. Dankie daarvoor. Jaco Kleynhans, neem tog asb. kennis van hoe n weldeurdenkte politieke skryfstuk moet lyk.

Saint ·

Interessante artikel. Reg ek profeteer, die aarde gaan in ‘n monargie omskep word.

Buks ·

En stem nie saam dat Washington die hoofstad van die Westerse beskawing is nie. Inteendeel, ek ondersteun Georges Clemenceau (1841-1929) wat gesê het “Amerika is die enigste nasie in die geskiedenis wat direk vanaf barbarisme beweeg het na degenerasie sonder die gewone tussenperiode genaamd beskawing”. Die Russe het `n groter reg daarop. Hulle glo dat Moskou die “Derde Rome” is, aangesien hulle Ortdokse Christendom reeds in 988 n.C. aanvaar het. (70 jaar se kommunisme was `n toets – die grootste Bolsjewiste, soos Lenin, Trotski, Kamenef, Radek, Martof, was almal Jode en ateïste.) Wladimir Poetin is openlik Christen en beskerm Christene, soos bv. in Sirië. Is dit dalk die rede vir die histeriese geskree teen die Russe? (Onthou wie beheer Hollywood en die Amerikaanse media, en dis nie `n samesweringteorie nie – hulle erken dit openlik, by monde van bv Joel Stein.)
Terloops, verlede jaar is Angela Merkel gevra wat sy doen om die Christene in Duitsland te beskerm. Haar antwoord was: Ek sien julle gaan nie meer kerk toe nie, lees nie meer die Bybel nie, erken nie meer julle is Christene nie. Hoe kan jy dan bekommerd wil wees?

Nou-toe-nou! ·

Lande soos Rusland & Poland is uiters gekant teen Islam & etniese Afrika immigrante. Hulle gaan dus hierdie aanslag, op hulle bure, oorleef. Ek verwag dat sulke lande in die toekoms al hoe meer aantreklik gaan raak as ʼn bestemming vir die Westerse etniese uitgewekene. Kyk na Vladimir Putin se toesprake op YouTube; een van die min wêreldleiers wat nog nie die kluts kwyt is nie.
Die jong gekwalifiseerde etniese Westerling van Suid Afrika, is reeds besig om ʼn ander heenkome oorsee te soek . . . binnekort sal tradisioneel etniese Westerlinge ʼn nuwe heenkome ontdek, wat die aanloop van ʼn Westerse eksodus sal wees, waar geen etniese groepe wat tradisioneel aanspraak maak op staat & welsyn toelae (gewoonlik ook die kriminele element) welkom sal wees nie (soos byvoorbeeld Switserland se immigrasie beleid)
Die gróót probleem is dus, lae aanwas van die tradisioneel etniese Westerling families; slegs 2x kinders per familie. Vir ʼn bevolking om sy huidige getalle te handhaaf, behoort elke vrou 2,4 kinders te baar. Dus 5 kinders vir elke 2x families . . . dáárom, is die skrif aan die muur vir die Westerse beskawing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.