‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het hierdie ope brief aan Mark Farrelly, hoofbedryfsbeampte van Spur, geskryf na Farrelly verlede week oop kaarte gespeel het oor die impak van die boikot teen dié restaurantgroep.

Beste Mark

Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor. Ek boikot Spur nie. ʼn Boikot maak dit te klein, so asof dit net ʼn geïsoleerde Spur-insident is wat ʼn tik op die vingers van die publiek verdien.

Dit is nie die geval nie, Mark. Dit gaan hier oor wit mense wat keelvol is om geboelie te word. Hul woede het Spur-woede geword – nie oor wat daar gebeur het nie, maar oor hoe julle dit hanteer het.

Daar heers algemene eenstemmigheid dat die twee volwassenes soos kinders opgetree het. Ek het geen behoefte om vir hulle in te staan nie. Inteendeel, ek het my vir al twee geskaam.

Spur besluit egter wie die aggressor is; verbied hom toegang tot alle Spurs en vra die vrou om verskoning asof haar gedrag geregverdig was.

Ek het my aptyt vir julle verloor toe ek sien hoe politiek korrek julle die aangeleentheid hanteer. Ek is moeg daarvoor. Ek het kwaad geword vir julle toe ek sien hoe julle die aankondiging dat ʼn boikot julle seermaak, hanteer. Julle het geensins mense se woede teenoor julle erken nie. Julle verstaan nie die kwaad in die harte van wit Suid-Afrikaners in die algemeen nie.

Toe etiketteer julle hulle: dit is die ou klomp KP’s; dit is mense wat nog in die gewese Konserwatiewe Party se kiesafdelings bly; dit is die regses, sê julle. Die klomp wat kwaad is, is agter die tyd en kom uit ʼn vorige era. Hulle woon in plekke soos die Moot en in Phalaborwa, sê julle.

Dit is twak, Mark. Die mense wat kwaad is, is kwaad oor wat in die huidige tydsgewrig gebeur. Dit is nie net ʼn klein radikale groepie nie; dit is ʼn algemene gevoel. Daardie gevoel is groter as Spur. Spur het bloot ʼn simbool geword.

Ek woon in die Moot. Die mense wat daar woon, is gesinsmense en jul tipiese kliënte. Hulle is hardwerkende middelklasmense wat ʼn groot verskil in die land maak.

Deur mense te etiketteer maak jy hulle stil. As jy iets sê, dan is jy regs. Dit is wat die bedeling nou doen. Hulle maak ons stil, maar dan weet hulle nie wat ons dink nie. Ons is egter nie stil nie; ons praat, al is dit om die braaivleisvure. Dit is daardie praat wat jy nie hoor nie.

Ná my twiet oor die Spur-debakel sien ek in die media jy nooi my uit om na die opnames van die gebeure te kom kyk. Jy mis die punt. Die dieper kwessie lê anderkant die opnames van die voorval. Dit gaan hier oor iets groters. Die voorval het na ʼn ander vlak beweeg en dit moet op daardie vlak hanteer word. Dit gaan naamlik oor ʼn gemeenskap wat vervreemd voel in die land en nou voel hulle nog vreemd by hul gunsteling-eetplek ook. Afrikaners is Spur-mense, familiemense. Hulle het Spur as ʼn eetplek gesien waar hulle tuis voel. Mark, julle het na hulle gehap. Dit was ʼn fout.

Jy sê in die media ek reageer oorhaastig. Nee Mark, ek het aanvanklik nie aptyt vir die debakel gehad nie, maar jul hantering daarvan het my aptyt mettertyd opgewek. Ek was nie oorhaastig nie.

Julle het die nasionale diskoers reg gelees. Dit boelie wit mense. Ek het gehoor hoe baljaar die hoofstroom-radiostasies oor die Spur-boikot. Hulle het lekker oor die “regses” gal gebraak. Eintlik was dit op Afrikaners gemik en dit het my naar gemaak. Julle het ook aan die onderhoude deelgeneem.

Julle het egter die diskoers in die wit gemeenskap in die algemeen en in die Afrikaanse gemeenskap spesifiek totaal verkeerd gelees. Inteendeel, julle het dit misken.

Daar is ʼn ander moontlikheid en ek is bevrees dit is inderdaad die ware rede vir jul optrede –en dit is ʼn ekonomiese rede. Wit mense se som tel nie meer vir julle nie. Julle kyk na demografiese verandering en kom tot die slotsom dat jul mark gaan verander. Julle moet die “boikot” net deursien want dit word gevoer deur ʼn mark wat uit die vorige era kom. ʼn Nuwe middelklas-mark lê en wag. Julle glo julle moet net nie die nuwe mark vervreem nie. Bemarking 101 leer egter dat jy na ʼn nuwe mark skuif deur eers jou bestaande mark te konsolideer. Julle het die koopkrag van jul tradisionele mark onderskat.

Julle het drooggemaak, Mark. Sê julle is jammer daaroor. Julle het ʼn gemeenskap wat vir jare jul lojale kliënte was, misken. ʼn Verskoning is die aangewese ding. Mense het hul aptyt verloor om by julle te gaan eet.

Lees Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, se reaksie op dié skrywe hier.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

323 Kommentare

Amanda Burger ·

110 op duimpies vir die een! Netjies vas gevat in een artikel.

susan meintjes ·

VERSEKER STEM EK OOK 100 PRESENT SAAM!!WELL SAID!!!AGENTSKAP-GELDE VREKK DUUR EN NOU VEROORSAAK HULLE DAT MENSE WAT TEN DUURSTE BETAAL HET NOU FINANSIEëL AGTERUITGAAN OOR SULKE SIMPEL OPMERKINGS ASOOK BESLUITE DEUR SPUR-GROEP!!(EINTLIK MOET DAARDIE PERSONE VERGOED WORD VIR HULLE GELDE T.O.V RES VAN DIE UITSTAANDE JAAR WAT HULLE AGENTSKAP-FOOIE VOORUIT BETAAL IS VIR DIE JAAR!!!)

Hanlie ·

Ek stem 100% saam met die boikot!
Dis lankal tyd dat ons stem weer begin tel
Vandat ons kinders het gaan ons gereeld spur toe-defnitief nie vir die kos en diens nie maar wel vir kinders wat bietjie kan speel en ons ouers kan in vrede eet
Na die insident het my man ook besluit dat spur ons nooit sien nie en ook my broers met hul vrouens en kinders en albei groot ouers ook
Dit mag dalk klein klink maar in klein gemeenskap is dit al reeds paar duisend rand wat spur verloor aan kliente per maand
Spur en die groot base het die situasie verkeerd hanteer en doen nog steeds
Dis nou 1 plek wat my nooit weer sal sien nie
Ek, my kinders en familie se stem tel wel
Welgedaan aan almal wat steeds die spur vermy

Nadia ·

100% – Spur sien my nie weer nie, nou dat ek gesien het wie “Spur” is.

Dalene Loock ·

Ek is geen regse Afrikaner nie maar dis presies hoe ek voel! Al wat ek vra is dat Spur erken hulle was verkeerd en onregverdig! – Arrogansie gaan nie hul kliënte terug bring nie!

Gert ·

In die brief is jy kwaad vir hulle maar bied aan om hulle te help met ‘n bemarking veldtog om ons weer terug in Spur te kry? Regtig?

Gert ·

En ons val hook line and sinker vir die politieke plaatjies… Mense skrik wakker.

Jimmy en Theresa Deacon ·

Dankie vir jou reaksie Dirk. Niemand sou die saak beter kon stel nie. Dit gaan nie oor ras nie, maar oor die kultuur van diskriminasie teen blankes wat besig is om heeltemal oor te neem. As hulle dink die boikot kom uit regse geledere kan jy hulle maar inlig dat jy pas verneem het van n blanke man en sy wettige bruin vrou van tien jaar wat albei aan die boikot deelneen. Ons is nie rasisties nie. Ons haat net onreg en diskriminasie. Ons verag ook polities korrektheid. Dit is laag en gemeen.

MS Coetzer ·

Ek kan nie glo dat die spur ding nog aan gaan nie. Ek het egtig gedink dat dit al vergete is. Ek is eintlik bly dit gaan nog aan. Ek boikot nie spur nie, maar wil beslis nie meer daar gaan eet nie. Die groot ding wat vir my mis gekyk word, is nie die ras dnig nie, maar die feit dat daar ‘n bakleiery tussen die kinders was, waar daar eintlik ‘n spur “nanny” is wat na die kinders kyk terwyl hulle speel, het niemand dit op gemerk nie. Ons as ouers, gan spur toe juis omdat daar ‘n lekker speel plek is wat veronderstel is om veilig te wees, maar dan is dit nie. Is die mense wat na die kinders kyk in die speel area ooit op gelei? Hoekom het daai “nannys” nie die bestuurder geroep toe hul gesien het wat gebeur nie? Ons gaan beslis nooit weer by spur eet nie, nie net oor die “veilige” speel plek nie, maar ook hoe hulle die situasie hanteer het.

BJ Claassens ·

Ek stem met die opvating en kommentaar, Net om by te las, die Spur se inisiele bestaan is gevestig op die bydraes van wit Suid-Afrikaners.In werklikheid die Afrikaner mense. Om dit te ignoreer, en te maak asof die bydraes wat ons gelwer het om die Spur ‘n sukses storie te maak niks werd is nie, is wat die moeilikste is om te verteer. Hoekom mot ons lojaliteit he teenoor ‘n instansie wat nie ons waarde raaksien of erken nie?

Chris Roos ·

Wel gesê, Dirk Hermann. Ek dink dit is die algemene gevoel van die publiek daarbuite. Indien Spur ‘n apologie aanteken oor hulle eensydige boikot op slegs die een betrokke persoon in die onderonsie, sal die publiek waarskynlik weer terugkeer Spur toe. Maar nou maak Spur die situasie erger deur mense in sekere areas (die Moot – my woonarea) te beledig. So bring Spur ‘n verdure verwydering tussen hulle en hulle eertydse kliënte en word dit moeiliker om vertroue in Spur te hê. Jammer Spur, ek het ook my lus verloor om by julle te gaan eet. Daar is immers baie uitstekende plekke in die Moot waar die kos baie beter is.

Isabel ·

Glo my vry SPUR kan hoeveel duisend maal om verskoning vra. Ons as familie sal nooit ….. maar …. nooit weer die rassistiese SPUR ondersteun nie. Tatta SPUR & KIE???

AMANDA STRYDOM .G ·

SOMMER NET IN KORT. I WILL RATHER EAT CRUMBS WITH BUMS THEN STEAKS WITH SNAKES.
TYD DAT DIE TROTS VAN DIE AFRIKANER WEER HERLEEF. OPSTAAN KOP IN DIE LUG MAGIE IN-BOUDJIES UIT EN BORSIE UIT!! TROTS. JA EENDRAG MAAK TOE REGTIG MAG!!!

LMF ·

Nou moet jul begin oplet na kettingwinkels soos shopright en chekkers daar is minimum shampoo op die rak vir witmense se hare en vir 3 maande gaan kla ek by die bestuur word daar net gesê hul sal daarna kyk so ek is klaar met hulle ook so mensies kyk rond hul produkte verdruk tot ons produkte van die rak af

Monique ·

Ek stem 100% saam. Maar ek boikot nie die Spur nie, ek gaan net nie meer nie omdat hulle kos en diens so verswak het. En pryse styg sommer 3 keer in een jaar. Ek kan baie beter kos kry in ‘n hotel vir dieselfde prys.
En kyk net rondom julle watse volle sukses is ander franchises, omdat hulle gereeld permanente specials het. En die kos is nie afgejaag of gebrand nie. Spur se kwaliteit vir hulle prys is net nie meer die moeite werd nie. En die twee ouers het hulle wangedra, en ek praat nie eers van die Ma wat na die tyd so aangegaan het nie en Spur se kwaliteit het weereens gefaal. So ek gaan maar eerder na ‘n restaurant wat kwaliteit het. Xxx

Ryan ·

Spur was goed toe ons kinders was. Nou is hulle kos dieselfde as die tiepe mense wat hy lok. Lae klas. Ek het 4 en n half jaar laas by hulle geeet. Ek onthou dit want dit was n goor ervaring. Nou sien ons artiekels waar spur hulle beleggers wil verseker van n blink toekoms en net n minderheid spurs word geraak deur die boikot. Rerig? So baie moeite vir n minderheids geval? Die politieke korrektheid slaan hulle nou waar dit seer maak. En dis lekker

Johan ·

Daar word gese; “Wat die hart van vol is loop by die mond oor”

christine ·

Hulle het self erken hulle porsies is kleiner en hulle is buitensporig duur. Ek hou by my besluit om hulle te boikot.

Jack Malan ·

Vandat ek kan onthou was dit ñ instelling om my familie te vat na spur,my kinders het dit geniet,die diens was puik so ook die kos.Maar vir die afgelope jaar gaan ek nie meer daar nie, die qualiteit van die kos en ook die kelners wat so onvriendelik is asook byna so min jong wit mense wat daar werk,en nou die onlangse gebeure het my heeltemal afgesit om my voete in ñ spu te sit, glad nie meer ñ familie restaurant nie.

Secret Tribe ·

Daar is ‘n persepsie dat ons boikot, maar in my geval is dit regtig nie waar nie. Feit is, die Spur het vir my gesin ‘n gevaarlike plek geword. Mense kan jou en jou gesin konfronteer en jy mag jouself nie verdedig nie. Want wat gebeur? Voor jy weet ken die land jou naam, jou werkgewer is onder druk om jou te dissiplineer en jy sit basies met ‘n situasie waar jy klaar voor die publike hof beoordeel en skuldig bevind is. Waarom die risiko neem? Dis tog my keuse hoe ek my maaltyd nuttig en ek kies om dit sonder vrees vir viktimisasie te doen. My kind is al op soortgelyke wyse by die Spur geboelie. Ek het nie aksie geneem nie, want anders as die protagonis in die storie, het ek besef ek kan nie wen nie. Ons het ons ete kortgeknip en huis toe gegaan. Dit was ons laaste Spur ete, meer as 2 jaar gelede. Ons is dalk nie verban uit die spur nie, maar ons voel beslis nie welkom daar nie. Dis die hartseer realiteit van ‘n onverbiddelike polities korrekte samelewing.

Susan Kruger ·

En julle is nie die enigste mense wat dit oorgekom het nie! Boonop is Spur se kos heeltemal te duur en hulle diens is power!

Henri du Plessis ·

Secret Tribe is reg en som die probleem perfek op. Dit is die kern van die saak. Ou Mark en sy Spur kan maar gaan doppies blaas. Ek het goeie herrinneringe van die Spurs van my jeug. Dis nie dieselfde Spur van vandag nie.

Henry ·

Lanklaas ‘n skryfsel gelees wat so VOLLEDIG en in meer hoflike taal sê waarvan my hart vol is!!!
Baie dankie Dr Dirk Hermann
Jy praat die taal van ‘n ware Moot man. Ek weet, want dit is waar ek gebore en getoë is.

Denise ·

Dr Dirk het in woorde presies gesê hoe ons voel….en so presies ook, baie dankie daarvoor.
Daar is nog mense wat verstaan en voel waaroor dit gaan.

Amen ·

Mooi gese Dr. Ek is nie n Moot man meer n alleman en voel presies dieselfde.
Nie eens die moeite, aandag en tyd werd om te reageer nie. Dink die artikel sluit die hele storie mooi af. Sal bly wees as dit die laaste artikel is oor Spur. Hul is geskiedenis uit die vorige eeu.

Lynn ·

Eenvoudiger gestel.
Ons is Afrikaans en wit. Ons ondersteun eetplekke wat ons kultuur respekteer. Spur is lankal van ons lysie af

Leendert ·

As die Spur nie begryp wat Dirk Hermann hier verwoord het nie, sal hulle niks begryp nie.

Harambe ·

Seg ek ook mos. As ek my belasting weerhou, kan ek tronk toe gaan. Maar ongelukkig vir Spur is daar geen wet op die boeke wat dit vir my moeilik maak om my geld van hulle te weerhou nie. Ek het in elk geval lank voor die tyd al begin kla hulle kos is te duur gegewe die gehalte. Maar nou kla ek nie meer nie, want ek vat nie eers meer ‘n ou halfprys burgertjie by hulle nie. Ook nie by Panarotti’s of John Dory’s nie. En geen ander plek wat ek weet deur die groep besit word nie.

Dreinkaptein ·

Ek stem met jou saam Harambe. Ek ondersteun GEEN restaurant wat deur die Spurgroep besit word nie. Ek kry nêrens, nie by een Panarottis of Spur n blanke kelner meer nie. Ek verkies om restaurante te ondersteun wat mense van my ras, taal en kultuur indiens neem. Daar is soveel wette inplek om indiensneming van blankes baie moeilik te maak. Hierdie restaurante hoef dit nie te “enforce” nie, tog doen hulle dit. Ek spandeer sovêr as moontlik nie my geld by plekke wat blankes nie in diens neem nie.

Sandra ·

Dankie Dr Herman dat jy bereid is om n stem te wees vir die minderheid groep in ons land.

Phillip ·

Dit is waar en goed gestel. Ek sal nie toelaat dit ‘n man (wit of swart) so met my vrou praat nie. Maar toe Spur inklim en eerder eenkant saam baklei in plaas van om die partye eerder met mekaar te rekonsiliasie, het hulle die Skrif aan die muur gesit. Skielik is hul landwye bekende reklame van mense met ‘n smaak vir die lewe tot niet. Sou hulle eerder vrede nagejaag het, het hulle almal se ondersteuning verewig.

Carlia ·

Dirk Hermann is 100% reg. Mense het hul aptyt vir Spur verloor. Nes hy, het ek my ook geskaam vir die twee grootmense en wat gebeur het. Maar skaamte is seker ook rasgebonde. Sekere mense kry skaam en ander dink dit is hul reg! Wat my egter woedend gemaak het, is die feit dat hul praat van die Ou KP! Liewe land, die KP??? Dis nou net so goed arme Jan van Riebeeck kry ook skuld vir die Spur debakel. Leer liewer jul kinders maniere en hoe om hulle te gedra in openbare plekke. Ek sal nooit weer enige lus hê om in ‘n Spur te gaan sit nie. En buitendien, hoekom moet ek bekommerd raak oor hul hul deure moet toemaak. Gaan enige een omgee as ons ons besigheid se deure moet toemaak? Geen Spur sal ons besigheid ondersteun om aan die gang te bly nie.

Lekker eet ·

Die Spur was in die verlede vir my ‘n familie restaurant waar ons lekker rustig kon eet en kon ontspan, sonder dat gaste ‘n irritasie vir mekaar was en dit is gereeld besoek. Geleidelik het die atmosfeer egter verander soos wat die klientebasis verander het. Dit druis teen my kultuur in dat ek noodgedwonge moet luister na ‘n groepie mense om ‘n tafel wat op armlengte van mekaar af sit en skree, met hulle monde vol kos praat, kinders wat skreeuend tussen gaste deurhardloop, ens, ens, ens. Ek gun enigiemand dieselfde voorregte as wat ek geniet, maar die Spur is nie meer my eetplek nie en sal dit seker ook nooit weer wees nie.

Stoffel ·

Dis geskreeu tussen die volwassenes kan ek nog verstaan, maar as jy mense en hul kiddies gaan beledig gaan jy dalk ook n skreeu kry haha, mense gaan juis soentoe sodat hulle onopgevoede kinders kan rond harloop en almal pla

Bert ·

Vir my gaan dit nou oor die risiko om as witmens by die Spur met jou kinders te gaan eet. Gestel jou kind is in ‘n onderonsie met ‘n swart kind. Gestel dit is ernstig genoeg om die kind se ouers aan te spreek. Die risiko is eenvoudig te groot om dit te doen want Spur, gemeet aan die vorige insident, sal teen jou as witmens kies. Ek het dit nie nodig in my lewe nie. Daarom sal Spur my nooit weer sien nie. Dit is jammer want al is die kos swak, hou ons van ons kinderpartytjies by Spur vir ‘n dekade al.

Theresa ·

Ongelukkig het daardie bestuur ‘n presedent geskep wat hul nooit weer kan verander nie.

Bangbroek ·

Almal was verkeerd tydens die insident.
Dit gaan oor Spur se hantering en die neerhalende trant van hul verklarings.
Jammer om te hoor van Spur-eienaars wat niks met die insident te doen het nie, wat nou met groot probleme sit waar besigheid met tot 40% afgeneem het.

Jakes Jacobs ·

Jy is heeltemal korrek Bangbroek.
Altwee partye was verkeerd en net een party word gestraf.
Ek eet eerder by K
Joe’s Fish en Chips as by die Spur.

Rentia ·

Wat ‘n mooi, eerlike, reguit brief!!!!! Ek en my gesin sekondeer jou skrywe 100%

Noxthefox ·

En mage ek net noem dit is ook hoe die sogenaamde Kleurling gemeenskap ook voel.
Ek is van daardie gemeenskap.
Iemand het bo genoem van die porsies/pryse.
Dis omdat Spur lankal gesien wie hulle nuwe kliente basis is en daarvolgens opgetree het.
Hulls misbruik ook maar net die mense.

Roenel de Jagee ·

As dit my kind was sou ek enige iemand aanvat…groot, klein, man of vrou, wit of swart. Want dit is wat n ouer doen… Jy kom op vir jou kind…. Ja die situaaie het handuit geruk…aan ALBEI ouers se kant… nie net 1 nie.

Secret Tribe ·

As ek raad kan gee vir Spur, want mens voel jammer vir die konsessiehouers, verander julle bemarkinsplan so gou as moontlik. Die Afrikaner is vir julle verlore, maak vrede daarmee. Moeinie in sak en as huil daaroor nie, want julle vervreem julle ander moontlike kliente ook in die proses. Teiken daardie middelklas dan so, julle is vry om dit te doen.

Hendrik ·

Ek het my aptyt vir baie plekke verloor en nie net vir eetplekke nie. Ek is deesdae baie versigtig waar ek kioop en merk op veral hoe ek handteer word. Kyk maar net in die sogenaamde “Malls” en kyk wie jou bedien, watter atmosfeer hulle skep. Dit is sien hoe belangrik ek as verbruiker voel en ook as Afrikaner voel. Ons word so ook by die werk geboelie met kwotas, regstellende aksie en BEE. Ons loobane word vernietig deur al hierdie aksies. Nee wat hierdie ouens moet betaal vir hulle kortsigtigheid en die manier is die e-Tol/Spur manier. Niemand het ‘n doelbewuste aksie begin om die Spur te boikot nie. Al wat ons gedoen het is om verby te stap na die volgende eetplek waar ons welkom voel.

dr Sakkie van der Merwe ·

Stem 100% met Hendrik saam. Kom ons kyk verby Spur na die ander plekke waar ons tans ons geld spandeer. Daar is lankal ‘n oproep dat ons mekaar moet ondersteun en wegbly van die ketting groepe wat beheer word deur uitlanders en BEEE kruipers. Koop by Klaas se winkel of laat jou werk doen by Gert waar hy sukkel om ‘n gesin te voed na hy afgedank is. Laat ons geld praat en ons mekaar sterk maak.

Boela ·

Heeltemal reg. As ek in ‘n winkel in Kaapstad (waar Afrikaans die meerderheidstaal is) in Engels aangespreek word, los ek alles en loop uit. AfriForum moet asb so gou as moontlik hul projek wat Afrikaans-vriendelike besighede identifiseer, bekendstel. Dan weet ons presies waar om te koop en met wie om besigheid te doen.

Riaan ·

Dr Sakkie Van der Merwe raak hier iets aan wat al lank pla en ek stem 100% saam – koop by Klaas se winkel en laat jou werk by Gert doen! Hulle het tog die Afrikaner se geld nodig. Het Dr Anton Rupert dit nie bewys nie.
Jammer Spur, julle sien my Afrikaner geld nie weer nie !

Nettie ·

@Hendrik – ek is bly jy is een van die verligtes. Aangesien ek self in ‘n winkelsentrum werk (nie by ‘n restaurant of winkel nie, maar op ‘n ander vlak) het ek al dinge gesien en gehoor wat jou hare orent sal laat staan! Vieslike, vuil kombuise – waar kos wat nog aan die kliënt bedien moet word, op die vloer val en dan net so weer opgetel word en op die bord gesit word (bv. brood of ‘patties’), kombuiswerkers wat na toilet-besoeke nie hul hande was nie en dan weer met die kos werk, kokkerotte in die kombuis, vieslike vuil vloere, olie “grids” wat oorloop en vol vuillis (afvalkos) is. Jeggghh!!!! Nee wat, ek eet tuis en spaar geld!

Steyn ·

Ons was paar jaer terug by Natalia, ATKV se oord in natal en groot was die teleurstelling dat jy als in engels moes spreek want net ontvangs kon afrikaans praat. As hulle demografie praat dan wonder ek of die buurt waarin ek bly seker 95% anderkleurig is want daar nooit meer n jong blanke persoon wat kelnir is nie. Dit net een kleur en dan verstaan hulle ook nie wat jy bestel nie.

Ek al lank voor debakkel nie meer spur toe gegaan nie al vra my 10 jarige dogter hoe mooi. Ek het haar verduidelik dit gaan oor waar mens diens en kwaliteit kry, en partykeer goedkoper.

Spur people not for life

Wilma Kleynhans ·

Ek het net EEN ding om te se: EK STEM MET JOU DIRK HERMANN!!

Pierre ·

Dankie aan Dr Herman, die realiteit word hier vasgevang in ‘n duidelike ope brief. Sou egter wou weet waar pas die agbare lid van Spur nou in wat alles begin het, sy aandele skynbaar verkoop het, en weggehardloop het van sy verantwoordelikheid.

U Geldenhuys ·

Hy het sy aandele verkoop want hy het gesien wat kom. Moet tog nie die power rede wat hulle aanvoer glo nie. Geen Spur sien my ooit weer nie al vra hulle om verskoning. Die verskoning sal ñ leë gebaar wees en net om besigheid terug te wen.

Willem ·

Spur het die video vrygestel en ek het dit gekyk – jy kan sien op die video die man gryp die kind en jy kan hoor hoe dreig hy die vrou

Ek is bly ek ken nie een van die twee persoonlik nie, ek het beter smaak in vriende

NoMoreLabelling ·

Ai Ou Mark! Nou is ons die voormalige KP stemmers! Die Spur eienaars moet maar dalk n Mosie van wantroue teen jou hef want jy het met jou nuwe level Van stupid sopas die arme Spur franchisees n groter knou gegee! Nou is ons ook weer met n label beplak!

Pieter Ellis ·

Op sy kop geslaan NoMoreLabelling. Toe ek die MarkFarelly se skrywe gelees het, het ek sommer knorrig geraak met sy stupid stelling van KP mense wat nou Spur boikot. Die man is helemal uit voeling, en ek dink dit sal die Spur konsessiehouers baat om te betoog teen Mark Farfromreality.

Lankal ·

Hierdie is ongelukkig nie ‘n geisoleerde geval nie en ook nie iets nuuts nie. 9 jaar geledewas ons seuntjie 2 toe ‘n ander rassige maatjie hom op die trampolien platgeduik het en sy tande in ry rug ingeslaan het en hom gebyt het dat die tandemerke sit. Die ma, kelners en bestuurder het bloot hulle skouers opgetrek. Die apteker het geweier om ons te help en ons na ‘n dokter verwys wat ons ingelig het dat ons 2 jarige vir minstens ‘n maand op antiretrovirale medikasie moes gaan en dat die korekte prosedure was dat die ouers se besonderhede geneem moes word, die seuntjie vir Vigs getoets moet word en dat ons eers die behandeling kan staak as die uitslae negatief was. Niks hiervan is gedoen nie en die spesifieke Spur het ons ook nooit weer gesien nie.

Theresa ·

Liewe aarde! Dis eerder aanranding met ernstige gevolge as byterige speelmaat. Wonder hoe oud was die byter? 13? Bly vir my weird dat kinders ouer as 5 in ‘n speelplek saam met kleintjies mag speel. na 5 = sit stil by jou ma of almal aan tafel.

Jphan ·

Kan ons nie nou maar aanbeweeg nie. Die storie raak nou regtig afgesaag. Onskuldige konsessiehouers word nou benadeel!

Annamarie Olivier ·

Die konsessiehouers kon in hulle plaaslike koerante of media hulle gedistansieer het van die uitsprake van hulle “hoofkantoor”. Nie een het dit gedoen. Louw as jy lekker geeet het is ek bly, gelukkig verskil smaak.

Inette Steyn ·

Ruben, dit is standaardprosedure om vir VIGS te behandel in geval van ‘n mensbyt (oneag die ras of ouderdom van die byter) indien hy/sy nie beskikbaar is om te toets nie.

Louw Wepener ·

Hoe lekker het ek nie die naweek by Spur geëet nie! En ek sien baie Afrikaners nog daar…..

Louw Wepener ·

Nee, daar is net van ons wat nie so tekere gaan soos die man in die video nie.

Mathilda ·

Stem saam Louw – ek eet nog by die Spur en geniet my steak. Niemand maak ‘n steak gaar soos die Spur nie. Ek skaam my egter vir my volksgenote was soos klomp dwars donkies na die een kant trek en terselfdertyd hul eie mense in die voet skiet! Dom!!!

SHAME ·

SIESTOG Louw Wepener – ook maar met min tevrede, vat nie baie om jou happy te maak nie.

Eet maar lekker saam die minderheid wat seker nie nuus kyk of luister nie, vir daai geld gaan eet ek liewer op ‘n plek wat nie als baste nie en ten minste jou bestelling REGKRY die eerste keer, jou toast bring voor die eier afkoel.

Jy is seker ook mal oor die reuk van Spur se borde en glase – NEE MAAR GENIET HOM.

Jou goeie reg, jy hoef nie eens parkering of sitplek te soek nie, jy kan nou reg teenaan die speelplek sit waar daar altyd ‘n hele familie kan inpas dan sit daar een persoon want hul 8kinders speel.

Bravo, klink soos Mark self.

Hanz ·

Shame man. Kan sien jy is maar met min tevrede. Ek eet al lankal by onafhanklike familie restaurante wat baie lekkerder kos het en boonop goedkoper is. Laaste twee kere wat ek by ‘n spur geëet het was die steak taai en vol senings. Nee wat, ek kry beter diens en baie beter kos op ander plekke.

Steers ·

Ek is SO bly jy het MY nie daar gesien nie, en ek nie vir JOU nie, so bly ek weet nou WAAR om te eet om MENSE SOOS JY TE VERMY!!

Ek sê maar net ·

On verskoning te vra gaan nie help nie. Spur bly hammer op die witman se gedrag wat verkeerd was, maar nêrens lees ek dat hulle die swart vrou ook belet het by enige van die Spurs nie alhoewel sy haarself net so wangedra het. Die arrogansie van Spur om alles in hulle vermoë te doen om met al hulle advertensies en promosies ensovoorts om hulle getalle te laat optel instede van om verskoning te vra dat hulle rassisties opgetree het deur net die witman te belet by al die Spurs, gaan Spur nog duur te staan kom. Ons witmense is siek en sat vir al die diskriminasie en Sal sorg dat al die Spurs finansieel skade lei sonder om ñ vinger te lig. En ons het nie nodig om ander besighede en geboue te vandaliseer en te plunder of af te brand om Spur ñ les te leer nie

Lorna ·

Ek is vandag baie trots om te kan se ek is wot en Afrikaans. Dankie vir Dr Hermann beter kon geen mens dit beskryf nie. Stel geensens belang om naby enige Spur of van hul ander restaurante te kom nie. En om onverskoning te vra gaan eintlik nie meer help nie en kom ek se vandag dit is maar net die begin vir Spur hulle gaan nog meer mense verloor wat hulle gaan ondersteun die is regtig maat net die begin.

Koos ·

Vir elke burger wat jy nie eet nie, sal ek sorg om twee te eet!

Sê net ·

Willem. Ek kan jou een ding belowe. As ʼn wit vrou en mamma sal ek, maak nie saak van jou etnisiteit, wit nog erger, jou ooknuitgetrap het! Mens se kind bly jou kind. Ek sal my lewe gee vir my kind en dis waarop dit uitgeloop het.

Andries ·

Dankie Dirk, Ek stem saam dat albei partye verkeerd opgetree het en dat Spur die dame se swak taal gebruik eintlik goedgekeur het.Hoe kan jy vir iemand wat hom of haar swak gedra in n restaurant verskoning vra.Sy het voor kinders,ou mense en die publiek baie lelik gevloek en sy word soos n heldin behandel.Dit maak net geen sin vir enige persoon met basiese waardes nie.Die man se taal en maniere was net so swak.Hy is wel uitgesonder as die sondebok.Dit maak nie saak wat vooraf gebeur het nie.Dit was die twee persone se optrede wat mense ongelukkig gemaak het. Spur se kommentaar en optrede was totaal en al eensydig.Nou lees ek in die koerant dat die publiek nie op Spur moet pik nie.Hou so aan.Julle gaan nog baie meer kliente verloor.

Nolene Bouwer ·

Dirk jy praat namens ons almal baie dankie
Uiteindelik het jy die mannemoed om te sê wat ons almal dink-ek is alles behalwe regs en ek voel ook so
Dirk vir President!

Louis Pretorius ·

Kom ons vra onsself die volgende vrae:
Was hierdie insident die eerste en enigste in sy soort in Spur se geskiedenis?
Hoe het ons gereageer met die voriges, indien enige?
Is hier ‘n trant om soortgelykke insidente te misken?
Wanneer laas het SPUR ‘n HIRA (Hazard Identification & Risk Assessment) gedoen?
Dr Dirk Hermann se laaste paragraaf in hierdie brief is PRESIES hoe ek voel.
My stelling is aan SPUR: saam met vryheid, kom verantwoordelikheid.

Joyce ·

Dankie Dr Herman sou dit nie so mooi kon stel nie het nie klein kinders nie maar sal ook nie weer soontoe gaan nie mens voel ontuis en uit jou plek gee n liederlike sooibrand wat nogal pryswaardig is

Marie ·

Dankir Dr Dirk! Ek stem 100% saam. Jou brief is met groot RESPEK geskryf. My dae by SPUR eet is verby!

Hennie Theart ·

Dirk, ek dink jy het dit mooi gestel en uiteen gesit. Ek wil net byvoeg – “Wat jy saai sal jy maai” en die Spur het op verkeerde grond gesaai. Ek weet nie of ‘n verskooning my sal terug neem Spur toe nie, en miskien is daar meer mense wat voel soos ek. Ek voel jammer vir die mense wat hulle werk gaan verloor as van die spur restaurante moet deure sluit en dit kan voorkom word om die winsgrens aan te pas en te probeer om meer van die mark wat die spur hulle op toespits te trek. Sterkte Mark!!! Jy het jou bed gemaak en nou moet jy maar in hom slaap. Ek boikot jou ook!!!

Harambe ·

Die eienaar van die Spur waar ek gewerk het, het in die drie jaar wat ek daar was drie of vier maal sommer persoonlik iemand aan die kraag daar uitgesmyt. Of jy nou with, bruin, of swart was. As jy moeilikheid gesoek het, is jy uitgegooi. Letterlik. Gegooi.

Theresa ·

Mooi. Want reg van toegang word voorbehou. M a w albei die woedende mense moes bloot asb. die plek verlaat of ordentlik met hul maal voortgegaan het. Niemand moes trauma behandeling kry nie en niemand moes verban geword het nie. soos deur meeste mense beam: foutiewe bestuurshantering van die saak. als is mos nou ‘n lont van ‘n baie kort dinamiet wanneer dit by enige twis kom. So die saak was swak en foutief hanteer.

Estelle Leeuwner Claassens ·

Ai, kan ons nie maar ʼn eg Afrikaanse restaurant kry nie? Lekker bredies, skaapboud, groentes met pampoenkoekies en poedings wat souskluitjies insluit!

Marcelle ·

Ek stem. “N plek waar ons lekker kan eet en gesellig kan verkeer. Lekker boere kos
Ek is al lankal moeg vir burgers pizza steaks en uie ringe wat taai en uit gedroog is.

Dawie ·

Daars n klomp sulke restaurante, my gunstelling – Die Bosvelder in Centurion.

Michael ·

Ek stem saam bosvelder in Centurion is tops 1000 keer beter as by die spurs waar ek al geëet het

Jaco ·

Bitter goeie meningstuk! Wat ook genoem kan word is die feit dat Spur hulle Maandag burger promosie na hierdie voorval weg gevat het, dus ons, die publiek, soos kinders behandel! Patetiese bemarkings besluit!

Mazabo ·

Spur het opgetree teen ‘n man wat sy hande vir ‘n vrou gelig het en ‘n kind aangerand het. Ons het dit ‘n rasistiese voorval gemaak. Die man wat alles veroorsaak het kruip nou nog weg soos ‘n lafaard. Dirk ek kan nie die tipe gedrag goed praat al kyk jy hoe daarna.

Twakkie ·

Die video vertel nie die hele storie nie. Daar was ‘n verslag van ‘n ooggetuie wat teen die venster gesit het en gesien het hoe die seuntjie in die speelplek die dogtertjie slaan. Sy is huil-huil na haar pa toe en hy het die seuntjie se ma eers net heeltemal ordentlik gaan konfronteer, maar haar reaksie was van die begin af onbeskaaf. Die video begin waar die geveg al ver gevorder het. Die verslag deur die ooggetuie het in ‘n plaaslike koerant verskyn, met sy naam daarby. Hy is die man in die rooi top wat probeer tussenbeide tree. Ek sal probeer om dit hier in die kommentaar te laai.

Christine ·

Ek stem so saam met Willem. Enige opgevoede mens wat die video gesien het kan nie anders as om die man se gedrag af te keur nie

Scarab ·

Waar is die video opname wat van die speelgesien gemaak is. Hoekom word dit nie vrygestel vir ondersoek nie. Slegs die volwasse alterkasie word voorsien.
Spur moet oopkaarte gespreel het met al sy kliente van die begin af dan sou die in slag nie so duur geweeso het nie.

LB ·

Christine, jy en Willem is reg. Daardie witman het hom wel soos ‘n varkagtige swaap gedra, ‘n mens wat nie selfbeheersing het nie het alreeds die argument verloor, hy het sulke walglike vloekwoorde gebruik dat geen ordentlike mens die vent wil ken nie, as hy my man was sou ek nie weer na hom kon kyk sonder om met disrespek gevul te wees nie, maar steeds mis jy en Willem die hele punt wat ons almal probeer maak. Die swart seun wat die eerste hou geplant het was die sneller, die swart ma moes net omverskoning gevra het en haar kind betugtig het en die wit ou moes hom gedra het soos ‘n welopgevoede mens en weggedraai het toe hy besef het dat die moeder het ook nie maniere nie en daarna die bestuur gevra het om die situasie te hanteer. Spur het slegs een kant gekies want dit is die veiligste kant soos alle kante in die RSA, as jy en Willem nou nog nie verstaan nie gee ek nou maar op : )

Mazabo ·

LB – Spur het nie kant gekies. Hulle het wel opgetree teen ‘n persoon wat vroue en kinders mishandel. Die mense en die pers het die raskaart gespeel. Daar is nie kant gekies teen ‘n minderheidsgroep. Die vrou het egter verskoning gevra maar waar is die man? Hoekom maak hy ook nie ‘n persverklaring?

Rudi ·

Ek eet lankal nie meer by Spur nie, maar met die rasse-nonsens het dit niks te make nie. Hulle vleis is smaakloos en hulle verbloem dit met sous. Dis te duur vir wat dit is. Ek eet lekkerder by ander plekke (Dros, Hussar, ens.) waar dit nie nodig is om die vleis met sous dood te gooi nie.

Ek koop egter nog steeds Spur se sous, want my eie kookkuns het dit definitief nodig! :)

Louis ·

Stem saam Rudi steur my nie aan die “geveg ” nie. Dis die bord kos voor jou wat so swak is. Eet al van 2012 nie meer by die swak plek nie.

Charlie ·

Net so ek was nog glad nie weer in n spur nie en hulle sal my nie weer sien nie, selfde geld vir al die plekke wat deur die anc groot koppe besit word, rocomammas, john dorri, insluitend

Wynand Vosloo ·

Ek eet al lankal nie meer by enige spur nie agv hulle slegte kos en slegte hantering van klagtes ….. dis asof ek moet jammer se as hulle kos nie reg gaar , of onsmaaklik is nie. Die laaste strooi was toe ek en my vrou nie kon eet want calamari moet nie rubber wees nie, my steak wat ek blue-rare eet was oordoen na houtskool se kant en baie , baie dun. Di kids se burgers was vir hulle lekker. Toe hulle klaar geet het , ens ons klagte nog NIKS aan gedoen is nie, toe gaan ons maar na die til om te betaal , word daar op ons geskree en gese ons mag nie loop sonder om te betaal nie….. ek se vir daai vent , maar wat dink hy wat doen ek hier by julle tilpunt. Die kassier se vir hom dat ek die volledige rekening klaar betaal het …. my maag draai nou nog as ek hieraan dink. Dankie vir die luister.

Leon ·

Ek het na die voorval my baie stil gehou om uitlatings te maak, maar wat jy daar sê be-aam ek Willem, en het ek ook vir my vriende gesê “Ek het ‘n 5 jarige seuntjie. Pluk aan hom in die openbaar, en jy gaan ‘n tier loslaat in my vrou en in my wat jy nie sal kan tem nie”. Die natuur werk ook so. Julle al gesien hoe gevaarlik word wilde diere as hulle kleingoed het? Maar, dit gesê, die punt is altwee moes maar geskors gewees het, en daarby gaan die Spur nie nou verby kan kom nie.

Antie ·

Kom eet by Oppi Plaas in die Moot, daar is ons almal meer as welkom en die kos is vrek lekker

Dit klink lekker ·

Antie daai Oppi Plaas klink vir my lekker – gat hom verseker kom probeer.

Ek eet nie meer by enige franchise nie.

Nou die dag het die nie-KP’s se seuntjie homself ontbloot aan my kleintjies op die trampoline by Fahrenheit – hul het die vreemdste vrae gevra vir dae

NEE MAN MOEG EN SIEK EN SAT om stil te bly om die vrede te bewaar en dan nog die plekke te ondersteun.

my man braai in elk geval beter

t ·

Ons was al ‘n paar maal by OppiPlaas. Hulle pap en kaiings is die beste wat ons nog gehad het. Ek kan hulle regtig aanbeveel. Praat nie eers van die atmosfeer nie.

Caroline ·

I’m tired of Spur management. I am not a Afrikaner right wing as you seem to place us all with the same umbrella. I agree with the this article 100%. Spur you are not getting the point and stop verbalizing that I am right wing old school. This is an ANC rubbish talk. I will not eat at spur as you hide behind your rubbish political correct statements. I ask for more of us to really close the spur down sorry for the owners of spurs; but if the owners of the spurs don’t take a stand then they are just as guilty of spreading propaganda.

Willem ·

Dit bly eenvoudig. Ons het gereeld by Spur gaan eet maar wat nou daar aangaan maak dat geen mens meer daar wil eet nie. Braai liewer nou saam vriende, veiliger en baie lekker. Mis niks !!!!!!!

Peter ·

Eks lankal klaar met spur en my kinders en hul se kinders sal weet om weg te bly. Hulle pryse is anyway mal en kwaliteit en hoeveelheid (porsies) belaglik. En ja al wat mens nou kry van Spur is die middelvinger… nie eers ‘n teken van dank vir die opbou en ondersteuning sedert 1967.. net die middelvinger. En beide daai mense moet uitgegooi gewees het. Maar Spur het dit duidelik gemaak dat hulle nie ‘n saak balanseerd kan hanteer nie. Soos Spur dit hanteer het laat dit alle witmense lyk soos rasiste, thanks for labelling me. You’ll never ever see me spending another cent at a Spur again and I’ll spread that notion as wide as possible on all platforms possible. I’ll rather support the smaller craft restaurant business from now on. Spur became the Guptas of Restaurant market, and clearly captured it and behave as a might of their own. Spur you don’t have a license to speak and label me on my behalf! I hope you close lots of doors in the future! Bye

Fanie ·

Gewese klient wat oor jaaare by Spur ge-eet het. Mond gehou het oor klieente wat uiters lawaaierig is. Die laaste keer voor die insident vir myself gevra het wat maak ek daar? Die pryse wat jy betaal vir n 1 redelike goeie stukkie vleis kan jy jou gesin van vier tuis gesellig n braai aanbied. En jy kan nog n wyntjie van jou keuse vir die geleentheid gaan koop. En nie R130 vir n bottel betaal nie. Sonder die lawaai. Sonder die moontlikheid dat jou kos gekontamineer word oor jy van n ongewensde kleur is. Sonder die moontlikheid dat jy in n bekgeveg betrokke raak. En dit geld nie net vir die Spur nie. Mense….dis beter by jou eie huis.

Henry ·

Stem Fanie!
Ons koop die beste kwaliteit fillet of rump teen die prys van die spul Spurre se goedkoopste wyn.
Maak dit self gaar, presies soos wat ons dit verkies, geniet goeie wyn en lekker geselskap terwyl ons eie musiek keuse in die agtergrond als nog lekkerder maak. Kan ook soveel wyn geniet as wat ons wil, sonder om ‘n Uber te roep.
Eezy peezy
:-)

Coenie Myburgh ·

Wat op die video gebeur het is nou maar jammer maar dit is hoe enige ouer gaan optree wanneer sy kind geboelie word. Dit is nie van toepassing nie. Dat dit sover gegaan het dat die ouers mekaar moes aanvat omdat daar geen toesig was by die speel area nie is wel van toepassing. Dit kon soveel erger gewees het as net ‘n klap. Spur is verantwoordelik vir wat hier gebeur het en in plaas van om skuld te erken en die probleem op te los maak hulle dit ‘n rasse ding. Met elke week wat verby gaan klim dit elke keer net ‘n trappie hoor. Tot Spur on verskoning vra aan albei partye en versoening gee aan ALBEI partye oor die Spur hulle in die steek gelaat het en hulle moes oorgaan tot sulke gedrag. Na die laaste paar weke moet hulle nou ook verskoning vra vir die hele land. Jy Sal my nie naby ‘n Spur sien totdat ‘n publieke verskoning aan die mense gegee is nie.

Mbritz ·

Kan met oorgawe se ek mis nie spur nie en sal spur nooit weer ondesteun nie. Dis elke mens se eie keuse waar hy wil gaan eet of nie. Is trots dat daar darem nog mense is wat jan saamstaan. Om saam met die stroom te gaan is baie makliker maar dit kos ruggraat om in beginsel n standaard tr volg.

Herman Fyfer ·

Dankie Dirk ,die saak moes lankal reggestel gewees het.

Cornelia Pieters ·

My hart ween vir al die werkers en werknemers van Spur. Die feit bly staan ons voel nie veilig by enige Spur nie. Niemand roer ‘n woord oor die kos dekabel nie. Hoe kan so ‘n groot organisasie so iets vir 2 jaar laat gebeur en niemand weet niks nie of roer ‘n vinger nie? My hart is baie seer en ek huil vir ons land en sy mense. Elke liewe een. Ek sal gaan waar die Heilige Gees my lei en bid vir inkeer en herstel. Ware berou en vergifnis ??❤

Riette ·

Kolskoot! Spur, gaan bedien julle maar die polities korrektes – die direkte gevolg van `n polities korrekte besluit wat jul geneem het. Die aandeelhouers wat swaarkry – jy sal moet gaan kla by die chief in charge wat namens jou besigheid die polities korrekte besluit geneem het. Hier pluk jul nou die vrugte van jul keuses…ja sorry ne? Mark, ek hoop jy lees al hierdie kommentaar. Jy snap eerlikwaar nie die kern van die probleem nie. Is jy regtig bevoeg vir die pos waarin jy aangestel is of is jy net daar omdat jou besluite polities korrek is?

Nestus Venter ·

Die Spur het drooggemaak. Hulle het hulle misgis rondom die lojaliteit van hulle gereëlde ondersteuners. Ek dink wel dat ons mooi moet dink oor ‘n Spur boikot. Die mense wat seerkry is altyd die kleiner mense hier onder. Die wat die besluite neem, die wat hulle aandele reeds verkoop het, die wat daar van bo af bestuur, het altyd ander opsies. Die kleiner mense hier onder speel bankrot, kan nie meer hulle kinders se skoolgeld betaal nie en wonder hoe hulle die dag van môre moet aanpak sonder ‘n inkomste. Ons kan reg wees en terselftertyd…. verkeerd.

Hendrik ·

Haal die spur naam af, spaar die konsessiegeld. Koop kwaliteit vleis, van lokale besighede af. Adverteer waar jou vleis vandaan kom. Maak die speelplek toe, dis ‘n euwel. Huur bekwame kelners en kokke. Ons sal kom in ons massas.

Se ma net ·

Kan met oorgawe se ek mis nie spur nie en sal spur nooit weer ondesteun nie. Dis elke mens se eie keuse waar hy wil gaan eet of nie. Is trots dat daar darem nog mense is wat jan saamstaan. Om saam met die stroom te gaan is baie makliker maar dit kos ruggraat om in beginsel n standaard tr volg.

Kabous ·

Mathilda en Louw Alberts, aangesien julle nog by die Spur eet moet julle tog ‘n draai kom maak hier by die Spur in Springs.

Hulle “Chicken Wings” word aanbeveel.

Ek het egter, nes Dr Dirk, my aptyt verloor om daar te eet.

Ek kan julle tot my Spur kaarjie gee – daar is nog gratis etes daar op.

Hermanus ·

Ek en my familie eet glad nie meer by spur sedert daardie voorval nie,,,,,,hoe se die mense mos altyd as iets hulle pla #spur must fall,,,,,,,,Spur moet eenvoudig net se hulle is jammer en dat hulle als verkeerd geanteer het dis al

Gert Grobler ·

As jy moeilikheid soek en dit nie kry nie het jy maar sleg gesoek. Spur het nie sleg gesoek nie. Nou kry onskuldige mense slae maar hulle kon ook maar in die openbaar hulself van die Spur optrede gedistansieer het. Fire vir Mark, vra verskoning vir julle erg eensydige verklarings en etiketering van julle klante, hanteer die 2 persone verantwoordelik vir die episode presies dieselfde en kry hulle selfs bymekaar om mekaar om verskoning te vra – dan mag daar moontlik n herstel plaasvind andersins sal Spur deel word van die statistieke en moontlik ook n gevalle studie in sakeskole se leerplanne oor;”Wat om nie te doen in besigheid nie”.

MCH ·

Dr. Hermann, ai, dit maak my so trots op wie ek is wanneer ek die skrywe lees! Hoflik en so n korrekte verwoording van alles wat so stoei in ons binneste!
Baie dankie dat jul op nugtere wyse betrokke raak by al die dinge wat so stukkend krap.

philip ·

Dr. Herman baie dankie vir die ope brief. Sal nogal wil sien wat is SPUR se reaksie daarop.

Anre ·

Spur was nog altyd ‘n 1ste keuse as dit by uiteet gekom het. Maar hulle het mettertyd baie duur geword – tog het mens dit maar aanvaar, want dis Spur!

Nou – na die debakel – wen die goedkoper eetplekke – ELKE KEER. Hoekom? Want Spur het ‘n duidelike nota by hul voordeur opgehang: “Blankes nie welkom”. Hoekom sal ek hulle verder wil ondersteun en MEER betaal vir iets wat ek by baie ander restaurante kan kry? As mens rondsnuffel kry jy eintlik baie oulike eetplekkies wat nie so mainstream soos Spur is nie. Nee wat. Albei volwassenes was verkeerd. Albei moes oor dieselfde kam geskeer word. Maar hul boodskap was duidelik aan hul jare lange ondersteuners. Ek gaan die nachos mis…

“Spur People. People with a taste for… fairness and not blatant one-way racism attacks”.

Andre ·

Briljante antwoord deur Dirk. Elke besluit wat geneem word, het ‘n reaksie. Spur het dit uiters swak hanteer en dra nou die gevolge daarvan. Daar is egter onskuldige mense wat nou ook hierdeur benadeel word en dit is die opregte en eerlike eienaars van Spur restaurante. Ons benodig ekonomiese groei en stabiliteit maar ook verseker nie ten alle koste nie. Spur moet Pa staan vir dit wat gebeur het en dit regstel….stem saam met Gert.

Francis ·

Amen vir Dr Dirk Hermann!! Die Bestuur en Direkteure van Spur het nie gedink die 3 miljoen Wittes in hierdie land gaan ‘n duik maak in hulle winste nie, want daar is mos 45 miljoen ander wat by die Spur sal gaan eet??? En toe??? Toe maak die 3 miljoen toe wragtag ‘n helse duik in die Spur se beursies?? Moenie jou klientebasis onderskat nie Spur? Julle moes 2 x keer gedink het voordat julle ‘n besluit geneem het oor HOE gaan dit die 3 miljoen getroue kliënte laat voel??? Mag hierdie vir alle ander Restaurante en Winkelgroepe in hierdie Land ‘n voorbeeld wees!! Julle kan dalk met ons mors by die werk en in die publiek, maar julle kan NIE vir ons voorsê waar ons moet EET of waar ons moet KOOP nie!!!

Johan ·

Hi Francis. Ons is baie meer as 3miljoen blankes in die land. By Angus se saamtrek in Bloemfontein was tusen 700 duisend en 1,5 miljoen. En nie eers 5% van die bevolking was daar nie. As jy dink ons is net 3 miljoen beteken dit 1 uit elke 3 blankes was daar en dis definitief nie die geval nie. Hoeveel persent van al die mense wat jy ken was daar? Miskien 2% Ons word gebreinspoel om te dink ons is minder as wat ons regtig is. Hoekom?

Christa Mouton ·

Dankie Dr Herman vir ‘n baie beskaafde en kalm kommenteer. Dit is ‘n verfrissend nadat ons die skreeu kompetisie tussen ouers moes gadeslaan. Jammer vir die mense wie finansieel en loopbaan gewys gaan skade ly. Spur moet nou maar konsentreer op hul uitverkore kliente. Spur het gekies om “polities korrek” op te tree en ongelukkig is daar altyd ‘n prys om te betaal. Ja, ons praat om die braaivleis vure en daar hoor ons – wie LAAnkal nie meer Spur besoek nie – hoe swak julle kos en bediening geraak het. Miskien rook julle dalk net die pyp as julle ordentlik gaan introspeksie hou.

Helesti ·

Om deesdae uit te eet, selfs al is dit “net” by Spur is ‘n duur uitstappie vir enige middelklas gesin. Daar is baie familie-restaurante om van te kies en op die einde van die dag sal ek my rande spandeer waar ek welkom voel. En Spur kry nie meer ‘n merkie in daai boksie nie. Soos Dr. Hermann in sy skrywe sê, dit gaan nie oor wie reg of verkeerd was nie, maar oor hoe ‘n hele demografie voel oor hoe die saak hanteer was. As wit Afrikaners word ons deesdae oor alles oor die vingers geraps en ek vir een gaan beslis nie ‘n besigheid ondersteun wat my laat sleg voel oor wie of wat ek is nie.

En dan uit ‘n restaurantgroep oogpunt het Spur ook eintlik maar self al die spykers in hulle kis ingeslaan toe hulle Rocomamas restaurante oopgemaak het. Die restaurante kannabiliseer al hulle Spur kliente want die kos is beter, dis is beslis meer in lyn met “trendy” eetplekke en die pryse is ook nie sleg nie. So baie jammer vir julle Spur – julle nuwe teikenmark sal julle dalk heel moontlik nie eers kom ondersteun nie…

LB ·

Willem, jy het nie die voorafgaande gebeure gesien nie. (ek ook nie) Daar was wel mense wat gesien het hoe die vrou se seun wat veel groter is die dogtertjie slaan. Punt is, Dr Hermann praat so uit die hart van baie van ons wat werklik teleurgesteld is deur Spur se optrede en sat is vir die vooroordeel omdat ons wit en Afrikaans is en dit durf waag om ‘n opinie te hê. Ek is ook van die Moot, lieflike mense met harte oop vir almal. Maar bitter moeg vir misdaad, vir die ewige politieke korektheid wat net een kant toe speel en verkeerd reg praat.

Siestog de Jager ·

Aan Dirk Hermann, so bek moet jam, stroop en ‘n ice cream om kry! Stitch hulle!

Uvonka ·

Kan nie verstaan waaroor die Spur klomp so kerm nie. Hulle het mos nou hulle ondersteurners (hulle keuse) om hulle aan die gang te hou!!!!! Gelukkig is ek nie een van hulle nie, slegte kos, swak diens en baie duur!!! Hulle uitlatings oor mense wat vir die KP gestem het, laat ‘n wrang smaak in my mond, maar ek troos my daaraan dat lee blikke die meeste geraas maak.

Aurelia Beukes ·

Daai ma het haar kind harder terug geruk as wat die man het. Die man het hom dadelik gelos toe die ma hom terug gepluk het. Die woorde wat daai ma voor haar kind gebruik het sê vir my baie van sy opvoeding…. SPUR sien ons nooit weer nie ons het tenminste 4 keer ‘n maand daar geëet. Ek het ook my aptyt vir hulle verloor. Julle is over priced en julle menu is boring…. ?

Susan ·

Ons kinder het ook al deurgeloop onder anderskleurige boelies in die speelkamer – en dit terwyl die oppasser reg langs hulle gesit en lag het! Toe ons dit aanmeld en vra dat daar opgetree word is ons vertel dat dit maar is hoe kinders speel. Ons was nog nie weer in die laaste jaar by die plek nie.
Nou het Spur by die kleuterskool kaartjies uitgedeel vir gratis etes vir kinders….. En natuurlik wil die kleintjies hierdie ete he. Na my mening is dit gemene bemarking.

Lita Wales ·

Well said Dr Dirk. The situation was badly handled by Spur. Both adults behaved extremely badly and should both have suffered the same consequences. It was out and out a racist decision and we are all getting tired of the racism against white people that is not recognised as such, while everything a white person says is deemed as racist. Enough is enough.

Tina du Toit ·

Ek stem saam met Twakkie. Die video wys nie wat in die speelkamer gebeur het nie, maar dankie aan die ooggetuie.

Leon ·

Sulke politiekery bederf nie net my aptyt nie, maar maak my naar. Die gehalte van Spur se geregte en diens bepaal of ek en my gesin daar eet of nie, en dié is puik!
— Moot-gebore-en getoë-Afrikaner

Desmond ·

Vir die eerste keer, na hoefeel opmerkings en aanhaling hoef ek nie te se …. mense / Spur…. “dis nie waaroor dit gaan nie”. Ond boikot niemand! Maar dis julle skuld wat hier gebeur het. PUNT
en uiteindelik!….. perfek gese!
Dankie!

Willie ·

Ek wil n plek eet, wat my kultuur verstaan en bedien.. Ek is trots Afrikaans, Spur speel lankal nie meer op my TV nie… Hulle het die middelklas Afrikaner se koopkrag onderskat!

Dawie ·

Trots om n wit Afrikaner te wees. Ons kan saamstaan as dit moet!

Dissipline ·

Ek wonder maar net: is speelplekke by restaurante rerig nodig?
In die tyd wat ek grootgeword het het jy stilgesit en jou gedra as jy eet. En dieselfde as jy gaan uiteet in ‘n restaurant. Jy’t gesag respekteer en jou gedra.
Ek het niks skade oorgehou van die aanleer van goeie maniere in ‘n openbare plek nie.
Hoekom moet vandag se kinders heeltyd gestimuleer word met alles wat lekker is vir hulle, sodat ouers rus en vrede kan hê en die kinders ander mense se probleem word?
Die Spur voorval wys nie net wat verkeerd is in ons politiek nie. Dit wys die gate in die sosiale opvoeding van die generasie wat eendag aan bewind gaan wees as ons afgetree is.
Kinders moet maar ook ‘n bietjie leer om te wag. Hulle kan hol en jol as hulle tuis is – nie in ‘n winkel nie en veral nie in ‘n eetplek waar ander mense betaal om rustig iewers uit te eet nie
Of is ek nou te ouderwets?

Uvonka ·

Net so Dissipline, my Ma het net een kyk gehad en dan moes jy weet, volgende kom die klap.

Dalien ·

My Spur lus het ook heeltemal verdwyn !! Spur sal my nie weer sien nie !!!!

Dissipline ·

Koos, ek verstaan nie eintlik jou comment nie. Agressie het baie oorsake. Nie alle kinders wat geleer het om respek te betoon is agressiewe grootmense nie.
Ek is kinderloos, so ek verstaan nie hedendaagse ouers se uitdagings nie. Maar wat my aanbeyref: ek eet anyway nie by Spur nie want dit raas te veel.
Ek vermy eetplekke met “speelhokke” want dis erg steurend vir gehoorsensitiewes.
As eetplekke voel hulle gaan klante verloor as hulle, en ouers, nie na kinders se pype dans nie, dan moet daar te minste kontrole en toegangsbeheer wees. Kinders raak gesteel uit die speelhokke uit. En wat Spur aanbetref: wat soek ‘n 10-jarige amper-tiener daar, tussen ‘n klomp 5-jarige (en kleiner) kleuters? Dis mos moeilikheid soek!
Ook, soos ek verstaan was dit ‘n 10-jarige opgeskote SEUN wat ‘n 5-jarige weerlose DOGTERTJIE geklap het.
Hulle hamer op die pa wat die ma te lyf wou gaan. Wat van haar onopgevoede SEUN wat ‘n DOGTERTJIE geklap het en weggekom het daarmee? Spur kom op vir ‘n ma wat haar soos ‘n onopgevoede mens gedra, maar kom nie op vir ‘n KIND –
‘n onskuldige DOGTERTJIE wat deur ‘n veel ouer SEUN AANGERAND is – nie. Hoe werk dit?
Dis nie net ‘n politieke bynes nie – dis ‘n maatskaplike en morele nagmerrie. Spur moes eerder die man, vrou en seun verplig het om anger management klasse te loop –
en die pa en meisie al2 trauma behandeling gegee het.
Spur-bestuur blyk erg emosioneel onvolwasse te wees.

Ek wonder... ·

Regtig??? Wat gaan dit my help om ons Spur te Boikot?? Niks!! Net mooi Niks!! Ons het wonderlikke mense wat ons Spur besit en bestuur!! Wat ‘ n 1000 km weg van ons gebeur het en mense wat ons nie ken traak my niks!! Wat ek wel weet as ek so sou aangaan soos daai vrou op in die video…..sit hul my nie eers in die tronk nie…hul stuur my Groendakkies toe!!!

Willem ·

M.a.w. julle almal rasionaliseer hierdie man se optrede en dat dit, onder sekere omstandighede, ok is om ‘n vrou te dreig en haar kind rond te pluk?

Dit maak nie saak wat voor dit gebeur het nie LB, toe die man so opgetee het het hy die geveg verloor! Dit het niks met misdaad te doen nie

Disselboom ·

Eintlik gaan hierdie saak lankal nie meer oor “Spur” nie. Dit het ‘n simbool geword wat Disselboom se emosie roer, in sy ouderwetsheid kom die klanke van die “Lied van Jong Suid-Afrika” by hom op, want hier is iets; iets van die dreuning van ‘n volk wat opstaan. En dis waaroor hierdie saak gaan. Daar is nog nie sprake van ‘n werklike saamstaan nie; dis nie ‘n volledige boikot nie; dit kom saam met ander faktore van hantering van spesiale aanbiedinge wat verval het of verander is en die algemene ekonomiese druk. Maar iets het geroer, en dit moet ons bly maak. Soos die jong vrou (student) wat verlede jaar ‘n bykans alleen-protes by Tuks teen die rektor se slapte gevoer het – en ‘n enkele persoon se briewe en om ‘n plakkaat teen die oproermakers op te hou – het die volk se ontwaking klein-klein begin aanwakker. Kom manne, gaan ‘n skraal blonde vroumensie julle werk vir julle doen? Of ‘n opstaanaksie ontstaan weens ‘n man se verkeerde optrede in die Spur? Of gaan ons aktief begin regop loop en rustig maar dapper begin vorentoe stap en opstaan om gesien te word dat ons plek in hierdie land vasstaan?

Andre ·

Ek skeer nie almal met dieselfde kam nie. Dan gaan niemand meer hare oor hê nie. Om by Spur te eet is heerlik. Kinder vriendelik en smaaklike kos. Sal weer en weer daar gaan eet.

Willem ·

Julle almal gaan so tekere oor die “ooggetuie” – weet julle in die reg dat ooggetuienis nie genoeg is nie? Unus testis nulus testis!

Justus Oosthuyse ·

Nou praat jy! Dit is hoe ons Afrikaners voel oor die saak, en ek het ook heel my smaak vir Spur verloor. Al vra hulle om verskoning stel en steeds nie belang nie, dit sal net wees vir hul eie gewin maar bly steeds rarities, hulle het dit klaar gewys. Goed om te sien dat ons Afrikaners saam kan staan, dit gaan nog baie nodig wees in die tyd wat voorle.

Dellaq ·

Baie goed geskryfde stuk. Ek is nog uit die “ou dae”. Indien my kind sou moles maak by ‘n eetplek, sal ek hom aanspreek, want ek vat nie nonsense van my kinders nie, maar oooooo weeee, moenie WAAG aan my kind vat nie-gee nie om WIE dit is nie en al is my kind verkeerd … maar dis die verskil tussen kinders wat opgevoed is met maniere en die wat nie is nie.
Spur sal my nooit sien nie en ek het bitter lanklaas daar uitgehang.
Ek het net nie meer lekker gekuier daar nie, kon nie hoor as mense om my tafel met my gesels nie, kos was hopeloos te duur en smaakloos. En selfs toe het ek my kind met ‘n valkoog dopgehou.
Spur het hierdie hele debakel oor hulself gebring. Ek gaan nie skuldig voel oor verlore inkomste nie-julle het dit eiehandig self bewerk, met komplemente van julle polities korrekte bestuur

Pim09 ·

Ons eet al vir jare nie by Spur nie. Daar is beter restaurante wat baie beter waarde vir geld bied. Ek het ook nie krag vir ander mense se ongeskikte kinders wat soos mal goed tussen die tafels deur hardloop nie. Mense het nie meer maniere nie en dit is waar hulle kinders dit sien.

Hendrik ·

Met die burgers se evalueering hierdie naweek in die Rapport wys dit dat net Checkers se “patties” se vleis inhoud 70% is en die ander lyk maar vaal van die min vleis. So wat eet ons nou regtig by hierdie restarante? Maak maar ‘n lekker vuurtjie en gooi ‘n lekker biefstuk van jou plaaslike slaghuis om die kole en steun die besigheid in jou omgewing. Is konsessies (franchises) se dae getel…

Petrus Visser ·

Die dag toe Spur met sy optrede blankes van sy eetplek vervreem; daardie dag het ek en my gesin afskeid geneem van hulle. Dit was ons gunsteling eetplek, maar Spur het ons eintlik ook n guns gedoen. Ons het nou ander oulike eetplekke ook ontdek en ons is nou meer selektief waar ons gaan.
Ek dink nie Spur kan met n eenvoudige verskoning sy woorde probeer omswaai nie. Hul het presies bedoel wat hul gesé het. Ek bedoel ook wat ek sé. Vaarwel Spur. Laat die Spur-people jou maar ondersteun.

Freud ·

Spur het my verloor toe hulle hulle salad bar verloor het…. en selfs toe was die res van die kos al twyfelagtig en te duur.

Neville Mulhatton ·

I personally would never choose sides as there was only one victim and that was the 5yr old but we’ve got to look at the big picture and that is not spur it’s how the majority of the white South Africans are being treated Spur was only a start and they know exactly how to get out of the situation they have put themselves in and that goes for any other franchise that will choose sides and bully people and you will notice here I don’t mention people of any colour.If staff of a business are not trained to handle situations this will continue to happen.Just out of a matter of interest I stopped eating at spur many years before this incident because the quality of the food has changed drastically and prices have skyrocketed a good old south african braai is half the price and more enjoyable

Showahed ·

Wel, hier in PE is een Spur wat gedurig gekritiseer word oor hulle higiene, swak kelner etiket en net die plek se algemene swak kwaliteit van dienslewering insluitende kos natuurlik. Daar staan nou so tien karre op ‘n tyd daar op piektyd, so ek neem aan dis nie net in die sogenaamde KP areas waar Spur pyn vat nie. En by een van die Spurs naby ons lyk dit nie veel beter nie… ek vestaan die eienaar se vrou soengroet jou amper as jy daar aankom en die plek verlaat. Voorheen was sy nerens in sig nie. So ja, Spur kry orals die koue skouer.

Henda ·

Ons eet al jare nie meer by die Spur nie en dit is nie dat ons hulle boikot nie dit is ons persoonlike smaak.

Bollie ·

Korrek, hierdie buffel het handgemeen geraak met ‘n klein kind. Dirk moet na die video gaan kyk en dan sy mede Afrikaner ernstig berispe. Ek skaam my dood.

Annelize ·

Spur het reeds n magdom blanke kliente verloor en geen verskoning gaan dit verander nie. Hulle kan dit ook nie bekostig nie, want dan verloor hulle die nie blanke kliente ook. N vorige opmerking se dat konsessie houers hulself moes distansieer van die voorval, maar ek is nie seker of hulle dit mag doen en of alles van die hoofkantoor af hanteer moet word nie.

Harambe ·

Ek onthou van my Spur-dae dat jy maar moes spring as Pierre Van Tonder “spring” geskrou het. So nee, konsessiehouers kan nie rerig iets doen nie. Behalwe natuurlik verkoop en ‘n ander restaurant oopmaak.

Uvonka ·

@Koos, nee Koos ordentlike maniere en opvoeding het niks met aggresie te doen nie.

Kollie ·

Wit Afrikaanse mans sal baie vinnig van hierdie baashouding ontslae moet raak as hulle wil oorleef in die nuwe SA.

Jan ·

Kollie, Jy openbaar dieselfde houding as Mark Farrelly, jy hang etikette om mense se nekke. Dit is dan nou waaroor die ertikel gaan.

Ben ·

Dirk ek dink jy het dit pragtig verwoord. Ek raak siek as ek sien hoe die “right wing” gebruik word. Dit gaan nie oor “right wing” nie maar oor wat uiters swak hanteer is. Mense is keelvol om geboelie te word. Ek het reeds jare gelede besluit ek ondersteun nie meer die Spur nie. Hierdie hantering het my net laat besluit dat hulle my nooit weer sien nie.

VanAfrika ·

Nog steeds hoor ek NIEMAND vra hierdie dogtertjie om verskoning nie. Heeldag hoor ons van vroue en kinder mishandeling. Hierdie dogtertjie val in beide groepe en n seun wat sterker as sy is het haar aangerand. Die seun moet verban word en die dogtertjie moet vrye toegang tot SPUR kry. Wanneer kry Spur vir hierdie dogtertjie n stem!!!!!!!

Tokkie ·

Uiteindelik kom iemand op vir die dogtertjie. Dit gaan eintlik oor haar. Die seun is ek bevrees gaan nog boelie en slaan. Hy sien hy kom weg daarmee.

Marsh ·

Fantasties Dr Dirk Hermann, baie trots op jou, so bly dat mense opstaan vir die Afrikanervolk, dis hoogtyd. Ek ondersteun ook nie meer die Spur nie, laat dit vir hulle ‘n les wees.

Charl Du Plessis ·

Bo en behalwe Spur se hantering van die voorval wil ek uit ‘n ander hoek daarna verwys. Ons het nog altyd Spur gesien as ‘n restuarant waar ouers rustig kan eet terwyl hulle kinders veilig onder Spur toesig kan speel. Dit is blykbaar nou nie meer die geval nie en daardeur verloor Spur sy grootste bemarkings voordeel bo ander restaurante.

Amanda Landman ·

Baie dankie Dirk, jy het hiermee alles opgesom wat in ons as blanke Afrikaners se harte opgesluit le, ons wat nie meer ‘n stem in hierdie geboorteland van ons het nie. Ons is skaars 10% van die bevolking, hoe is dit menslik moontlik vir hierdie demografie om een ketting groep te sink? Is hierdie nie ‘n kwessie van daar bestaan nie so iets soos slegte publisiteit nie? Word hierdie moontlik gebruik om die ander 90% van die demografie te verseker dat hulle ondersteuning nou uitsluitlik hierdie situasie moet red nie? Elk geval…eet reeds jare nie meer daar nie, bloot omdat die kos my nie aanstaan nie nie en die stoute kindertjies my laat gryp het na my kalmeerpille en die luidrugtige restaurantgangers dit ‘n onaangename en blah ervaring maak. Hierdie was eintlik ‘n briljante insident want nou het dit baie mense se oge oopgemaak! Ek ondersteun lankal reeds die klein eetplekkie met die keurige vars kossies vars gemaak uit die organiese tuintjie buitekant, waar die koffiebone vars gemaal word vir my koffie en hulle my ken op my naam!

Frik Moolman ·

Ek het gereeld by spur gaan eet maar sal nie meer nie. Baie mooi gestel dr maar nie eers n verskoning sal my weer daar kry nie! Genoeg is genoeg!

Danie ·

Ek “boikot” al lankal die spur en meeste ander kettinggroepe as gevolg van swak diens en min waarde vir geld! Die mense wat deesdae daar werk, dink hulle doen mens ‘n guns om jou daar te laat eet. As kliënt is dit vir my belangrik om waardeer te word, om spesiaal te voel in die restaurant – dit is immers ‘n luukse om te gaan uiteet. Restauranteienaars aanvaar te veel as vanselfsprekend – soos die engelse sê: “They take us for granted” Ons HOEF nie daar te eet nie weet julle….

Pieter ·

Puik gestel Dirk. Kan nie beter uiteen gesit word nie. SPUR julle sien my nooit weer.

Kollie ·

Anders as die boikotters gaan ek weer die naweek my Afrikaner Spur konsessiehouer ondersteun.

ERS ·

Spur se nuuste koerantberig dat die aksie onskuldige konsessie houers raak is ‘n halwe waarheid. Dit prober bloot simpatie vir die konsessie houer gebruik om mense terug te lok. Wat hul egter nie erken nie is dat elke konsessie houer ‘n % van sy totale omset moet oorbetaal in die vorm van “royalties” aan die Franchise houer nl Spur….As ‘n betrokke konsessie houer geboikot word beteken dit sy omset daal en dienooreenkomstig raak dit tog Spur se inkomste. Hul sal nie erken, maar dit maak seer! Terloops die boikotters moet ook net onthou dat Hussar’s Grill, John Dory, Panarotti’s en Rocco Mamma ook deel van die Sput groep is. Wees slim, as sy Spur boikot, moenie loop pizza eet by Panarotti’s nie, want dan maak hul bloot hul verlore royalties weer op by daai konsessie houer…..

Bollie ·

Wel dis hoe alle franchises werk. Jy betaal ‘n gedeelte van jou omset want jy kry verniet bemarking en die naam verkoop jou produk, niks word “weggesteek nie”

Dirk ·

Dit is die krummels wat van die tafel val,wat die mossie voer.Spur het gedink hierdie paar krummels wat blankes ons gee kan hulle nie seermaak nie.En kyk wat gebeur nou.

Tjert ·

Goeie genugtig? Nie geweet my foontjie kan sooooo lang lys kommentaar huisves nie?! Dit klink my ons Moot eenvoudig net nooit weer by Spur eet nie…finis en klaar!

Leendert ·

En daar mis Bollie en Willem toetentaal die kruks van Dirk Hermann se skrywe, presies dit wat hy na verwys wat Mark ook nie wil weet nie, Mark bly hamer op die video, maar dis nie waaroor dit gegaan het nie, maar oor die Spur se optrede na die tyd en hoe hulle die Afrikaner etiketteer het in hul onlangse verkalaring.

Dries ·

Ek sien vele mense mis nog steeds die punt…..Dirk stel dit egter baie duidelik, maar duidelik word die PUNT ook deur van die lesers mis gelees(Dalk met opset). Albei volwassenes het hulle soos “hooligans” gedra…ek herhaal ALBEI en indien mense enige van die twee se optrede regverdig(maak nie saak wat die rede was nie) kry ek ons samelewing jammer. Dan is ons ons eie grootste vyande want so tree opgevoede, volwasse mense nie op nie. Ons mag verskil, ons mag dit aanspreek maar dit is nie hoe mens dit doen nie. Dit is nie hoe ek my kinders wil leer om konfrontasies te hanteer nie. Die PUNT is egter dat SPUR kant gekies het en deur “judge, jury en executioner” te speel baie mense kwaad gemaak het. Indien hulle iemand wou “ban” moes beide “geban” gewees het…ALBEI was “hooligans”, ALBEI was ongeskik, ALBEI was swak voorbeelde vir hulle kinders, ALBEI WAS TOTAAL VERKEERD. Wou Spur dalk politieke punte wen?…..ek wonder maar net.

Adri ·

Ek stem saam Kollie. Ons Spur was nog net altyd goed vir ons gemeenskap. Ek wonder of dr Dirk en sy boikotters besef hoeveel geld Spur en hul konsessiehouers jaarliks aan die gemeenskappe regoor SA spandeer. Ek hoop die boikotters boikot ook alles wat Spur borg en ondersteun. Hulle besef ook nie dat ander instansies soos bv plaaslike slaghuise wat vleis veskaf ook in die slag gaan bly. Dit alles ter ondersteuning aan ‘n lafaard wat kinders mishandel en sy hande lig vir ‘n vrou.

Douw Raimondo ·

Die Spur Groep besit ook vir John Dory’s en Panaroti’s ?

Michael ·

Ek stem 100% saam en dit is die rede hoekom ek nie weer ‘n plek soos spur en sy a filiale sal ondersteun nie.

Thinus ·

Ek wonder werklik hoeveel mense net die eerste video gesien het. Die een waar die twee ouers mekaar heen en weer vloek.

Gebaseer op daai video, is albei ouers skuldig, en het Spur die verkeerde besluit geneem.

Maar wat van die VOLLE video wat Spur vrygestel het? Die een waar die man die kind GRYP! Dis aanranding man! Dis vir daai rede waarvoor die man verban is, en dus het Spur die REGTE besluit gemaak! Hoe kan julle die aanranding van ‘n kind sien as ‘okay’ ?! Dit het NIKS met kleur uit te waai nie, maar met die feit dat die man ‘n flippen boelie is man!

Hy kan bly wees hy sit nie in ‘n tronk nie! Dank sy sterre die vrou het hom nie aangekla by die polisie nie. Dank sy sterre dat Spur besluit het om hom net te verban en nie te laat toesluit nie.

Vir die wat my betwyfel:
https://www.youtube.com/watch?v=F7d0Tl2jAwM

Jy vat nie aan ‘n ander persoon se kind nie. Punt.

Leendert ·

Thinus, jy, soos baie ander hier bo, mis die punt. Lees weer wat Dirk Hermann in sy artikel skryf, dit gaan NIE oor die video nie, dit wat daar gebeur het, bly verkeerd, dit gaan oor die optrede van die Spur na die tyd, en hoe hulle die Afrikaner nou met Mark se laaste uitlating ge-etiketteer het.

Adri ·

Goed gestel Thinus. Spur het opgestaan teen kinder en vroue mishandeling. Nee wat Dirk jy wil net punte wen

Benito Odendal ·

Sjoe ….ek hoor niks van die 5 jarige dogtertjie , LETTERLIK die ENIGSTE loser , se regte nie !!!!…..die seun gaan soos in klokslag OOK ‘n slapgat boelie word omdat sy velkleur hom vrywaar van enige aanspreeklikheid vir sy dade……inteendeel hy word geprys en beloon met ‘n gratis ete vir sy pragtige aanranding !!!!……Puik oordeel en besigheids vernuf Spur !!!!

Adri ·

Adri, en as dit jou kind was wat deur ‘n groter ander kleurige kind geslaan was, hoe sy jy opgetree het. Dirk het egter hom uitstekend van sy taak gekwyt. Welgedaan Dirk Herman.

Kasper ·

So Adri, ‘n seun kan ‘n dogtertjie wat baie kleiner as hy is maar slaan, maar ‘n grootman mag nie vir sy kind opstaan teen ‘n vloekende en skellende vrou nie. En volgens die video het hy nie aan die vrou geraak nie, net aan haar kind. Feit is alby ouers was verkeerd, en Spur het kant gekies teen die wit man, so eenvoudig soos dit. Daarom die volle boikot teen Spur.

Chris ·

Ek stem 100% saam met Dirk se kommentaar! As ons geld goed genoeg is hoekom moet ons tevrede wees met 2 de klas behandeling? Hoekom moet ek my taal en waardes prysgee ten koste van polities korrektheid? Hoekom nie net my geld kannaliseer waar daar wedersydse respek en regverdige aksies die norme dryf nie? As ons grondwet ons gelyke regte waarborg, hoekom moet ons dan sulke ongelykhede aanvaar? Dit moet as wekker dien vir ander besighede ook. ‘n Gelukkige klant sal altyd terugkom. ‘n Ongelukkige klant sal nooit weer na jou toe kom nie.

Gideon ·

Dirk Hermann se artikel slaan die spyker op die kop. Baie goeie argument.

Hannelie ·

Hier in die Boland is ons ook klaar met die Spur. Ons Maandag oggend vergaderings met ontbyd word ook nie meer daar gehou nie. Jammer Spur julle moes nie kant kies nie.

Anne coetzer ·

Ons was gereelde spur gangers. Maar jammer om te se dat ons nooit ons voete weer binne n spur sal sit nie. Spur erken nie dat hulle fouteer het nie. Wat hulle moes gedoen het was om albei ouers en kinders in te roep kanoor toe . Na die videos van die begin af gekyk het en vir die vrou gewys het haar seun het die dogtertjie geslaan en dan die saak daar en dan in die kantoor opgelos het. Spur was verkeerd. Punt

Cherokee ·

Herman, ek hou van jou skrywe tot en met voor die laaste paragraaf. As jy nie die laaste paragraaf bygevoeg het nie sou dit ‘n netjiese skrywe gewees het. ‘n Gedwonge verskoning is ‘n vals verskoning en jy sluit af met die voorstel dat ‘n verskoning aangebied word en hulle dan kan hoop op herstelde kliënte-ondersteuning. Soos reeds gesê, ‘n gedwonge verskoning klink nie eg nie.

Leendert ·

Hoe gaan daai bekende liedjie: “Ek wil jou ooit weer sien …..”

Genoeg-is-genoeg ·

Adri, gee asb tog vir ons presiese besonderhede van presies watter gemeenskappe só deur Spur geborg/ondersteun word en met wat? Besonderhede asb. nie net vae rondgooi van stellings nie. Dus keur jy goed dat ‘n groot seun ‘n klein dogtertjie deur die gesig slaan, solank ‘n man net nie kwaad word vir ‘n tierende, skreuende vloekende vrou nie? Kan ons waardes al só verdraai wees?

Adri ·

Wat gemeenskap ondersteuning behels haal jou oogklappe af. Ek keur niks goed nie maar het afkeur aan volwasse manlike lafaards wat vrouens en kinders mishandel. Geen mens het die reg al is jy deel van Dirk se minderheidsgroep om vrouens en kinders te mishandel

Mynard ·

Puik gestel en kernagtig raakgevat!!! Dieselfde debat geld ook vir ABSA. Die OTM’e gee kliente 8 taalkeuses – tot Duits en Portugees – maar nie Afrikaans nie. Ek weier om van hulle gebruik te maak as ek in SA was. Hulle was Volkskas. Nou is hulle so PC dat ek in Engels moet geld trek. Ek weier.

Cherokee ·

Mynard, jy praat bollie. ABSA se ATM praat so lekker Afrikaans as enige Suid Afrikaner. Moet nie misleidende inligting oordra nie.

Cherokee ·

My bankrekening wat ek in die 80’s by Trustbank geopen het gebruik ek steeds by ASSA. Nou vertel jy aan die mense hulle was Volkskas. ….. ABSA is inderwaarheid ineensmelting van sowat vier banke.

Hannelie ·

Spur! People with a taste for life…..bly die beste familie restaurant, hul buffalo wings en steak……hoe water my mond nou!

Jaco ·

As die man en/of vrou skuldig of onskuldig was, is irrelevant vir my. Ek weet n sak charcoal en n trip na die slaghuis en pick n pay is heelwat goekoper vir my. En die braai vleis is vir my baie lekkerder in elkgeval, en ek weet vir n feit daar is geen bloed of ander walglikke menslike vloeistowwe in die Kos nie. Ek’s ook altyd na 2-3 ure weer honger na ek by n spur was vir een of ander rede. Spur, I’ve had a taste of the good life… it didn’t come from your kitchen…

Daniel ·

Altwee partye moes dieselfde behandeling gekry het. Punt. Net my opinie oor die man se optrede wat die seuntjie se arm gegryp het . Miskien het hy die tier in die vrou wakker gemaak maar die leeu in hom was reeds wakker wat met sy dogtertjie gebeur en , hy moes op breekpunt gewees het omdat sy eenvoudig niks wou hoor wat hy te se gehad het nie .

Sonja ·

100% gese, dit gaan nie oor wie reg of verkeerd was nie, maar vir my oor Spur wat kant gekies het. In 2002 was ons as gesin in n voorval betrokke by my dogter se skool en die skool en Kerk en mense het kant gekies. Dit het gevolg gehad moes skool, kerl vriende en familie verlaat, niemand het d reg sy reg laat gaan nie, tot 10jaar later, toe is almal jammer, maar skade was reeds gedoen, niks kan dit verander nie.

Pendoring ·

Ek wou ‘n paar rand (<R20 000) by Standard Bank leen na ek reeds meer as twintig jaar 'n kliënt met 'n onberispelike rekord was. Hulle het my weggewys omdat ek reeds 'n oortrokke fasiliteit gehad het en ek dit EERS moes op datum bring. Ek het letterlik skuins oor die straat na ABSA toe geloop en die geld plus ekstra gekry binne minute. Toe ek 'n uur later terug is by Standard om my rekeninge te sluit was hulle gou om skielik plan te sien met die lening. Jammer! Julle het 'n uur gelede die kans gehad. Geen mens het nodig om swak diens te aanvaar nie. Veral nie in stede nie. Daar is net eenvoudig te veel ander wat bereid is om diens te lewer.

Engelse Boer ·

Well done Dr..Solidariteit rule..ons is al so moeg vir die rasse kaart..alles is mos apartheid se skuld…dit wat ek maandeliks aan die Spur gespandeer het skenk ons as gesin nou aan Solidariteit..Helpende hand en Afri Forum..Eks trots wit..en n trots Suid Afrikaner…so Spur..suck on this!!!

Willem ·

Neem kennis dat Spur selfs vir die Swart dame betaal het om te verhuis en het vir haar trek en nuwe huur huis betaal.

Bernie ·

Die realiteit is dat Spur geensins in enige opsigte verantwoordelikheid vir die insident aanvaar het nie. Eerstens het hul personeel, wat reg dat in die middel van die ouers gestaan het, geensins probeer om die situasie aan te spreek nie. Spur het toegelaat dat n pa alleen n boelie situasie in hul restaurant moes hanteer, wat toe hand uitgeruk het . In al die video materiaal is Spur werknemers duidelik sigbaar, maar nie een wat tussenbeide tree om te help die situasie hanteer nie.

Ongelukkig vir Spur het hul klante van die minderheids bevolkingsgroep net te veel geleenthede self beleef waar n regverdige argument met rasse voorkeur hanteer word – en toe sê hulle NIE MEER NIE!

Interessante waarneming van hierdie situasie is dat ons tog nog n waardige sê kan uitoefen. Dit is hoogtyd dat ons dieselfde medisyne uitdeel aan enige korporatiewe instansie in die land wat rasse voorkeur goedkeur. As n maatskappy se beleid is om nie blanke personeel in diens te neem nie, hou op hulle ondersteun!

Passie ·

Ego en Arrogansie maak leiers, bestuurders, mense, regerings, besighede kerke en instellings blind….

Johan Bisschoff ·

Dankie Dirk – dit is hoe ek voel oor Spur se hantering van hierdie voorval en soveel ander soortgelyke insidente – dik en sonder eetlus.
Ek voel soos ‘n onwelkome vreemdeling in my eie land. Ons word effektief ontneem van ons reg op vryheid van spraak omdat mense te effentjies is om eerlike kommentaar te hanteer.
“Spur must fall!”

giel groenewald ·

Die bestuur van Spur is verwaand om te dink hulle word “geboikot” nogal…. Hulle het slegs n groot deel van hulle dekades lange getroue kleiente verloor omdat hulle daardie kleiente nie in agneem nie. Met die verwysing na my dat ek regs is bloot omdat ek nie meer n kleient is nie,is verwaand. Boikot is wanneer jy iets wil afdwing…. Ons wil niks afdwing nie, want ons gaan nie terug nie.

Heidi Oosthuizen ·

Spur moes nie kante gekies het nie, maar albei partye se gedrag streng veroordeel en nie goed keur nie, albei partye was verkeerd nie net die wit man nie.

Leroi ·

Mark is ‘n swak leier en het Spur nog verder oor die afgrond gestoot. Na 20 jaar van partytjies en familie kuiers is blanke mense nie meer welkom om daar te werk nie (Bloemfontein).Die kliente is egter nog 95 % en meer blank.Ek eet nou beter by ander plaaslike eetplekke waar daar ook blanke kinders werk.Ek is naar vir jou Mark en Spur .Pleasure foods se ander franchises sien my ook nie weer .Laastens …druk maar my Spur kaart…

Gert ·

En solidariteit gaan Spur help met ‘n veldtog teen betaling???

Marius du Toit ·

Ek is van mening dat hierdie voorval nie genoeg waardeer word nie. Let op na die saamhorigheid wat dit teweeg bring. Almal is dit eens dat ons genoeg afgeknou word en keelvol/gatvol daarvoor is. “Eendracht Maakt Macht”. Kom ons gebruik geleenthede op alle vlakke en slaan die boelies bloedneus. #1 Koebaai Spur. #2 ?

Gert ·

Marius jy spreek so waar…
Dis ‘n bedekte seën hierdie. Ons moet nou hardnekkig bly soos die volk kan… Ons moet genadeloos wees met boelies.

Johann ·

Dis ‘n goeie idee leier, gaan jy eerste dan volg ons jou.

Bittereinder ·

Ek het lank gesoek na iemand wat dit wat ek ook voel, so te kon verwoord soos Dirk Herman. Na my beskeie mening was daardie man se optrede beslis wat verkeerd is met witmense in Suid Afrika. Die swart vrou se optrede was presies wat verkeerd is met swart mense in Suid Afrika. Spur se optrede is dan ook op die letter wat verkeerd is met die regering in Suid Afrika. Pragtig Spur ek is my lewe lank al keelvol vir julle onoorspronklike ver-amerikanisering van Suid Afrika in alle pogings om die afrikaner kultuur af te breek tot iets om oor skaam te wees. As jy daai plastiek aangeplakte “Wilde Weste” wou voorstoot dan het julle mos nou maar gekry wat julle gesoek het.

Verstom ·

Is daar ‘n lys van restaurante in Jhb/Pta en omgewing beskikbaar wat kindervriendelik is en privaat besit word? Vanselfsprekend moet die kos op standaard wees. Weet julle van so n lys of website?

allan ·

both adults were wrong,but spur chose to play the race card by their actions.spur,panarottis,john dory etc.. are no more my choice.Nigel spur has closed down,not sure of the boycott though,but keep the pressure up people

Karoo ·

Ek was vandag baie honger. Ek het verby die Spur gery en by n ander plek geeet. Punt.

Mynhardt ·

Ek vra my mede wit afrikaner broers en susters moenie ingee nie,boikot hulle! Hulle het hul rue op ons gedraai en eks jammer ek ondersteur nie sulke mense/plekke nie. Ek se ook nie 1 van die 2 partye was reg nie,hoekom moet die wit gestraf word en alleen gestraf word? Ek vra asb moenie ingee vir hul mooi stories nie BOIKOT SPUR!

Rian ·

Ek weet nie of iemand dit reeds genoem het nie maar as spur omverskoning vra sal ek dit glad nie aanvaar nie. Ek gaan van nou af my geld spandeer waar ek van mening is dat ek as etniese groep welkom sal wees. Die ander rassistiese besighede moet solank gereed maak. Julle beurt om ons geld te verbeur is om die draai.

Vierkleur ·

Net my mense sal my besigheid kry.

WEB – Wit Ekonomiese Bemagtiging

humor ·

Self in Namibie het sommige mense hul aptyt verloor. nie alleen oor die debakel nie maar ook die hedendaagse klientebasis Die rustige atmosfeer bestaan nie meer by die bekende uiteetplekke nie. Neewat dit is baie meer verkwikkend wanneer manlief soms oorneem en n eendersdenkend vriendekring is saam rondom n gesellige vuurtjie en n ietwat bros gebraaide vet skaapribbetjie.

Bittereinder ·

Stem saam met jou. Terloops Santa Fe Spur in die Grove Mall se naambord sit effens skeef. Ek dink dis opgesit deur ‘n kamma ingenieur wat ‘n hoop geld wil verdien maar nie ‘n waterpas in die oë kan kyk nie.

Heils ·

Dis presies wat die man daar sê jammer Mark maar ek kom nie die ou era nie maar ek is ongelukig wit wat altyd die spit moet afbyt dit wat nou met spur gebeur het is te danke aan jou Mark jy het die klip in die bos gegooi sonder om verder te dink nou kan jy ook werklik sien wie was die grootste ondersteuners as ek n eienaar van Spur was het ek jou persoonlik gedagvaar dit wat gebeur het praat ek nie goed nie maar n storie het altyd 2 kante hoop jy het n les uit die debakel geleer ons witmense het nog nie gaan lê nie

Sarie ·

Nie ñ Bells nie Jason, sommer ñ Johnny Walker Green Label. Spur sal ons stamboom nooit weer sien nie. Vaarwel SPUR. Geen verskoning sal maak dat die Restaurant groep ons weer sien nie

R Stone ·

Ek eet net waar ek welkom is. Spur ken nie die toorn en die vasberadenheid van Afrikaners nie. Spur ken my glad nie en het probeer om ons almal te etiketteer en daar kom die fout. Ek kan my eie opinie vorm oor die insident. Besighede moet baie mooi besin voordat hulle uitvaar teen wit afrikaners. Ons is moeg vir julle dubbelsinnige waardes, ongevraagde beledigings en kortsigtigheid teenoor ons as ‘n groep. Ons afwesigheid is hoe ons, ons ontevredenheid te kenne gee

Sarie ·

Hendrik van 12 Uur gelede…kry nou eers kans om die artikels te lees.
Vandag dieselfde ervaring gehad in SuperSpar. Woon in ñ klein gemeenskap en ken al die kassiere. Vandag… altyd-vriendelike kassier, regte ou staatmaker praat slegs Engels met my. Sy kan nie vir my cash-back gee nie, want sy moet nog die hele dag kleingeld uitgee. Ek was verstom, het die Rommelstatus almal se torre laat afklim?

Arno Coetzee ·

Ek is bly om te sien iemand staan op vir wat reg is, en se dit soos dit gese moet word. Ek sal nie weer my voete by spur sit nie en aangesien die spur groep ook john dory en panarottis besit sal ek van nou af my pizza elders aanskaf en my seekos elders aanskaf. spur, julle het hierdie sogenaamde regse wit man heeltemal naar gemaak.

Dries ·

Ai! My mense het my laat lekker lag. Vroeër skryf Willem van “unus testis nulus testis” en toe dink ek onwillekeurig aan Pierre van Tonder !
Nee, ek en my vrou, my 8 kinders en my 6 kleinkinders eet meer by Spur nie. Ons het dit eenvoudig nie meer nodig nie. So ontdek ons toe baie goeie nie-konsessie eetplekke in Potch. Gaan kyk bietjie rond in julle dorpe en julle sal verbaas wees wat daar beskikbaar is

Chris ·

Mark het seker nie aan die Spur eienaars gedink wat nie met sy uitlatings saamstem nie. Miskien moet hulle Mark verantwoordelik hou vir hul verliese en dit van hom terug eis?

Afrigirl ·

Stem heeltemal saam Dirk Hermann. Spur was jare gelede n pure familie resturant. Beste plek in die land gewees, maar mettrtyd het daar klein jakkalsies insluip wat uiteet vandag daar onmoontlik maak

Afrigirl ·

Ek stem honderd persent saam met Dirk Hermann. Spur was jare gelede n familie resturant met van die beste steaks, maar mettertyd het daar klein jakkalsies ingesluip en maak dit onmoontlik om daar te eet

minnaar ·

dankie Dirk

jou brief praat uit my hart uit ook

net 2 dinge sal my laat vergewe en terugkom Spur toe Mark

unban jou white scapegoat en stick hom en sy dogtertjie vir n burger en
se vir die res v ons whities jammer in die pers of op die tv

ons vergewe baie maklik….toets ons!

jou sales sal tripple id volgende maand!’

Faure Bosman ·

Kort na die voorval het ek my en my gesin se “bedanking” uit die Spur-clan vir Spur gestuur. Ook my aptyt verloor!

Carin ·

John Dory is deel vd Spur groep…. ek sien hulle loop ook leeg….dis duidelik dat die Spur gereken het die swart mark is sy hoofstroom revenue…. dit is ook insiggewend dat wat sou gebeur het as dit niks met velkleur te doen gehad het nie? As die sogenaamde toesig in die speelareas dan so power is dan is dit seker maar beter om daar weg te bly…. jare al gaan ek nie Spur toe nie…. john dory ook nie. Somaliërs is die waitors in ons area en kan nie eers die menu verstaan….dus is die Spur nie meer n opsie

Frieda ·

Beter kan niemand dit stel!!!! Ek hoop die Spur het ook ‘n afskrif gekry!!!

Ina van der Boon ·

As daar omverskoning sou kom is dit volgens my “a little to late” wrang wat dit sal los!! Die woorde van Dirk is presies hoe ek oor voel!!! Noem ons wat julle wil , dit gaan geen verskil maak nie!!! Spur sien ons ook nie!!!!!! Al gee hulle ons die goue skinkbord nee wat!! sluit sal julle sluit.

William Granzier ·

Well , Ek Bly in Oos London…. Glad nie een van die plekke in bevraag nie. Ek is n plain Jane, Suid Afrikaner, en eerlikwaar, ek sal NOOIT weer my voete in n Spur sit nie, en sedert die geval her Ek ook nie. En net sodat die Spur groep Weet…. Nee Ek is nie n regse nie

Riaan ·

Ek het lank voor hierdie hele storie al besluit ek is klaar met Spur. Hulle kos is nie die geld werd nie en oor die diens wil ek nie eers praat nie. Waar is die sogenaamde employment equity. Jy sien nie meer enige blanke kelners nie. Net swart.

Valerie ·

Dankie Dirk vir jou brief ek stem saam jou. Spur was nog altyd n kuier plekkie vir ons as familie, maar tereg het ons, ons aptyd verloor om daar te gaan kuier as familie. Wat ek nie kan verstaan is dat Mark nog sy pos beklee. Moet die verskillende winkel eienaars nie dalk begin saam staan want dit is hulle wat hier onder ly en Mark uit die stoel lig. Ek is geleer ons amal het n plekkie in die son, eendag by onse Vader huis gaan dit nie wie en wat jy op aarde was nie maar hoe jy jou lewe geleef het. Ek is trots om n Suid Afrikaner genoem te word, ons is die sout van die aarde. Mark doen die regte ding en tree uit jy gaan duisende eienaars van Spur red van ondergaan.

Barney ·

Gaan asseblief Australie toe – daar is baie wit restaurante. Die agressiewe man het aan die kind rondgeruk. Hy moes toegesluit geword het – nou wil mense dit verdedig.

t ·

Barney, na al die geskryf en verduidelik het jy nog STEEDS GEEN idee waaroor die boikot gaan nie. Jy sal ook nie verstaan nie want jy bly in ‘n land waar die blanke nie om elke draai as ‘n tweederangse burger behandel word nie,..

Ada ·

Uitstekende skrywe ! Baie dankie daarvoor! Ek het die grootste respek vir Dirk .

Hennie ·

Wat Dirk Herman nie gesê het nie: hoekom is die Spurs gevestig tussen die traditional KP’s? Antw: Dis die mense wat die Spurs op hulle voete gehelp het en dekades lank ondersteun het.

ann ·

hoog tyd dat ons blanke afrikaners saamstaan en plekke boikot wat teen blankes diskrimeer, asof ons verskoning moet vra dat ons wit is. Spur kry hul verdiende loon, sien my ook nooit weer nie

Pedro Breetzke ·

Ek lees in die skrywe dat die volwassenes soos kinders opgetree het. Wat sou die regte manier wees om in so geval op te tree? Kan die skrywer van hierdie ope brief asseblief my vertel wat die regte optrede volgens hom sou wees.

Ruby ·

Pedro kan ek jou antwoord asb?

Die regverdige optrede sou gewees het om ALTWEE te verban!

Wat sou die regte manier gewees het, volgens jou?

Inette Steyn ·

Die regte optrede sou wees om die insident tussen die kinders te voorkom deur ordentlike toesig in die speelarea, dan het die ouers nie nodig gehad om betrokke te raak nie.

Pedro Breetzke ·

Baie dankie vir jou mening Ruby.Waardeer.Ek wil eintlik van Dr Hermann hoor hoe daar in so n situasie opgetree moet word want,indien ek as n ongeletterde burger van die land die skrywe reg verstaan, word die optrede van die betrokkenes in hierdie voorval met die van kinders vergelyk. Dr Hermann kan my gerus leer hoe om as n volwassene in so n situasie op te tree.

Riaan 73 ·

Perfek gestel. En mense gaan kyk na Spur korporasie web blad. Dis groter as net Spur. Ek sal nooit weer n sent spandeer by enige van die groep se restaurante nie.

Tinus Rautenbach ·

Toets altyd eers of die optrede ‘n aksie was, of ‘n re-aksie.
Spur het ‘n mens se optrede etiketeer wat verkeerd was.
Swak gedrag moet verban word, en die dader moet hanteer word. Geskille het twee kante. Beide persone was betrokke. Beide moes verban gewees het.
Mark moet nie halwe waarhede (sy deel van die video) versprei en dan glo hy en sy organisasie sal respekteer word nie.
Ek persoonlik het die wêreld se respek vir Dirk persoonlik en net so baie vir hierdie standpunt van hom.
Ek is MOEG om in ‘n land te leef wat deur my voorouers teen afrika volke en wêreld moonthede moes verdedig vir ons oopgemaak en ontwikkel het, en nog elke dag beskuldig te word dat dit die Afrikaner altos skuldig is.

Dit is tyd dat ons die algemene pers, radio en televisie ontbloot vir wat dit is. Dit moet ophou om die waarheid verdraai om die internasionale magte te dien.

Dirk, DOEN SO VOORT. Ek is heeltemal agter jou.

Johan de Klerk ·

Spur was verkeerd, maar Hermann het ook nie die oplossing nie. Bernard Mandeville verduidelik in “Fable of the bees” dat waar alles moreel in plek is, is daar gewoonlik ook nie meer ‘n samelewing nie. Bv van al die sms’e wat mens stuur om Afriforum and Solidariteit se projekte te ondersteun, gaan n groot gedeelte van die geld na selfoonmaatskappye toe. Maar dit hou Herman still, want as mense dit weet kan hulle dalk kwaad wees daaroor. Wie will nou n R15 sms stuur maar dis uiteindelik net R5 werd? Wat is die kickback vir Afriforum? Met Spur weg, waar sal toeriste bv goed kan eet? Afriforum het ongelukkig nog nie ‘n alternatiewe Afrikaanse restaurantgroep in plek nie. Mens kan nie oor alles hartseer wees nie.

Willie ·

Ek sien hier is kommentaar oor, Spur het goeie eienaars en bestuur… Spur se wekers is meestal anderkleurig… Maar die wit kliente maak saak? Wonder ook maar net…..

Serfie ·

Sjoe, julle mense maak my darm maar nou lus vir n spur brekkie, met baie pink sous, dalk n ribbetjie langs die kant ook, n milkshake en n paar wings. mmmm, dit gaan nou goed afgaan! Hoe meer mense boikot, hoe meer plek vir my daar!

Uvonka ·

S – sonder
P – produktiwiteit
U – uitlatings
R – rassisties

Serfie ·

Dankie Potts my maat, dit was van die boonste rakke vanogend, sal n paar tjomme vanaand vat vir n steak by ons Spur.

Kollie ·

Die swart vrou in die verhaal het in die openbaar om verskoning gevra vir haar gedrag. Meener wit Afrikaner kind-rondplukker aan die anderkant verdwyn saggies sonder verskoning vra. As hy dalk berou getoon het van die begin af sou die situasie met meer simpatie deur Spur hanteer gewees het.

Flavia ·

Baie dankie hiervoor. Ek kon dit nie self beter gestel het nie. Ek stem saam albei was verkeerd. Spur het die situasie hopeloos verkeerd hanteer. Wit Afrikaners is voos. Vuisvoos. Moeg ‘skuus gesê omdat ons velle wit is. Moeg om geboelie te word ter wille van politiese korrektheid.
Ek wil sover gaan om te sê al vra die Spur HÓÉ baie om verskoning, dis te laat. Mostert na die maal. Dit sal in elk geval ‘n onopregte, ekonomies-gemotiveerde verskoning wees ter wille van besigheid. Hulle kan verskoning vra soveel hulle wil, nie ek of enige van my uitgebreide familie van 27 mense, sal ooit weer ons voete in ‘n Spur sit nie.
En nou gaan ek iets sê wat my ma, my Kerk en my Bybel my leer om NIE te doen nie, maar ek bly maar net ‘n mens – ek hoop Spur gaan onder. Ek hóóp hulle sien hulle agterwêreld. Want hulle verdien nie om voorspoedig te wees met so verwronge sin vir regverdigheid nie.

DD ·

Dankie Dirk vir jou uitmuntende skrywe. Ek wens ons Afrikaners wil al die BBEEE maarskappye so boikot. Ek probeer, maar ongelukkig weet ek nie van almal nie.

Annie Erasmus ·

Ek stem. Wel gegaan in baie duidelik woorde ! Niemand kon dit suiwerder gestel het nie!

Cherokee ·

Stem saam, Stefie. Suiwerder klink effe meer onsuiwer as ‘meer suiwer’ wat suiwerder klink.

Abrie ·

Ek wens ons kan al die verskonings, ope briewe en negatiwiteit los en eerder konsentreer op die twee gesinne wat elke dag deur hel moet gaan om kop bo water te hou. Dirk julle is helpende hand en ek glo dat tussen julle en Spur met al jul hulpbronne kan julle hierdie gesinne help en bystaan. Die arme kinders verstaan dit nie maar betaal tog ‘n prys. Reik asb ‘n helpende hand uit na die gesinne

Zack ·

Die Spur skandaal het my oe laat oopgaan. Ek ondersteun GEEN besigheid of persone wat net swart werkers in hul diens het en weier om wit werkers aan te stel nie. Selfs die kar oppassers kry geen geld van my as ek nie ‘n wit kar oppasser sien nie. So gaan die ook by Ocean basket en ander resturante. Geen tips vir enige waiters as daar nie ‘n wit gesig in hulle werkers mag is nie. Ek sal nog steeds tip as die waiter meer as die normaal doen. Om my kos te bedien is deel van die proses en verdien geen tip nie. Ad jy iets meer of beter doen dan kan jy een verdien. Julle sal verbaas wees hoeveel geld spaar ek. Ek is alreeds besig om my volgende vakansie te beplan.

Bertie ·

Pragtig Herman!! ek en my gesin loop wye draaie om Spur – niemand kon dit beter gestel het as jy nie. Amen!

Bertie ·

Jammer Dirk – ek het jou van gebruik èn hom nog verkeerd gespel ook.

Liza ·

Yebo yes…….yebo yes vir Dirk……….dankie tog ek eet ook nie daardie spur kos nie, dis te duur en die diens is power……en dis onpersoonlik…..en te ryk…………..
Na daardie onderonsie het ek ook net beskuit dis tyd laat ons wittes ook bietjie die plek boikot……so teleurgestel in die spur of spervuur …… hehehehe

Pietman ·

Spur se boerewors is net vrot sleg. Nou ja almal weet al watter mense vermy moet word ( eetplekke, enige plekke) , want sodra daar konfrontasie is dan is die blanke man outomaties die skuldige.

Kollie ·

Is daar videomateriaal dat die seun die dogter geslaan het of is dit hoorsê?

madels ·

Daar is BAIE restaurante wat wonderlik is vir toerisme. Net om n paar te noem, Karoo Cafe – Lynnwood weg, Papa’s Real Food restaurant in Jan Shoba(old Dunacan str), Hatfield.., Baobab in Menlyn Mall, Oxwagon Lodge-Hartebeespoort Dam area, hierdie is n fantastiese plek as mense n bietjie Afrikaner kultuur wil ervaar en smaak. Die kos is uitstekend van al hierdie restaurante en daar is BAIE om te sien in die Hartebeespoort Dam area wat baie “Afrikaner kultuur” uitbeeld. Ons het NIE SPUR nodig nie.

André ·

Dit is interessant dat die “boikot” die gevolg het dat die bure wat saam met Spur restaurante persele deel ook die skerp kant van dit moet voel. Ek stop altyd by die Alzu Petroport op die N4 na Nelspruit om ontbyt te eet by Spur en dan maak ek sommer die kar vol brandstof ook by die Caltex garage, maar gister het ek maar verby gehou tot by die Bethal afrit en by die Wimpy gaan eet en tenk volmaak. So ja, jammer Caltex, Spur kos jull ook seker al ‘n hele paar rand ek dink hulle noem dit in Engels ” collateral damage”….

Jakobus ·

Wat my verstand tebowe gaan, is mense wat op webwerwe boer en bedrywig is met afbrekende of kommetare waarin hulle steke inkry na ander mense, daardie mense se kommentaar probeer verkleineer. Plaas dat hulle daar bly waar hulle hoort, op die komposhoop. Hulle dra niks by tot enige geprek nie, maar is kleingeestig en het niks anders en positiefs na die tafel te bring nie.

Francie ·

Interessant dat Spur nou huil, ek dink die wegbly was aanvanklik net’n spontane reaksie wat gesneeubal het.
Dis hoog tyd dat ons begin saamstaan, en hier is dit die beginsel wat tel.
Ek het nie gehoor van konsessiehouers wat by Spur gaan kla het na die petalje nie?

Frans Roberts ·

Net nog n klein gebeurte in die algemene verkleinering van blankes.Mense is keelvol van dinge soos geen werk vir blankes en BEE wat eintlik WEE(white economic exploitation is).Hierdie is maar n klein insident wat die oorheersende gevoel van diskriminasie teen blankes demonstreer.

Prioriteite ·

Waar is ons Afrikaners se prioriteite? Die meningstuk oor godsdiens in skole het ongeveer 15% van die kommentaar wat hierdie skrywe geniet. Want al wat vir ons Afrikaners tel is mos die eie ek. Tipiese slagoffer mentaliteit. Dis mos hoe Afrikaners saamstaan…. deur mede Afrikaners (konsessie houers) skade aan te doen vir die” Saak”. Ons hou mos van iets waaroor ons kan praat…. wil self nie ge-ettiketeer word nie maar hou self daarvan om n etikel om “Spur” te hang. Onskuldige mense, werkers en eienaars, word nou vir jou “Spur”. Mense wat betrokke is in jou gemeenskap. Mense wat betrokke is in jou skole. Wat saam met jou in kerk sit. Wat snags strate patrolleer vir jou veiligheid. Wat 2 uur in die nag opstaan omdat jou honde blaf en jy te bang is om self te gaan kyk. Julle sit agter n telefoon of rekenaarskerm en kritiseer maar sien jy jou plaaslike spur eienaar ae gesig voor jou as jy die dinge kwytraak? Die man of vrou met wie jy altyd so lekker gesels het? Hy of sy is nou jou vyand…. of is dit nie so nie?
Mense as julle wil opstaan vir iets doen dit vir iets wat saak maak. Staan saam vir iets met ewigheidswaarde eerder as om julle woede vir enkelinge se uitlatings op onskuldige mense te projekteer. Baie van die opmerkings oor higiëne is vals nuus.

FM ·

Ou Mark jy sal nou maar die spur( of die spit) moet afbyt. Kruip, ter wille van politieke korrektheid, gaan jou nog duur te staan kom. Hulle gaan jou nog soos n sleg h…….. wegjaag. Kruip sal nie help nie, ou pellie.

Herman ·

Spur. Ek sal julle vergewe as julle jammer vra EN daai vrou ook verban. Ek parkeer nie eers my kar ooit weer voor julle restaurante nie!

Ashley ·

Jammer sal my nie weer op die SPUR bankie kry nie… Eet veel eerder my vinngers af by die huis… EK SPAAR ONGELOOFLIK BAIE! Nou gaan ek elke jaar eerder see toe!

Hendrik ·

Ek is so bly ek het myself by Spur verban! Dit is die wonderlikste gevoel! Dankie aan almal vir die saamstaan. Dankie Dirk jy het dit presies reg beskryf. Spur se bestuur het hulself lelik in die voet geskiet. Dit kom nou van kruip en om die rug op die ware en jare lange kliente te draai
Sien my nie weer nie. Ook nie my gesin of vriende nie.Julle kan maar deure toemaak en n foto van my teen al julle takke se deure plak want ek sal trots daarop wees.

DS ·

Kyk net na die hoeveelheid kommentare en jy het jou antwoord Spur…. Dankie vir mense soos jy Dirk en instansies soos Solidariteit, Afriforum ens sonder julle wat vir ons baklei dink ek ons was al lankal soos ‘n sekere buurland. Sal maar nie die naam noem nie net nou word ek die lughawe belet ?

Hermann visser ·

Ek en my vrou, gereelde spur kliente, was in namibie afgelope paar weke en nou net dirk herman se artikel/ brief gelees.
Ek is n verligte suid afrikaner maar is in wese n wit suid afrikaner.
Vanaf onmiddelike effek sal ek gladnie meer my voete in n spur( silverstar/ cradlestone/ ruimsig spur/ krugersdorp keywest en ander spurs in my omgewing en op pad wildtuin toe ) sit nie en ook al my vriende beinvloed om ook nie meer spurs te besoek nie. Sal maar teruggaan na wimpy ontbyte en na ander eetplekke wat my as wit suid afrikaner erken en nie op my wit vriende probeer teer en slegmaak nie.
Vir ewig en altyd klaar wet julle en sooo bly jul het nie spur agentskappe in die Krugerwildtuin nie — cattlebaron en mugg and bean, hier kom ons nou as jul kliente!!!!
Hermann en millie

ES ·

Hierdie is nie net `n “Spur” probleem nie. Kyk na ons vryheid om te mag werk. Vryheid om te mag praat. Vryheid om mens te wees. Die Afrikaner se geld vir belasting is goed genoed, maar sy velkleur is `n probleem. Ek is 39 en het nog nooit mense as “kleur” gesien nie. My ouers het my nie so groot gemaak nie. Maar dit word teen my voorkom gegooi. Hoekom. Ek dog daar was so iets soos apparheid en dat dit na Madiba vrygelaat is, nie meer bestaan nie. Dit is wat buite SA verkondig word…. WAT N LEUEN.

Esther ·

Dit is water onder die brug vir SPUR; ‘n verskoning nou gaan alles behalwe opreg wees, bloot net vir hul eie gewin.
Ontdek die ander restaurante nou. Spur sien ons nie weer nie, hulle het ons in die rug gesteek.

SJ ·

Sien Spur is een van die televisieborge van Juniemaand se toer van Britse en Ierse Leeus na NZ.Hier praat ons nie van kleingeld nie.Dit gaan ook nog uit die konsessiehouers se sakke kom.Nog groter druk op reeds sukkelende restaurante

Fran ·

Ek stem 200% saam met Dirk. Ons is moeg dat kant gekies word op kleur. Ek dink definitief wit en bruin mense boikot beide die spur.

Ek kan nie help om jammer te wees vir ons broers wat eienaars van spurs is wat gestraf word vir uitsprake wat namens hulle gemaak is. Hulle sit nou in die middel van een groooot gemors

Leendert ·

SJ, kyk as die Spur nou al een van die TV borge is. Maak in alle geval nie saak nie, ek kyk al die afgelope twee jaar nie meer Bok rugby nie. Ons weet mos nou dat Springbok rugby sal nooit weer wees wat dit was nie, die tyd is nou reg dat hulle die naam ook na Proteas toe verander, of wat ook al, wie gee om.

Magda ·

Mooi gese dankie Dirk dat iemand darem vir ons opstaan – en wat Checkers en Sjhprite betref – NEE dankie

Maggie Pringle ·

Ek lief Amanda se ware woorde. “Eendrag maak Mag”
Ons kan saam staan.Verseker is dit ‘n bewys.
Dankie Dirk. Jy kan al die dinge wat ons dink en weet so mooi op skrif sit.

GES ·

Spur het die saak pateties hanteer. Mense wat my wil etiketteer moet die versekering hê dat hulle nie meer op my ondersteuning kan staat maak nie. Spur verdien die pakslae.

Dellaq ·

Net vir interessantheids onthalwe. Daar is ‘n berig op NEWS24 “spur boycott affecting a minority of our branches-CEO” en verwys ook na bg berig deur Dirk. Hulle staan by wat hulle se en hoe hulle die saak hanteer het en gooi “ons” nog steeds die middelvinger….Kan blykbaar sonder ons ondersteuning klaarkom want ons maak nie juis ‘n duik in hulle “bottom-line” nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.