Ek kies die groter vrees

ʼn  Brief aan my mede-Suid-Afrikaners – almal van hulle

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Ons het almal ons vrese en die vrees vir persoonlike benadeling is seker die grootste vrees vir die meeste van ons – beslis vir my. My grootste vrees is om terselfdertyd gekonfronteer te word deur my twee oorheersende vrese: die vrees vir persoonlike benadeling en die vrees vir benadeling van my geliefdes. My grootste vrees is nie vir moontlike besering as sulks nie, maar die vrees om te moet kies tussen hierdie twee vrese. Indien dit ooit gebeur, sal ek meer vrees vir my eie lewe of sal ek meer vrees vir die lewens van my geliefdes?

Ek het uitgevind.

Minder as twee weke gelede was ek besig om in my studeerkamer by die huis te werk. My vrou was besig om ons tweeling van twee te bad en ons oudste dogter was op pad huis toe van universiteit af. Dit was omtrent half-agt op ‘n koue wintersaand.

My dogter het in die deur van my studeerkamer verskyn, sonder dat ek veel notisie geneem het en anders as gewoonlik wanneer sy normaalweg ‘hallo pappa’ sê, het sy net gesê ’pappa’. Haar vreemde stemtoon het my laat opkyk. Langs haar was ʼn jong man – jonk, haar ouderdom – wat subtiel vir my die rewolwer in sy hand gewys het. Daar was drie. Hulle het in die motorhuis vir haar gewag.

My dogter het na my gekyk vir leiding – my pragtige, slim dogtertjie – ek het haar gesien. En vir ʼn oomblik het ek ook die toekoms van hierdie land langs haar sien staan; jonk, arm, ongeskoold, ongeskik vir werk en gewelddadig; die wrakhout en uitskot van ʼn gemeenskap wat gefaal het.

Ons beproewing het begin.

Aanvanklik het nie baie gebeur nie. Ons is aangesê om stil te bly, ons is vasgebind, ons monde is toegebind, ons is geblinddoek; ons was goeie gyselaars. Nadat ons vasgemaak is, het hulle beurte gemaak om op hul tyd ons huis deur te soek en die maklike goed bymekaar te maak: selfone, skootrekenaars – daardie soort goed.  Nou en dan sou hulle vra vir ‘’the guns’’, ‘’the money’’ en ‘’the safe’’. Mettertyd was hierdie vrae meer dikwels en intens. ‘’We will ask the babies where the money is!’’Dit sou ʼn lang nag word …

Die krag het afgegaan, hulle laat skrik. Die vraestellery het dringender geword, ‘’where’s the money?’’; die dreigemente duideliker, die rondstampery gewelddadiger. My tyd het gekom, ek moes my vrees kies.

Ek het die een met die mes oortuig dat ek geld in my motor het, as hy my sou toelaat om hom te wys. Uiteindelik het hy my buitentoe geneem. Hy het gesukkel om die motorhuisdeur oop te maak. Ek het die babas hoor huil.

Ek het daarin geslaag om my hande los te kry. Ek het daar gestaan, met my hande los, maar agter my rug. My tyd was nou; kies jou vrees nou op hierdie oomblik en lewe dan daarmee saam! Die regte oomblik kom. Ek val hom aan, ek slaan hom, ek hou hom vas terwyl hy probeer wegkom, ek baklei vir wat myne is – ek kies die groter vrees.

Hy kreun terwyl hy probeer om uit my greep te kom, kap my arm, sny deur spiere, senings en veroorsaak ‘n breë wond op my kop. Hy kom los uit my greep, maar nie uit sy vrees nie. Hy hardloop skreeuend weg van ʼn gewonde man; van nou af sal ek sy nemesis wees. Maar ek het die groter vrees gekies en oorwin.

Ek deel hierdie nie omdat ek ʼn held is nie. ʼn Held sou vroeër opgetree het, suksesvoller, presieser, akkurater. Ek deel hierdie omdat ek ʼn keuse gemaak het en ek weet dat ons ʼn keuse moet maak. Die tyd om ons  vrees te kies is nou in belang van ons land. Ek daag jou uit om jou vrees te kies.

Baie vrese het daardie aand vir my voorgelê. Sommige vrese het ek gekies, ander is vir my gekies. Ek het gehardloop om hulp te soek. My bure het dadelik op my alarm gereageer. Ek het teruggehardloop, weer oor die muur, weer oor die brug, by die stoeptrappies op, net om by ons voordeur ineen te stort toe ek my gesin sien; ek is gered, maar my liggaam was besig om te veel bloed te verloor!

My dogter was die held, omdat sy my betyds by die hospitaal gekry het in haar motor. Ons tuinier, ook ʼn held, het beskerm en gehelp waar hy kon. Ons bure het my gesin ingeneem. Ek is hospitaal toe geneem terwyl ek in my eie bloed lê en elke nou en dan my bewussyn verloor. Die hospitaalpersoneel was absoluut wonderlik. Die noodprosedure het soos ʼn droom gewerk. Goed-geoliede ratte, bekwame hande, goedhartige oë.

Ek het gedink, ‘’waarom sou enige regering selfs daaraan dink om dit te verander na die manier waarop die staat mediese ondersteuning verskaf?’’. ‘’Waarom verander hulle nie liewer die staat se mediese stelsel na wat ek ondervind het nie?” Ek weet ek wil nie deel wees van die nasionale gesondheidsplan nie. Ek weet dit gaan net weer nog ʼn ramp wees! Net soos Eskom, SAA of PetroSA en soveel meer.

Nog vrees en pyn; ʼn kateter, ʼn vrou – toevallig ʼn swart vrou – wat my saggies was terwyl ek daar lê in my nederige naaktheid. Maar ek is gered en my gesin ook. ʼn Paar dae in intensiewe sorg, ʼn paar uur in die teater, baie eenhede bloed en absolute oorweldigende ondersteuning van almal in Suid-Afrika, voordat ek huis toe is. Baie dankie! Thank you! Nkosi!

Hulle sê rehabilitasie sal tot ʼn jaar duur.

Dag twee by die huis en die proses om ons lewens weer aanmekaar te sit, begin. Selfone; ‘Meneer, jy moet self inkom, dis die wet, dis vir jou eie beskerming’! Ure later, stapels papiervorms en die selfoonmaatskappy wat deur die regering gelisensieer is, kan ons nie in verbinding met die buitewêreld kry nie. Nog vorms,’vir jou beskerming, meneer’; met al hierdie wette en regulasies wat veronderstel is om ons te beskerm, waarom is dit so moeilik om ons gesteelde fone terug te kry?

Ek sien op daarna om die krakende burokrasie aan te pak, om nuwe bestuurderslisensies te kry. Ek weet van onbekwaamheid, die onsubtiele skimpe vir omkoopgeld, die arrogantheid  van die ‘’staatsdiens’’.

Al my vriende vra, ‘’sal jy weggaan?’’ Eers het ek nie geweet wat om te doen nie, maar nou weet ek. Ek sal nie gaan nie! Ek sal die groter vrees kies. Daardie aand het ek die bose gesien; maar ek het net soveel gesien wat goed is in hierdie land; my bure, my vriende, sakevennote, die hospitaal, almal –  almal! – was net wonderlik; hoe kan ek my mense los, my mense vir wie ek moet bedank vir my lewe? As ons die goeie teen die slegte opweeg, sal die goeie veelvuldig meer wees as die bose; dit maak dit makliker wanneer jy jou vrees kies.

As ekonoom weet ek wat die syfers vir ons sê, maar ek kan dit letterlik ook in my gebeente voel. Ek kan sien hoe hierdie land stadig versleg, hoe ons instellings onteer word met net ʼn paar wat staande bly, hoe ons staatsondernemings verwoes word deur onbekwaamheid, met ‘n enorme uitwerking op die ekonomie. Ek kan sien hoe korrupsie, nepotisme, baantjies-vir-boeties, onbekwaamheid en swak leierskap hierdie land lei na ekonomiese stagnasie, werkloosheid, armoede, chaos en die uiteindelike onvermydelike gevolg: die sinkput van ʼn gefaalde staat waaruit selfs die kankerselle wat dit veroorsaak het, nie kan ontsnap nie.

Daardie aand het ek aanvaar dat ek beroof, geslaan, gesny en selfs meer aangedoen word, net soos ek aanvaar dat ons land geslaan en beroof word. Maar dan, daardie aand, het ek ‘n drumpel bereik, ‘n afsnypunt, waar ek geweier het om langer so behandel te word. Ek glo my optrede het die toekoms van my gesin tot hul voordeel verbeter. Ons kan besluit om dieselfde vir die toekoms van ons land te doen. Ek daag jou uit!

Asseblief: Ek staan nie geweld voor nie. Ek weet nie eens of dit die regte ding was om die indringer aan te val nie. Maar as ek in staat was om my grootste vrees te kies, weet ek dat ek die toekoms vir my gesin en my land kan verander; maar ons moet dit saam doen!

Ek is nie meer bang nie, ek het my landgenote in aksie gesien. Ek het hul bekwaamheid gesien, hul goedhartigheid en hul sorg. Ek het hul doeltreffendheid, hul uitsette, hul gees gesien en ervaar. Ek weet ek kan op hulle vertrou.

Dit is wat moet gebeur: vergeet van die NOP, NDR, IBAP en ander afkortings wat in elk geval nie ingestel word nie. Net drie stappe is nodig.

  • Begin ‘n proses waarin alle staatsamptenare, (ondernemings in staatsbesit ingesluit) weer vir hul werk moet aansoek doen. En voortaan word mense net op meriete aangestel en nie op grond van kontakte, gunste, sosiale vereistes nie; net meriete.
  • Vestig dadelik ‘n wêreldklas-stelsel vir vaardigheidsontwikkeling (onderwys) om ‘n groeiende en florerende ekonomie te ondersteun.
  • Verwyder alle hindernisse vir indiensneming. Moenie “werk skep” nie, maar hou op om mense wat gewillig is om te werk, te keer om hul eie werk te skep.

Moenie my vertel dit is nie moontlik nie, dit is al voorheen gedoen. Die heel eerste stap sal egter vir ons almal wees om ons politieke leiers in hul ampte verantwoordelik te hou om te doen wat nodig is. Politieke leiers wat hul eie grootste vrees sal kies.

Kom ons staan op. Kom ons loop saam. Kom ons mobiliseer en weier om misdade te pleeg, om geïntimideer te word, om om te koop, om korrupte leiers te ondersteun. Kom ons staan daardie kankeragtige selle teen!

Kom ons kies die groter vrees omdat ons Suid-Afrikaners is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dawie Roodt

Dawie Roodt is direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en lewer gereeld ekonomiese kommentaar.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

208 Kommentare

Leonie Gerber Burmeister ·

Hierdie is beter as die beste motivering ooit aan my as ‘n SuidAfrikaner en soos wat my trane vir my mexe SuidAfrikaners op hierdie oomblik van my wange stroom…so raak my eie vrese leeg en my hoop gevul. Dankie so baie dat dit met ons almal gedeel word.

Lisa ·

More Dawie, baie dankie vir jou verhaal, vir dapper woorde en vir bemoediging. As daar net meer van jou soort was, ja…
Ons is baie dankbaar dat julle darem terug is bymekaar, ons hoop regtig dat julle emosionele en fisiese herstel beleef wat net God kan gee. Baie sterkte vir jou en jou familie.

Gert Visser ·

Dankie Dawie en sterkte vir julle almal..
Ek stem saam. Tyd vir opstaan en saam werk is nou. Voor dit te laat is. Dit kan nie so aangaan nie. Hierdie wonderlike land kan gered word..moet gered word!!! Vir almal wat in hom woon

Helena Labuschagne ·

Dawie, dit wat julle deurgemaak het is nie lekker nie, maar ek glo God gebruik julle om aan ons die nodige leidng te gee. Ons kan net bid om krag en leiding, dit gaan nie maklik wees nie, maar met die hulp van ons Skepper is alles moontlik! Sterkte en voorspoed

Annette Barnard ·

Ons is nie meer die gelowige volk wat ons voorvaders was nie; ons moet terugkom na Sy wee en Hy sal vir ons ‘n Gideon stuur as ons Hom dan aanroep in ons nood

Hoffie Hofmeyr ·

Dawie, geweldige groot waardering vir hierdie aangrypende verhaal. Ons is saam met julle oneindig dankbaar dat julle gespaar gebly het. Ook ontsettend dankie vir hierdie merkwaardige keuse wat jy uitoefen. Ek as teoloog wat ook nie in die ou SA op verskillende maniere stilgebly het nie, sal nou ook des te meer my stem verhef. As goed-ingeligte mense is ons siek en sat vir hierdie toenemende gemors. Was juis gister op ‘n internasionale SAA-vlug: die besparings op ons as passasiers tsv absurde en monopolistiese hoe pryse was skokkend. Voortaan moet ons almal as beskaafde mense, ongeag ras, kleur of godsdiens, nog duideliker opstaan en nog skerper uitbasuin: Hier staan ons, ons kan nie anders, ons sal die vernietiging deur ‘n hopeloos onbevoegde en onbeholpe regering nie veel langer duld nie! Ons gaan eeenvoudig almal saamstaan en ek dink ons as meer bevoorregtes moet veral meer uitreik na al die welmenende minder bevoorregte swart en wit landgenote wat ook by die stembus soos ook elders misbruik en uitgebuit word!

Riaan ·

Saamstaan is wat ons nodig het.
Gebrek aan opregte leierskap, etiek en moreel word veruil vir guurigheid en mags honge.
Dankie Dawie vir die ‘vrees’ waarop jy reageer het, en nie net aanvaar as..’dit is maar die norm’

casper Rossouw ·

Stem saam Dawie. Dit sou ook my twee vrese wees waarmee ek worstel.
Saam kan ons n verskil maak

Hennie Breed ·

Daar is geen hoop vir hierdie nasie nie Lees wat pastor Manning se “They cannot run a nation”Ons soek n goeie leier Nie van hierdie nasie nie Wat van Steve die enigste man wat nie bang is nie Hy is ons Donald Trump. As julle van iemand anders weet laat my weet in die tussentyd laat ona iemand ondersteun wat nie banggat is om op te staan ,Nee maar ons blanke bevolking het te veel bates .N huis wat ek mag verloor.Wag tot ons alles verloor het wat vinnig besig is om te gebeur Kom ons ondersteun iemand.

Jannie Wessels ·

Dawie is reg; hy is nie ‘n held nie – hy en sy gesin kon eweneens ‘n grusame stukkie statistieke gewees het. Maar, aan die ander kant is hy ‘n held, want hy het sy vrees gekies en besluit om met sy keuse te leef, te werk, ‘n toekoms te bou; dis baie dapper! Die groot hartseer is dat die amptelike regering nie hierdie passie vir Suid Afrika het nie – hulle enigste passie selfverryking, selfgelding, eiegewin, en gewaande status. Hulle (die meeste besluitnemers en sogenaamde “leiers”) het baie min passie en meelewing met daardie goeie mense van Suid Afrika wat Dawie eerstehands ervaar het – hierdie goeie mense is miljoene, maar hulle is in die steek gelaat deur hulle leiers, hulle is misbruik om te stem, hulle is uitgebuit en gereduseer tot stemslawe: “Stem en hou jou bek!” Die tragedie is in sy vyfde bedryf en die klimaks moet nog gebeur – dit sal eers veel slegter gaan voordat dit sal begin beter gaan. Maar… Suid Afrika sal sy krag en nasie-eenheid ontdek wanneer hulle sterk is, nie wanneer hulle ‘n wereldbeker wen nie… Hulle sal weer wereldbekers wen, maar dan omdat hulle sterk is – nie andersom nie. Hulle sal opstaan teen swak leiers, hulle sal wegdoen met middelmatigheid en prestasielose doelwitte, en hulle sal opstaan teen mense wat aan hulle ‘n betekenislose toekoms probeer verkoop…
Dankie Dawie – ek hoop jou herstel is vinniger en beter as wat jy verwag! Sterkte!

AnT ·

“In a perfect world” sou jou voorstelle kon werk. Jy was baie gelukkig in die sin dat jul aanvallers onervare was – en ek sê dit want “you live to tell the tale” en jy was gelukkig om goeie mediese personeel aan diens te gekry het, dit kon só maklik gebeur het dat hulle die teenoorgestelde was as wat jy beleef het.
Ek is dankbaar saam jou dat jou vrou & kinders ongedeërd is. Maar ek wonder tog, hoe sou jy gevoel het en wat sou jy gesê het as jou dogter & vrou verkrag was of jou tweeling gemartel was…

Pone ·

Dis presies wat ek gedink het toe ek dit lees.Mense vergeet gou …TIA, of te wel,This Is Africa.Dinge gaan nie verander nie,solank daar geskep kan word,sal daar geskep word!

HB ·

Sukkel jy dan rustig voort. Moenie die bul by die horings pak nie. Braai, drink, vreet, werk en gesels jou ‘toxic waste’ saammet jou vriende. Moet om hemelsnaam netnie iets daaraan doen nie! Praat net daaroor.
Nee, as ons saamstaan en die dinge aanpak en die politici aanvat, sal ons kan vorentoe gaan. Verder kan ons die staatsamptenare (civil servants) kan aanvat oor ‘service to civil society’ en nie die koning se gesante soos in die middeleeue nie. As elkeen net die verskil kan maak in sy sfeer, kan ons in klein treetjies ons land en aarde red.
Dis nie net ‘n droom vir my nie. Ek doen dit. Uit ‘n plek van armoede, nie met baie geld nie.

Henk ·

Man die ou is deur hel en getraumatiseer, nou wil jy beterweterig vir hom n les leer? Wees bietjie meer taktvol en verstaan die nag gaan nog lank by hom spook, hulle weet BAIE beter as JY wat kon gebeur het, hy was daardeur. Mens maak op daai oomblik die keuses, en sal jouself seker altyd secondguess. Ek belowe ek sal eerder fight tot die dood as om die gemors die kans te gee om in ELK GEVAL na hulle alles het, verdere wrede dinge te doen. Sterkte Dawie en gesin.

Hennie Louw ·

Ou Henk, was jy al deur so iets? Ek was. Jy is baie braaf in jou kommentaar. As jy in daardie situasie is, tree ander dinamika na vore. ‘Fight’ soos jy dit stel is die laaste ding waaraan jy dink. Jy verkeer so in skok dat jy nie daartoe in staat is nie. Ek stem ook saam met Ant. Dawie het ons ‘n week voor die voorval in George toegespreek. Baie entosiasties in positief oor ons land. Nou dink hy effens anders. Baie van ons politieke korrekte verslaggewers kort miskien so ‘n oog oopmaker om te besin.

Marietta ·

Miskien moet ons meer deernis met mekaar hê. Mekaar bystaan. Wanneer so iets gebeur met jou buurman moet ons as gemeenskap saam staan in plaas daarvan om jou na jou huis te haas en die mure al hoër te bou. Ons moenie dat iemand in ons gemeenskap alleen die paadjie moet loop nie. Wanneer die boere gaan bid moet ons almal daar wees. Wanneer ‘n gesin trauma beleef moet bure help waar hul kan. Kom ons staan weer saam en dra mekaar. In so ‘n land wil ek woon.

Steve Bunton ·

Ek stem heeltemal saam met Ant. Ons lewe nie in ‘n “perfect world” nie!Die land word tans regeer deur ‘n GROOT meerderheid bestaande uit kommuniste (antichris) korrupte, selfverreikende,arrogante leiers wat slegs hulle eie belange nastreef. Rassisme word openlik en deeglik bedyf ten koste van die minderhede in hierdie land. Zimbawe is ons voorland en mag die Here ons behoed!

Krüger ·

Soos meeste van ons wil ek ook SA die voordeel bo die twyfel gee en is selfs bereid om sekere slegte waarhede mis te kyk in ruil vir hoop, maar jy is reg, Ant, die uitkoms van so n geval maak n groot verskil. Ek en my familie was nie so gelukkig nie en n geliefde is wreed dood. Dit verander alles, jou gevoel vir ons mooi land ook. Die donker skuil nou oorals. Ja, ek het ook my grootste vrees gekies, my gesin se veiligheid en ek het alles gedoen om dit te verseker… in n ander land.

Yolande ·

Kruger, ek kon dit nie beter gese het nie. Ek vind Dawie se artikel helemaal te vol “ek, ek, ek” maar niks oor “ons” nie. Ek twyfel of Dawie hier ook die gevoelens van sy vrou en dogter uitspreek. Ek ken daardie kwesbaarheid as vrou – die wete dat ek nie n sterk jong man van my af kan beklei nie, die wete dat ek enige oomblik gekaap kan word, die wete dat ek nie inbrekers kan stop nie (anders as om n panic-button te druk en dalk uit my eie huis te vlug nie!) en daar is fisies niks wat ek kan doen om dit te keer nie, maak nie saak hoe optimisties en vol hoop ek is vir SA nie. Dawie, moet asb nie jou eie belange, optimisme en sterk wil eerste stel nie – daar is n groter prentjie hier in terme van jou gesin en JULLE toekoms wat baie meer belangrik is.

Talita ·

Mense wat dink daar is nog hoop in SA lewe in ‘n droom. Julle bly daar totdat die ergste gebeur voor julle iets doen. Ons was nog nie een dag spyt dat ons gevlug het nie.

Willie Dyason ·

God is inbeheer en so word regerings daargestel. Leef jou Christenskap en gooi hulle met die Bybel. Geweld is van die duiwel

Johan 2 ·

Hi Willie, as geweld van die duiwel is, moes David dan nie teen sy veihande geveg het nie?

Frans Rabie ·

Amos 2:12 Gij gaaft de nazireeërs wij te drinken, en geboodt de profeten: Gij moogt niet profeteren! Amos 3:15 De ivoren huizen zullen te gronde gaan. Die meeste van ons het al almal ons share gehad van misdaad en dit neem net toe by die dag. Natuurlik moet ons baklei. Natuurlik moet ons die ding slim hanteer. Ja, soos die boere vandag langs die strate gebid het vir redding! O’ch was ek maar daar! Ons redding is die BIJBEL van Jan Van Riebeeck. Dit is eintlik ons taal. Dit is eintlik die Ware Woord Des Gods. Dit is die enigste en vinnigste manier hoe hierdie ou volkie weer sal kan saam staan. Werk dit maar self uit: 1637 -1652 – 1838 – 1899 – 1902 – 1933 -1966… Lees dit ook maar self, as jy nog een het…

Maryke van Rensburg ·

Wat ‘n wonderlike stuk. Kies jou grootste vrees. Hierdie woorde het my geweldig aangeraak “En vir ‘n oomblik het ek die toekoms van ons land langs haar sien staan, jonk, arm, ongeskoold, ongeskik vir werk en gewelddadig; die wrakhout en uitskot van ‘n gemeenskap wat gefaal het.” Juis daarom het ek betrokke geraak by South African Entrepreneurs (‘n NWO) http://www.saentrepreneurs.info … omdat daar so baie is om te doen in die land om ons land se jongmense te help. Ek wens elke dag dat ons die ‘Groot Manne in besigheid’ soos jy – Dawie Roodt, by ons kan betrokke kry, vir raad en leiding sodat ons hierdie probleem kan takel en oorwin. Baie sterkte met jou herstelpad en ook die van jou gesin.

Conran ·

Ongelukkig stem ek heelhartig saam met jou Estaden. Ons land word versmoor deur ‘n onomkeerbare golf van onkunde en permissiwiteit in alle dimensies. Geestelik, emosioneel en fisies. Die sleutel was onderwys en dit is misbruik om die massas “ignorant” te hou t.w.v. politieke mag. My raad… leer “branderplank ry” en sorg dat jy voor die donker golf van verval bly sover moontlik. Vergeet daarvan om dit te probeer stuit. Waarmee ek saamstem met Dawie is bou ‘n ondersteuningsnetwerk. Ons hemelse Vader is ons enigste hoop en wonderwerke gebeur vandag nog.

Pieter Brits ·

Net ñ punt 4 ook byvoeg. Skep nog ñ wet dat slegs mense vanaf sekere kwalifikasie stemreg mag hê.

Hein ·

‘n Beter stelsel sou wees dat slegs belasting betalers mog stem.

Jaco ·

Hoeveel van DIE wat vir die huidige regering gestem het betaal belasting? Hoeveel van hulle kan lees en skryf? Die regering weet dat dit maklik is om ongeskoolde mense te verlei met lee beloftes en spookstories. Vra bietjie vir ‘n ANC ondersteuner hoekom hy vir hulle gestem het. Ek woon in die buiteland en die beeld van ons land en regering in die buiteland is een van ‘n “banana republic”. Ek voel soms skaam om te sê ek is ‘n suid-afrikaner, as gevolg van die stigma wat daarmee geasosieer word. Ek droom om eendag terugtekeer na my tuisland, maar elke keer as ek kom kuier sien el self hoe dinge gaan en dink dan weer. Of wanneer ek so iets lees. Elke keer as ek vir ZUMA hoor praat van Jan van Riebeeck of as my vriende vir my sê ek moet eerder wegbly voel ek hartseer.

Riaan Smit ·

Ons voorsate het hard gewerk en baklei vir die toekoms wat hulle vir ons wou gee in hierdie pragtige land van ons. Wat gee ons die reg om “skaam te wees”? Ja, dit is verkieslik om in vrede te lewe maar om weg te hardloop en skaam te wees is nie n oplossing vir die probleme in die wereld nie.

Marius ·

Praat praat praat warm lug warm lug oulike aanhaalings…..en daar bly dit. Volgende week praat nog ‘n kenner en die week daarna nog een en so gaan dit aan.

Therese van Schalkwyk ·

Daar mag dalk ook ‘n boek volg binnekort: “Kies die Groter Vrees” deur Dawie Roodt.

Die situasie in SA is wat my betref so gevaarlik en benard dat elkeen vir hom/haarself behoort te besluit wat om te doen. Jonger mense as Dawie het meer geleenthede en tyd tot hul beskikking om ‘n nuwe, veiliger lewe vir hulle, maar veral hul kinders êrens anders te begin. Daar is die uitdrukking “van die wal in die sloot help”; ‘n mens wil nie soiets op jou gewete hê nie.

Maggie ·

dankie Dawie, dis n goeie stuk, maar dis net woorde, wie en wat gaan jy mobiliseer om jou te help? Besighede, Banke, Assuransie ens moet die styd meedoen, waar is hulle???? Hierdie Regering het nie net n politiese teenstand nodig nie, want dis politiek, alle Sake wat nie teer op die ANC nie staan saam, ons moet ons land RED. Dawie jy kan dit doen, jy het die kontakte en die STEM asseblief???

James Martin ·

Daar is geen beter tyd as nou,of eerder amper te laat om hierdie houding in te neem nie. Die feit is dat dit moet gebeur. Die hartseer is dat die meerderheid wat die regering verkies het,sal ook hierdie ideologie moet nastreef. Die land is nou al soveel keer verkrag dat herstel n lang en teer prose gaan wees wat net met Dawie se houding en almal se samewerking kan realiseer. Weereens wel gedaan Dawie,n ware patriot en burger van die land.

Carl von Graszouw ·

Dankie Dawie. Die grootste vrees vir baie Suid Afrikaners is die onbekendheid en onsekere toekoms. Mense soos ons met kinders op skool en n inkomste wat bepaal word deur die vlak van die ekonomie. Ons arbei en beplan vir ons kinders se toekoms terwyl ons eie toekoms al klaar in gedrang is. Dit is die daaglikse realteit wat n enorme effek het op elke ouer en bydraende belastingbetaler tot ons ekonomie. Die subtiele effek van die groot vrees is duidelik te sien. In die aggresiewe manier waarop mense reageer op die snelwee, in die ry by die supermark, by die vulstasie, in die ry by die binnelandse sake, in die ry by SARS ens ens ens.. Te veel klink klaare bewyse om te noem. Na die ope brief, besluit ek vandag om ook die groot vrees aan te vat en te oorwin. So bietjie motivering en dankbaarheid vir wat ons het doen wondere vir die gees. Dit is waarlik tyd om te begin DOEN…

Hennie Louw ·

Wat gaan ons doen Carl? Bose magte hou die huidige ideologie in stand. Min wat ons daaraan kan doen.

Attie ·

Jy is n man om op trots te wees Dawie…ek is saam met jou en gesin so bly dat jy en hulle gered is..ek hoop julle kom wonderbaarlik sommer gou oor alles..

Englene Ferreira ·

Wat ‘n kraggewende en hoopvolle boodskap. En dit dit na die gebeurtenis waartydens vrees botoon gevoer het en dit u vierkantig in die gesig gestaar het. En juis daar wat die Gees van God oorgeneem het. Baie dankie vir u brief dr Roode. Ons neem die inhoud ter harte.

Annesta Nel ·

Dankie Dawie dit was nou n inspireerde brief sterkte vir jou en jou gesin

madeleine ·

Dawie, ek het n skool op my plot begin vir die gemeenskap, vir die einste jong kinders, van gebroke huise, enkel ouer huishoudings, verlore rolmodelle. Ek glo, as ons die morele verval van ons land kan herstel, kinders kan leer van die waarde van lewe, die voorreg van opvoeding en gemeenskaps eenheid, het ons nog n goeie kans om ons land te red.

Kerneels ·

As ons die mikro-prentjie regkry dan sal die makro-prentjie vanself regkom.

Callie ·

Ek waardeer jou besorgdheid Dawie. Dit sal goed wees as jy spesifiek aksies kan voorstel waar ons meer doelgerig kan meedoen. Wat van n sosiale forum anders as Sunette Bridges of Steve Hofmeyr? Die timing is reg en ek glo jy sal uit alle oorde ondersteuning kry. Kom ons almal trek n streep en red hierdie pragtige land van ons van ondergang!

Ursula Henry ·

Ons laat het baie potentiaal. Ek self sukkel om ‘n besigheid te begin omdat ek ‘n wit vrou is en nie aan BEE vereistes voldoen nie. My man sukkel om werk te kry want na 25 jaar van werk is dit kamstig omdat hy nie matriek het nie maar die eientlike rede is EE. Die regering het al die wette ingebring maar dit is eientlik net omgekeerde rassisme. Net die swart mense baat daarby. As almal gelyke regte gehad het so ons baie meer werk skep en die land sal floreer.

Mila ·

Dawie jy’s ‘n ekonoom .. dink net hoe die ekonomie “gegroei” het die aanval: Nuwe selfone, nuwe rekenaars, nuwe alles wat gesteel is, bank kaarte, nuwe lisensies, hospitaal- en mediese uitgawes, jarelange rehabilitasie & reiskostes, ekstra werk vir die “burokrasie”, ekstra werk vir selfone mpye, ekstra werk vir verpleegstaf, ekstra werk vir polisie, verhoogde versekeringspremies, verhoogde mediese premies, verhoogde sekuriteitsuitgawes PLUS BTW op ALLES en dis net die tippie van die ysberg … die regering lag al die pad bank toe. Indien iemand in ‘n misdaad gesterf het, skop ‘n nuwe stel uitgawes in: Boedelbelasting, prokureursuitgawes, aktes, befrafnis, te veel werk & belastings en BTW op op te noem …. en almal “werk”? AL wat hierdie eksonomie laat lyk asof dit “groei” is: MISDAAD …

Sean ·

Dankie Dawie. Ek voel soos jy voel. Maar jy het dit so mooi verwoord. Ek het ook lankal gesê: “Hoekom moet ek loop?” Ek is hier om te bou en ek weier om in vrees te lewe. Sterkte vir jou en jou gesin. Ons het mense soos julle nodig!!

Marie Bezuidenhout ·

Dankie dat jy so n “vrees aanjaende” oomblik met ons gedeel het sodat ons kan kies om saam te staan om ons land te red van al die bose……

Brian ·

Dawie, hoe kan hierdie drie punte geimplimenteer word terwyl, beide, die regerende party asook die opposisie SEB ondersteun, en daarop staatmaak as n lokpleister vir swart steun? Die meerderheid sal nooit teen n beleid stem wat hulle persoonlik bevoordeel nie…

Nico ·

Ek stem saam dat selfs makro via mikro veranderings nie die ding kan doen binne n vrot bubble nie. Al klink dit vir die leser ongeletterd is n uitroep na God al opsie. Dankie Dawie jy het my laat besef ons moet n streep in die sand trek. Iemand moet.

Joyce ·

Baie dankie, Dawie dat jy hierdie motiverende, geïnspireerde artikel geskryf en met ons gedeel het. Dit het baie dinge in my sterker gemaak. Jy is ‘n sterk, sterk Afrikanerman en ek is baie trots op jou en jou dapper gesin. Mag ons hemelse Vader julle behoed en bewaar en julle gesinsbande nog meer versterk. Julle is ‘n voorbeeldige gesin. Ek is dankbaar dat jul lewens gespaar is en sal aanhou bid vir jou volkome herstel. Sterkte!

AJ ·

Respek! Jou ervaring en hantering is inspirerend . Die deurlopende opinie en argument van die aard word ongelukkig aan die verkeerde gehoor oorgedra (so ook RSG, Kyknet en dies meer). Hierdie gehoor stem saam en ondersteun, maar het nie die demokratiese vermoë om die disfunksionele regering by die stembrief te klop nie. Maniere moet gevind word om oningeligde te oorreed dat daai kruisie moet verander ten einde positiewe voorstelle soos Dawie neerlê te bewerkstellig, dis al!

Johan ·

Netso AJ. Hierin natuurlik die antwoord vir ons land se “long walk to freedom”.
______________________________________________________________________________________________________
“Maniere moet gevind word om die oningeligde te oorreed dat daai kruisie moet verander ten einde positiewe voorstelle soos Dawie neerle en bewerkstellig…”

Hans Naude' ·

Ek glo dat seker goed met mense gebeur want die person soos Dawie het die vermoee om deur God se genade die wysheid het om mense te motifeer en instellings voor te stel en te lei om verandering te bring in n land. Deur valslik voor te gee dat ons n Christen land is en dat daar vrede heers in die land het nie gewerk. Ander gelowe is welkom en ander nasies en kleur want ons is geskep deur die almagtige God en deur ons eie denke en gebeure vas gevang is met self begeerte. Die liefde van God in ons harte en lewe meer uit te ryk na ons naaste en liedfe te gee en Jesus Christus laat manifesteer om geluk te deel met almal. Dit help nie om weg te hardloop nie want dit volg mens gewoonlik want ek hoor van Suid Afrikaners in die buite land deur erger misdaad gaan as hier in Suid Afrika. Ons moet n verskil maak in ons eie omgewing. stad en land. Tyd het gekom vir groot verandering net soos in 1994 so stan ons land op die drumpel weer . Die passie en liefde vir mekaar en vir ons land SAL weer terug kom en die gaan nie weer n rugby wedstryd wees nie maar groot saamtrekke en leiers nie polities nie maar GEESTELIK die gaan verander. Ons was daar voorheen soveel keer en het dit oorbrug. VERGEET die verlede en kom ons LEWE vir die TOEKOMS en verander ons harte teenoor God en mekaar sodat verandering kan plaasvind. Dit begin by jouself eers en nie die ander person in Jesus naam

Willie ·

Watter land word erger misdaad ervaar as Suid Afrika,sekerlik Afrika of Midde Ooste,in lande waar my vriende en familie geimmigreer het is misdaad baie laag,Huise staan oop word nie gesluit.

Ursula ·

Nee Hans, dit is nie waar dat misdaad ook maar erg is in die buiteland nie. Ons woon in Auckland en daar is nie eens diefwering voor die vensters nie. Selfs in die sogenaamde “rowwe areas” staan hulle karre snags in die strate en slaap. Daar is misdaad soos diefstal en daar is wel moord en gesinsgeweld maar soos in SA….uh uh….dit kan nie eens naastenby vergelyk word nie. As daar ‘n moord in New Zealand is is dit hoofopskrifte vir weke en die verskil is verder ook die polisie doen hulle werk. Ek was ook onlangs in Georgia in Amerika (die Suide) en dit was dieselfde storie: geen heinings, geen diefwering. So ook was Engeland en Europa wat ek ook self ervaar het ongekend veilig selfs om vrou alleen enige plek te stap (maar dit mag nou begin verander agv onwettige immigrasie) Nee, SA se geweld is ongeken en iets geweldig en die manier waarop mense daarmee saamleef is die gevolg van jare lange desensitisering en die glo van kommunistiese propaganda. Ons woon hier twv ons twee tienerseuns se toekoms maar my hart bloei vir my land. Ek het ook geglo ons kan deur moue oprol minderbevoorregtes kan help en ophef (en self jare daaraan gewy) en sodoende ‘n toekoms vir almal hê maar ek het gesien die probleem lê daarin dat die oorgrote meerderhede (wittes inkluis) glo die anti-Christelike leuens van kommunisme. Dit is waar dat dit in der waarheid ‘n bloedige geloofstryd is tussen lig en duisternis . Die Bybel leer nie om aan dieselfde jeuk te trek met ongelowiges nie, maar die teenoorgestelde naamlik om jou van hul af te skei. Dit is ook wat in die Nuwe Testament staan en Jesus self het so geleer in Matt 18:17. Die probleem is dat Suid-Afrikaners ongehoorsaam is aan die dinge wat in die skrif staan en glo in die wêreldse definisie van liefde. Onthou dat Jesus gewaarsku het die misleiding gaan erg wees vir Christene, sodat hulle selfs mislei kon word, so erg is dit. Die liefde van Jesus lyk soos haat vir die wêreld.

Ek is so dankbaar dat Dawie en sy gesin gespaar gebly het. Mag die Vader julle veilig hou vorentoe.

Berdean ·

Baie goed geskryf Dawie. Baie mense wat voel soos jy. Die wetsgehoorsame landsburgers wat belasting betaal sal in die eerste plek moet optree-ons kort leiers wat kan lei – ons hou staatskoffers vol, maar daar is nie genoeg druk om verantwoordbaarheid van besteding te EIS nie. Demokrasie kan slegs werk in n land waar landsburgers opgevoed is. Vra myself as ek om my kyk- hoeveel van die massas rondom my het n opvoeding, het n begrip van “jy werk vir wat jy het”. Die werkskeppingsbeleid van die regering is duidelik n mislukking. Meer en meer druk word op my en jou die belastingbetaler geplaas om die ondeurdenkte ideoligeë van die regering te “finansier” deur ons belastingeld. M.a.w die wetsgehoorsame belastingbetaler word gemelk, word geroof, vermoor en het nie n sê oor hoe sy land behoort bestuur te word nie. Ons sit met n diktatoriale regering, lankal nie meer n demokrasie-ons het leiers nodig wat sal kan opstaan- en die moed van oortuiging het om ter wille van mede-landsburgers hierdie sake wêreldhof toe te vat- want hierdie “fat cats” wat hulself vergryp ten koste van hul landgenote gaan nie sonder n behoorlike geveg hulle stoele ontruim nie.

Ben Spreeth ·

Dankie Dawie, nou weet ek dat ek reg gekies het. Ek en my mense sal hier bly, kom wat wil. Deel van ons is ook al vermoor en verkrag, maar die wat oorbly sal veg tot die bitter einde. Sterkte.

Rudolph De Wet ·

‘n Wonderlike stuk Dawie. Dankie. Ek sien baie van my mede lesers en landsburgers het nie die moeilike vrees gekies nie. Hulle bly kies die maklike. Kerm en kla en is negatief. Loop dan. Trek na ‘n ander land, maar maak jou keuse. Ek kies die moeilike vrees. Ek bly. Ek sal ‘n verskil maak, hoe klein ookal. Ek kies om die keuse te maak. Ek kies om positief te wees. Dit is “a state of mind”.

Theo ·

Is dit nie presies wat jy ook nou doen waarvan jy so maklik ander van beskuldig??

Christoph Lombard ·

Die 3 stappe klink na ‘n plan…enigste probleem is, die ANC stel nie belang in die plan nie. Dit traak hulle nie; net nog iemand het seer gekry; join the statistics…plenty more to follow. Anargie is op hande. Ons kyk na ‘n revolusie. Dit gaan of bloedig wees, of stil, maar die gaping tussen die “haves…and the have-nots” gaan dramaties verklein word. It’s long overdue… Dis wat heel moontlik gaan gebeur: erens gaan ‘n groepie, amok maak. Miskien gaan dit ‘n paar boere wees wat ‘n plaasbesetting, wat reeds plaasvind, opponeer. Die skote gaan klap. Of miskien Malema en sy bende – who knows? Die polisie/weermag gaan ingryp, en hulle gatte sien – soos reeds die geval is. Donderdagaand is ‘n polisie stasie in Verena se wapens geroof…sleg! Dis hoe pateties ons polisie is – like taking sweets off a baby! En sodra die gepeupel sien hoe min hulle regtig hoef te worry oor wet en orde – Boeta, dan’s die gort gaar! So die vraag is: wat is jou posisie, wat is jou plan, vir die groter gemors?

Trix Willemse ·

Hiermee stel ek myself beskikbaar vir enige persoon wat die moed van sy oortuiging het om ‘n organisasie op die been te bring waar wetsgehoorsame burgers standpunt kan inneem teen die toedrag van sake in die land. Ek is ‘n 69 jarige vrou wat ek glo intelligent genoeg is en nog genoeg energie het om ‘n bydrae te lewer. Ek het egter een voorwaarde: dat die negatiewe skepsels wat al reeds niksseggende kommentaar gelewer het, hul self van die radar verwyder sodat diegene wat daad by die woord wil voeg, ongehinderd kan doen wat van ons verwag word. Aan Dawie en gesin en alle ander slag-offers – as julle as motivering kan dien vir konstruktiewe aksie van die burgers van die land, het jul trauma ‘n doel gedien.

Henry ·

Trix Wllemse
Die oorgrote meerderheid wat hul mening op Maroela lug, respekteer vryheid van spraak en die reg om op beskaafde wyse hul mening te lug, al sou dit van andere se opinies verskil.
Om ‘n standpunt te huldig wat nie met joune ooreenstem nie, beteken vir seker nie dat so ‘n siel ‘n “negatiewe skepsel” is, wat “niksseggende kommentaar” lewer nie – soos jy dit stel.
Dit is wonderlik dat Dawie en sy geliefdes wat nou ook deel van derduisende slagoffers van die geweld in hierdie droewe land geword het, gelukkig was om lewendig anderkant uit te kom.
Daar is derduisende van ons wat dieselfde paadjie moes bewandel en wie se heel naaste mense nie toe so gelukkig was nie en ook nie Dawie se oortuiginge deel nie. Ons het nietemin respek vir sy en andere se reaksie/menings.
Volgens jou vooroordele, moet insette wat nie met joune ooreenstem nie, as “niksseggende” pogings deur “negatiewe skepsels” verdoem word.
Sulke uitlatings op die ‘rype’ ouderdom van 69 is onnadenkend. Om dit sagkens te stel.

Fanie Strydom ·

Ons kom al hoe nader aan die dag wat ons doe Here sal moet aanroep- ons bekeer en Hom waaragtig te aanbid as wedergeborenes en dan kan ons deel wees van Sy wenspan. Ek glo Hy wag vir Sy kinders om sout te wees en om lig te maak. Ons het al die krag in JESUS – ons moet Hom nie onder die bed bêre of in die wereld ontken dat ons Sy disiipels is nie. Hou vas, luister en leef vreesloos vir Hom. Dankie Here U vir Dawie en sy gesin bewaar het en U hom as leier wil gebruik in hierdie mooi land- amen

Dirk Smit ·

2 Kronieke 7:13: As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
2 Kronieke 7:14: en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Sover my kennis strek is Bloedrivier nie gewen sonder ‘n wonderwerk nie.
Dawie Roodt het ongewapen teen ‘n mes gestaan. Dis moeilik om wettiglik ‘n vuurwapen in die hande te kry terwyl dit te betwyfel is of die vuurwapen in die hand van die een rower in sy wettige besit was.
In my opinie is baie opvoeding nodig. As mense opgevoed word in die aard van die party waarvoor hulle stem dan kan hulle heroorweeg vir watter party hulle voor stem.
Nie een van die vaders wat ek ken is ‘n verkragter nie; tog word na tronkverkragters verwys as ‘Pappa’. Wanneer daardie verkragter vrygelaat word is hy steeds ‘n verkragter. Solank as wat verkragters binne tronke in ‘n positiewe lig gesien word sal tronke nie rehabilitasiesentra wees nie. Solank verkragting nie binne tronke beheer word nie, so lank sal verkragting nie buite tronke bekamp word nie. So lank as wat verkragters en verkragting binne tronke in ‘n positiewe lig gesien word, so lank sal ‘n paradigmaskuif aangaande misdaad nie plaasvind nie.

Marius Stander ·

Korrupsie, bedrog en omkopery begin al sover terug as in die laerskole en hoerskole en die kinders sien dit, ondervind dit en leer die slegte daarvan aan. Dit is waar ons dit moet stop sit en dinge moet verander.

Daniel ·

Beste Dawie,
My hart, soos menige ander, bloei vir jou en jou gesin. Ek was verheug om jou gister weer op jou pos te sien by KN. In my oë IS jy ń held bloot omdat jy besluit het jy gaan self die verloop van gebeure beïnvloed vir n beter uitkoms.
Jy is ook in die kol met jou pleidooi om die volk te roep tot aksie. Daar is egter ń wesenlike verskil in siening van mense na gelang hul ervaring. As voorbeeld wil ek Max du Preez noem en hoe sy verbitterde blik deur sy eentonige vergeldingsbril sy ‘realiteit’ inkleur. Ek sien hoedat jy in ń debat met ander ekonome hemelsbreed verskil oor die toekoms en ek erken die realis in jou waarmee ek lustig aanklank vind.
Ek is seker jy ken die uitdrukking; ‘poep teen donderweer’. Dit is waar ons ons bevind met diè vlak van ge-oganiseede verval en chaos. My opinie is dat dit beter is om hier te geepad met niks en erens anders te begin waar ons kan woeker en bydra tot ń ekonomie wat werk, as om stelselmatig snel te verarm met geen geleentheid vir ń uitkoms nie.
Ons het vir 3 eeue saam met die Afrikane geleef en nooit die moeite gedoen om hul te verstaan deur taal of kultuur nie. Dit het ons nou ingehaal en ons gaan steeds voort in dieselfde groef.
Ek lees Vrydag ń stuk van Max waarin hy blindelings (en ek gebruik die woord metafories) verklaar dat hoewel die ANC leierskap deur die Oos-blok aangeneem is tydens hul jare van ballingskap, dit eintlik genoodsaak was deur die verwerping van die Weste. Die ANC is dus volgens hom nie ń kommunistiese party en neig ook nie in die rigting nie.
Oor vyf jaar wil ek hoor of hy nog dieselfde feëverhaal gaan sing as die nuwe be-oogde onteienings-grondwet die staat effektief die eienaar van sulke grond maak, of as die staat soos Gwede Mantashe dit wil hê, al die werk verskaf met kleinsake wat al meer kwyn onder onmoontlike belasting en bureaukratiese rompslomp, terwyl groot besigheid verder onder koverte staatsbeheer geplaas word deur BBBEE en ander meganismes.
Twee aspekte wat ons raak het vir my duidelik geword: Die Afrikaan verstaan nie die demokratiese stelsel nie en die ekonomie met sy beginsels is ‘toorgoed’ van die witman. Vir iemand soos Malema beteken ekonomiese vryheid om nie ń ekonomie te hê waar ń witman die geleentheid het om homself te verryk ten koste van die swart meerderheid nie. Vir Nommer 1 beteken die meerderheidsstem van ń demokratiese verkiesing algehele mag vir ń despoot.
Vir my beteken al hierdie tekens dat dit tyd geword het om hoed vas te druk.
Ek groet jou met deernis en groot respek.

Hennie Louw ·

Ongelooflik goed gestel. Dit is Afrika realiteit op sy beste. Ons wat aan die verkeerde kant van 50 is het ‘n probleem. Kan ook nie die lig sien nie. Ons getalle laat al hierdie planne se uitvoering eenvoudig nie toe nie. Die buitewêreld stel glad nie in die geteem van die groepie blankes in ons land belang mie. Die media hou dit so. Dit pas hulle agenda. Ons kulture kan eenvoudig nie vermeng nie. Ek is maar beswaard.

Du Preez Stoltz ·

Sjoe, jy het soveel genoem wat my baie laat dink het! Ek is ook nie n voorstaander van geweld nie, maar ja, ons moet die situasie in ons land besef… Nie een van ons is vrygespreek van n moontlike aanval ens nie. Ek woon op n plot en aanvanklik was ek baie benoud en gespanne, veral in die aande… Dit het eers beter geraak toe ek myself begin kondisioneer het rondom wat my reaksie sal wees in n oomblik van nood. Vandag slaap ek baie beter, want ek is meer “gereed” vir aksie. Ons moet besef dat die aanvaller nie jou goeie gesindheid of vredeliewendheid in ag gaan neem nie. Dis jou lewe of syne. Ek het ook my grootste vrees gekies, maar ek het ook gekies (of probeer ten minste) om nie meer bang te wees nie… Die energie wat ek sou mors aan bang wees, wil ek gebruik om my en my geliefdes se lewens te beskerm! Ek wil ook net noem dat ek 3 groot honde het… Ek weet dis duur, maar hulle is so lojaal en salons met hul lewens beskerm. Baie kosbaar! Ons kan nie wag vir iets om te gebeur, voordat ons wil begin voorsorg tref nie… Wees bewus, wees wakker, tref voorsorg, en kondisioneer jouself vir effektiewe reaksie! Seenwense!

Andre Jansen van Vuuren ·

Die mees realistiese brief nog. Niemand kon dit beter gestel het nie. My enigste vraag is, wie gaan hulle afdank en wie gaan hulle aanstel? Dit maak vir my 100% sin, ek is net bevrees dat ons regdenkende mense, wit en swart, in die minderheid is en dat ons nie ‘n sê het nie. Dis my grooteste vrees! Trots op jou! Ek vertrou dat jy volkome sal herstel, mag daardie aand vir jou gesin binnekort net ‘n slegte droom wees. Eks bly die tweeling is so jonk, hulle behoort dit hopenlik nie lank te onthou nie. Sterkte!!!

Johan Roelofse ·

Baie dankie vir jou insiggewende brief – Ek en my familie het die dieselfde vrees in 2005 ervaar en oorleef. Die hele verloop van die voorval was baie dieselfde as wat met jou gebeur het.
Al wat ek kan sê, is dat, die tyd nou gekom het om te doen wat jy presies voorstel – en dis NOU. Dis goed om daaroor te praat, maar die tyd is NOU om tot die AKSIE oor te gaan anders is daar geen toekoms hier nie. Soos die ou spreek woord sê: “Hulle sal ons skoene vat, ons hemde vat maar die dag wanneer hulle ons broeke wil vat, glo ek sal ons saamstaam ” – en die tyd is NOU! Voor einde 2017 sal die skrif aan die muur wees. “Eendrag maak Mag” Kom Suid Afrikaaners (wit, swart, bruin) ons kan!

Garnet Visagie ·

Ek ken Dawie se pyn ! 2 keer ge hijack in 6 maande , ek sien regtig nie verbetering in die land nie !! Jammer dat ek moet verskil maar in my opinie : Tyd om te pak,Gister al ….
Sterkte Dawie

Chrisjan ·

Ek stel volmondig saam MAAR solank as wat Jacob Zuma aan bewind is sal die planne nie uitgevoeer kan word nie, hy glo ek is die wortel van die kwaad.
Zuma sal eers uitgewerk moet word….

Leon ·

Ek dink julle moet vergeet van Zuma, en ons moet na ons self kyk. Om heeltyd te blameer neem ons nie verantwoordelikheid nie en bly magteloos voel! Dan gaan al die geleenthede ons verby om ons eie lewenswyses te bevorder. Kyk maar waar mense self beheer neem, hoe rooftog vry hulle lewe. Ons oordeel hulle ook en gooi klippe na hulle. Ek ingesluit. Ek kyk nou opnuut na voorbeelde binne SA waar ons mense dit doen, en besef ek was verkeerd! So is ons almal verkeerd wat klippe gooi en blameer.

FM ·

SA het n klomp armblankes, deels agv regstellende aksie ens. Wat sal nou gebeur as hulle ook begin om rowers en moordenaars te word. As hulle ook begin om mense te besteel, vasbind, aanrand, met die dood dreig en vermoor. Ek weet ons sal nie so laag daal nie. Ons kan maak of dit nie bestaan nie, maar hier is nou meer rassisme as ooit tevore. SA is besig om die muishond van die wereld te word, want Khadaffi is dood. Ek stem saam om die groot vrees te kies. Moet nie weghaardloop nie boere en sakemanne. Ons sal maar net vir ons eie mense moet sorg, die regering sal nie. Zuma stel net belang in kaderontplooiing. Hy en sy kaders verryk hulle met ons belastinggeld. Weerhou julle geld so ver moontlik van die vetkatte wat op dit teer. Ons het gewerk vir wat ons het. Sommiges wil net hê!!!!! Cecil John Rhodes het gesê elke man se ondersteuning is te koop. Kospakkies, geen beurtkrag, t hempies, verbeterde munisipale dienste, die gehamer op apartheid valse beloftes ens ens sal maar weer geld voor die volgende verkiesing. En dan word word die kruisie maar weer vir agteruitgang getrek. Geen negatiwiteit is hier ter sprake, net realisme!!

viv pienaar ·

dawie ek dink die krag wat af gegaan het was n bestuuring as dit nie gebeur het nie kon dinge baie anders gewees het,my vraag is wat se soort mens doen sulke goed?ons moet ook aan al die ander wat so wreed vermoor is dink,die wreedste wreedste moorde op ons plaas boere,hoe lank nog?

Amanda Landman ·

Hallo Dawie & gesin,
My keel is dik van ingehoue trane en ‘n bus staan op my benoude bors… Ek is dankbaar julle is veilig, ek is bang vir my beurt… Sommige van ons kan nie meer die land verlaat nie, ons is te oud, te arm, te ongeskoold – hier moet ons dit trotseer, dit laat my dink aan die rolprent waarop mense op ‘n weghol bus vasgekeer is en niks kan dit gestop kry nie – dit was ‘n geweldadige rolprent. Nie eens my opinie oor al hierdie vreesaanjaende kwesies in ons land maak meer saak nie, ons is magteloos vasgekeer op hierdie wegholbus…waar sal ons hulp vandaan kom Here?

Martie ·

Amen! Dankie, Dawie, vir hierdie positiewe en inspirerende brief. Mag dit man en muis inspireer om onbevoegdheid en korrupsie hok te slaan, en te begin met die herbouing van ons land. Dinge kan nie so aangaan nie! Die kriminele en korrupte politici raak al hoe makker. Suid-Afrika word verfrommel tussen hierdie twee pole. Jou hartroerende beskrywing van kriminele – “jonk, arm, ongeskool, ongeskik vir werk – die uitskot van ‘n gemeenskap wat gefaal het.” Ek glo ons kan die meerderheid wat vandag aan bewind is ook so beskryf as ons net jonk en arm met oud en ryk vervang, want ook hulle is die uitskot van ‘n vorige regering wat gefaal het. Dis tyd vir bevoegdheid , bekwaamheid en dapperheid om in te skop, en ons weet almal dat dit lankal nie meer gaan oor ras nie, maar oor die gesindheid, bekwaamheid, en integriteit van ‘n gees/siel. Laat ons respekteer wie respek verdien, en plan maak met die wat kennis, wysheid en opvoeding nodig het. Laat ons veral konsentreer op vandag se kinders, ons toekomstige leiers en werkerskorps, en natuurlik ook op die wat huidiglik nie ‘n benul het wat hulle doen nie, en blatant weier om te erken dat hulle opleiding en leiding nodig het.

Don Leendertz ·

Dankie Dawie
Met die brief het jy baie mense “geroer” en met reg ook.Totdusver is hier baie goeie punte aangeraak,goeie en negatiewe kommentare uitgelok.Baie worsteling in onself opgebring na die oppervlak.MAAR soos n leser hier tereg gese het,Hoe verander een komponent van die samelewing n ander se siening oor die pad vorentoe as hul n free ride kry en boonop n teen sy/hulle kultuur moet gaan?
Hierdie is op die oomblik n “numbers “game en die “dealer” sit met die kaarte en die “Huis” verloor nooit nie.
Ek dink dat elke Suid Afrikaner sy oog tande sou gee om hierdie land te laat werk,maar onder die regte omstandighede.
Laastens,dink ek,dat hierdie brief in elk van die amptelike landstale vertal moet word sodat almal die ernstigheid kan ervaar,maar helllaas sal dit seker nie gebeur nie.
Sterkte vir jou en jou gesin.

Vry Burger ·

Daar is geen so ding soos “Suid Afrikaner” nie… dis ‘n stel etniese nasionaliteite wat saamgegooi is in ‘n koloniale skepsel.
Dawie is verkeerd… sy voorgestelde opsionele veranderings is onmoontlik om te vermag… ek kan aan geen plek dink waar dit nog oooit gedoen is nie… veral nie in Afrika nie.
Al wat my en my vrou te doen staan is om ons kinders groot te maak sodat hulle hierdie hel kan verlaat en hulle heil elders gaan soek.
NIKS gaan verander nie.
Dit gaan NET uitmekaar val en meer en meer uitmekaar val.
Ek het pas twee weke op die pad spandeer om na ons lland te kyk….
Die verval is te ver. Die verval in omgee, die verval in intelligensie, die verval in moraliteit, die verval in regsnorme nakom, die verval na verbruikerslewe ten alle koste sonder omgee vir gevolge…
Daardie gebrek kom van heelbo af en syfer deur na elke persoon toe.
Die koloniale skepsel “Suid Afrika” verval… en die meerderheid van die etniese groepe wat binne in hom woon is die rede.

Ans ·

Heng, ek is bly jy kon jou storie vertel. Korrupsie kom al baie jare. Dit is ‘n kwessie van wil, wil jy korrup wees en liewer steel en roof of wil jy die land en jouself verbeter. Ons kinders in skole het nie meer respek vir hulle ouers en onderwysers nie. Want almal wil net hê hê hê, niemand wil homself verbeter en werk vir dit wat hy wil hê ni. Ons het gewerk vir dit wat ons het, al het dit ook hoe sleg gegaan. Van lig tot donker het ons gewerk vir wat ons wou hê. Die geleenthede wat jong mense vandag het is legio hulle moet net WIL. As daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Gus Clarke ·

Dankie Dawie vir die koers wat jy kn hierdie moeilike tyd gekies het. Dis ‘n inspirasie vir ons almal.
Maroela media maak asb seker dat die verslag in al die land se tale vertaal word en dan in al die media landwyd gepubliseer is. Hopelik vat dit vlam met baie mense wat nou sal besef die gevaar van die dwaalpad tot duisternes waarop die land homself nou bevind.

Elsabe ·

Ai Dawie dit is eintlik baie tragies, net baie bly dat jy die hele patalje oorleef het, sterkte en ek wens jou God se rykste seën toe hoor

Cassie ·

10/10 Dawie. Jou boodskap is baie inspirerend. Almal wil graag ‘n verbetering sien en nie net weg hardloop van ons probleme af nie. Ek weet waar die breinkrag lê, ek weet wie van ons in Siud Afrika kan omstandighede omkeer, ek weet wie dit is wat toekoms visie het, ens. Ons kort nou net ‘n ‘check mate’ in hierdie onsinnige heerskappy wat tans heers. Miskien gebeur dit wanneer SA se geldkoffers leeg is en ons staan in die ry vir ‘n lening en die antwoord is “ja, daar is hulp maar………”.

Robert Kelly ·

The future belong 2 your innocent children/grandchildren-U r not going 2 get a 2nd chance like the thousands of victims that paid the ultimate price. So I urge U 2 surrender the materialistic albatrosses around your necks & give your dependents their own choice , 2 live a peaceful/fearless existance. U r not immortal nor do u have “9 lives” -these people do not want ” white colonists” here irrespective of language/culture – stop the denialism & face reality head-on. Like the Bob Dylan song goes ” u can’t here the sound of 1 hand clapping”… The time has come 4 our European/American countrymen 2 extend a helping hand 2wards us & 2 stop throwing us under the toturous-bus that our predecessors got us in2 all those generations ago 4 30 pieces of silver. ” THE TIME HAS COME THE WALRUS SAID..2 SPEAK OF MANY THINGS” be4 we regret it & we all end up as historical statistics. Give your chidre a fair chance not a far chance…4 the future is theirs. Just saying from an ex- SANDF Infantry-vet conscript …

Pietertjie ·

Hi Tumi
Do you believe in the power of your ancestral spirits?

annamarie ·

EK het presies so gevoel. Dis tyd dat ons almal in verset kom teen die regering wat ons land so verwoes. Ek weet die anc regering dien 199999 keer meer skade as wat apartheid ooit gedoen het en dis lekker en gerieflik om Vir hulle Om Apartheid te blameer. Dawie se net hoe waar en wanneer. Mense kan nie meer moan nie. Dis tyd dat ons as suid afrikaners ALMAL saamstaan. Almalchet nie geld om te emigreer nie

Lulu ·

Ek kan nie help om raak te sien dat Dawie nerens praat oor die impak van daardie nag se gebeure op sy vrou en dogter nie. Ek hoor hom net se “ek, ek, ek”. Hoe selfsugtig. Nou wonder ek ook of Dawie die enigste een in sy gesin is wat besluite mag maak want al wat ek lees is hoe HY kies, dit na sy dogter deur hel is en ek glo dit ongelooflik troumaties vir sy arme vrou moes wees wat nie haar kinders kon beskerm nie. En wat as hulle verkrag was Dawie? Sou jy steeds ” kies” vir hulle om in daardie selfde huis te bly en ‘n land waar jou siel van jou gesteel is? Hoe voel jou vrou en dogter?

Wynand Buys ·

Ek en my seun is ook hierdeur. Aangehou met vuurwapens en beroof. Die verskil net dit was nie werklose skuim nie dit was n polisieman en sy trawante. Die angs trauma en alles maal deur my gedagtes en die van my kind (nou nog en dis al amper n jaar terug). Toe lees ek Steve Hofmeyr se blog en hy vra ‘ Hoe lank nog? ‘. Hy word uitgekruit van allerhande goed, deur my mede afrikaner. Dawie ek simptiseer met jou en jou familie. Dis erg. Ons bly op n plaas in hierdie land en ek, my familie en Zuma is in die land gebore en is burgers van hierdie stukkende maar pragtige land. Ek GAAN NÊRENS. Ons leef agter toe deure en doringdrade. Nou vra ek GAAN ONS OPSTAAN SAAM MET DAWIE EN STEVE, of gaan ons weghardloop en aanhou om stert tussen die bene omverskoning te vra. VIR WAT!!!!!

Suzette Jonker ·

Dankie Dawie dat jy na die traumatiese gebeure kan opstaan en die verval van ons land en die waarde van ons mense aanspreek. Ons wil leiding he om die bo menslike taak aan te spreek. Om te help en n bydrae te maak. Om weer geregtigheid en etiek te laat seevier. Ons het slim en kundige leiding nou meer as ooit nodig. Ons wil n bydrae lewer om in n land te kan woon waar ons weer trots kan wees op die gehalte van instellings en leierskap asook die herstel van mense waarde soos God bedoel het met die skepping.

lisa ·

Ag foeitog, Dawie, jy is in die nuus gereeld en nou wil jy aan ander Suid Afrikaners jou hartseer verhaal vertel. Shame.
Kom ek vertel jou my verhaal, my familie is heeltemal uitgewis, koelbloedig geskiet, assassination style, toe ons ontbied was om na die huis te gaan moes ons deur plasse bloed loop, selfs moes ons skoonmaak maatskappye kry om bloed en breins uit matte te was. Shame, jy is in die nuus, wat van ons arme normale mense wat nooit in die nuus is nie, wie bekommer hulle oor ons?

Hans Drommedaaris ·

Ek is baie jammer om te hoor van jou verlies. Dit gaan die seer nie wegvat nie. Sterkte!

Kerneels ·

Lisa,
Dit is ‘n verskriklike, verskriklike slegte ding wat in jou lewe gebeur het en ek is geweldig aangeraak hierdeur. Dit moes verskriklik gewees het. Ek het niks anders om te sê nie, anders as dat ek dit ‘n prioriteit maak om vanaand aan jou en jou gesin te dink.

Groete,
Kerneels

Jacoba Kotze ·

Dawie, baie dankie, jou skrywe het my weer hoop gegee! Suid-Afrka is my geboorteland en hier sal ek bly. Ons gun jou en jou familie hersteltyd en dan gaan jy “GROOT” met hierdie boodskap. Ons wil ons land red uit hier toestand, maar weet nie hoe en waar nie? Ons vra meer DAWIE’s om na vore te tree, en ons sal met hart en siel volg!

Corrie ·

Hi daar Dawie ek lees jou storie en voel jou seer,ek dink beter as baie ander.Ek het 24 jaar vir die staat gewerk tot dinge sogeraak het dat jy nie meer kon nie en ek het bedank.Ek glo dit wat jy hier geskryf het gaan baie mense se oë oopmaak en jy gaan nog ñ groot rol speel in die verandering in ons land,baie sterkte vir jou en jou gesin “Jesus liefde”

Chris Franck ·

Baie dankie vir jou insiggewende verhaal, Dawie. Baie, baie sterkte met jou herstel – veral die pad om deur die trauma te werk! Ek het egter 12 jaar gelede nie my pad oopgesien om my geliefde vrou en 11jarige dogter se geestelike en liggaamlike welstand op risiko te plaas nie, en na ‘n eerste wereldse land verskuif – traumaties op sy eie. Na meer as ‘n dekade in ‘n ekonomie welvarende land besef mens welke geweldige agterstand Suid-Afrika ontwikkel het en welke ongelooflike taak vir leiers voorle indien hulle wil regkry waarvan jy droom – ek weet nie so mooi nie. Ek dink jy droom van kiewietjie eiers wat pik en oliekoeke in die woestyn. Ek bid egter dat jy, jy dierbare vrou, pragtige dogter of tweeling nie deel van die tragiese statistieke gaan word nie.

Bets Bothma ·

Dawie, ek het paar minute gelede vir my vriendin in Aus gesê ek kies SA, God het SA as my land van geboorte vir my gekies en my taal. Ek kies ook die vrees, want ek GLO God gaan ons land red van Zuma en sy trawante. Ek glo die mense van SA se oë gaan oopgaan en hul gaan n nuwe regering kies. So bly dat God jou en jou gesin beskerm het en dat jul dalk n “instrument” is wat gaan gebruik word om SA te gaan verander.

Butch Coetzee ·

Dankie Dawie vir jou insig in wat letterlik hel moes gewees het but jou en jou familie. Die ken teken hier is soos jy se “SAAM STAAN” as ons nou n paar van die komentare hier lees dan is dit waar ons as n volk vaal! Weg hardlloop is nou die nuwe geur van somige van ons mense hulle het hulle murg en voor vaders se deur settings vermoe verloor! Kies jou vrees, neem jou staan punt en STAAN! Dis tyd! Ons vir jou Suid Afrika!

Danie Erasmus ·

Weghardloop is in ons bloed. Ons voorvaders het weggehardloop uit Europa. Die boere het weggehardloop uit die Kaap. Tydens die ABO het sommige boere Argentina en na die suidelike state van Amerika toe gehardloop. Moenie maak asof weghardloop n nuwe ding is nie.

Pieter ·

Kan iemand my meer raad gee oor waar is n goeie land vir n boer om te emigreer.

Cathy Kotze ·

Kanada. Tweede grootste land in die wêreld. Dosyne Afrikaner boere. Saskatchewan is veral op soek na boere.

Pietertjie ·

Oos, Wes, Tuis Bes! Dit laat my dink aan die Kanadees wat so keelvol was vir sneeu dat hy besluit het om ‘n paar sneeu-ski’s op sy motor se dak vas te maak en dan te ry totdat iemand hom vra wat op sy motor se dak is. Hy sal dan daarheen verhuis, verseker daarvan dat die mense daar nie sneeu ken nie. So land hy in Pietersburg (die dorpsnaam kom uit my woordeboek), waar ‘n petrol-joggie hom vra na die goed op die motor se dak. Hy verhuis toe terstond na Polokwane. So ‘n paar weke later sien mense hom die langpad aandurf, met ‘n plaaslike agtergeblewene vasgemaak op die dak…

Peter Zeelie ·

Dawie, baie dankie vir jou positiewe bydrae vir ons land en sy mense, publiseer dit aand die regerende politici ook. Ons het leiers met visie, moed en geloof nodig vir die toekoms. My simpatie met julle traumatiese ervaring, maar jy is soveel ryker, jy sien in die geloof anders. Ek stem met jou saam, soos wat die Skrif ons herinner: 2 Kron 7:14 “en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” Ons gaan saam die wedloop tot die einde hardloop. Vrede vir julle.

G Kruger ·

Ons is in 2013, 7 keer besteel en geroof. Ek glo vas dat as ek nie die Rand verlaat het vir die platreland nie sou ek iemand geskiet het of self geskiet gewees het. En om dit te kroon, terwyl daar nie werklike ekonomiese sekuriteit vif my kinders is nie.
Jammer Dawie ek deel nie jou sentiment nie. Pasop vir die Stockholm sindroom. Vir my is dit te laat om die land te verlaat, maar vir my kinders spoor ek aan om ‘n ekonomiese heenkome elders te gaan soek. En vir jou informasie is dit nie maklike opsie nie maar die nugterdenkende een.

Josua Pretorius ·

praat praat praat praat praat praat praat praat,
Afrikaans is so mooi taal, ongelukkig het Afrikaners vergeet van doen,
nou praat almal net, as hulle nie braai, of drink, of rugby kyk of of ens nie….
praat maar voort, niks het nog ooit gekom van net praat nie, aksies tel n 1000 woorde,
of meer as dit die moeite werd was.
Maar dan, ons is mos n nasie van dubbel woorde wat so mooi gaan saam met ons geloof en waagmoed en mooi gesigte,
so skiet ons met dubbellope en windkoels wat baie mooi vertoon terwyl ons om die braaivleis vure staan met die KWV of witwyn. Praat nog n bietjie, tenminste laat dit mens beter voel, soos n psigosomatiese pil…95% illusie en die res net genoeg realiteit om aan die lewe te bly

Henry ·

Duidelik dat jy in die verkeerde kringe beweeg, Josua.
Wil julle Jan Salie’s nie asseblieftog nuwe argumente op die proef stel waarmee ons Afrikaners afgetakel kan word nie?
Die sogenaamde ge-kekkel om die braaivleisvure, die vermeende bier en dop geïnspireerde temery, is soooo vervelig, oningelig en onnodig!

Johan 2 ·

Dankie Henry….sluit ” ons kan mos nie saamstaan” daarby in, is dadelik die duiwel in as iemand dit sê.

Chris Visser ·

Dawie, dankie! Ek het jou verhaal en voorstelle gelees. Dis ons almal se droom, maar dis nie prakties nie en nie genoeg nie. Asseblief, neem leiding, saam met ander gesagdraende leiers (ekonome, kultuurleiers, regstelse en opvoedinkundiges) om ons gewone onmagtiges meer te bemagtig en te lei. Wat jy voorstel gaan nie gebeur sonder meer kragtige spiere nie. Jy is ‘n ekonoom. Neem asb. verder leiding om ons sake- en ander leiers byeen te bring en stel ‘n plan saam om ons bietjie ekonomiese en leierskap wringkrag wat ons land nog oor het (belastings, besighede, tegnologiese kundigheid?) te gebruik (ja, saam met kundige regstelsel wat blykbaar nog bestaan) om die huidige regering tot orde te roep. Die Alternatief: Daarsonder sal die dalende glyskaal net elke dag en jaar verder daal, tot daar geen omdraaikans meer oor is. Ek onderneem om so ver moontlik daarmee te help!

Anneke ·

Ek is self dikwels negatief veral as ek sien hoe goed dit met my broer gaan wat na Aus geëmigreer het. Maar omdat ek nie kan trek nie sou ek graag prakties wou help met herstel. Waar begin mens as jy nie n leier is om iets self te kan begin of uitdink nie. En die gewone landsburger het ook nie die middele om te begin nie. Verder glo ek gee jy iemand n visstok en nie n vis nie want dan bly hy net n afhanklike en nie n selfdoener nie. Sterkte vir almal wat deur so n krisis was. My pa is ook in 2001 so wreed vermoor terwyl hy agter slot en grendel was. Toe breek hulle maar n gat deur n soliede tuinmuur en kom in elkgeval in.

Willie ·

Dawie ek is dankbaar julle familie het dit oorleef.
Ons land het n groot probleem, weet julle dat met die Anglo Zulu War 1877 tot 1899 6700 gesterf het,Boere War 1899 tot 1902 100000 gesterf,Apartheid
1948 tot 1990 21000 gesterf ,ANC Rule 1994 tot 2015 328244 gesterf. 328244 persone wat gesterf het x30 persone per familie word direk geraak 9847320 persone.Ek woon in die plateland volgens World Bank dra elke persoon in die plateland maar n bydra van 5000$ tot Bruto Binnlandse produk by, sukses lande se bydrae is tussen 35000$ en 65000$,Ek weet nie of ons hierdie probleem ooit gaan op los , ek is erenstig om op te pak , moet net een familie lid nog oortuig .Jammer Suid Afrika ek het geliefdes verloor,groot fout in suid Afrika , minder mense sterf in oorlog gebiede as in Suid Afrika.ANC verstaan nie die Wereld en hoe om Suid Afrika ekonomie te laat groei tot almal se voordeel nie???????

Mariette ·

Willie, Wat ‘n “eye opener”, meer mense onder ANC bewind gesterf as in Oorloë……… Self het Ek byna elke kommetaar gelees op Dawie se brief wat Hy geplaas het & Stem saam met jou Ek pak liewers op as om statistiek te word in Suid-Afrika EN NEE DIS NIE NEGATIEWITEIT NIE MAAR REALISME, wat my so laat besluit……. Werk & Bly al vir die afgelope 6 jaar in Saudi Arabia, waar misdaad baie laag is & het my familie NOG in RSA, wat Ek baie oor bekommerd is daagliks oor hul sekuriteit …. Sal graag wil GLO & VERTROU dat Suid-Afrika gaan verander as mense soos Dawie Roodt saam smelt met Steve Hofmeyer & Sunette Bridges om ‘n BETER TOEKOMS vir Ons kinders te bepaal, wat slegs deur SAAM STAAN, vermag kan word…… Sal self ook kom saam staan, want dis verseker Iets gaan daar MOET gedoen word om Suid-Afrika te red vanuit die afgronde af!!!

Art Deco ·

Hallo Lisa. Sprakeloos. Sal bly wees as jy my email op [email protected] Wat my die meeste pla is die wêreld se nonchalante houding teenoor die moorde in SA.

Andre ·

Ek lees al die kommentaar en ek slaan my hande saam … dis geen wonder ons is waar ons is nie want soveel van negatiwiteit het ek lanklaas gesien.

Die van julle wat beweer julle glo in God, maar net die afgrond sien moet regtig weer gaan kyk na presies wie dit is wat ons dien. Ons God is almagting en belowe ons in die Woord dat Hy sal voorsien. Maar dan moet ons ook ons geloof uitleef en nie net praat en die teenoorgestelde doen nie.

Daar is baie geleenthede vir ons in hierdie land, maar ons sit met soveel vrese, vooropgestelde idees an verwyt dat ons die geleenthede nie kan raaksien nie.

Die Woord sê dat soos ‘n mens in sy hard dink so is hy … die hartseer is dat baie van ons nie kan vorentoe gana nie eenvoudig omdat ons in ons wese negatief is en onsself daardeur terughou.

Elize Rautenbach ·

Dankie, Dawie, vir jou bydrae en ook al die ander bydraes hier. Ek is so dankbaar julle het met jul lewens daarvan afgekom.
Ek weet daar is miljoene Suid-Afrikaners wat regdenkend is en wat bereid is om te help om ons land weer te herstel. Ek glo ook ons land kan herstel indien sekere drastiese maatreëls oor ‘n tydperk ingestel en volvoer word. Die probleem is net dat hierdie regdenkende mense nie die kans gaan kry om te help nie en dat hierdie maatreëls nooit ingestel gaan word nie. Dit is ongelukkig die realiteit.
Ek kan nie insien dat die bus wat op die afgrond afstuur, deur enigiets of enigiemand tot stilstand gebring gaan word nie. En sou dit wel deur ‘n wonderwerk kon gebeur, sal ons nie die skade en agteruitgang wat intussen plaasgevind het, kan omkeer nie.
Ek dink dit is die realiteit van leef en lewe in Suid-Afrika, en as jy hier wil bly, moet jy maar daarby aanpas.

tiggy ·

Dawie, ons moet politieke kontakte en invloed op publieke platforms gebruik om die wereld leiers soos Obama, magtige banke, mynmagnate, en besigheidsreuse soos Ruperts, ens,te oortuig dat formele en informele werkskepping op groot skaal kan die draaipunt vorm van n nuwe beter SA. Solank daar geen werkskepping is, sal desperate mense se waardes verval en geweld aanhou styg. Goeie onderwys sonder werk is n negatiewe toekoms! Ons moet praktiese en tegniese opleiding in al ons laer en hoerskole bied, sodat ons mense iets kan doen.

Richard ·

Mooi geskryf, maar te min van ons land se kiesers gee om oor die onbekwaamheid, korrupsie en geweld in ons land. Hoe stel jy voor hou ons die regeringsleiers en staatsamptenare verantwoordelik? Wat beteken staan op en staan saam? Wat en hoe en wie en wanneer? Die Amerikaners moes destyds oorlog voer vir hul regte. Hulle kreet was geen taksering sonder verteenwoordiging nie. Ons belastingbetalers het ‘n soortgelyke probleem. Die grootste meerderheid van belastingbetalers het nie vir hierdie regering gestem nie. Die meerderheid wat wel vir hulle gestem het, betaal geen belasting nie. En tog word hulle die meeste benadeel. Hoe oorreed ons die meerderheid om anders te stem? Om saam te staan en saam te werk hieraan? Hierdie regering sal NOOIT almal ontslaan en oor begin op grond van bekwaamheid en meriete nie.

Johan Cilliers ·

Hi Dawie
Ons is so dankbaar dat jy die aanval oorleef het. Baie sterkte met die post traumatiese angs wat julle as gesin nog lank gaan hê. Jy was baie dapper om jou verhaal aan ons te vertel. Ek hoop dat jy die skulle van ander menste ook sal afhaal. Ons land is in ‘n gemors en die onderwys is ‘n tragedie. Net papierwerk en verslae en onderrig en vaslegging gaan verlore. Universiteite se opleiding van onderwysstudente in nie meer praktyk gerig nie en die nuwe onderwyser pas nie meer leer toe nie. Hulle het dosente geword wat net kennis oor te dra. Ons moet almal bid vir ons land en sy mense. Dat die ouers weer hulle kinders opvoed, en almal moet saam werk om ‘n verskil te maak. Kom ons vat saam met Dawie hande en maak ‘n verskil. Loop die ekstra myl. Dawie dankie vir die voorbeeld wat jy gestel het.

Elna ·

Johan Cilliers, ek is 26 jaar al n onderwyser en wil graag weet na watter onderwysers jy verwys, want ek dubbel so hard as in die ou bedeling en leerders in die ou model C skole word deeglik onderrig. Ek ken nie een onderwyser jonk of oud wat nie dubbel en dwars sy deel doen nie. So ek sal graag wil weet na watter onderwysers jy verwys?

Liza ·

Dawie,
Oktober 2010 is my pa en ma in n plaasaanval vermoor en elke dag is n stryd om myself nie oor te gee aan woede en haat nie. Dit vat aan jou menswees, verteer jou siel en laat jou stukkend. Maar dan kyk ek in die oe van my kinders en sien die lewe wat God gee. Nie n lewe van vrees en angs nie, maar van oorwinning. God maak weer heel en gesond. Baie sterkte vir julle familie. Mag God julle harte heelmaak en aan julle oorwinning gee.

Christoff Anderson ·

Dankie vir jou dapperheid. Sterkte met jou herstel en hoop jy kan gou weer begin hardloop. As ons almal wat Gatvol is net kan saamstaan en die regering gaan uit dwing. Kan ons keer dat RSA val.

Jan ·

Die aanval op Dawie laat weer baie vra en woede los. Die vraag is waar gaan soek Ons die oplossing. By die regering? By die ekonomie? By werkskepping? Le Ons heil nie daar dat Ons ,Ons bekeer van die verkeerde wee ? Lees 2 Kron 7

Riaan ·

Dawie en gesin, sterkte met die pad wat vir julle bepaal is. Dit is voorwaar ‘n sterk en hoogs OPGELEIDE mens wat met ons kan deel soos jy in jou ope brief – ‘n weldeurdenkte, ingeligte en logiese benadering tot die probleem.
Aai, kon daar maar nie meer van jou in die regering wees nie. Die tyd is wel nou, maar ek en so baie ander voel so dom. Daar word so baie gepraat oor die WAT om te doen, maar min oor die HOE.
Ek stem 100% saam met jou voorstelle van hoe om die dinge om te draai, maar ons weet dit is ‘n lang proses waaroor ons nie altyd beheer of ‘n invloed het nie. Ons almal praat oor dieselfde dinge – die belastingbetaler wat nie vir die regering gestem het nie, ens. ens.
Het ons, wat betrokke was in die opbou van hierdie wonderlike land, tot ‘n gerekende entiteit in die wêreld dan geen bediningsmag buiten die politieke “avenues” nie?
Een van die beste weermagte in die wêreld, uitstekende dienste soos onderwys en mediese fasiliteite, ongelooflike infrastruktuur – baie daarvan onder isolasie en sanksies.
“Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika” het ons gesing en het ons bedoel. Dit was geensins rassisties nie en God was bo aan alles gestel.
Hoe dan nou gemaak? Wat is die regte / beste forum / platvorm vir ons om as een man te sê: “Jy sal nie verder ons land vernietig nie, jy sal ons nie verder verkrag en vermoor nie!”
Bid is natuurlik wat ons elke oomblik van die dag moet doen vir ons land, maar verwag God nie dat ons moet standpunt inneem en aksie neem nie?
Daar is SOVEEL dinge verkeerd op die oomblik, soveel korrupsie, geweld, ens, Ons het op ‘n punt gekom waar omtrent elke persoon bewus is van korrupsie in ons werk omgewing en daar waar ons lewe. So skip draai baie stadig om en as ons dit gaan probeer doen deur weereens ‘n gesonde waardestelsel te vestig, praat ons van ‘n kultuur verandering en gaan ons nie in die volgende klompie jare ‘n groot verandering sien nie.
Hoe dan nou gemaak? Ek wil glad nie net kla nie en wil bitter graag iets konstruktief DOEN om weer ‘n land te kan hê waaroor ons breë bors kan loop en “brag”.
Kom ons neem die stryd op en DOEN wat nodig is – wat dit ookal is.

Koos ·

Dankie Dawie, dit bring weer perspektief aan ons situasie in SA. Dit het my getref toe daar gepraat word van ‘n universiteitstudent, en langs haar, selfde ouderdom, ‘n krimineel wat nie sal skroom om te moor nie.
Moet daar nie begin word by die begin nie – opleiding, opvoeding. Volgens my is onderwys die belangrikste beroep in SA maar word deur die huidige regering afgewater tot iets onbelangriks. Onderwysers staak, onbevoegde onderwysers, skoolboeke word laat of gladnie afgelewer nie en ouers word toegelaat om skole te sluit omdat hulle ‘n kwessie met ‘n stadsraad het. En wie stel die slegte voorbeeld? ‘n President. In SA is daar derduisende boere vermoor, en die groot toename het in 1990 begin toe raai wie vrygelaat is en vryheidsliedere gesing het? Cecil die leeu kry wereldaandag maar duisende vermoorde boere en gesinne word geag as nie belangrik nie. Hoe siek kan ‘n wereld wees? Ons kan maar net bid, want God regeer nie net SA nie, maar die hele wereld.

Pieter Lourens ·

Ons keuse was om SA te verlaat en ‘n nuwe toekoms in die VSA te skep vir my kinders. Na 18 jaar in die VSA is ek geensins “jammer” vir my besluit om na die VSA te kom nie. My kinders het almal goeie akademiese kwalifikasies hier verwerf en het almal uitstekende en professionele werk en my kleinkinders floreer sonder dat ons enige vrese het oor hulle veiligheid en of toekomstige werksgeleenthede.

G Kruger ·

Pieter ek is baie bly vir julle onthalwe en admireer jou en jou familie. Wat mense nie besef nie is dat dit baie waagmoed verg om die onbekende in te gaan. Daarom gee ek alles om my kinders te help om ‘n lewe oorsee te maak. My seun wat ‘n gekwalifiseerde ingeneur is, is opgeraap deur die Franse wat hom ‘n beurs aangebied het om homself verder te bekwaam. Hier in Suid Afrika het hy geen toekoms vir homself voorsien nie. Mense met mindere ondervinding en kwalifikasies is bo hom aangestel om aan kwotas te voldoen (dit is vir hom in sy gesig gesê), terwyl hy die verantwoordelikheid moes neem en werk doen. Hy is maar een van baie gekwalifiseerdes wat die pad gevat het. Ten minste sal sy kinders sorgvry soos joune kan leef.

Hannelie ·

Sjoe wat n insprerende boodskap en opdrag!!! Dankie Dawie jy is n held…..nie net vir jou gesin nie maar vir elke Suid Afrikaner in Suid Afrika!!

marthinus ·

Baie dankie Dawie dit is brijant wat jy gedoen en gese het . Ja ons MOET opstaan en veg vir ons land en nie net oorgee nie dis tabak. Die land se grootste probleem is die onbekwame mense wat in belangrike posisies sit en besluite neem en die meeste van die tyd vir hulle eie gewin .
Groete en sterkte en word gou gesond
Marthinus

Mel ·

Ek is baie bly julle is ok, maar ek het net een vraag, wat as julle nie volgende keer so gelukkig is nie. Wat gaan jy vir jou vrou se as jou dogter iets oorkom? Hoe gaan jy jou nie self verwyd nie? Daar is n verskil tussen emosieele besluite en realistiese besluite. Die realityd is dat die volgende keur is die kanse groot dat julle nie so gelukkig is nie. Jammer vir die realityd maar my familie se veiligheid eerste.

tiggy ·

Dawie, ons moet die wereld meer attent maak op die krisis! Stuur publieke boodskappe aan wereldleiers soos Obama, Merkel, ens, dat blank en swart ly hieronder, en om hulp met werkskepping op reuse skaal. Tegniese en praktiese onderwys kan mense n heenkome bied.

s bied

Mareen French ·

Dawie ek bewonder jou vir jou moed! Jy is en was nog altyd my gunsteling ekonoom en ek het soveel respek vir jou. Ons hoop en vertrou dat daar met die volgende verkiesing ‘n verandering sal kom en ons ‘n nuwe leier sal kry met ‘n beter benadering sodat hierdie land gered kan word van totale ineenstorting. Sterkte vir jou en jou familie

LindaRoodtMuller ·

Dawie, ek is jammer om te hoor van julle nagmerrie . Soos ek weer met ons onlangse besoek aan SA gesien het, is Suid Afrikaners se “resilience” (great ability to recover) merkwaardig. Ons gesin het ook 10 jaar gelede ons eie nagmerrie beleef en al het dit nie ons lewens bedreig nie het dit ons lewens omgekeer en terwille van ons jongste dogter se toekoms het ons besluit om die land te verlaat. Want…. selfs nou na 5 jaar, kon niemand met wie ek tydens ons besoek gepraat het, my die versekering gee dat hierdie fisies gestremde dogter van ons versorg sal wees as ons nie meer die dag daar is om vir haar te sorg nie. Sy is gegradueer, gaan nou haar meestersgraad by Penn State Hershey Medical Centre begin en ons weet dat sy ‘n kans het hier om onafhanklik te werk en leef. Ongelukkig kon ek nie die versekering in SA kry dat daar vir haar ‘n veilige toekoms is nie. Burgelike verantwoordelikheid (civic responsibility) veronderstel ‘n samelewing wat omsien na lede van die gemeenskap. Vir my voel dit of ons daarop kan staatmaak dat hierdie verantwoordelikheid hier in die VSA teenwoordig sal wees wanneer ek en my man nie meer daar is vir ons dogter nie. Dat daar stelsels, organisasies en strukture sal wees wat haar ‘n veilige en sinvolle bestaan kan verseker. Die huidige omstandighede in SA kon ons nie oortuig dat ons ‘n fout gemaak het om te besluit om vir haar ‘n toekoms in die VSA te kom soek nie. Op ons ouderdom (oor 60) het ons ook gewys dat ons, trou aan ons Suid Afrikaanse tradisie, “resilient” is- maar net nie op eie bodem nie. Ek salueer jou keuse om die groter vrees te kies….

Jan Jakkals ·

Lees “Raka” van N.P. van Wyk Louw. Dan sal jy die groter prentjie beter verstaan en die NOG groter vrees as jou mooi intelligente dogter ‘n tragiese statistiek word. Daarmee gee ek nie te kenne dat alle tragedies vermydelik is nie. Ek gee ook toe dat genade op sy tyd gegee word om dinge te verwerk en te hanteer. Lees gerus “Raka”. Koki die goeie was in ‘n ongelyke stryd verwikkel … hy kon nie wen nie. Ek het eenkeer ‘n Kung-Fu Gesegde raakgeloop. “Fight and run away so you can live to fight another day”. Ek bly nou in ‘n land waar die meerderheid soos ek lyk en soos ek dink. Dit werk vir my. Sterkte!

Dawie vs Vryburger ·

Ek wens met my hele hart dat Dawie se voorstel kan werk, ek wonder/wens selfs dat hy tot die politiek sal toetree net sodat ek iemand sal hê om voor te stem waarin ek kan glo en wat ek weet die land se beste op sy hart sal dra. Die realistiese hartseer is dat ek nie kan insien dat die huidige situasie kan verbeter nie, soos “Vryburger” sê. Wat ek sien is dat mense al hoe meer self gaan ingryp en die wet in eie hande gaan neem. Ongelukkig het ek geen meer rede om vir my kinders te gee waarom hulle hier moet bly nie. Jammer Dawie, ek weet jy is ‘n goeie mens en ek bewonder jou heldedaad asook jou positiewe uitkyk, maar ons land is oppad na ‘n afgrond en as jy kan, klim af.

willie van niekerk ·

Ja mense n jaar gelede was ek saam met my vroutjie by n outo teller mashien by Pick n pay sentrum Port Elisabeth Ek het nie eens geld getrek nie Maar elekroniese oor betalings gedoen Twee man’s het die perseel betree met hand wapens My vrou gedreig om die geld te gee ek het instiktief tussen die draer van die vuurwapen en my vrou Beweeg my vrou weg gestamp en die aanvaller gekonfronteer Nieteenstaande die feit dat ek geen geld by my gehad het nie Het die persoon my in my linker enkel geskiet en soos bangatte weg gehardloop Nodeloos om te se n jaar later twee operasies verder het ek nadat n poging tot mood dossier aangele was het ek die ondersoek Beampte in die saak nog net een maal n dag na die voorval in die hospitaal gesien Gesien uit die lig van die voorval het ek onderneem om nooit ooit weer die fout te maak en my vuurwapen in die kluis te Los nie al gaan ek net kafee toe gaan my pistool saam met my Ek hoef ook nie bekomerd te wees dat indien ek genoodsaaklik was om te skiet dit te rapporteer nie Aangesien die ondersoek werk van die Saps so sloppie is ek Twyfel sterk of ek ooit ondervra sal word

Cathy Kotze ·

Ek dink Dawie Roodt se grootste taak is om die groot aantal ontnugteres in alle gemeenskappe bymekaar te kry. Alle regdenkendes in Suid-Afrika moet oortuig word dat samewerking nou nodig is.

Rasse polarisasie moet eerste aangepak word. Dis tyd om die selfbejammering van die meerderheid te konfronteer en te beeïndig.

Dis juis hierdie selfbejammering en miskonsepsie van die land se geskiedenis wat die grootste probleme veroorsaak. Mense word vertel alles is geoorloof, want hulle is al vir eeue onderdruk. Hulle glo die ANC is hulle bevryders, min wetende dat dit juis die ANC is wat besig is om almal se toekoms re verinneweer.

Soek aktief na bondgenote. Suid-Afrikaners in die buiteland slaag al lankal daarin om die buiteland te oortuig dat hulle persepsie van Afrikaners skeefgetrek is. Ek skryf daagliks in Kanadese koerante oor die ANC se vele mislukkings. Ons kan help deur die regte inligting te versprei.

Santie Pienaar ·

22 jaar gelede is my 80-jarige ouers in hul slaap, in hul eie bed, in hul eie huis oorval deur 4 swakkelinge – 3 mans en 1 vrou, sy wat hierdie sagte teikens in ‘n gemiddelde woonbuurt dopgehou het vir ‘n week en toe die swakkelinge gebring het en saam het hulle my ouers onherkenbaar verniel. Ek het my ma in die hof bygestaan omdat sy daarna nie veel meer kon sien nie en baie swak gehoor het – sy het die middag tot en met die aanval Wiskunde klasse vir gr 11 en 12 leerders en studente tuis gegee. Dit was ongelukkig natuurlik ook die laaste. Hierna is EK meer paraat as ooit – of ek of hy; hy kom nie onverwags en ongenooid in my kamer tee drink nie… Hy kom om te moor en te verniel. Ek wag vir hulle. Ek is gerat en voorbereid – enige tyd van die nag… Adokaat Gerrie Nel moet my saak hanteer, natuurlik gratis – ek is ‘n 69-jarige pensionaris. Mag God my behoede dat ek nie “nagtelike besoekers” ontvang nie, want daar sal bloed aan my hande wees.

Anita Smit ·

Dawie, alle simpatie aan jou en jou familie! Dank God dat Hy julle lewens gespaar het. Van my kant, net dit. Al kry ons die perfekte formule vir hierdie land se redding, het ons nog geensins gevorder nie, want hier staan ons by ‘n plek wat herinner en soortgelyk is aan ‘n rivier van bloed iewers in die geskiedenis so bietjie meer as honderd jaar gelede. Wat ons voorouers se redding was, was dat hulle in geloof tot ons GOD en Hemelse Vader geroep het in daardie uur van verskriklike benoudheid en vrees. Ons mag nie staat maak op ons eie krag en wysheid nie. Ons moet ons vertroue vind in ‘n Almagtige God wat die gebede aanhoor van gelowiges van elke ras in Suid Afrika, net soos by Bloedrivier. Hierdie probleme in ons pragtige land, is nie vir Hom te groot en onmoontlik om op te los nie. Dit is dalk dat Hy deur jou die land se mense wil aanmoedig en wil inspireer. Tog is daar ook hierdie grootste Vrees wat elkeen behoort te vind. En dit is die Vrees vir ‘n geweldige groot God, die Skepper van hemel en aarde. Min mense besef die grootheid van God! Moet Hom nie misreken nie! Moet Hom nie uit gedagte hou nie. Bring God ook in die prentjie en dis net ‘n kwessie van tyd en die boosheid sal wyk soos mis voor die son dwarsoor Suid Afrika. Kom ons bring opnuut ons gebede tot die Here Jesus en ons Hemelse Vader, elkeen van julle wat moedeloos en omgekrap en siek en sat is vir al die geweld en moord en bloedvergieting wat geen einde en geen perke het nie. Kom ons wend ons tot Hom. Hy is getrou! Hy is die een vir wie ons en die aanvallers die Groter Vrees moet he, nie waar nie?

Maria ·

Ek is ‘n afgetrede Wiskunde onderwyser wat op die oomblik, een dag ‘n week, by ‘n hoofsaaklik swart skool aflos in ‘n baie bekwame Wiskunde onderwyser se plek terwyl die persoon moet gaan vir verpligte ekstra opleiding van graad 9 Wiskunde onderwysers. Terloops hierdie onderwyser het dit defnitief nie nodig nie, maar die stelsel vereis dit. Hierdie skool, en om deel te wees van ‘n personeel soos hierdie, almal wit, en om skool te hou vir hierdie kinders, waarvan baie, werklik hulle bes probeer, gee my moed vir ons land. Ek salueer hardwerkende, gedissiplineerde onderwysers en goed opgevoede leerders. En Dawie Roodt, dankie dat jy ons weer moed gee vir ons en ons kinders en kleinkinders in hierdie wonderlike land wat ons almal so lief het. Hoe ons weer bekwame leiers en hardwerkende, goedopgeleide, eerlike amptenare in poste kan kry……? Hoe? Disfunksionele “regerings” en “leiers” was al oral in die geskiedenis aan bewind…hulle is omver gewerp….meestal deur geweld. Die kiesers moet opgelei word om nie vir hierdie leiers te stem nie. Gaan wetsgehoorsame burgers wat gedurig aan geweld en korrupsie blootgestel word, ‘n gesamentlike aksie begin en sê genoeg is genoeg en werklik begin saamstaan? Iewers moet ‘n leier die aanvoorwerk doen. Dankie Dawie daat jy ten minste probeer.

Kaalvoet oor die Drakensberg ·

Mense wat posetief bly wanner dinge skeef loop, is ware leiers. Dawie Rootd, ek ondersteun jou 100%!

Kobus ·

Hi Dawie en gesin.
Ek is verheug om te verneem van julle 5 lede se welstand na so ‘n emosionele en geweldadige belewenis. Julle welstand is te danke aan God se genade en liefde.
Wat ons wel nie uit die oog moet verloor nie is dat die duiwel ook baie magtig is. Alhoewel God magtiger is, is julle met Sy bystand begenadig deur redelik “lig” daarvan af te kom.
My siening van die situasie hier in Suid Afrika, wat ‘n mooi land is, moet ons die realiteite ook raak sien. Met ons korrupte regering met sy verskillende korrupte afdelings soos, polisie; weermag; diensverskaffers; sommige munisipaliteite; water en elektriseteit; onderwys: ens; ens……. kan ek nie sien dat in hierdie omstandighede ons en ons kinders van ‘n gesonde en volwaardige toekoms verseker kan wees nie. Ek verstaan dat jy besluit het om nie te emigreer nie a.g.v die ondersteuning wat jy gekry het van jou medemense, alle kleure in gesluit, maar niemand van ons kan gerus voel om nie dieselfde ondervinding te kan beleef met ernstiger nagevolge nie. Die enigste manier en tyd wat die toestande kan verbeter is sodra ons die duiwel kan verslaan, met die hulp van Bo, deur ‘n geloofwaardige en Godvresende regering aan bewind te kan he.
Sterkte aan jou en jou gesin en mag julle NOOIT weer dit beleef nie.

Fanie Pretorius ·

Dankie vir jou nugtere reaksie, Dawie. Na dit wat jou gesin deurgemaak het sou niemand julle kon verkwalik as julle gans anders reageer het nie.

Jy is reeds vir ‘n geruime tyd ‘n meningsvormer op ekonomiese gebied. Ek en talle ander sal jou nou graag volg en waarskynlik ook steun as jy verdere inisiatiewe sou neem in ooreenstemming met dit wat jy in jou brief aan mede-Suid-Afrikaners skryf.

Leon ·

Ons gesin het ook n gewapende roof oorleef, soortvan. Niemand was gedood nie maar op daardie dag het ek my vrou verloor en my kinders ‘n moeder. As nadraai het mediese onkostes en emosie probleme ons as gesin baie duur testaan gekom. Ons as individue was voor ‘n moeilike keuse geplaas, bly verbitterd, seer en gewond of begin julle seeninge te tel. Kies of jy met wereldse oe na die situasie wil kyk, of met ‘n geestelike oog. Ons trek jare later nog swaar, die kinders het dit seker die swaarste, maar my vrou sal altyd die wonde dra. As gesin het ons die leuns en self-bedrog wat die tiepe insidente by mens inplant, verruil vir die Waarheid, die Lig en die Ware Pad voorentoe. Onvergewensgesinheid blok die Lig en ek kan aan alle Suid Afrikaners sterk aanbeveel om eerder ‘n dors aan te wakker vir Geestelike groei as om “die wapen op te neem” – by wyse van spreke. Ek veroordeel nie jou response of sienswyse nie, ek was ook in jou skoene…ek probeer jou net kosbare tyd spaar. Jy is meer werd as wat jy mag dink. Moenie mense, ras, gedrag of politiek gebruik om jou of ander se waarde te meet nie.

Herman Horn ·

Net soos daar klein groep blankes is waaroor ek skaam kry, glo ek daar is klein groep swartes wat ook ‘ n probleem is. Die meeste Suid Afrikaners soek almal ‘n beter SA. Plan 1: Wend ons weer terug na God in ons gesin; werk en skole. PLAN 2: Opvoeding deur Onderwys. Plan 3: Kry ons boodskap by anders kleuriges wat ook voel soos ons. PLAN 4: Hou belasting terug tot dienslewering verbeter. Sterkte en ek sal graag deel wil wees van die oplossing, as die probleem.

Paul en Blackie se agter kleinkind ·

Dis baie inspirerend om te lees hoe iemand in nood vir homself opgestaan het, maar soos die artikel en duisende voorheen en soos almal op Facebook, praat en bid julle te veel en doen te min. Kom ons wees nou maar reguit. Niks gaan gebeur as iemand nie iets doen nie. En om besprekings and argumente oor wat “moet” gebeur, gaan niks laat gebeur nie. En geen land het nog rerig vrede gehad sonder een of ander groot oorlog nie. Ons het die land net so opgegee en oorgegee met die hulp van FW en klomp(insluitend ek) optimiste wat gese het ons gaan almal mooi saam werk. So wat nou? Gaan almal alweer die storie share en bid en se God sal ons help, en dan maar net weer wag tot die volgende inspererende storie? En so aan, en soo aan, tot al die mense wat nie in Suid Afrika welkom is nie(witmense) of dood of weg is. Mens kan nie n land reg bid of praat nie. Die drie punte is perfek om die land reg te kry as, ‘n eerste stap…Die vraag is wie gaan dit laat gebeur en hoe?

Alex Hesquar ·

Hier is ‘n man so reg na my hart. Ek is bly dat jy jou vrees met ons gedeel het. Ek het ook ‘n vrees, my kinders en kleinkinders en ek stem met jou redineering heeltemal saam. Ek is jammer oor die manier hoe jy jou vrees eindelik baas geraak het.

Klein Koos ·

Mense. staan saam en baklei vir wat julle sin is! Moenie weghardloop nie, ek het my ore uitgeleen aan almal se negatiewe voorspelling en menings tot ek self nie meer die lig kon sien nie en to weggehardloop.
Ek is en my gesin is al ‘n paar jaar in die buiteland en as ek my keuse kon oormaak sou ek dit nooit weer doen nie.
Ons Suid Afrikaners is ‘n “Master Race” ons is gelowig, ons standaarde, manier van dink en doen en ook ons verwagtine is baie hoer as die van enige ander nasie en om aan te pas as ‘n “foreigner” of “second hand citizen” in ‘n vreemde land is nie maklik nie. Dit beroof jou van al jou vrede, vreugde en geluk vir solank jy lewe.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

This, unfortunate incident has opened up my eyes. I am a former high ranking police officer, now permanently living in the US, I listened very closely to what Dawie, was telling the presenter namely Hanlie Retief in Afrikaans. He has however given her a detailed description of the course of events as they were experiencing the same on the day. He acted like the reasonable person would have done under the prevailing circumstances taking these scum of the earth away from his wife, two minor kids and his beautiful young adult daughter. Just imagine what could have happened to his wife, daughter and minor children had he not thought on his feet. They all could have been victims firstly without being prejudice victims of rape and murder. Dawie, as a half Colored and half Malay of the Cape, I salute you for being so…so bold and the fact that you went out of th our way to protect that which is, yours. Your family. God expected from each one of us as husbands to protect our family no matter what. You brought me very close to tears. And, I started realizing how priviliged I am living in a country where felonies (series crime) like these are happening but very seldom that, such an incident would take place in your the comfort of your home.

It is, about time for all sound thinking South Africans regardless of color to open up their eyes and immigrate to whatever country they will be allowed to live in absolute peace. I am however humbly apologizing to my dear friends with whom I had numerous quarrels with regarding the unstable political situation in SA, but they were all right. I have tried to keep them all on the positive side but what does the government do to protect our people against such insensitive criminals..

Art Deco ·

Statistics don’t lie. Google genocide South Africa. Since the saviour Mandela has risen and died more than 1% of white people has been murdered and nobody cares. I’m fortunate to live overseas with my family now. Do youself a favour and read “Raka” from NP van Wyk Louw (I hope there is an English translation). The epic poem explains a lot about the battle between civilisation and barbarism.

Jean Louis du Toit ·

Dawie dankie vir die voorbeeld wat jy stel! Meeste mense se besluit (wat dit kan bekostig) is om te vlug……en behalwe vir dit, die tekort van basiese liefde en beskerming vir ons medemens noem ons onsself christene?
Eks tans in Amerika vir 2 maande, ek staan en kyk na volgroeide grys mans wat staan en huil terwyl die kanonne gevuur word in Mufreesboro naby Chatanooga nadat daar 5 soldate doodgeskiet is deur ‘n terroris, ek sien die patriotisme en liefde vir mekaar, en ek bid en vra die Here help ons boere en vergewe ons dat ons nie ons mandaat vir U Koninkryk in Suid-Afrik volstaan nie, dat ons liefde tot vir mekaar begin verloor het. Ek wonder of Jesus ons geleer het om in die gesig van moord en doodslag te kla of te bid? Te haat of lief te he. Terwyl Jesus se moordenaars Hom spoeg, vervloek en belag vra Hy die Vader om hulle te vergewe en Hy vat toe sommer een reg langs Hom op die kruis saam!
Is ons die sout en die lig van die wereld of nie?
Mense ons moet ‘n keuse maak, voor die Here, vlug en kom nie terug nie OF bly en wees Jesus vir ‘n siek en sterwende SUID-AFRKA!
Maar as jy bly wees iemand wat bydrae en nie “byklae” nie!! Dis tyd!

Sydney van Wyl ·

Ons sit in ‘n veilig in die buiteland en dit is haas onmoontlik om ons kindertjies terug te neem na die staat wat ons land geword het. Dit is doodeenvoudig te veilig en maklik elders. Maar as politieke en ander persone met invloed hierdie man se raad ter harte neem sal dit haas onmoontlik wees om weg te bly van die wonderlike plek wat miljoene in die buiteland ALTYD huis sal noem.

Elize ·

Te veel “demokrasie” is een van ons land se grootste probleme met drakoniese arbeidswette wat werkgewers lamlê. Swak en lui werkers sit in poste wat beter mense toekom. As jy iemand afdank of aflê, selfs al volg jy die regte prosedures, hardloop hulle CCMA toe waar die werkgewer soos ‘n misdadiger behandel word. Die CCMA blaas die absolute eiegeregtigheid en “sense of entitlement” wat heers in S.A. net verder aan. Ek is bevrees die stert swaai die kop (kyk net na al die stakings) en dit moet eers verander voordat die ekonomie kan verbeter. Die werkgewers wil almal landuit en is keelvol vir die uitbuiting! Die BEE situasie maak dinge net soveel erger. Die regering wil maatskappye en korporasies afpers om na hulle pype te dans. En by wie kla ons? Die enigste antwoord is: “As dit nie vir jou werk nie, vat jou goed en trek Ferreira!” Ek is baie moedeloos en sien wel die goeie raak, maar die hindernisse raak elke dag meer oorweldigend.

Toekom ·

Ek sit hier in trane… Ons is 33 en ons twee seuntjies nog bitter klein. Ons was nooit vresende mense nie maar deesdae vrees ons elke dag… Nie vir ons lewens nie maar vir die lewens van die twee asempies wat in my arms le en n pixar fliek kyk heeltemal onbewus van wat in mamma en pappa se harte aangaan. Ons het ons gru stories… Net soos elke Suid Afrikaner . Ons is oppad landuit en teenoor SA maak dit ons selfsugtig maar my hart behoort aan my seuntjies. Ons vertrek met stukkende harte maar met ‘n hoop vir n veiliger toekoms vir ons seuntjies.

Art Deco ·

Jy doen die regte ding. My kids was 14 en 6 toe ons weg is 16 jaar gelede. Nog nooit spyt gewees nie.

INA ·

Wens ons kon jou stappe volg en jou as president van ons land aanstel. Dan sal dit ‘n land van melk en heuning word!!! Tans is SA chaoties. Trots op jou Dawie

saranti ·

It is easy to espouse utopian ideals and this may indeed have some influence on the population of a first world society, where collective intelligence of the masses is evident.But in South Africa where the majority of voters are poorly educated, I’ll informed and of questionable intellect, these fanciful ideas are not realistic in the world we live in, where greed, nepotism, lack of integrity and violence are the reality. If you want to see the future look no further to what happened to the minority in Zimbabwe. Nowhere in history has a minority triumphed over a majority. Sadly, these altruistic notions have no basis in realty in the new South Africa.

Joos ·

Excellent and accurate answer to fanciful and unrealistic “solutions”.

Hennie Louw ·

Saranti, jy slaan die spyker op sy kop. Sal nie verbaas wees as Dawie deur sielkundiges, tydens berading, vir hom riglyne gegee het nie en hierdie brief die uiteinde is nie. Dawie, soos baie welgestelde mense wat nooit vantevore in so iets beland het nie, is geneig om sulke positiewe houdings te ‘probeer’ implimenteer. Dis egter, aldus my, grashalms wat gegryp word. Realisties is dit nie. Vir 20 jare plus, wag ons fanaties dat die ‘beter gaan’ sal aanbreek. Helaas, die land sink net al hoe dieper in die Afrika-moeras. Ek wou in 1998 na Australië geëmigreer het, was 2 keer daar, en het teruggekom en gesê, soos ons Max du Preez, die mense kan nie SO sleg wees nie. Wag net. Wel, na verskeie misdade teen my en my familie en die steeds aanslepend, en groter wordende misdaad, kan ek nie die lig sien nie. Nou is ek te oud om enigsinds daaraan te dink om pad te gee. ‘n Week voor Dawie se voorval het hy ons nog in George toegespreek. Hy was so positief en opgewonde oor ons land. Klaar agtergekom hoe sy sienings so bietjie gewysig is. Laat so iets ‘n les wees vir ons politieke korrekte verslaggewers en alwetendes. Wag tot so iets jou eie bas aanraak. Dan praat ons weer. Dink maar aan Maslow se driehoek.

Hennie Louw ·

Goeie kommentaar Seranti, ek is van opinie dat Dawie se brief gedoen is nadat hy berading van sielkundiges gekry het. Dis maar seker deel van die helingsproses. Dat sy doelstelling onuitvoerbaar is, is volgens my ook waar. Ons klein segmentjie van positiewe en logiese denkers is maar klein ivm die res van ons land wat tevrede gehou word met mooi praatjies. Moontlike veranderings? Nie gou nie. 20 plus jare aan en steeds is die tendens afwaarts. Ouens soos Max du Preez en kie het ook al op ‘n manier ‘n ander deuntjie begin sing en slegs hul trots, en gebrek aan moontlike eie wedervarings soos Dawie s’n, weerhou hulle van totale erkenning van verkeerde opvattings daardie jare. Ons almal kyk deur Westerse brille na die probleme en oplossings. Vir die Afrikaan werk dit anders. Dit sal ‘n leeftyd kos om die twee sienings in lyn te trek.

jacorine ·

Die negatiewe kommentaar kom van mense wat hierdie land net nog verder die afgrond in sal sleep. wat te papsakkig is om op te staan en se “ek kies die groter vrees” wat liewer sal hardloop en wegkruip as opstaan en veg vir jou belange. Dis n algemene verskoning dat niks ooit sal verander ni, maar dit verg n rugraat om jou kinders die mooi tussen die lelik te laat sien, die lig in die donker te wees en op te staan vir volk en vaderland. Groei n rugraat en wees n man hou op verskonings uitdink en veg die geveg met trots nie vrees ni…..

Toekoms ·

Hoe laat jy jou kind die mooi in ‘n loop van ‘n geweer sien teen sy klein koppie terwyl pappa voor hom baie baie seergemaak word!!! Hoe vee jy dit uit sy geheue! Hoe vat jy die vrees en nagmerries weg?? HOE??? Dankie dat jy my rugraatloos noem!! Ek dink ek het meer guts as jy en ander Suid Afrikaners om my rug te draai op my liefde, my herkoms en my wortels sodat my seuntjies kan LEWE!!

Hennie Louw ·

Toekoms, Jacorine is nog nie deur so iets nie. Ons wel. Dis maklik om te praat tot jy self in daardie situasie beland. Persepsies word gou verander.

Juanita ·

Dawie, ek wil so graag met jou saamstem, maar ek kan nie. Die realiteit is – van die twee jongmense wat in die deur van jou studeerkamer gestaan het, is hy die een met die mag. Hy is deel van die meerderheid wat bepaal wie die regering van die land is. Hoe gaan jy die drie stappe implimenteer? Ek dink nie ons toekoms is in Suid-Afrika nie. En vir diegene wat se emigrasie is die maklike opsie – ek glo nie een van julle het dit al probeer nie, dan sou julle anders gedink het. Maar dit is die beste opsie vir ons kinders, om hulle ‘n leefbare toekoms te gee.

nsuter ·

Waar begin mens Dawie? Nuwe verkiesings? Weer ‘n gros nuwe “kankerselle” wat die huidige “toestant” in n fase 4 gaan in dwing? Waar begin mens….
Alles van die beste vir jou en jou gesin…

Noel van Rensburg ·

Dawie dankie dat jy in jou donkerste uur reg gekies het en vir ons almal ‘n voorbeeld en inspirasie geword het. Ons het die waterskeiding bereik. Ons moet almal ‘n keuse maak. Saam met jou is my keuse om te te veg vir hierdie land wat ek passievol lief het. Nie met wapens van geweld en vernietiging nie maar met wapens van geloof, hoop en liefde.
Daar is meer goeie mense as slegte mense in ons land maar ongelukkig is daar ook ‘n groot groep wat net “saamry” – die wat net kritiseer en net die negatiewe raaksien. Wat alle skuld op die “ander groep” van die bevolking pak. Wat weier om te stem want “dit maak geen verskil nie” en self maar wette oortree want “almal doen dit tog”.
Ons het nodig om te kies vir reg en geregtigheid vir almal en dit in ons eie lewens toe te pas. Ons moet aandring op goeie diens, en erkenning gee wanneer ons dit wel ondervind. Ons moet raaksien dat ander swaarkry wit, bruin, swart en betrokke raak by aksies wat hierdie toestand kan verander. Daar is oor die kleurgrens heen ‘n gevoel van magteloosheid oor die korrupsie en wanbestuur van ons land se politiekeleiers. Ons moet elkeen begin met beinvloeding van ander om hulle ontsetel te kry. Ons kan dit net doen as ons gesindheid teenoor ons medeburgers wys dat ons bedoelings in belang van almal opreg is.
Dawie ek salueer jou. Jy het my opnuut “trots Suid Afrikaans” gemaak. Sterkte met die herstel.

Ds Herman Gothan (Heilbron) ·

Baie dankie Dawie. Op die krisisberaad van Solidariteit en Afriforum het 1500 Suid Afrikaners uit een mond die mosie aanvaar wat jy ook verklaar: “Ons is hier om te bly!!!!!!!!” Al die kongresgangers was dit roerend eens met jou dat daar ‘n einde moet kom aan die “kankerselle” se vertering van “gesonde selle” ( jou woorde).
El salueer jou!
Baie sterkte aan jou en jou gesin. “ONS IS HIER OM HIER TE BLY!!”

Okker ·

Baie Dankie Dawie dat jy jou ervaarings met ons deel ek weet niemand weet presies wat jy ervaar het nie maar daar is wel talle wat empatie saam jou het, ons verhaal is die van die padda en die pot – sou jy n padda in n pot kookend water gooi sal hy reageer op die dreigende lewens gevaar, maar gooi hom in ln pot met koue water en bring dit stadig tot kook dan gaan hy klimatiseer en stadig dood. Juis ons geval in Suid Afrika die nuus is so allerdaags met skok berigte dat ons al geklimatiseer het in die bedeeling. Ek is so jammer oor wat met jou en jou familie gebeur het en is so dankbaar dat jy opgestaan het, as ons nie te same begin opstaan nie gaan ons kinders eendag die werk moet doen of ons kleinkinders, as ons niks doen nie of net immigreer wat se nalaatenskap los ons agter. Ek is vam meening ons is die verantwoordlike geslag en moet begin saam staan al is dit laat vir ons, soos jy se gaan ons die vreese moet in die gesig staar, ek hoor baie voorstelle maar inderdaad aksie is nodig.
1. Ek stem saam dat ons nie sonder God enige besluite neem nie in eie krag kan ons proebeer maar met God se leiding is ons in tot so veel meer. Suid Afrika is meerderheid Christelik en as al die Chrisine begin saam staan en al die christelike orgenesasies (Alle Christine in alle rasse) dan is al meer as halfpad daar. Dit is tog God wat ons geropep het en as Christen die evangelie te verkondig en saam te staan tot die wederkoms van Jesus.
2. Ons almal het n vaardigheid en as begin almal se vaardigheid bepaal kan word sal elke persoon dus baie meer produktief effektief kan wees en opgelei word in ons sterker rigtings.
3. Ons belasting gaan aan n klein gedeelte van die samelewing en hulle misbruik dit en dit is waar ons moet opstaan en die verantwoordeliheid eis.
4. Polities al sou die minderheid stem vir die selfde party is ons net te min om n ander regering in te stem en die teenstrydige party het die selfde grondwet as die bestaande regering. Maar sou al die Christine n party stig en daarvoor stem dan alleenlik kan die huidige kommunistiese bedeling wat meer kapitalisties is onder die dekmantel van demokrasie uitgestem word.
5. Almal verloor in misdaad en onkunde en ons sal ook die wortel van die kwaad moet bepaal.
6. Ons grense lê kaal en die haaters kom in steel, plunder en moor wat as n gevolg is van die huidige verkrippelde regeerende dienslewering. Die grense moet weer toe en beheer word teen die buurlande so dat ons nie soos hulle opeindig nie maar dat ons hulle kan help eerder as jag gronde vir hulle misdaadigers te wees.
Saam met God nie n enkele tree met God meer as oorwinnaars.

Eugene Smit ·

1. God help diè wie hulle self help si wat jy ook al besluit as jy glo sal Hy daar wees .
2. My aksies in Davie se situasie sal baklei wees van eerste sig . Ek se dit want ek is opgelei en het onderfinding met diè krimenele barbarre . Wanneer jy een seer maak of dood maak dan hardloop die res . En ek se did ook want ek weier om toe te kyk terwyl my vrou en dogters verkrag en gemartel word terwyl ek moet toe kyk . Jy moet my eers dood maak voor ek dit sal toe laat om met hulle te gebeur . En as jy dit toelaat en jy lewe en hulle nie is jy n lafhart . Jy buig nie voor die gespius nie jy staan nie terug nie jy gee hom nie die oorhand nie want in sy hart is hy n gebore lafhart en hy sal flug jy moet net meer geweldadig en moordadig wees as wat hy is op daai oombelik . Almal se altyd werk saam en moet nie teen syand bied nie ongelukig het hulle n grooter haat in hulle harte vir jou as jy vir hom hy gaan jou en jou familie vermoor en verkrag . So kyk diep binne in jou self Afrikaner seun en besliut is jy n handsopper of n vryheids vegter .

Magda Kruger ·

Dawie, Jy is voorwaar ‘n voorbeeld vir elke Suid Afrikaner. Ons moet ophou om ons deur die ‘bose’ te laat intimideer. Ons het ‘n Bewaarder wat nog altyd getrou was. Hy sal ons ook deur hierdie donker put help, sodat daar wees ‘lig’ in ons pragtige land sal skyn. Dankie vir jou heldemoed, jou inspirasie , jou liefde vir jou land en sy mense – ons mag nie gaan lê nie. Daar’s ‘n stryd te stry – daar’s werk! Sterkte Dawie, hoop die rehabilitasie verloop baie goed. Mag jy en jou gesin altyd veilig wees in die Hande van ons Vader.

Breytie Breytenbach ·

Daar is beslis positiewe antwoorde wat al op verskeie plekke gebruik word met sukses. Dit lê in goeie buurmanskap. Daar waar bure saamstaan deur mekaar te leer ken en maniere te vind om vinnige kontak in noodsituasies te hê, daar daal die misdaad. Saam kan die gemeenskap die misdaadpatrone bestudeer en ook bewus word van die metodes en strategieë wat misdadigers aanwend. Dieselfde kan gedoen word met werkverskaffing en baie ander aspekte van ons daaglikse praktyk. Ons kan onder die radar bly en onsself organiseer op wyses wat ons bevoordeel sonder om die wet te oortree of onsself bloot te stel. Elke straatgroep of plaasbuurt of dorp kan hulleself bemagtig deur die poel van kennis en ervaring wat in daardie groep bestaan. Die waarheid is dat die krimineel ‘n groter vrees het as jy en jou bure kan op daardie feit bou om hulle te verwilder sonder om self in gevaar te wees. Kom net bymekaar en dink logies oor hierdie goed. Net een waarskuwing: moenie die waaksaamheid verslap wanneer dit begin goed gaan nie. Wees altyd paraat, kom gereeld bymekaar, leer die mense rondom jou ken. Jou buurman sal baie meer bereid wees om in die nag vir jou op te staan as hy reeds lief geword het vir jou.

Bart Diedericks ·

Ons sal hd land kan laat werk.
1. As al ons eie mense oortuig kan word om man en muis te registreer as kieser en te gaan stem op stemdag.,.,.is ons stryd al half gewonne. Die slim mense beweer dat die persentasie stemgeregtigdes wat nie stem nie, is ‘n volstrekte meerderheid. Onthou daar is meer van ons landgenote wat in townships bly wat erger ly onder al die “crime” en waarvan ons nie 5% hoor nie.
2. Om welwillendheid te bevorder tussen mekaar MOET onsself en ook ons kinders ‘n swart taal van ons keuse aanleer….nie nodig vir ‘n graad nie….leer eers net die nodige groet woorde asook die aanspreek vorme vir mans, vrouens, kinders, ou mense en groepe. Doen dit met empatie en ‘n glimlag op jou gesig. Begin sommer by jou naaste arbeider met ‘n kursus. Selfs in jou eie taal as jy nie anders kan nie. Groet die petrol joggie en vra hoe dit gaan en waar hy bly. Of die kassier by die mall se toonbank ,,,,,”Jennie, jy lyk al moeg gewerk vandag….hoe ver moet jy vanaand ry as jy huis toe gaan. Gaan toets dit gerus en laat my weet of jy nie ‘n meer vlytige werker ervaar nie.
3. My oupa het in die Engelse oorlog geveg vir 3 jaar. Vir 3 jaar te perd in die veld onder die sterre geslaap, nat gereën in die nag of dag, baie keer nie geweet waar die kos van gaan kom nie. Nie geweet waar sy vrou in die konsentrasie kamp was nie. Later wel gehoor dat sy vêêr in Durban was en dat twee van sy kinders daar dood en begrawe is…..Na die oorlog terug gekom by die huis en die enigste kos wat daar was om hulle te verwelkom was droë gebakte pampoene op die dak vd afgebrande huis. Daar het hy en my ouma weer van voor begin sonder ‘n regering wat elke dag kospakkies kom aflewer het….’n regering wat steeds haat teen hulle en hulle taal gekoester het.
Hy het begin met groente plant, ..’n “blacksmit” winkel waar hy pikke skerp gemaak het en ossewaens se yster wiele herstel het ens. Dink julle ek het al ooit swaarder as hulle gekry? Daar lê te veel van ons voorvaders se graftes hier om hulle nou te versaak. Ons het almal mekaar nodig in hd land. Ons moet nie nou weghardloop nie. Ons het nog steeds ons hemelse Vader wat deur Sy Gees in ons harte bly. Hy is die Leidsman wat ons moet volg. Kom ons vat hande met al die burgerlike bewegings wat opskiet en maak ‘n verskil in die omgewing waar ons bly.

jana ·

Ja ons gesin ook deel van hierdie statistiek. Ons hierdie gewone middelklas gesin in n middelklas woonbuurt. Ons net ouers wat aan ons twee tieners die beste probeer bied wat ons kan..en wat gebeur? Gewapende roof net na 7 een gewone oggend..my man geskiet vir selfoon en kontant..Verlam …veertig jaar oud en die res van sy lewe in rolstoel gekluister..9 mm pistool het sy werk gedoen..

Catri van der Merwe ·

Hoekom kan Afrikaanse mense NOOIT oor ENIGIETS saamstem nie?
Maroela Media, myns insiens behoort julle Dawie Roodt se brief in al die landstale te vertaal sodat dit deur almal wat kan lees gelees word. Versprei dit op pamflette uit vliegtuie as dit moet. Dit sal dalk ‘n groter invloed he!

wendy chantler ·

Hi Dawie,
Dis snaaks …. my man het my van jou storie vertel en toe sien ek dit op facebook en hoor dit op die nuus… ek het nie eens geweet wie Dawie Roodt was nie……. Maar nou ja……. daar is nou a woord vir die tiepe vrees waarin ons leef hier in SA “urban terror” Maar dit is assof ons te gewoont is om maar net van dit te hoor, en dan se ons mense is negatief……..ons doen niks daaromtrent nie…..Kyk maar na die derduisende plaasmoorde wat onder on neus plaasvind……….hoekom word daarmee weggekom………..My man gaan gereeld plaas toe in Potch en vat die kinders saam om vir sy ouers te gaan kuier dan bly ek alleen by die huis…… een naweek was ek vrou alleen in ons huis in Kempton Park…… hier in Kempton park is dit erg…….. by Bedient vertel vir my al die gru stories van vrouens wat geryp en families wat aangeval word sommer hier om die draai van ons…. antyway ek skrik toe wakker in die middel van die nag toe ek hoor die indringers se voete klap teen die grond… gelukkig het my instinkte ingespring en ek het die panic button gedruk en onmiddelik die alarm company gebel en gesmeek dat hulle so gou as moontlik kom kyk wat aangaan ek het na die garage to gehardloop en toe ek die kar hoor stop is ek daar uit, die ou het ‘n paar skote in die lig geskiet en laat weet die ouens het die pad gevat…… ek het bly dink wat as ek so vasgeslaap het en hulle nie gehoor het nie…… ? Ek het my boeglam geskrik, maar terselfde tyd het dit my soooo brussend ens smoor kwaad gemaak…….. Hoekom moet ons so leef ? Ons kannie eens op ons polisie beamptes staatmaak nie, net hier in Kempton park is daar gru “horror” stories van hoe polisie beamptes mense ryp en glo my dit is nie net stories nie, die stelsel wat ons moet beskerm, doen dit nie.

Fred ·

The strength of one person can become the strength of many. The efforts of many can become a collective will. All the best Dawie.

Pine Pienaar ·

Aangrypende rapportering van jou angswekkende ondervinding. Ek het totale bewondering en agting vir die manier waarop jy die situasie hanteer het.
Gelukkig vir jou is jy ‘n bekende profiel op radio.. op TV.. in die geskrewe media. Al die ondersteuningspersoneel ken jou net so goed soos ek jou ken..moontlik ook net van sien op TV en hoor oor die radio en lees in die koerante en ek is bly vir jou onthalwe.. Die ondersteuningspersoneel het jou dadelik erken en met alles van die beste na vore gekom. Dis goed so.. dis soos dit behoort te wees.
Ek moes ook al veg vir my lewe.. met ‘n mes vol gate gesteek.. Ek is ‘n “non-kom-poop” .. moes maar agter in die ry op die trollie le en bloei terwyl ek wag vir iemand .. met ‘n stukkie “ElastoPlast”. Ek het nie tyd gehad om te dink aan vrees nie.. was te besig om te veg vir my lewe!!! Land uit vlug? Nie ek nie.. ek wag vir die volgende skollie met sy mes!!

Chris Nel ·

profesie voorspel:
Geweld, Hongersnood, Pes en Wilde Diere (homo sapiens)

Pieter ·

Ek stem saam met Dawie behalwe vir die brawe aksie om ‘n held te probeer wees. Hy kon dood gewees het! Met jare se onderviniding in die sekuriteits bedryf en ‘n slagoffer van ‘n rooftog moet ‘n man nie ‘n held probeer wees nie. Werk saam en gee maar jou persoonlike besittings wat vervang kan word. Statistiek op huis rooftog gaan nie met geweld gepaard nie.

M ·

Nee wat ou brag daai mannetjie was jonk en onervare. Die volgende gesin wat hulle aanval gaan nie so gelukig wees nie. As jy kan waai moet jy waai.

Charles ·

Soortgelyke ondervinding gehad n paar jaar terug, met dieselfde ervaring van ondersteuning na die tyd. Het ons as gesin tot dieselfde afleidings gebring. Hier gaan ons bly!

martmarie ·

Pragtig positief geskryf. As meer van ons landgenote die gesindheid het van: kwaad is gedoen, ja, maar kom ons beweeg aan, sal dinge soveel beter lyk. In ‘n wereld waar kwaad met kwaad vergeld word, is daar ongelukkig geen wenners nie. As ‘n mens, na so ‘n haat-aanval, positief kan bly, word jy iemand na wie daar opgekyk word…iemand wat hoop bring in ‘n tyd van wanhoop..

zahn ·

Soos die glimlaggende gewese (dankie tog) president gesê het, ons het leiers nodig. Dawie, vat voor, wys ons, ons sal volg. Regtig.

alida ·

Dit is waar wat Dawie sê. Raak ontslae van die leiers van hierdie land en bou alles weer op, op die standaarde waarop dit was voor 1994. Ons kan vergeet dat SA ooit ‘n eerste wereld land sal wees. Die skade is te groot !!! Dit is makliker gesê as gedaan. Dinge gaan nie beter word nie – glo my. Wat sou met hom gebeur het as hy nie medies gehad het en ‘n Staatshospitaal moes hom behandel? My gesin was self al deur misdaad getref en dit neem jare en jare om perspektief te kry en objektief te wees teenoor die barbare wat dit aan mens doen. Jou hele lewe verander en ek weet waarvan ek praat. Ons bly in een van die mooiste lande ter wereld maar hierdie barbare besoedel almal en verwoes alles om hulle.

Marian Nigrini-Vorster ·

Ons kan seker baie praat oor die val van ons Land en baie idees he vir wat ons kan doen, maar man alleen kan ons in ons gemeenskap tog ‘n verskil maak. Niemand van ons is on aangeraak en dit raak net erg vir ons as dit op ons voorstoep gebeur. Niemand kan verstaan waardeer iemand gaan tensy hulself deur een of ander “hel” is. Al wat ek op die stadium vir Dawie wil se is dat ek bly is hy en sy gesin het die gebeure oorleef, ek dan Die Vader se Grote Hand oor hulle as ‘n gesin vir volkome herstel.

SAJVeuren ·

Dankie tog vir ‘n Dawie Roodt se nugter en intelligente reaksie op sy eie skrikwekkende ondervinding. Dit is iemand soos hy wat mens weer laat besef….ignoreer die galbrakers en die tjankers wat dieselfde deuntjie tot sterwens toe herhaal, maar absoluut niks nuuts sê of bereid is om te doen nie. Was daar tog maar net meer van jou kaliber, Dawie. Sterkte en dankie. Jy gee my moed.

Marianna van der Linden ·

Ek sal graag wil weet wat ons moet doen wat regtig sal werk….nie net wensdenkery nie….en moet net asb. nie se ons sal staan tot die laaste man nie!!! die land is oorbevolk en dit is wat die probleem is!!!!

Chris ·

En almal vergeet dat hierdie einste Dawie hard baklei het om hierdie gahotiese Nuwe Suid Afrika tot stand te bring…

Julie Wedderburn ·

Ai Dawie! Dink net hoe wonderlik hierdie land sal wees as hierdie riglyne gevolg kan word! Dis so uiters frustrerend as mens dink waar die land nou sou wees as die ‘oorhandiging’ net stadiger kon plaasvind en die mense geleer kon word..maar hoe op aarde gaan mens die massas se “mindset” verander! Ons probeer almal so positief moontlik lewe maar in die proses maak ons ons oe toe en hoop net dinge gaan vanself beter word!

Joe Retief ·

Ons is almal baie bly jy is oukei! Ek weier egter om in enige vrees te lewe! Veral in my eie land. Ons moet net God vrees. Dis Gód wat jou dié aand bewaar het. Job sê in Job 3:25: “As ek iets vreeslik vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.” Ons moet in géloof lewe, en nie in vrees nie. Hier is iets om jou te bless: http://www.fathersloveletter.com

HF ·

Dawie is reg! hy mag getuig want hy het dit persoonlik ondervind.Meeste van die persone wat kommentaar lewer vra dat ons moet saamstaan.Wie moet saamstaan om wat te doen is die groot vraag. Kom ons doen n toets,almal wat n rugbykaartjie het vir Saterdag se Curry beker wedstryde,vat daardie kaartjie ,vernietig dit en vergader by die gemeenskap sale om 16H00 Saterdag middag.Ek praat van stede en dorpe soos (Pretoria,Bloemfontein,Durban,Kaapstad ens.) om die pad vorentoe te beplan en bespreek.
Weet u wat! daardie sale sal leeg wees,omrede ons nog steeds vasklou aan die materiele dinge en sport(Rugby,Golf ens.) Die vuur is nog nie warm genoeg nie,dit gaan nog te lekker, so vergeet van die saamstaan ding.Beplan om self onderhoudend te word so gou as moontlik,dit sal baie se redding wees.
Weskus groete

Manie ·

Ons moet waak teen “VREES” , God is altyd groter as “VREES”

Frans ·

In Horison Roodepoort is ‘n wonderlike goeie mens met die naam van Magda Harrington, 65, wie doof was, dood, vasgebind en half naak in haar huis gekry. Sy was ‘n pensioenaris. ‘n Oud Spoornet werknemer. http://www.roodepoortrecord.co.za. Dawie en sy gesin was gelukkig.

Ansie Geldenhuys ·

Jammer Dawie vir julle seer en skok. Jammer dat dit in ons mooi land gebeur. Jammer dat ons as bejaardes moes vlug van die lewe in die stad na ‘n aftree-oord in die plattelant met die hoop dat ons nie in so ‘n situasie sal beland nie. MAAR ons moet net besef dat God daie laaste word sal he in hierdie bloeiende land van ons. Sterkte aan almal wat al deel van die statistieke geword het.

Robbie ·

Dit lyk vir my dat een van die grootste foute wat ons in die tagtigerjare gemaak het was om die “Russiese vrees” te kweek onder ons mense. Dit het die meeste mense laat voel “ons veg vir ‘n goeie saak, anders word ons deur die Russe oorgevat”.
Ag, het dit tog maar eerder gebeur, dan het ons vandag vir Putin as president gehad – waarskynlik die beste staatshoof op die planeet op hierdie stadium.
Ek salueer eerder die Russiese vlag as hierdie kettie vlag.

Dawie, ek wens jy het tyd om hierdie te lees. Ek sou graag jou kommentaar hierop wou hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.