Ekstremiste het almal gemene delers

 

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

’n Franse spreekwoord lui: Les extrêmes se touchent (letterlik: “Die uiterstes raak aan mekaar”). As ’n mens die openbare politieke gesprek in Europa en Suid-Afrika so aanskou, blyk die waarheid hiervan baie duidelik.

Die geykte beeld van links en regs is dat dit twee pole vorm met ’n reguit lyn van uiters links na uiters regs. In die lig van die Franse spreekwoord en die praktyk waarop dit gegrond is, is dit nie só eenvoudig nie.

Die Franse skrywer-filosoof Jean-Pierre Faye stel in sy boek Le Siècle des Idéologies (Die Siklus van Ideologieë, 2002) ’n ander model voor. Hy meen pleks van ’n reguit lyn, moet daar eerder aan die vorm van ’n perdehoef gedink word.

Volgens dié model kom die uiterstes van links en regs dus taamlik na aan mekaar. Die gematigdes is dan aan die bokant van die hoefyster se boog.

Dit beteken dat die afstand tussen albei ekstreme en gematig dus groter is as tussen linkse en regse ekstremiste.

Die waarheid hiervan kon al in die jare dertig van die vorige eeu tussen Adolf Hitler en Josef Stalin gesien word.

Dis nie dat die inhoud van hul denke sodanig eenders was nie; daar was wel deeglik groot inhoudelike verskille. Maar hul maniér van dink was eenders.

In ’n toespraak in 1921 het die Italiaanse fascistiese leier, Benito Mussolini (wat sy politieke loopbaan as sosialis begin het), byvoorbeeld in die parlement gesê: “Tussen ons en die Kommuniste is daar geen politieke affiniteit nie, maar daar is wel ’n intellektuele affiniteit. Soos julle, meen ons ’n gesentraliseerde en unitêre staat is nodig wat ’n ysere dissipline aan alle mense kan opdwing, met dié verskil dat julle dié gevolgtrekking langs die weg van klas bereik, en ons langs die weg van die konsep nasie.”

Tussen Hitler en Stalin was daar ’n soort onwillige wedersydse waardering en bewondering, juis omdat hul metodes in albei gevalle so totaal meedoënloos was. Daar is sterk aanduidings dat Hitler sy gebruik van konsentrasiekampe by Stalin afgekyk het. In persoonlike gesprekke het hy Stalin meermale as “geniaal” beskryf.

En op sy beurt het Stalin, toe hy hoor hoe Hitler in die berugte Nag van die Lang Messe (1934) sy mededingers in die Nazi-party uit die weg geruim het, vol bewondering uitgeroep: “Het julle gehoor wat in Duitsland gebeur het? Hitler, wat ’n vent! Hy weet hoe om met politieke teenstanders om te gaan!”

Net enkele maande later het hy sy eie terreur van stapel laat loop.

Die nabyheid van linkse en regse ekstremiste word in ons dae ook geïllustreer deur die bewondering waarmee albei kante na die Russiese diktator Wladimir Poetin kyk.

Poetin het die kommunisme as ideologie duidelik agter hom gelaat. Maar sy politieke verstand is gevorm in sy tyd as offisier in die ou KGB, die geheime polisie wat hy nou wil laat herleef. As sodanig is sy diktatoriale en totalitêre neigings verklaarbaar.

Volgens talle politieke wetenskaplikes en historici wat Poetin se heerskappy ontleed het, ontleen hy sy politiek-intellektuele wortels aan die outokratiese tsaristiese ryk van die 19de en vroeë 20ste eeu.

Na buite wil hy van Rusland weer ʼn gevreesde groot moondheid maak, wat sy aggressiewe beleid in die Krim, die Oos-Oekraïne en Sirië verklaar. Na binne het hy (op ʼn wyse wat ons eie pres. Jacob Zuma maar net kan bewonder) die Russiese staat “gekaap” – byna geen georganiseerde politieke opposisie is meer moontlik nie, en feitlik alle onafhanklike media is doodgedruk.

Oor sake soos Navo, Sirië, die Oekraïne en die neerskiet van vlug MH17 meer as twee jaar gelede hoor die Russiese publiek (en diegene wat die Engelstalige weergawes internasionaal lees) slegs onvervalste staatspropaganda. (En nee, dit beteken nie dat alles wat ʼn mens uit Westerse bronne hoor, dus die reine waarheid is nie. Die groot verskil is wel dat die Westerse media onafhanklik is en dus in die algemeen betroubaarder.)

Wat ʼn mens nou in Europa en Amerika sien, is dat die linkse en regse ekstremiste dit roerend eens is in hul bewondering van Poetin en sy stelsel. Kritiek op Rusland moet jy nie verwag van Die Linke (die erfgename van die Oos-Duitse kommuniste) of die uiters regse Alternative für Deutschland (AfD) nie.

Trouens, die Duitse navorsingsinstituut Forsa het vroeër vanjaar in ʼn meningspeiling vasgestel dat simpatie vir Poetin juis in dié twee partye voorkom. Altesame 31% van die Linke-aanhangers en 30% van die AfD-ondersteuners het meer vertroue in Poetin as in hul eie bondskanselier, Angela Merkel. By die sentrum-partye is dié persentasie veel laer (3% by die Christen-Demokrate, 4% by die Sosiaal-Demokrate, 2% by die Groenes en 6% by die liberale Vrye Demokrate).

In die konserwatiewe Welt am Sonntag skryf dié blad se politieke redakteur, Richard Herzinger, ná ʼn uitvoerige ondersoek: “Nêrens anders as in hul gemeenskaplike bereidwilligheid om hulle vir Poetin se neo-imperiale aansprake te laat gebruik nie, word dit beter duidelik dat die vermeende wêreldbeskoulike teenpole, die AfD en Die Linke, inderwaarheid uit dieselfde hout gesny is.

“Albei word in hul kern gedryf deur hul gemeenskaplike haat teen die Westerse liberalisme en ‘Amerikanisme’ – die res is bloot ʼn ideologiese ornament.” (Let daarop dat die woord “liberalisme” nie dieselfde betekenis op die Europese vasteland as in die Angel-Saksiese wêreld het nie; hier word gewoon die demokrasie bedoel.)

Wat die linkse en regse ekstremiste ook elders in Europa – Frankryk, Brittanje, Italië, Nederland, ensovoorts – met mekaar verbind, is hul gemeenskaplike bewondering vir “sterk” leiers, hul afkeer van of lou steun vir die liberale veelparty-demokrasie, hul teenstand teen Navo, hul geesdrif vir Donald Trump in Amerika, ensovoorts. Gebrek aan plek maak dit onmoontlik om dié waarneming hier behoorlik te dokumenteer, maar peilings en uitsprake van akademici wat dit ondersoek het, laat geen twyfel nie.

Dit geld ook vir ons eie land. Al die mense wat Poetin so verdedig (en wat my onderaan dié artikel vir alles wat sleg is, gaan uitkryt) moet goed besef saam met wie hulle in die loopgraaf lê. Nie net ander regses nie, maar pres. Jacob Zuma, die leier van die SA Kommunistiese Party, Blade Nzimande, en ander.

My pa het altyd vir my gesê: Enigiets waar ʼn “te” voor staan – vermoedelik behalwe “tevrede” – is fout.

As jong man het ek uiteraard gedink ek weet beter. Vandag besef ek my pa was wys. Wees versigtig vir ekstremiste van welke aard dan ook!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

E.T ·

Liewe Leopold
Ek is n Putin aanhanger.
En dit gaan nie oor links of regs nie, dit gaan oor die feit dat hy sy land weer op die “map” sit.
Hy laat hom nie voorskryf deur die weste nie, niemand nie, daar is sanksies teen hom maar nog steeds gaan sy ekonomie aan. Hy probeer van die oliargh ontslae raak. Godsdiens en gesinstyd is n prorideit by hom, Hy handel in die belange van SY mense.
Kan ons dieselfde se van ons leiers?
Jy sien dit maak nie saak of jy Links of Regs is nie, n leier met sulke kwaliteite en die meerderheid volg jou!

Leopold Scholtz ·

Liewe E.T., nee, van ons eie leiers kan ons byna niks positiefs sê nie. Maar jy kan nie ontken dat Poetin ‘n absolute diktator is wat alle vryheid in sy land stelselmatig uitroei nie. Hy raak van die oligarge ontslae – diegene wat hom nie steun nie. Vir dié wat aan sy kant is (soos die Guptas aan Zuma se kant) – vir hulle het hy baie tyd! Dit gaan alles oor mag. En vergeet nie: Jy en Zuma sal albei aan jul vriende geken word. Dankie vir die gesels.

DewaldS ·

Nee Leopold – oligarge is soos die Guptas hier by ons. Hulle sal enige meganisme van onregverdige bevoordeling en politieke invloed gebruik om hulle-self te verryk – ten koste van die normale belastingbetaler en landsburger. Putin het sy land gered deur van hulle ontslae te raak. Maar ja – die oligarge is mos die finansiers van die ‘onafhanklike’ media..? Die onafhanklike media word deur hulle ge-finansier en be-invloed om hulle belange te bevorder. Gewoonlik ten koste van belastingbetalers – in amper elke land. Dit is mos maar waar jdie meeste ‘meningsvormers’ se inkomste vandaan kom – vanaf die oligagrge – om narratiewe te dryf wat hierdie mense en groepe se doelwitte moontlik te maak en die eintlikek werkinge te verdoesel?

Denise ·

President Wladimir Poetin is nog steeds die beste president !!!!!

Skerp Spioen ·

Niks met ‘n TE is goed nie. Dit sluit in groenTE, vrugTE en en en.

Elizabeth ·

Leopold, ek stel voor dat jy bietjie verder gaan navorsing doen en nie net die westerse media gebruik as verwysing nie. Poetin het Rusland weer ‘n onafhanklike land gemaak wat nie deur die westerse korporatiewe wolwe verslind word nie. In diepte navorsing sal jou tot ander insigte bring…

Leopold Scholtz ·

Beste Elizabeth, ek gebruik verreweg nie net die Westerse media as verwysing nie. Inteendeel. Ek kyk en lees ook byvoorbeeld RT. Maar, soos ek in my artikel skryf, die Westerse media is onafhanklik, terwyl die Russiese media byna volledig onder Poetin se beheer staan. Nou vra ek jou: Wie is die betroubaarste? Die Russiese media? In ‘n diktatuur?

DewaldS ·

Daai ‘diktatuur’ is net eenvoudig ‘n onwaarheid. En jy weet dit Leopold. Die Russe het ‘n federale stelsel met proporsionele verteenwoordiging. ‘n Baie meer demokratiese stelsel as wat byvoorbeeld in die VSA gebruik word.

DewaldS ·

Die president in die Russiese Federasie word direk deur die mense verkies. Amper onmoontlik om al die mense om te koop. In die VSA word dit nie so gedoen nie – dit word deur ‘n Electoral College gedoen – baie makliker om daai individue agter die skerms om te koop en te be-invloed??

Nico K ·

Ek stem 100% met jou saam, Leopold. Die Poetin ondersteuners het nie ‘n idee waarvan hul praat nie. Die bewys of ‘n staat suksesvol is of nie word bewys deur die aantal mense wat probeer om na so land toe te immigreer. Ek twyfel of enige van die persone hierbo dit ooit sal oorweeg om Rusland toe te gaan. Inteendeel Rusland se emigrasie is baie groot. Maar duisende Afrikaners probeer jaarliks na die VSA immigreer. Die rede is want die Weste se korporatiewe wolwe is ryk. Julle is so verskriklik teen die korporatiewes, (dus kapitalisme), so ek glo julle is baie lief vir die Kommunistiese Suid-Afrika.

Theuns ·

Leopold ek deel jou opinie en jou sentimente. Jy is voorwaar ‘n heer om nie kwaad te word nie. Party van ons vriende hier is nie net Poetin aanhangers nie maar ook Hitler, Stalin, Zuma, Mugabe, en ander. Dit so nogal nice wees as hulle die raad aan jou self wil volg! Maar nou ja as hulle maar net al die dooies kon sien wat in die Ikone se pad le! Groete my vriend!

Leopold Scholtz ·

Beste Theuns, dankie vir die mooi woorde. Dit word waardeer. Geniet die week wat voorlê.

Bert ·

Kyk na die getal dooies en dan wys ek jou die ekstremiste. Dit is ongelukkig die Weste. Hillary Clinton grynslag op Youtube in ‘n onderhoud waar sy oor Ghaddafi se dood vertel dat “we came, we saw, he died”. Nou wil hulle Poetin die gevaarman maak? Ons kan mos met ons eie oe sien wat aangaan. Die werklike gevaar, soos die afgelope jare bewys is in verskeie oorloe, is die Weste. Is oorlog dan nie ekstreem nie? Dalk nie vir Leopold nie.

Leopold Scholtz ·

Beste Bert, ek wil vir geen enkele oomblik die Weste se oorloë van die laaste jare verdedig nie. Inteendeel, in my artikels het ek herhaaldelik skerp kritiek daarop uitgespreek. Maar jy sê gaan kyk na die dooies. Inderdaad: Kyk na die Oos-Oekraïne. Na vlug MH 17. Na die skole en hospitale in Aleppo en elders in Sirië. Volgens jou eie maatstaf – hoe kan jy Poetin so fantasties vind? Lekker dag verder.

John ·

Prof Scholtz het hierdie ding met Putin. Mens wil raai dat die Koue-Oorlog beslis sy merk gelaat het op die professor of sy jaar in die weermag met diens op die grens toe Rusland gedurig ‘in aantog’ was. Navo is beslis dan die beste bondgenoot vir die vreesagtiges. Hillary sal daarop voortbou…

Leopold Scholtz ·

Beste John, my tyd in die weermag was laaaank gelede, al in 1966. Dat ek anti-kommunisties is, is sekerlik waar. Ook dat ek anti-diktatoriaal is. In my artikels probeer ek so feitelik moontlik na dinge kyk. Wat nie wil sê dat ek heeltemal daarin slaag nie. 100% objektief is niemand nie. Die toetssteen is: Waar is my feite verkeerd? En waar verdraai ek dinge? Wat verswyg ek wat my gevolgtrekkings omver kan werp? Dankie vir jou bydrae; ek geniet die gesels met lesers.

Leopold Scholtz ·

Beste Pietman, ek het die skakel besoek. Jy weet, ek het ‘n ekstreem-linkse lid van my skoonfamilie wat presies dieselfde mening toegedaan is. Net, hy sien alles om hom heen as ‘n komplot van die regses. Gebruik maar net jou gesonde verstand, sou ek sê. My ervaring leer my dinge is nie so eenvoudig as wat sommige mense jou wil laat glo nie. Komplotte bestaan sekerlik – in Washington, in Londen, in Moskou, in Beijing. (En ja, ook in Luthuli-Huis!) Maar gewoonlik neuk almal maar aan. Komplotte verklaar nie veel nie. Dankie vir die bydrae.

Deon ·

Ons hou van Poetin, want hy kom sterk voor, skroom nie om ‘n besluit te maak nie en is nie skaam vir dit waarin hy glo nie. Hy vat nie nonsens van die Weste nie en is nie bang om ‘n ystervuis agter sy uitsprake te sit nie.

Die probleem met so ‘n leier is: wat doen “ons” indien “”ons” leier ander ideale as ons het? Hoe het die Jode gevoel oor Hitler se sterk leiers eienskappe? Of minder radikaal, maar meer plaaslik: hoe gaan die boere voel as ‘n sterk kommunistiese leier sy ideale op die land afdwing? Of hoe gaan die swart bevolking voel as ‘n pro-apartheid leier nou die land se leisels vat?

Hoewel ek Poetin bewonder, verkies ek dan maar ‘n staat met ‘n “gematigde” leier, waar ek tot ‘n mate kan doen en glo wat ek wil, selfs al verskil my politiek hemelsbreed van syne.
En ek is dankbaar vir kapitalisme, wat ons huidige leiers se aandag en fokus weglei van hulle sosialistiese en dikwels kommunistiese ideale…

Bert ·

Leopold, maar die Weste is volgens enige redelike maatstaf die kampioene as dit by dooies tel kom. Of wil jy Irak uitsluit?

Leopold Scholtz ·

Ag nee, Bert, hoe kan jy vra of ek Irak uitsluit? Lees weer my antwoord, jong.

Koos ·

Dankie Leopold. Net die feit dat Putin so klou aan mag is n verdere bewys van sy korruptheid. Mag maak mens sleg en volhoue mag maak jou aaneen sleg. Soos Einstein sê: ons moet van politici ontslae raak net soos ons die toilet moet gebruik, weens dieselfde rede

Knikkebollen ·

Leopold, soos iemand anders ook tereg opgemerk het: die Westerse media is geensins ‘onafhanklik’ nie. Dis die tipe bog wat die rondte doen om die skape soos ons te laat glo dat “omdat dit in die koerant was, moet dit waar wees…” -niks is verder van die waarheid nie.

Christiaan ·

Dankie Leopold vir nog ‘n goeie stuk uit jou pen. Ons het juis gister hier in ons Afrikaanssprekende huis in Kanada met ontsteltenis van Putin gepraat.
Ons sit hier in ons gemeenskap met baie Ukraïniers, Russe en Sirïers wat direk en indirek deur Putin se magsbehep en gewetenloosheid uit hulle lande moes padgee.
Plek ontbreek maar in kort wil ek net my ontsteltenis te kenne gee met die kommentare wat sowaar vir Putin bewonder! Ontsteld om te dink daar is Afrikaners wat nie verstaan dat Putin maar net ‘n baie slimmer en magtiger Zuma is nie!

Maria van Dieweeck ·

Putin glo sy misie is om Rusland terug te neem na sy vorige glorieryke era. Hy is glo n baie wrede persoon. Hy het bv voor die winterspele armes verjaag en boemelaars laat verdwyn sodat alles kon ‘mooi’ lyk. Ek weet ook nie wie is erger onder wereld leiers nie. Gee een leier nog werklik om? (behalwe vir hulself natuurlik!)

JR ·

Waar trek jy lyn tussen sterk leier en diktator? Mag bring meer mag en en honger na meer mag en eventueel diktatorskap. As jy nie vir my is nie, is jy teen my en ek vee jou van tafel af op watter manier ookal. Kom ons wees eerlik. Meer Russe is dronk van goedkoop Vodka as wat bord kos het. Afrika kyk in lug op vir kos wat ingevlieg word “uit gehate WESTE. Verwronge ideologiee stil nie honger nie. Maak nie siekes gesond nie. Voed nie kinders op nie. Nee wat……

DewaldS ·

Die Westerse hoofstroom-media is altyd baie redelik in hulle benadering (redelik se kanse om gehoor te word is altyd die beste – soos in Propaganda 101 se teksboeke). Maar sedert WO2 is daar sekerlik 30miljoen mense (meesal vrouens en kinders) gedood in Westerse militêre aksie – alles heeltemal ‘wettig’. ‘Consent to war’ is bewerkstellig deur selektiewe berriggewing en ad nauseum herhaling (en af-eggo deur die ge-assosieerde media vertakkings) . Alles onder die dekmantels van ‘modernisme’, ‘insig’, ‘redelikheid’, ‘intellektualisme’, ‘liberalisme’, ‘nie-ekstremisme’, ‘nie-rassisme’, ‘nie-verkramptheid’, ensovoorts, ensogcvoorts, ensoflippencoorts.

Steeds is al daai mense DOOD. Aan stukke heskiet deur bomme. Sedert WO2 – hoeveel bomme is op mense en hulle geboue/infrastruktuur afgeskiet deur die VSA? En deur die VK? En op watter gronde? Waar is die wapens van massa-vernietiging?

Sit jouself net vir een oomblik in die skoene van (dalk mijoene?) families wat al onder Amerikaanse wapentuig deurgeloop het. Geen hoeveelheid spin en geen media-narratief kan ooit daardie werklikheid ongedaan maak nie.

Maar Putin is die agressor. En sy media is nie-onafhanklik.

DewaldS ·

Nou – in enige iemand se boekie moet dit nogal as ekstreem beskou word om so baie bomme op ander mense te gooi. En om media-narratiewe oor ‘demokrasie’ en ‘diktators’ en ‘regimes’ aan te voor as ‘n rede vir sulke ekstreme moordadigheid is net so ekstreem en eintlik psigopaties. En vir die hoofstroom-media om net eenvoudig voort te ratel en ‘consent to war’ te bly vervaardig met die volgende land reeds in gedagte – dit laat met sprakeloos – maar mettertyd word mense wakker en ‘n meer akkurate skakering van grys tov die waarheid word versprei en die organisasies en individue agter hierdie moordadigheid en ekonomiese oorheersing word al hoe duideliker. Die media kan ons wat hierdie dinge begin besef en verkondig ver-regs noem, hulle kan ons ekstreem noem,hulle kan enige narratief opmaak wat hulle wil. Die waarheid het sy eie bene . Hopenlik word WO3 vermy. En daarna sal daar verantwoording gedoen word. Daai is ‘n belofte.

Danie ·

As ek so na die tydlyn kyk lyk dit vir my asof Hitler sy gebruik van konsentrasiekampe by die engelse gekry het waar hulle die afrikaner vroue en kinders in konsentrasiekampe gestop en gemoor het.

Hendrik ·

Putin = Zuma = Malema = Trump.
Almal uit dieselfde houtjie gesny, net op verskillende plekke gebore.

DewaldS ·

Regtig belaglike vergelyking. Wat jy daardeur probeer bereik, sal net jy weet.

Herman G ·

Ja, ek stem saam met jou Leopold oor Poetin, maar ek verstaan baie mense se sentimente. Afrikaners hou van ‘n sterk leier, dis hoekom Thatcher & Reagan gewild was. Ook SA se swak kwaliteit leiers in die laaste 20 jaar plus, definitief van De Klerk af en na hom was niemand rêrig die naam “president” werd nie. Mense in SA sien hoe dinge net agteruit gaan (of een stap vorentoe, vier stappe terug) en hulle wens die land kan ‘n goeie leier hê. Soos met Maslow se hiërargie, kom veiligheid en kos voor demokrasie. Ek dink ook Leopold, dat baie mense in SA het ‘n baie swak indruk van demokrasie, grootliks oor die manewales van die laaste 20 jaar.

Ek stem saam Poetin is nie ‘n engel nie, maar die Russe het altyd ‘n sterk leier gevolg, so ek kan verstaan waarom hy so gewild is in Rusland.
Oor die Krim gebied wil ek ook uitwys dat dit was deel van Rusland vir eeue. In die 1960 het Khrushchev dit oorgeplaas na die Oekraïne (hy was oorspronklik van daai gebied). In die ou Sowjet Unie was dit net ‘n administratiewe besluit, maar met die opbreek in die 1990s het dit ernstige implikasies ingehou.
Die Oos-Oekraïne word bewoon grotendeels deur Oekraïners wat Russies as huistaal praat. Ek dink baie van hulle beskou hulself as Russe en wil deel van Rusland word. Poetin het nie die regte (internasionale) manier gevolg nie, maar ek kan die Russe se standpunt insien.

Henry ·

Stem grootliks saam.
Vir die Russiese regering is beheer en besit van die Krim deur die eeue heen, van kritiese nasionale belang.
Die gebied verleen aan hulle toegang tot ‘n warmwater hawe. Iets waarsonder geen self-respekterende moondheid kan bestaan nie.
Die arme verwaande Kruschchev en die versteende woud wat as Politburo destyds gedien het, het nooit kon droom dat kommunisme en die USSR die terugslae sou ervaar wat sedert 1988 hul Utopia verwoes het nie.

Theuns ·

Beste Herman G, as jy die befaamde Afrikaanse Skrywer is, is ek bly dat jy ook kommentaar lewer hier MM. Maar indien nie weet jy om jou opinie oor te dra en debat te voer! Ongelukkig deel ek Leopold se sieninge oor Poetin en sy vriende. Ek dink jy besef die gevolge van ‘n Diktatuur en Kommuniste maar dit is oonskynlik nie duidelik vir sommige van die kommentators hier nie. In jou skrywe probeer jy antwoorde gee vir die oorweldigende positiewe seining by Afrikaners oor Poetin. Jou antwoorde gee egter nie oplosings nie! Daar is ook nie voorstelle van die kommentators wat om te doen nie? Geen Leiers het nog na vore getree om die leemtes te vul sodat Afrikaners weer kan saamstaan nie. Maar ons het Leiers maar hulle is van die ouer garde en soos jy self kan sien is hulle nie aanvaarbaar vir die jonger geslag nie! Om na Zuma en Poetin te kyk as verlossers sal fatal wees!! Groete.

Herman G ·

Hi Theuns
Nee, ek is nie ‘n skrywer nie, ek het net 1 artikel op Afrikaanse Wikipedia geplaas. Dankie vir jou opmerking.
Ek dink ‘n ander rede hoekom baie mense van Poetin hou is omdat jy nasionalisties is, en in die westerse wêreld word nasionalisme stark afgekeur. Ek persoonlik voel daar is plek vir nasionalisme – binne perke.
My gevoel oor Poetin is tweeledig. Aan die een kant is hy ‘n diktator en mense wat hom teengaan word vervolg (of somtyds vermoor). Maar hy veg vir sy land, en ek dink hy is opreg in daai opsig, alhoewel hy ook finansieël voordeel trek deur leier te wees . Ekonomies gaan dit ook beter met die meeste Russe as in Yeltsin se tyd. Ek dink nie Poetin, en Mugabe byvoorbeeld, is die selfde nie. Mugabe gee vir net een ding om, en dis homself. Poetin veg ook teen ISIS (maar ook grotendeels vir sy eie redes).
Laastens moet mense besef dat Rusland vandag is baie swakker as die ou Sowjet Unie, maar die weste is ook baie swakker (veral Europa), en daarom kom Poetin weg met sy manewales.

Herman G ·

Ja, die gebrek aan leiers is ‘n baie groot probleem! Die dat Bok van Blerk se liedjie “De La Rey” so gewild was (en is).
Maar ek dink ook die westerse wêreld oor die algemeen het nie goeie leiers nie. Na Thatcher & Reagan, wie was goed? Niemand se naam spring uit nie! Dalk is dit ‘n probleem van ons tyd, en nie spesifiek Afrikaners nie?
Maar ek hoop en bid ‘n goeie Afrikaner leier tree vorentoe.

Johan ·

Vir my is die kernwaarde van hierdie artikel bloot – gebruik jou verstand en dink vir jouself.
Bly weg van die perdeskoen se punte want dit is ook die punte waar die emosie seëvier met min gebruik van die verstand.
Kyk onbevange na ‘n situasie want die werklikheid is kompleks en kan bloot net nie verklaar word sonder behoorlike navorsing en nadenke nie. En selfs dan word mens maar net gelaat met waarskynlikhede.
Dankie Leopold vir jou artikel.

Leopold Scholtz ·

Ek antwoord neef Dewald, wat vandag baie bydra, kortliks: Neef, waar kom jy daaraan dat die “oligarge” die media finansier? Ek het in 1975 as joernalis begin werk, en in my omgewing het ek nog geen enkele sent van ‘n “oligarg” gesien nie. Al die media wat ek ken, word gefinansier deur advertensies en intekengelde. Ek hoor graag wat jou bewyse is.
Voorts ontken jy dat Poetin ‘n diktator is. Jy antwoord nie op die feit dat hy byna al die onafhanklike media platgetrap het en georganiseerde politieke opposisie feitlik onmoontlik maak nie. Daar was in 2011 ernstige onluste in Moskou se strate na bewerings dat hy die verkiesing bekook het. As jy op grond van die feit dat Rusland verkiesings ken, wil beweer dat Poetin ‘n voorbeeldige demokraat is, moet jy dieselfde van onse Bob Mugabe beweer. Nee, jong, as jy Poetin wil bewonder, is dit jou reg. Maar moenie van hom ‘n demokraat probeer maak nie, want hy is dit eenvoudig nie. Groete vir die Scholtze in jou omgewing.

chrisp ·

“Westerse bronne onafhanklik en betroubaar”.
Lanklaas soveel twak in een sin gelees.

Valie ·

Hitler het ook sy land op die ‘map’ geplaas. Daar is nie fout met n opheffingsstrewe nie. Die groot toets is wat daarna gebeur. Ek plaas nie Poetin in daardie kategorie nie. Hy is n man wat sy mense verstaan en weet dat daardie strewes in n trotse nasies sal bly en nie onderdruk of ontken kan word nie. n Werklike staatsman sal daardie energie positief rig. In n wereld waar appeasement soos voor die tweede wereldoorlog mode geword het is hy die teenkant wat balans bring.

Leopold Scholtz ·

Beste Crisp, en hoe lank is jy al in die media werksaam dat jy alles so goed weet? Geniet jou aand!

chrisp ·

Beste Leopold,ek was nog nooit in die media betrokke nie en die argument van jou dat ek daarin betrokke moet wees om baie te weet slaan my verstom.
Jy behoort van beter te weet .
Ek was ook nooit in die bosbou betrokke nie maar weet hoe lyk ‘n boom en ken meer as 40 inheemse bome op die naam en was ook nog nooit betrokke as ‘n veldgids nie.

Kan ek jou dan die teenvraag vra? Hoe lank is jy al in die Russiese politiek en veral in Poetin se kringe betrokke dat jy alles so goed weet?

Dankie en geniet jou aand ook!

Ns.Ek hoop MM plaas die want by baie ander geleenthede waar direkte vrae gevra word doen hulle dit nie.

Merkur ·

Geagte Mnr. Scholtz
Dit verbaas my dat iemand kan glo Wes Europa en die USA is demokraties. Die meeste EU lande is 100 % „vassal states“ van Amerika. En Amerika oefen ’n genadelose ekonomiese en geo-strategiese politiek in die wêreld uit.
Probeer dit uit Rusland se perspektief te sien:
Die Ukraine wil deel word van die EU en NATO. ’n Mens sou dink dit is hulle reg en Rusland mag hulle nie voorskryf aan wie hulle will behoort nie. Maar soos ek, dink Rusland, dat die Ukraine net nóg ’n „vassal state“ van Amerika gaan word. Dan is Rusland heeltemal omring van „vassal“ staate van Amerika. Amerika laat dit nie toe dat Suid-Amerikaanse staate met Rusland assosiëer nie. Mexiko kan daarvan baie liedjies sing hoe die USA hulle mark reguleer.

Dit verstom my ook hoe iemand so eensydig die westerse media kan vertrou.
„Die Welt“ koerant en Forsa navorsingsinstutuut is die slegste voorbeelde vir onafhanklikheid in Duitsland. Selfs ander meningsvorsersinstitute in Duitsland distanseer hulle van Forsa wat die sosiaal „demokratiese“ partei na staan en die SPD altyd met 15 % te hoog peil voor verkiesings. Ook ’n „Welt“ koerant joernalis is deur die AfD partei ontblood vir leuns.
Die Welt koerant is ’n marionette van die Duitse regering en behoort aan die tabloit uitgewery Axel Springer.

https://jungefreiheit.de/politik/deutschland/2016/afd-erhebt-schwere-vorwuerfe-gegen-welt-journalist/

https://jungefreiheit.de/pressemitteilung/2016/e-mails-an-afd-belasten-welt-journalist-guenther-lachmann/

Baie Duitse joernaliste word deur die USA administration gesmeer of gekoop.

http://www.neopresse.com/medien/exklusivinterview-mit-udo-ulfkotte-gekaufte-journalisten-ist-noch-untertrieben/

Leopold Scholtz ·

Beste Merkur, twee punte: (a) Junge Freiheit, waarvan jy die skakel gee, is ‘n ekstremisties-regse blad wat gevaarlik naby aan neo-Nazisties is. Die blad het ‘n verwaarloosbare sirkulasie en het bitter min invloed. Ek sal Junge Freiheit nie as bewysmateriaal gebruik as ek jy was nie. (b) Natuurlik is daar joernaliste wat hulle laat omkoop. Dit het in SA ook gebeur toe Ebrahim Rasool ‘n joernalis van die Cape Argus omgekoop het om vriendelike artikels oor hom te skryf. Maar om nou die Duitse koerante voor die voet as omkoopbaar voor te stel is gewoon ‘n leuen. Die Welt is ‘n behoorlik konserwatiewe koerant en word wyd gerespekteer. Maar natuurlik, as jy self in die uiterste regse hoek sit, is alles wat nie heeltemal met jou saamstem nie, omkoopbaar en links, nie waar nie?

Merkur ·

Ek vra om verskoning vir my deelteliks onhoflike kommentaar twee dae gelede.
Wat vir my geen sin maak nie is dat ’n bewys sy geldigheid verloor net omdat dit in ’n (volgens jou) “ekstremisties-regse“ blad verkyn. Dieselfde berig staan ook in Der Spiegel.
(Wat, byvoorbeeld, skryf of publiseer Die Junge Freiheit om as „ekstremisties-regs“ te geld?)

Interessanter is die interview met Udo Ulfkotte oor sy boek oor die ´Trans Atlantiese Brug´ waar baie Duitse joernaliste gekoop word.

Die kategorieë links en regs is besig om hulle geldigheid te verloor. Miskien kan ’n mens die westerse wêreld vandag eerder in pro en kontra establishment indeel waar die pro beweging graag dink hulle is die eerbares. Om as „regs“ klassifiseer te word het geen effek op my nie. Dis ’n ou taktiek van die 68-ger beweging om anders-denkende mense te diskrediteer.

Merkur ·

My antwoord is aan Mnr. Scholtz gerig. (Jammer, het ek uitgelaat.)

Frans C ·

Die geskiedenis van die mense op planeet aarde is deurspek van ryke wat kom en gaan en was wêreldvrede nog altyd ‘n pypdroom. Dit is nou eenmaal so dat vir elke aksie daar ‘n teenreaksie sal wees en dat terwille van die handhawing van balans daar altyd ‘n ander boelie moet wees om ander boelies in toom te hou.

Gebeur dit nie is daar wydverspreide onrus.Amerika het van Saddam Hussein op wat nou blyk verdagte omstandighede ,verwyder en die midde Ooste in chaos gedompel. Ten midde van die chaos het ‘n redelik magtelose weste en Amerika toegekyk hoe Rusland die gaping gesien het ,stuur nog meer oorlogsmateriaal in die vorm van skepe en vliegtuie na Sirië en laat reën bomme op die inwoners van Alepo en hou sou ‘n ander diktator aanbewind.

Onder President Obama het die Amerikaanse militêre invloed afgeneem en is nie instaat
om die Russiese invloed teen te staan nie.Rusland vee eenvoudig sy agterent af aan alle onderhandelinge en staan Eurpese nasies feitlik magteloos om die stroom vlugtelinge te hanteer.’n Domino effek van ‘n chaotiese midde Ooste.

Frans C ·

In aanvulling van my vorige kommentaar.Hoe lyk dit nou plaaslik. ‘n Weermag wat eens ‘n gedugte wapen was het verval tot ‘n tandelose hond en kry redelik maklik slae waar dit op sg vredesmissies is.
Die jeug van die land en misdadigers het ontsag vir enige vorm sekuriteitmagte, brand
skole en dele van Universiteite af terwyl die polisie en privaatsekuriteitslede onder klippe
en bottels deurloop.
Dit is kenmerkend van ‘n bewind onder wie korrupsie ook sy tentakels in polisie en weermag het en die se gesag deur ‘Comrades’ aanstellings so verwater is,dat dit nie langer meer gevrees word .Ongeveer +- 5 % van alle moordenaars beland in die tronk wat dan beteken dat 95% vry rondloop omdat die polisie sukkel om sy dienste na behore te verrig.

Frans C ·

Merk op wysiging het nie deurgegaan nie :moet lees ‘ geen ontsag.’

Leopold Scholtz ·

Beste Crisp, jy het sekere pertinente bewerings oor die binnewerkings van die Westerse media gemaak. Jy moet tog ‘n sekere ervaring of kennis daaroor hê as jy sulke dinge wil sê, of is ek nou onbillik? Het die “post-feitelike” era jou ook al getref? Wat Poetin betref, ek bestudeer die internasionale politiek – ook die ou Sowjetunie en die latere Rusland – beroepshalwe nou al sedert 1975. Ek weet nie wat Poetin alles vir Medwedef agter die skerms sê nie, maar ek het ‘n goeie idee wat hom beweeg. Ek maak nie uitsprake oor sake waarvan ek niks weet nie. Dankie vir die goeie wense!

BA ·

Ek dink die outeur verloor bietjie rigting na ‘n baie goeie begin wanneer hy verval in eensydige kritiek teenoor Putin en Rusland, skynbaar omdat hy vertrou op die weergawe wat in Westerse nuusmedia versprei word eerder as eerstehandse inligting. Dit is waar dat die Russiese regering onaanvaarbaar baie invloed het oor die Russiese media, maar wat uitgelaat word is dat meeste Russe toegang het tot satelliet-TV en die internet, en dat hulle oor die algemeen hulleself buitengewoon goed inlig. Hulle ondersteun Putin nie net vir die redes wat in die artikel genoem word nie, maar ook die feit dat hulle lewens onherkenbaar verbeter het sedert die einde van Yeltsin se bewind. Dit sluit in verbeteringe in hulle finansies, dienslewering, vermindering van die Mafia se invloed, ‘n skerp verlaging in korrupsie teenoor die 90’s, verbeteringe in die infrastruktuur, polisiëring, ens. Hierdie is nie wat ek in die “Russiese propaganda” lees nie, maar wat ek met my eie oë oor ‘n tydperk van meer as 16 jaar se gereëlde besoeke gesien het. Die feit dat meeste ex-pat Russe vir Putin gestem het in die onlangse verkiesing, tenspyte daarvan dat hulle nie blootgestel is aan sy “propaganda” nie, is dalk ‘n aanduiding dat daar meer agter hom sit as jou gemiddelde “diktator”. En gepraat van ekstremiste – vergelyk ‘n tipiese toespraak van NAVO se Jens Stoltenberg met een van Putin (as jy al ooit na een geluister het), en vertel vir my wie van die twee klink meer na ‘n ekstremis.

Bert ·

Poetin posisioneer ook homself as iemand wat sosiaal-konserwatiewe waardes en die tradisionele gesin ondersteun. Daarmee het hy die woede van die magtige pro-gay beweging en hul surrogate in die hoofstroom media los gemaak. Hulle wil hom daarvoor vernietig.

Leopold Scholtz ·

Beste Bert, ek kom ook gereeld in Rusland. Die mense wat so toegang tot die Westerse media het, woon hoofsaaklik in Moskou en St Petersburg. Ry bietjie buite die stede, en jy sien net Derde Wereld om jou heen. En dis waar Poetin se groot steun lê. Groetnis

BA ·

Leopold, ek neem aan jou antwoord was op my gerig en nie Bert nie. Jy kom duidelik nie so gereeld in Rusland as wat jy voorgee nie, want die mense waarna ek verwys en waar ek gewoonlik kuier bly nie in Moskou of St Petersburg nie. Inteendeel, ek ken niemand wat tans in een van daardie twee stede bly nie, alhoewel my stelling natuurlik vir daardie stede ook sal geld gebasseer op wat ek in die kleiner stede ondervind. Met meer as 70% van Russe wat in stede bly, kry Putin duidelik ‘n baie noemenswaardige gedeelte van sy steun uit stedelike gebiede ook, so ek twyfel in elkgeval of jou stelling oor waar sy steun le akkuraat is. Verder, alhoewel daar baie klein dorpies is waar mense wel permanent bly, behoort die grootste gedeelte van die houthuisies wat jy buite die stede sien aan mense wat in die stede bly en hulle as somershuise gebruik. Omdat hulle nie heeltyd bewoon word nie is dit skaars verbasend dat baie van hulle so vervalle lyk. Natuurlik is daar mense wat baie primitief in landelike gebiede in bv Siberie bly, maar dit is ‘n klein persentasie van die totale populasie. Ek is ook seker dat jy oor die afgelope 15 jaar of so die geweldige aantal luukse huise gesien het wat buite die groter stede begin opsring het? Dit is iets wat jy defnitief nie 15 jaar terug gesien het nie.

Bert ·

Die onoorbrugbare probleem wanneer daar met establishment joernaliste soos Scholtz geredeneer word is dat hulle dink dat hul posisie outomaties die ‘redelike’ sentrum verteenwoordig en enige teëspraak teen die sentrum en sy instellings word afgemaak as ‘verregs’. Dit terwyl die ‘sentrum’ sonder enige twyfel oorlogsugtig en ekstreem is, op ‘n massiewe groter skaal as Poetin. Trek dus die ander een Leopold wanneer jy vir ons wil vertel dat die Weste die ‘goeie ouens’ is.

Leopold Scholtz ·

Beste Bert, wanneer het ek die Weste as so vreedsaam voorgestel? Ek neem aan jy het my artikels baie goed bestudeer. Herinner my bietjie – waar ek wanneer het ek sulke stellings kwytgeraak? Ek dog ek probeer (let wel – probéér) die internasionale politiek analiseer. Nogmaals, as oortuigde demokraat (let op die klein “d”) kan ek – en trouens niemand anders nie – onmoontlik 100% objektief wees. Maar ek het ‘n vermoede ek is nader aan die waarheid as die klomp mense wat hul siele aan ‘n diktator verpand het. Of hoe?

BA ·

Ek wou ook kommentaar lewer oor die stelling i.v.m. Rusland se “agressiewe beleid in die Krim” wat in die artikel genoem word, aangesien ek twee vriende het wat daar bly. Volgens hulle was die herintegrasie met Rusland die beste ding wat ooit met hulle gebeur het. Voorbeelde van die punte wat hulle gemaak het: Amper onmiddelike vermindering in korrupsie, beter finansiële ondersteuning vir besighede van die Russiese regering, groot verhogings in salarisse en veral pensioene, verlaging en selfs eliminering van onregverdige belasting (wat voorheen landbou byvoorbeeld amper heeltemal onprakties gemaak het). Bo-en-behalwe dit hoef die meer as 80% van die mense wat Russies as hulle moedertaal praat in die Krim nie bekommerd te wees oor die status van hulle taal nie (een van die grootste bekommernisse tydens die coup). Verder het hulle ook heeltemal die geweld in die res van die Oekraine misgeloop. Is al hierdie punte wat hulle gemaak het tipies van wat jy sal lees in die wonderlike onafhanklike Westerse media? Laastens, die stelling: “byna geen georganiseerde politieke opposisie is meer moontlik nie”. Hoe verduidelik die outeur die feit dat Putin se party slegs 54% van die stemme ontvang het in die onlangse verkiesing, wat slegs 3% meer is as die persentasie stemme wat Barack Obama in 2012 ontvang het. Ek stry nie dat hulle stelsel nie heeltemal aan “Westerse standaarde” voldoen nie, maar ek dink daar word baie erg oordryf oor hoe sleg dit is, veral in vergelyking met baie ander lande wat hulleself as demokraties voorhou.

Leopold Scholtz ·

Beste BA, kyk goed wie die ander partye is en wat hul beleidsrigtings is. Daar is bitter min van hulle wat die liberale demokrasie steun. Die meeste partye steun Poetin klakkeloos. Dis amper soos in die ou Oos-Duitsland, waar ander partye naas die kommuniste toegelaat is, mits hulle die kommuniste in die parlement steun. Poetin-hulle het die lewe vir die egte opposisie so bemoeilik dat hulle feitlik geen vergaderings kon hou of reklame vir hulself kon maak nie. Geen wonder nie dat byvoorbeeld Jabloko, ‘n liberale party, geen enkele setel in die Doema kon wen nie. Nee, ek is bevrees van demokrasie is daar in Poetin se Rusland regtig geen sprake nie.

Leopold Scholtz ·

Beste BA, jammer dat ek jou en Bert met mekaar verwar het. Ek was net iets meer as twee jaar gelede vir die laaste keer in Rusland. Dis waar, die meeste mense bly in die stede. Waar dink jy het die groot onluste van 2011 plaasgevind toe tienduisende mense die strate ingestroom het om te protesteer teen Poetin (volgens hulle, reg of verkeerd) se “diefstal” van die verkiesing? Reg: In Moskou en St. Petersburg. Intussen het hy die lewe van opposisiegroepe byna onmoontlik gemaak. Vriend, hoekom erken jy nie eenvoudig dat jy Poetin se diktatuur steun nie? Dan weet ons mos almal waar ons staan. Ek kom openlik daarvoor uit: Ek is ‘n demokraat. Met demokratiese groete!

BA ·

Beste Leopold. As jy meer as twee jaar gelede daar was is ons duidelik nie heeltemal op dieselfde vlak wanneer dit kom oor insig oor wat binne-in die land gebeur nie. Ek gaan ten minste eenmaal ‘n jaar soontoe, ek praat, lees en skryf die taal en ek is aktief in die Russiese gemeenskap in Suid-Afrika. Ek is 15 jaar gelukkig getroud met ‘n Rus, so helfde van my familie woon daar – wat natuurlik my belangstelling en simpatie met die land en sy mense verduidelik. Jy praat van die Moskou “For Fair Elections” optogte: Volgens die organiseerders het sowat 160,000 mense aan die optogte deelgeneem op die besigste dag, volgens die polisie 35,000. Uit die 12 miljoen wat in Moskou bly, twyfel ek of dit regtig verteenwoordigend van die gemiddelde Rus is, veral in die lig van die “Anti-Orange” en “Pro-Putin” optogte oor dieselfde tydperk met soortgelyke ondersteuning. Ek kan ook nie erken dat ek eenvoudig “Putin se diktatuur steun” soos jy dit noem nie, want ek het ongelukkig reeds kritiek teenoor hom in my antwoorde hierbo gegee, byvoorbeeld: “…onaanvaarbaar baie invloed oor die Russiese media…”, so ek dink ‘n liefdesverklaring vir die man sal dalk bietjie oneerlik voorkom. Nietemin het ek verskeie redes gegee waarom hy soveel steun het onder die Russe en meeste van die punte wat ek noem word gerieflik geignoreer deur diegene wat hom as ‘n eenvoudige diktator voorhou en selfs direk met Hitler of Stalin vergelyk.

Leopold Scholtz ·

Beste BA, wel jy het basies te kenne gegee dat ek niks van Rusland weet nie, en dis nie waar nie. Ek gee toe dat die meeste Russe Poetin tans steun, peilings wys dit duidelik. Daar is twee redes hiervoor: Hy wakker die Russe se nasionalisme aan, en hy beheer verreweg die meeste media. As jy so dikwels in Rusland kom, sal jy weet dat daar op die Russiese televisie niks gesê word oor die Russiese bomme op Siriese skole en hospitale nie, slegs hoe fantasties die Russiese weermag teen “terroriste” veg. Niemand anders kry basies ‘n kans in die Russiese media nie. En terloops, ek het hom nie regstreeks met Hitler en Stalin vergelyk nie. Maar jy kan op jou kop gaan staan, dit verander nie die feit dat hy ‘n diktator is nie!

DewaldS ·

Leopold.

Waar is die bewyse dat Russiese bomme op Siriese skole en hospitale reën? Nie dat jy die verskil tussen ‘n bewys en ‘n media-versinsel sal kan verstaan nie, maar jy moet besef dat jy ‘n geweldige aantyging maak en dat dit met bewyse moet gepaard gaan. Die Siriese regering ontken dat die Russe enige sulke dade gedoen het?

Die Siriese regering is steeds die wettige regering in Sirië. Die Russiese magte is daar op uitnodiging van die Siriese regering. Dit maak van die VSA en van die ‘rebelle’-magte wat deur hulle gesteun word onwettige magte en inderdaad terroriste in daardie land. Maar jy aanvaar hulle aantygings teenoor die Russiese magte. Ja – ek weet – jy gaan nou een of ander verslag van een of ander ‘onafhankilke observeerder’probeer voorlê as bewyse. Maar daar is net soveel onafhanklike observeerders wat die VSA magte en hulle meelopers (bv België) daarvan beskuldig dat hulle die bomme op siviele teikens gooi.

Julle mense van die media dink omdat so baie van julle saam lieg en dieselfde liegstorie vertel dat dit dan sommer die waarheid word?

BA ·

Leopold, ek merk op die twee redes wat jy aangee waarom die Russe tans vir Putin steun sluit nie enige van die redes in wat ek genoem het nie. Dink jy regtig daardie redes, soos die verbeteringe in lewenskwaliteit onder sy bewind, het geen impak op hulle opinies van hom nie? Dit is verrassend dat jy daardie redes so onbelangrik ag. Noem byvoorbeeld Yeltsin en meeste ouer Russe sal jou vertel van maande, somtyds jare, waar hulle geen salaris ontvang het nie. Dit het nooit onder Putin gebeur nie. Ek daag jou ook uit om uit te wys waar ek geskryf het dat jy “niks van Rusland weet nie”. Wat ek egter wel glo is dat jou opinies en gevolgtrekkings op baie min eerstehandse inligting gebasseer is, en dat jy baie selektief met jou bronne is, wat nie eienskappe van ‘n goeie navorser is nie. Wat jou kommentaar or Sirië betref: Ek het reeds my misnoë met die Russiese media meegedeel so ek het geen belangstelling daarin om hulle te verdedig nie, behalwe om uit te wys dat die BBC ook nie veel te sê het oor sterftes in regerings-beheerde gebiede as gevolg van aanvalle deur die militante groepe wat deur die Weste bewapen word nie. Ek het duidelik net so min vertroue in die Westerse media as die Russiese media. My redes daarvoor is wyd, en sluit in verskeie van Noam Chomsky se boeke oor die onderwerp, wat terloops ooknie beteken ek stem altyd saam met hom nie.

Henry ·

Wat ‘n lekker, vrugbare en insiggewende debat wat tussen BA en Leopold S gevoer word!

Enersyds is daar aanduidings dat Putin ‘n gewetenlose diktator is en wat veral in die Westerse media as sulks aan ons gesmous word. Andersyds is hy duidelik ‘n staatshoof met ‘n onwrikbare lojaliteit teenoor Rusland en sy mense, wat ook die respek en agting van die meerderheid Russe geniet.

Dat hy ‘n voormalige kolonel in die ou KGB was, verleen – mynsinsiens – verdere luister aan ‘n man wat ligjare voor talle van sy Westerse teenstanders is. Duidelik dat die meerderheid van sy skuiwe op die internasionale skaakblad deeglik beplan is en op uitstekende intelligensie en voorkennis berus.

Lekker om die verskillende standpunte waar te neem en wat bloot bevestig dat g’n iemand vir Putin in ‘n boksie kan plaas nie – soos wat ons met meeste politici en hul staatshoofde kan maak.

Putin is ‘n politieke yster van formaat.

Henry ·

Jammer, tweede laaste sin moet lees:

– soos wat ons WEL met meeste politici en hul staatshoofde kan maak.

Leopold Scholtz ·

Ou nefie Dewald, jong, jy raak so heftig dat jou ma netnou jou mond met seep sal wil uitwas. Almal lieg, net jy nie. Vadertjie ons. Gaan kyk die volgende skakel van die organisasie Human Rights Watch, waar 87 menseregte-organisasies die Russe aankla van wat eintlik neerkom op oorlogsmisdade. https://www.hrw.org/news/2016/10/24/un-russias-role-syria-raises-questions-about-bid-human-rights-council. Maar o gaats, ek vergeet skoon: Dis alles liegstories. En ek is ‘n skaamtelose leuenaar. Jong, ek gaan nou eers afmeld hier. Ek moet diep gaan nadink oor my volgende leuen. Lekker naweek vir jou! (Nee, ek lieg, ek bedoel dit nie!)

Dewalds ·

Leopold,

Ek het so paar van daardie NGO’s gaan opsoek en gaan kyk waar hulle gesetel is en na waar hulle befondsing vandaan kom. Saudi-Arabië? Met hulle wonderlike mense-regte? Turkeye? Navo-lande – hahaha – ja – daardie NGO’s sal mos nou objektief teenoor Rusland staan!?

You can fool most of the people most of the time, but not all of the people all of the time, Leopold. Maar hoekom kies jy nie SELF tien van daardie 87 organisasies self uit en dan gee jy my en mense soos ek so tot Maandag/Dinsdag om daardie organisasies uit te wys vir wat hulle regtig is nie?

Leopold Scholtz ·

My liewe nefie, uiteraard ken ek nie al die organisasies wat genoem word nie. Ek ken wel Human Rights Watch, ‘n hoogs gerespekteerde menseregte-organisasie wat ook al jou groot bondgenoot in bewondering jeens Poetin, Jacob Zuma, behoorlik bygekom het. Maar selfs al sou, soos jy suggereer, sommige uit Saoedi-Arabië, Turkye of Navo-lande kom, wat daarvan? Met alle respek, nefie, jy verwar twee begrippe met mekaar: Objektiviteit en kritieklose bewondering vir Poetin. Uit jou bydraes blyk dat jy alle kritiek op Poetin as doelbewuste leuens beskou. Dis hoekom jy my sommer so in my gesig daarvan beskuldig dat ek ‘n leuenaar is. Nou ja, dit sê seker meer van jou as van my.
Voorts: In ‘n vorige bydrae hoër op het jy tereg gewys op die feit dat die Assad-diktatuur (altans streng volgens die volkereg) die legitieme regering van Sirië is, en dat hy Rusland – soos sy reg is – om bystand gevra het. 100%. Jy sou vraagtekens by Poetin se motivering kon plaas, maar dis ‘n ander saak. Dit gaan om die wyse waarop Assad en Poetin veg, die oorlogsmisdade wat hulle pleeg. En voor jy nou weer blaak van woede, dit beteken nie outomaties dat ek meen die rebelle is onbevlek nie. My dekades lange ervaring van die studie van oorlogvoering wys dat oorlog ‘n verruwingseffek het wat alle partye aantas.
Ten slotte, neef, probeer maar jou deelname aan die debat op ‘n effens beskaafder manier voer, asseblief. Jy is immers ‘n Scholtz. Lekker naweek vir jou!

DewaldS ·

Dokter Scholtz – jy praat van jou pa daar in jou artikel. Net jy sal weet of hy sal trots wees met die manier wat jy met al die skakerings van die waarheid omgaan. Maar ek (as ‘n Scholtz) sal verwag dat iemand soos jy ook ‘n artikel sou skryf (waar jy die leierskap erg sou aanval) oor bv die VSA wat in Sirië betrokke is in die rol van onwettige invallers, wat sonmige van hulle eie wette oortree deur terroriste-groepe te ondersteun, wat ook gereeld burgerlikes dood en wat Siriese magte ook gedood het in ‘n lug-aanval. Ek sou verwag het dat iemand van jou statuur hulle media se objektiwiteit ten sterkste sou bevraagteken. Ek sou verwag het dat iemand soos jy vir President Putin sou prys vir sy oordeelsvermoë – as hulle VSA vliegtuie oor Sirië sou afgeskiet het (wat 100% binne tegniese internasionale reg sou wees) dan was ons reeds binne ‘n kern-oorlog. Maar ek glo jou pa sou trots geweea het op jou gebalanseerde bydraes en ook op jou konsekwente standaarde waar dit verskillende lande aangaan. Ek het nou genoeg geskryf. Ek sluit nou af. Jy is ‘n slim man. Die res van jou lewe is joune – jy is in ‘n posisie om ‘n werklike verskil te maak. Doen dit en sterkte daarmee.

Leopold Scholtz ·

Beste BA, Nee, ek het geskryf dat jy “basies te kenne gee dat ek niks van Rusland weet nie”. Jy het dit weliswaar sagter gestel (“As jy meer as twee jaar gelede daar was is ons duidelik nie heeltemal op dieselfde vlak wanneer dit kom oor insig oor wat binne-in die land gebeur nie. “), maar dit kom tog daarop neer dat ek nie goed op die hoogte is nie. Vriend, ek was in die tyd van die USSR en weer in die Jeltsintyd verskeie kere daar, en ook in die Poetin-tyd. Ek weet hoe sleg dit destyds gegaan het. Ek het dan ook in verskeie artikels melding gemaak van hoe Poetin die Russe se nasionale trots herstel het. Net soos Bismarck die Duitsers van die demokrasie ontneem het deur nasionalisme aan hulle te gee, so maak Poetin ook. En intussen kan jy – met alle respek – steeds nie ontken dat Poetin alle sprake van vrye denke besonder moeilik maak nie. Dit baseer ek nie op eensydige bronne nie. En nie alles wat in die Weste geskryf word, is leuens nie, Terloops, dankie vir jou bydraes. Ek geniet die gesprek met jou en die ander. Lekker naweek!

Leopold Scholtz ·

Beste Dewald, dis dieselfde Human Rights Watch. Transparify skryf: “HRW is one of six U.S. think tanks to receive a 2-star rating in the report, meaning that a visitor to the organization’s website can find information about all or most of its major donors, but little or no financial information about how much those donors gave.” Is dit dan so ‘n verskriklike misdaad? Beteken dit op sigself dat HRW lieg oor Rusland se optrede in Sirië?
Dan, tweedens: Jy lees maar baie selektief wat ek skryf. Ek het al sedert die laat jare tagtig gereeld skerp kritiek op Amerika se inmenging in allerlei buitelandse situasies in artikels gelewer. Die stukke is almal êrens op die internet, met ‘n bietjie moeite sal jy honderde daarvan kan opspoor. Wat Poetin (let op die Afrikaanse transliterasie) betref, gaan lees wat ek byvoorbeeld die laaste maande oor hom geskryf het, dat hy ‘n briljante taktikus is wat kringe rondom Obama hardloop, maar dat sy strategiese talente bevraagteken kan word. Kyk, ek probeer (let op die woord)die internasionale politiek analiseer. Wat gebeur, hoekom gebeur dit, en watse implikasies het dit? My uitgangspunt is nie om Poetin te prys of aan te val nie. En dat jy die Siriese regering se ontkenning van sy eie misdade so oombliklik aanvaar, gaan my verstand te bowe. Jong, hoe kan jy so naïef wees? In elk geval, dankie vir die goeie wense. Jy ook. Ek sluit nou ook die gesprek af.

Henry ·

Met alle respek – om Putin se strategiese vermoëns/talente te bevraagteken, kan vorentoe tot nog groter verrassings/ontnugteringe lei.

Putin se langtermyn doelwitte/strategie is mynsinsiens gemik op die herstel van Rusland se status as ‘n wêreldmoondheid. Met die inploffing van Marxisme vanaf die laaste gedeelte van die tagtiger jare, het die Russe groot verliese op die internasionale politieke terrein gely.

Putin se taktiese vaardighede wat meer indrukwekkend is as enige van sy Westerse teenstanders s’n, lewer ook voldoende bewys dat mens nie sy strategiese insigte moet geringskat nie. ‘You will do so at your own peril’ soos my Engelse buurman sou sê.

Die Russe se betrokkenheid in Sirië en die Midde Ooste het alles te make met Rusland se strategiese doelwitte/ geopolitiese doelwitte – naamlik die beskerming van hul toegang tot warmwater hawens, asook die uitbreiding van sulke bates. Dit is sedert Peter die Grote se bewind ‘n vereiste – wat as noodsaaklik beskou word – om Rusland se voortbestaan en welsyn te verseker. Natuurlik wil die westerse teenstanders, onder NAVO se vaandel, Rusland se planne in die wiele ry.

Putin met sy onwrikbare lojaliteit en magstrewe, verseker dat hy alles binne sy en Rusland se vermoëns in die stryd sal werp, om Moeder Rusland weereens as ‘n toonaangewende leier op die wêreldfront te vestig.

gatiep ·

Ok hier mag ek nie baie se nie anders word ek weer gesensor.
Hoop net die mense se oe gaan oop voor dit te laat is meskien moet ons afrikaner begin vry na Russia vir hulp want die weste is besig om van ons ontslae te raak stil stil.
Putin het baie goeie morele waardes wat die weste haat,en ek wonder hoekom?
Putin is diktator in hulle oe en mugabe n goeie ou?Hoekom gooi hulle nie bomme daar nie is daar nie genoeg olie en gas daar nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.