Ekstremiste in VSA se optrede moet verwerp word

Amerikaanse-vlag

Foto: pixabay.com

Die wêreld is die afgelope naweek geskud met die gewelddadige betogings en teenbetogings in Charlottesville in die VSA wat tot die dood van een betoger, twee polisielede en talle ernstige beserings aanleiding gegee het. Regses en linkses het mekaar so erg beetgekry dat ’n noodtoestand in die stad afgekondig is.

Charlottesville in die deelstaat Virginië is ’n klein stad met net minder as 50 000 inwoners. Twee Amerikaanse presidente, Thomas Jefferson en James Monroe, is van Charlottesville afkomstig. Jefferson het die Universiteit van Virginia in Charlottesville gestig en vandag is dié universiteit steeds ’n gerespekteerde universiteit. Charlottesville het ook verskeie ander talent opgelewer, onder wie die literêre reuse Edgar Allan Poe en William Faulkner.

Gedurende April vanjaar het die stadsraad van Charlottesville besluit dat die standbeeld van die bevelvoerder van die weermag van die Gekonfedereerde State van Amerika tydens die Amerikaanse Burgeroorlog, genl. Robert E. Lee, uit ’n park in die stad verwyder moet word. Dit volg nadat talle ander stede oor die hele Amerika die afgelope tyd besluit het om soortgelyke standbeelde te verwyder.

Die vraag oor Robert E. Lee is ingewikkeld, maar hy was ’n waardige bevelvoerder vir sy tyd en het ’n ambisieuse militêre stryd teen die Yankies van die noorde van die VSA gevoer. Lee het tydens die oorlog sy swart slawe vrygestel en dit is bekend dat hy ná die oorlog goeie rasseverhoudinge gehandhaaf het. Oor veral die suide van Amerika word Lee vir sy leierskap, dapperheid en die vlam van vryheid wat hy en sy magte so lank tydens die Burgeroorlog lewendig gehou het, onthou en gerespekteer. Lee se denke oor ras sou in vandag se terme as kras rassisties beskryf kon word, maar vir sy tyd was dit grootliks normaal. Daar is sekerlik goeie argumente vir en teen die nalatenskap van genl. Lee.

Dat daar in Amerika ’n wesenlike aanslag teen die Gekonfedereerde State se geskiedenis heers, is waar. Dat daar oor die algemeen onder talle wit Amerikaners ’n gevoel van vervreemding oor die afgelope paar jaar ingetree het, is ook ’n feit. Donald Trump het sy verkiesing juis aan hierdie vervreemding te danke.

Talle pogings van geloofwaardige instellings wat historiese monumente beskerm, is sedert April aangewend om die verwydering van die Lee-standbeelde stopgesit te kry. Talle hofsake daaroor moet nog voorkom. Die besluit van Neo-Nazi’s en mense met ekstremistiese en kras rassistiese slagspreuke en motiewe om die afgelope naweek op Charlottesville toe te sak om in hul eie woorde Lee se standbeeld “in beskerming te neem”, is ’n ramp.

Die uitdaging vir konserwatiewe individue en groepe wat die beskerming van kultuur en identiteit voorstaan, in die VSA en talle ander plekke in die wêreld, is om nie toe te laat dat ’n redelike klein geïsoleerde groep ekstremiste hul saak vernietig nie. Wat die afgelope naweek in Charlottesville gebeur het, is vernietigend vir die billike argumente van gematigde groepe wat Lee se standbeeld wil beskerm.

Konserwatiewes in die VSA moet juis die optrede van Neo-Nazi’s en Ku Klux Klan-groepe hard en duidelik verwerp. Natuurlik was die teendemonstrasies ook onaanvaarbaar, maar geen regdenkende konserwatiewe mens kan simpatie toon vir die ekstremiste se gedrag nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Eish ·

Kultuurverskille is die wese van onversoenbaarheid tussen rassegroepe. Was nog altyd en sal altyd so wees. Geen land kon integrasie ooit suksesvol bestuur nie. Dis dan die wese van die opdrag van die Almagtige toe Hy die beloofde land aan die Israeliete gegee het.

Boerseun ·

Sal aanhou solank die globalists en hul media huise die skapies kan beheer en multiculturism in ruil vir goedkoop vermaak kan verkoop.

Therese van Schalkwyk ·

Dat Amerikaners nou sowaar die Burgeroorlog wil óórveg na al die jare!
Hoe belaglik om ‘n land se geskiedenis deur die verwydering van standbeelde te probeer regmaak of ontken.

Hierdie ontstellende gebeure kon egter voorkom word as die reg op vryheid van spraak vir álle mense gegeld het. Wanneer ‘n wettige saamtrek gereël is, behoort “counter protests” nie terselfdertyd toegelaat word nie, maar kan bv. ‘n dag later plaasvind. Dis tog net gesonde verstand.

JC ·

“regmaak” Therese? Ontken, geskiedenis hersiening (die siek en walgende praktyk van ” historical revisionism” -in Engels) maar NIE”regmaak” nie. Daar is niks om reg te maak nie.

John ·

Hoeveel standbeelde pryk in Orania se heldeakker? Ons hoop dit is omhein en van sekuriteitsapparaat voorsien vir vroegtydige waarskuwings. Radikale elemente lief sulke items want dit lok erge emosies uit. In die VSA wil die minderheid met behulp van die Demokrate aanhou regeer na Obama se ‘regstellende aksies’. Met almal daar wat genoeg wapens besit vir ‘n eeu se bloedige gevegte is hierdie dalk net die begin van die smarte…

JC ·

Hulle moet dit maar oor en klaar en verby kry John. Hierdie is nou die “pragtige” nalatenskap van Obama.
Amerikaanse “liberalisme” is ‘n geestesongesteldheid. Ek kan werklik nie die regse ouens blameer wat oorreageer het nie, want die linkses se gedrag is ondraaglik uitlokkend en uittartend!
Ek weet aan wie se kant ek is.

Meatloaf ·

Die voorval waarna hier verwys word het geensins die Wereld geskud nie. Komaan, weereens n skrywer wat n berg van n molshopie maak. Hierdie het skaars die agterblad hier gehaal, buiten vir CNN wat altyd sal en wil n gebeurtenis opblaas om Trump in n slegte lig te wil stel. Ja, daar sal altyd n handjievol rednecks wees wat verdwaald hier sal rondloop, verseker. Maar om dit nou te vergelyk met n Wereld opskudding, nee wraggies man.

Eish ·

Dankie vir die perspektief want ek was onder die indruk ek was dalk in n koma dat ek nie weet van die opskuddining nie.

wesley ·

Wereld skudding dalk nie, jy weet mos hoe joernaliste soms wil dinge oordryf vir die effek daarvan om meer lesers te lok, maar daar is mense dood, wat n groot tragedie is, en hieroor n standbeeld van n man van vlees en bloed. Ek is ook lief vir my mense se geskiedenis, maar hel dit is nou ver gevat…

Kom Ons Boks ·

Jaco is in die kol. Hierdie ding is voorbladnuus op al wat ‘n Amerikaanse koerant is. Europa hou dit dop want dit is binnekort hul voorland. Die linker-vleuel hou dit dop want dit is iets om Trump en sy ondersteuners afbrekend mee by te kom. Konserwatiewes hou dit dop want die kaping en welliswaar oorlewing van hul waardes is op die spel. Die wereld hou dit dop want hoe kan so iets gebeur in die oudste, en mees verdraagsame, demokratiese samelewing op aarde? Die ongemaklike antwoorde hierop, liewe Meatloaf, is hoekom mense liefs probeer om ‘n molshopie van ‘n bergreeks te maak…

Lampies ·

Hoe dan nou, Jaco? Het die sogenaamde neo-nazis met hulself slaags geraak? Waarom net die een kant veroordeel? Wat het die ander groepering daar gesoek, behalwe moeilikheid? Dit was immers ‘n wettige optog!

Boerseun ·

Wat is Jaco se agenda? Hy klink soos ‘n buikspreker vir die linkse onvergenoegdes.

Meatloaf ·

Eish, met jou eerste kommentaar slaan jy die spyker op sy kop. Moet egter byvoeg, die VSA is sekerlik die land waar dit vir honderde jare al seepglad werk. Geen land op hierdie ronde bal van ons huisveg en verwelkom meer immigrants jaarliks van bykans enige ander land. Tot en met 2016 is die nie- gebore bevolking van die VSA al 45 miljoen.

Ashlee ·

Dan moet n ou sommer byvoeg. Van die 45 miljoen was en is daar kinders en kleinkinders wat wel in die VSA gebore was. Al 70 miljoen van hulle. So nou staan ons al op 115 miljoen, siedaar.

Bert ·

Die Antifa teenbetogers was die ware varke in die verhaal tog fokus Jaco op die regse ‘ekstreme’. Dit wys hoe effektief die linkse media met sg konserwatiewes se koppe smokkel. Plaas skryf Jaco oor watter uitvaagsels die antifa is.

Boerseun ·

Dankie, ons ras is onder beleg, en dan kom ons “eie” mense en trap ons verder in die grond in.

JC ·

Ek stem saam Bert, jy slaan die spyker op sy kop, dankie.
” I just about had enough of this nonsense!”

Johan ·

En die nuutste is dat die gepeupel eenvoudig die standbeeld ompluk en vernietig – terwyl die “Demokratiese” goewerneur se polisie ook hier niks doen nie. Wat ‘n vieslike skande en pligversuim.

Boerseun ·

Moet tog net nie vir Jaco of Flip kritiseer nie, MM is baie sensitief vir die waarheid. Maar jy is reg, Jaco weet ongelukkig nie waarvan hy praat nie en soek die vyand op die verkeerde plek.

Boerseun ·

Staat het eensydig op getree teen die alt right(wat ek nou nie hoop jy noem ver regs nie) wat wetlike toetemming gehad het om protes aksie te hou. Eers na antifa en die black lives matter gemobiliseer en mense aangeval het was die national guard in geroep. En hoe was die helikopter ongeluk kastig ver regses se skuld. Die keer stem ek nie met jou saam nie , bietjie van n CNN mening wat nie gewoonlik in jou meenings is nie. Maar nou ja om wit wees is duidelik n crime against human kind.

Boerseun ·

Op die ou end jaco is daar n tyd waar daar net twee kante is, vir of teen my. kan nie vir ewig op die draad dit nie

Rynhardt ·

Die “ekstremiste” was glad nie die probleem nie. Dalk moet jy bietjie minder CNN kyk

Knikkebollen ·

Die liberale beweging dring aan dat Trump die gebeure in Virginia absoluut moes veroordeel. Sy hardnekkige volhou dat beide kante te blameer is, word toegeskryf aan wat die liberale na verwys as sy rassistiese neigings. In werklikheid bring Trump net dit wat hy belowe het na vore: noem dinge soos dit is. Goeie ou ‘common sense’ en sy eie poging teen ‘n politieke korrekte beweging wat blatant hulle agenda op almal afdwing. Vorige kommentators is korrek: hoe laat owerhede sulke emosioneel-belaaide protes en teen-protes optogte toe op dieselfde plek en selfde tyd?

JC ·

Die weste en westerlinge is besig om die tou vir hul eie galg te verskaf, en ek weier om deel te he daarin. Ek dink Trump moet sy eie politieke beweging begin!!!
Hy is duidelik nie meer welkom by beide die dems(natuurlik!) en ook nie die verfoeilike Republikeine; waar die Neocons en RINOS vervuil is.

JC ·

Jy mis heeltemal die punt, en jou vooroordeel is duidelik.
WAT HET DIE LINKSES DAAR GESOEK!!
Die alt regs het toestemming gehad vir hulle byeenkoms. So ek vra weer: wat het die “liberales” daar gesoek????
Die strydlyne in hierdie kulturele oorlog is besig om duideliker te word, en ek bejammer jou oor waar jou simpatie le, want die liberales gaan verloor, en sleg.

Pietman ·

Die regses kan nêrens betoog sonder om agtervolg te word deur Antifa nie. Dis waar die probleme begin. Die linkses is waarlik geestesongesteld. Die probleem is dat dit lyk of die regses al die klein veldslaggies verloor, juis omdat hul nie vuil speel nie.

Domvraag ·

Wanneer mense hul eie geskiedenis en helde wil beskerm word hulle as neo nazi’s uitgemaak terwyl die wat die standbeelde verwyderd wil hê die eintlike ekstremiste is. Hierdie is n duidelike bewys hiervan.
Hoekom nou krap waar dit nie jeuk nie of is dit juis ekstremiste wat so beplan en poog om Amerikaners teen mekaar op te sweep.
Die simpatie moet eerder by die wees wat dit wat hul eie is te probeer beskerm. Kyk na die geweldadige betogings in Amerika en jy sal vind dat dit hul leiers is wat n stryd voer om die beelde te probeer verwyderd te kry.

John ·

Sodra migrante uit Afrika in die Weste aanland, word hulle in hul eie oe ‘slawe sonder regte uitgelewer aan wrede nuwe heersers’ maar ‘back home’ staan hulle nie op teen hul leiers se roekelose uitbuiting nie (ons sien dit hier). Die destydse ‘slawe-skepe’ en die huidige rubberbote is sinoniem. Mense droom oor ‘n paradys, ouers bring selfs hul kinders na die kaai om te verkwansel en ander ly selfs as passaat na daar waar ‘ander’ vir hulle gaan werk want hul troon wag… die ewige Utopia waarna ons almal streef en die duiwel soos ‘n wortel voor ons blinde oe hou. Ontnugtering is ‘n lelike ding wat gou baie aggresiewe kleintjies kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.