Eskom-krisis bewys transformasie is ’n reueseflop

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die Eskom-krisis is tekenend van die mislukking van die ANC se sentrale staatsideologie van transformatisme, en ongelukkig is hierdie mislukking landwyd in almal se huise ingedra.

Hoewel die Eskom-krisis vanweë die bepalende rol wat elektrisiteit in almal se lewens speel dié simbool van die ANC se mislukking geword het, bly dit net een van die deeltjies van ’n baie groter legkaart. Hierdie lelike legkaart is die ANC se sentrale ideologie wat met mag en mening op die hele land afgedwing is, en so die staatsideologie geword het.

Die kern van hierdie ideologie is ’n rasse-sosialisme, waardeur die ANC sy uitgesproke doel wil uitvoer, naamlik die “bevryding van Afrikane in die besonder, en swartmense in die algemeen”.

Die metode om hierdie doel te bereik is deur verskeie ANC-kongresse uitgespel, en ook by herhaling woordeliks deur die konstitusionele hof in verskeie uitsprake bekragtig. Dit is die “radikale sosio-ekonomiese transformasie van die land om gelykheid te bewerkstellig”, wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng en sy kollegas as ’n uitdruklike grondwetlike opdrag gesien word.

Die transformasieformule waardeur die ANC hierdie radikale doel wil bereik, is ’n rasseformule waardeur die hele samelewing die rassesamestelling van die bevolking moet weerspieël. Dit word tans amptelik gestel as “80 swart, 9 wit, 9 bruin en 2 Indiër”. Drie sake wat hieruit voortspruit moet beklemtoon word. Die eerste is dat ál drie bene van die staat eenstemmig is oor radikale transformasie en hierdie gepaardgaande rasseformule. Dit is al herhaaldelik amptelik gestel deur die uitvoerende, wetgewende én regterlike gesag.

Die tweede belangrike saak is dat hierdie radikale transformasieformule rassekwotas vasstel wat nie verband hou met die beskikbare toepaslik gekwalifiseerde en ervare swart mense nie. In die praktyk weeg ras as maatstaf van aanstellings veel swaarder as praktiese oorwegings soos die posvereistes. Dit kan gesien word in die gereelde regeringsuitsprake dat die topbesture in die privaat sektor nog nie die bevolking weerspieël nie, waarna gedreig word om nóg strenger rassewette in te stel omdat sakereuse kwansuis teen transformasie sou wees. Die betrokke minister oorweeg nie eens die logiese verklaring dat sy rassekwotas nie bereik is nie, en dit is dat daar ’n tekort aan die aanbod van topgeskoolde swart mense in baie beroepe is nie.

Die derde saak wat opval, is dat hierdie radikale rassetransformasie al tot grootskaalse verval gelei het in feitlik die hele staatsdiens en die meeste staatsondernemings, en dat dit die privaat sektor reeds ernstig benadeel. Die uitkoms van die ANC se staatsideologie word gemeet in ekonomiese syfers soos jare lange swak groei, rekordgetal werkloosheid, reuse-begrotingstekorte en groeiende staatskuld.

Die rampspoedige omvang wat die mislukking van die ANC se transformasiebeleid op elke gebied het, kan ná die landwye kragonderbrekings nie meer ontken word nie. Kom ons hoop dat dit die regering só geskok het, dat hulle besef dat hulle grondige veranderings in hul beleid sal moet aanbring. Meriete sal teruggebring moet word as die belangrikste vereiste in aanstellings. Die beste persoon vir die pos is die enigste formule wat die land kan regruk.

  • Hierdie nuuskommentaar is deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Buffel ·

Dit is ‘n flop. Enige sisteem waar 50 m teen 5 m beskerm moet word vir nie net posisies in die werkplek nie maar ook die sportveld, se baie meer van die 5 m as van die 50 m. En meeste van die 5 m is die belastingbetalers. Die res van die artikel is duidelik, totale verval van ekonomie en SOE’S in “previously disadvantaged” hande. Lyk of die disadvantage op ander vlakke is en steeds volhou as net sosio ekonomies.

André André ·

Die hoop sal beskaam dat dit die ANC geskok het, niks kan hulle skok nie. Hierdie skrywe van Flip Buys moet saam met die onderstaande artikel van Leopold Scholtz gelees word en dan besef mens daar is nie ‘n manier hoe mens die ANC van hul ideologie sal kan laat afstand doen nie, hierdie Eskom-debakel is net ‘n tydelike terugslag. (Daar is wel ‘n ander opsie, en dit is as die ANC uit die kussings gelig word.)
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/qua-vadis-in-2020-suid-afrika/

Dirk Laufs ·

Dankie Flip…hou aan die kwaad uitwys: ….”Al loopt de leugen ook hoe snel, de waarheid agterhaald hem wel”

Neels ·

Dis Afrika. Niks sal verander nie. Aanvaar dit en beweeg aan. Die regeerders en hul massa ondersteuners is tevrede net die toedrag van sake.

Koos ·

ANC slaag goed in hulle doel om almal en alles af te trek na die laer vlak waar die sukses van dienste gelewer, prestasie van staatsondernemings en algehele produktiwiteit, nie van groot belang is vir hulle nie.
Solank hulle net hulle eie lede in topposte kan hou en vet salarisse betaal, is dit 100% vir hulle.

Probleem hiermee is net dat alle privaat ondernemings en dienste wat deur hulle gelewer word, ook belemmer word deur hieride uiters kortsigtige siening en dit is wat die totale verval van alles tot gevolg sal hê oor die langer termyn, soos ons reeds die afgelope klomp jare duidelik waarneem.

Word dít ooit deur die ANC top kaders raakgesien?

Frik ·

Die verroting is te diep en die skade is te groot. Selfs al word transformasie afgeskaf sal niks verander. Die ervare wit mense is te oud en jonges werk vir hulself of emigreer. Skrapping van BEE sal wel geleenthede skep vir wittes wat hul eie ondernemings bedryf. Enige jong witmens wat wil werk vir die staat, SOEs of groot private ondernemings, insluitende myne en banke, moet twee keer dink. Doen jou eie ding en benut geleenthede in Afrika en die eilande.

aj ·

Uitstekende artikel Flip! Dankie!

Wat ek wil byvoeg is dat die ANC, wat vóór 1994 die morele hoëgrond beklee het, sedertdien hul morele posisie verloor het.

Daar is ná 25 jaar van ANC regering géén Apartheid ‘sonde’ wat nie herhaal is nie. Niks geleer nie …. niks VERBETER nie!

Inteendeel, die ANC se menseregte vergrype is ERGER as enige-iets wat die Apartheid regering gedoen het.

BEE en AA is presies dieselfde as Apartheid se ‘werksreservering’ met ‘n ander naam! Die ‘moorde’ op Andries Tatane en die Marikana werkers, deur die ANC regime, is erger as die Hektor Pietersen en die Sebokeng slagting waarvan die Apartheid regering beskuldig word.

Wat is “onteiening sonder vergoeding’ wat deur die ANC regime ingestel word ANDERS as die sogenaamde ‘grond diefstal’ waarvan Wittes (valslik) beskuldig word?

As gevolg van sy 25 jaar baanrekord in regering het die ANC sy valse beeld van ‘onskuldige bevryders’ vernietig! Die ANC se ware karakter van RASSEHAAT, MAGSBEHEPTHEID en inherente KORRUPTHEID is nou blootgelê vir almal om te sien.

As iemand nog twyfel oor die ‘ware karakter’ van dIe ANC sal hulle gou tot ander insig kom, deur hulself te vergewus van die wanpraktyke wat die Zondo kommissie ontbloot.

Die ANC is nie net onbevoeg SOOS Flip Buys hier bo skryf nie …. hulle is boonop moreel verrot en selfs MISDADIG van karakter.

Lou ·

Baie goed gestel Mnr Buys. Dit is soos die spreekwoordelike Olifant in die vertrek. Almal kan dit sien en weet dit is die werklike oorsaak van die land se probleme maar niemand het die “guts” om dit te sê nie want dan word jy uitgeskel as rassisties en gekant teen transformasie.
Skree hierdie waarheid asb. van die dakke af by elke moontlike geleentheid. Dalk, net dalk neem iemand iewers kennis daarvan.

André André ·

Ja, en dan skree die wat met jou verskil jou Faceboek- of Twitter blad van die internet af.

André André ·

Al bogemelde met of sonder Eskom se nuwe bestuurshoof, want die ANC se ideologie is nie in sy hande nie.

skurweberg ·

Wat is daar in ‘n woord? daar is baie in ‘n woord! Die woord “transformasie” MOET en KAN ‘n vloekwoord word soos die woord “apartheid” geword het. Miskien kom die waarheid dan uit wat SA kan red van ondergang.

M ·

Die hele konsep oor verval en ideologie wat niks te make het met sinvolle bestuur en vooruitgang nie, is ‘n gegewe. Die feit dat daar in elk geval nie meer genoeg werklik intellektuele tegnici beskikbaar is nie maak die probleem erger. Die verval het klaarblyklik die ekstreme marge van “no return” verbygesteek. Die wat in beheer is, het geen insig oor die ware diepte van die saak nie, en die wat die ware diepte besef, is nie in beheer nie. Beide is dus uitgeskakel om enige SUKSES te bewerkstellig. Daar is wel twee opsies: (i) Totale verval (ii) Ingryping van buite. Daar is ook wel baie buitemagte wat waarskynlik gereedmaak vir hierdie proses van oorname aangesien die vlak van totale verval die ingryping eenvoudig makliker maak.

Koos ·

M, jou tweede opsie, nl. “(ii) Ingryping van buite” kan dalk tien maal erger wees as die huidige toestand !!!

Dít afhangend van WAAR en deur WIE die “ingryping van buite” plaasvind en uitgevoer word.

Met dít in gedagte, kan jou 2de opsie ‘n hoogs riskante gebeurtenis raak!

skurweberg ·

M, stem met die twee moontlikhede saam, maar daar is nog een opsie en dit is die moeilikste, een, wat die enigste waarborg vir ‘n volhoubare oplossing vir SA is en dit is om WEER TE REFORMEER met al die implikasies wat dit mag bring. Kom ons hou ons oe oop om hierdie weg te herken en volg die wat voorloop en wat vertrou kan word.

John ·

‘n Fancy bollemakiesie in ‘n leè swembad gaan ok nie help nie.

Willie ·

Hau! Ek gaan die baas roep. Ok ek soek hom. Ek kry hom, hy is weg. Hy het galoop by Ostralia.

J ·

‘n Trop skape met ‘n leeu as leier kan meer vermag as ‘n trop leeus met ‘n skaap as leier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.