Eskom: Staat en ANC die ‘mamparras’

(Foto: Skermskoot/Sunday Times/Twitter)

Ek en my kollega, Deon Reyneke, ry verlede week Witbank toe vir ʼn Solidariteit-vergadering. Hy het vroeër by Eskom gewerk en ken die sukkelende onderneming baie goed.

Sy pa het ook by Eskom gewerk. Net na 2000 het Eskom miljarde rande betaal om van wittes ontslae te raak. Sy pa is só by Eskom weg. Hulle het dit “plekmaakpakkette” genoem. Die regering se rasideologie het hul só blind gemaak dat hul bereid was om miljarde te betaal om van die maatskappy se institusionele kennis ontslae te raak. Daarna is daar fluks met hierdie selfmoordstrategie voortgegaan deur die leier te wees as dit by raskwotas kom.

Vandag het ons beurtkrag.

Ons ry verby die indrukwekkende en teleurstellende Kusile. Deon vertel my dat Kusile naby steenkoolvelde geleë is. Vervoerbande kon die steenkool bekostigbaar na die kragstasie vervoer. Dit kan egter nie ontgin word nie, weens BEE-vereistes. Nou moet steenkool ten duurste deur swart bemagtigde maatskappye teen ʼn prémie met vrágmotors aangery word. Hy vertel my van aankoopprosesse wat enorme premies vir korrupsie onder die dekmantel van swart bemagtiging moes betaal.

Vandag het ons beurtkrag.

Deon vertel van korrupsie selfs tot op kragstasievlak. Ons praat oor hoe Eskom nie net as ʼn kragopwekker bestuur moet word nie, maar as ʼn teen-misdaadoperasie. Ons praat oor die Zondo-kommissie. Die skrikwekkende getuienis oor Eskom. Ons praat oor geen vervolging van plunderaars. Ons praat oor ons eie klag teen Molefe en die stilte van die vervolgingsgesag. Ons praat oor die druk op die topbestuur omdat hulle op die boewe se korrupsiesuurstofpype staan.

Vandag het ons beurtkrag.

Ons praat oor die oproepe dat De Ruyter en Oberholzer moet gaan. Baie daarvan aangevuur deur diegene wat korrupsiesuurstofnood begin ervaar. As hulle gaan, wat dan?

Die staat is die aandeelhouer, maar dis dieselfde staat waaruit die korrupte nes en verstikkende rasideologie vir soveel jare gevoed word.

Ek sien in die Sunday Times André de Ruyter is hulle “Mamparra van die week”. Nee, Sunday Times, as dit by Eskom kom, is die sentrale staat en die regerende ANC die mamparras van die dekade!

Raak eerder van die spul ontslae en bevry vir De Ruyter en al die duisende goeie mense wat steeds vir Eskom werk. Laat hulle toe om te doen wat hulle moet doen.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

LeonS ·

Stem. Dit is hkm so baie organisasies het besighede gevou het agv plekmaakpakkette.

Karel Kobus Kruger ·

In 1994 (eintlik al in 1992) het ons, ten spyt van wat elders in Afrika gebeur het, gedink dis nou sommer n bakgat idee om die land sonder slag of stoot vir hulle te gee.

Vandag het ons beurtkrag.

Maar wag, daar is meer.
Binnekort het julle ook nie meer n pensioen nie.

Andrew ·

Die wat in pensione belê het. Maar die res van ons besittings is volgende, behalwe as jy soos n eenjarige vastaan en sê myne (met die gepaardgaande klappe)

Jedi Knight ·

Eskom is onredbaar. Hou op om teen die prikkels te skop en aanvaar dit nou maar. Interne sabotasie verseker dat selfs die beste CEO ter wêreld niks sal regkry nie. Die beste wat enige ou kan doen, is om vir n paar jaar daai vet salaris te skep, te bedank en iewers by die see of op n Karooplaas af te tree.

MT ·

Plekmaakpakkette het gelei tot die ontplooing van rowersbendes in ALLE staatsorganisasies, vanaf Eskom regdeur tot Denel.

Die tragedie wat op ‘n uurlikse basis in Suid-Afrika die afgelope amper 30 jaar afspeel, het geen gelyke in die geskiedenis van menswees nie. Ons word op ‘n daaglikse basis aan dinge blootgestel wat onmoontlik is om te verstaan of suksesvol te verwerk! Dis ‘n moderne Griekse tragedie.

Dit bevat elemente van volskaalse oorlog, ekonomiese sabotasie en verwoesting, die vertrapping van kultuur, taal en leefwyses, die vernietiging van mense se reg op voortbestaan, en die ont-neem van mense se kanse op indiensneming, bevordering en erkenning.

Groen Ghoen ·

En die heel ergste , MT, is dat die 1990’s stemvee alles wat jy noem net bly aanvaar EN daarvoor betaal! Die (oorlede) voorbokke het die stemvee na die abattoir gelei en nou bly stap almal maar net geduldig en gelate tot in die slagpale. Net ‘n klein groepie bied nog weerstand terwyl president paddakoker en sy kaders ongestoord voortstoom na hul sosialistiese bestemming.

Samuel ·

Die regering luister tog nie na Dirk Hermann nie. De Ruyter is ‘n staatmaker.

Andre ·

Nee, die publiek is die mamparras. Hulle word met oogklappe na selfvernietiging gelei.

Fluisterwind ·

Aremoede en werkloosheid – WEG! Die ekonomie en besighede – WERK! Geld Finansies & Bankstelsels – WERK! Opvoeding skole kolleges & Universiteite – HOOGSTE GEHALTE. Sekuriteit wet en orde – VANSELFSPREKEND! Infrastruktuur en ontwikkeling – EERSTE WêRELD! Gesondheid en Spesiale Sorg – SOOS DIT MOET WEES! Vaste eiendom (huise en Grond) – VIR ‘n VRYE VOLK! Die stappe van die regsproses – REGVERDIG! Hoe? – Sessering wat lei tot Selfbeskikking!

anniekiewiet ·

Stap dié pad sonder haat, na die Ewige lewe en vrede toe, wat n ewigheid langer is as die spikkeltjietyd wat ons op aarde deurworstel.

Frans ·

Wel dis mos presies waarteen die konserwatiewe stem (bestempel as verkramp-selfs agterlik) gewaarsku het en deur die liberale (verligtigte-meer gevorderde) stem doodgeskree is.

Hendrik ·

Frans het jy ‘n kragopwekker of solar stelsel om jou huis te hardloop as Eskom beurtkrag toepas? Indien jou antwoord ja is dit goed en indien jou antwoord nee is help jou kommetaar glad nie want dit is ou koeie uit die sloot. Ek is ook behoudend konserwatief en is al 4 jaar nie gekoppel aan Eskom of plaaslike munisipaliteit nie. Is ook heeltemal nie van hul water afhanklik nie en het ook eie septiese tenk.

Schalk ·

Frans is reg Hendrik. Die verval het al in 94-95 begin. Ongelukkig het die ou koeie die waarskuwings saamgedra en afgekondig

Philip ·

Asjy destyds as ESKOM personeel die spandabelrigheid sou noem is daar deur die self en rugsteker kollegas reguit gese ESKOM HET N OPEN DOOR POLICY as jy nie daarmee tevrede is nie weet jy wat om te doen.Ek kon tot vandag nie mooi agterkom wat presies die bedoeling daarmee was om geld so te spandeer en dit as aanvaarbaar te beskou nie.

Hendrik ·

In Australie is daar 2.6 miljoen huise wat solar op die dakke het en dit dra geweldig by tot die kragnetwerk. Indien jy jou R1000 DSTV subskripsie neem en dit weg sit vir 1jaar kan jy alreeds aan die einde van die jaar 4 panele op jou dak het en na nog ‘n jaar is jou omskakelaar betaal en nog ‘n jaar jou batterye. Ons moet maar almal verantwoordelikheid vat vir ons eie energiebron want Eskom gaan nie.

FranWilder ·

Ek stel belang. Kan jy n website of nommer of iets gee asb

Hendrik ·

5KVA omsetter is R15000, Panele R2500 elk en 3/5kw lithuim ion battery R15000. BestSolar.

annie ·

Wel, Sunday Times gebruik gemaklik die woord mamparra as sou dit gereeld in sy daaglikse omgang sigbaar wees. Wie is die mense waarmee hul hulself omring? Wie is die koerant se vriende? Wie baat die meeste by sy insig en raat? En watter voordeel sou dit vir die koerant en sy trawante inhou sou die wit bestuurders waai? Ervare joernaliste wat die treurmare van Eskom deurleef het, en wat enigsins beterskap in kragvoorsiening sou wou sien, sou sekerlik weet dat die probleme elders setel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.