Europa se probleme ver van oor

europa-aardbol-vastelande

Foto: Markusspiske/Pixabay.com

Europese leiers probeer die afgelope tyd alles in hul vermoë om die persepsie te skep dat die Europese projek van ’n verenigde Europa wat op ekonomiese, maar ook politieke terrein saamwerk, besig is om te slaag. Daar is egter genoeg rede om te glo dat die optimistiese uitsprake van Europese leiers slegs ʼn poging is om die enorme uitdagings wat die projek om Europa te verenig tans in die gesig staar, te onderspeel.

Leiers soos Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, en nasionale leiers soos Emmanuel Macron en Angela Merkel het die afgelope paar dae almal moeite gedoen om ’n optimistiese beeld van Europa te skets.

Ná die finansiële krisis wat ’n paar jaar gelede weens enorme staatskuld in veral suidelike Europese lande uitgebreek het, het Europa die een krisis na die ander beleef. Terreuraanvalle deur Islamitiese terreurgroepe en individue het die afgelope paar jaar na bykans elke land van Wes-Europa versprei en veral lande soos Frankryk en Engeland is hard getref.

Die uitbreek van die migrantekrisis, toe meer as 1 miljoen vlugtelinge gedurende 2015 na Europa begin stroom het, was net olie op die vuur. Europa, hoewel steeds welvarend, veilig en in baie opsigte ’n beter plek as die meeste ander wêrelddele, het onsekerheid in die gesig begin staar.

Europa se probleme is nie besig om weg te gaan nie. Terwyl die probleem van staatskuld met pynlike besnoeiings in die meeste lande aandag ontvang het, is staatskuld steeds vir die meeste Europese lande ’n groot uitdaging. Intussen is die volgende finansiële krisis aan die ontwikkel met talle groot banke in veral Suid-Europese lande soos Italië, Spanje en Portugal wat onder druk verkeer. In hierdie drie lande alleen sit banke tans met meer as €500 miljard se slegte skuld.

Met die skuld- én migrasiekrisisse was Duitsland en sy kanselier, Angela Merkel, keer op keer die ridder op die wit perd. Europa se finansiële, terreur- en migrasieprobleme is egter glad nie opgelos nie. Die volgende finansiële krisis wag om te gebeur, terreurdade vind steeds plaas en vrese vir groter aanvalle deur die Islamitiese Staat sedert dié groep uit basisse in die stede van Irak en Sirië verdryf is, is algemeen. Intussen kom daar steeds daagliks vlugtelinge in Europa aan.

Lande in Sentraal-Europa soos Pole, Hongarye, Slowakye en die Tsjeggiese Republiek het hul grense heeltemal vir vlugtelinge gesluit en weier om volgens die Europese Unie se verdelingskema ’n kwota asielsoekers te huisves. Selfs Oostenryk het sy grense begin sluit.

Intussen is Merkel, die vrou met die groot politieke kapitaal, in ’n Duitse verkiesing gekwes. Miljoene kiesers het die rug op die Christen-Demokrate en Sosiaal-Demokrate wat die afgelope vier jaar saam regeer het, gedraai en vir ander partye gestem. Die volgende vier jaar gaan Merkel heelwat minder beweegruimte hê.

Terwyl die Europese politieke elite groter eenheid as antwoord aanbied, is dit duidelik dat die oplossing vir Europa se probleme eerder in meer federalisme, die erkenning van nasiestate se hegemonie en die herbevestiging van Europese identiteit opgesluit lê. Solank Europese leiers dit ontken sal die politieke sentrum uitgehol word en krisisse tot meer en meer spanning en selfs onstuimigheid aanleiding gee.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jane ·

Europa verdien dit. Jammer ek is mal oor Europa, maar nie mal oor die feit dat hule al die jare Suid Afrika geboelie het nie. Europa het steeds nog niks gedoen aan Mugabe en sy rassistiese beleide en uitsprake nie, ook nie aan die Ministers in die NUWE SA nie, tog was hulle monde al die jare vol oor die NP regering en hulle ministers en was hulle voor in die koor met sanksies. What goes around comes around. Kom ons kyk hoe ‘deal’ julle nou met die invloei van immigrante wat een van die dae hulle ‘demands’ op julle gaan kom uitoefen. Brace yourselves.

Ou Dom Onnosel White Monopoly Capital Erdvark ·

@ Jane. U slaan die spyker op die kop! Ek lag my van erdvark na ‘n papie.
Die VSA, Brittanje en Wes- Europa gaan nie verslaan word met die swaard of atoombom nie, maar deur getalle-oorwig! Spoedig gaan al die Afrikane en Midde-Oosterlinge emigreer na die VSA , Brittanje en Wes-Europa en die “Westerlinge” gaan emigreer na Afrika en die Midde-Ooste. Dan is almal mos gelukkig! Hê-hê-hê-hê!

Oog vir oog en tand vir tand ·

Ek het self so’n vuil streep van lekkerkry in my wanneer, veral Engeland, teenspoed kry. Wat jy saai sal jy maai en nou is dit hulle beurt om die oes in te samel.

JC ·

Dankie Jane, so ‘n bek moet jem kry:)
Noukeurig en presies uiteengesit.
Intussen verneem ek dat die Europeers-veral die Nederlanders, ons taalverwante- na dekades al hoe meer begrip vir Afrikaners het(heel onverwags en skielik, en o die ironie daarvan – dalk iets te doen met die migrante “krisis” ? -verseker!). Hulle sit nou as’t ware vir ‘n slag in ons stoele.
Wys jou net wat kan gebeur met die voordeel van nawete.

Chris Ws ·

Jane jy’t dit perfek opgesom.Ek wou ook my mond kom uitspoel oor die Europeers maar jy het dit uitstekend gedoen!Al wat ek voel ek MOET se is: Europeers,KRY VIR JULLE!Ek voel vir julle NIKS.

Kosie Kramer ·

Ek dink een van Europa se groot probleme is dat hulle, onder druk van Washington, lustig na Oos-Europese lande na die val van die Sowjetunie in 1991, gevry het. Daardie lande ken 3de wereld bestaan, terwyl Wes-Europa die rykes was. Toe die voormalige Sowjetunie-lande by Navo aansluit, om Rusland te spite, het die geneuk begin, en is dit juis daardie lande wat nou die nugterheid het om te besef dat wat die immigrante tans doen, ten doel het om die demografie te verander, aan te dring op Wes-Europese waardes, dit te misbruik, en dan Europa oor te neem. Dit is dieselfde resep wat gevolg is tot met die 1948-stigting van julle weet watter land.

Gysbert Stander ·

Ja nee wat, ek gaan myself ook nie aan die slaap huil oor Europa se selfgemaakte probleme nie.
Hulle moet my nie verwar met iemand wat omgee nie.

Tiaan Theron ·

Hier in SA sien ons presies dieselfde gebeur wanneer die argitekte van die reënboog etopia tesame met hul marionette in die hoofstroom media alles in hul vermoeë doen om die indruk te skep dat hul “verenigde Suid-Afrika projek” geslaag het en op koers is. Voorwaar n skaalmodel van die misleiding wat in Europa plaasvind.
Jy kan n leuen n miljoen keer herhaal dit bly n leuen!
Daarom moet ons alles in ons vermoeë doen om die jakkelse wat as meningsvormers op die hoofstroom platvorms optree te ontmasker en uit te wys wie en wat hul regtig is. Nie al ons volksgenote is mense wat vreeslik vêr kan sien nie en ook nie eintlik veel vir hulself dink nie, goed gelowige mense maar ongelukkig baie naief! Die uitroep en noodroep van die werklikheid sal uiteindelik so oorverdowend raak dat die leuens van liberale beeldpoetsers onhoorbaar sal wegkwyn.

Nico K ·

Ek verbaas my oor al die mense wat lekker kry oor Europa se probleme. As Europa val, wie gaan dan enige iets vir julle doen? (O ja Rusland, ha ha ha.) Sekere Europese lande soos Brittanje en Portugal en in ‘n minder mate die VSA het die ou SA wel ekonomies nog ondersteun. Die VSA ook militêr. Die beleid van SA daardie tyd (‘n klein minderheid wat oor ‘n groot meerderheid regeer) was egter moeilik om in die wêreld te verdedig. So dit was maar moeilik vir hulle. En die mense wat hul beleid om vlugtelinge toe te laat so vreeslik kritiseer. Julle verstaan ook nie waaroor dit gaan nie. Dit is menslike oorwegings wat hulle laat besluit het om vlugtelinge te help. Daardie mense het nie gevra om in lande te woon waar daar chaos heers nie. Kom ons vergelyk dit met ‘n ander voorbeeld. Toe die MPLA Angola oorgeneem het, het duisende blanke Angolese vir hul lewens gevlug en na SA gekom. As julle ouens hierbo daai tyd SA regeer het sou julle net vir hulle gesê het gaan terug dat die MPLA julle uitmoor. Ons laat nie vlutelinge toe nie!

JG ·

@ Nico K…die verskil is Nico, daardie mense wat Suid-Afrika vir Angola veruil het het kundigheid saam gebring.en n nuwe bestaan vir hulself kom skep…iets wat daai der-duisende vlugtelinge wat Europa nou oorstroom, defnitief nie het nie. Net soos die Zimbabwieers word ons oorstroom….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.