Faal die wet op onderhoud dié land se enkelouers?

hein-gonzales-2018-04

Hein Gonzales. Foto: Anne Grace Photography/Verskaf.

Deur Hein Gonzales

Daar is dikwels ’n somber reaksie by geskeide Suid-Afrikaanse ouers wanneer daar gesels word oor die Wet op Onderhoud, meer spesifiek onderhoud van minderjarige kinders, en die toepassing daarvan in die Suid-Afrikaanse howe.

Aan die een kant voel die moeders dat die stelsel hulle faal, en aan die ander kant het jy die vaders wat voel dat hulle misbruik word vir geldelike gewin. Die groot uitdaging is om te bepaal wat die middeweg is. Dit is belangrik om te besef dat die beste belang van die minderjarige kinders die sentrale punt van fokus is by die hantering van onderhoudsake.

Kragtens die syfers van Statistiek Suid-Afrika in 2016, het ons ’n bevolking van 55,91 miljoen mense in Suid-Afrika. Volgens Statistiek Suid-Afrika se Statistiese Vrystelling: Huwelike en egskeidings, wat in Mei vanjaar bekendgemaak is, het die Suid-Afrikaanse egskeidingsyfer in 2016 op 25 326 gestaan, waarvan die Wes-Kaap die hoogste egskeidingsyfer het met ’n totaal van 6 224 (24,6%). Vier uit 10 (44,4%) van die 25 326 egskeidings in 2016, was pare wat vir minder as 10 jaar getroud was.

In 2016, was daar by 13 922 (55%) egskeidings, minderjarige kinders betrokke. Hierdie is die punt van belang.

Die egskeidingsyfer het van 21 988 in 2012 verhoog na 25 326 in 2016. Die drastiese verhoging van die egskeidingsyfer in Suid-Afrika plaas, myns insiens, swaar druk op die regstelsel aangesien daar meer dispute rakende onderhoud van minderjarige kinders ontstaan.

Onderhoudshowe moet ’n wye verskeidenheid van sake daagliks hanteer. Dit sluit, onder meer, aansoeke om agterstallige onderhoud, verhoging en verlaging van onderhoudsbevele, aansoeke om tersydestelling en wysiging van onderhoudsbevele en nog vele meer in. Daar is baie onafgehandelde sake wat jare sloer en op die hofrol bly, asook ou onderhoudsdispute wat weer op die hofrol kom. In hierdie verband het daar ’n bose kringloop oor die jare ontstaan wat die lewe vir die onderhoudshowe moeilik maak.

Wat is die moontlike oorsake van die “verstopping” van die proses? Die gebrek aan hulpbronne en behoorlike opgeleide personeel is dikwels die groot sondaar. In ander gevalle het ons puik opgeleide personeel, staatsaanklaers en landdroste wat baanbrekerswerk doen vir die enkelmoeders van Suid-Afrika.

Ten spyte van die feit dat die hooggeregshof die oppervoog van alle minderjarige kinders in Suid-Afrika is, het die wetgewer aan die onderhoudshowe ’n wye verskeidenheid van magte gegee ten opsigte van wetgewing. Hierdie is geneem tot op grondvlak. Ons moet dus net die resep tot behoorlike implementering vervolmaak.

Die toenemende egskeidingsyfer, sosio-ekonomiese uitdagings en toename in lewenskostes, plaas verdere druk op die regstelsel. Lang rye, stadige staatsadministrasie en slinkse eksmans en -vroue word dikwels ook aangevoer as redes vir die verstopping in die stelsel.

Om hierdie rede is dit belangrik om ’n goeie prokureur in jou kamp te hê. Prokureurs is ook beamptes van die hof en verstaan derhalwe die proses en stelsels van die howe beter om jou daarvolgens by te staan. Ongeag of die prokureur optree vir die man of die vrou, is dit alle prokureurs se verpligting om die beste belang van die minderjarige kind eerste te stel. Indien jy nie noodwendig die finansies het vir ’n prokureur nie, gaan klop aan die deur van Legal Aid SA of doen navraag by jou provinsie se wetsgenootskap oor die moontlikheid van ’n pro bono-prokureur.

Bron: Statistiek Suid-Afrika

  • Hein Gonzales is die eienaar van HFG Prokureurs in die Paarl. Besoek sy webwerf by www.hfglaw.co.za. Indien jy enige navrae het oor die proses, stuur ’n e-pos na [email protected].

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annamarie Olivier

Die ma’s kry in Suid Afrika omtrent altyd die toesig oor die kinders, hulle word nie onderwerp aan ondersoeke of hulle bevoeg is nie dit word net aanvaar hulle is die beter opsie vir die kinders.
Die pa’s moet net betaal en sy mond hou die ma regeer, kla oor alles, gebruik die kinders om haar sin te kry.

Kaster

Wat is n pro bono prokereur?

Elmarie

Interessante ding hierdie pro-bona prokureurs. Jy kan net sowel in die ry gaan sit by die onderhoudshof met jou toebroodjie en water. Prokureurs vra almal ‘n R600-00 plus fooi vir die eerste afspraak en natuurlik gaan jy daarna gereeld sy rekening ontvang wat nie min is nie. Die vrou wat die kind moet versorg sukkel klaar finansieël, nou waar moet die ekstra vandaan kom? By geleentheid was dit al gesê dat jy kan reëlings tref met ‘n prokureur om af te betaal, maar geen prokureur het nog vir my gesê dat die regskoste van die een verhaal kan- of sal… Lees meer »

Henco

Dis natuurlik baaaaanja maklik om al die probleme vry te spring.
Moenie trou en kinders kry nie.

Annamarie Olivier

Die belangrikste ding om te onthou vir albei ouers is dat daar nie ‘n wenner of verloorder kan wees want jy werk met jou kinders wat julle altwee lief het.
Vrouens loop ook rond nie net mans nie.