Faal die wet op onderhoud dié land se enkelouers?

hein-gonzales-2018-04

Hein Gonzales. Foto: Anne Grace Photography/Verskaf.

Deur Hein Gonzales

Daar is dikwels ’n somber reaksie by geskeide Suid-Afrikaanse ouers wanneer daar gesels word oor die Wet op Onderhoud, meer spesifiek onderhoud van minderjarige kinders, en die toepassing daarvan in die Suid-Afrikaanse howe.

Aan die een kant voel die moeders dat die stelsel hulle faal, en aan die ander kant het jy die vaders wat voel dat hulle misbruik word vir geldelike gewin. Die groot uitdaging is om te bepaal wat die middeweg is. Dit is belangrik om te besef dat die beste belang van die minderjarige kinders die sentrale punt van fokus is by die hantering van onderhoudsake.

Kragtens die syfers van Statistiek Suid-Afrika in 2016, het ons ’n bevolking van 55,91 miljoen mense in Suid-Afrika. Volgens Statistiek Suid-Afrika se Statistiese Vrystelling: Huwelike en egskeidings, wat in Mei vanjaar bekendgemaak is, het die Suid-Afrikaanse egskeidingsyfer in 2016 op 25 326 gestaan, waarvan die Wes-Kaap die hoogste egskeidingsyfer het met ’n totaal van 6 224 (24,6%). Vier uit 10 (44,4%) van die 25 326 egskeidings in 2016, was pare wat vir minder as 10 jaar getroud was.

In 2016, was daar by 13 922 (55%) egskeidings, minderjarige kinders betrokke. Hierdie is die punt van belang.

Die egskeidingsyfer het van 21 988 in 2012 verhoog na 25 326 in 2016. Die drastiese verhoging van die egskeidingsyfer in Suid-Afrika plaas, myns insiens, swaar druk op die regstelsel aangesien daar meer dispute rakende onderhoud van minderjarige kinders ontstaan.

Onderhoudshowe moet ’n wye verskeidenheid van sake daagliks hanteer. Dit sluit, onder meer, aansoeke om agterstallige onderhoud, verhoging en verlaging van onderhoudsbevele, aansoeke om tersydestelling en wysiging van onderhoudsbevele en nog vele meer in. Daar is baie onafgehandelde sake wat jare sloer en op die hofrol bly, asook ou onderhoudsdispute wat weer op die hofrol kom. In hierdie verband het daar ’n bose kringloop oor die jare ontstaan wat die lewe vir die onderhoudshowe moeilik maak.

Wat is die moontlike oorsake van die “verstopping” van die proses? Die gebrek aan hulpbronne en behoorlike opgeleide personeel is dikwels die groot sondaar. In ander gevalle het ons puik opgeleide personeel, staatsaanklaers en landdroste wat baanbrekerswerk doen vir die enkelmoeders van Suid-Afrika.

Ten spyte van die feit dat die hooggeregshof die oppervoog van alle minderjarige kinders in Suid-Afrika is, het die wetgewer aan die onderhoudshowe ’n wye verskeidenheid van magte gegee ten opsigte van wetgewing. Hierdie is geneem tot op grondvlak. Ons moet dus net die resep tot behoorlike implementering vervolmaak.

Die toenemende egskeidingsyfer, sosio-ekonomiese uitdagings en toename in lewenskostes, plaas verdere druk op die regstelsel. Lang rye, stadige staatsadministrasie en slinkse eksmans en -vroue word dikwels ook aangevoer as redes vir die verstopping in die stelsel.

Om hierdie rede is dit belangrik om ’n goeie prokureur in jou kamp te hê. Prokureurs is ook beamptes van die hof en verstaan derhalwe die proses en stelsels van die howe beter om jou daarvolgens by te staan. Ongeag of die prokureur optree vir die man of die vrou, is dit alle prokureurs se verpligting om die beste belang van die minderjarige kind eerste te stel. Indien jy nie noodwendig die finansies het vir ’n prokureur nie, gaan klop aan die deur van Legal Aid SA of doen navraag by jou provinsie se wetsgenootskap oor die moontlikheid van ’n pro bono-prokureur.

Bron: Statistiek Suid-Afrika

  • Hein Gonzales is die eienaar van HFG Prokureurs in die Paarl. Besoek sy webwerf by www.hfglaw.co.za. Indien jy enige navrae het oor die proses, stuur ’n e-pos na [email protected].

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Annamarie Olivier ·

Die ma’s kry in Suid Afrika omtrent altyd die toesig oor die kinders, hulle word nie onderwerp aan ondersoeke of hulle bevoeg is nie dit word net aanvaar hulle is die beter opsie vir die kinders.
Die pa’s moet net betaal en sy mond hou die ma regeer, kla oor alles, gebruik die kinders om haar sin te kry.

Yolanda ·

Nie alle ma’s is so nie !!!! Daar is ook baie Pa’s wat net weg loop en nooit orderhoud betaal nie !!!

Anneke ·

Stem saam jou Yolanda, nie alle ma’s is so nie. Ek ht lank probeer dat my seuntjie en sy pa n band ht en hy ht net nie belanggestel nie. Ek was vir 2 jaar in en uit die hof vir onderhoud vi my seuntjie en daar het net nooit niks daarvan gekom nie. Waar op n dag sy ouers gese ht as ek nie vir die kind kan sorg nie ek hom in n weeshuis moet gaan sit. Net daar het ek besluit ek is klaar en maak die deur toe tot hulle almal. Ek maak my seuntjie self groot deur genade van die Here en familie en vriende. Ek verstaan daar is wel ma’s wat toegang moeilik maak en onderhoud kry… elke situasie verskil

Yolanda ·

Dit is as ‘n Prokereur jou help sonder om betaling te vat !!

Elmarie ·

Interessante ding hierdie pro-bona prokureurs. Jy kan net sowel in die ry gaan sit by die onderhoudshof met jou toebroodjie en water. Prokureurs vra almal ‘n R600-00 plus fooi vir die eerste afspraak en natuurlik gaan jy daarna gereeld sy rekening ontvang wat nie min is nie. Die vrou wat die kind moet versorg sukkel klaar finansieël, nou waar moet die ekstra vandaan kom? By geleentheid was dit al gesê dat jy kan reëlings tref met ‘n prokureur om af te betaal, maar geen prokureur het nog vir my gesê dat die regskoste van die een verhaal kan- of sal word, wie ingebreke bly om te betaal soos wat die Hooggeregshof bevel dit voorskryf nie. die een wat nalaat om sy verpligtinge na te kom is ook die meeste van die tyd die een wat aanstap en ‘n nuwe gesinnetjie begin en dan is daar nou skielik nie geld vir die ‘ou’ gesinnetjie nie.

Helizna ·

Hi. Almal trek swaar. Kinders behoort te woon by die ouer wat die beste vir hulle kan sorg. Hoekom moet een wat cheat en lieg en losklos lewe die kinders kry? Watter voorbeeld stel daai een vir die kinders? Daai een wat die oorsaak is moet die onderhoud betaal en klaar. En die ander een wat die kinders kry moet maar grootword en gaan werk en leer die lewe is nie fair nie. Die geslag van die ouers behoort nie n rol te speel by wie kry die kinders nie want dis seksuele diskriminasie.

Henco ·

Dis natuurlik baaaaanja maklik om al die probleme vry te spring.
Moenie trou en kinders kry nie.

Liberaal ·

Dis presies die plan van die liberaliste, om westerlinge aan te moedig om op te hou kinders kry, dalende westerse bevolkings i8s die kragtigste wapen om die weste te breek en ‘n blankevrye nuwe wereld te skep.

Annamarie Olivier ·

Die belangrikste ding om te onthou vir albei ouers is dat daar nie ‘n wenner of verloorder kan wees want jy werk met jou kinders wat julle altwee lief het.
Vrouens loop ook rond nie net mans nie.

Ian ·

Ek besef dat sekere mans weier om onderhoud te betaal en daarmee wegkom. Vandat ek geskei is het ek getrou onderhoud betaal, maar gereeld uitgevind dat my kinders nie kos of klere het nie. Die geld wat hulle moes versorg is deur my eks gespandeer op drank, ander mans, klere vir haarself ens. Ek het aansoek gedoen deur die hof om voogdyskap, maar deur blatante leuns en valse verklarings van my eks se familie het die kinders in my eks se sorg gebly. Toe sy agterkom dat die welsyn haar gaan ondersoek, het sy die kinders na familie wat in n ander provinsie woon gestuur sonder toestemming van die hof. Weereens het ek die hof genader deur n advokaat, maar die hof het die saak na die Gesins advokaat verwys wat dit goed gevind het om die kinders by die familie te laat woon. Onderhoud is getrou betaal, maar die geld is nooit deur my eks aan die familie gestuur nie. Die familie het hulle versorg en my gedagvaar vir die kostes wat hulle moes aangaan vir hulle versorging. Ek is finansieel uitgeroei en kon nie weer n advokaat bekostig nie. Ek is inhegtenis geneem, nie vir uitstaande onderhoud nie, maar omdat die familie vir die hof gese het ek kan nie opgespoor word om te verskyn vir verhoogte onderhoud nie. Dit was alles leuns want hulle het al my inligting beskikbaar gehad. Die regstelsel het my gefaal, en ek het geen vertroue in die howe meer nie.

Ian ·

Annamarie Olivier, dankie vir jou goed deurdagte kommentaar. Dit is goed om te lees dat daar mense is wat die ander sy van hierdie gekompliseerde probleem verstaan. Dit het vir my altyd net oor my kinders gegaan en dat hulle goed versorg moes wees, want hulle was en is alles in my lewe, maar hulle het n middel geword om my seer te maak en te vernietig.

Elize ·

Daar is vrouens wat soos bloedsuiers op mans teer vir onderhoud. Hulle werk self maar is nie bereid om hulle deel ook by te dra nie. Die arme man moet van kroontjie tot kleintoontjie vir die kinders sorg en madam doen naels, hare en dra net die die beste klere en grimering. Ek as vrou staan agter die mans want daar is slegte vrouens daar buite. Finish en klaar.

Lucy ·

As julle werklik die omvang van die onderhoud probleme in hierdie land wil sien, gaan lees gerus by die groep Child Maintenance Difficulties in South Africa op facebook. Hier lees jy wat die ware omvang van sake is en inderdaad hoe baie enkel ouers noustrop trek en soms jare lank moet baklei vir wat enige kind toekom – ordentlike versorging van beide ouers se kante af. Dis hartverskeurend hoeveel enkel ouers daar is wat swaarkry en voel dat die howe hulle faal en indirek hul kinders ook.

Faal ·

Elke een se omstandighede verskil. Jy kan nie alle onderhoude onder die selfde kam skeer nie. Dit gaan absoluut oor wat die beste vir die kinders is. As almal dit net so wil insien. Maar dat die wet nie reg is nie stem ek saam en dat daar nie baie ondersteuning en hulp is nie is ook waar.

WIEBO ·

Ek betaal al 16 jaar onderhoud, omdat ek my vrou by n ander man in die bed betrap het. My dogter was 2 jaar oud. NIEMAND wou die rede weet hoekom ons skei nie. Dit is irrelevant. ALLES gaan oor die minderjarige kind, en my eks vrou het die minderjarige kind gebruik as n speelbal en die reg is net vir die arme vroutjie met die minderjarige kind. Basta met die man wat onskuldig is. My eks laat weet altyd sy wil die onderhoud nou he, want haar kar kort bande, of die kar moet gediens word. Nooit gese dat my kind iets nodig mag he nie. Ek betaal onderhoud vir 16 jaar, en het 7 maande nie betaal nie, maar dit is met my eks gereel en sy het nie n probleem daarmee gehad nie. Tot gister, toe ek n kennisgewing kry van haar prokureur dat ek gedagvaar word vir die agterstallige onderhoud van 7 maande. Vandag kry ek n sms van my eks om te vra vir die volgende maand se onderhoud. Nou weet ek nie, moet ek maar vir haar se sy moet deur haar prokureur werk of wat?? Ek het nog nie haar sms van vanoggend beantwoord nie. Het enige iemand dalk raad vir my? Baie dankie.

JAN ·

Die statistiek is bedrieglik. Wat ter sake is , wat ons wil weet , hoeveel van wettige huwelike word geskei. Die totale bevolking is nie getroud nie.
Help asb.
My ondervinding is dat stoute prokureurs die oorsaak is van egskeidings as beste bron van inkomste?? help asb

Derrick ·

Jan, ek dink dis al naby 50%. Egskeiding het een van SA se nasionale sporte geword, tesame met oor naweke in winkelsentrums rondwals, braai, sport op TV kyk en tuinwerk.

JAN ·

Dis nie jou kind nie. Gaan vir ouerskap toetse wat SY moet bewys.
Kry toesig oor die kindertjie ver as moontlik
Hou prokureur uit die wedstryd uit.
Sterkte
Daar is te erg wat nie sal oorgaan nie.
Maak dit n saak van gebed..

E ·

Jy gaan onderhoudshof toe en sit vir ure en wag terwyl die onbevoegte klerke 2 ure etenstyd op n slag neem. Dit is glad nie n gebruiksvriendelike omgewing nie, net om inligting te kry van waar jy moet wees om vorms in te handig is n nagmerrie. Land jy uiteindelik in die hof op, daag die regter eers 12 uur op wanneer 8 uur voorgeskryf is. Dan word daar gewonder oor bevoegdheid van die onderhoudshof. Geen wonder die enkel ouers, waarvan ek ook een is, gee moed op met tyd en neem eerder n tweede werk op om kop bo water te probeer hou nie. Werk eerder nagte deur as om verder verneder te word by n onderhoudshof wat glad nie die enkel ouer bystaan in reeds moeilike omstandighede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.