Fees van die Europese regses

wilders-le-pen-sefie

Geert Wilders en Marine le Pen neem ʼn selfie. Foto: Michael Probst.

Marine le Pen, moontlik Frankryk se volgende president, het die naweek tydens ’n beraad in Koblenz, Duitsland, van partye wat algemeen in die media as regs-populisties beskryf word, gesê met Brexit en Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president is ’n nuwe wêreldorde ingelui. Maar is dit heeltemal so eenvoudig?

Die naweek se sogenaamde “teenberaad” van “ekstreem regse Europese partye” in Europa het onder meer ten doel gehad om die omvang wat die regse front op die vasteland reeds aangeneem het wêreldkundig te maak. Hierin is grootliks geslaag ongeag die feit dat die media se aandag op die inhuldiging van die nuwe Amerikaanse president was.

Die media-aandag is juis deels te wyte omdat die Amerikaanse presidentsverkiesing op ’n moontlike wêreldwye swaai na regs kan dui, maar ook omdat verskeie van die regse Europese partye wat tot onlangs eintlik net randpartyjies was, stem begin dik maak by die stembus. N-TV haal Le Pen soos volg hieroor aan: Ná die Brexit-referendum en die verkiesingsoorwinning van Trump sien ʼn mens dat daar ’n wending gekom het. Nasionaliste is nie meer randgroepies nie.”

Meer as ’n duisend afgevaardigdes het die kongres bygewoon, maar die media-aandag was uitsluitlik op die leiers.

Duitsland, Nederland en Frankryk gaan vanjaar stembus toe, en in elkeen van hierdie lande word verwag dat die regs-populiste ’n deurbraak in eie reg sal maak. Le Pen se kanse om tot nuwe Franse president verkies te word, lyk selfs goed. Geert Wilders se Partij voor Vrijheid (PVV) kan moontlik in die Nederlandse verkiesing die grootste persentasie stemme op hom verenig, terwyl die AfD moontlik vir die eerste keer genoeg stemme kan trek om vir die minimum-drempel vir verkiesing tot die Duitse parlement te kwalifiseer.

Verskeie van Europa se bekendste regse leiers soos Wilders (PVV) van Nederland, Le Pen (Front National) van Frankryk, Frauke Petry (AfD) van Duitsland het hul opwagting by die beraad in Koblenz gemaak. Trouens, die mees bekende leiers het sommer saam opgedaag. Die leier van die Italiaanse Lega Nord, Matteo Salvini, was teenwoordig, asook verteenwoordigers van die Oostenrykse FPÖ.

Milde nuusdekking was daar wel, maar heelwat daarvan sou in Suid-Afrika as politiek gelade beskryf kon word. Heelwat koerante het wanneer hulle oor Wilders se teenwoordigheid geskryf het, hom eers geïdentifiseer as persoon wat onlangs aan haatspraak skuldig bevind is (maar nie gevonnis is nie). In Le Pen se geval is daarop gewys dat haar pa vir rassehaat, xenofobie en anti-Semitisme gevonnis is.

Die Nazi-Duitse term “Lügenpresse” (pers wat lieg) is weer ingespan om die media mee te beskryf. Verskeie media-instellings is toegang tot die verrigtinge geweier omdat hulle volgens die organiseerders hulle in die verlede aan onetiese gedrag skuldig gemaak het. Die Duitse sender ARD het self gedreig om hof toe te gaan hieroor.

Die atmosfeer was oor die algemeen opgewek, grootliks voortspruitend uit Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president, Brexit en die opkoms van regse partye wat tot onlangs nog net as randpartytjies in Europa bestaan het.

Die “Lügenpresse” het op sy beurt die deelnemende partye beskryf as anti-Moslem, verregs, anti-immigrasie, ’n strategie om die reuse-getalle immigrante te keer wat een van die hoofbesprekingspunte was, Euro-skepties en regs-populisties. Betogers (daar was sowat 3 000) het plakkate met die strekking van fascisme vertoon.

In die toesprake het die leiers ook heelwat aandag daaraan geskenk dat die partye werk daarvan moet maak om hul assosiasie met onaanvaarbare sake, soos Nazisme af te skud.

Die pous het Europeërs ook in ’n koerant-onderhoud gemaan om versigtig vir populistiese leiers te wees, en die voorbeeld van Hitler genoem. Hy was egter versigtig om in hierdie stadium Trump by sy vermaning te betrek, en gesê hy wil eers sien hoe die nuwe Amerikaanse president hom van sy taak kwyt.

Wilders het op sy beurt by die kongres gesê “kerke is ’n onderdeel van die elite”.

In dié stadium lyk dit of die partye rede het om tevrede te wees. Le Pen meen ’n nuwe wêreldorde het aangebreek wat deur Brexit ingelei is. Wilders stel dit soos volg: “Mijn vrienden, we leven op dit moment in historische tijden. De mensen uit het Westen worden wakker. Ze werpen het juk van de politieke correctheid af. Ze willen hun vrijheid terug hebben, ze willen hun nationale soevereiniteit terug, en wij, de patriotten van Europa, zullen het instrument.”

Sommige waarnemers meen egter dat juis omdat die deelnemende partye so erg op hul lande se eie nasionalisme fokus, die partye se waarde om mekaar te help nie veel wyer strek as reklamewaarde nie. In die nasionalistiese konteks het elkeen in sy eie land unieke vraagstukke om op te fokus.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JC ·

Wonderlik, wonderlik, wonderlik. Dit is pragtig wat besig is om te gebeur. Die westerse wereld het inderdaad wakker geskrik. dit is werklik ‘n FEES!
Ek kan nie MEER dankbaar wees nie, net jammer dit het nie reeds vroeer gebeur nie.
( veral m.b.t. SA en druk van westerse regerings)

HEVW ·

Die mening van sommige waarnemers is maar erg hipoteties. Ek reken hierdie regse partye is deeglik daarvan bewus dat die huidige nuwe- wereldorde uit die pad uit gevee moet word en dat hul grootste mag daarin gelee is om saam te snoer. Nog n nekslag kom met die volgende referendum in Skotland waarna dringender uitgesien word as in die vorige. Die vuur is aan die brand gesteek en sal voort woed want volksbesef is sit diep in die wese van n volk. Die sitetiese wereldorde is mens geskep en sal eenvoudig nie stand hou nie.

DewaldS ·

Wonderlik! Die hoeveelheid GOEIE nuus is amper ondraaglik. ;-)

callie ·

Die wiel draai. Jammer so stadig maar hy draai. Die woorde uit die Bybel van ” die pad van die linkse is die pad van die dwase” is skoon uit nuwe vertaling uitgehaal. Nou wonder ek.

Tom Bosman ·

Hallo Callie. “Linkse” is ‘n redelike nuutskepping. Waar in die ou vertaling (1933) verskyn hierdie aanhaling? Ek hou van jou stelling, maar dink dit kom van jou en nie ‘n profeet! Wag op jou antwoord

Riaan ·

Miskien sal Nederland ons Afrikaners weer aanvaar as die regtes in mag in. Wanneer staan die Afrikaners saam vir onafhanklikheid?

Hendrik ·

Ons werk alreeds lank om selfstandigheid wat hopelik na onafhanklikheid sal oorgaan. Staan, sit of werk jy saam vir onafhanklikheid.? Jy is regtig welkom.

JC ·

Ek wil nou nie snaaks wees en my eie stert prys nie, maar ek het ‘n rukkie terug al voorspel ala Siener van Rensburg styl hehe, dat die liberalistiese beweging hul nadir bereik het en dat die tyding gaan draai.
Nie te sleg nie sou ek se ;-) My politiese intuisie is lykmy darem nie te “shabby” nie!

MTSteyn ·

Herman, dit is nie duidelik wat jy met jou laaste paragraaf bedoel nie. ALLE westerse volke staan presies voor dieselfde uitdagings van globale terrorisme, ongekende nie-westerse immigrasie, oorbenutting van natuurlike hulpbronne, wegkalwing van nasie trots en reg, ens.

Juis daarom sal hierdie partye op soveel gebiede suksesvol kan saamwerk, ten spyte van wat uitgediende meningsvormers die blindes probeer wysmaak.

Rasbewustheid het absoluut niks met populisme te doen nie.

Nico ·

Die wêreld is besig om in twee kampe te hergroepeer. Oos en Wes. Armageddon kom.

Frans C ·

‘n Mens moet nie te gou opgewonde raak nie. Ateïsme en liberalisme is wêrelwyd besig om toe te neem.Vir die eerste keer in baie jare is daar bv. meer ateïste as Christene in Nederland,60% van die bevolking sit op die draad en kan nie besluit presies wat hul is nie.

Dit is nie soseer ‘n stryd tussen liberaal en konserwatief nie, maar onderliggend is dit ‘n geestelike stryd. Petrus skryf kort voor sy dood in 1 Petrus 5 vers 8 (Pasop vir die Duiwel) In die geestelike styd moet julle op en wakker wees.Julle het ‘n gevaarlike vyand,die duiwel.Hy loop rond soos ‘n honger leeu wat iemand soek om te verslind.As hy julle anval,moet julle met jul geloof in die Here terugveg.

9. Moenie dat hy julle geestelike fondament skud nie.Laat dit vir julle ‘n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly,omdat hulle dieselfde stryd as julle stry.’

Om konserwatief en behoudend te wees is niks mee verkeerd nie.Dit moet net nie ‘n voertuig word vir mense met bymotiewe nie.

John ·

Ongelukkig het volke weer te laat die nut van heinings, mure en eie kulture raakgesien. Uitlanders het regerings en kerkvaders weer oortuig dat dit tog so edel is om goed te wees vir jou verste inplaas van jou naaste. Dis in elke geval mos altyd makliker om meer te hou van vreemdes as van jou bure se stout kinders. En nou baklei almal regoor die wereld weer oor wie die baas van die ‘plaas’ is en wie se regte die belangrikste is…

JB ·

Voorspoed aan Le Pen en Wilders. Hul kan ‘n aanslag verwag soos min, want die hele wereld se liberale-gespuis en hul media-meelopers, gaan nou fokus op julle, na Trompie se oorwinning in die VSA.

Atticus ·

Die sg. randpartytjies gaan binnekort lekker groot partytjies hou! Feesvier gaan opvlam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.