Feite versus Populisme: ʼn Les vir die DA 

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: ANA

In aanloop tot ʼn verkiesing is dit nie ongewoon om opruiende en populistiese uitsprake te hoor nie.

Tien jaar gelede wou die destydse ANC se Jeugligaleier, Julius Malema, doodmaak vir Zuma. Tien jaar later is die nou EFF-leier steeds gereeld in die nuus vir ander opruiende uitsprake. President Cyril Ramaphosa staan egter nie terug nie en maak plaaslik ook gereeld uitsprake oor onteiening sonder vergoeding. Ons kan maar net wonder of daardie uitsprake in die buiteland, waar daar vir beleggings gevra word, herhaal word. Onverantwoordelike uitsprake is egter nie beperk tot die EFF, ANC en Black First Land First (BLF) nie.

Die DA se federale jeugleier, Luyolo Mpithi was een van die eerste politici wat die beweerde voorval by Laerskool Schweizer-Reneke “condemn” het. Op ʼn vraag van Pretoria FM of dit nie wys is om behoorlik ondersoek in te stel na die presiese gebeure voor ernstige beskuldigings van rassisme rondgeslinger word nie, het Mpithi geantwoord dat dit nie nodig is nie. Wanneer dit by bewerings van rassisme kom, is behoorlike ondersoek nie nodig nie, was sy antwoord.

Wat Mpithi dus sê is dat die bewering van rassisme swaarder weeg as die feite. En in dié stadium lyk dit of die feite die bewerings van rassisme weerlê.

Die DA moet versigtig wees dat hulle nie so vinnig op die populistiese wa spring dat hulle tradisionele kiesers van hulle vervreem word nie. Die party se leier, Mmusi Maimane, het sedert hy beheer van die party geneem het, al ʼn paar omstrede uitlatings gemaak. Maimane het tydens 2017 se Kersseisoen gesê dat dit hom kwaad maak om te sien dat wit mense inkopies doen en swart mense werk. Hy was ook baie vinnig om Ashwin Willemse se kant te kies nadat Willemse van die SuperSport-ateljee afgestap en bewerings na sy mede-aanbieders geslinger het. Weer eens het die DA gereageer en standpunt ingeneem voordat die feite ondersoek is. Die probleem met Maimane se uitsprake is dat hy rassisties genoeg is om die tradisionele wit DA-kieser weg te dryf, maar nie rassisties genoeg is om swart kiesers by die ANC of EFF af te rokkel nie.

Die DA gaan op ʼn baie harde manier leer dat dit ʼn slegte idee is om die ANC en die EFF se populisme te na-aap. As die DA nie op die feite gaan begin fokus nie, gaan hulle slagoffers van hul eie populisme word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Paul ·

Ons moet net onthou hulle voel ‘n veer of hulle populisties is, hulle ry daai golf , blaas die vure aan, voor die werklike waarheid bewys is en na vore kom, so bereik hulle hul ondersteuners en trek hul refreine en slagspreuke die wêreld vol onder die gejuig en aanmoediging van hul ondersteuners. Al wat koerant is berig daaroor, radio en TV stasies, hulle kry dus gratis blootstelling, en teen die tyd dat die werklike waarheid uitkom, maak dit vir hulle nie ‘n vaal kol nie, want hulle het in die eerste instansie bereik wat hulle wou. En die volgende keer gebeur dit maar net weer.

Thinus Erasmus ·

En die leier van die DA bewys juis die punt waarom rassisme so groot probleem is in SA: dit word verhef bo alle redelike denke en waardes, dit word as die opper sonde misdaad getipeer, en jy kan die beskuldigde word as jy dalk net straks in daai rigting kyk.
Die tipiese boelie beskuldiging: “wat kyk jy vir my, soek jy moeilikheid?”
Rassisme word agter elke hoek om elke draai gesoek en gebruik as iemand nie hul sin kry nie.

Andre ·

Waar is die stoere DA ondersteuners om in die bresse te tree vir hul geliefde party?

netso ·

Ek was DA en het gedink dit is goed. Maar gelukkig het ek nou gesien. Ek stem vir n man wat vanoggend en vannaand dieselfde praat. COPE

Anoniem ·

Ek stem met baie goed wat die DA sê en doen nie saam nie, maar o wee my vrees dat die ANC die Weskaap vat is soveel groter dat ek maar weereens DA sal stem want geen ander party gaan genoeg stemme kry om te verhoed dat die ANC die Weskaap vat as almal skielik nie die DA steun nie.

Hendrik ·

Het jy al gehoor van die proposionele stemstelsel? Dit is hoe die die DA aan die begin aan bewind gekom het in die Wes-Kaap met behulp van die VF+. Stem gerus vir die VF+ en dan kan die DA en die VF+ saam regeer. VF+ het ‘n goeie waardestelsel.

Glynn Erasmus ·

Vote Cape Party in the Western Cape – they will best represent your values and culture, and will go into coalition with the DA to keep the Western Cape out of ANC hands, and will then be in a strong position to direct policy.

Gert ·

Dankie Hendrik, daardie boodskap sukkel maar om oor te kom, mense hou aan dink dit werk soos in die ou Suid-Afrika wat ‘n tweepartystelsel was waar die kleiner partye hulle deposito verloor het en almal wat vir hulle gestem het se stem gemors was.

Gerhard Bezuidenhout ·

Feit is dat die rassistiese uitsprake van die DA hulle by die stembus gaan kos.

Marietjie Blignaut ·

Wys eenvoudig dat die DA alles vir almal wil wees, maar op die kritiekste oomblik is DA niks vir niemand. Nog GEEN woord is deur Zille gerep oor Sweizer aangeleentheid nie. DA is maar te gretig om die rassekaart te speel. Voel bitter jammer vir onderwyseres wat geskors is….

DewaldS ·

Ek dink nie dis moontlik om ‘n blanke DA-kieser te vervreem nie. Jy het eerstens ‘n brein nodig voordat so iets met jou kan gebeur en ek soek nog ‘n blanke DA-kieser wat nie teminaal onnosel is nie…

Therese ·

DewaldS

So ietwat kras gestel, maar ek stem 100% saam met jou.

Die situasie in Suid-Afrika is van só ‘n aard dat dit noodsaaklik is dat verskillende groepe, veral Afrikaners, ‘n sterk stem moet hê om namens hulle te praat en op te tree, en terselfdertyd aktief saam met ander goedgesindes werk om die ANC in toom te hou.
Dit is duidelik dat min kiesers koalisie-politiek begryp. Dit word ook glad nie behoorlik bespreek/verduidelik deur politici nie.

At ·

Wit, Afrikaanssprekendes wat steeds dink die DA is SA is redding, moet erg fatalisties wees.

bollie ·

Wel een ding is seker, die VF+ is beslis NIE die antwoord vir SA nie. Iemand wat nog wil selfverskrik en voortgaan met apartheid-lite in die nuwe SA moet regtig sy kop laat lees.

Johan ·

Anc , Eff en Da. Almal die selfde. Hul sorg net vir hulself.

louis ·

Dit gaan die DA kos! eer was dit HZ wat gekruisig is vir die waarheid wat sy gepraat het en nou dit! Hoe kan jy so optree as jy nie feite het nie?

Snowball ·

So Mpithi, wanneer dit by bewerings van rassisme kom is feite NIE nodig nie-mits die rassis wit is natuurlik – dan kan hulle in die openbaar beswadder word en geskors word sonder behoorlike ondersoek en prosedure. Laat ‘n swarte nou rassisties optree dan word hulle met handskoene heel apologeties benader, nie summier geskors of tronk toe gestuur nie. Mpithi, jy wys nie net jou onbevoegdheid nie, jou intellek is kommerwekkend. DA, julle is die flou blou – nog vis nog vlees.

nico lodewyks ·

Ek het die DA help stig in Mosselbaai en betreur elke dag dat ek dit gedoen het!!! Die DA se “huis” is in wanorde – Helen Zille is uit, Theuns Botha is uit, Lennit Max is uit, Mazibuku is uit, Patricia de Lille wat hulle die W Kaap help wen het is uit. Hoekom, hoekom?
Stem liewers VF Plus of ACDP. Hulle het nie geraamtes in die kas nie. NOOIT weer DA!

Koos ·

Wat my meer bekommer is dat kiesers die DA vertrou om te regeer in die Wes Kaap, Pretoria en Jhb. Hoeveel ander feite word verswyg? Een leun lei tot twee en dan word dit gewoonte! Die DA het nie die wil om die waarheid te praat of die regte ding te doen nie! Als gaan om stemme te kry, sodat net ‘n paar van hulle goeie jobs met groot salarisse ( wat ons ook moet betaal) kan kry. Dit maak my naar!

DA staan vir Die nuwe ANC ·

Uitstekende artikel. Ek stem nie hierdie jaar vir die DA nie en baie trots daarop.

Anoniem ·

Jammer nou het ek als gehoor GEEN KRUISIES MEER VIR DIE D A NIE !
BYE DA ???

Op die ou end is net die LEIER oor ???

Verwonderd ·

Ek verwonder my oor die geraas en geblaas oor die politiek. As jy jouself deelmaak van die demokratiese proses en dinge draai nie uit soos jy verwag nie dan moet jy stilbly en met die volgende verkiesing weer probeer. Dis soos poker speel, jy weet wat die reëls is wanneer jy speel en as jy verloor speel jy weer. Ongelukkig verstaan die meeste mense nie die beginsel nie. As jy gestem het moet jy stilbly oor die uitslag. Probeer weer oor 4of5 jaar. Tot dan, hou op kerm, dit was jou keuse om aan die proses deel te neem. (Kyk hoe val die sleutelbord krygers my nou aan!)

Cherokee ·

Een dag later:
..die ‘sleutelbord krygers’ ignoreer jou toe soos ‘n stopstraat :-) Askies dat ek toe hardop lag.

Diefie ·

DA maak julle maar klaar, hier in die Kaap gaan julle verloor.

Jerry ·

Die DA is ongelukkig of dalk gelukkig binnegesypel deur ANC en EFF kalante wat begin om hulle stemme dik te maak om verdere chaos en skeuring in die party te bewerkstellig. Vir wie julle ookal stem, dit gaan julle dalk laat beter voel, maar dit gaan niks verander aan die ANC se momentum na n twee derde meerderheid nie! Die poppe gaan behoorlik dans voor en tydens die verkiesing, maar gaan tjoepstil raak na die verkiesing wanneer die poppe se tande een vir een getrek gaan word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.