Feite versus Populisme: ʼn Les vir die DA

Betogers by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: ANA

In aanloop tot ʼn verkiesing is dit nie ongewoon om opruiende en populistiese uitsprake te hoor nie.

Tien jaar gelede wou die destydse ANC se Jeugligaleier, Julius Malema, doodmaak vir Zuma. Tien jaar later is die nou EFF-leier steeds gereeld in die nuus vir ander opruiende uitsprake. President Cyril Ramaphosa staan egter nie terug nie en maak plaaslik ook gereeld uitsprake oor onteiening sonder vergoeding. Ons kan maar net wonder of daardie uitsprake in die buiteland, waar daar vir beleggings gevra word, herhaal word. Onverantwoordelike uitsprake is egter nie beperk tot die EFF, ANC en Black First Land First (BLF) nie.

Die DA se federale jeugleier, Luyolo Mpithi was een van die eerste politici wat die beweerde voorval by Laerskool Schweizer-Reneke “condemn” het. Op ʼn vraag van Pretoria FM of dit nie wys is om behoorlik ondersoek in te stel na die presiese gebeure voor ernstige beskuldigings van rassisme rondgeslinger word nie, het Mpithi geantwoord dat dit nie nodig is nie. Wanneer dit by bewerings van rassisme kom, is behoorlike ondersoek nie nodig nie, was sy antwoord.

Wat Mpithi dus sê is dat die bewering van rassisme swaarder weeg as die feite. En in dié stadium lyk dit of die feite die bewerings van rassisme weerlê.

Die DA moet versigtig wees dat hulle nie so vinnig op die populistiese wa spring dat hulle tradisionele kiesers van hulle vervreem word nie. Die party se leier, Mmusi Maimane, het sedert hy beheer van die party geneem het, al ʼn paar omstrede uitlatings gemaak. Maimane het tydens 2017 se Kersseisoen gesê dat dit hom kwaad maak om te sien dat wit mense inkopies doen en swart mense werk. Hy was ook baie vinnig om Ashwin Willemse se kant te kies nadat Willemse van die SuperSport-ateljee afgestap en bewerings na sy mede-aanbieders geslinger het. Weer eens het die DA gereageer en standpunt ingeneem voordat die feite ondersoek is. Die probleem met Maimane se uitsprake is dat hy rassisties genoeg is om die tradisionele wit DA-kieser weg te dryf, maar nie rassisties genoeg is om swart kiesers by die ANC of EFF af te rokkel nie.

Die DA gaan op ʼn baie harde manier leer dat dit ʼn slegte idee is om die ANC en die EFF se populisme te na-aap. As die DA nie op die feite gaan begin fokus nie, gaan hulle slagoffers van hul eie populisme word.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

James Kemp

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Ons moet net onthou hulle voel ‘n veer of hulle populisties is, hulle ry daai golf , blaas die vure aan, voor die werklike waarheid bewys is en na vore kom, so bereik hulle hul ondersteuners en trek hul refreine en slagspreuke die wêreld vol onder die gejuig en aanmoediging van hul ondersteuners. Al wat koerant is berig daaroor, radio en TV stasies, hulle kry dus gratis blootstelling, en teen die tyd dat die werklike waarheid uitkom, maak dit vir hulle nie ‘n vaal kol nie, want hulle het in die eerste instansie bereik wat hulle wou. En die volgende… Lees meer »

Thinus Erasmus

En die leier van die DA bewys juis die punt waarom rassisme so groot probleem is in SA: dit word verhef bo alle redelike denke en waardes, dit word as die opper sonde misdaad getipeer, en jy kan die beskuldigde word as jy dalk net straks in daai rigting kyk.
Die tipiese boelie beskuldiging: “wat kyk jy vir my, soek jy moeilikheid?”
Rassisme word agter elke hoek om elke draai gesoek en gebruik as iemand nie hul sin kry nie.

Johann du Toit

Dankie vir ‘n uitstekende artikel.

Andre

Waar is die stoere DA ondersteuners om in die bresse te tree vir hul geliefde party?

Anoniem

Ek stem met baie goed wat die DA sê en doen nie saam nie, maar o wee my vrees dat die ANC die Weskaap vat is soveel groter dat ek maar weereens DA sal stem want geen ander party gaan genoeg stemme kry om te verhoed dat die ANC die Weskaap vat as almal skielik nie die DA steun nie.