Geheimsinnige Bokverhale en goeie Curriebekerrugby

Met nog net 39 dae oor voor voordat die grootste rugby skouspel vir 2011 begin, moet Snorre baie bekommerd wees – of glad nie! 79 punte teen jou in twee toetse sou baie afrigters na versterkmiddels laat gryp, maar dit lyk nie of ons afrigter baie bekommerd is nie.

Beste rugbyspanne volgens die Internasionale Rugbyraad op 25 Julie 2011

Wat weet hy wat Jan Publiek nie weet nie? Tans is daar geen trots onder die huidige spelers om die Groen en Goud met hulle lewe te verdedig nie (so lyk dit altans). Van samespel weet die Bokke baie min en van verdediging nog minder. Die Bokke het twee Saterdae na mekaar ‘n rugbyles geleer wat baie spelers vir die res van hulle lewe ‘n sielkundige knou sou gegee het.

Dalk weet Snorre dat die span wat hy nou bestuur in werklikheid die B-span is en dat sy ysters in die geheim besig is om fanaties voor te berei vir die verdediging van hulle titel (- ek sou graag wou weet onder wie se leiding).

Die enigste troos wat ons as onderteuners het,  is dat ons glo dat die Bokspan 100% kan verbeter en dat ons grootsts teenstanders in die Suidelike Halfrond hoogstens nog 5%  kan verbeter.

Of die 100% verbetering gaan realiseer en genoeg sal wees, sal nog gesien moet word.

Die enigste positiewe aspek wat uit die twee toetse geneem kan word is dat daar nou baie meer duidelikheid bestaan oor watter spelers nie vir die Wêreldbeker oorweeg moet word nie.

Curriebeker

Die vrese dat die Curriebeker nie aan die verwagting sal voldoen nie blyk nie heeltemal gegrond te wees nie. Die gehalte van die rugby is hoogstaande en die spelers plaas alles op die spel.

Die Goue Leeus-ondersteuners staar seker in ongeloof na die punteleer. Na soveel teleurstellings die afgelope paar seisoene kan hulle dit seker nie glo dat die span bo aan die punteleer is nie. Al wat ek wil sê is: die Curriebeker word nie in Julie gewen nie.

Wat my meer verbaas is die feit dat die Leeus twee Saterdae na mekaar kon wen. Ek hoop hulle kan daarmee voortgaan, maar die grotes lê nou voor.

Die gehalte van die rugby wat deur die Sharks en die Cheetahs opgedis is, het gewys dat die Curriebeker nog vir baie mense groot plesier gaan verskaf.

Moet ook nie die sogenaamde kleiner unies afskryf nie – ek voorspel nog ‘n paar verrassings.

Rugbygroete tot volgende week.

Bloubul

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Polla Roux

Polla Roux is 'n oud-Westransvaler. Na draaie in die onderwys en korporatiewe wêreld, het hy vroeër vanjaar as Organisasiesekretaris by Solidariteit uitgetree.Hy het net meer as honderd Carlton-wedstryde agter die blad (1966-1976), het vir Noord-Transvaal gespeel en is na Springbokproewe genooi, maar sy loopbaan is deur 'n skouerbesering kortgeknip. Hy het gereeld as eerste liga-skeidsregter opgetree en was vanaf 1995 tot 1998 senior bestuurder by die Noordtransvaalse Rugby-unie en betrokke by die skep van die Bloubul-lied saam met Steve Hofmeyr.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Dankie vir jou waardevolle inligting Polla! Sien sommer uit om jou brokkies elke Maandag te lees.

Anoniem ·

Jou vraag (of stelling) rakende onder wie se leiding die bokke in die geheim oefen… dalk is dit waar Rassie inkom? Wonder net of snorre sy salaris ook met Rassie gaan deel en of SARU vir Rassie vergoed vir sy insette/afrigting!

Anoniem ·

Ek stem met jou stelling dat die Curriebeker nie in Julie gewen word nie, kom ons hoop die Blou Bulle kan hulle sokkies optrek…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.