Geloftedag: moet ek of wil ek?

Deur ds. Henning Dafel 

Is dit regtig nodig om Geloftedag te herdenk? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde geskiedenis te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het? Buitendien is ’n mens hierdie tyd van die jaar so moeg, dat jy nie nog krag daarvoor het nie. Kan ek nie maar net rustig by die huis bly of by vriende gaan kuier nie? Om Geloftedag by my vakansieplanne te probeer inwerk, is net een te veel. Miskien volgende jaar …

As ’n mens sulke vrae vra, is daar dadelik ʼn paar ou ooms met vuur in die oë wat sal opspring en sê: “Natuurlik moet jy!” Gewoonlik volg daar dan ’n hele relaas oor hoe afvallig vandag se jongmense is en dat ons afvalligheid die rede is waarom dinge in ons land gaan soos wat dit gaan. In alle eerlikheid is dit waarskynlik die rede hoekom baie jongmense nie wil gaan nie …

“Geloftedag is vir oumense wat aan ou goed dink – ek het niks daar verloor nie. Tussen breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB), die droogte, politiek, skuld en die familie se probleme, het ek regtig nie nodig om die heeltyd te hoor dat ek my ‘sokkies moet optrek nie’!”

As dit die kort en die lank van Geloftedag is, dan het jy miskien ʼn punt beet. Uitdagings staar ons in die gesig – uitdagings wat vorige geslagte nie geken het nie. Ons moet egter versigtig wees om nie die baba met die badwater uit te gooi nie. Is dit regtig ál wat Geloftedag is?

Ek is oortuig dat die antwoord ’n definitiewe “nee” is. Geloftedag is nie net ʼn dag vir oumense nie! Ja, geskiedenis is ’n baie belangrike deel van dié dag, maar die bedoeling was nooit dat ons bloot ander mense se seer moet onthou of dat ons ander mense se oorwinnings moet vier nie. Beide die seer en die oorwinning onderstreep op ’n sekere manier die eintlike boodskap van Geloftedag.

Op Geloftedag dink ons daaraan dat God in die verlede vir sy kinders goed was. Op Geloftedag dink ons daaraan dat God dit wat vir gelowiges onmoontlik was, laat gebeur het. Ons kyk dus beslis terug, maar dit mag nie daar eindig nie! Ek is daarvan oortuig dat wanneer ’n mens hierdie dag as ’n dankdag vier (soos wat die veronderstelling was toe die Gelofte afgelê is), daar ’n duidelik toekoms-dimensie is. Gaan lees weer die Gelofte. Dit dink op ’n baie spesifieke manier oor die toekoms.

Gelowige Voortrekkers het aan God belowe dat hulle die roem en die eer van die oorwinning aan Hom sal gee en dat hulle dié dag sal gebruik om hul kinders te leer dat Hy vir hulle goed was. Die Gelofte voorveronderstel dat ons in die toekoms kinders sal hê aan wie ons dit kan vertel. Die Gelofte voorveronderstel dat ons God in die toekoms op só ’n manier sal ken, dat ons ons kinders van sy groot genade kan en wil vertel!

Amper twee eeue later kan ons bevestig dat die voorveronderstellings in die Gelofte oor God se goedheid, nie verkeerd was nie. Kinders is ’n geskenk van God. Om ’n verhouding met Hom te hê, is ook ’n geskenk. God is nog steeds goed vir ons. Meer nog, die Gelofte los ons ook met ’n spesifieke beeld van die toekoms waarin God se voortdurende goedheid sigbaar bly. Daarom kan ek met sekerheid sê dat Geloftedag oor “aanhou onthou” gaan! Soos die liedjie sê: “Ons moet vergeet om te vergeet en onthou om te onthou!”

Om te onthou wie God is en wat Hy doen, is baie belangrik. So belangrik dat Petrus dit as rede vir sy tweede brief aanvoer.

“Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is. En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek …” (2 Petr. 1: 12-13).

Dit is ook die rede waarom Psalm 105 geskryf is. ’n Lang Psalm met 45 verse waarin Israel aan hul geskiedenis herinner word. Hoekom? Sodat Israel kon onthou wat God alles vir hulle gedoen het.

“Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend. Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.” (Ps. 105:1-2).

Vervolgens moet ons seker ook vra: Hoekom moet ’n mens soveel moeite doen om hierdie dinge te onthou? Dit is seker nie moeilik om die antwoord te raai nie. Dit is redelik voor die hand liggend: omdat ons vergeet, veral wanneer die hede ons bo ons vermoë uitdaag en die toekoms donker lyk. Ons vergeet waar die mense voor ons troos gekry het toe hulle hartseer was, of krag gekry het toe hulle bang was; waar hulle hulp gekry het toe hulle magteloos was. Ons vergeet hoe God in hul lewe gewerk het.

Ons vergeet ook dat God belowe het dat Hy my en jou nooit alleen sal los nie. “Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.” (Jos. 1:5 en Hebr. 13:5).

Ons vergeet dat God ons in Psalm 50: 15 leer: “… roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”

Dit is waaroor Geloftedag se onthou gaan. God wil hê dat ons moet onthou dat Hy vir ons omgee soos wat Hy vir ons voorouers omgegee het. In die Gelofte het ons aan Hom belowe dat ons sal bly onthou. As ’n mens mooi daaroor dink, is dit waaroor Kersfees ook gaan: God het mens geword om ons te red. Hy is God met ons (Emmánuel). Hy het juis gekom om op ’n baie tasbare manier sy hand na ons toe uit te steek en te sê:

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Mt. 11:28-30).

Dit is hoekom ek Geloftedag wil vier: Ek wil onthou! Ek wil onthou dat die Here my voorouers se Beskermer was. Ek wil onthou dat die Here mý Beskermer is. Ek wil onthou dat die Here my kinders se Beskermer is. Ek wil hê dat my kinders dit ook moet onthou.

  • Hierdie artikel is met die vergunning van die AP Kerk geplaas.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Gert ·

Geloftedag is n Belofte aan God wat tot in ewigheid gehoorsaam moet word, Amen.

Danie ·

Ek gaan dit eenvoudig maak:
Trek jy voordeel uit die gevolge van Geloftedag: Westerse beskawing, Elektrisiteit, Skoon water, Kommunikasie. en nog baie meer.
Bogenoemde het nie van self gekom nie. Dit is nie vanselfsprekend nie. Iemand het dit aan die gang gesit.

Dan is daar mos geen rede om dit nie te vier en aan God al die eer te gee nie.

Hennie ·

Elke dag wat jy net asem haal is net te danke aan God,en alle eer..Snaaks vir my sodra God geeer word vir enige iets dan sal daar altyd iemand iets negetief te se he..Maar o ja dat daar iets duiwels gevuur word soos onder andere HALLOWEEN,Jis dan word daar tot spesiale klere daarvoor gekoop en gevuur.Se maar net neh.As n mens elke goeie ding wat Ons deer ons God ,Jesus Christus kry te vuur, het n EEU te min dae..So se eerder Dankie en vereer God,as om alles wat met die Here te doen het,ALTYD negetief te wil uitmaak.DANKIE MY HEMELSE VADER EN GOD VAN AL SY KINDERS VIR ALS WAT U VIR ONS IN DIE VERLEDE GEDOEN HET, EN ONS WEET SELF IN DIE TOEKOMS SAL EN IS U ALTYD DAAR VIR ONS.AMEN EN AMEN.

Judge Dredd ·

Net onthou daai gelofte was gemaak deur daai voortrekkers en hul nageslag. My voorgeslag het daai tyd in die Oos-Kaap gesit, nie eers geweet van die gelofte wat gemaak is?

So het die gelofte betrekking op alle Afrikaners?

Sê-maar-net ·

Ek is ‘n immigrant wat kleintyd saam met my ouers na Suid-Afrika gekom het. Toe my ouers van Geloftedag hoor, het ons dadelik ingeskakel. Dit het nie aan ons saak gemaak dat ons voorouers nie deel van hierdie land was nie. Ons was van toe af deel van hierdie land. Ons deel vandag in die vrug van hierdie mense se dapperheid en God se seën op hulle. Ons vier elke jaar saam met die Afrikaners Geloftedag!

Jan ·

My voorvaarders van ma en pa het nie hul voete uit die Kaap gesit nie. Ons vier egter hierdie dag saam met ons volksgenote omdat dit as meer gaan as ek of jy.

Denise ·

My familie, was ook nie daarby betrokke nie, judge dredd! Dus nie bindend op my of my nageslag nie

Gekke en dwase. ·

Lyk my die Afrikaner probeer maar altyd dwars trek. Judge Dredd (wie of wat judge jy, jouself?) Se jy met anderwoorde, dat die belofte van Jesus se sterwe aan die kruis was ook net vir DAAI mense? Kom by, die belofte by Bloed rivier het oor meer as net n gelofte van n paar mense gegaan, en sonder dat ek of eneige van my voorgeslagte(Afrikaners) daar was, WIL ek God vir die behoud van die Afrikaner Loof en Prys. Maar….. soos altyd, die keuse is joune. Hou op om mense te JUDGE wat opreg glo in die belofte wat (van) ons voorgeslagte gemaak het. Ek will julle n vraag vra, as die Media, of boere, of wie ookal, vra dat ons almal op n sekere dag, n sekere tyd, vir reen gaan bid , Judge julle hulle ook, of bid julle saam of is dit ook nie van toepassing op julle nie. Sies man skaam jou.

Frans C ·

Lees ‘n mens die belofte dan ontstaan daar ‘n probleem.Dit lees:
Nederlands

“Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven”

Ek glo nie dit is so bedoel nie en ek dink uit die aard van dit was die bedoeling anders.
‘n Mens kan nie ‘n vereiste aan ons Skepper stel dat Hy eerste moet presteer nie en dan belowe om iets te doen nie,Hierdie teenstrydigheid wat egter reggestel in die laaste
gedeelte reggestel en dit is die regstelling wat ‘n mens instaat stel om die dag te herdenk.

tant Anna ·

NET van toepassing,op diegene FransC wat nog gebind is en verblind word, deur “tradisie” en dit WIL vier! Lees nerenste ini bybel, dat Jesus, my Verplig, om n menslike belofte, van n vrymesselaar, te MOET onderhou of eer nie! Daarom was daar n KRUIS EN SY GENADE

Denise ·

Let op dat daar net gebid word, tot EEN Heilige god, in die gelofte! Ons aanbid God Drie-Enig! Gaan kyk aanlyn na “Gelofte Dag-Gelofte aan watter god?” TruLight Radio XM. Ook “Curse of Freemasonary”

schaun ·

Dit is n moet,nie wil jy of nie n gebod is n gebod en die afwyking daarvan is die rede hoekom ons volk uitgelewer is aan heerskappy en onderdrukking van die antichris in SA vandag

Frans C ·

Nee dit is nie ‘n gebod nie.Dit is ‘n belofte wat ‘n ooreekoms is tussen twee partye is.
‘n Verbrking van ‘n ooreenkoms is sonde,jy sondig teen die Een met wie jy die ooreenkoms aangegaan het.
Die vraag is of dit bindend is op net die nakomelinge van die Voortrekkers of almal wat daaraan verbonde voel.

Sarel ·

In ons Kinderjare en Jongmens jare het jy Geloftefees terrein gehad. Die dag was saam as gesin en familie saam met vriende op die Piekniek kombers deurgebring saam met Ma se Padkos. Lekkeŕrrrrrrt man

gerrie ·

Schaun,ek stem saam met jou,daars meer dwarstrekkers in hierdie land van ons as enige ietsanders,dink hulle moet bietjie bykom.

Dink weer ·

Ons wat so graag die Gelofte wil vergeet moet Exodus 20:5-7 weer gaan lees. As jy die Gelofte aflag het jy dus Sy naam ydel gebruik. (vir eie gewin). Hy is duidelik in vers 5; “Tot in die derde en vierde geslag van die wat my haat”. Bly weg daar, die anderkant is baie beter “tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet”.

Welma ·

Dankie Maroela Media vir plasing van Gelofte… Ek is baie dankbaar daaroor… Net ter nagedagtenis…daar sal altyd mense wees wat nare dinge sê.. gelukkig steur ons ons nie daaraan… !

Mariana van Deventer ·

Philip, ek voel ook so, nie een van my voorgeslagte het onder die Engelse regering uitgetrek nie. Hul het dit eerder hier vir die Britte moeilik gemaak en is van hul selfs tot dood veroordeel as rebelle. Ek voel ook altyd so asof dit nie my geskiedenis is nie en twyfel soms aan my Afrikanerskap al is ek uitsluitlik n afstammeling van die 1ste Kaapse hawe (Hollanders, Khoi, Indiese slawe, Franse en Duitsers).
Die Groot Trek was egter merkwaardig en hul oorwinning by Bloedrivier n wonderwerk. Ook was baie van hul verlangs familie. So daarom vertel ek my kinders en eer Geloftedag en veral oor dit bo my begrip is hoe die handjievol mense se geloof hul laat staan het teen die oormag.
Seker maar hoe ons boere nou ook in geloof teen moordenaars, n ondoeltreffende regering en n allervreeslike droogte moet staan.

Nika ·

Die Woord van God sê duidelik as jy n gelofte aan die Here maak moet jy daarby hou, daar is hoeveel mense in die Bybel wat geloftes aan die Here gemaak het. Ons voorvaders het aan die Here belowe dat ons en ons nageslagte die dag sal herdenk en waardig soos die sabat. In Johannes 14:15 het Jesus gesê: “as julle My lief het, voer voordurend My opdragte uit.” as dit n opdrag van die Here is om jou geloftes na te kom en te eer(sien skriflesings onderaan) hoekom is dit so moeilik vir mense om net een dag aan die Here te herdenk? Is dit werklik so moeilik om die 16de Desember soos n sabat te waardig? Is dit werklik vir jou as mens so ongerieflik om stil te word voor die Here en dankie te sê?
Num 30:2
Deut 23:21
Rig 11: 30
Sam 1:11
Psalms 132:1-2
Prediker 5:4-7

Tant Anna ·

Nee, my kind! Eks nie gebind aan n belofte van n vrymessellaar nie en songodaanbidder nie! Ek het nie self daai belofte gemaak teenoor God! HOU die oordeel en ou bybelversies vir jouself en jou nageslag! Nerens staan,ini bybel eks gebind aan ANDER VREEMDE menslike beloftes, waarvan ek nie deel was nie

HouHoop ·

Tant Anna, ek sou graag wil weet waar tannie die informasie kry dat die voortrekkers wat die gelofte afgele het, vrymesselaars was. Dan sou ek u ook wil vra of u weet wat dit behels om aan vrymesselary deel te neem/daarvan deel te wees. Dan sou ek ook wil vra hoe dit moontlik is dat daardie voorvaders van ons amal na die gelofte behoue gebly het in n situasie waar dit normaalweg onmoontlik sou wees om geen slagoffers te he nie, wat vir my se die Here was by hulle, soos Hy by Israel was met die Egiptenaars. Dit is so dat groot volkshelde wat baie mense vereer met vrymesselary betrokke was. Maar dit is kompleet onsinnig om hulle amal oor een kam te skeer in my opinie en van wat ons kan sien was daai Voortrekkers gelowende kinders van ons drie-enig God. Die Here het hulle dan behou en beskerm. Hulle het n week lank voor die aanslag elke dag die gelofte oor gemaak. As hulle vals profete en vrymesselaars was sou hulle net daar gesterf het daai dag.

James ·

Ek herdenk dit want dit staan so in die gelofte geskryf.
Elke jaar op die 16de.

Feite ·

Laat diegene wie geloftedag vier dit doen en laat diegene wie geloftedag nie vier nie dit doen. Dit is soos die wat wil bly en die wat wil gly. Ons leef in n tyd waar elke gelowige eerder dit moet doen wat hulle verstaan en gelukkig maak volgens God se Woord en God se verbond met Abraham en sy nageslag. Gelowiges is God se Volk, dit is nie die Afrikaner of die Joodse of Israelse volk nie. God het die verbond gesluit en gelowiges daarteen gemaan om nie beloftes/geloftes te maak nie, omrede geen mens instaat is om sy beloftes/geloftes na te kom nie. As daar dus n les te leer is uit ons geskiedenis, dan is dit om nie beloftes/geloftes te maak nie!

John ·

As mens kyk na die ANC se teenspel tov 16 Desember… juis op dieselfde dag… kan mens vra hoekom. Dit dui op brute jaloesie en weerstand teen die seèn van die vader vir wat deur hulle as kolonialiste beskryf word, maar beskerm is. Die teendeel moes mos gebeur het. En dit moet Afrikaners juis moed gee om aan te gaan en te vertrou. Om nie die 16de te vier of te eer nie is indirek die onderskryf van diegene wat ons bestaan verwens.

Andre ·

Die gelofte het gegeld vir ALMAL wat daardie dag in die laer was en wat gewisse uitwissing deur derduisende in die gesig gestaar het. Vandag is dit presies nog net soos daardie dag……die aanslag sal nie verander nie…….Daardie gelofte geld vandag nog net soos daardie dag….vir ALMAL wat in die HERE se genade glo.

adriana ·

Ek WIL dit herdenk en SAL dit herdenk tot in einde van dae.

Eunice ·

Stem saam JD…NIKS met my te doene nie! Buiten dat ou Piet Retief en voortrekkermonument deurspek is met spul vrymessellaars!!

Veer ·

Ek is nog jonk, en onthou hoe my pa my as dogtertjie na die Voortrekker monument geneem het, hy het vir my die geskiedenis vertel en die res het ek self nageslaan. Ek is ñ blanke Suid-Afrikaner en in my hart glo ek dat God ons “daai” dag nie versaak het nie en dat “daai” dag deel is van wie en wat ek is en dat ek dalk nie kon gewees het nie kom ook by my op. Ek gedenk die dag op my manier, ek glo dis ons elkeen se keuse hoe ons die dag wil of nie wil gedenk nie. Die ouens wat vrede daarmee het, dis hulle keuse en nie ons plek om te sê dis reg of verkeerd nie. Leef en laat leef mense, ons elkeen is after all verantwoordelik vir ons eie keuses.

PietS ·

Die gelofte is afgele namens almal wat daar teenwoordig was en virHULLE nageslagte. Die voorgeslagte wat nie teenwoordig was op daardie dag, is nie gebind tot die gelofte nie. Daar was nog nie eers sprake van n Boere of Afrikaner volk daardie tyd nie.

Wat van die swart en bruin mense en buitelanders wat daai groepie voortrekkers gehelp het?

Dan word die songod ook elke Desember ge-eer by daai duiwelse tempel nl die Voortrekker monument.

Hexadane ·

Ek hoor jou Philip Jordaan, wat moet ek omtrent dit se as my voorgeslag van Duitsland en Sudetenland af kom. Die eerste van ons voorgeslag wat in SA gebore is was my ouers in die 1950s, ons het dit nooit gevier as n gelofte dag maar ons respekteer nogsteeds ons bure wat daarin glo. Dit gese, gaan niemand my vorseer om dit te moet vier nie. Maar ek het ook nie n probleem met iemand wat dit wil vier nie.

Eunice ·

NEEE… WAT hou maar verby, dankie!!! Ek is n NUWE BLOEDLYN Koningskind IN JESUS CHRISTUS VAN NASARET wat aan die KRUIS vir my Gesterf het en nie onderworpe aan spul menslike voorgeslag-twak nie! Ek was nie daar nie, my familie was nie deel, van daai belofte nie, BUITEN dat omie Piet Retief self en die Voortrekkermonument deurspek is, van VRYMESSELLAARS en gebou is op heidense sonaanbidding,nes die egiptenare se piramides!! Ouens wat iets weet, sal weet dat die satanistiese hoofstroom VLOEKE. vanaf die voortrekkermonument geskied

Nelius ·

Hiermee stem ek heeltemal saam. Met watter “god” het piet retief eintlik die belofte aan gegaan? Dalk die Son afgod?

Johnna ·

Ek dink jy is verkeerd hoor!gaan lees die Boek Van Dr Willie Marais oor sy lewensverhaal en Dan sal jy verstaan hoekom dit so met ons in Suid Afrika gaan

Eunice ·

Johnna, jy moet wakkerword, broer! Gebruik bietjie, nuwe tegnologie gaan KYK EN SIEN fotos, waar jou voorgeslag in vrymessellaar gelofte makers afgeneem en gaan KYK die songod ini voortrekkermonument! Hulle noem dit google of duck go… EK DARE JOU!!!

Alet ·

Dit is ń voorreg om Geloftedag te kan herdenk! Ek is self nie oud nie, maar dit is wondelik om te sien hoeveel jongmense saam begin gaan, na daar waar Geloftedag herdenk word.
Ons moet egter op ons knieë gaan en weer bid vir verlossing en smeek om vergifnis, want al was jou voorouers nie deel van die groep wat saamgetrek het nie, het ons voorouers juis na hierdie land gekom weens die feit dat hul vrylik God kon dien!
My mening – As jy in God glo kan mens nie anders as om Geloftedag te herdenk nie.

ANE ·

Geen probleem, as mense dit wil vier en as bindend,op hulself beskou nie. Maar NEE, ek het die voorgeslagte, baie fyn gaan navors en bestudeer,asook die konsep van die voortrekkermonument se boustyl en doel en distansieer myself 100% daarvan! My heil, my lot, my lewe, is in Sy Hande en NIE IN DIE VAN MENSE NIE

Hephzibah ·

Eunice en ANE, amen! Julle moes ookal intense navorsing gaan doen het en laat julle ook nie bind, deur blinde sambok van onkunde en “tradisie” en voorgeslag-sondes

bokke ·

Daai gelofde is nie namens my gemaak nie en die enigste volk wat God in elk geval al ooit geseën het was die Israeliete. Die gelofte het ten einde gekom toe die wat dit gesluit het, afgesterf het.

Fanie ·

Net soos n getroud Paar voor die kansel voor God ewige trou aan mekaar beloof. En hoeveel der duisende mense breek daai belofte van God?. Jy kan nie soos n brullende leeu maak asof jy die groot gelofte dag jaarliks herdenk. Maar jou eie belofte met God reeds verbreek het nie. Dis hoe die lewe lyk. Wolwe met skaap klere wat vandag goed lyk voor ander en praat van al die mooi dinge en God se gelofte dag, terwyl jy jou eie verbreek het die dag toe jy met jou vrou of man skei. Hiermee sluit ek af. Om terug te kyk na die verlede mis jy soms jou eie verhaal.

koos ·

Ds Dafel, dankie vir die mooi duidelike uiteensetting wat U geplaas het. Dit word net so aanvaar en dankie daarvoor. Verskoon al die opmerkings dat die Gelofte kwansuis nie vandag meer van toepassing is nie. Diegene wat so voel sal self daarvoor verantwoording doen, ons oordeel hul nie, glo egter dat van hulle steeds eendag aangeraak sal word.
Dankie weereens, vertrou die Dag sal deur duisende ge-eer word.

Ouma Gans ·

Not ‘n wiel. Nie ek nie. Pure opsweping. Laat die mense egter maar geniet.

Feite ·

Mooi gese Fanie! Ek hou van hoe jy dink. Elke gelowige Afrikaner moet in sy eie kamertjie ingaan en gaan bid vir God se genade en dat God aan jou, jou gesin en alle gelowiges sal uitkoms bied. Moet nie groot publieke kerk byeenkomste gaan bywoon nie, vermy dit. Sorg net dat jy en jou gesin se persoonlike verhouding met julle Skepper reg is. Moet nie geldmaak, politiek en godsdiens in een asem noem nie. Bedoel goed, doen goed, wees waaksaam en paraat om nie in die versoeking gelei te word nie en om nie boosheid se pad te kruis nie en dan sal goedheid jou volg!

Hennie ·

Baie seen vir u, ds Davel en diegene wat u skrywe ondersteun! Ek verskil radikaal van u en dis juis, as gevolg van ONKUNDE dat dit met Sa gaan soos dit gaan! Shalom

Magaretha van Heerden ·

Kom ons maak dit maklik. Ek dank die Here vir Sy grootheid en dat hy die boere uit die dilemma gehelp het op 16 Desember. Daar is niks verkeerd as mense die gelofte hou nie. Dit was namens hulle en hul nageslag gedoen. So as jy n afstammeling is kan jy maar gerus jou afhankliheid van God en jou dankbaarheid vir Hom gee. Dit is nie nodig om n hele bazaar te he nie. Wees rustig en spandeer jou tyd met Hom. Hy ken ook jou hart. Ek wil aanbeveel dat ons elke dag eer aan God gee en Hom dank vir Sy goedheid, ongeag watter dag dit is. Dit bly steeds n wonderlike demomstrasie van God se genade wat op daardie dag gebeur het.

bokke ·

Ek dink dis redelik verwaand van daai klomp voortrekkers wat betrokke was in die veldslag om hul nageslagte ook tot ‘n gebond te verbind. Ek is in elk geval nie deel van hul nageslag nie. My voorvaders het in die kaap gevestig en nie agter hul neuse aangetrek om later die boere-republieke te stig nie. Ek is dan ook nie deel van die Boervolk waarna ET so lief was om na te verwys nie.

Trotse Voortrekker ·

Wel, ek is ‘n trotse nasaat van die Voortrekkers en ek herdenk Geloftedag.
Ek is trots op waar ek vandaan kom en blameer niemand oor my Geskiedenis nie – ek is trots op my Geskiedenis – en ek is ook deel van die Geskiedenis wat ons nou maak.
Onderkry is min – want ek Glo in God.
Die Voortrekker het mannemoed , integriteit en rugraat gehad en ek kyk op na hulle.
Vandag is daar min sulke mense – die meeste is libs en papbroeke.
Met sulke pap bagasie kan jy nie ‘n sterk gesonde nasie met rugraat bou nie.

an ·

Ons is unieke mense …. anders as al die ander in SA. En Geloftedag gee ons die geleentheid om ons andersheid (uniekheid) te vier.

Los maar al die Bybelversies en sedepreke oor die spesiale dag … en vier dit uit lojaliteit, solidariteit en vir die lekker daarvan!

Om Geloftedag te gedenk is die regte ding om te doen! Dit is ‘n MOOI ding om te doen!

Kom ons doen dit!

Johnna ·

Suid Afrika is in ballingskap! wanneer n Volk nie oor hom self regeer nie is dit so.Wie regeer oor ons Blanke volk???As ons ons gelofte nagekom het sal dit beslis nie vandag so gewees het nie.En dit is net God wat ons hier gaan uithaal.Julle Kan Maar redeneer soos julle Wil goed is ook toegelaat in ons land wat nooit toegelaat moe’s gewees het nie.SA keer terug na God!!!

Sophia ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons as wit Suid-Afrikaners ons weer van voor af verootmoedig voor God en die Geloftes wat ons voorvaders afgelê het ook weer oor ons volk en voor God uitspreek en hernu!

Judge Dredd ·

Dit is Nogals iets waarmee ek saamstem. Net jammer dit moes 30 jaar terug gedoen gewees het voordat die land weg gegee is.

Skinkbord Gelofte ·

So ironies. Die gelofte word glo as relevant of belangrik beskou nadat die meeste van hulle die gelofteland 26 jaar gelede (met ‘n JA-stem) op ‘n silwer bord weggegee het? Intussen kantel die Titanic. Die res emigreer.

agtertrekker ·

Gewapende voortrekkers maai ongewapende zulus af wat probeer om ‘n rivier oor te steek om by die geveg betrokke te raak. Helfte het seker in elk geval verdrink nog voor die geveg. Niks om oor trots te wees nie. Voortrekkers moes ten minste die zulus darem eers ‘n regverdige kans gegee het om eers die rivier oor te steek. Vuil spel, swak sportmanskap en teen die etiese reëls van oorlogvoering. In rugby sou dit ‘n rooikaart en moontlike permanente verbanning gewees het.

chrisp ·

Gaan lees gerus oor die slag van Isandlwana waar die Britte 1800 man sterk was teen die Zulus 40 jaar na Bloedrivier .Die Britte verloor 1400 soldate(nie gewone burgers soos by Bloedrivier nie) en dit nogal met wapens wat soos vandag se jag-gewere herlaai nie voorlaaiers nie.
Indien jy enige militere agtergrond het en al by Bloedrivier was en nie in die wonderwerk van God daai dag glo nie is ek sprakeloos(vergelyk sommer my eerste feite oor Isandlwana) .

Gaan lees oor daai dag en die werklike feite en inpak van Godshand behoort jou te tref.Verder is dit verstommend dat so baie mense geen kennis van die gelofte het nie ,nee eintlik tragies.
Net ‘n paar wat die mense hierbo kwytraak.
Piet Retief was reeds dood. Die voortrekker monument was nie gebou nie(die eintlike gebou wat gebou is staan vandag nog in Pietermaritzburg). Moenie gaan fout soek by dinge wat nie eers daar was die dag nie en dit alles net om jouself te regverdig dat die dag geen water dra nie.

Dit bly ‘n gelofte aan God weet dit verseker.
Jou keuse om dit te onderhou of nie verander niks aan die gelofte nie.

bokke ·

As die Zulu’s gewere gehad het en daar nie ‘n rivier was nie, het die voortrekkers pak gekry, gelofte of nie

Rolene ·

jammer ou Chrisp, ek is nie gebind, gebonde of deel van n vrymesselaar se gelofte aan sy songod nie! Ek is n Koningskind, met n Nuwe Bloedlyn van Yeshua Ha Massiach en Hy is my Vader, niks en niemand anderste

Leon ·

LIEWE GENADE TOG, GAAN GOOGLE OF DUCK GO NET DIE OU SPULLETJIE EN DIE VOORTREKKERMONUMENT EN WORD TOG WYS, MENSE!!!!

chrisp ·

Rolene.

Ek sien jy verstaan nie wat ek se nie,jammer as ek my swak uit gedruk het.
Kom ek probeer so verduidelik.
Die voortrekker monument is vol vryemesselaar tekens en is dus in my oe ook taboe die monument is in 1949 gebou meer as ‘n 100 jaar na die slag(die gelofte kerk is in Pietermaritzburg).Piet Retief was ‘n vryemesselaar want die passer en winkelhaak was op sy waterbottel.
Kan jy my se wie was die vryemesselaar wat die gelofte afgele het volgens jou?Ek weet nie van die persoon nie en sal graag by jou wil leer.

Soos reeds gese die gelofte staan of jy dit wil weet of nie. Ek het so paar jaar terug gaan kyk hoe dit daar lyk om klaring vir myself te kry .Wat ek vir jou kan se is dat daar geen manier is dat daai mense kon oorleef het sonder ons Vader nie.Veertig jaar daarna het soldate (Britse) teen die Zulu’s met beter wapens,4 keer meer manskappe(opgeleide soldate) die geveg verloor en 1400 man is daar gedood (voortrekkers nie een nie).
Die persone wat probeer verklaar dat die rivier die deurslag gegee het ken nie die geskiedenis nie want dan sou hulle die aanvalsplan van die Zulu’s geken het waar die rivier slegs ‘n deel van uitmaak.
Onthou asb die voortrekker wat die vryemesselaar was en die gelofte afgele het.

Judge Dredd ·

Vir duisende jare al gebruik vegtende magte territoriale/omgewings voordele. Niemand het die Zulus geforseer om aan te val.

Judge Dredd ·

@bokke- die nageslag van daai Zoeloes het vandag gewere en hul skiet 2000 skote na A4 papier sonder om een keer te tref. Iets vertel vir my hul voorsate sou nogsteeds hul gai sien.

Tienie ·

Sê-maar-net…..

Julle is voorwaardelik n baie goeie voorbeeld vir baie van SA se mense…

Henry ·

Chrisp baie dankie vir die deel van die feite.
Piet Retief is dood op 6 Feb 1838 en die Slag van Bloed rivier soos ons weet op 16 Dezember 1838. So dan wil ek graag weet van ons hoogs intelligente en ingeligte Kamerad, het Piet Retief dan uit die dood opgestaan om die gelofte te kom afle?
Mense moet gaan seker maak van hul feite voor hul kom twak kwytraak.

Tienie ·

Psalms 50:14
Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

Psalms 116:14
My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

Spreuke 7:14
Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;

Frik Lotz ·

Dis tyd dat die Afrikaner homself weer verootmoedig voor God want Hy is ons rots en ons anker. Herdenk die Gelofte want dis n belofte wat aan God gemaak is en mag nie verbreek word nie.

Griet ·

Ou Frikkie, preek vir jouself en jou nageslag en HOU jou oordeel vir jouself toe?

jaco ·

mooi woorde van dié dominee; net jammer die AP Kerk is net oop vir wit mense.

bokke ·

Lyk vir my na ‘n eensydige ooreenkoms. God het aan die Israeliete verskyn om die verbond te staaf, hulle te seen, te lei na die beloofde land en hulle beskerm teen hulle vyande. Dis heeltemal anders as die Voortrekkers se storie. Hulle het daai veldslag gewen maar is in talle ander veldslae en die oorloë daarna deur die Britte verslaan.

theo ·

jy ken nie jou bybel nie asook nie die geskiedenis. Israel het ook na die uitrek veldslae verloor waneer hulle ongehoorsaam was. hulle is selfs weggevoer babilon toe.

Johan ·

Ongelooflik watse twak sommige mense uit gooi om teen elke prys nie die klein moeite van die nakoming van die Gelofte hoef na te kom nie. Nogal vergelykbaar met die verskoninkies wat mense soms noem om Sondae nie kerk toe te gaan nie. Dit gaan nie daaroor of jy ‘n letterlike afstammeling (volgens bloedselle en DNA) van die betrokke vooertrekkers is nie. Het julle al ooit gehoor van ‘n Jood wat nie die Pesach fees (paasfees) vier omdat “daar nie bloed aan sy deurpos gesmeer is” maar net aan die van sy voorouers destyds ? Dit is ‘n gelofte wat gemaak is vir die volk wat van hulle afstam. Wat op de dag in 1838 gebeur het was niks minder as ‘n Gods wonder !

Franco Scheffer ·

As ‘n trotse Afrikaner Boer dink ek dit is goed om jou volk se geskiedenis te ken en onthou. Hierdie gebeurtenis was ‘n oorwinning wat goed beplan was deur Pretorius en sy manne. Dit was ‘n strafkommando. Hulle moet vereer word as helde. Die byna 30000 vroue kinders en ou mans in die konsentrasie kampe het ook gesmeek om genade maar die god van die bybel het nie gehelp nie. Hoekom? Die “gelofte” is opgebou deur die geskiedenis tot wat dit nou is omdat ‘n groep mense behep is met die bybel. Die korrelasie tussen die gelofte is duidelik, kyk maar, uitrek uit die Kaap (Egipte), vir 7 dae is die gelofte herhaal (7 keer om Jericho). Jericho val, so ook Umgungundhluvo. Toe moes daar, let wel ‘n “Tempel” opgerig word. ‘n Verdere vergelyking is die van Jefta se gelofte aan Jahweh vir ‘n oorwinning oor die Ammoniete. Die eerste wat uit my huis kom sal ek as ‘n brandoffer aan U bring as ek veilig na my huis terugkeer. Hy het geweet dit sal sy vrou of dogter wees want dit was gewoonte dat hulle ‘n formele terugkoms het, lees maar. Die koning van die Moabiete het sy eie seun vermoor om so ‘n oorlogsoorwinning te kry. Dit is tyd dat ons mense wegkom van hierdie bygelowige dwalinge. Wees bly vir Pretorius en sy manne en ook die helde by Majuba. Treur vir die dooies van die kampe. Dit is die lewe.

Fouche ·

Dit is natuurlik die analogie wat geskep word om een of ander duistere rede.
Al hierdie geskiedkundige punte was bymekaargegooi om ‘n konsep soortgelyk as eksodus te skep. En die kunsmatig geskepte ‘volk’ is mos nou deur ‘n opperwese gekies net soos die israeliete. Die poging het gewerk, die laslappie witmense van ‘n spul herkomste is nou volk en vaderland en boer en gekose. Wat ‘n spul nonsens

Sarel ·

Stem 100% saam met jou, Rolene te veel afrikaners, ken gladnie hul geskiedenis nie en maak ook nie gebruik van moderne tegnologie vir dieper intensiewe navorsing nie, soos Chrisp ongelukkig ook

chrisp ·

Gee voorbeelde waar ek verkeerd is Sarel of waar jou “diep”navorsing anders bewys nie onsamehangende aantuigings sonder om enige punt van my wat jy wil aanvat te noem nie.Ek maak bloot ‘n afleiding dat jy jou geskiedenis ken en moderne tegnologie gebruik om by die punt te kom.Kan jy nou punte neerpen waar jy van my verskil ek leer werklik graag en was nog altyd oop vir oortuiging dit is al hoe ek geleer het en nog steeds leer(geen mens het al die kennis of waarheid nie).

Dalk kan jy Rolene help uit jou “diep” navorsing oor die vryemesselaar wat die gelofte afgele het(ek dink sy soek nog die naam) .
Ek is van mening dat julle net aantuigings maak sonder name of bewyse met die hoop dat MM lesers dit as waar aanvaar terwyl julle onwaarhede versprei, hopenlik uit onkunde. Soos bo genoem kan ek die pot heeltemal mis en sal jou feite waardeer word.

bokke ·

Kyk na die feite: Voortrekkers heeltemal gereed vir aksie, reeds laer getrek, swaar gewapen en neem stelling in tussen die waens gereed om te skiet. Zoeloes, geen skietgoed, moet ‘n rivier oorsteek voor hulle eers kan dink aan begin oorlog maak. Gevolg – Voortrekkers maai helfte Zulus af terwyl hulle in die rivier spartel, ander helfte of verdrink of bereik oewer in ‘n gehawende toestand van uitputting en half-verdrinking. Maklike en verswakte vyand. Niks om op trots te wees en te vier nie.

Krammetjies ·

Doen dit, awesome.
Moet dit nie doen nie, ook awesome.

Godsdiens vryheid tel net vir dit wat jy vir jouself besluit.
Ek besluit nie vir jou nie, jy besluit nie vir my nie.
Die ‘moet’ in enige godsdien is subjektief. Elke god het mos sy eie boekie uit gegee.

Die enigste ‘moet’ in terme van Godsdiens is dat jy MOET ander mense se reg om te glo (of nie) respekteer. Godsdienste self verdien geen respek nie.

Hoe sê ·

Chrisp ek sien hulle antwoord jou nie
As jy kan glo dat GOD nog red kan jy geloftefees vier maak nie saak of jy van wie ook al afstam nie en of jy veilig in die kaap agter gebly het nie
As jy soos bokke glo dat die manne dit op eie stoom gewen het en die onregverdige voordeel van ‘n rivier in vloed gehad het dan hoef jy seker nie . Die van julle wat so mooi kan bid en nie gebind is deur tradisie nie bid kliphard dat daar nie in SA weer ‘n dag is wat jy so in die nood is dat jy dalk uit jou benoudheid ook ‘n gelofte moet maak nie. Dis maklik om slim te wees. bokke ek wonder maar soos jy ken ek nie eintlik die geskiedenis nie dink jy daai rivier het genoeg water in gehad om jou onderbroek te kon skoonwas na die tyd.

chrisp ·

Hoe se .
Daar is so baie “dinge” wat verkeerd kon gaan daai dag waarvan alles net reg geloop het bv mis,diere in laer,nat kruit,Grietjie se een skoot ens en dan nog die gesigte wat van die Zulu krygers gesien het van groot mense in wit wat die laer in die nag omsingel het wat Godshand oor en oor bevestig.Ek probeer verduidelik dat 1400 Britse soldate met baie beter wapens en kanonne(nie gewone mense en hul gesinne nie) gedood is 40 jaar later deur dieselfde Zulus maar dit word net oorgesien.

Wat vir my egter sleg is is dat persone verskonings soek(vals aantuigings sonder enige bewyse) vir die dag waar al die eer aan ons Vader moet gaan. In my opinie misken hulle dan Godswerk en ook hul woord aan God. Voor die gelofte afgele was,was dit juis ‘n groot wroeging by die trekkers omrede hulle hulle nageslag so verbind maar die situasie was van so aard dat hulle argument was dat dit die nageslag se verantwoordelikheid sal wees en nou sit ons in hierdie situasie. Wat jy daarvan maak is jou reg moet net nie verskonings en valshede verkondig (wat niks met die dag te doen het nie) sonder enige basis om mense te mislei of jou wyering om die gelofte te onderhou deur emosie en onwaarhede te probeer regverdig nie.

bokke ·

Die Britte is onverhoeds betrap. Daai geveg het in oop terrein in ‘n vallei tussen heuwels plaasgevind. Die Zoeloes het die Britte dou voor dag (terwyl hulle nog geslaap het) in horingformasie van alle kante bestorm en eenvoudig deur middel van getalle oorrompel (over run). Teen daai tyd het baie van die Zulu ook al gewere bekom deur middel van ruiltransaksies. Britte het geen kans gehad in daai veldslag nie. Die Britte het in elk geval dit nag gemaak vir die Boere later. Boere en Afrikaners kon nog nooit ‘n oorlog wen nie.

Buffel ·

Kan Maroela Media asb bevestig of dit wel Sarel Cilliers was?

Tant Anna ·

daar is nou net eenmaal, geen salf te smeer aan, sienende blindes en horende dowes… wat die god van gelofte steeds aanbid…maar ek oordeel of kritiseer julle gladnie

ANE ·

Staaaaadig oor die klippe, dis nie nodig om beledigend te raak, net omdat heelwat mense van jou verskil nie, Henry! Ons MAG maar van mekaar verskil, ons MAG maar almal, ons onderskeie opinies lig, respekteer dit asb. Vlgs. The Curse of Freemasonary, was daai voortrekkerleiers wel almal vrymessellaars en is die monument wat later gebou is, okkultiese sonaanbidding

Bertus ·

Goeie insiggewende artikels ook te vinde by “Freemasonry and the Dutch Reformed Church” asook “Pagan Design of Sun Worship in the Voortrekker Monument”

Reine waarheid ·

So insiggewend hoe sommige lesers se kommentaar hul geestelike volwassenheid duidelik bevestig of nie. Hoop beskaam nie sal bly Glo en vertrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.