Generaal Phiyega kom kuier asseblief op ons plaas

plaasmoorde-afriforum-jeugGeagte genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof,

Ek het oorweeg om ’n ope brief aan u te skryf, maar daarteen besluit omdat ek deesdae ook genoeg daarvan gehad het.

Ek gaan sommer met die deur in die huis val en ’n ope uitnodiging aan u rig.

U het vandeesweek uitlatings rondom plaasmoorde en -aanvalle gemaak wat my regtig diep, diep ontstel het. U het duidelik, soos al u voorgangers, nie ’n benul wat deesdae op plase in Suid-Afrika aangaan nie.

U het ’n probleem met die vertolking van die misdaadstatistieke op plase en meen die eintlike probleem is mense wie se emosies op loop is. Die plaasmoorde-probleem is – volgens u – aan die verbeter. In 2013/14 was daar 58 moorde en 493 aanvalle. As in ag geneem word hoe die getal boere jaarliks afneem, sal u weet dat dit baie hoër as die normale statistieke vir die bevolking in die algemeen is.

U weet niks van die oorlewingstryd wat in die algemeen gevoer word en die uiters spanningsvolle veiligheidsituasie waaraan die boer, sy vrou en jong kinders dag na dag blootgestel is nie.

Ek gee u gelyk. Daar kan geen onderskeid tussen moorde getref word nie. Elke moord in hierdie land is ’n tragedie wat iewers vir ’n gesin en naasbestaandes die einde van hul wêreld is.

Ek wil u aanraai om egter weer ’n ontleding van die polisie se gebrekkige statistieke te gaan doen. Dit is al uit verskeie oorde en deur kundiges bevestig dat boere en hul gesinne nou die mees bedreigde en uitgelewerde groep in die land is.

U houding dat dit nie as ’n nasionale krisis bestempel kan word nie, bevestig maar net dat die ANC-regering geen erns het om die kommersiële boer in die land te beskerm of op enige manier by te staan nie. Ondanks tientalle konferensies, seminare en kundiges se uitsprake dat Suid-Afrika op ’n ramp afstuur as die kwessie nie dringend aandag kry nie, vermy die regering om dit te takel.

Om terug te kom na my uitnodiging…

Ek sal u baie graag wil neem na die plaas waar Johan Strydom (40), ’n skoolvriend en die mees saggeaarde mens, in 2010 sowat 50 km van ons plaas in die Buffelshoek-omgewing naby Potchefstroom op die wreedste denkbare manier vermoor is. Hy is lewend agter sy bakkie aangesleep, sy lewer het gebars en sy skedel is verbrysel. As daar een mens was wat dit nooit verdien het nie, was dit Johan.

As ons daar klaar is, kan ons na die plaas Somerset gaan waar my voorgeslagte jare lank al boer en waar die lyke van tannie Annetjie van Rooyen (74) en haar man, oom Ernst (75) gevind is. Tannie Annetjie se lyk is deur ’n neef van my in die vrieskas in hul snoepwinkel gekry en oom Ernst het op die vloer met ’n lap om sy kop gebind gelê.

Net soos Johan, was tannie Annetjie en oom Ernst die “sout van die aarde mense”. Altyd vriendelik en goed vir alle mense wat hul pad gekruis het.
Hierdie voorvalle het daardie gemeenskappe uitmekaar geruk en van hulle sal nooit kan vergeet of daaroor kan kom nie. En erger nog… van hulle sal nooit ooit weer nie in vrees en beklemming leef nie.

Maar waarby ek eintlik wil uitkom, is om te sê: Kom kuier op ons plaas in die Vrystaat… en kom kyk hoe ons gesinne nou dag na dag in vrees, maar met moed probeer oorleef… met lemmetjiesdraad-heinings, kwaai honde, alarmstelsels, burgerband-radio’s en kinders wat leer deure toesluit sodra hulle kan begin loop.

Kom kyk of u een nag sonder u lyfwagte en polisie-begeleiding daar sal kan oorbly waar elke naggeluid jou wakker ruk: van ’n dikkop wat te lank skreeu, ’n hond wat effens vreemd blaf of ’n muskeljaatkat wat te kere gaan en dit laat klink of iemand deur die dak inbreek.

Kom kyk vir uself of u dink mense bly deesdae op plase omdat hulle aan een of ander idee van Utopia vasklou en of hulle daar is omdat hulle kan boer en besef dat mense in Afrika vir altyd honger sal wees en dat iemand moet werk om in daardie behoefte te voldoen. En natuurlik omdat dit hul erfenis en grond is waarvoor hulle met bloedsweet en elke pennie betaal het.

Ek wag gretig om te hoor of u die uitnodiging sal aanvaar.

Miskien kan ons dan uiteindelik ’n openlike gesprek oor die landbou-gemeenskap in Suid-Afrika begin wat tot op hede nog net houe moes vat en na wie klappe heeltyd links en regs uitgedeel word.

Ware begrip begin tog by kommunikasie en wanneer ons die dag kan sê dat ons weet hoe dit is om in mekaar se skoene te loop. Of hoe?

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

charmaine ·

Goeie idee. Julle sal dalk net die uitnodiging moet vertaal want sy sal nie Afrikaans verstaan nie en ook moeilik Engels. Gooi haar in n vang wa en vat haar self daarheen.

charmaine ·

Goeie idee. Julle sal dalk net die uitnodiging moet vertaal want sy sal nie Afrikaans verstaan nie en ook moeilik Engels. Gooi haar in n vang wa en vat haar self daarheen.

Ben Strijdom ·

Die ” generaal ” is duidelik ‘n polities aangestelde pion. Die politiek binne die huidige tydgleuf sal nie misdaad hokslaan nie. Misdaad is ‘n multi-miljard besigheid, wat die staatskoffers dik hou met BTW wat betaal moet word om gesteelde goedere te vervang.
‘n Polisie-hoof in die ware sin van die woord, verstaan dat die burgery aldus die Grondwet beskerm moet word. Misdaad het die RSA oorgeneem en natuurlik moet statistiek die publiek paai. Daar is ‘n sêding ” jy kan vir die wyle sekere mense om die bos lei, maar op die langtermyn sal die massa jou kop eis ”
Die ” polisie-hoof ” kan gerus kom kontak maak met die Boer op sy vlak, wat met sy vellies plat op die aarde staan, die spens moet vol hou, ongeag die ekonomie, diefstalle, moorde en verkragtings. Die Boer wil nie meer politiek praat nie, wil ook nie deur amptenare gepaai word nie. Die Boer het beslis ook die reg om sy kant van die saak te stel, en sy sê te sê !
This is a wake-up call, General !

Johan Swart ·

Dit is so sensitiewe onderwerp en tog sal die ZANC nie veel aandag daaraan gee nie. Hulle enigste metode van oorlewing is deur op die ras wa te ry want daardeur kan hulle nog emosies opwek. Verwys hier dan ook na die agbare Cyril se toespraak waar hy vir mense gewaarsku het om ANC te stem anders kan die wittes dalk veroorsaak dat hulle hulle werk gaan verloor. Maar ek dink n boodskap aan die agbare generaal sal seker moet wees soos hulle in Sotho sê” Hobua hase ho phetha ”
Dit is een ding om te sê en n ander om te doen, so moet nie moeite doen met die spaarkamer nie sy sal nooit opdaag nie.

Lizl ·

Die geweld waarmee die moorde plaasvind is die ergste. Kan sy nie dit insien of herken ? Dom vraag…. natuurlik sal dit mis gekyk word. Dis nie `n arme agtergeblewende skepsel nie, dis mos die gehate boer wat vermoor word , dis hoekom dit toegelaat word laat ons soos vliee afgemaai word. As een blanke nou `n swart gesin in Mamelodi gaan uitwis en eers martel….. jy sal nooit die einde van dit hoor. Plaasmoorde word eenvoudig net onder die mat in gevee. Hoekom ? Want ons laat dit toe !

Tony Bredenhand ·

Ek het hier n mak bobbejaan op die werf en ek stel voor dat jy hierdie brief aan hom rig. Ek glo jy sal n beter kans op verstaan en begrip van my bobbejaan kry. Shalom

Tony Bredenhand ·

Ek het hier n mak bobbejaan op die werf en ek stel voor dat jy hierdie brief aan hom rig. Ek glo jy sal n beter kans op verstaan en begrip van my bobbejaan kry. Shalom

Awie Spengler ·

Die data moet gerig word aan die Chinese President, Obama, Russian President, Australia President, French President, England President, Dis waar on voorsate vandaan kom. Hulle moet
help dis ons reg om by gestaan te word, die res van die wereld moet elke dag daarvan bewis gemaak word. Invite BBC, CNN na elke moord. Hulle sal verseker n helpende hand aanbied.

Sarie ·

Jy het ‘n hoop my vriend. Dis juis hierdie lande en mediahuise wat met hulle propoganda en versinsels SA gedruk het in die rigting waar ons nou is.

Realis ·

Jy is heeltemaal korrek Sarie. Ek het so 2 jaar gelede ‘n kommunikasie aan Skye news gestuur met fotos van die plaasmoorde aangeheg. Die enigste kommentaar wat ek gekry het was ‘n vraag of ek vir hulle as korrespondent sou optree. Hulle gee nie ‘n flenter om vir ons blanke Afrikaners nie.

Realis ·

Jy is doodreg Sarie.

Ek het so 2 jaar gelede ‘n kommentaar oor die plaasmoorde met aangehegte fotos na SkyeNews gestuur. Die enigste kommentaar wat ek ontvang het was ‘n vraag of ek vir hulle sou optree as korrespondent. Die oorsese media gee nie ‘n flenter om vir ons blanke Arikaners nie.

Dit pas hulle dat die swartes aan bewind is want dit stel hulle maatskappye instaat om besigheid te doen met korrupte amptenare.

Frik Lotz ·

By http://www.opinieplatform.co.za is daar n artikel wat sê plaasboere moet hul werkers beter behandel. Ek stem nie saam met wat daar geskryf is nie en het my kommentaar daar gegee. Gaan kyk asb n bietjie en gee kommentaar daarop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.