Gevaar van kernoorlog groter as ooit

flip-buys-2017-11-01

Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

Die skrikwekkende waarskuwing van die kernfisikus Albert Einstein doem weer voor die mensdom op: “As daar ʼn derde wêreldoorlog is, sal die vierde een met stokke en klippe gevoer moet word.”

Hierdie waarskuwing word in die gesaghebbende vaktydskrif, Foreign Affairs, deur prof. John J Mearsheimer van die Universiteit van Chicago gemaak. Hy beskou die oorlog in Oekraïne as die gevaarlikste internasionale konflik sedert die Kubaanse missielkrisis van 1962.

Daar bestaan ʼn groot gevaar dat die oorlog in Oekraïne tot ʼn grootskaalse Europese oorlog, en selfs die gebruik van kernwapens, kan eskaleer. Die belangrikste elemente van so ʼn nagmerrie bestaan reeds, en die omstandighede herinner aan die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog. Dit is onder meer:

  • Twee kante met onversoenbare standpunte wat elkeen sterk in sy saak glo.
  • Daar is geen vredesonderhandelings nie en albei magte veg vir ʼn militêre oorwinning.
  • Albei kante het hul doelwitte eskaleer sedert die oorlog begin het.
  • Dit is nie net ʼn streekskonflik nie – verskeie groot moondhede met kernwapens is daarby betrokke.
  • Die alliansiestelsel vergroot die kanse op ʼn groter oorlog omdat ʼn “aanval op een as ʼn aanval op almal” beskou sal word.

Die geskiedenis van oorlog wys dat ʼn betreklik beperkte konflik tussen twee lande maklik na ʼn groter oorlog tussen grootmoondhede kan uitbrei. ʼn Toepaslike voorbeeld is die Krim-oorlog van die 1850’s tussen Rusland aan die een kant, en Brittanje, Frankryk, Turkye en ʼn destydse Italiaanse koninkryk van Sardinië aan die ander kant.

Prof. Shepard Clough, professor in geskiedenis aan die Universiteit van Colombia, het die aanloop tot hierdie oorlog soos volg beskryf:

Die oorlog was nie die gevolg van ʼn berekende plan of oorhaastige besluite nie. Dit was die gevolg van jare se noodlottige onbeholpenheid in stadige aksie, van onbekwame staatsmanne wat maande gehad het om na te dink oor die optrede waartoe hulle oorgegaan het.

Hierdie woorde geld vir die huidige oorlog ook, omdat daar ʼn baie lang aanloop tot hierdie tragiese gebeure was waartydens dié konflik voorkom moes word.

Doelwitte verander

Pres. Wladimir Poetin (Foto: Andrey Gorshkov /SPUTNIK/AFP)

Die Russe se doelwit was aanvanklik om te keer dat Oekraïne by Navo se militêre bondgenootskap aansluit. Dit sou, in die woorde van pres. Wladimir Poetin, vanuit ʼn Russiese oogpunt ʼn “regstreekse gevaar vir Russiese veiligheid” word.

Die Russe het hierdie doelwit nou tot ʼn militêre oorwinning en die besetting van grondgebied, veral in die ooste van Oekraïne waar groot getalle Russe woon, eskaleer.

Die VSA en sy Europese Navo-bondgenote wou Oekraïne aanvanklik net bystaan om ʼn Russiese oorwinning te keer en om ʼn gunstige vredesooreenkoms te help verseker. Die Weste se doelwit het intussen ook tot ʼn militêre oorwinning en die uitskakeling van Rusland as ʼn groot moondheid eskaleer.

Mearsheimer noem drie roetes na grootskaalse eskalasie wat deel van die dinamika van oorlog is:

  1. Een of albei kante eskaleer die oorlog om te wen;
  2. Een of albei kante eskaleer die oorlog om ʼn nederlaag te verhoed; en
  3. Die oorlog eskaleer onbedoeld al hoe meer, byvoorbeeld as gevolg van ʼn onvoorsiene gebeurtenis.

Van verdedig na aanval

Die VSA het aanvanklik verdedigende wapens, soos tenk- en lugafweerwapens na Oekraïne gestuur. Toe die doelwit na ʼn militêre oorwinning verander het, is groot hoeveelhede moderne aanvallende wapens na Oekraïne gestuur.

Die Amerikaanse staatsman, Henry Kissinger, se waarskuwing oor die foute wat in die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog van 1914 begaan is, geld vandag steeds:

Die staatsmanne het die verwoestende krag van hulle wapens hopeloos onderskat. Hulle het ʼn kort, beslissende, konflik verwag en nie die ontsaglike ongevalle wat vroeër in die Amerikaanse burgeroorlog voorgekom het nie. Dit het nooit by hulle opgekom dat hulle besluite tot die vernietiging van die beskawing kon lei nie.

Een skoot, twee oorloë

Die moord op die Oostenrykse kroonprins Frans Ferdinand, deur ʼn jeugdige Serwiese sluipmoordenaar op 28 Junie 1914, het ʼn ketting van skrikwekkende gebeure aan die gang gesit. Dit het uiteindelik tot twee wêreldoorloë gelei waarin saam sowat 100 miljoen mense omgekom het. ʼn “Klein” voorval kan gevolglik tot groot gevolge lei.

Kernwapens

Die vraag is in watter omstandighede een van die twee kante in die huidige konflik kernwapens sal aanwend. Die Amerikaners en hul Europese bondgenote neem nie self aan die gevegte deel nie, maar hulle is diep betrokke by die oorlog. Die Weste gebruik sy volle arsenaal ekonomiese en diplomatieke magsmiddele en verskaf op groot skaal wapens en finansiële bystand aan Oekraïne.

Mearsheimer glo dat daar vier moontlike beweegredes kan wees waar die Amerikaners self militêr met soldate in Oekraine betrokke kan raak. Dit is as die oorlog lank voortsleep; as daar geen vooruitsig op ʼn diplomatieke oplossing of ʼn Oekraïniese oorwinning is nie; as die ekonomiese koste te hoog raak vir die Weste; of as die Weste desperaat is om dié konflik vinnig te beëindig om Chinese aggressie te stop.

Wolodimir Zelenski, president van Oekraïne. (Foto: Oekraïnse presidensie via AFP)

Indien die Oekraïense leër gevaar loop om die oorlog te verloor, kan die Amerikaners ook inspring om so ʼn nederlaag te voorkom. Die laaste moontlikheid wat Mearsheimer noem, is as die Oekraïners Russiese dorpe of stede aanval om ʼn groot Russiese teenreaksie uit te lok wat die Weste in die oorlog kan intrek.

Russiese kernwapens

Pres. Poetin het reeds die strawwe Westerse sanksies as ʼn oorlogsverklaring beskryf wat, vanuit ʼn Russiese oogpunt, die tafel dek vir moontlike kragdadige optrede teen Navo. Mearsheimer beskryf die omstandighede wat die Russe kan noop om kernwapens te gebruik:

  • As die Russe desperaat raak om die vloei van Westerse wapentuig te stop en dan ʼn Navo-land soos Pole waardeur die wapens na Oekraïne beweeg aanval;
  • As Navo-magte self tot die oorlog toetree;
  • Om ʼn Russiese nederlaag teen die Oekraïners te verhoed;
  • As die oorlog so lank en uitgerek raak en die koste vir die Russe so hoog raak dat hulle dit tot elke prys wil beëindig.

Die hoof van die Amerikaanse CIA neem die gevaar van kernwapens so ernstig op dat hy al in April daarteen gewaarsku het: “Niemand van ons kan die dreigende gevaar van die gebruik van taktiese kernwapens ligtelik opneem nie.”

Taktiese kernwapens is kleiner wapens om stede of ʼn leër te vernietig, en is nie interkontinentale ballistiese missiele nie. Die gebruik daarvan kan nogtans vinnig tot ʼn groter eskalasie na die gebruik van nóg gevaarliker kernwapens lei.

Ander moontlikhede

Gelukkig beteken die gevaar van ʼn eskalasie na die gebruik van kernwapens, beslis nie dat dit gaan gebeur nie. In die verlede was die afgryslike moontlikheid daarvan genoeg rede om dit te verhoed. Die Russe het wel al verskriklike skade in Oekraïne aangerig, maar hulle was tot dusver nog baie huiwerig om die oorlog verder te laat eskaleer. Rusland het nog nie sy hele weermag ingestuur, groot getalle soldate opgeroep of Oekraïne se elektrisiteitnetwerk aangeval nie. Pres. Poetin het wel betekenisvol gesê dat die Russe “nog nie eers begin het om ernstig oorlog te voer nie”.

Die mensdom kan maar net hoop en bid dat die dreigende gevaar van ʼn kernoorlog, ʼn kragtige aansporing vir die strydende partye sal wees om betyds ʼn diplomatieke oplossing te vind.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Europeërs wil defnitief nie ‘n kernoorlog beleef nie, Russe ingesluit. Maar die Amerikaners voel dalk anders.

Human ·

Hoekom sonder jy die Amerikaners uit? Hulle het nie Rusland gedreig met kernwapens. Inteendeel Putin is die een wat die Wêreld gewaarsku het dat die gebruik van die wapens nie uitgesluit is, indien hy nie sy sin kry. Die skrywer hanteer Putin se oorlogsugtige wandade en vergrype met handskoene. Oud President Clinton het in ‘n onderhoud gesê dat daar destyds ‘n aanbod aan die Russe gemaak was om aan te sluit by NAVO. Die aanbod is van die hand gewys.

Knorknaap ·

Dalk omdat Amerkika nog die enigste land is wat dit teen burgers van ‘n ander land gebruik het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Human, die Amerikaners dreig nie, hulle gooi eerste WMDs sonder om te dink. Dit word die verrassingselement genoem. Tweedens, Russe is een voet in Europa, en die ander een in Asia. Dink jy China sou tevrede wees met Navo op hul agterplaas? Nee. En Navo bied ook niks vir Slawiers nie, behalwe verdeeldheid en ellende.

Human ·

Dink jy nie dit is wat Putin nou doen, verdeeldheid en ellende saai. China was nie `n faktor toe die aanbod aan Rusland gedoen is en dink jy hulle sou hul toe aan iemand steur, as Putin dit nou nie eers doen. Gaan lees op hoekom Amerika twee kernbomme gegooi het op Japan, voordat jy belaglike aansprake maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

China het sy deure al in 1980 vir die Weste oopgemaak. Shell was een van die eerste beleggers daar. Natuurlik was hulle in 1991 al ‘n reuse faktor in die wêreld. Churchill het dit al in die 1940s voorspel. Ongeag die Amerikaners se verwronge denke, om twee kernbomme op ‘n land te gooi wat op sy knië was net om te bewys die keiser is net ‘n mens regverdig nie die gevolge van kernbomme nie. Maar genl. Mac het anders gedink. En jou held Zelinski het Russies sprekers in die Dombas uitgemoor, 14 000 van hulle. En dit was met behulp van die Azov neo- Nazi bende. Al wat hulle gevra het was ‘n mate van kulturele selfregering om hul taal en kultuur te beskerm. Poetin het Kiëf gevra om te stop en luister na die mense, maar hulle het nie. Nou is dit payback soos wat ‘n groot leier behoort te doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Human, die VSA wou die oorlog ook vinnig en sonder Amerikaanse ongevalle beëindig. Die Japanese het destyds in hul keiser geglo soos ‘n god en was bereid om vir hom te sterf. Einstein en ander lede van die Manhatten projek was teen die atoombomme, maar Trueman het sy generaal se advies aanvaar. 200 000 mense, burgerlikes en soldate het onmiddelik gesterf. Derduidende meer is beseer en aan bestraling blootgestel, waarvan baie later in pyn gesterf het. Jy moet bid dat so iets nooit weer sal gebeur nie.

Human ·

As jy ‘n behoefte aan heldeverering het moet nie ander oor dieselfde kam skeer, deur aannames en wilde afleidings te maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe nou Human? Wat se aannames en afleidings. Dis feite.

Human ·

Ja ‘n perd met oogklappe het tonnelvisie en alles wat hy in daai tonnel sien is feite(geite).

Republikein in die Wes Kaap ·

China het sy deure al in 1980 vir die Weste oopgemaak. Royal Shell was een van die eerste beleggers daar. Natuurlik was hulle in 1991 al ‘n reuse faktor in die wêreld. Churchill het dit al in die 1940s voorspel.

Karel Kobus Kruger ·

So al die Suid-Afrikaners wat Europa toe geëmigreer het gaan sak en pak weer terugkom?

Barend ·

‘n Kernoorlog behoort vinnig en intens te wees. In die teikengebiede gaan daar nie juis kans vir enige besluite wees nie. RSA sal darem hopelik nie ‘n teiken te wees nie.

Dries ·

Iewers gaan Putin homsef weer misreken soos wat hy aanhoudend doen

Dries ·

Hy het gedink dat hy NAVO van sy grense gaan weerhou
Toe sluit Swede en Finland ook aan by NAVO. Nou is hy omring deur Navo.
Misrekening no 10
Hy het voor die oorlog alreeds beheer gehad van 15% van Ukraine en toe tydens die oorlog 30 % van die land beheer. Nou beheer hy net 20% na 7 maande
Misrekening no 11
Al waar hy suksesvol was was om die hele wereld omver te werp en miljoene onskuldige mense en hulle kinders verplaas te kry.
HY IS DIE GROOTSTE STUK GEMORS WAT HIERDIE WERELD NOG GEHAD HET

Republikein in die Wes Kaap ·

Neo-Nazis is een van Poetin se grootse vyande. En hulle is nou Zelinski se redders. En weet jy dat Swede se nuwe koalisieregering gaan neo-Nazis insluit. Goeie vrinne van Navo. Go Vlad!!!

VaalDonkie ·

So jy reken Putin se vrese van NAVO op sy drumpel was toe nie verniet nie?

Dries ·

Ek het al gedink oor hierdie oorlog. My slotsom is:
Putin is n meester van om homself te misreken. Tipies van n selfgesentreerde egoistieste Psigopaat. Hy het gedink hy gaan met sy “SPECIAL MILITARY OPERATION” die hele Ukraine oorneem en n puppet regering daar stel in 3 dae. Misrekening no 1
Hy het gedink Zelenski is n useless kommediant en danser waaroor hy net gaan loop. Toe loop hy hom vas in n strateeg soos Winston Churchill.
Misrekening no 2
Hy het geglo dat die Ukrainse burgery n klomp dwelmverslaafde morone is, of Zazis soos n goeie vrind van my hulle noem. Toe loop hy hom vas in patriotte van Ukraine.
Misrekening no 3
Hy vertel sy troepe dat hulle begroet sal word met blomme en sjampanje. Toe word hulle begroet met burgelike Molokov cocktails

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy moet weer dink. Of beter, wyer lees.

Cherokee ·

RWK, wàt ‘n powere poging tot antwoord op ‘n goed opgesomde kommentaar.
Ek ondersteun jou siening volkome, Dries.

Dries ·

Nou val hy die Elektrisiteits netwerke in Ukraine aan. Die wereld en China sien nou dat die Russiese weermag niks anders is as n terroristiese organisasie is. China gaan verseker hulle liefdesverhouding breek. Hulle sal nie saam hom veg nie. Merk my woorde. China gaan binnekort hulle totaal van hom distansieer

Republikein in die Wes Kaap ·

China is en was nog nooit iemand se vriend nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops Dries, China luister nie Poetin nie, nog minder na Biden en defnitief nie na die UN nie. Indien China praat hou Poetin sy mond toe. Biden en sy Navo buddies behoort dieselfde te doen.

Kobus ·

Jy kyk te veel CNN. hierdie gemors kom al van 2014 af aan. EN die VSA het dit begin. Jy’s seker van daardie “Biden supporters”

Anna-marie ·

Kobus, ek stem saam wat jy hier sê. CNN kykers weet nie die werklikheid nie. Die VSA het hierdie gemors in Ukraiene begin. Dit het begin met Biden, sy seun Hunter, Lindsey Graham, John McCain en ander Amerikaners wat die Ukraieners gaan opsteek het teen die Russe omdat hulle ‘n regime Change in Rusland wou kry. Alles te doen met die New World Order wat die globaliste wil instel.

Human ·

As sommiges vashaak by Russie propaganda en samesweringsteorie moet nie aanneem dat ander vashaak by CNN.

Republikein in die Wes Kaap ·

CNN, CIA, Withuis, Pentagon, EU, NAVO, M15, 10 Downing Street en baie ander vertel ons elke dag wat die Russe sê en doen. Selfs die Russe weet nie meer wat is feit en fiksie nie.

VaalDonkie ·

Sjina dreig nou al hoe lank hulle gaan Taiwan terugvat? En die VSA tart hulle uit.

Treurwilger ·

‘n Puik, kommerwekkende opsomming van sake.
Waarom die Russe bv. ‘n kernaanleg, wat deur hulle ingeneem is, sou bestook met aanvalle maak eenvoudig nie sin nie. Tog hou Oekraïne vol met beskuldigings dat dit gebeur?

Google die artikel:
“ Russia could have joined NATO. But why didn’t they do it?”
‘n Mens kan in jou hande huil oor hierdie verloop van die geskiedenis, en hoe ánders dit kon gewees het.
Veral met beter diplomasie uit die Weste.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sekere dinge is seker bestem om te gebeur. Wat nou in Oos Europa gebeur is niks teen wat verder Oos kan/sal gebeur nie. China is ander menere met groot planne.

Treurwilger ·

Republikein, in die bg. artikel word beskryf hoe Gorbachev, Jeltsin én Putin die hand van samewerking uitgesteek het, maar ‘n voorskriftelike Weste het NAVO-lidmaatskap vir Rusland geensins maklik gemaak nie. Hulle het Rusland as minderwaardige behandel, die verloorder in die Koue Oorlog wat die gewone, uitgerekte NAVO-proses moet volg.
Géén intelligente diplomasie van ‘smee die yster terwyl dit warm is’ nie.
Die res is nou geskiedenis in wording.

Haan ·

“Die samelewing wat sy denkers van sy krygers skei, voer stryd met morone en doen sy dinkwerk met lafaards” – LtGen William Butler

Die Weste se leiers het nie die vaagste benul hoe om so n situasie met takt en kundigheid te benader nie.

Human ·

Hy het definitief vir Putin 100% opgesom. Veral die se gebruik van sy troepe en onskuldige burgers as kanonvodder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.