Giliomee vra dringende steun vir dié Maties-kandidate

Beste Konvokasielid

Ek wil graag die volgende kandidate aanbeveel in die verkiesing van lede vir die Raad van die Universiteit van Stellenbosch wat Maandag ten einde loop:

stellenbosch• Wannie Carstens
• George du Toit
• Johan Theron

Oor die afgelope twee jaar is betekenisvolle vordering gemaak in die rigting van die ideaal om ‘n taalbeleid daar te stel waarin daar ‘n vaste, volwaardige en volhoubare plek vir Afrikaans gebied word. Langs hierdie fondament kan daar ook vakke of onderdele van vakke in Engels aangebied word.

Daar is op hierdie gebiede gevorder:

a. Dat studente ʼn volledige Afrikaanse ervaring aan die US kon hê. Dit was die belofte van die US-bestuur.
b. Ter wille van ‘toegang’ (iets wat deur die Staat vereis word) is beding dat ook Engelssprekendes wat wil baat by US se gehalte van opleiding, so ʼn ervaring kan hê. Daar is dus ʼn parallel-beleid (twee aparte strome).
c. Die T-opsie in sy huidige vorm word uitfaseer.
d. Die T-opsie behoort in die toekoms te staan vir die Tolk-opsie. Dus: klasse word getolk deur kundige persone (waarvoor in die begroting voorsiening gemaak word) en op hierdie wyse word goeie onderrig verseker.

Baie kwessies moet nog aangespreek word, soos byvoorbeeld of studente in albei voertale vaardig moet wees, die invoer van behoorlike monitering, en die haalbaarheid van `n aanbod van 100% onderrig in Afrikaans en 100% Engels. Daar is die belangrike vraag of dit aan die dosent oorgelaat kan word in watter taal hy of sy onderrig gee en of ‘n bepaalde beleid deur die raad neergelê moet word. Ook is daar die kwessie op daar `n perk geplaas moet word op die inname van Engelssprekendes, soos wat by `n universiteit in die noorde gedoen word. Al hierdie kwessies sal indringend bespreek en besleg moet word deur die raad.

Ons maak op u samewerking staat om deur u stem die erfenis van Stellenbosch te bewaar en dit vir die toekoms te verseker.

Om voor 17 Maart 2014 aan die verkiesing deel te neem, stem hier op die Universiteit van Stellenbosch se webblad.

* Lees ook môre prof. Wannie Carstens se artikel hieroor op Die Groot Debat.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Hermann Giliomee

Hermann Giliomee was 'n professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf gereeld oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis en kontemporêre politiek. Hy woon tans in Stellenbosch.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jannie Marais ·

U kan op een van die volgende wyses stem – die sluitingsdatum vir stemme op welke wyse u verkies om te stem, is 17 Maart 2014 om 16:00.

> Stem direk elektronies op die US se webblad by http://web-apps.sun.ac.za/Verkiesing/StemVirKandidaat.jsp?pLang=9&Vk_kode=100

> Of as jy op papier wil stem, laai die stembrief hier af en faks na 086 606 7946 of skandeer en stuur per e-pos na [email protected]http://sun.ac.za/english/management/Documents/Council-Election/Stembrief.pdf

Jannie Marais ·

U kan op een van die volgende wyses stem – die sluitingsdatum vir stemme op welke wyse u verkies om te stem, is 17 Maart 2014 om 16:00.

> Stem direk elektronies op die US se webblad by http://web-apps.sun.ac.za/Verkiesing/StemVirKandidaat.jsp?pLang=9&Vk_kode=100

> Of as jy op papier wil stem, laai die stembrief hier af en faks na 086 606 7946 of skandeer en stuur per e-pos na [email protected]http://sun.ac.za/english/management/Documents/Council-Election/Stembrief.pdf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.