Glo dit of nie…

godsdiens in skole

Foto: Myhoustonmajic.hellobeautiful.com

Die hofsaak oor godsdiens in skole gaan oor véél meer as net godsdiens in skole, skryf dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Van godsdienstige diversiteit, verdraagsaamheid en vrye keuse aan die een kant tot beïnvloeding, sekularisme en onverdraagsaamheid aan die ander kant het na vore gekom in die argumente wat die 13 partye in die onlangse hofsaak ook godsdiens in skole gevoer het.

Oor ’n tydperk van drie dae is nagenoeg 4 000 folio’s voor die volbank van drie regters geplaas en 18 advokate en ’n groot span prokureurs het die hof vol gesit – dit was opsigself iets om te beleef!

Die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie het in Augustus 2014 die aansoek teen ses skole aanhangig gemaak om bepaalde gebruike, praktyke en simbole by hierdie skole ongrondwetlik te laat verklaar en te laat verbied.

Fedsas het die ses skole ondersteun en die opponerende eedverklaring namens die skole afgelê. Daar is onder meer op twee kernpunte gefokus:

Die vryheid al dan nie van skole en skoolgemeenskappe om:

  1. te kies vir ʼn bepaalde godsdienstige etos, en
  2. om gedurende skoolaktiwiteite ’n bepaalde godsdiens te beoefen onderworpe aan die voorwaardes wat in die Grondwet en Skolewet daarvoor voorgeskryf is.

Benewens die applikant in die saak en die ses skole, is die minister van basiese onderwys en die National Association for School Governing Bodies ook respondente. Daar is ook ses vriende van die hof waarvan Cause for Justice, The Council for the Promotion and Protection of Religious Rights, AfriForum en Solidariteit die skole ondersteun het en The Council for the Advancement of the South African Constitution die applikant ondersteun het.

Daar was geldige besware oor “preaching” in plaas van “teaching” in skole, maar min feite van ouers wat hul besware en bekommernisse met skoolstrukture bespreek het. Was die deur toe of het niemand eers probeer om daaraan aandag te gee nie?

Die saak plaas die kollig nie net op skole of godsdiens nie, maar ook hoe ons as Suid-Afrikaners met mekaar as mense omgaan. Die kommentaar in die media (en kommentaar op berigte) het dalk meer oor gewone mense gesê as oor die regsargumente. Die venyn en skerp reaksies laat ’n mens stom – in ’n samelewing waarin ons ons roem op geloofsdiversiteit en verdraagsaamheid het min daarvan die afgelope tyd in praktyk sigbaar geword.

Glo dit of nie, maar artikel 15 van die Grondwet skep voldoende ruimte vir elke burger om sy of haar geloofsoortuiging en wêreldbeskouing te kan uitleef. Deur aan hierdie artikel te torring, is om ’n vuur aan te blaas onder die kruitvat van godsdienste.

Glo dit of nie, maar dit is gelowige mense wat een ding bely en iets anders leef, wat die groter probleem skep. As die navorsing waar is dat meer as 90% van Suid-Afrikaners Christene is, dan kan ons land mos nie lyk soos dit nou lyk nie!

Glo dit of nie, maar die hofsaak oor godsdiens in skole gaan nie bepaal hoe geloof werklik in ons land uitgeleef word nie.

Ek is dankbaar vir die geleenthede wat hierdie hofaansoek geskep het om weer te besin oor godsdiensvryheid, hoe ons dit prakties toepas (tradisie of ware geloof) en hoe ons as burgers van die land met mekaar omgaan.

Ek kan nie ’n oomblik dink om my los te maak van wie ek is nie, nie by die kerk, werk of huis nie. Glo dit of nie…

In die woorde van die aanhef van ons Grondwet: “Mag God ons mense beskerm. Nkosi sikelel’ iAfrika. God seën Suid-Afrika.”

  • Deacon is die adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, outeur van Skoolbeheer: Antwoorde op alledaagse uitdagings en redakteur van Juta Education Law and Policy Handbook.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leonard van der Dussen

Dr Deacon se aanhaling uit die ANC se lied, wat toe die nasionale lied se oorheersende deel geword het, is inderdaad in die grondwet se aanhef, Aan die einde van die aanhef. Die grondwet begin met “We, the people” in teenstelling met die vorige grondwet wat begin het met ‘n belydenis dat ons voor die almagtige God staan, en waar daar nie twyfel was dat die ware drie-enige God van hemel en aarde eerstens bely is en die grondwet daaronder geplaas is nie. Dit illustreer die problematiek van die Suid-Afrika van vandag, dat elkeen maar dinge wil lees en interpreteer… Lees meer »

HEVW

Dankie Leonard, stem 100% saam. Ons worstel daagliks om in hierdie chaosland weer orde te skep. In elke vaset van die regering “dien” regeringsamptenare wie se lewe geensins Bybels gefundeerd is nie, en met n total skewe beeld van wat menseregte is. n Trukeer na die vorige belydenis is die enigste oplossing. Gaan ons ernstig kyk na nkosi sikelela dan kan ons christene nie tuis voel in die geledere nie.

Disselboom

Dis nie so duidelik of Leonard nou verwys net na die regering en sy ondersteuners nie, of bedoel hy dat daar van die Afrikanerkant af minder op die hofsake gespandeer word, en dat ons elders moet werk- buite die hopelose bestel? Dit wil lyk of dr Deacon die grondwet, die nasionale lied en dus die huidige bestel aanvaar en glo ons gaan daarbinne regkom – solank ons net onderling almal in die land mekaar respekteer. Disselboom se lees van die geskiedenis en waarneming van die mensdom twyfel of die menseregtebasis ooit orde gaan bring. Die Bybel en menseregte kom nie… Lees meer »

Jacobus de Bruyn

Moet nou nie meer inlees in wat ek sê, as wat ek sê nie. Maar ek wil tog myself verstout om te vra so na aanleiding van die skrywer se stelling dat die probleem onder andere Christene is wat een ding bely, maar ‘n ander ding leef. My vraag of vrae is: 1)Is dit reg van Christen-kinders om op ander kinders se skooltasse plakkers te plak met Bybelversies op wat dit stel dat daardie kinders hel toe gaan omdat hulle nie behoorlike Christene is nie? Want dit is wat o.a. in een van die 6 betrokke skole gebeur het. 2)… Lees meer »

Willem

Wat sou dit help as ouers wat nie gelowig is dit bespreek met die beheerliggaam nie? As dit gehelp het sou daar nie nou ‘n hofsaak wees nie!