Glo dit of nie…

godsdiens in skole

Foto: Myhoustonmajic.hellobeautiful.com

Die hofsaak oor godsdiens in skole gaan oor véél meer as net godsdiens in skole, skryf dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Van godsdienstige diversiteit, verdraagsaamheid en vrye keuse aan die een kant tot beïnvloeding, sekularisme en onverdraagsaamheid aan die ander kant het na vore gekom in die argumente wat die 13 partye in die onlangse hofsaak ook godsdiens in skole gevoer het.

Oor ’n tydperk van drie dae is nagenoeg 4 000 folio’s voor die volbank van drie regters geplaas en 18 advokate en ’n groot span prokureurs het die hof vol gesit – dit was opsigself iets om te beleef!

Die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie het in Augustus 2014 die aansoek teen ses skole aanhangig gemaak om bepaalde gebruike, praktyke en simbole by hierdie skole ongrondwetlik te laat verklaar en te laat verbied.

Fedsas het die ses skole ondersteun en die opponerende eedverklaring namens die skole afgelê. Daar is onder meer op twee kernpunte gefokus:

Die vryheid al dan nie van skole en skoolgemeenskappe om:

  1. te kies vir ʼn bepaalde godsdienstige etos, en
  2. om gedurende skoolaktiwiteite ’n bepaalde godsdiens te beoefen onderworpe aan die voorwaardes wat in die Grondwet en Skolewet daarvoor voorgeskryf is.

Benewens die applikant in die saak en die ses skole, is die minister van basiese onderwys en die National Association for School Governing Bodies ook respondente. Daar is ook ses vriende van die hof waarvan Cause for Justice, The Council for the Promotion and Protection of Religious Rights, AfriForum en Solidariteit die skole ondersteun het en The Council for the Advancement of the South African Constitution die applikant ondersteun het.

Daar was geldige besware oor “preaching” in plaas van “teaching” in skole, maar min feite van ouers wat hul besware en bekommernisse met skoolstrukture bespreek het. Was die deur toe of het niemand eers probeer om daaraan aandag te gee nie?

Die saak plaas die kollig nie net op skole of godsdiens nie, maar ook hoe ons as Suid-Afrikaners met mekaar as mense omgaan. Die kommentaar in die media (en kommentaar op berigte) het dalk meer oor gewone mense gesê as oor die regsargumente. Die venyn en skerp reaksies laat ’n mens stom – in ’n samelewing waarin ons ons roem op geloofsdiversiteit en verdraagsaamheid het min daarvan die afgelope tyd in praktyk sigbaar geword.

Glo dit of nie, maar artikel 15 van die Grondwet skep voldoende ruimte vir elke burger om sy of haar geloofsoortuiging en wêreldbeskouing te kan uitleef. Deur aan hierdie artikel te torring, is om ’n vuur aan te blaas onder die kruitvat van godsdienste.

Glo dit of nie, maar dit is gelowige mense wat een ding bely en iets anders leef, wat die groter probleem skep. As die navorsing waar is dat meer as 90% van Suid-Afrikaners Christene is, dan kan ons land mos nie lyk soos dit nou lyk nie!

Glo dit of nie, maar die hofsaak oor godsdiens in skole gaan nie bepaal hoe geloof werklik in ons land uitgeleef word nie.

Ek is dankbaar vir die geleenthede wat hierdie hofaansoek geskep het om weer te besin oor godsdiensvryheid, hoe ons dit prakties toepas (tradisie of ware geloof) en hoe ons as burgers van die land met mekaar omgaan.

Ek kan nie ’n oomblik dink om my los te maak van wie ek is nie, nie by die kerk, werk of huis nie. Glo dit of nie…

In die woorde van die aanhef van ons Grondwet: “Mag God ons mense beskerm. Nkosi sikelel’ iAfrika. God seën Suid-Afrika.”

  • Deacon is die adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, outeur van Skoolbeheer: Antwoorde op alledaagse uitdagings en redakteur van Juta Education Law and Policy Handbook.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Leonard van der Dussen ·

Dr Deacon se aanhaling uit die ANC se lied, wat toe die nasionale lied se oorheersende deel geword het, is inderdaad in die grondwet se aanhef, Aan die einde van die aanhef. Die grondwet begin met “We, the people” in teenstelling met die vorige grondwet wat begin het met ‘n belydenis dat ons voor die almagtige God staan, en waar daar nie twyfel was dat die ware drie-enige God van hemel en aarde eerstens bely is en die grondwet daaronder geplaas is nie. Dit illustreer die problematiek van die Suid-Afrika van vandag, dat elkeen maar dinge wil lees en interpreteer soos hy dit graag wil hoor, maar in werklikheid is ons van die fondament van die enige ware God en die Bybel af weg, en dobber rond op die dryfsand van menseregte. Hierdie hofsaak is maar een van vele wat net rondskarrel en wat gevoer word pleks daarvan om die werklike stryd aan te knoop terug na die ware kerk en die onverwaterde belydenis van die Apostoliese Geloofsbelydenis as uitgangspunt.

Louw Wepener ·

Leonard,

Ek verwys na jou laaste sin. Wat bedoel jy daarmee? Sien jy ‘n lyn tussen die regering en die christen geloof, of bedoel jy dat dit een moet wees en ‘n theocracy moet word?

Marius ·

Die ware boodskap van die evangelie is nie dat ons na God moet terugkeer sodat alles weer goed moet gaan nie. Dit klink juis soos die fariseers van die Bybel dit sou wou hê. Dit klink eerder of God dan die “butler” moet wees en ons dan resepmatig terugkeer na Hom toe en ons het ‘n wonderlik voorspoedige en eensgesinde land as beloning vir ons getrouheid. Dis valse geloof. Dis morele verbetering en nie ware geloof nie. Die boodskap wat Jesus gebring het sê dat ons moet gaan en dissipels maak van alle nasies, dat ons gehaat en vervolg sal word. Dis dus ‘n goeie teken as ware Christenskap vir mense die reuk van die dood het. Ons dien nie die Here vir ‘n aardse utopia nie. Ons dien Hom ongeag wat. Die hervorming het nie voorspoed vir duisende gelowiges gebring nie. Dit het elende en pyn gebring. Hoekom moet dit nou anders wees? Natuurlik is dit ‘n byproduk, let wel byproduk van getrouheid aan God as ‘n samelewing dan vooruitgaan. Die probleem is dat Afrikaners en vele ander die byproduk van getrouheid aan God voorhou as die hoofrede vir aanbidding. Dis dan dat mense die “wonderlike getrouheid” van Afrikaners sien as dat hulle wonderlik is om God so mooi te dien, en Hy hulle dan voorspoed skuld. Dis afgodery. Dit gaan dan nie oor God nie. Dit gaan oor voorspoed en welvaart as primêre rede vir sg aanbidding en is eintlik net ‘n ruiltransaksie.

Leonard van der Dussen ·

Sonder God is daar niks. Soos dit bely word in die Apostoliese Geloofsbelydenis, het God die Vader alles geskape, deur die Seun, Jesus Christus, die enigste verlosser en die Heilige Gees is ons trooster. Alles behoort aan God. Owerhede moet so regeer dat wet en orde gehandhaaf word en die kerk kan groei, want ook owerhede is in diens van God, en is deur God daargestel. Die godsdiens in skole saak, en die inhoud van die hofstukke van BEIDE kante, word op menseregte en grondwetlike punte gevoer, onder ‘n humanistiese grondwet sonder God. Die laaste sin is dus die standpunt dat daar teruggekeer moet word na die ware leer van God soos Hy Hom in Sy Woord openbaar, en dus ook na die kerk, die bruid van Christus, in teenstelling met menseregtegedrewe hofsake wat selfs waar dit hier oor godsdiens gaan, nie God se reg bely nie. Dit is nie ‘n betoog vir teokrasie nie, en kerk en staat het elkeen plek en rol wat onderskei moet word, verwys bv Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 36.

Louw Wepener ·

Julle beide antwoord nie my vraag direk nie, maar is duidelik uit julle kommentaar julle stel ‘n christen theocracy voor, wat onaanvaarbaar is. Die selfde ou testament wat julle die 10 gebooie uit kry sê ook mens kan slawe aanhou, dat mens nie mag skulpvis eet of klere van verskillende materiaal nie – en dat ‘n verkragde vrou haar verkragter moet trou! En julle wil vir die ongelowiges kom preek oor morele waardes?

Willem ·

Marius,

“Dus ‘n goeie teken as ware christenskap vir mense die reuk van die dood het”

Regtig? En julle wonder hoekom ek hierdie tipe indoktrinasie weg van my kind af wil hê?

HEVW ·

Dankie Leonard, stem 100% saam. Ons worstel daagliks om in hierdie chaosland weer orde te skep. In elke vaset van die regering “dien” regeringsamptenare wie se lewe geensins Bybels gefundeerd is nie, en met n total skewe beeld van wat menseregte is. n Trukeer na die vorige belydenis is die enigste oplossing. Gaan ons ernstig kyk na nkosi sikelela dan kan ons christene nie tuis voel in die geledere nie.

Willem ·

Staat en kerk moet apart bly…. gaan ons volgende begin om Levitikus se gebooie in die wetboek in te druk?

Bees ·

Korrek Willem soos lev 27 vers 28 waar die here vir moses beveel om mense as banoffers te bring! Is dit nie totaal gek nie, maar dan is hy blykbaar liefdevol en regverdig en die christene glo hulle en die bybel is die morele kompas. Jul moet vinnig lees m media verwyder gewoonlik blitsvinnig die teksie

Springkaan ·

Praat jy Willem. Soos lev 27 vers 28 waar die here moses beveel om mense as banoffers te bring. Is dit nou die morele kompas of plein gek?maroela gaan vir die 20ste keer lafhartig wees en die vers verwyder.

Disselboom ·

Dis nie so duidelik of Leonard nou verwys net na die regering en sy ondersteuners nie, of bedoel hy dat daar van die Afrikanerkant af minder op die hofsake gespandeer word, en dat ons elders moet werk- buite die hopelose bestel? Dit wil lyk of dr Deacon die grondwet, die nasionale lied en dus die huidige bestel aanvaar en glo ons gaan daarbinne regkom – solank ons net onderling almal in die land mekaar respekteer. Disselboom se lees van die geskiedenis en waarneming van die mensdom twyfel of die menseregtebasis ooit orde gaan bring. Die Bybel en menseregte kom nie oor die weg nie: jy kies een of die ander.

Jacobus de Bruyn ·

Moet nou nie meer inlees in wat ek sê, as wat ek sê nie. Maar ek wil tog myself verstout om te vra so na aanleiding van die skrywer se stelling dat die probleem onder andere Christene is wat een ding bely, maar ‘n ander ding leef.
My vraag of vrae is: 1)Is dit reg van Christen-kinders om op ander kinders se skooltasse plakkers te plak met Bybelversies op wat dit stel dat daardie kinders hel toe gaan omdat hulle nie behoorlike Christene is nie? Want dit is wat o.a. in een van die 6 betrokke skole gebeur het.
2) Is dit reg as Christen-kinders ‘n vloek afbid om maats wat nie Christene is nie? Want dit is wat o.a. gebeur het by van die 6 skole.
3) Is dit reg as die Juffrou kinders bangmaak met ‘n hel-evangelie? Of as die Meneer vir kinders ‘n skeefgetrekte Godsbeeld leer wat nie Bybels is nie?

Want ek moet eerlik wees, ek het talle kere op skool geweier om deel te neem aan ‘n charismatiese-opsweep-christelike godsdiens wat in my keel af gedruk is en dan is ek gespot omdat ek nie die saalbyeenkoms wou bywoon nie of nie wou deel wees van ‘n toergroep-passtoor wat kinders gesond bid of plate agteruitspel dat ons die duiwel moet hoor in pop-musiek.
Ek is self ‘n dominee, maar ek hou soms my hart vas oor wat aan kinders gedoen of geleer word onder faandel van Christenskap by ‘n skool. Ek het dit self beleef.

Basjan ·

Jacobus, ek stem saam met jou. ‘n Ateïs het eenkeer gesê dat sekere Christene en hul optrede die grootste oorsaak is dat hy ‘n ateïs is en bly.

Louw Wepener ·

Ek is ‘n ateis, en my pad na ateisme het juis begin a.g.v wat ek ervaar het van christene op skool. Ek weet nie alle christene is so nie en nie almal boelie nie – maar sekerlik wil jy self, op jou manier, wetende wat jy leer, vir jou kind leer van christenskap en jesus? Hoekom wil jy daardie taak toevertrou aan ‘n onderwyser wat dalk na ‘n ander kerk gaan as jy?

Hoekom wees ons nie neutraal op skool teenoor geloof nie – en laat dit aan die ouers oor om geloofsonderrig te gee?

Joh 3:16 ·

Jacobus. Dankie vir jou kommentaar. Ek het groot geword met die vorige bedeling se onderwys stelsel. Ek is ook ‘n predikant vandag, maar skool het my nie hierin aangemoedig nie. As jong kind het ek ‘n enorme spanning beleef om tussen die onderwysers se weersprekings en die realiteit van die lewe te onderskei. Maar danksy die getroue Drie-enige God, het selfs my baie twyfel my nie weg geruk uit Sy hande nie.
Louw ek wil met jou saamstem. Met die oordrewe veroordeling deur onderwysers wat op kinders se vrae, het onderwysers eerder hulle egos verdedig as die waarheid van God se Woord. En ouers het hulle verantwoordelikheid as geestelike opvoeders vir die skole en kerke gelos. Ouers moet weer hulle geestelike verantwoordelikheid opneem. Die skole en kerke selfs is nie die eerste opvoeders van morele en etiese waardes nie. Ouers is.

Willem ·

Dis ‘n debat wat oor die algemeen die ware kleure toon van mense. Ons het hier en daar christene wat meer aanvaarbaar is van ander sienings (soos Joh 3:16 en Jakobus de Bruyn), maar oor die algemeen weier christene om die ander kant se punt in te sien. Die ander kant vra nie dat christenskap uit skole gehaal word nie, bloot dat christenskap nie ten koste van enige ander geloof of denkwyse in ‘n staatskool bevorder word nie. Die christene is doodgelukkig dat kinders vertel word dat enige ander geloof of denkwyse boos is en jy hel toe gaan a.g.v. dit.

Wys jou hoe “tolerant” gelowiges kan wees….

Willem ·

Wat sou dit help as ouers wat nie gelowig is dit bespreek met die beheerliggaam nie? As dit gehelp het sou daar nie nou ‘n hofsaak wees nie!

luister ·

Almal luister mooi na die woorde: But whoever denies me before men, I will also deny him before my Father in heaven. Do not assume that I have come to bring peace to the earth, I have not come to bring peace, but a sword (Die lewendige woord). For I have come to turn “A man against his father, a daughter against her mother, a daughter-in-law against her mother-in-law. A man’s enemies will be in his own household.” Matthew 10:34-35 Kill my die messenger, dis nie my woorde nie, dit is Jesus se woorde self. Dan vir almal wat God wil verdraai as ‘n God wat nie liefde is nie, julle verstaan en lees die ou testament met die veil soos wat in die nuwe testament gese word But the people’s minds were hardened, and to this day whenever the old covenant is being read, the same veil covers their minds so they cannot understand the truth. And this veil can be removed only by believing in Christ. 2 Corinthians 3:14. Hier is die ware God wat liefde is se eie woorde: And you took your sons and your daughters WHOM YOU HAD BORNE TO ME, and these you (die mense) sacrificed to them (afgode wat almal verbonde is aan die werke van satan) to be devoured. Were you whorings so small a matter that you slaughtered MY CHILDREN (die kinders wat God vir jou en my gee) and delivered them up as a offering by fire to them?

Louw Wepener ·

Wie vra vir enige christen om julle god te “deny before men”? Ons vra julle bloot om dit tuis te doen en nie met belastinggeld in publieke skole in kinders se kele af te druk nie

Julle weet ook dat as jy vir ‘n ateis uit die bybel voorlees, is dit so goed soos ‘n moslem wat vir ‘n christen uit die koran uit voorlees?

luister ·

Dan weer: The Lord spoke to Moses, saying, “Say to the people of Israel, Any one of the people of Israel or of the strangers who sojourn in Israel who gives ANY OF HIS CHILDREN to Molech (afgod) shall surely be put to death. The people of the land shall stone him with stones. I MYSELF WILL SET MY FACE AGAINST THAT MAN and WILL CUT HIM OFF FROM AMONG HIS PEOPLE, BECAUSE HE HAS GIVEN ONE OF HIS CHILDREN TO Molech, to make MY SANCTUARY UNCLEAN and to PROFANE MY HOLY NAME. And if the people of the land do at all close their eyes to that man when he gives one of his children to Molech (hoe ons as christene vandag nog ons oe toemaak vir die sondes rondom ons) and do not put him to death, then I will set my face against that man and against his clan and will cut them off from among their people, him and all who follow him in whoring after Molech. Leviticus 20:1-5 dan weer YOU SHALL NOT WORSHIP THE LORD YOUR GOD IN THAT WAY, for every abominable thing that the LORD HATES they have done for THEIR gods (let op ‘n klein lettertjie ‘g’ – hulle eie afgode) for they even burn their sons and their daughters in the fire to their gods. Deuteronomy 12:3
Mense verstaan mooi ons is vandag waar ons is oor ons nie obedient is teenoor God nie.

luister ·

Ja ek stem 100% saam dis verkeerd in hoe ons, ek included as kind, geleer en met vrees oor die kop geslaan is met jy gaan hel toe gaan. Want dit is die boodskap wat ons geleer word en gegee word uit vrees vir as ek sondig gaan ek hel toe. HOEKOM? Want die kerk self verstaan nog nie in ons land ten volle wie en wat die ware boodskap is nie, hoekom want ons hou vas aan wat ons in teologie geleer word deur MENSE ipv wat se God en Jesus self!!Ons hou vas in ek moet in ‘n gebou sit elke Sondag en dan is ek veilig en gered, daar is nie ‘n satan wat Jesus se kom steal, kill and destroy nie, en ek jaag my kind net met die hel en thats it. Ons leer nie ons kinders die waarheid in wie en wat Jesus kom doen het nie en WAT ONS IDENTITEIT IN JESUS IS NIE EN VERONDERSTEL OM TE WEES NIE. Hoekom se Jesus hy het nie vrede gebring nie? Hoekom se hy ‘n seun sal teen sy pa draai ens? Want elkeen wat self hier getuig oor hul eie siening se openlik EK WEIER OM IN JESUS TE GLO. Dis jou eie keuse wat jy maak,Nou kies ‘n seun en of dogter vir God en besluit hulle om hul lewens te verander, weg te draai van sondes, vir Jesus te vra om hulle te vergewe en hom ten volle te volg.

luister ·

Wat gebeur nou? Nou draai daardie kind se eie familie teen hom, want jy doen en maak nou nie meer soos ek se nie nou gebeur presies wat Jesus gese het gaan gebeur, hoekom want die wereld wou nie vir Hom aanvaar nie so hy waarsku die wereld gaan nie vir jou, my, ek wat Jesus kies wil aanvaar nie. Louw, ‘n vraag van my aan jou, jy is ‘n erkende ateis,goed jy maak jou eie wils keuse waar nie Jesus of ek as gelowige teen jou besluit kan gaan nie, maar wat gaan jy doen as jou eie kind vir wie jy geensins nou van God leer nie, eendag na jou toe kom en se: “Pa, ek het vandag vir Jesus ontmoet en my lewe vir Hom gegee.” Gaan jy hom veroordeel, hoe dan nou, jy het hom nie van God geleer nie, jy het vir hom gewys hoe verkeerd al die christene is. Wat gaan jy doen as jou seun dan se: “Pa, Jesus het jou ook lief en Hy wil jou ook he, Hy roep jou.” Gaan jy vir hom se: “my seun jy is nou laf, ek wil niks daarmee te doen he nie!” Jy gaan later nie meer in daardie kind se teenwoordigheid wil wees nie en dan vervul jy presies Jesus se eie woorde waar jy teen jou eie kind draai. Hoekom, nie omdat jy nie meer lief is vir jou seun nie, natuurlik is jy lief vir hom, jy is sy pa.

luister ·

Jy gaan dit doen want elke keer wat jy in sy teenwoordigheid is gaan iets binne jou wil skree van woede en irritasie want jy voel iets wat jy nie kan beskryf in woorde nie, jy voel skuldig maar jy het dan geen rede om so te voel nie en nou begin jy jou seun se optrede haat. Maar die ironie is dat dit nie eers daardie kind is wat jou nog veroordeel nie, hy het dan jou besluit aanvaar dat jy nie glo nie. Dit is die Heilige Gees wat stil binne jou jou convict en laat skuldig voel sodat jy tot die besef kom ek is ook gemaak deur God en Hy wil he ek moet my lewe draai en Hom volg. Maar nou verjaag ons die christene want hulle laat my so voel, Nee jy is gemaak om in iets te glo – God. Die man wat op die draad sit en in niks glo nie en aanskou hoe God aan die een kant is en satan aan die ander kant, onthou net die draad behoort aan satan. Satan lieg vir jou deur jou te laat glo daar is ‘n ‘keuse van ek kan in niks glo nie’. Ons fokus as God se kinders moet nie wees om in mense se kele af te druk daar is ‘n hel nie. Ja dis die waarheid en realiteit dit is daar. Maar as jy jou Bybel ken dan sal jy weet

luister ·

dit was nooit bedoel vir die mense nie, God het dit gemaak vir die engele wat saam met satan uit die hemel gegooi was. Dis hoekom God se dat Hy nie laat is met Sy koms nie en of dit nooit gaan gebeur nie, Hy is geduldig want Hy wil he almal (alle mense) moet gered word, want Hy het almal geskape en is vir almal lief. MAAR as jy daardie keuse maak om nie te glo nie, dan kan Hy jou nie help nie en Hy gaan nie soos satan oor jou hardloop nie, want Hy het jou juis gemaak om te kan kies dis hoekom hy jou gemaak het om vir die engele te wys kyk Ek gaan die aarde maak en die mense hul eie wil gee om My te kan kies sodat julle kan sien hoe dit is en dis meer om vir satan te wys. Vandat Adam uit die tuin gegooi is en van die vrug geeet het, het satan reggekry wat hy wou deur dat sy saad in jou is die sonde, maar God het geweet dit gaan gebeur daarom was Sy plan van die begin af dat Hy sy eie seun sou gee as die prys, hoekom want Hy het geweet Jesus gaan weer opstaan en leef om vir jou en my sondes te betaal sodat ons herstel kan word terug na hoe dit was voor Adam die vrug geeet het. Dis hoekom Abraham toe God vir hom gese het offer Isak

Willem ·

Luister,

Wat is jou punt? Jy het omtrent ‘n preek vir almal kom gee.

Jacobus de Bruyn ·

Dankie vir jou lang kommentaar, Luister.
Ek is net nie presies seker wat jy dan nou wil sê ons moet doen oor godsdiensonerig in die skole nie. Ek is nie presies seker oor hoe jy voel oor die vrae wat ek gevra het bo nie, dit lyk wel of jy dink dit is verkeerd om vrees so by kinders in te boesem, want jy sê die kerk verstaan nie die evangelie nie.
So hoe maak ek dan nou as ‘n Juffrou of ‘n Meneer of ander kinder aanhou om kinders te boellie met die Bybel? Of as hulle onwaarhede aan kinders verkondig wat met die Bybel self bots, maar steeds doen hulle die onder die vaandel van Christenskap?
Want dit lyk nou so of jy meen dat as ek so ‘n Juffrou of Meneer teengaan, dan “ontken” ek nou Jesus teenoor die mense?
Kyk net hoe stry ons Christene oor goed soos die doop en Angus-saamtrekke, so hoe gaan mens dit dan hanteer as die kinders en of die onderwysers hieroor in die klasse gaan begin stry – en dit alles in die naam van Christenskap? Of as die onderwyser kinders van duiwelbesetenheid beskuldig as hulle ‘n kersboom by die huis het? Of soos naby aan my waar die onderwyser vir kinders sê: hulle eet die duiwel as hulle ‘n paaseier eet, en dat hul kerk duiwels is omdat die kerk babas doop?
Wie beskerm my kind teen so ‘n onderwysers se “Christenskap” ?

Louw Wepener ·

Luister – as ‘n stem vir my sê “offer jou kind” – dan belowe ek jou, ek boek myself in by Groendakkies – ek sal nie my kind offer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.