Globalisme se voete van klei

Foto deur stokpic/Pixabay

Globalisering en globalisme is nie dieselfde nie. Globalisering is die proses wat veral sedert die einde van die Koue Oorlog geweldig spoed opgetel het, naamlik die verhoogde handel, toerisme, immigrasie, skakeling tussen maatskappye, gelykmaking van gewoontes en smaak. Dit is nie werklik ’n ideologie nie, maar die gevolg van die vryemarkbeginsels, wat deur die val van kommunisme en later die ongekende moontlikhede van die internet tot in die uithoeke van die wêreld versprei het.

Veral in die 1990’s en in die eerste dekade van die 2000’s is die staat se mag uitgehol omdat grense in elke opsig minder belangrik geword het. Globalisering is in wese die uitvloeisel van die ideologie van hiperliberale kapitalisme. Globalisering is ook nie iets nuuts nie: In die koloniale era (in die laat 19de en vroeë 20ste eeu) het wêreldwye handel en skakeling geweldig toegeneem in vergelyking met vroeëre tye waar mense in geslote, plaaslike en selfvoorsienende gemeenskappe geleef het.

Suid-Afrika, vir dekades geïsoleer, het globalisering aangegryp soos ’n dorstige ’n beker water sou aangegryp. Internasionale reis en werk oorsee, uitheemse gewoontes, vermaak en modes, alle denkbare produkte uit die wye wêreld (veral uit China), is maar enkele voorbeelde daarvan. Dat die Afrikaners ná 1994 relatief tevrede was en ’n hele paar selfs ryk geword het, het alles te doen met die oorskakeling van die idee van Afrikaner-nasionalisme oftewel volksoewereiniteit na dié van globale kapitalisme, oftewel die soewereine individu. Alhoewel die ANC van die begin af sosialisties en staatsgesentreerd was, het die globalisering die invloed van die staat getemper.

Vir elke land kan globalisering voor- en nadele hê: sekere industrieë en ook gewoontes verdwyn, ander ontstaan, party groepe verarm, ander word ryk. Die wese van globalisering is individualisties en die motief veral materialisties: dit skep geleenthede vir sekere persone en lande, maar vernietig ook baie kulture en tradisies.

Globalisme is iets anders: dit is ’n linkse ideologie, eintlik ’n moderne weergawe van internasionale sosialisme (deesdae kom dit ook onder die term “wokism” oftewel die woke-kultuur voor). Nie die individu staan voorop nie, maar sekere amorfe groepe. Gebeure word nie in die konteks van ’n land of van ’n sekere tyd gesien nie (kulturele en historiese relativisme), maar daar word gestreef na universele beginsels wat op alles en almal afgedwing moet word, selfs op die verlede. Die fokus is nie op kulturele gemeenskappe en volke nie, maar op ’n veeltal kunsmatige groepe van alles en almal wat werklik of verbeeld benadeel was of is en vir wie magtige drukgroepe opstaan. Die staat en sy magsmiddele word gebruik om volke en grense af te skaf ter wille van grenslose gelykheid vir almal. Terwyl massa-immigrasie en -vermenging in die geval van globalisering die onvermydelike gevolg van reis en ekonomiese geleenthede was en is, is dit by globalisme ’n ideologie onder die dekmantel van diversiteit.

Volgens die globalistiese ideologie is alles uit die verlede sleg omdat dit hoofsaaklik deur wit mans gedoen is, en word die geskiedenis volgens die sosialistiese lees as ’n groot stryd tussen onderdruktes en onderdrukkers gesien. Alles moet nuut gemaak en omgekeer word, die “onderdruktes en benadeeldes” (wat gedurig nuwe kategorieë bykry) moet bevry word en hul regmatige plek kry sodat almal harmonies in ’n skoon omgewing kan lewe waar niemand arm en niemand ryk is nie. Sulke beloftes van die aardse paradys is nie nuut nie: die kommunistiese leiers soos Wladimir Lenin en Mao Zedong het dit al honderd jaar gelede belowe, met die bekende gruwelike gevolge.

Multinasionale maatskappye, wat altyd op winsbejag uit is, het reeds die tekens van die tye raakgesien en gooi opportunisties hul geld en invloed agter die globalistiese veldtogte in. Die media, die kunstenaars, intellektueles, glanspersoonlikhede, meningsvormers, almal val in, soms uit oortuiging, maar meer dikwels uit lafhartigheid of opportunisme. Soos by enige ideologie word geen debat of weerstand geduld nie en twyfelaars of kritici word met onvleiende, verdoemende skeldname van hul menslikheid, hul bron van inkomste en van hul privaatheid ontneem.

Sedert die verwydering van Donald Trump (of hy die verkiesing werklik verloor het, of met alle mag gekeer is dat hy wen, sal hier nie verder beredeneer word nie) is eintlik alle leiers in die Weste globaliste (Biden, Merkel, Macron, Draghi ens.) terwyl die outokratiese leiers in die Ooste en Suide (deur globalisme) voordeel trek uit die selfontmanning van die Weste en dus saamspeel.

Soos wat die magtige kommunisme (hoewel ná miljoene slagoffers) onder sy eie teenstrydighede en die gaping tussen aanspraak en werklikheid uiteindelik uitmekaar geval het, sal ook die ideologie van globalisme – wat tans onstuitbaar lyk en alles aan sy kant het – nie vir ewig bestaan nie. Namate mense sien dat die aardse paradys nie naderkom nie, maar eerder hul ou, normale lewe van hul weggeneem word, sal die ontnugtering en weerstand toeneem.

Soos met enige ideologie sal dit ’n harde en lang stryd wees, en tans is ons nog in die fase van die magsontplooiing waar openlike weerstand dapper, maar uitsigloos is. Die oomblik waar een kind uitroep: “Maar die keiser is dan kaal!” en waar mense weer hul eie waarneming sal volg en nie meer die ideologiese rookskerms sal glo nie, kom egter vir seker.

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Sebastiaan Biehl

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vrijburger

Puik annalise en uiteenstetting!
“…. selfontmanning van die Weste.” ‘n Baie raak beskrywing.

Vrijburger

As ‘n terloopsheid. Alhoewel die globaliste in die hand van Sjina se strewe na oorheersing speel, het die Sjinese ‘n erge weersin in die groep linkses, duer die Sjinese Baizuo genoem. “Baizuo is used generally to describe those who “only care about topics such as immigration, minorities, LGBT and the environment” and “have no sense of real problems in the real world”; they are hypocritical humanitarians who advocate for peace and equality only to “satisfy their own feeling of moral superiority”; they are “obsessed with political correctness” to the extent that they “tolerate backwards Islamic values for the sake of… Lees meer »

Human

Terloops Vrijburger! Aangesien jy so welbelese is gaan lees oor die woord ‘bigotry’.

Vrijburger

Liewe Human.

Baie dankie vir jou voorstel om te gaan oplees oor die word ‘bigotry’. Dit was baie interessant en het my horisonne verbreed. Ek deel graag die nuut verworwe kennis met jou.

Bigotry: “Die hardnekkige en onverdraagsame toewyding aan eie opinies en vooroordele. ‘n Neerhalende benaming en beledeging deur linkes en kulturele marxiste gebruik om mense wat van hulle verskil te ‘kanseleer’, of wanneer hulle emosionele en onsinnige standpunte deur feite getroef word.”

Vrijburger

Liewe Human.
Ek moet ook net noem dat ek diep beswaard is dat jy insinueer dat die Sjinese hulle skuldig maak aan ‘bigotry’. Juis in hierdie tyd van soveel ‘anti-Asian’ sentiment in die wereld moet ek opstaan teen, wat in seker kringe, as rasisme gesien kan word!