Groot aanslag op Afrikaanse skole wag in 2017

skool-inkleurpotlode

Foto: Kiki69210/Pixabay.com

Die skooljaar het nog nie behoorlik afgeskop nie en dit lyk of ouers en leerders in veral Gauteng hulle maar vir ’n jaar vol hoofbrekens kan voorberei.

Die gebrek aan deeglike beplanning deur Panyaza Lesufi, omstrede LUR vir onderwys in die provinsie, en die oënskynlik onbevoegde kaders in sy departement, het tot gevolg dat daar in die eerste week van die nuwe skooljaar vir bykans 60 000 leerders nie plek in skole is nie.

Die groei van die skoolstelsel in Gauteng weens onder meer verstedeliking en migrasie van leerders uit ander provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is die afgelope paar jaar ’n kopseer wat nou in ’n geweldige krisis ontaard het.

Statistieke in die provinsie spreek boekdele en dit gaan enige mens se gesonde verstand te bowe waarom die regering nie vroeër ingegryp en meer skole begin bou het nie.

In 2015 was daar 1 998 640 miljoen leerders in openbare skole in Gauteng. In 2016 het dit toegeneem tot 2 045 558. Dit kom neer op ’n toename van bykans 50 000. Wat dié situasie nog meer skokkend maak, is dat daar in die ooreenstemmende tyd net drie nuwe skole in die provinsie gebou is.

Onderwyskenners en demograwe waarsku reeds jare dat Gauteng die spreekwoordelike tydbom geword het omdat die provinsie deur mense oorstroom word wat na werksgeleenthede en ’n beter toekoms op soek is. Dit is algemeen bekend dat die metropole sukkel om dienste aan die groeiende getal inwoners te lewer. Daarbenewens het dit bykans onmoontlik geword om die groeiende getal leerders in die provinsie in skole te huisves. Daar is na raming net 8,8% van die land se openbare skole in Gauteng wat 16,6% van die totale leerdertal van 12,3 miljoen moet huisves.

Terwyl die chaos om leerders in skole te plaas aan verskeie faktore soos migrasie en verstedeliking toegeskryf kan word, kan Lesufi se omstrede plan om alle leerders aanlyn in te skryf nie buite rekening gelaat word nie. Dié stelsel was uit die staanspoor gedoem en het ’n legio van probleme tot gevolg gehad. Een van die faktore wat dié stelsel byvoorbeeld nié in ag geneem het nie, is dat alle ouers en leerders nie noodwendig toegang tot die nodige tegnologie het om aansoeke in te dien nie. Dit sal interessant wees om te weet hoeveel van die sowat 60 000 leerders wat nog nie geplaas is nie, nie toegang tot die aanlyn diens het nie.

Hierdie negatiewe scenario in die breë hou veral ernstige gevolge vir Afrikaanse, en in die besonder enkelmedium Afrikaanse skole, in Gauteng in.

Lesufi het die afgelope paar jaar geen geheim daarvan gemaak dat presterende Afrikaanse skole met ’n eie kultuur, etos en verantwoordbare bestuurspraktyke vir hom ’n steen des aanstoots is nie. Lesufi spreek hom gereeld uit oor die behoefte wat hy het dat dié skole moet transformeer ten einde die samestelling van die land se demografie te weerspieël.

Afrikaanse ouers en onderwysers kan hulle maar vir ’n baie moeilike jaar voorberei. Groot wysheid en geduld sal aan die dag gelê moet word om te verseker dat Afrikaanse skole in staat bly én gehou word om gehalte-onderrig te lewer. In die opsig sal ouers, leerders, beheerliggame en personeel van skole hande moet vat om te verseker dat in die beste belang van suksesvolle skole opgetree word en dat nie aan die nukke en grille van onderwysamptenare toegegee word nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Pieter ·

Hoekom omdat ons skole presteer nou wil hulle dit kom vernietig!!!

gatiep ·

Pieter dit lyk eerder of hulle alles van ons met ons en al wil vernietig.Kan ons mense dan so erg gehaat word deur die wereld?Was nog net RT(die nare Russe) en die Taxans in US wat goeie dokumentere opgesit het op Utube van ons plaasmoorde res van die wereld se nuus laat dit lyk ons is verskriklikke mense.Dan kan ons nie verstaan hoekom ons so swaar kry nie.
RT nuus het dit al uitgesaai. Ken jou vriende

Juan ·

Ons sit met n splinternuwe skool in brits wat vir die arm gemeenskap gebou word……vir die laaste 4 jaar al. Dit word net nie voltooi nie.

Apie ·

Stop korrupsie en diefstal, dan is daar geld om baie nuwe skile veral in die lokasies te bou. Los Afrikaanse skole uit.

Jane ·

Die persepsie bestaan dat omdat Afrikaanse skole geweldig goed doen en hoë kwaliteit akademiese opleiding aanbied en dit ook duidelik in hulle uitslae te siene is dat ALMAL wat hulle in die skole gaan inprop ook outomaties goed gaan doen. Heel eerste druk hulle die klasse om groter te gaan (klaar minder individuele aandag) en tweedens moet die klasse in ENGELS aangebied word. (Nugter weet hoekom – want dit is juis die taal van die Britse setlaars en ‘colonialists’ soos hulle genoem word). Omdat meeste kinders uit ‘rural areas’ net ‘n etniese taal magtig is, moet ‘n onderwyser aangestel word wat die etniese taal en Engels magtig is. Goeie onderwysers is skaars, nou kry hulle ‘n substandaard onderwyser uit die townships (waarvandaan hulle gevlug het) om vir hulle in die Afrikaanse skool te kom klasgee. Die logika daaragter is?? Weer terug waar hulle was, net beter fasiliteite wat hulle nou verniet in kan kom deel, want township skole se fooie is nie ‘n kwart van Afrikaanse skole s’n nie.

Jaques ·

Jane, dit mag dalk nou ‘n beter fasiliteit wees, tot ‘n paar maande later wanneer, die hulle, begin afbrand en vernietig omdat daar niks is om in, die hulle, se bakhande te sit nie. Geleerdheid kom nie uit goeie skole nie, maar uit self dissipline en die strek drang en wil om te leer.
Ons oupas en oumas het in die bosveld en rondom ‘n kers geleer, en goed gedoen en presteer, hoekom, want hulle wou leer en het dissipline gehad.

Christel ·

Volgens wat ek op die nuus hoor benodig Gauteng 200 addisionele skole om al die nuwe skoolkinders te akkommodeer. Lesufi is gou om in te spring by die politieke sakies, maar waar dit regtig saakmaak soos om skole te bou, is hy nie capable nie.

Alida ·

Dank die man af ek kry klaar. Hy is duidelik onbevoeg om behoorlike beplanning te doen en om sy werk te doen. Hulle het 24 jaar gehad om hierdie krisis af te weer as hulle na die geboortesyfers gekyk het.

Christel ·

Ja Alida, ek stem saam – hoekom geld mors op sensusopnames as dit nie gebruik word nie??!!

Christel ·

En moenie vergeet van die christen skole wat aangevat word hierdie jaar deur Ogod nie – dis nou Hans Pietersen en sy gespuis. Hulle wil alle christelike skole verbied om godsdiens te beoefen. “Toevallig” is hierdie skole ook die wat die beste presteer. Dis ook vir my ironies dat demokrasie ook net soms werk. Indien die meerderheid van die ouers van so ‘n skool wel hul kinders in christelike skool wil opvoed, en die minderheid wil nie, moet die minderheid dit maar aanvaar. Ek twyfel of dit in die geval gaan gebeur. Die slegte een wen gewoonlik deesdae. Sterkte Afriforum met die hofsake.

Conrad ·

Het ek dit reg- het China nie op n stadium beheer geneem van hul bevolkingsaanwas nie?
Dis duidelik die probleem. Mense kan nie onbeheersd net kinders kry en nou ander bevolkingsgroepe wat selfbeheersing en beskawing in hul lewens toepas gaan verdring nie(en hulle ook nog die skuld gee vir hul agtterstand en elende nie)

Boela ·

Ek het my seun wat vanjaar in graad 8 is doelbewus na ‘n Afrikaansmediumhoërskool so 20 km weg gestuur, al is daar ‘n splinternuwe dubbelmediumhoërskool binne stapafstand van waar ons woon. Ek voorspel dat laasgenoemde binne 5 jaar oorwegend Engels gaan wees – dit is immers die tendens wat gereeld elders afspeel. Ek was dus bereid om die relatiewe gemak van ‘n nabygeleë skool prys te gee ter wille van moedertaalonderrig vir my kind. En ek het baie vrede in my hart oor dié besluit.

JC ·

Boela, jy’s AWESOME!!
Waarom? Want jy tree in die BESTE BELANG van jou kind op, wie se moedertaal (en hopelik eendag saketaal) Afrikaans is, en wie se kultuur CHRISTELIK IS!! AFRIKAANS LEEF!!! (al ontken die “staat” dit- watse staat???)

Bob ·

Wat gaan jy dan doen as jou kind gaan studeer? Engels gaan oor 5 jaar net nog meer oorheersend wees by alle instansies. Veral by plekke soos Univ of Technology – voorheen tegnikon. Ek is bevrees ons kleinkinders gaan ons eendag verantwoordelik hou vir ons “Afr” opdringerigheid soos wat ons die ou NP verantwoordelik hou vir die “weggee” van ons land

Boela ·

Bob, my twee kinders (een in graad 8 en die ander in graad 4) is reeds ten volle tweetalig. Engelse naskoolse studie sal vir hulle geen probleem wees nie. Ek glo egter aan moedertaalonderrig tot op die hoogste vlak, dus dra ek ook maandeliks by tot Akademia, sou my kinders eendag hul tersiêre onderrig in Afrikaans wou hê.

Jane ·

Nee glad nie, meeste van ons se kinders het in Afrikaans skoolgegaan (myne was in Affies) en het geensins enige probleme gehad om Ingenieurswese te studeer by Tuks en GOED deur te kom nie. Hulle handboeke was in Engels, maar die klasse is in Afrikaans aangebied. Omdat hulle Engelse fondasie ook goed in die Afrikaanse skole gevestig is, en hulle goeie onderrig daarin ook ontvang het, en die kinders nie ONNOSEL is nie, was die oorgang tussen Afrikaans en Engels geen probleem en verwyt hy my glad nie vandag nie. Hy het sy graad voltooi en het reeds bevordering by ‘n baie prominente myn as Ingenieur gekry, en hy werk skaars ‘n jaar, kom met alle bevolkingsgroepe oor die weg, leer ook nou Fanakalo om met die werkers op grondvlak te kan kommunikeer.

RK ·

Bob, ons kleinkinders gaan groot word in ñ “Christelike” Afrikaans dominante land. Afrikaanse skole, Afrikaanse universiteite, afrikaans in die werkplek, ens. Wag maar net en kyk ;)

Disselboom ·

Regtens behoort die staatskole aan die staat, en die huidige regering as staatsbestuurder doen wat hy wil met sy eiendom; en is nie Afrikaans of Christelik goedgesind nie. Tyd en energie moet verskuif word weg van wanhopige pogings vir behoud van beheer oor staatskole na die oprigting en bedryf van gemeenskapskole in privaatbesit. Daar moet meer gelees, gedink en veral debat gevoer word oor die regte strategie vir onderwys in Suid-Afrika. Is daar ‘n strategie, of is daar maar net uitgediende staatsafhanklike staatsamptenaar-denke – moet die Afrikaner maar erken dat hy nes die ANC was, wat beheer oor die staatskas benodig om sterk te kan wees?

JC ·

Dankie Disselboom- dis nou goeie “raakvat” kommentaar. Om te se dat Solidariteit BAIE meer onderwysberade SAL MOET HOU is effens van ‘n “understatement”.
Wat belangrik is, is dat Solidariteit ‘n 10 of 20 jaar plan in werking moet stel, en dit dan stadigaan deur burgerlike Afrikaners (en Afrikaanses) se ondersteuning in werking moet stel en daad by woord moet sit. Ek kan egter nie help nie as om op te merk dat die druk, jaloesie en antagonisme teenoor Afrikaans kulturele skole nie so hewig is in die Kaap nie. Waarom?
GOEIE BEHOORLIKE REGERING EN NIE DIE IDEOLOGIES GEFOMFAAIDE EN VERWARRENDE NONSENS WAT JY BY DIE cANCer beheerde provinsies kry nie. Pleks van praktiese aspekte, probleme en uitdagings aanpak en die hoof bied, wat tot die hart van onderwys gaan, sit Lesufi en wonder hoeveel van sy siek quasi kommunistiese- sosialistiese retoriek hy kan uitblaas. Die ware probleem is, miskien weet hy NIE hoe om die ware (soos reeds duidelik is) uitdagings van die skolesisteem die hoof te bied nie, daarom dat hy so fokus op irrelevanthede. “Shame”, ek wens iemand kon hom net reghelp!!!

Friesperd ·

Dis juis die probleem. Daar is geen staatskole in SA slegs publieke skole wat aan die publiek behoort en onder die skolewet van die land val en gesamentlik deur die beheerliggame en die Dept beheer moet word. Die Dept matig hulle egter die reg aan om volle beheer te wil neem en ongelukkig kan nie alle BL’s die aanslae afweer nie. Dit word al hoe meer belangrik dat ouers, leerders en personeel moet hande vat om dit te laat werk. Veral ouers moet hulle plek inneem en indien daar vrae is klop by organisasies soos FEDSAS aan vir hulp.

Disselboom ·

Enige uitwerking of resultate van Solidariteit se onderwysberaad van 31 Augustus laasjaar al gesien? Behalwe om Flip Buys se vrou se verhandeling in ‘n adviesstuk te omskep en uit te stuur. Planne om skole te bou? Daadwerklike optrede behalwe om die staatsonderwys hier en daar bietjie aan te vul en versigtig binne die stelsel ietsies te doen?

Garath ·

Almal moet hierdie berig asseblief weer lees. Soos ek dit sien is die berig (met betrekking tot die Afrikaanse skole) nie op feite geskoei nie.

Frans C ·

Se jy daarmee dat migrasie na Gauteng en toestroming na vormalige Model ‘C’ skole nie op feite gegrond is nie? Indien wel, wat is die feite volgens jou?

Pieter ·

Ons is vanoggend as ouers vir die eerste keer in kennis gestel dat daar by ons uitsluitlike Afrikaanse laerskool ‘n Engelse klas gaan ontstaan weens tekort aan plek in Gauteng. Geen kommunikasie of raadpleging nie dit is klaar gedoen is. Wat staan ons te doen????

Lance ·

So tipies van die onbevoegde en onkundige anc …dis soos met beurtkrag …eers toe dit n krisis en n ramp is ….toe skrik die anc wakker …pateties ! !

Waarheid ·

99.09% krises bestuur ..so tiepies van onbevoegdheid aan die stuur van sinkende skip. Hou moed kyk op en GLO nood op hoogste uitkoms die naaste. Werk saam krag lê in getalle. Sterkte aan almal.

Maria Van Dieweeck ·

Nou gaan hierdie “genie” dieselfde doen met moslem en Joodse skole?

Maria Van Dieweeck ·

En het hy nou al sy Januarie skool halfpad klaar, want dis al tyd om Februarie se skool se fondasie te gooi! Infame leuens.

leon - Centurion ·

Lesufi is besig om man alleen Afrikaanse skole te vernietig. Hy is die argitek van die skole nood. Nou kan die Afrikaner gestraf word en pragtige, werkende, suksesvolle skole kan vernietig word. Volgende sal woonbuurte en ondernemings geteiken word. Die tweede demokratiese revolusie het ten doel om die huidige ekonomiese en politieke bestel omver te werp.

Eie skole net die begin. Selfbeskikking die eind doel vir die wat wil vasbyt.

Disselboom ·

Dis mos in Centurion waar Solidariteit sit? En waar die onderwysberaad verlede gehou is – daar by Doxa Deo in Raslouw? Daar is nog baie baie en blykbaar goeie Afrikaans-enkelmediumskole in Centurion; onwaarskynlik dat die eie skole daar gaan posvat. Sien ook nie meer ‘n CVO-skool daar nie – vroeër iets gesien van “CVO Skool Verwoerdburg”. Disselboom se waarneming van daardie Centuriane sien nie juis ‘n gees van eie skole daar nie.

leon - Centurion ·

Centuriane, soos jy hul noem, betaal belasting en is volgens die grondwet geregtig op moedertaal onderrig. Dit word nou weggeneem! Tuks, UV, Unisa sommer in een jaar. Centurion skole se beurt kom dan sal die gees ontwaak.

Disselboom ·

leon – Centurion: Sien is glo. As daar met soveel Afrikaanse gesinne in een kol in Solidariteit se tuisdorp nog nie iets aan die gang is vir eie skole in Centurion nie, gaan hulle seker sit en wag tot die vernietiging al goed aan die gang is voor hulle iets doen. Die ingesteldheid lyk nie juis na een van vooruit kan dink en beplan nie. Dalk weet jy wat van die CVO-skool daar geword het? Of is dit nou die Centurion Christelike Laerskool?

Chris ·

Se voet met die verenglsing van Afrikaanse skole! As hulle wil by ‘n Afrikaans skool, skool gaan dan kan hulle dit doen maar dan in Afrikaans. Daar is geen rede hoekom Afrikaanse skole moet verengels nie. Afrikaans word in elk geval deur meer mense gepraat in Suid-Afrika as Engels, so daar is GEEN REDE hoekom Afrikaanse skole nou Engelse kinder moet invat nie. Ons diskrimineer nie want Afrikaans word deur meer mense gepraat. As hulle na ons skole toe kom dan kan hulle maar dan in Afrikaans of gaan soek vir jou ‘n Engelse skool maar los ons skole en standaarde uit!

Nita ·

Wanneer gaan die regering besef hulle moet begin om meer skole te bou asook meer universiteite. Alles is oorvol geprop en die volk groei volstoom voort!!

humor ·

JC Terwyl dit hier alles oor AFRIKAANS en CHRISTELIK gaan is jy beslis nie awesome nie

Willie ·

As hulle nie kort kort hulle skole afbrand nie dan sal daar genoeg skole wees vir almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.