Groot konflik by Rhodes se graf

cecil-john-rhodes-se-graf

Cecil John Rhodes se graf by Matopos-heuwels in Zimbabwe. Foto: Commons.wikimedia.org

Ek het lanklaas soveel innerlike konflik beleef soos toe ek onlangs Cecil John Rhodes se graf besoek het. Op ’n koppie in die Matopos Natuurreservaat in Zimbabwe lê die Britse ekspansionis en diamantmagnaat se oorskot – ’n gat wat aan die bokant van ’n reuserots ingesny is en met een van die mees asemrowende uitsigte denkbaar, presies soos hy in sy testament opdrag gegee het.

Vanaf dié koppie (Rhodes het dit die View of the World genoem) gewaar ʼn mens so ver as wat die oog kan sien ronde rotse bo-op die omliggende koppies. In ’n morbiede oomblik herinner die rotse my aan die skedels van die menigtes wat onder die juk van Britse ekspansionisme gesterf het – ’n ideologie waarvan Rhodes een van die groot kampvegters was.

Ek bewonder die uitsig en die skoonheid van die Skepping, diep bewus van die teenwoordigheid van die graf van die man wat ’n verwoestende oorlog teen my voorouers gelei het. Ek dink aan die verhale wat my ouma my vertel het, van hoe my oupagrootjie (toe nog ’n kleuter) tydens die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy ma uit ’n Britse konsentrasiekamp ontsnap het en vir weke in ’n grot oorleef het. Ek dink aan die rofweg 30 000 vroue en kinders wat in daardie konsentrasiekampe gesterf het.

Ek wonder hoe Afrikaners as ’n gemeenskap vandag daar sou uitsien as dit nie vir daardie oorlog was nie. Ons sou baie meer gewees het, maar hoeveel? Miskien sou ons minder patrioties oor ons Afrikanerskap wees omdat ons minder opofferings sou moes maak. Dalk sou ons meer geneë gewees het daarmee om onsself as wêreldburgers te beskryf en minder geneig om “laer te trek”, soos ons kritici ons graag spot.

Ek dink aan die helde van daardie oorlog. Aan seuns wat oornag krygers geword het. Dawid wat teen Goliat moes veg. Gewone mense wat in ongewone omstandighede buitengewone prestasies behaal het. Aan boere, onderwysers en fietsmakers wat vandag as volkshelde vereer word.

As ek maar net dáár kon wees om saam met hulle te veg, dink ek. Nee wag – as hulle maar net hiér kon wees, vandag, waar ons ’n gans ander stryd moet stry.

Kaplaks!

Daar spring my seuntjie met albei sy voete bo-op die graf. “Kyk my stok, Pappa! Ek veg teen die slegte mense.”

Summier jaag ek hom van die graf af. “Mens staan nie op iemand se graf nie!” raas ek.

“Hoekom nie?”

“Want mens moet respek hê.”

“O …” Hy staan langs die graf en kyk beteuterd na die letters Here lie the remains of Cecil John Rhodes. Hy het pas vyf geword en kan nog nie lees nie.

“Het Pappa respek vir hierdie oom?” vra hy ná ’n ruk.

Vir ’n oomblik is ek stomgeslaan.

“Nee, ek het nie. Hy was ’n slegte mens. Hy het teen jou oupagrootjie oorlog gemaak en baie mense is dood.”

“Nou hoekom mag mens nie op sy graf staan nie?”

Ek probeer weer: “Want hy was ’n mens en hy is nou dood en mens moet respek hê vir mense wat dood is, maak nie saak of jy dink hulle was goeie of slegte mense nie.”

“O,” sê hy en huppel anderkant toe.

Ons sit en kyk na een van die mooiste sonsondergange wat ek nóg gesien het. Terwyl die son oor Zimbabwe sak, dink ek aan die verwoesting wat hierdie land tans beleef.

“Jägermeister vir jou?” vra my broer met ’n skelm lag en trek ’n sopieglas uit sy baadjiesak. Selfs al mag jy nie op die graf staan nie kan jy seker nog steeds ’n vinnige knertsie geniet, dink ek.

Die son het gesak oor Zimbabwe. Skielik is dit donker.

Ons klim by die koppie af om terug te keer na Suid-Afrika. Blykbaar is dit nog plek-plek skemer daar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

26 Kommentare

johnny_walker ·

Die feit dat CJR die boervolk se pad gekruis het was die wil van God , net soos met alle dinge wat ons paaie daagliks kruis , ek het geen opinie oor die man nie , hy was net n stuk gereedskap in die Hand van God , net soos ek , net soos jy
ek staar nie in die verlede in met bitterheid nie , ek kyk liewer na die toekoms met hoop

Rupert Ashford ·

Goed geskryf Ernst. Soveel konflik. Rhodes se impak was ook baie wyer oor Afrika as “net” die Afrikanervolk maar ek deel jou sentiment. Waar ek nou woon word jaarliks ‘n groot vakansiedag gehou om gevalle soldate te herdenk en die Suid-Afrikaners (ook uit die grensoorlog) word ook toegelaat om in die parades te loop en word voor hande geklap (ander as wat gebeur in hulle land van herkoms). Die opperbevelvoerder van die WOI magte wat oorsprong gegee het aan die dag was ene Lord Kitchener…en dit is daar waar my probleme begin :-) Die soet en die suur is so ineengestrengel in hierdie wat ons “lewe” noem.

Martin ·

Baie mooi geskryf. Laat ‘n mens net weer terug dink aan die harde tye wat ons mense beleef het vir ‘n plekkie van hulle eie. En nou is daar niks. As hulle maar net in die toekoms kon insien.

Oupa Geskiedenis Makvark ·

Beste Lesers, lees gerus:
* Robert Hughes se boek “The Fatal Shore – The epic of Australia’s founding” en hoe die Britse “upperclass” te werk gegaan het om die ongebreidelde “British” bevolkingsaanwas (1700 – 1850) teë te werk;
* Oor die grootskeepse uitskeping van Britse weeskinders in 18de eeu na Suid-Afrika, Australië en Kanada en hoe daardie weeskinders misbruik is;
* Die geskiedenis van die English East India Company (1660 1858) en die redes vir die Britse-Chinese Opiumoorlog van 1840;
* Britse imperialisme in Suid-Afrika, Indië en die VSA waarvan die gevolge op mense se lewens onberekenbaar is.

Die vraag ontstaan: “Wat leer ons uit hierdie geskiedenis en wat moet ons doen om nie die foute van die verlede te herhaal nie?” En dan word standbeelde nog steeds opgerig!

Linette ·

@Oupa Geskiedenis Makvark – die uitskeping van Britse kinders het nie alleen net in die 1800’s plaasgevind nie, maar ook tot so onlangs as 1970! Google die woorde “Bindoon Boys’ Home, Australia” en “The Sydney Christian Brothers” asook “Father Kearney” en julle hare sal orent staan van die vertellings van die verskriklike mishandeling, voedseltekort, seksuele misbruik ens. wat Britse kinders as deel van die “British Orphan Repatriation Programme” moes deurmaak.

Nico K ·

Ek wil net vir oupa Makvark sê ek sal nie daai boeke lees nie. Om mense te probeer oordeel oor iets wat 100 jaar terug gebeur het, is onmoontlik. Mense het anders gedink in ander tye. En presies soos die Afrikaner oor Britse Imperialisme voel, so voel die swartes oor apartheid. En ons is verbaas dat daar geen vrede in die nuwe SA is nie. As ons na 100 jaar nog steeds die Engelse verwyt, hoe het ons gedink gaan die swartes oombliklik alles vergeet. My pa is 2 geslagte na die Anglo- Boere oorlog gebore, en haat nog steeds die Engelse. Ek was een jaar met vakansie in Zim en het my ma gevra of hulle ooit by Matobos aanwas. (My ma’hulle het lank in Noord Rhodesië (Zambië) gewoon.) Toe sy sy nee, my pa het geweier om na Rhodes se graf te gaan kyk. (En die Matobos is so mooi wêreld.)

Lampies ·

Nico K: as ons nie leer uit die lesse van die geskiedenis nie, soos die euwels van Britse Imperialisme, gaan ons dieselfde foute weer herhaal en met dieselfde gevolge. Die destydse imperialiste is hedendaags slegs vervang deur die dissipels van die Nuwe Wêreldorde. Vandag se “imperialiste” is net veel meer talryk en beter befonds, daarom is die bedreiging waaraan die vrye wêreld onderwerp word soveel meer dreigend. Ons MOET dus die handelinge van die mense van 100 jaar gelede steeds evalueer en dit herlei na hedendaagse neigings en tendense.

Rita Parys ·

Dis nie te sê omdat jy onthou, jy aanhou haat nie. Sonder om jou verlede te ken is jou toekoms rigtingloos. Hoe jammer en hartseer ons jong mense ken nie hulle eie geskiedenis nie. Ons steek vas by Apartheid en dink dis al waaroor die Afrikaner se geskiedenis deesdae gaan. Geen geskiedenis, geen nasietrots.

MCH ·

n Aanhaling uit n Engelse boek wat ek gelees het van Dale Carnegie lui as volg: ” Don’t judge them, they are just what we would be under similiar circumstances. ”
n Ander aanhaling in Afrikaans wat my aandag getrek het, lui as volg: ” Moenie my oordeel alvorens jy nie n myl in my skoene gestap het nie.”
Wyse woorde wat jou diep laat nadink. Jou waardesisteem se grondslag is as n reël geskoei op jou godsdienstige oortuiging, hetsy dit humanisme, Christelik, Islam, Boedda, liberalisme of watookal is. Die oortuigings groepeer mense saam waar die groepbelang primêre status geniet. Indien jy byvoorbeeld Amerikaanse burgerskap aanvaar, is daar wanneer hul jou aanvaar, n plegtigheid waar jy trou sweer aan jou nuwe land. Dit impliseer wetsgehoorsaamheid. Met die blankes se situasie in Suid Afrika, het Britse imperialisme tot gevolg gehad dat Christen teen Christen tot die dood geveg het. Beide groepe het seker gebid vir oorwinning, maar hoofsaak is dat die groepsbelang, die Christelike waardestelsel verwater en lei tot ernstige konflik. In ons situasie het twee honde oor dieselfde been baklei en in die eeu het die derde hond met die been weggekom. Vir die laaste 6000 jaar wat die mens homself regeer, het hy geen blywende vrede kon bewerkstelling nie. Die antwoord is in die Boek van die tyd. Die Boek wat heelmaak daar waar niemand ooit mag kyk, die Boek wat lig maak en die nag se donker verdryf. Mag Yeshua Hamashia gou terugkeer na n verloregaande wêreld.

John ·

Die Bybel bevat ook historiese feite met ‘n doel… om daaruit te leer en nie bloot te vergewe nie. Vergewe sonder om te leer laat mens dieselfde foute oor en oor maak. Die Britte het groot skade wereldwyd aangerig en hul werkswyse was roekeloos en gruwelik. Vandag is hierdie landjie onder beleg. Sy skanse weg en sy vriende, die EU, sit op sy kop. Die paleis se matte is verweer en koninklikes karikature. Tyd is ‘n magtige wapen. Deur nie op die dooie se graf te trap nie is nie ‘n teken van respek vir die geraamte nie, maar vir jouself en jou eie mense en die Groot Vader van toe tot nou.

Veritas ·

Ek merk dat my vorige kommentaar nie geplaas is nie. Laat ek dit bietjie sagter stel: Die Engelse kry nou wat hul toekom.

bgj van der westhuizen ·

ja net jammer ons moet jammer vir alles se oor wat gebeur het in suid afrika en die selde met duitsland net engeland hoe nie se se jammer vir al die mense wat hy se dood veroor saak het nie in al die lande wat hy beheer het nie

Rudolf Peens ·

Was self van plan om op sy graf te spoeg. Toe sien ek Leander Star Jameson se graf ook daar:toe spoeg ek 2 keer.Maar dis n mooi plek en het n paar keer daar oor nag.

Veritas ·

Rudolf jy is baie selfsugtig. Kon jy nie maar vir ons ander wat soos jy voel, ook maar ‘n spoegie opgeoffer het nie?

Linette ·

Ag, Rudolph, jy kon maar twee maal twee keer ook gespoeg het. Leander Starr Jameson en Cecil John Rhodes was beide lekker hand-om-die-blaas met planne om die ZAR omver te gooi en as Britse grondgebied verklaar te kry – oor die goud-reserwes, niks anders nie. Maar toe misgis hulle hulself bietjie met Boer-se-kind-se-slimmigheid en word ou Leandertjie sommer toe lekker gelooi daar by Doornkop, suid van JHB. Net jammer die blikslaer het net 4 maande hardepad geloop en dat hy nie eerlik genoeg was om Rhodes as medepligtige te noem nie.

JC ·

Ek kry altyd lekker wanneer ek dink aan die vernedering wat die gefaalde Jameson inval aan die prestige van die “Britse Ryk” gedoen het, wie voor dit gedink het hulle was onfeilbaar:)
Afrikaner nasionalisme het ook danksy Jameson en Rhodes se flater, ‘n grootse hupstoot gekry, soveel so dat selfs die Kaapse Afrikaner, wat voor die Jameson inval, redelik letargies en ongeergd was, ook ‘n goeie streek patriotisme weg gekry het.

Richard ·

Waar kom die idee van respek vir dooie mense vandaan?

Mense sal iemand die ergste goeters toesnou, maar sodra iemand dood is, dan is dit skielik taboe om iets slegs te sê oor die dooie persoon?

Soms sal mense sê dis omdat ‘n dooie homself nie meer kan verdedig nie, maar te oordeel aan hoe ongeinteresseerd mense gewoonlik is in iemand wat sleggesê word se verdedigings, hou so ‘n verklaring nie veel water nie.

Natuurlik wil mens nie iemand wat net onlangs dood is, se familie ontstel deur slegte dinge oor die dooie persoon te sê nie, maar Rhodes is mos darem al lankal dood…

Linette ·

Ja-nee, Richard – dit verbaas my ook, dié geweldige ‘respek’ vir die dooies. So ook, as ‘n mens nou te sterwe gekom het, dán moet almal tydens die roudiens hoor watter wonderlike man/vrou/kind/vriend/mens so ‘n persoon was. Maar tog sal ek nie – wanneer ek êrens in ‘n begraafplaas kom – op ‘n graf trap nie, selfs nie eens al is daai persoon al twee- of driehonderd jaar terug oorlede! Ons was onlangs op Tulbagh en het besoek aan die ou begraafplaas agter die Volkskerk gebring – daar is mense se grafte daar wat in die 1600’s al dood is. Brrrr …. ek dink iemand se spook het nou oor mý graf geloop!

Paul ·

In meeste kerkhowe en binne kerke self in Europa kan mens nie loop sonder om oor grafte te loop nie, soveel mense is daar so styf teen mekaar begrawe.

Boer ·

Die Britte was maar net pionne van die zionistiese bankiers. Dieselfde groepering wat regdeur die geskiedenis van die wêreld konflikte gestook het vir hul eie finansiële gewin. Rhodes het onder opdrag van die Rothchilds die skatte van Suider Afrika probeer steel en baie mense se dood gekos . Dieselfde groep was ook verantwoordelik vir die Franse Revolusie, Russiese Revolusie, WWI en WWII. Ek kan aangaan en die lyn deurtrek na die hedendaagse konflikte in die Midde-Ooste (Irak, Iran, Libië, Sirië). Telkemale gebruik die jode Christen lande se weermagte om hul finansiële doelwitte te bereik. So word miljoene Christene gedood. Die konflik tussen die kinders van Esau en Jakob sal seker vir altyd voortduur.

John ·

Oooh! Hier’s nou ‘ slim man. Die Nazi’s sou jou sowaar ge-eer het vir die’ kordate insig… en die duiwel ook. Pas net op Joodse bloed loop dik in baie boere se are… Die woord ‘almal’ is ook ‘n baie dom woord… loop maar lig daarvoor want dit is familie van jok.

Willie Nel ·

Ek hou van Ernst se artikel. Die optrede van Rhodes, die Britte en hul meelopers het aanleiding gegee tot erge trauma van die Boerevolk. Dit is nie vandag ‘n kwessie van nie vergewe nie, dit is ‘n kwessie van onthou jou geskiedenis, jou kultuur en jou hele geskiedenis. Soos reeds genoem is dit hoekom ons uitrafel, ons ken dit nie meer nie. Jy sal verbaas wees hoe gefasineerd kinders luister na hulle geskiedenis en hoeveel vrae hulle wel daaroor het. Ons ouer mense faal in ons opvoedingstaak. Hoe kan ons enigsins hoop dat hulle uit foute sal leer en nie dieselfde doen nie?

pie in the sky ·

Die toon en trant van die artikel deur Ernst Roets verras en walg tog ook. Rhodes, wat assosieer word met duisende skedels van Britse kolonialisme is die teiken hier. Let wel, die liberale sienswyse van die skrywer verswyg tot groot mate die EKONOMIESE VOORTUITGANG wat Rhodes aan Afrika gebring het, eers n kontinent wat bar, donker en agterlik primitief was. n Kontinent wat tot hede GEEN noemenswaardige blywende wêreldstad opgelewer het nie… ‘n Kontinent waar soveel etniese groepe oor duisende jare hulle eie uitgeroei het. Soos sy standbeeld by UCT moes val, so word daar nou gedink aan die Europese pionier wat van Afrika te minste iets beters gemaak het wat dit nooit andersins sou wees nie…

JC ·

Mag Rhodes wel verafsku, MAAR=Gedeelde geskiedenis=RESPEK.
Genl. CR de Wet, Genl. Beyers, Genl. Viljoen, Genl. Liebenberg, Kommandant Scheepers, Genl. de la Rey, Jopie Fourie, Genl. Antonie Michael (Rooi Magiel) Prinsloo, en baie ander bittereinders= MEER AS RESPEK, helde; en amper afgode!
Sonder die ABO sou ons NIKS gewees het nie. Dit, en wat daar gedoen was, sal tot in lengte van dae in ons patriotte se geheue ingeskets wees en voortleef.
God seen ons helde!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.