Groter konsentrasie Afrikaners se behoud in die toekoms

Afrikaner

Argieffoto.

In tye van groot onsekerheid, kan ’n mens maklik mismoedig raak en in totale wanhoop verval.

Die teendeel is egter ook waar. Afrikaners in die besonder het nog altyd die vermoë gehad om bo hul omstandighede uit te styg en die geskiedenis bevat talle voorbeelde van hoe Afrikaners wanhoop telkemale in hoop omskep het.

In 2018 is dit ook waar van Afrikaners. As minderheid, voel Afrikaners toenemend vervreem, onwelkom en met tye ook geteiken in die land wat die meeste van hulle se enigste tuiste en vaderland is.

’n Interessante ontwikkeling, wat pas deur navorsing van die Solidariteit Beweging se navorsingsinstituut bevestig is, is egter aan die orde van die dag

Afrikaners gaan nie in die nabye toekoms verdwyn nie. Hulle gaan wel ’n kleiner persentasie van die totale bevolking wees. Op die oomblik is ’n spontane bevolkingsverskuiwing onder Afrikaners aan die gang vanaf sowat 300 dorpe oor die land heen na 30 dorpe en stede.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging neem dié verskuiwing bykans die vorm van ʼn hedendaagse “Groot Trek” aan.

Afrikaners is besig om nader aan mekaar te trek en konsentreer veral in dorpe en stede wat aan maatstawwe vir volhoubaarheid voldoen. Eenvoudig gestel, is Afrikaners besig om van klein dorpies weg te trek waar ekonomiese, maatskaplike en ekonomiese verval aan die orde van die dag is. Hulle kies toenemend om eerder na dorpe en stede te trek vanweë betreklik groter veiligheid, beter munisipale dienste, onderwys, gesondheidsorg, ekonomiese aktiwiteite en kulturele dienste.

Die Solidariteit Beweging is van mening dat dit sinvol is om hierdie “ankerdorpe” waar Afrikaners hulle vestig, verder uit te bou en daarin te belê om ’n volhoubare toekoms vir Afrikaners te verseker. Deur ankerdorpe sterker te maak, sal dit die beweging en sy ledeorganisasies ook in staat stel om noodsaaklike dienste vanaf die dorpe te lewer aan mense wat in die omliggende kleiner dorpies woon.

Dit is insiggewend dat feitlik die hele land binne twee uur se ry vanaf die naaste ankerdorp geleë is. Dit sal die verlening van bystand aansienlik makliker maak.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die bevindings van die navorsing in die volgende maande met AfriForum-takke landwyd bespreek om te verseker dat aandag aan alle tersaaklike faktore gegee word. Ná die raadplegingsproses sal ’n lys van ankerdorpe beter gefinaliseer kan word. Dit sal ook dan meer moontlik wees om te bepaal watter dienste op watter dorpe nodig is of uitgebou moet word om volhoubaar te bly.

Meer volhoubare dorpe en stede sal ook ’n raamwerk bied wat met die regering en ander gemeenskappe bespreek kan word om samewerking tussen almal in die land te verbeter.

Die spontane groter samewerking en konsentrasie van Afrikaners bevestig opnuut dat Afrikaners ’n onblusbare oorlewingsdrang het en dat hulle, ondanks enorme uitdagings en struikelblokke, reeds besig is om skouer aan die wiel te sit om aan ’n beter toekoms vir hulself en hul nageslag te werk.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
CG

Goeie genade! Basies dieselfde inhoud is kort gelede in ‘n ander berig geplaas. Daar is toe in kommentate uitgewys dat in 15 uit die 30 dorpe/ stede daar in 2021 minder Afrikaners gaan wees as in 2011 (in 16 minder in 2031). Dit is volgens Solidariteit se eie syfers. Om hierna as ‘n “Groot Trek na…” die dorpe / stede te vewys is ‘n gruwelike wanvoorstelling. Die belaglikheid om Durban as ‘n Afrikaner ankerdorp te sien is ook uitgewys. Tog gaan Solidariteit voort om hierdie wanvoorstellings as feite te verkondig. Ons het hier ‘n integriteitsprobleem.

Willie P

Ek stem saam met CG, en vind dit nie verbasend nie dat dieselfde bevraagtekenbare “storie” ook deur Pretoria FM verkondig word. Vir my begin dit meer en meer lyk of daar ‘n geheime agenda is.

Vrydenker Afrikaner Vlakvark

Die Afrikaners moet daarop fokus om hul kinders die bes moontlike opvoeding, onderrig en opleiding te gee om kreatief konseptuele denkers en leiers te wees, in aanvraag in die internasionale markte. Afrikaners moet deeglik vertroud wees met die geskiedenis en hul familiegeskiedenis. Hulle moet leer uit die voorgeslagte se suksesse en foute vir die eerbare bou van ‘n beter toekoms. Hulle kinders moet leer wat is integriteit, vrydenke, selfrespek, naasteliefde, dissipline, om te spaar, selfaktualisering en om afsonderlik as mens en gesamentlik as volk te strewe na wêreldkompeteerbaarheid. Ons moet ‘n droom probeer realiseer om vir die medemens sout en… Lees meer »

John

Onthou ons trekkerleiers word ok nie jonger nie en die grootste deel van Max se volk is hoeka moeg om nie ook op die andelebeurs te kan plak nie. En dan is die VF baie lus vir daai plus wat so ronddobber na nerens. Sy ossewa laai nou al die afgeblewendes en hul voor en nasate op voor die volgende verkiesing om sommer ook so saam met hul naastes in die konsentrasiekampe te gaan uitkamp om die bestuur daar oor te neem… Wat ons darem nie alles vir Afrikaans sal opoffer nie.

Rasper

Hoe lank het ek nie uitgesien na die aankondiging nie.Soos Kersfees. Maar die verwagte fiets met die klokkie is toe ‘n stuk bloudraad, gevorm soos ‘n fiets..Seker ‘n fiets, as jy mooi kyk…Dit is ook nie Afriforum of Solidariteit se skuld nie. Want ek weet ook nie watter antwoorde of oplossing hulle uit ‘n hoed moet ruk om ons almal tervrede te stel nie. Ek weet ook nie of dit Afriforum is wat bly klou aan ‘n verlede wat die Afrikaner oor die hele SA wil laat regeer nie, en of dit sy lede is, en Afriforum maar moet planne… Lees meer »