Grou Cornwall Hill Kollege sy eie graf?

(Foto: Facebook)

Cornwall Hill Kollege, ʼn privaat skool in Irene Centurion, is onlangs weer in die kollig geplaas weens bewerings van rassisme. In Junie verlede jaar het ʼn groep huidige- en oudleerders ʼn ope brief uitgestuur waarin hulle die skool aankla van voortslepende rassisme en ʼn onwilligheid om dit die hoof te bied.

In die lig van George Floyd se dood en die gepaardgaande Black Lives Matter (BLM)-betogings verlede jaar het die leerders besluit om uiteindelik standpunt in te neem teen dié rassisme. Sodoende was die ope brief ook deel van die wêreldwye BLM-protes.

Hierdie saak is weer by die skool se onlangse gholfdag geopper en het ook gister in ʼn betoging by die skool aandag geniet.

Die eerste belangrike feit is dat Cornwall Hill Kollege ʼn elite privaat skool is wat ʼn 100%-slaagsyfer handhaaf en 96% van hul matriekleerders van universiteitsvrystelling verseker. Diegene wat wel in die skool is – ongeag ras – is daarom die absolute room van die room en het die beste moontlike kans op ʼn uitstekende toekoms. Verder is hulle uit absolute vrye keuse daar en kan ook ter eniger tyd na ʼn ander privaat skool skuif.

Die aanvanklike ope brief het beweer swart leerders word weens hul ras geteiken en verneder. Klagtes oor rassisme, spesifiek soos gemaak deur geteikende swart leerders, word as ʼn reël onder die mat gevee. Die skool is ook nie genoegsaam getransformeer nie, omdat daar te min swart onderwysers is.

Hier is dit belangrik om te noem dat interpersoonlike rassisme altyd gaan bestaan, omdat rassistiese mense altyd gaan bestaan. Sodoende is bewerings van rassisme in énige skool baie moontlik. Juis daarom is dit moeilik om voor die voet mense se klagtes in hierdie spesifieke opsig van interpersoonlike rassisme of diskriminasie te verwerp.

Die belangrike deel van die aanvanklike ope brief is egter die volgende: “The internalised, interpersonal, institutional and structural racism at Cornwall Hill College has been conserved and curated […].”

Hierdie impliseer dat daar nie net “normale” interpersoonlike rassisme by Cornwall plaasvind nie, maar dat die skool se strukture self deel van rassistiese onderdrukking is. “Institusionele en strukturele rassisme” plaas ook die klagte binne die bepaalde ideologiese raamwerk van rasse-Marxisme – dit impliseer dat rassisme inherent deel van Cornwall is. Rassisme is nie net beperk tot individuele optrede nie, maar dikteer eerder soos ʼn onsigbare hand mense se optrede. Sodoende is wit leerders en die wit skool noodwendig rassisties en swart leerders noodwendig onderdruk.

Woorde máák sáák. ʼn Mens kan nie woorde soos hierdie gebruik en verwag dat dit in ʼn ander konteks as rasse-Marxisme, BLM-betogings en daarmee saam dan ook wit skuld geïnterpreteer word nie.

In Suid-Afrika word hierdie rasse-Marxisme ook altyd teruggetrek na die nalatenskap van kolonialisme en apartheid. Dit is weens hiérdie nalatenskap dat die strukture van mag, bevoorregting, beheer en patrone van eiendomsbesit nog deurspek is met wit mense en wit mag.

Hierdie is ook presies wat in Maandag se betoging geopper is by monde van Lesetja Kganyago, goewerneur van die Reserwebank, wie se dogter ʼn leerder aan Cornwall Hill Kollege is.

Kganyago verduidelik hoe skole wat tydens apartheid net vir wit mense gereserveer is, nou in die postapartheidsamelewing aktief swart opvoeders moet gaan soek en aanstel. Verder moet hulle ook toelatingsvereistes verander – geïmpliseerd dat hierdie nuwe vereistes rassetransformasie moet aandryf. (Hierdie is ʼn redelik aanname in die lig van die feit dat die skool ook nou ʼn transformasiekomitee aangestel het, wat uiteraard net uit swart ouers bestaan.)

Kganyago se opmerking verduidelik die onderliggende sentiment van hierdie klagtes. Weens ons land se rassistiese verlede word swart mense steeds uitgesluit, ontuis gelaat en selfs onderdruk. Daarom word rassetransformasie vandag regverdig ten einde hierdie rassistiese nalatenskap, in die rasse-Marxistiese tradisie, omver te werp.

Die ironie van die saak is dat Cornwall Hill Kollege in 1998 geopen is. Dit beteken dat die skool nooit ʼn geskiedenis van apartheid kon hê nie, omdat dit nooit onder apartheid bestaan het nie. Die skool kon nooit ongetransformeerde oorblyfsels hê nie, bloot omdat dit postapartheid gestig is.

By Maandag se betoging het een van die ander ouers ook genoem dat rassisme nie net gaan oor swart mense wat vir hulself opstaan nie, maar ook oor wit mense wat opstaan. Dit is goed dat soveel swart leerders en ouers betoog, maar hartseer dat dit soos (slegs) ʼn swart geleentheid lyk. Die wit ouers lyk weer nie asof hulle genoeg omgee nie en is ook nie “genoegsaam ontsteld” nie.

In bogenoemde rasse-Marxistiese konteks klink hierdie dan eerder soos ʼn klagte dat die wit mense nie skuldig genoeg voel nie. Hierdie pas ook presies in by die idee dat gepaardgaande wit skuld nodig is om die stelsels van wit rassisme te verander. Ingevolge hierdie denke, spruit wit mense se ontsteltenis nie uit opregte ontsteltenis nie, maar eerder uit ʼn morele skuld. Omdat wit mense inherent rassisties is, moet hulle hulself moreel hiervan bevry deur belyding en morele offergawes. Dit is hierdie morele skuld van wit-wees waaruit die uiteindelik ontsteltenis en gepaardgaande optrede spruit, aldus Shelby Steele, Amerikaanse konserwatiewe skrywer, in sy boek White Guilt.

Dit is ook hierdie skuld wat uiteindelik die skool daartoe gedryf het om jammer te sê. Die skool het van die begin af om verskoning gevra oor die traagheid waarteen transformasie geskied asook die stigting van die transformasiekomitee ondersteun. Die skool het die ouers se memorandum aanvaar en oombliklik die gesprekspunte daarvan begin napraat – hulle het in der waarheid ingegee onder die druk.

Panyaza Lesufi het homself natuurlik by die storie betrek en ook gesê dat sy departement ʼn pad gaan stap met die skool in hul morele- en rassetransformasie. Sy departement is nou direk betrokke by die private werkinge van ʼn privaat skool – húlle sal verseker dat rassisme nie by die skool seëvier nie.

In die lig hiervan moet ʼn mens jouself dan afvra hoe slim dit van die skool was om in die eerste plek jammer te sê. Veral gegewe die geveg waarby hulle nou ingetrek is. Panyaza Lesufi stel regtig nie veel belang in die opheffing en voorspoed van swart kinders nie – indien dit so was, sou hy ʼn beter onderwysdepartement met beter vooruitsigte vir swart kinders in Gauteng bedryf het. Hy onderhandel en veg in al sy wedervaringe daarom nie vir beter tasbare uitkomste nie, maar eerder om sy rasse-agenda te bevorder en beheer te vergroot.

Hierdie is ook maar hoe dit met die res van die regering gaan. Eerder as om vir daadwerklike beter uitkomste te veg, veg hulle om meer beheer. Indien hulle regtig omgegee het om ʼn positiewe verskil te maak en/of bevoeg genoeg was om beter werklikhede te skep, sou hulle dit lank reeds gedoen het. Eerder as om regtig om te gee oor beter omstandighede vir swart mense te skep, jaag hulle oppervlakkige transformasie en “verbetering” na – uiteindelik maak die spanfoto meer saak as die telbord.

So ook gaan dit in hierdie saak nie oor die uiteindelike uitkomste gaan nie, maar eerder oor die mates van beheer wat die regering kan kry – hetsy deur direkte inspraak of net deur die bevordering van die rassetransformatistiese ideale waarin hulle deel.

In die lig hiervan moet jy jouself afvra of Cornwall Hill dan nie maar besig is om te help om sy eie graf te grou nie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank

Sjoe Monica, baie van jou sentimente deel ek ongelukkig nie.
En waar kom jy daaraan dat “witmense inherent rassisties is?” Ag nee man!!! Maak bietjie jou se ogies oop en bekyk die saak meer subjektief en hou op aannames maak.

Snowball

Transformeer asb Cornwall Hill, stel net swart onderwysers aan, dank die wittes af. Kry ‘n bestuursraad met net swart lede. Kies net swart leerlige vir die leerlingraad. Maak soos die ANC met Eskom, Denel en SAA gemaak het, transformeer tot op die grond, want iemand het gewaag on ‘n katterige aanmerking oor iemand se hare of intelligensie te maak en ‘n onderwyser (hoogs toegewyde onderwysers as mens na die slaagsyfer kyk) het nie by kinderbollie betrokke geraak nie. En al die wit kinders, trap asb suutjies rondom alle swart kinders want jy wil nie die groot BLM bewakers se se… Lees meer »

Spook

Die skool behoort dus binnekort so vervalle soos die res van die land te wees. Transformasie beteken mos verval en vernietiging, of moet ek nie die werklikhede rondom ons so letterlik interpreteer nie. Die hoofkonyn by die Reserwebank moet hom eerder daarop toespits om die land uit die krediet afgraderingsmonster se kloue te red. Hy is nogal glukkig om sy telg in so ‘n duur skool,te laat skoolgaan. Die mense wie se minderwaardigheidskomplekse hulle lewens laat beheer, slaan my stom. Kan hulle nie alleen op hulle eie voete staan nie? Stig eerder ‘n privaatskool waar al die “Afrika waardes” uitgeleef… Lees meer »

Cecilia

Maak my SIEK!
RASSISME RASSISME!
Dis n Pvt Skool. Dus j kind is daar uit eie wil en omdat jy as ouer d “beste” vir joy kind gun want ons almal weet hoe dit gaan in d Staatskole!
As jy as Swart ouer so ongelukkig is met Wit onderwysers. Plaas jou kind oor in n Staatskool waar Swart onderwysers j kind kan onderrig!
Blankes betoog en strike nie want daar is belangriker dinge as om al om jou eie bordjie te dans en sing!

Piet

Dis heel eenvoudig. Waarom stig swart persone nie hulle eie privaat skole en universiteite nie. Dan is daar moes nie n probleem nie. Waarom stuur jy jou kind na n instutisie wat nie jy sentiment dra of jy kultuur bevorder nie. Dit is so goed ek stuur my kind wat Christen geloof en waardes na steef na n Moslem skool en dan wil kla dat daar teen my kind se geloof oortygings gediskrimeneer word. Dit is altyd ironies hoe so klein groepie mense (blanke bevolking) soveel paniek en kommer in die grootte gemeenskap kan veroorsaak. In plaas van spreek die… Lees meer »