Gryp van Zoeloegrond kan lei tot ’n tweede Shell House

Koning Goodwill Zwelithini. Foto: Reinhardt Hartzenberg/Wikimedia Commons.

Die Ingonyama-trust is in 1994 deur die provinsiale regering van KwaZulu-Natal in die lewe geroep met die doel om as rentmeester van die Zoeloes se grond in die provinsie op te tree en om om te sien na die welstand van die stamme en gemeenskappe wat dit bewoon. Die trust administreer 2,8 miljoen hektaar grond en die Zoeloekoning is te alle tye die enigste trustee. In dié stadium is dit koning Goodwill Zwelithini.

Die ANC en EFF se uitsprake oor die wysiging van artikel 25 en die moontlikheid dat dit tot onteiening sonder vergoeding sal lei, het ’n spesiale imbizo van tradisionele leiers in KwaZulu-Natal tot gevolg gehad. Tydens die imbizo het tradisionele leiers gesê dat hulle die howe sal nader vir uitsluitsel oor die regte wat die Zoeloekoning oor grond het. Dit is meer gematig as vorige uitsprake waar tradisionele leiers gesê het dat hulle bereid is om vir die grond te sterf.

Die spanning tussen die regering en die Zoeloe-bevolking is nou van só aard dat president Cyril Ramaphosa aangedui het dat hy en ’n hoëvlak afvaardiging graag met die koning wil vergader. Die koning se ongelukkigheid is heeltemal verstaanbaar. Alhoewel die ANC se verkiesingshoof, Fikile Mbalula gesê het dat daar nog nie ’n besluit geneem is oor hoe met die grond in die Ingonyama-trust gehandel sal word nie, het ’n paneel onder leiding van oudpresident Kgalema Motlanthe voorgestel dat die Wet op die Ingonyama-trust geskrap word en dat die grond aan munisipaliteite oorgedra word.

Die wyse waarop die Ingonyama-trust funksioneer en die sterk uitsprake wat gemaak word oor hoe daar te werk gegaan sal word om die grond te beskerm, is ’n aanduiding van hoe sterk tradisionalisme steeds onder die Zoeloes is. Die ANC se struggle-geskiedenis is nie sterk genoeg om te verseker dat die breë Zoeloe-gemeenskap die regerende party in hul poging om onteiening sonder vergoeding daar te stel, sal ondersteun nie.

Die ANC-euforie weeg ligter as Zoeloe-nasionalisme.

Op 28 Maart 1994 het lede van die Inkatha Vryheidsparty ’n optog na die ANC se hoofkantoor, Shell House, in Jeppestraat, Johannesburg gehou. Die ANC se sekuriteitswagte het op die IVP-lede losgebrand en 19 mense is doodgeskiet. Die IVP sê hulle wou met die optog hul ongelukkigheid betoon met die ANC se voorneme om die tradisionele gesag van die Zoeloe-gemeenskap te ondermyn.

Indien die regering die Ingonyama-trust se grond nasionaliseer sal die bloedbad van 1994 nie die laaste bloedige konflik tussen Zoeloes en die regering wees nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eish ·

Wat ons dus laat met die gevolgtrekking dat die rasbeheptheid in die grondgryp sentraal staan.
Of gaan hul die Vrystaat terugbesorg aan die Basotho, wat die oorspronklike eienaars was?
Die meerderheidregering se gevurkte tong gaan verseker n paar interressanthede oplewer.

Oorspronklike eienaars ·

Die oorspronklike grondeienaars van die vrystaat is eintlik die koisan, wie deur die basotho tot in die hoe berge van lesotho weggedryf is waar hulle toe uitgesterf het.

Jerry ·

Die hele kwessie handel oor grond wat onregmatig bekom is. Die argument is dat grond wat gedurende apartheid bekom was, was onregmatig bekom deur witmense, Zulus en die tradisionele leiers omrede dit sekere ander bevolkingsgroepe uitgesluit het. Onlangse uitsprake dui egter nou sterk daarop dat die Zulus en tradisionele leiers die grond wat hulle gekry het gaan hou, eerstens omrede dit die beloofde konflik tussen swart en swart ontlont en tweedens dat dit die onreg van apartheid teenoor hulle regstel en derdens dien dit as n versoeningsgebaar van CR en die ANC vir die 2019 verkiesing. Uiteindelik gaan die speletjie tot n einde kom met die meerderheid Suid Afrikaners wat ja stem om die grondwet te verander vir onteiening sonder vergoeding van die grond wat deur witmense besit word. Strategies maak dit sin omrede dit die swart teen swart scenario wegdraai na n wit teen swart scenario wat dan tot gevolg het dat witmense wat hulle wend tot konflik dan ongrondwetlik optree en vervolging in die gesig staar.

Paul ·

As dit dan nou so is dat grond gedurende apartheid onregmatig bekom is, waarom dan nie daardie grond identifiseer en DIT terug gee nie?

Theresa ·

Nog nie ‘n oomblik getwyfel dat geen korrel grond van enige koning of so geneem sal word nie. Dis tog regtig nie die doelwit nie. Baie bly dat hierdie koning wel duidelik gewys het hoe hy en sy gevolg voel.

Ners ·

Ag CR wil net vergader en vergader en doen niks nie. Ons is mos paddas volgens hom.

Rooikop ·

So eintlik met hierdie hele terugkrabbel sê Cyril wat hulle nou eintlik bedoel het – ons gaan net WIT MENSE se goed vat. (Natuurlik net vir hulleself en die armsaliges gaan maar net so arm bly)
Halala ewig is en bly hierdie maar afrika.

Blond ·

Ja nee Rooikop, hy wil mos white owned besighede ook wegvat. Hy moet maar kom, dan sit 143 ander kleuriges by my sonder werk.

dejaget ·

By Shellhouse het Nelson Mandela
beveel dat vreedsame Zulu betogers doodgeskiet word.Hy het dit op nasionale tv erken.Hy het ook nooit berou getoon nie.
19 Hector Petersons neergevel deur ń man wat as ń engel voorgehou is.Sy erkentenis het steeds nie verhoed dat hy president word nie!
Ek sien ook geen monument vir diegene daardie dag deur hom vermoor nie.

Jaer ·

Die wereld is mos blind vir al die moorde wat hy gepleeg het.

Ben ·

Nou wat moet die wereld doen, aan al die moorde die wereld het hulee eie probleme.

Jean ·

Die grond onteiening was nog altyd net op die blankes gemik!Die koningsgrond was net n rookskerm…Rassisties ne!

Frans C ·

Dit gaan oor grond in besit van Blankes en dan veral plaasgrond,want volgens ‘n berig in News 24:’Ramaphosa to Zwelithini: Black land not under threat’

liz ·

Dan dink ons die Zuma area was problimaties – die ergste kom nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.