Hoe jy grondgrype kan voorkom

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

Deur Ian Cameron

Dit is van kardinale belang dat alle grondeienaars en persone in beheer van grond moet weet wat hulle te doen staan in die geval van ’n grondbesetting. Hierdie dokument is ’n opsomming van die belangrikste voor­sorgmaatreëls en voorgestelde optrede. Weens komplekse wetgewing is dit belangrik om regsadvies by ’n praktiserende prokureur in te win sodra plakkers op grond begin woon. Om ’n praktiserende prokureur te gebruik wat nie in dié betrokke veld kundig is nie, sal nie wys wees nie. Die persoon moet oor die nodige ervaring en kundigheid beskik.

Individue het verskeie regte en middele om hul eiendomsreg te beskerm. In die praktyk raak dit egter moeiliker om as ’n individu al hierdie regte te gebruik. Hierdie dokument is dus geskryf vanuit ’n perspektief dat daar gesamentlike optrede deur individue binne die gemeenskap is, met ander woorde dat eiendomsreg beskerm kan word deur middel van ’n georganiseerde gemeenskapstruktuur. Praktiese riglyne oor hoe dit gedoen kan word, word in hierdie doku­ment uiteengesit.

Dit is makliker en goedkoper om grondbesetting te voorkom as om in uitgerekte regsgedinge vir uitsettings betrokke te raak. Die volgende kan help:

  1. Raak by jou plaaslike AfriForum-struktuur en/of veiligheidsmaatskappy betrokke.
  2. Wees paraat en bewus van alles wat op jou grond aangaan.
  3. Patrolleer die area en versoek die buurtwag of veiligheidsmaatskappy om vir nuwe of vreemde strukture uit te kyk.
  4. Indien daar wel werkers of besetters op jou grond woon, bekom soveel inligting as moontlik oor hulle (byvoor­beeld naamlyste en ID-afskrifte) sodat persone wat nie daar hoort nie maklik geïdentifiseer kan word.
  5. Pas streng toegangsbeheer toe. Moenie toelaat dat vreemdelinge jou grond as ’n deurpad gebruik nie.
  6. Dit is belangrik om ’n goeie verhouding met die plaaslike polisie te bou en skakel ook by jou plaaslike buurtwag­struktuur of gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in.
  7. Indien jy tydelik nie op die grond kan wees nie, reël alternatiewe toesig deur byvoorbeeld jou buurtwag of veiligheidsmaatskappy. Moenie verkondig dat jy vir ’n bepaalde tyd uitstedig gaan wees nie.
  8. Rekordhouding en die neem van foto’s van onbekende persone en voertuie in die omgewing is belangrik. Meld ook die datum, tyd en plek aan waar die persone of voertuie opgemerk is. Stel jou plaaslike buurtwag of veiligheidsmaatskappy in kennis.
  9. Dien klagtes i.t.v. die Wet op Betreding, 1959 (Wetno. 6 van 1959) by die polisie in teen alle onregmatige betreders.
  10. Maak seker dat jy ’n bewys van ontvangs met die beampte se rang, naam, van en magsnommer kry wanneer jy die verklaring indien.
  11. Skakel in by buurtwagte, plaaswagte en AfriForum-inisiatiewe vir veiligheid. Maak seker jy is betrokke by plaas­like veiligheidstrukture, ongeag die organisasie.

Onthou dat jou veiligheid altyd eerste kom. Jy moet konflik sover moontlik vermy. Indien jy bewus word van ’n grond­besetting, moet die SAPD, buurtwag, GPF en privaat sekuriteit dadelik in kennis gestel word. Kommunikasie moet verkieslik ook op skrif plaasvind, sodat feite nie later ontken kan word nie.

Kontak ook jou bure, enige bestaande veiligheidstrukture en AfriForum. Dit kan raadsaam wees om ’n hofinterdik te probeer verkry voordat die persone intrek. Sluit alle hekke op die perseel en neem foto’s van die slotte. Patrolleer die area en sluit alle hekke wat gesluit kan word.

  • Ian Cameron is hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

V ·

Ek het net ‘n vinnige vraag… Gaan die grondgrype slegs manifesteer as ‘n paar plakkers wat kom strukture op slaan? Of gaan dit ‘n kwaadwillige geweldadige verdrywing wees van die boere van hulle plaas af? Ek vermoed die laasgenoemde is die hartsmotief van die eff. Sal daar genoegsame tyd wees om al die bogemelde remedieë te implimenteer?

marous ·

Dit gaan gebeur , en heelwat ander verassings ook. Hofbevele en interdikte is minder werd as polonie op ‘n ashoop …

Johann Marx ·

In die ou Suid Afrika kon ‘n mens ‘n voordeur of ‘n plaashuis toe stap, klop en vriendelik ontvang word. Nou hardloop die kriminele buite rond, en die onskuldiges sluit hulleself aand vir aand in hulle eie geboude tronke toe…en is agterdogtig oor alles en almal. Is dit hoe dit bedoel was in 1990???

Stefaans ·

As ek al hierdie dinge moet doen – wanneer gaan ek tyd kry om te boer?

PLASIE ·

Jy gaan nie ‘n plaas he om op te boer as jy NIE die dinge doen nie. NATUURLIK verstaan ons jou frustrasie maar sit EERS die goed in plek om die plaas te BESKERM wat jy het anders boer jy nerens.

Anti-plakker ·

Gaan kyk by Welkom en Odendaalsrus hoe daar oornag plakkers hul erfpenne op oop ongedienste plaasgrond ingeslaan en sinkhuise opgerig het sonder dat die munisipaliteit enigiets doen. Selfs nie die polisie het ‘n vinger gelig oor hierdie grondbesetiing nie. Waarskynlik ‘n EFF-aksie.

Jerry ·

Stem saam. Wanneer vreemdelinge opgemerk word moet jy dadellik bel vir hulp en so vinnig en so ver as moontlik afstand tussen jouself en die vreemdelinge bewerkstellig, maar binne sigafstand sodat jy die persoon wat jy bel kan inlig tov die getal en geslagte, kleredrag, stokke of knopkieries of grawe of vurke of sinkplate wat hulle dra, vanuit watter rigting kom hulle en in watter rigting beweeg hulle. Indien hulle aanhou om in jou rigting te beweeg, hou aan om afstand tussen jouself en hulle te plaas totdat hulp opdaag. Moet nooit, maar nooit vreemdelinge, enkelinge of groepe konfronteer nie, laat die wetstoepassers dit doen. Moet ook nooit agter n vreemdeling aanhardloop wat weghardloop nie, gee net die inligting deur aan diegene wat jy bel om te kom help. Indien vreemdelinge na n plaasopstal beweeg waar gesinslede is moet hulle dadellik bel vir hulp en die opstal in die teenoorgestelde rigting verlaat en soveel moontlik afstand hou tussen hulle en die vreemdelinge. Boere en plaaswerkers moet geen vreemdelinge vertrou of konfronteer nie en sal dus hulle lewenswyse en boergewoontes drasties moet verander na n meer veiligheids en omgewingsbewuste lewenswyse sodat vreemdelinge hulle nie verras nie. Hierdie optredes geld vir dag en nag.

DHK ·

Ag nee wat, Jerry. Dan kan ons maar net sowel doodgaan. Iewers sal ons volk ‘n ruggraat moet ontwikkel, en baie vinnig ook…

Koos ·

Tree op teen Julius Malema en ek sluit by julle aan.Hy doen wat hy wil so wat sal al die voorsorgmaatreels help.

Boere Raad ·

Hou op stresss….die grondeienaars wat plase besit….As daar grondgrype kom .
Verbrand die plase en grooi damme toe met n :)

Psycho ·

Het reeds ‘n paar ton 5 jaar onkruid doder opgehoop. Hulle kan kom vat, maar vir 5 jaar gaan niemand ‘n mielie van my grond af oes nie. Nie ek nie en ook nie hulle nie…

Theresa ·

Wat van die neste wat opspring op sypaadjies in voorstede? Dis ‘n vieslikheid en versorgde voorstede lyk slorderig en breek mens se moed om daagliks te aanskou. Waar kan mens so iets aanmeld, aangesien die Metro nie self rondry en die aakligheid stop nie. Kamstige verwers en wat ookal wat sit – kort voor lank nog 5 en so groei die getal. Saans selfs vuurtjie en natuurlik die “do gooders” wat banke en tafels aanry sodat die grondgrypers bietjie gemakliker kan sit waar hul nie hoort nie!! Kan dit aangegee word iewers?

anti vergrype ·

Ek gaan my grond so onaantreklik maak dat niemand daar sal wil kom nie:
Grond sal brak le
geen water
huis afbrand en nie ‘n baksteen of enige-iets sal oorbly nie.
geen implimente
geen bruikbare grond nie – vir ‘n baie baie lang tyd
geen diere
niks – daar sal niks wees om te kan gebruik van enige-aard nie.
Geen bome
geen drade
geen krale
geen windpomp – want water sal nie gebruik kan word nie.
Geen damme ………………………… Niks…………………….

SA Hool ·

Niemand het meer tyd vir sulke snert nie. Beter om net te emigreer.

humor ·

Anti vergrype jy gee goeie rede tot grondgrype. As dit blyk dat jy nie produktief kan boer nie gaan jy afgesit word en iemand wat hulle meen wat kan boer opsit.

jaco ·

wat nie hierbo genoem word nie, is dat ‘n prokureur se hulp maklik R2000 PER UUR kan kos.

jaco ·

mense wat hier so dreig om alles af te breek voor hulle grond afgevat word, moet oppas: die Staat sal heel moontlik boere wat sulke goed aan hulle grond doen voor die nuwe staatsgoedgekeurde eienaars opdaag, beboet en selfs tronkstraf gee vir sulke skade wat aangerig is aan die grond, geboue ens.
Moet ook nie te veel bly wees oor n regsproses in die howe nie: in Zimbabwe is die regters wat grondbesettings en afvat van grond sonder vergoeding as ongrondwetlik beskou het, eenvoudig afgedank en met regters vervang wat konsekwent deur die bank altyd regeringsbeleid napraat en uitvoer. Dieselfde kan baie maklik ook in SA gebeur. ‘n Swart regter wat teen die beoogde nuwe grondhervorming is, sal vinnig sy werk kwyt wees en gebrandmerk word as ‘n “puppet” van wit mense en apartheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.