Hoe lank gaan die doofheid aanhou?

luister-beeld

Foto: Couleur/Pixabay.com

Deur TLU SA

Daar is ’n Nederlandse spreekwoord wat sê dat iemand Oos-Indies doof is. Dit is wanneer iemand net wil hoor wat hy wil, en doelbewus nie wil hoor by sekere geleenthede nie.

Dit is presies waarmee Suid-Afrika tans te kampe het onder die ANC-bewind. Selfs die verandering van staatshoof van Jacob Zuma na Cyril Ramaphosa, het niks wesentlik laat verander nie.

Die Internasionale Monetêre Fonds het so pas ’n voorstel gemaak dat daar ’n plafon op staatskuld geplaas moet word. Hulle sê dus in ekonomies-diplomatieke taal dat die ANC-regering spandabel is en sy finansies in chaos is. Dit is ook duidelik sigbaar by die staatsbeheerde instellings soos Eskom, SAL, Transnet en andere, en wat klokslag deur internasionale instellings afgegradeer word.

’n Ander baie stil, maar duidelike boodskap uit die finansiële wêreld kan gehoor word in die waarde van die rand. Die geldeenheid het die afgelope tyd tot ’n ses maande laagtepunt gedaal, wat laer is as tydens die hoogtepunt van die Zuma-krisis net voordat hy afgedank is. Ook die aandelebeurs toon skielik groot verliese, en die twee faktore verhoog net die ekonomiese onsekerheid. Die waarde van ’n land se geldeenheid word gesien as die vertroue wat die wêreld in so ’n land het. Duidelik is die vertroue in Suid-Afrika besig om te daal, ten spyte van die sogenaamde kapitalis, Cyril Ramaphosa.

Onderliggend kom die boodskap ook deur dat die wêreld en beleggers bekommerd is oor beleidsonsekerheid, oor veral landbou en mynbou.  Die Mynbouhandves was reeds sodanig in omstredenheid gedompel, dat dit terug verwys moes word, maar die nuwe poging het nie veel meer vertroue ingeboesem as die ou een nie.

Dieselfde geld met landbou. Skaars het die direkteur-generaal van landbou op ’n beraad oor plaasveiligheid en veediefstal die versekering gegee dat hy wit en swart boere sal beskerm, en dat geen produktiewe plaas gevat sal word nie, of hy word onseremonieel deur sy politieke baas, die minister, verwyder. Daarmee stuur die regering weer ’n ander boodskap uit, naamlik dat hulle geen boer gaan beskerm nie en dat hulle inderdaad produktiewe landbougrond gaan vat.

Tans is daar die openbare verhore om artikel 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dit is interessant dat hulle hul eie proses omgekeer het. Daar was beplan dat die verhore eers sou plaasvind, waarna die finale voorleggings sou sluit. Nou is die voorleggingstydperk reeds afgesluit, en die openbare verhore het die laaste sê – die stem van die massas wat jillend en emosioneel beweer dat boere die grond gesteel het.

Die regering bly Oos-Indies doof vir die stem van redelikheid; die stem van ekonomiese groei; die stem van die vrye mark; die stem van welvaart vir al die mense van ’n land, en hy gaan voort op pad na sosialisme en kommunisme.

Hoe lank gaan dit nog aanhou, en hoe lank gaan ons as Afrikaners nog daarbinne kan volhou en ons onsself terg en sus dat dit nie sover sal kom nie?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thinus Erasmus ·

TLU ek salueer julle, maar hou op om saam met die res te talm en kyk wat doen die regering!
Begin ‘n AKSIE, nie in die parlement, nie in die howe, nie internasionaal nie, HIER plaaslik – op die grond, oor die grond en oor ons toekoms!
HOU JULLE EIE GRONDBERAAD en besluit saam met die GRONDEIENAARS wat gaan jul DOEN, ons ander sal saam met julle staan, ASSEBLIEF!!!!

Eish ·

Dit is voorwaar goeie nuus om die kaalvuiswaarheid vanuit die geledere van n landbouorganisasie te hoor.
Ek dink Thinus Erasmus se kommentaar beantwoord die vraag ondubbelsinnig.
Dit is egter n feit dat n onderhandelingstafel die uiteinde van enige aksie gaan wees. Indien jy niks tafeltoe bring nie, kan jy nie onderhandel nie.
Daarom is buitelandse aktivisme ook broodnodig.
Die huidige kankerbestuur en die gepaardgaande verrotting is terminaal.
Johannes 13:27 (b)
En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
Ek dink tog ons kuier aan die Suidelike punt van Afrika kom vinnig tot n einde.

Hendrik ·

Hoe klink die toekomstige verkiesing geboikot word om die regering na die onderhandelingstafel te dwing. Daar moet raswetgewing soos BEE, “affirmative action”, kwotas , grondkwessie ens. bespreek word.

Kleintjie ·

Dit sal niks help om verkiesing te boikot nie, ons gaan net onsself in die voet skiet as ons enige verkiesing boikot.

Hendrik ·

Vir groot probleme is daar groot stappe nodig om die regering na die onderhandelingstafel te dwing. Onthou dat S.A demokrasie is nie meer ‘n demokrasie as almal nie deelneem nie entans is daar geen demokrasie vir minderhede nie. Die Afrikaner is skaar 2% van die stembevolking en indien die Ramapohza of EFF dit regkry om die 3 miljoen swart stemme wat die vorige verkiesing nie gestem het nie te mobiliseer om te stem gaan daar ons regtig geen verteenwoordiging op enige raad het nie. Hierdie is protes (sonder brand, skiet, of bom vernietiging) waar almal in die land en die wereld notisie neem oor die werklike stand van diskrimenasie teenoor minderhede.

Grond self onteien ·

Thinus se voorstel klinbk goed. Wat van as boere self hul grond ‘onteien’ of sekondeer vir ‘n onafhanklike staat wat die boere dan sal beskerm, sal dit wel wettig kan plaasvind onder plaaslike en globale wette? Dit is tog ‘n beter alternatief as om als onder kommunisme te verloor.

Vegter ·

Google asb
United southern african federation
Vir eie staat

JC ·

Baie dankie Vegter:)

Jy moet egter eerder se: DuckDuckGo dit, nie “gulag” dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.