Hoe naïef wil mense wees?

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Deur TLU SA

Die ANC het van die begin van die jaar af dit duidelik gestel dat hy sy planne vir ʼn radikale, selfs revolusionêre, ekonomiese transformasie in werking gaan stel.

Nie net pres. Jacob Zuma het daarvan melding gemaak nie, maar ook die minister van grondhervorming en die adjunkminister van die staatsdiens het tydens amptelike toesprake namens die ANC daarna verwys dat wetgewing, wat die Grondwet kan insluit, aangepas moet word deur hulle ANC-meerderheid te gebruik om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Gerusstellende praatjies dat die ANC geen tweederde meerderheid het om die Grondwet te verander nie, moet helaas verwerp word. As dit oor grond gaan, sal die ANC die steun van die EFF kry, terwyl dit nie seker is dat die IVP en van die ander partye hierdie grondwetlike verandering sal teenstaan nie.

Ook in minister Pravin Gordhan se begrotingsrede het hy die klimaat geskep vir die radikale ekonomiese transformasie, wat op niks anders neerkom as dat die sogenaamde voorheen bevoordeelde wit mense van apartheid nou moet begin bloei ten gunste van die sogenaamde agtergeblewenes, wat in meer as 20 jaar en met behulp van wetgewing tot hulle voordeel, nog nie noemenswaardig kon vorder nie.

Die ANC is dus vasbeslote om radikale verandering deur te voer, wat waarskynlik hoofsaaklik sal geskied ten koste van wit mense.

Wat egter verstommend is, is die feit dat soveel mense gewoon nie wil glo dat die ANC gaan doen wat hulle sê nie. Twee onlangse meningsopnames op die webblad van Landbou.com bewys dit. In twee min of meer gelyksoortige vrae, waarvan die laaste lui: Het die regering erns met die implementering van “radikale sosio-ekonomiese transformasie”? het respondente byna dieselfde oorweldigende mening van tussen 70 en 80% gehuldig dat die regering dit nie kan, wil of sal doen nie.

Die geskiedenis tot dusver het al geleer dat die ANC alles doen wat hy aanvanklik in sy Vryheidsmanifes van 1953 gestel het. Hy hoef dit nie vandag of môre te doen nie. Volgende week of volgende jaar is ook goed, want die ANC het die tydsfaktor aan sy kant.

Daarbenewens het die regering reeds begin om boere wat wil uitvoer, se aansoeke om uitvoerpermitte te koppel aan die mate waarin hulle hulleself af verkoop het aan swart ekonomiese bemagtiging. As ʼn boer nie ge-“BEE” is nie, sal hy nie kan uitvoer nie. Net so sal boere sonder ʼn SEB-gradering nie weer in aanmerking kan kom vir ʼn waterregistrasie nie. Die regering begin dus om sy beleid van diskriminasie te ondersteun deur afpersing ten opsigte van noodsaaklikhede vir boere. Wat die stomme regering egter nie besef nie, is dat die land skade ly as daar geen buitelandse valuta verdien word nie as gevolg van te min uitvoere, en nie net die betrokke boer nie. Hoe kort moet kortsigtigheid nie nog word nie?

Daar kan aanvaar word dat die ANC al sy beleidsdokumente en -uitsprake gaan nakom. Daarom is dit so eenvoudig dom om enigsins daarby betrokke te raak, of dit te ondersteun, al is dit gekwalifiseerd. Die ANC-bewind het al oor twee dekades geleer om mense en instansies in te suig in sy denke sodra daar ʼn beginselondersteuning is.

Ons moet wakker word, en vinnig ook, en ons eie agenda begin bepaal in plaas daarvan om die ANC se agenda reaksionêr te volg.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Boerseun ·

Hulle nationaliseer water nou moet ek elke klomp jaar iets gee. In teendeel praat section 27 van profit share and ownership onder andere so glo gaan vereiste vir water gebruik in toekoms word. Als het gebeur onder almal se neuse sonder n piep. Maar dis ok afriforum het n plan

Boerseun ·

Wat my ook pla is dat n kloeg bakleiery kry meer aandag as die kwessie

Jane ·

Ja ai, ek dink ons almal leef nog in ontkenning. Almal wat gesien het hoe word dit in Zimbabwe gedoen, dink omdat hulle DA gestem het gaan hulle eiendom beskerm word. Zuma namens die ANC , die EFF en Black Land Back en ander groepe beywer hulle al lankal vir die oorneem van plase sonder vergoeding. Tog wil ons blankes glo daar is nog goed in almal. Tog wil die blankes glo dat die Regering gaan omgee oor KOS produsering en buitelandse valuta en watervoorsiening. Hulle gee NIKS daarvoor om nie, hulle sal alles vat, en van voedselhulp later afhanklik wees, solank hulle net die crowd wat hulle nou begin druk vir leë beloftes kan gelukkig hou, want dit is waar die gevaar nou is. Ons sit en wag vir die ANC om te val, nes die ANC grond en besighede begin gryp, so gou gaan die EFF en ander partye hulleself weer by die ANC skaar. Ons (boere) fight alleen.

Jaco ·

Met als wat gese word en gesien word, wat moet ons as jong boere dan doen?

Boerseun ·

Vat soveel finansies bekostigbaar op jou onderneming, en koop USD. Hersien elke jaar en bly op maksimum. As hulle dit vat dan is dit die bank se probleem. Ons is welkom in ander plekke waar grond goedkoop te huur is.Dink nie grond is bekostigbaar in aus nie

Enki Yahshuah ·

Ek weet dit is moeilik om te glo maar daar kom n tyd wat julle moet besef dit is al wat oor is. Kyk verby wie ons se ons is en sien die boodskap. Ons offer die enigste oplossing wat daar is en julle almal ken dit alreeds. Ons is besig met n hofsaak spesifiek oor die konstitusie. Saamstaan gaan nie werk as daar nie iewers lyding geneem word met n doelgerigte plan. Ons baklei teen die korporasie wet stelsel want dit is nie God se wette nie. Ons behoort nie aan korporasie nie. Ons behoort aan God. Ons soek ons eie legislasie. Enige hulp sal waardeer word.

Joh. 3:16 ·

Hhhhhh… ‘n Valse godsdiens se belaglikheid word duidelik wanneer die beoefenaar daarvan begin glo die realiteit van die lewe raak hom nie, net omdat hy so “bevoreg” is om te glo wat hy glo…

Ha-Ha ·

Voor 94 het die buiteland sanksies teen ons ingestel.
Nou stel ons eie regering sanksies teen ons in.
Ons was lekker stupid, nê!

Johan II ·

Ons was veraai, maar dis nou geskiedenis…ons moet nou nuwe planne maak. Dit sal tog lekker wees om n skult erkenning te kry van ons veraiers…net so bietjie verandwoording…maar dit gaan nie kom nie, so ons moet maar net aanhou veg v ons plek, soos nog altyd!

JoeV ·

Kan blankes nie al op asiel in die buiteland aanspraak maak nie? Wat moet ‘n regering doen voor die wereld erken ‘n mens het gedeeltelike reg as gevolg van ras in jou eie land? Onder apartheid kon swart persone op asiel aanspraak maak oor hulle onder-druk was.

Jean ·

Baie goeie vraag JoeV. AGV apartheid het baie swartmense OORSEE gaan bly en studeer, die ou EXILES soos hulle hulleself genoem het (wat ook ‘n sekere status aan hulle verleen het) BEE en swart bemagtiging en kwotas is niks anders as apartheid nie, en die President en Malema se aanhitsing tot geweld en grondroof bedreig tog die blankes DIREK, hoekom kan ons nie ook as ‘exiles’ in ‘n ander land gaan bly nie? Ek sal vandag gaan as ek daardie status kan kry. Dis nie asof hulle soos wanneer ons die land wil verlaat miljoene in ‘n ander land hoef te belê of ‘n vreeslike gesogte beroep gehad het nie. Gewone (ongeleerde) ouens is oor en het met doktorale teruggekom. Ek sal net nie terugkom nie, ek wil net GRAAG bly waar ek veilig voel en waar die President en Ministers wie se salarisse deur MY belastinggeld betaal word MY NIE DREIG met die dood omdat ek WIT IS NIE!

Johann ·

Dit is hoogtyd dat die kind by sy naam genoem word. Die media en koerante het ook al vir te lank regdenkendes en die waarpraters wat diesulke planne van die ANC en hul meelopers uitwys, daarteen bewusmaak en optrede voorstaan, se skrywes nie geplaas nie, of gesensor, daardie stemme stil gemaak, party in die media doen dit nog steeds. Kyk maar hoe word die kommentare onderaan skrywes gesensor, en dan praat ek nie van haatspraak nie, maar omdat hulle nie terwille is nie. Ons moet tog net nie die ANC, of swart mense kwaad maak nie, ons moet in ‘n hoekie gaan sit en stilbly. Kyk waar het dit ons gebring, nou is ons waar ons is.

John ·

Die grondwet keer grondvergrype, maar keer dit dit in praktyk? Nee. Wit boere word op allerlei wyses emosioneel/finansieel uitgeput deur die grypers se base. Ongelukkig praat boere mekaar ook moedeloos. Die idee is om die regering voor die oe van die buiteland so vroom as moontlik te hou sodat hulp steeds instroom want die wit boere is glo mos die eintlike grypers. Die ou leuen oor die ware eienaars van Afrika word oor en oor gespeel en telkens is daar buitelandse helpers wat kom skep met ‘n sakkie geld in die ander hand. Mens wonder net hoekom ‘Afrika’ ook in die buiteland eiendom wil besit as hul aanspraak maak op die’ kontinent. Dalk moet die Afrikane ook probeer om die Egiptenare en die Arabiere uit hul grondgebiede te druk… Dit behoort interessant te verloop.

Petro ·

Vir die eerste keer praat iemand sin. Hopelik skrik ons mense so bietjie wakker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.