Hoe ver gaan Trump verloor?

donald-trump-vs-hillary-clinton

Foto: Youtube.com

Vroeg Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd het wat sommige politieke ontleders as die vuilste politieke debat in die geskiedenis van Amerikaanse presidentsverkiesings beskryf, tussen Donald Trump en Hillary Clinton plaasgevind. Met die vuil wasgoedwater van albei kandidate wat reeds in die strate van elke Amerikaanse dorp en stad afloop en dreig om elke Amerikaanse huis binne te dring en te verswelg, kon ’n mens seker nie verwag het dat ’n ordentlike debat oor beleidsake sou plaasvind nie.

Die gebeure van die afgelope week het die perfekte klimaat vir ’n moddergeveg tussen twee ongeskikte, maar erger nog, onbekwame kandidate geskep. Die realiteit is egter dat Demokrate verenig staan agter Hillary Clinton en dat die Republikeinse Party en sy vernaamste lede soos verkose senatore en goewerneurs byna almal die afgelope paar dae hul rug op Trump gedraai het. Trump se beter as verwagte vertoning in die debat is te min te laat en sal ’n baie beperkte bydrae tot sy herstelpoging lewer.

Die uitslag van die verkiesing kan nie meer ’n verrassing wees nie. Hillary Clinton is die volgende president van die VSA, terwyl ’n meerderheid van Amerikaners gril as hulle aan die idee van ʼn tweede pres. Clinton dink. Erger egter is die idee van Trump as president, wat op ’n video uit 2005 wat verlede Vrydag skielik deur twee groot nuusbronne in die VSA bekend gestel is, seksuele teistering goedpraat.

Terwyl Trump se onaanvaarbare opmerkings uit 2005 sy veldtog finaal gekelder het, het ’n hele boel nuwe Clinton-bagasie ook vorendag gekom. Wikileaks het die teks van die 92 toesprake wat Clinton tussen 2013 en 2015 teen ’n koste van byna 22 miljoen dollar by groot maatskappye op Wall Street gelewer het, bekend gemaak. In hierdie toesprake maak sy verdoemende opmerkings oor haar voorkeur vir oop grense, die feit dat sy oor verskeie kwessies aparte persoonlike en openbare standpunte, wat van mekaar verskil, het en dat sy ten gunste van vryhandelsooreenkomste, wat groot multinasionale maatskappye bevoordeel, is.

Voeg hierdie onthulling by Clinton se bestaande probleme soos haar onwettige gebruik van ’n private e-posbediener en haar swak hantering van die veiligheidsituasie by die Amerikaanse ambassade in Libië ’n paar jaar gelede as minister van buitelandse sake en dan behoort sy eintlik in diep moeilikheid te wees.

Clinton is egter die gemaklike voorloper in die stryd om die presidentskap. Sy het die eerste sowel as die tweede debatte gewen, sy het sakke vol geld en die Demokrate het agter haar verenig en die media steun haar byna ten volle. Wat Clinton egter die meeste help, is dat baie Republikeine spyt is oor hul keuse om Trump as kandidaat aan te wys, dat verskeie hooggeplaaste partylede hul steun reeds onttrek het en die heel belangrikste, die feit dat Trump eintlik ’n vrot kandidaat is. Sy kennis van belangrike politieke kwessies is uiters beperk, sy vermoë om by sy standpunt te hou is bykans heeltemal afwesig en sy humeur, swak taalgebruik, onsamehangende argumente en hope bagasie uit die verlede wat om een of ander rede meestal met onwelvoeglike opmerkings oor vroue te make het, skep die perfekte geleentheid vir ’n swak kandidaat soos Hillary Clinton om die verkiesing te wen.

Die enigste manier hoe Republikeine nog op 8 November kan wen is indien Trump sou onttrek. Sy adjunk-kandidaat, Mike Pence, is ’n eerbare, bekwame politikus en behoort eintlik vir Clinton maklik ore te kan aansit. Dat Trump sal onttrek is egter onwaarskynlik: Hy hou net te veel van homself om te erken dat die skrif aan die muur is. Al vraag wat dus nog beantwoord moet word, is: Hoe ver gaan Trump verloor? Want dit gaan veel eerder Trump wees wat gaan verloor as Clinton wees wat gaan wen. My voorspelling is: Clinton 49%, Trump 41%, Johnson 6%, Stein 2% en ander kandidate 2%.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Spioen ·

Wow… Jy kan nie op polls staatmaak nie. Kyk wat het gebeur met brexit. Wag maar vir die 8ste November dan praat jy! Hillary gaan die grootste gemors maak wat ons nog ooit gesien het!

Christi ·

Stem saam, gelukkig het ons almal ons eie mening. Want die skrywer sin is baie eensydig.

Skieter ·

As daardie vrou Amerika oorvat gaan die wereld swaarkry. Duer haar aksies, direk of indirek, is so baie mense all dood dis nie snaaks nie. ISIS het ontstaan en vele ander dinge. Ons is nie Amerikaans nie, maar hulle gemors idees kom altyd hierne toe soos wat ons Kan sien met die optogte, “white privilege”ens. Besides, as jy staat maak op wat die media sê dan sal jy dink Trump is baie sleg, maar gaan kyk self na wat hy sê, en dink oor dit, dan maak jy sin.

Oupa ·

Hoe ver Trump gaan verloor? Dit hang af hoe goed die propaganda-masjiene teen hom gaan werk: lees gerus die jongste Eposse van Hillary, wat deur Wikileaks gepubliseer is. Dit het goed gewerk om van Sanders ontslae te raak!

Karma ·

Daar word nie verniet gesê dat as Amerika hoes, het die hele wêreld verkoue nie!!! Maar ek dink dat Hillay Clinton – wel, hemel selfs Donald Trump – stukke beter is as die idiotiese “Nummawan” van Suid-Afrika!

Paul ·

Voor die Brexit-referendum het die “polls” (peilings) aangedui dat 48% van mense in die EU wou bly, en 46% die EU wou verlaat, met 6% onseker.
Dit was slegs ‘n “2-point advantage”.

Op die oomblik het Clinton ‘n ongeveer “6-points” voorsprong bo Trump. Sy staan op 45%, hy op 39% met Johnson en Stein op sowat 6% en 2% onderskeidelik, met nog 8% wat onseker is. Dis ‘n baie groter voorsprong as wat “Bremain” gehad het met 2%.

Enigiets kan wel nog gebeur, maar die mees waarskynlike uitkoms op die oomblik is ‘n Clinton-oorwinning. Veral as jy in gedagte hou dat die totale getal stemme wat ‘n kandidaat in die VSA kry, nie saak maak nie. Dis die verspreiding van stemme per staat wat saak maak – ‘n kandidaat moet minstens 270 van die stemme in die “Electoral College” van die deelstate kry om te wen. Op die oomblik is Clinton verseker van ongeveer 185 daarvan, met nog omtrent 77 wat sy waarskynlik sal kry – byna die volle 270 reeds. Dit terwyl Trump slegs op sowat 90 kan staatmaak met ‘n verdere 36 wat hy waarskynlik sal kry. Hy moet dus byna al die “swing states” wen, terwyl Clinton slegs een of twee “swing states” hoef te wen.

Kobus ·

My opinie is dat Trump gaan wen. Wen Hillary het ons WWIII, wen Trump sink die zionistiese bankiers se skip. Met Putin, Trump en China teen hul is die NWO droom geskiedenis en sal die EU ‘n vinnige en welkome dood sterf.

Johan 2 ·

Mooi opgesom kobus…ek dink die onlangse rekord militêre skenking aan die Sioniste wys hoe bang is hul trump gaan wen.

Johan 2 ·

Mooi opgesom kobus… Putin is nie die aggressor nie, net mooi die teendeel is waar… die massa militêre skenken aan die Sioniste bewys hoe bang is hul dat Trump gaan wen.

Johan 2 ·

Mooi opgesomkobus…die onlangse rekord militêre skenking aan die Sioniste wys hoe bang is hul dat Trump gaan wen en n stokkie voor die oorlog winde in die midde ooste gaan steek….Mr. Putin is in elk geval nie die aggressor nie.

Malva ·

Indien Amerika venynige Hillary kies sal hulle die prys betaal.

Lindie ·

Melo
Ek stem saam met jou! Trump het geen werkbare planne nie? Wel, in 30 jaar het Hillary nie ‘n aks verskil gemaak behalwe aan haar EIE sak nie!!! Clinton Foundation het miljoene ingesamel vir Haiti….ek het begrip hoekom die Haitians vodoo poppies van Hillary verkoop, spelde ingesluit!!!!

DewaldS ·

Hahaha!

Kyk – uit ‘n buikspreker-pop se mond kan tog niks anders kom as uit die buikspreker se maag nie?

James Kemp ·

Jasper, indien iemand beide Fox en CNN kyk het hulle `n goeie balans gegewe die feit dat die een pro-Republikein is en die ander pro-Demokraat. Ek reken die skrywer se voorspelling is baie akkuraat.

Marie Salzwedel ·

Nee asseblief!!!! Bly weg uo Afrika ons het genoeg rassiste hier!!!!

Marie Salzwedel ·

NEE… ASSEBLIEF BLY WEG UIT AFRIKA ONS HET GENOEG RASSISTE HIER!!!

Johan ·

Lees onlangs dat Trump se grootste skande is dat hy nie “dink voor hy praat” nie en te reguit is. Hillary (en Bill) se skandes strek van selfverryking uit diplomatiese transaksies tot die uitbuiting van die mense van Haïti in hul tyd van nood (sy en Bill sou help, toe open hulle ‘n goudmyn in die naam van ‘n kontak). Ek verkies die persoon wat reguit is, al maak hulle eerlikheid sekere mense se gevoelens seer (shame).

Victor ·

Nee, dis nie sy grootste skande nie. Groter is dit is sy belastingontduiking en sy seksuele teistering van getroude vrouens, sy onetiese besigheids praktyke en die feit dat hy geensinds die kennis het om die VSA te lei nie

Skatymir ·

We are programmed to choose sides but we don’t have to. It is a case of Clinton you loose, Trump you loose. The money masters control both sides.

Victor ·

Trump is ‘n loose cannon, as hy wen hoef wêreldoorlog 3 nie te gebeur nie, hy sal vir Putin sommer met ope arms verwelkom en oorgee

Victor ·

Wat het Trump met FW de Klerk te doen?

Watter alternatiewe was daar gewees? Om ‘n klein geisoleerde nasie te word soos Noord Korea met die hele wereld teen ons oor ons dink ‘n wit vel is beter as ‘n swart vel?

Johan 2 ·

Mooi opgesom kobus…ek dink die onlangse rekord militêre skenking aan die Sioniste wys hoe bang is hul trump gaan wen.

Tinus ·

Sal Trump verkies vir SA. Enige iemand is beter as die afgelope 40 jaar+ se Presidente

Tinus ·

Sal Trump eerder aanvaar as die Laaste 40 jaar se Presidente in SA

Isabel ·

Moenie in Trump (eish!) vaskyk nie, kyk na die waardes en beleid waarvoor die Republikeine staan. Pro-lewe, gpdsdiensvryheid ens. terwyl Hillary Clinten se party die hekke oopgooi en als wat on-Bybels is, inlaat wat defnitief nie seen op Amerika sal bring nie. Godsdiensvryheid het onder Obama reeds kwaai knoue gekry. Hillary sal dit verder knou.

Victor ·

Amerika se “founding fathers” het ‘n sekulere staat geskep, nie ‘n theocracy nie. Godsdiens en die staat moet apart staan

GATIEP ·

Liberales hier het SA verwoes..Liberales in VSA gaan ook hulle land verwoes , dis reeds oppad

Liberales in Europa het reeds meeste van Europa verwoes ( rede vir BREXiT)

Trump is die enigste kans wat die VSA nog het…

Louisa ·

Ek dink nie Trump moet so vinnig al afgeskryf word nie. Met al die nuwe inligting oor Clinton wat met die pers gekonkel het om haar in ‘n goeie lig te stel teenoor Trump, kan dit net dalk die verskil maak met mense wat op die draad sit. Sy is nie baie gewild onder die kiesers nie en in die laaste tyd het daar heelwat inligting uitgelek wat daarop dui dat sy nie die man en vrou in die straat se belange op die hart dra nie. Die volgende vier weke gaan nog baie interessant wees.

Janine N ·

Jinne, dit klink asof die skrywer sommer klaar Amerika se nuwe president gekies het…hehehe. Ek hoop en bid vir Amerika se part, Trump wen. Wat betref die video; dooie koeie. Genade, dis 11 jaar oud!

Knikkebollen ·

Duidelik blyk dit dat die skrywer van hierdie artikel sy ‘inligting’ slegs put uit die (eensydige) hoofstroom media in die VSA en dit net so herhaal. In die woorde van Dinesh D’Souza: ‘Trump is miskien onsensitief, maar hy is nie ‘n kwezelaar (bigot) nie- en daar is ‘n groot verskil tussen die twee’ . Die vraag is of die Establishment sal toelaat dat ‘n ander kandidaat as die krimineel Clinton, aan bewind sal kom?

gatiep ·

Die skrywer het n helse hoop dat daai vrou gaan inkom. Lyk of hy vir die clinton netwerk werk. CNN.
Trump vir presedent

Leopold Scholtz ·

Beste Johan, ek het die moeite gedoen om na die skakel wat jy noem te gaan kyk. Dit spyt my, maar in die e-pos wat hulle gekopieer het, staan nie naastenby wat jy en daardie webwerf beweer nie. Bowendien is dit net een bladsy van ‘n e-pos wat klaarblyklik veel langer is. Van wie kom die e-pos en aan wie is dit gerig? Wat is die datum? En jy beweer op grond daarvan dat die media “korrup” is? Leef ons op dieselfde aarde? Ekskuus, my vriend, as jy reg is, is ek seker van my sinne beroof. Met alle verskuldigde respek en eerbied.

Nico K ·

Ek kan nie glo so baie mense staan agter Trump nie. Die ou het geen morele waardes nie. As dit die algemene gevoel onder Afrikaners is, besef ek hoekom dit so sleg gaan met die Afrikaner. (Gelukkig glo ek dat die menings hier maar ‘n baie klein persentasie misleide Afrikaners is.)

Chris ·

As jy dink Trump het geen morele waardes sal ek graag wil hoor wat se jy van die Clintons, hulle het nog 1000 keer minder waardes. Ek dink met n leier soos Trump sou dit beter gegaan het met Afrikaners. Dink ook jy kyk te veel Clinton News Network

Victor ·

Presies… ek verstaan dit ook nie. Ek vermoed dis bloot ‘n “knee-jerk” reaksie teen Hillary, wat liberaal is. Ek hou ook nie van Hillary nie, maar Trump het werklik geen waardes nie.

Hier is soveel vrouens wat om op die blad ondersteun, wat dink hulle van sy onlangse skandes wat hy die getroude vrou wou bykom?

Lindie ·

Sjoe, manne, Hillary was reeds 30 jaar in die politiek, wat het sy vir die Amerikaners gedoen? Trump is ‘n besigheidsman. As ons na Karakter kyk, het Hillary reeds alle punte tot moraliteit verloor, die 12 jarige kind wat verkrag is, danksy haar onder duimsheid is die verkragter met ‘n lagwekkende ligte straf vrygelaat. Hillary daarenteen lag daaroor, sy het indirek vir Kathy die skuld gegee vir haar verkragting! Sy was ‘n week in ‘n koma en kan vandag nie kinders hê nie! Bill se vergrype? Sy het haar man se slagoffers gedreig en geteister. Sal ek aangaan? Clinton Foundation se korrupsie, haar vriende wat betaal het vir regering gunste dan nog 33 000 eposse wat uitgewis en ge bleik was is? Sy kan haar sterre dank sy sit nie id tronk nie. Orange is the new back het dalk ‘n storie lyn of twee in Hillary en Bill Clinton…..

Frans C ·

‘n Slapgat liberale regering het daartoe gelei dat lande nie meer vir vir Amerika se militêre mag skrik nie.Poetin vee sy agterent aan Amerikaanse onderhandelinge af en gebruik sy wapentuig om ‘n diktator aan bewind te hou en ‘n stad en ‘n bevolking te verwoes.

Waar is die dae toe Rusland hul skepe stert tussen die bene laat omdraai het huistoe,toe Amerika sy tande wys.Sonder ‘n sterk Amerika beteken die Westerse blok niks en blaf soos ‘n hondjie terwyl Rusland onrus op sy grense stook, van sy wapens ‘n siviele vliegtuig
afskiet.En die skrywer wil steeds nog ‘n liberaal President maak.

gatiep ·

Ja Frans C Rusland soek moeilikheid met die USA op sy grense. Klink nie vir my reg nie ou maat.Rusland val Ukrainia aan en Ukrainia se mense vlug na Rusland dit klink ook seker reg vir jou reg ne.
Moenie gek van jou self maak nie gaan doen eers goeie naforsing asb en jy sal verbaas wees.
En ja jy is reg Rusland is n land wat sy man gaan staan teen die US. So jy beter maar hoop jou ou anti kom nie in nie want ek weet dan nie of daar nog n US oor gaan wees nie. Sy soek n oorlog met Rusland.

Frans C ·

Ai gatiep – my navorsing met ‘n (v) wys daarop dat boelies net skrik vir iets wat groter en sterker as die boelie self is. Die wêreld het magteloos toegekyk hoe Poetin ‘Crimea’ annekseer en het verder hande gevou gestaan toe sy wapentuig ‘n siviele vliegtuig neerskiet en videomateriaal bewys hoe dit minus een missiel oor die grens terug in Rusland inbeweeg.

Intussen staan die wêreld magteloos en toekyk hoe Russiese wapentuig ‘n stad in puin lê
en Rusland nog rustig ‘n vliegdekskip ontplooi met nog meer wapentuig.Nou praat jy nog
nonsens ook, die liberales is sover van oorlog af soos die ooste verwyder is van die weste.

As jy iets geweet het sal die geskiedenis jou leer dat die liberales as hul aan bewind kom van al die ‘hawks’ ontslae raak soos De Klerk van al die generaals wat hom teen gestaan
het ontslae geraak het.Bly tog maar net gatiep -want as jy ‘iep’ verloor soos jy nou gedoen het, weet jy wat van jou oorbly.

gatiep ·

Frans C waar kry jy jou bewyse dat Rusland daai vliegtuig neergeskiet het?
Die ondersoek is nog nie eens klaar afgehandel nie.
Die fliegtuig het nog nie eens koud geword nie toe se CNN al klaar dis Rusland.
Wys vir my waar Rusland inmeng in ander lande en ek wys jou dat die USA oorals inmeng.Loop maar die bree teer pad en sal maar die kronkel paadjie vat vol klippe.

Frans C ·

Gatiep die ondersoek is afgehandel.Google dit gerus. Ongelukkig kan ‘n mens nie spoeg en plak hier anders het ek vir jou stringe skakels gespoeg en geplak.Dit het niks met inmenging te doen nie, maar wel met Rusland se optrede wat daarop gemik is om die aansien wat dit verloor het te herstel, veral in die state wat onafhankelik na die verbrokkeling geword het, ongeag hoe die weste daaroor voel.

Victor ·

Julle het gesien die skrywer is van die Orania beweging? So voor julle hom so uithaal as ‘n liberalis onthou dit.

Verder, so min soos ek saamstem met Orania, die ou praat sin. Ek sien geen goeie argumente hier tot die teendeel in die kommentaar nie

Kasper ·

Is ek die enigste een wat die situasie met The Hunger Games (boek) vergelyk. Proppeganda word lings en regs gegooi tussen die partye om mekaar sleg te laat lyk. So ver geniet ek die ‘Hollywood’ storie en ek gaan glad nie kla as die doller val nie, dit gaan invoere goedkoper maak asook mediese dienste wat net die VSA kan bied.

John ·

Hillary is sooo angstig om die kroon te dra dat sy aanhoudend lae houe slaan. Skynbaar dink sy, sy kan hierdie common styl regoor die wereld uithaal en almal sal luister. Ha, ha. Die weermag en Navo is lus vir veg en moelikheidmakers gaan haar verder aanvuur. Sy moet ‘n valbyl as haar kenteken kry. Israel gaan haar uiteindelik haat.

Rick ·

Lees ek die kommentaar hier bo is ek verbaas hoe baie van die kommentaar stem saam dat ‘n president wat geen respek of toleransie het vir minderheidsgroepe, seksisties is, vertel hoe hy vroue seksueel teister en aanrand, hoe hy biljoene dollar vir belasting vir jare ontduik, hoe hy al verskeie kere getroud is, hy geen diskresie kan toepas of ‘n wag voor sy mond kan sit en sy teenstanders met die mees vulgêre beledigings afmaak, soos hy met die verslaggewer gemaak het. Ek kan nog vele byvoeg. As my afleiding met die Trump-ondersteuners dan korrek is, hoop ek julle kla nie oor ons president nie, of is dit dan ‘n necessary evil?
Trump is ‘n walgwors, wat met sy narsissistiese gedrewe selfbeeld homself totaal oorskat. Sy eie senior GOP lede het hom al versaak en julle dink hy het presidensiële kwaliteite? As daar so baie oogklappe vir hóm gedra word, hou dit aan vir ons land se probleme miskien sal ons beter na mekaar kan kyk en oplossings vind.

Chris ·

Die ding is Rick, die media in Amerika soek die kleinste voutjies van Trump op en maak berge daarvan, Gaan google bietjie self wat die Clintons al aangevang het, soos die verkragtig van n 12 jarige meisie, Trump het erken hy het was net groot bek met sy “locker” talk. Moenie die stories glo wat eensydige media uitsaai nie, gaan lees, ondersoek en dink n bietjie vir n slag vir jouself.

Rick ·

Chris, ekskuus as ek die indruk skep dat ek my aan die neus laat lei met selektiewe nuusmedia en stories. Inteendeel, ek is goed belese en ingelig oor die Amerikaanse politiek.
Die punt was my vergelyking met ons eie politiek waar ons glad nie sulke gedrag sou duld nie en tog praat so baie Trump goed, ten spyte van die meeste senior lede van GOP wat hul onderskrywing trug getrek het.

Ben Prinsloo ·

Jaco dankie vir jou eensydige kommentaar maar ander van ons lees ook ander media as net die tipiese SA media wat Trump nie wil hê nie seker omdat hy gesê het dat in Afrika was daar net 2 lande op die suidpunt wat vorentoe gegaan het maar wat ook nou in onbruik is omdat die wereld hulle neuse in daardie 2 lande se sake gesteek het terwyl hulle nie daardie 2 lande se bevolking geken het nie. Jammer Jaco maar as die VSA wil verbeter is Trump die man.

Peet J ·

Asgevolg van die onuitstaanbare toestand waarmee die Afrikaner in die NSA mee te kampe het asgevolg van die implimentering van die demokratiese stelsel maak dit sin dat baie van ons Trump as die aangewese persoon beskou om Amerika van ondergang te red. Dink maar aan Libiya
Irak geen oplossings nie. Hillary Clinton kan groot probleme vir die wëreld veroorsaak sy hoort nie in ‘n magsposisie geplaas te word nie.

Peet J ·

Trump is die regte persoon om Amerika van ondergang te red. Jammer dat van die demokrate asgevolg van nulliteit media hom in die wiele probeer ry.

Make America Great Again ·

GO TRUMP!
Ironies dat Suid-Afrikaners so hulle bekke kan uitspoel oor Amerikaners en Amerikaanse politiek…. dit slaan my altyd dronk. Dit terwyl hulle eie land in ‘n totale sirkus verander het met Zuma aan die stuur.
Julle het geen idee waarvan julle praat nie….. eish.

Theuns ·

Leopold, baie van ons kommentators reken as Trump triomfeer gaan hy ‘n wonderlike buurrman wees. Hy sal glo sy broek aftrek om jou te help! Groete.

Ruiklont ·

Dit is duidelik dat die skrywer net soos CNN onder die invloed van die “Libtards” is. Dit gaan hier of die wêreld magte beheer oor die VSA kan behou deur dit wat reg was weg te vee en en dit wat die orde wil hê deugedruk moet word deer die magtige media te gebruik. Ongelukkig het die mens navolgers geword en net ‘n klein handtjie vol denkers agter gebly het.

Trompetterbek ·

Jong Jaco, pasop vir ‘n own goal. Dit is presies wat die Britse media oorgekom het toe Remain verloor het en Brexit gewen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.