Hongarye stel voorbeeld met oplossings vir demografiese uitdagings

Viktor Orbán. Foto:Európai Bizottság/ Végel Dániel/Commons.wikimedia.org

Die hele Westerse wêreld het ’n demografiese uitdaging waarvoor daar meer korttermyn- as langtermynoplossings gevind word. In die meeste Westerse lande is die geboortekoers laer as wat nodig is om die huidige bevolking in stand te hou. Daarmee saam is die bevolkingverspreiding volgens ouderdomsgroepe baie skeefgetrek met ’n groter wordende deel van bevolkings wat ouer en veral bo die aftree-ouderdom is.

Terwyl Westerse ekonomie herstel ná die finansiële krisis wat in 2008 ontstaan het, is daar toenemend ’n groot tekort aan mense om veral hande-arbeid en werk wat lae vlakke van geskooldheid vereis, te verrig.

Die strategie wat ryker Noord-Europese lande volg is om ’n hoeveelheid immigrante jaarliks toe te laat ten einde aan hierdie arbeidsbehoefte te voldoen. In verskeie lande soos Amerika en Duitsland is die regerings voortdurend onder druk van groot industrieë, sake-organisasies wat politici se verkiesingsveldtogte finansier en selfs gewone boere om net meer immigrante toe te laat. Baie boere in die VSA het oor die afgelope paar jaar groot skade gelei omdat hulle nie die nodige arbeid beskikbaar gehad het om hul oeste te help afhaal nie. Dieselfde situasie het oor die afgelope paar maande in Nieu-Seeland afgespeel.

Wes-Europese lande vul hul arbeidsmag reeds vir jare met massa-immigrasie uit Oos-Europese lande soos Pole, Roemenië en Bulgarye aan. Dit is egter nie meer genoeg nie. Volgens ’n studie van die Bertelsmann Stigting in Duitsland, het dié land jaarliks 260 000 nuwe immigrante nodig om aan die arbeidsbehoefte te voldoen. Daarvan kom slegs 114 000 uit Europa. Die oorblywende 146 000 moet van ander lande, veral uit die Midde-Ooste, Ooste en Afrika kom.

In Duitsland is een uit elke vyf mense reeds individue wat in die buiteland gebore is. Die persentasie van die Duitse bevolking wat nie uit die Duitse-kultuur kom nie, is waarskynlik veel groter. Dieselfde geld vir lande soos Brittanje, Nederland, Frankryk, Swede en Switserland.

Die gevolge van hierdie massa-immigrasie is reeds bekend. Voorheen homogene samelewings word in diverse gemeenskappe omskep waar minderheidsgroepe op taal-, geloofs- en kultuurregte begin aandring. Minderhede in Westerse lande verbind hulself selde aan hul nuwe lande en behou ’n sterk band met hul land van herkoms. Uiteindelik sal hierdie mense die meerderheid in talle Westerse lande word wat tot konflik aanleiding kan gee.

Een uitsondering is Hongarye. Professor Chad Pecknold van die Katolieke Universiteit van Amerika het so pas in ’n verslag bekendgemaak dat Hongarye daarin begin slaag om die demografiese probleem om te keer. Volgens sy navorsing is daar ’n toename in die hoeveelheid kinders per gesin in Hongarye en het die troukoers sedert 2010 met 43% gestyg terwyl egskeidings met 22,5% afgeneem het. Minder mense verlaat ook Hongarye om in ryker lande te gaan werk. Dit alles is die gevolg van aktiewe regeringsprogramme wat ’n paar jaar gelede deur Viktor Orban, Hongarye se eerste minister aangekondig is. Dit sluit in belastingvoordele vir gesinne met meer kinders, ’n program om groot gesinne met motoraankope te help en ’n wesenlike verbetering in dagsorgfasiliteite. Hongarye sal waarskynlik in die toekoms nie soos Amerika en Wes-Europese lande van Derde Wêreldse immigrasie afhanklik wees nie.

Dit is dalk nodig dat ryker Westerse lande ’n les of twee by Hongarye gaan leer, want die korttermynvoordele van arbeid uit lande buite Europa gaan nog tot langtermynkopsere aanleiding gee.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

Dis wonderlik dat Hongarye dit regkry om hulle bevolkingsgetalle te handhaaf.
Ek stem egter nie saam met diegene wat glo daar moer mense uit Afrika en Asië ingevoer word om die werk te doen nie. Die immigrante uit hierdie areas is meestal ongeskoold en kan net hande-arbeid verrig. Dis juis hierdie tipe werk wat tans in Westerse lande vinnig uitsterf. Moderne tegnologie, bv. robotte en rekenarisering, maak dit al hoe meer moontlik om ontslae te raak van laag geskoolde werk, en dit te laat doen deur masjiene. Dus pluk die Westerse lande ‘n lat vir hulleself deur mense in te bring wat net hierdie tipe werk kan doen.
Die beste opsie is om al meer en meer te meganiseer soos wat laag geskoolde werkers afneem, nie om meer van hulle in te bring nie.

Rupert Ashford ·

Baie dapper kommentaar. Orban word deur die wereldpers, die res van die EU, en hulle “progressiewe” meelopers van elders as ten beste agter die klip, en ten slegste as moeilikheidmaker en rassis uitgebeeld. Maar syfers praat…

Charles ·

Orban is geniaal, en ‘n uitstekende politieke leier, ongeag van wat die Soros-bende en hul meelopers se.

PJC ·

Orbán word ook soos DT deur die media verguis maar kry nogtans die regte resultate tot voordeel van hul land.

Jan ·

Ja Victor Orban laat my dink aan n ander GROOT gees wat sy mense aangemoedig het om groot gesinne te hê deur allerlei hulpplanne so tussen 1933 en 1945 sy hart en siel aan sy Volk se welsein gewy…geen wonder die bose NWO Satan aanbidders moes hom uithaal nie!!

Neon ·

Die weste maad die fout wat ons dekades terug gedoen het, om arbeiders se hele gesinne toe te laat, wie bevolking tot hele dorpe, toe stede aangewas het, tot ons soos nou n klein onderdrukte minderheid in ons eie land is.

Stephan de S ·

Hongarye is goeie nuus. Om homogene bevolkings heterogeen te maak,is moeilikheid soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.