Immigrasie, EU: Waarheen nou met Europa?

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Die Europese liberale sosialisme is in ’n krisis. Daar is (net soos in die VSA), ’n sterk tweespalt besig om te vorm – tussen die sogenaamde regses (oftewel nasionaliste) en die linkses (die sosialiste en toenemend ook sentristiese Europeërs). Terselfdertyd is die Europese Unie (EU) self wankelrig en daar bestaan ’n moontlikheid dat dié entiteit in die afsienbare toekoms kan opbreek.

In die afgelope dekade of wat het twee reuseskuiwe in Europese politiek plaasgevind. Die eerste hiervan is dat die sentristiese partye, wat Europa vir jare goed regeer het en gefokus het op ekonomiese groei en integrasie, toenemend na links beweeg. Die tweede is die groei van nasionalisme.

Die linkses het oorgeneem

Wat die sentristiese party betref: daar is trouens tans nie te veel wat sentristiese partye, soos die Duitse kanselier Angela Merkel se Christen-Demokrate, en haar sosialistiese teenstanders skei nie. Dieselfde geld vir Brittanje en ander Wes-Europese state. Toenemend is daar ook meer steun vir radikale vêrlinkse partye, soos die groenes en kommuniste wat gematigde regerings verder links laat beweeg. Die ou sentristiese partye werk nou saam met hul linkse meelopers aan die transformasie (laat ons maar die SA benaming hier gebruik) van Europa. Die linksgesinde regeerders reken Europa se kwynende bevolking (weens verskeie sosiale faktore) moet aangevul word deur die inlaat van miljoene buitelanders, insluitend Moslems uit die Midde-Ooste/Noord-Afrika en swart Afrikane. Die rasionaal is dat die “nuwe” Europeërs ’n nuwe werkersklas gaan skep en Europa se “ou” bevolking gaan versorg terwyl Europa verder integreer en globaliseer.

Die transformasie van Europa word daagliks waargeneem deur die strome onwettige immigrante (eufemisties genoem vlugtelinge), wat eenvoudig oor die Middellandse See Europa basies binneval. Baie mense glo dat die grootste bedreiging vir Europa se toekoms die toestroom van Moslems is wat nie met die Europeërs wil integreer nie. Die grootste bedreiging vir Europa se kulturele en ekonomiese oorlewing is egter die toestroom van swart mense van Afrika suid van die Sahara na die Europese vasteland.

Die Moslems (tans ongeveer 26 miljoen, oftewel 5% van die bevolking in Europa) het die transformasieproses dekades terug begin toe linkse Europese leiers immigrante toegelaat het om stelselmatig basies die verouderde Europese bevolking te “vervang”. Brittanje, Duitsland, Nederland, België en Frankryk was hier die groot trekpleisters. Die inkomelinge is meestal met ope arms verwelkom en baie leef tans op welsynstoelae van hul nuwe moederlande. Hulle kan of wil nie integreer nie en weens die opkoms van radikale Islam het terrorisme ’n alledaagse verskynsel in Europa geword. Verder kom die groter Europese stede toenemend te staan voor uitdagings soos sosiale verval, gewelddadige betogings en wetteloosheid wat eie aan die Derde Wêreld is.

Linkse regerings en hul mediajuigkommando beskou die instroom van die buitelanders as ’n goeie geleentheid vir multikulturele Europese integrasie. Aangesien die Moslems tans sowat 5% van die Europese bevolking verteenwoordig en mense van “swart” Afrika sowat 2%, sien hulle nie ’n bedreiging vir Europa se voortbestaan in nie. Hulle bereken dat, selfs met groeiende immigrasie, “buitelanders” ongeveer 90 miljoen sterk gaan wees in Europa teen 2050, oftewel sowat 17% van die bevolking.

Miljoene immigrante vir Europa?

Die grootste uitdaging vir Europa is egter die verdubbeling van die bevolking van Afrika in die volgende 30 jaar. Daar gaan 1,3 miljard meer mense in Afrika wees in 2050 en aangesien daar min of geen hoop is dat Afrika-lande hierdie massas sal kan voed of werk kan verskaf nie, is daar net een pad – na Europa.

Die Amerikaanse akademikus Stephen Smith het vroeër vanjaar ’n boek gepubliseer, “The Rush to Europe”, waarin hy aandui dat Europa oorspoel gaan word deur Afrikane. Smith argumenteer dat die EU tans probeer om vlugtelingsentrums in Afrika-lande te vestig en só mense basies omkoop om in Afrika te bly. Hy verwag egter dit sal misluk en tussen 150 en 200 miljoen Afrikane in die volgende 30 jaar na Europa gaan stroom. Dit is ’n verstommende 10 miljoen per jaar.

Met die invloei van so ʼn massa mense van Afrika, gesteun deur immigrasie van Moslems uit die Midde-Ooste, kan Europa se bevolking teen 2050 uit ’n meerderheid “buitelanders” bestaan. Europa se toekoms, volgens Smith, is dus die nominale eenheid van Europa en Afrika, oftewel Euroafrika.

Die instroom van 10 miljoen mense per jaar na Europa klink vêrgesog en impliseer dat Europa basies sy grensbeheer afskaf. Kyk jy egter na die Europese leierskap van vandag, kan dit wel gebeur.

Die hoofleiers van die globalistiese agenda in Europa is ongetwyfeld Angela Merkel (Duitsland) en Emmanuel Macron (Frankryk). Aangesien Merkel in 2021 gaan uittree, val die mantel van Europa se leierskap op Macron, ’n linkse globalis in murg en been. Macron het in April gesê Europa tree ’n tydperk in van ongekende immigrasie vanaf Afrika weens armoede, klimaatsveranderinge en geopolitieke konflik. Interessant dat Macron en Merkel ook toenemend in ’n soort koue oorlog met die VSA onder president Trump verval het. Macron het selfs in November gesê dat Europa ’n nasionale weermag moet skep om, onder meer, die VSA teen te staan en het nasionalisme met verraad vergelyk.

Dalk is dit toevallig, maar die grootste politieke voorstanders van globalisme in Europa, naamlik Merkel, Macron, Mark Rutte (die Nederlandse eerste minister), Jean-Claude Juncker (die EU Kommissiehoof) en Theresa May (Britse eerste minister), is almal kinderloos. Dalk is die toekoms vir die volgende geslag Europeërs nie vir hulle so belangrik nie.

Oplewing van nasionalisme

Die tweede reuseskuif in Europese politiek is die nuutgevonde steun van die nasionalistiese partye. Europa het ongekende vooruitgang beleef onder die liberale demokrasie vir die laaste 60 jaar, maar nou het globalisme die partytjie bederf. Die instroom van migrante gaan nie verseker dat ouer Europeërs versorg word en hul pensioene deur nuwe werkers betaal word nie, maar gaan eerder Europa konfronteer met Derde Wêreld-probleme soos werkloosheid, armoede, geweld en onverdraagsaamheid.

Die oplewing van nasionalisme is nie toevallig nie. Selfs voor die ongekende instroming van Derde Wêreld-immigrante na Europa in 2015 en 2016, het die sogenaamde regses ’n oplewing gekry. Hoewel hulle deur die hoofstroommedia as vêrregse Nazi’s afgemaak word, het verval en kulturele verwaarlosing nuwe steun besorg aan die nasionaliste as vernaamste opposisie tot die heersende linkse regerings. Die groot skuif het ook gepaard gegaan met die afbreek van die linkse beheer oor die media deur sosiale media wat alternatiewe standpunte uitdra. Dit blyk egter tans of die linkses, wat ook die sosiale mediaplatforms beheer, toenemend begin om “regse” standpunte te probeer muilband ten einde weer volle beheer oor die media terug te wen.

In sommige lande het die nasionaliste selfs aan bewind gekom. Dit sluit in Viktor Orban (Hongarye) en Andrzej Duda (Pole). Dan het nasionalistiese partye, of koalisies wat hul insluit, aan beheer gekom in Oostenryk en Italië. Italië, wat voorheen deur Afrika-immigrante eenvoudig binnegedring is, het in Matteo Silvani ’n adjunk- eerste minister gekry wat sterk gekant is teen onwettige immigrasie. Hy het reeds begin om wette te verander om onwettige immigrante uit te skop.

Italië se ekonomiese probleme oorskadu egter sy immigrasiekrisis. Die land het basies agteruitgeboer sedert hy die EU betree het aangesien die Italianers altyd mededingend gebly het deur hul geldeenheid (die lira) te devalueer. Met die euro het hul ekonomie egter uiters onmededingend geword en werkloosheid en staatskuld tot kritiese vlakke toegeneem. Italië kan gevolglik, óf deur ekonomiese ondergang, óf deur vrywillige onttrekking, eersdaags die hele EU-kaartehuis laat tuimel. Aan die ander kant het Brittanje se Theresa May, basies Brittanje se plan om weg te breek van die EU (Brexit) so afgewater, dat Brittanje eintlik ’n vasaal (afhanklike) van die EU gaan bly.

In ander lande maak die nasionaliste stadig maar seker vordering in hul pogings om die regering oor te neem. So het Marine le Pen 34% van die stemme in die Franse presidensiële verkiesing in 2017 verkry, die Alternatief vir Duitsland 13% in 2017 en die Sweedse Demokrate 18% in 2018.

Europa se kruispad

Europa is by ’n kruispad en die regeringsleiers sal durf aan die dag moet lê om Europa as ’n kulturele, politieke en ekonomiese eenheid te red van die immigrante en transformasie. Daar is sterk teenstand deur die konserwatiewes: die antiglobalistiese gewelddadige betogings tans in Frankryk is bewys daarvan. Vir Afrikaners in Suid-Afrika is die voortbestaan van die Europese Westerse beskawing van groot belang: juis noudat regte en eiendomsreg in SA bedreig word. Daar is diegene in SA wat hul verlekker aan die probleme wat lande soos Brittanje en Swede tans ervaar met immigrante, omdat dié Suid-Afrika so gekasty het oor sy apartheidsbeleid en terreuraanvalle hier as ’n legitieme gewapende stryd ervaar het. Dit is egter Schadenfreude, aangesien die transformasie van Europa wit mense se aansprake op minderheidsregte in Afrika verder sal laat versleg.

Die Europeërs het basies twee keuses. Die eerste is: beveg die stroom van immigrante uit Afrika en die Midde-Ooste met hand en tand behou hul diepgewortelde Westerse karakter. Dit lyk egter nie of die politieke wil tans bestaan om dit te doen dit nie. Die tweede keuse is die inlaat van letterlik honderde miljoene immigrante uit veral Afrika en die aanvaarding dat Europa en Afrika ’n gesamentlike eindbestemming het.

Behoede ons van so ’n scenario.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Nico Stegmann

Nico Stegman is ’n onafhanklike skrywer met 25 jaar ondervinding in navorsing en analise oor diplomatieke en internasionale aangeleenthede.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
marco polo

Baie interessante en insiggewende artikel, dankie Nico. Dit lyk al hoe meer asof die wereld n bedreiging vir die witman word.

Johan

Die vraag by my as leek ontstaan: “Hoekom wil Afrikane na Europa toe vlug?” Weer in my dommigheid is die antwoord onder andere werkloosheid en seker ook ‘n ekonomiese stelsel wat grootskaalse armoede skep (die grootste persentasie mense op aarde lewe op die broodlyn of onder die broodlyn of gaan slaap honger saans). Wat my by die vraag opbring: “Is die kapitalistiese stelsel die antwoord op die mensdom se probleme?” Ek betoog NIE dat kommunisme of sosialisme die antwoord is nie. Asb, ek verstaan dit is nie die antwoord nie. Maar my vraag is: “Watter -isme is die antwoord?” Ek… Lees meer »

B

Op grondvlak is die SA eksperiment alreeds ‘n voorsmakie van hoe Europa gaan lyk teen ~2080 mbt misdaad, onderdrukking, vernietiging, ens. Dit bring natuurlik ‘n ander perspektief na emmigrasie – oor twee geslagte is dieselfde moeilikheid in Europa. (In sekere state in die VSA is wit Amerikaners alreeds in die minderheid, dink Kentucky) Teen 2110 twyfel ek of kaukasiese Europieers nog enige suiwer voortbestaan sal he en m.i. teen 2150 sal rasse-vermenging grootliks (>90%) plaasgevind het. Die gevolg van grootskaalse siekte-epidemies (selfs bestaande toestande soos kanker, hart, diabetis), hulpbron skaarste (water, voedsel ens) is egter ‘n faktor wat ‘n groot… Lees meer »

piper

sit in al daardie gratis voedsel wat hulle kry n voorbehoedmiddel in.

Jerry

Terwyl rampspoed wink is daar wonderwerke wat wag om op die regte tyd te gebeur!