Immigrasie, EU: Waarheen nou met Europa?

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Die Europese liberale sosialisme is in ’n krisis. Daar is (net soos in die VSA), ’n sterk tweespalt besig om te vorm – tussen die sogenaamde regses (oftewel nasionaliste) en die linkses (die sosialiste en toenemend ook sentristiese Europeërs). Terselfdertyd is die Europese Unie (EU) self wankelrig en daar bestaan ’n moontlikheid dat dié entiteit in die afsienbare toekoms kan opbreek.

In die afgelope dekade of wat het twee reuseskuiwe in Europese politiek plaasgevind. Die eerste hiervan is dat die sentristiese partye, wat Europa vir jare goed regeer het en gefokus het op ekonomiese groei en integrasie, toenemend na links beweeg. Die tweede is die groei van nasionalisme.

Die linkses het oorgeneem

Wat die sentristiese party betref: daar is trouens tans nie te veel wat sentristiese partye, soos die Duitse kanselier Angela Merkel se Christen-Demokrate, en haar sosialistiese teenstanders skei nie. Dieselfde geld vir Brittanje en ander Wes-Europese state. Toenemend is daar ook meer steun vir radikale vêrlinkse partye, soos die groenes en kommuniste wat gematigde regerings verder links laat beweeg. Die ou sentristiese partye werk nou saam met hul linkse meelopers aan die transformasie (laat ons maar die SA benaming hier gebruik) van Europa. Die linksgesinde regeerders reken Europa se kwynende bevolking (weens verskeie sosiale faktore) moet aangevul word deur die inlaat van miljoene buitelanders, insluitend Moslems uit die Midde-Ooste/Noord-Afrika en swart Afrikane. Die rasionaal is dat die “nuwe” Europeërs ’n nuwe werkersklas gaan skep en Europa se “ou” bevolking gaan versorg terwyl Europa verder integreer en globaliseer.

Die transformasie van Europa word daagliks waargeneem deur die strome onwettige immigrante (eufemisties genoem vlugtelinge), wat eenvoudig oor die Middellandse See Europa basies binneval. Baie mense glo dat die grootste bedreiging vir Europa se toekoms die toestroom van Moslems is wat nie met die Europeërs wil integreer nie. Die grootste bedreiging vir Europa se kulturele en ekonomiese oorlewing is egter die toestroom van swart mense van Afrika suid van die Sahara na die Europese vasteland.

Die Moslems (tans ongeveer 26 miljoen, oftewel 5% van die bevolking in Europa) het die transformasieproses dekades terug begin toe linkse Europese leiers immigrante toegelaat het om stelselmatig basies die verouderde Europese bevolking te “vervang”. Brittanje, Duitsland, Nederland, België en Frankryk was hier die groot trekpleisters. Die inkomelinge is meestal met ope arms verwelkom en baie leef tans op welsynstoelae van hul nuwe moederlande. Hulle kan of wil nie integreer nie en weens die opkoms van radikale Islam het terrorisme ’n alledaagse verskynsel in Europa geword. Verder kom die groter Europese stede toenemend te staan voor uitdagings soos sosiale verval, gewelddadige betogings en wetteloosheid wat eie aan die Derde Wêreld is.

Linkse regerings en hul mediajuigkommando beskou die instroom van die buitelanders as ’n goeie geleentheid vir multikulturele Europese integrasie. Aangesien die Moslems tans sowat 5% van die Europese bevolking verteenwoordig en mense van “swart” Afrika sowat 2%, sien hulle nie ’n bedreiging vir Europa se voortbestaan in nie. Hulle bereken dat, selfs met groeiende immigrasie, “buitelanders” ongeveer 90 miljoen sterk gaan wees in Europa teen 2050, oftewel sowat 17% van die bevolking.

Miljoene immigrante vir Europa?

Die grootste uitdaging vir Europa is egter die verdubbeling van die bevolking van Afrika in die volgende 30 jaar. Daar gaan 1,3 miljard meer mense in Afrika wees in 2050 en aangesien daar min of geen hoop is dat Afrika-lande hierdie massas sal kan voed of werk kan verskaf nie, is daar net een pad – na Europa.

Die Amerikaanse akademikus Stephen Smith het vroeër vanjaar ’n boek gepubliseer, “The Rush to Europe”, waarin hy aandui dat Europa oorspoel gaan word deur Afrikane. Smith argumenteer dat die EU tans probeer om vlugtelingsentrums in Afrika-lande te vestig en só mense basies omkoop om in Afrika te bly. Hy verwag egter dit sal misluk en tussen 150 en 200 miljoen Afrikane in die volgende 30 jaar na Europa gaan stroom. Dit is ’n verstommende 10 miljoen per jaar.

Met die invloei van so ʼn massa mense van Afrika, gesteun deur immigrasie van Moslems uit die Midde-Ooste, kan Europa se bevolking teen 2050 uit ’n meerderheid “buitelanders” bestaan. Europa se toekoms, volgens Smith, is dus die nominale eenheid van Europa en Afrika, oftewel Euroafrika.

Die instroom van 10 miljoen mense per jaar na Europa klink vêrgesog en impliseer dat Europa basies sy grensbeheer afskaf. Kyk jy egter na die Europese leierskap van vandag, kan dit wel gebeur.

Die hoofleiers van die globalistiese agenda in Europa is ongetwyfeld Angela Merkel (Duitsland) en Emmanuel Macron (Frankryk). Aangesien Merkel in 2021 gaan uittree, val die mantel van Europa se leierskap op Macron, ’n linkse globalis in murg en been. Macron het in April gesê Europa tree ’n tydperk in van ongekende immigrasie vanaf Afrika weens armoede, klimaatsveranderinge en geopolitieke konflik. Interessant dat Macron en Merkel ook toenemend in ’n soort koue oorlog met die VSA onder president Trump verval het. Macron het selfs in November gesê dat Europa ’n nasionale weermag moet skep om, onder meer, die VSA teen te staan en het nasionalisme met verraad vergelyk.

Dalk is dit toevallig, maar die grootste politieke voorstanders van globalisme in Europa, naamlik Merkel, Macron, Mark Rutte (die Nederlandse eerste minister), Jean-Claude Juncker (die EU Kommissiehoof) en Theresa May (Britse eerste minister), is almal kinderloos. Dalk is die toekoms vir die volgende geslag Europeërs nie vir hulle so belangrik nie.

Oplewing van nasionalisme

Die tweede reuseskuif in Europese politiek is die nuutgevonde steun van die nasionalistiese partye. Europa het ongekende vooruitgang beleef onder die liberale demokrasie vir die laaste 60 jaar, maar nou het globalisme die partytjie bederf. Die instroom van migrante gaan nie verseker dat ouer Europeërs versorg word en hul pensioene deur nuwe werkers betaal word nie, maar gaan eerder Europa konfronteer met Derde Wêreld-probleme soos werkloosheid, armoede, geweld en onverdraagsaamheid.

Die oplewing van nasionalisme is nie toevallig nie. Selfs voor die ongekende instroming van Derde Wêreld-immigrante na Europa in 2015 en 2016, het die sogenaamde regses ’n oplewing gekry. Hoewel hulle deur die hoofstroommedia as vêrregse Nazi’s afgemaak word, het verval en kulturele verwaarlosing nuwe steun besorg aan die nasionaliste as vernaamste opposisie tot die heersende linkse regerings. Die groot skuif het ook gepaard gegaan met die afbreek van die linkse beheer oor die media deur sosiale media wat alternatiewe standpunte uitdra. Dit blyk egter tans of die linkses, wat ook die sosiale mediaplatforms beheer, toenemend begin om “regse” standpunte te probeer muilband ten einde weer volle beheer oor die media terug te wen.

In sommige lande het die nasionaliste selfs aan bewind gekom. Dit sluit in Viktor Orban (Hongarye) en Andrzej Duda (Pole). Dan het nasionalistiese partye, of koalisies wat hul insluit, aan beheer gekom in Oostenryk en Italië. Italië, wat voorheen deur Afrika-immigrante eenvoudig binnegedring is, het in Matteo Silvani ’n adjunk- eerste minister gekry wat sterk gekant is teen onwettige immigrasie. Hy het reeds begin om wette te verander om onwettige immigrante uit te skop.

Italië se ekonomiese probleme oorskadu egter sy immigrasiekrisis. Die land het basies agteruitgeboer sedert hy die EU betree het aangesien die Italianers altyd mededingend gebly het deur hul geldeenheid (die lira) te devalueer. Met die euro het hul ekonomie egter uiters onmededingend geword en werkloosheid en staatskuld tot kritiese vlakke toegeneem. Italië kan gevolglik, óf deur ekonomiese ondergang, óf deur vrywillige onttrekking, eersdaags die hele EU-kaartehuis laat tuimel. Aan die ander kant het Brittanje se Theresa May, basies Brittanje se plan om weg te breek van die EU (Brexit) so afgewater, dat Brittanje eintlik ’n vasaal (afhanklike) van die EU gaan bly.

In ander lande maak die nasionaliste stadig maar seker vordering in hul pogings om die regering oor te neem. So het Marine le Pen 34% van die stemme in die Franse presidensiële verkiesing in 2017 verkry, die Alternatief vir Duitsland 13% in 2017 en die Sweedse Demokrate 18% in 2018.

Europa se kruispad

Europa is by ’n kruispad en die regeringsleiers sal durf aan die dag moet lê om Europa as ’n kulturele, politieke en ekonomiese eenheid te red van die immigrante en transformasie. Daar is sterk teenstand deur die konserwatiewes: die antiglobalistiese gewelddadige betogings tans in Frankryk is bewys daarvan. Vir Afrikaners in Suid-Afrika is die voortbestaan van die Europese Westerse beskawing van groot belang: juis noudat regte en eiendomsreg in SA bedreig word. Daar is diegene in SA wat hul verlekker aan die probleme wat lande soos Brittanje en Swede tans ervaar met immigrante, omdat dié Suid-Afrika so gekasty het oor sy apartheidsbeleid en terreuraanvalle hier as ’n legitieme gewapende stryd ervaar het. Dit is egter Schadenfreude, aangesien die transformasie van Europa wit mense se aansprake op minderheidsregte in Afrika verder sal laat versleg.

Die Europeërs het basies twee keuses. Die eerste is: beveg die stroom van immigrante uit Afrika en die Midde-Ooste met hand en tand behou hul diepgewortelde Westerse karakter. Dit lyk egter nie of die politieke wil tans bestaan om dit te doen dit nie. Die tweede keuse is die inlaat van letterlik honderde miljoene immigrante uit veral Afrika en die aanvaarding dat Europa en Afrika ’n gesamentlike eindbestemming het.

Behoede ons van so ’n scenario.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Nico Stegmann

Nico Stegman is ’n onafhanklike skrywer met 30 jaar ondervinding in navorsing en analise oor diplomatieke en internasionale aangeleenthede.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

marco polo ·

Baie interessante en insiggewende artikel, dankie Nico. Dit lyk al hoe meer asof die wereld n bedreiging vir die witman word.

Salamander ·

Marco, die wereld het heeltemal Afro-sentries geword. In die proses het die Witman sy eie grootste bedreiging geword dmv sogenaamde “White Guilt”.

marco polo ·

Ek stem heeltemaal saam, Salamander. Die Franse het reeds met die Franse Rewolusie die twak van vryheid, gelykheid en broederskap verkondig. Almal is beslis nie gelyk nie, maar as jy dit se, is jy ‘n rassis en nie polities korrek nie.

Johan ·

Die vraag by my as leek ontstaan: “Hoekom wil Afrikane na Europa toe vlug?” Weer in my dommigheid is die antwoord onder andere werkloosheid en seker ook ‘n ekonomiese stelsel wat grootskaalse armoede skep (die grootste persentasie mense op aarde lewe op die broodlyn of onder die broodlyn of gaan slaap honger saans).

Wat my by die vraag opbring: “Is die kapitalistiese stelsel die antwoord op die mensdom se probleme?” Ek betoog NIE dat kommunisme of sosialisme die antwoord is nie. Asb, ek verstaan dit is nie die antwoord nie. Maar my vraag is: “Watter -isme is die antwoord?”

Ek erken ook kapitalisme was goed gewees vir my persoonlik. Maar objektief met soveel mense wat honger gaan slaap, nie werk het nie, geen toekoms sien nie, dus vlug na ander land (Europa). Het die mensdom al die “regte resep” gekry sodat almal gelukkig kan leef? Ek dink nie so nie – maar ek het ook nie ‘n antwoord of voorstel nie. Dit maak my eintlik bang.

Out of Africa ·

As die Afrikane uit Afrika begin padgee moet mens seker begin wonder. Net jammer ‘n klomp dwarstrekkers aan die suidpunt wil nie sien wat kom nie.

Heinrich van Zyl ·

Die meerderheid mense gaan slaap nie honger a.g.v. een of ander “isme” nie.
Hulle gaan slaap bloot honger a.g.v. oorbevolking.
Hopeloos te veel mense heg hopeloos te veel waarde aan ‘n nageslag, ongeag of dit nou een, twee of ‘n dosyn kinders is.

So die oplossing is eenvoudig. Teel minder en leef beter.

Twakkie ·

Ek wil aansluit by Heinrich van Zyl dat die onbeheerste aanwas in die Derde Wêreld hulle grootste probleem is. Tradisioneel het die Derde Wêreld se getalle onder beheer gebly omdat hulle sterftesyfer net so hoog soos hul geboortesyfer was. Hulle het nooit mediese sorg ontwikkel nie en ook nie kos of water opgegaar nie. Gereelde epidemies en hongersnood het dus getalle goed beheer, soos die natuur doen as dit toegelaat word. Die bemoeisieke humaniste van baie dekades het dié balans egter versteur met mediese dienste en voedselhulp. Afrika en ander Derdewêreldlande is letterlik stofgetrap en die grootskaalse uitroei van plantegroei dra ook grootliks by tot die probleem met CO2. Soos ons weet uit skoolfisika help plantegroei om CO2 in suurstof om te sit en vog in die atmosfeer te behou. Juis die idee dat dit moontlik is om deur herverdeling van rykdom altyd dié te “help” wat nie hulself wil of kan help nie, is die wêreld se ondergang. God se plan is te sien in die Natuur, waar die sterkstes oorleef, nie in Teologie waar alles en almal gehelp moet word om te oorleef nie.

B ·

Op grondvlak is die SA eksperiment alreeds ‘n voorsmakie van hoe Europa gaan lyk teen ~2080 mbt misdaad, onderdrukking, vernietiging, ens. Dit bring natuurlik ‘n ander perspektief na emmigrasie – oor twee geslagte is dieselfde moeilikheid in Europa. (In sekere state in die VSA is wit Amerikaners alreeds in die minderheid, dink Kentucky)

Teen 2110 twyfel ek of kaukasiese Europieers nog enige suiwer voortbestaan sal he en m.i. teen 2150 sal rasse-vermenging grootliks (>90%) plaasgevind het.

Die gevolg van grootskaalse siekte-epidemies (selfs bestaande toestande soos kanker, hart, diabetis), hulpbron skaarste (water, voedsel ens) is egter ‘n faktor wat ‘n groot invloed kan he op die getalle. (Persoonlik glo ek nie die aarde se kapasiteit sal meer voldoende wees op daardie stadium, + nog die langtermyngevolge van besoedeling, gifstowwe, ens ens)

Voorspoed vir ons agter-kleinkinders.?

piper ·

sit in al daardie gratis voedsel wat hulle kry n voorbehoedmiddel in.

Jerry ·

Terwyl rampspoed wink is daar wonderwerke wat wag om op die regte tyd te gebeur!

Paul ·

Ek neem aan jou wonderwerk is die moontlikheid dat ‘n Afrikaan ‘n haas uit die hoed kan trek? So ‘n wonderwerk is ons nie beskore nie, dit kan ek jou belowe.

Jerry ·

Paul, dit is verbysterend dat na wat vanaf 2010 gebeur het, sekere Afrikanerorganisasies en individue in ontkenning staan van die afrikaan se vermoe om, soos jy se, n haas uit die hoed te trek. Die omvang van staatskaping en plundering en ontwyking van enige aanspreeklikheid is die beste voorbeeld van die afrikaan se vermoe om n haas uit die hoed te trek. Die vorige minister van waterwese het tydens hierdie tydperk in revolusionere taal daarna verwys toe sy gese het dat die ANC kan die rand laat val en weer optel soos dit die ANC pas. Dit beteken dat as dit moet, sal die ANC die ekonomie vernietig ten einde kolonialisme te vernietig en sal die ANC die ekonomie weer opbou vir afrikane. Dit is presies wat uitgespeel het, ten spyte daarvan dat kolonialisme nie heeltemal vernietig is nie, maar redelik genoegsaam geisoleer is. Huidiglik is die ANC besig om soos sy gese het en wat julle nie verstaan het nie en lyk my nog steeds nie verstaan nie, om die rand weer op te tel ten einde redelik gemaklik voort te stoomroller ten einde n kombinasie van kapitalisme, sosialisme en gedeeltelike nasionalisering sy beslag te laat vind! Maar luister, wil julle mos nie luister nie, braak net lekker gal die heeltyd en slinger beledigings lings en regs na enige persoon wat van opinie met julle verskil. Julle word as gevolg hiervan gehanteer presies soos wat julle ander hanteer! Dit pas julle soos n handskoen, maar dit gaan julle kos!

Johan ·

2018…ek sit in die VSA en lees die berug en sidder. Sidder want wat in Europa plaasvind is nou die pad wat Amerika gaan loop teen n versnelde pas kom 2020 as die demokrate; globale-sosialiste, die presidents verkiesing wen. Indien nie, skuif die begin punt net 4 jaar verder.
Ek is ongelukkig te jonk om die “geen kommer” houding in te neem van dat wat in die land gaan gebeur my nie sal beinvloed nie. Ek gaan die verval eerstehands ervaar, en dit gaan gebeur ten spyte van die inheemse karakter wat Amerikaners standvastig gehou het toe morele waardes n fondament was waarop families, gemeenskappe, en waardes gebou was. Laas genoemde word beskou as drakonies, so ook moraliteit.
Ek het die “American dream” beleef en is baie dankbaar vir my geleenthede en voorspoed, maar ek besef in angs dat die einde van n droom aan die kom is.

Merkur ·

Die artikel is ´n presiese beskrywing van Europa se fisiese en veral mentale toestand. Miskien kan ´n mens nog byvoeg dat indien die Moslems tans „slegs“ 5 % van die gesamentlike bevolking uitmaak, die persentasie aan Mohamedane by die 20 tot 30 jarige mense by ten minste 10 % lê in Duitsland. Die persentasie aan Moslems by onder 20 jariges is baie hoër as 10 %. Dan kom die swart immigrante uit Afrika nog daarby. In die publieke vervoer maak die Europeërs duidelik minder as 50 % van die passasiers op treine en busse uit.
Maar nogsteeds glo ek dat Europa gered gaan word. Baie dinge kan onverwags gebeur. Heel moontlik met baie bloedvergieting ongelukkig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.