In die land van Pers

pers

Foto: En.wikipedia.org

Ek en my leerders het saam aan die volgende stuk geskryf.  Ons speel ʼn speletjie, gaan saam op ʼn verbeeldingsvlug:

Gestel daar was rêrig ʼn Republiek van Pers waarin almal pers van kleur en die taal wat almal praat Persies was – ʼn besondere taal, met besondere uitdrukkings.  Waar ons in Afrikaans sou uitroep presies! sou jy in die Republiek van Pers uitroep:  Persies! En almal sal persies weet wat jy bedoel.  Dit is ʼn maklike land om in te woon en werk.  Voedsel en werk is volop en daar is genoeg aspersies vir almal om te eet, want, leer mammas die klein persies van kleins af, ʼn aspersie ʼn dag hou die pers reg.

Die Perse van die Republiek van Pers is baie gesteld op leef en laat leef en is daarom baie ingestel op hul grondwet, bekend as Die Wet van Mede en Perse. As ʼn saak eers pers op wit staan, is dit vas en seker.   ʼn Pers wat hom nie daarby hou nie, is die naam Pers nie werd nie.  Natuurlik word hulle nie gelei deur ʼn President nie, maar ʼn Persident – want in die oë van die gemiddelde Pers, bou ʼn President ʼn eie woning maar ʼn Persident bou perstasies vir sy land.  Die Republiek van Pers is immers bekend vir al hulle perstasies.

In die Republiek van Pers kry die opvoeding van die klein persies voorkeur.  So sal hulle byvoorbeeld leer van ʼn Republiek ver, ver van hul eie land, waar mense anders lyk en anders praat.  Waar hulle in een land swart en wit saamwoon en saam moet studeer, in Afrikaans en in Engels, maar meer swart en meer in Engels.  En die klein persies sal hulle doodlag vir die gedagtes wat by hulle opkom oor hoe so ʼn vreemde land met sy vreemde mense nou moet kan werk.  Hulle spot onder mekaar oor hoe ‘n snaakse persoonlikheid hierdie mense moet hê en hoe dit moet klink as daar gepraat word van witoonlikheid en swartoonlikheid – dit val vir hul net so vreemd op die oor.

Hulle bespreek die dankbaarheid om hul persoonlikheid te kan uitleef en pers te mag wees en Pers met mekaar te mag praat sonder dat hulle hulle Perswees hoef af te gee, ernstig met mekaar.  Ja, so leer elke klein persie in sy grootwoord: daar was ʼn tyd in die geskiedenis toe twee Persies besig met navorsing, hierdie vreemde land besoek het en daar wou gaan studeer. Die Persies was nie welkom daar nie, hulle het ander aanstoot gegee. Mense wat juis alles wou oop hê vir almal, het nie van hulle pers gehou nie.  Hulle moes hul pers afwas of weg.  Hulle kon nie Pers wees in die land van wit en swart nie.  Hulle het dit erg persoonlik opgeneem en hul persiale gawes onttrek en in besonder ook al hul persas (Afrikaans vertaling: rande).  Daarom is daar in die Republiek van Pers vandag nog die uitdrukking:  “Wees persies wie jy bedoel is om te wees, want swart of wit kan jy tog nie word nie.”

Maar die Republiek van Pers is ʼn mite en die Land van Swart en Wit ʼn realiteit.  ʼn Realiteit waarin swart swart mag wees, maar wit nie eers pers mag wees nie – van ʼn Persiese verslaggewer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Hannes Noëth

Hannes Noëth is die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. Hy is ook die skrywer van die boek Depressie: Struikelblok of uitdaging? en skryf dikwels rubrieke vir verskeie publikasies.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MCS ·

More Maroela Media, dra jul kennis van die swager vrou van PE wat oor die naweek haar drieling verloor het weens n rasse aanval op hulle? Face book is vol van die storie! Kan dink dat News 24 did nie sal plaas, maar julle sou tog? Aangesien ons op die ” pers” storie is, vra ek net?

Marius ·

PERSoonlik dink ek dat baie mense nie persies gaan verstaan waaroor die artikel gaan nie.

Frans ·

Ek gaan nou onmiddellik al die Barney-videos waarmee ek my kleinkinders vermaak het in die asblik gooi voordat ek in die moeilikheid beland.

anna ·

Dit was skandelik wat ek gister in een van die hoof koerante gelees het van hoe hulle die 2 studente behandel het. Die hele lot van die Studente Raad. Ook die behandeling teenoor die betrokke studente se ouers!
Ek kan nie wag om te hoor wat met die spul gaan gebeur nie.
Hierdie lot het geen respek vir hulself nie – wat nog van ander?
Hulle is kwaadstokers in die ergste graad en het verskriklike groot skade aan verhoudings aangebring – maar hulle kon seker nie vooruit dink oor wat se implikasies hulle vinnige vingerwys veroorsaak nie.
Hulle kon nie wag om die vingertjie te wys nie nie !!!
Nou skarrel hulle tussen mekaar rond en gaan seker se dit is nie hulle skuld nie.
Ek hoop hulle word deur die Wet ontbind sodat n nuwe Studente raad gestig kan word. Een met respek en waardigheid teenoor studente en natuurlik respek vir hulself.
Skandelik – hulle en die Rektor wat ook geen respek van enige-aard het en ook geen respek vir ander het nie.
Daar was nou nie eers een wat eers die saak oordentlik wou ondersoek het voordat die vingertjie gewys was nie.
Soos ek se, ek sien baie uit om te sien wat gaan gebeur.

Rupert Ashford ·

Die Rektor sal vervang word met ‘n ou soos Jonnitin Djensin. Careful what you wish for…

Disselboom ·

Die hele pers petalje en die agbare bestuur van Maties se hantering van die saak wat ‘n jong kleuterjuffrou by haar skooltjie beter sou hanteer het, laat mens wonder: die problematiek mag langs swart-witlyne lê, maar dis nie die werklike probleem nie: die probleem is die papbroekige en onnosele optrede van Afrikaners self in bestuursposte.

anna ·

jy is reg rupert…rather the devil you know…die lamsakke in die bestuursposte is een te veel vir my. veral die japsnoet knaap dmorenburg. wat soek hy daar . hy veroorsaak net rassehaat. hy het ook n geweldige minderwaardigheidskompleks en lyk my sy maatjies en seniors ook. hy sal dit nie eendag ver bring nie. buite die studente raad sal hy n nul wees. hy kry seker net erkenning by hulle.

disselboom ·

Het ons nou so bang geword dat ons lamsakke ongestraf laat gaan?

Oom Harry ·

Julle het vergeet van die persiese mark waar bedelaars bakhand sit en aalmoese bedel met die uitroep “baksheesh, baksheesh!” Hulle is beslis nie Perse nie. Luister ‘n slag na ‘n opname van Ketelby se “Op ‘n Persiese mark”.

John ·

Ons moenie te hard wens vir perskes aan al die bome nie. Daar is ‘n groot beweging wat glo die introu van wit en swart rasse en die nuwe persona wat te voorskyn kom sal ‘n vrederyk tot stand bring waar die wette van die mede en perse nie eers nodig sal wees nie, so goed sal dit gaan. Ons bekende tv-stasie hang ook skynbaar hierdie beleid aan. Die’ idilliese toekoms wag op die agbare bestuur van die US waar selfs die rektor dan sy gesig wit sal kan smeer vir ‘n partytjie sonder om skuldig te voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.