Is Afrikanervrese AfriForum se skuld?

– oor die gebrekkige gehoor van die liberale pers-assistente –

Uittreksel uit By, 23/9 (aanlyn).

Sit en lyk mooi, noem ek dit. As jy Engels is en jy ag taalvrese as onbeduidend, wanneer jy swart is en minderheidsgroepe se neurose as onbelangrik afmaak, of wanneer jy die kan-nie-minder-omgee-nie meerderheid is, maar die minderhede aanval wat oor die toekoms van die land, en veral, die toekoms van hul eie afstammelinge in die land besorg is.

Ek hoor dit gedurig, ander stamme wat aan my wil voorskryf hoe ek my vrese moet oorkom en hoe ek as Afrikaner behoort te rou oor my dooies. En alhoewel dit nie ʼn verskil in die moderne era, in hierdie land behoort te maak nie, doen dit wel. Ek sal graag die stereotipe van binne af wou verander, maar ons het ʼn regeringsbeleid wat my in daardie demografie vasvang. Wanneer Adriaan Basson my misplaaste paranoia uitlig deur ʼn paar wit miljoenêrs met hulle wêreldstandaard-tennisbane op te noem, wonder ek oor die moderne joernalistiek ook.

ʼn Paar basiese vrae bly oor. Een: is hierdie bekommernis geregverdig in ʼn land met ʼn sterftesyfer wat ʼn reuse verleentheid veroorsaak, die hoogste aantal gevalle van moord en verkragting op die planeet, in ʼn land wat besig is om in die grond te duik op elke moontlike wêreldwyeprestasie-indeks. En tweedens, behoort vlak ses teikens van volksmoord net f****n  stil te bly, wat inhou dat wit Afrikanerboere (sowel as alle Suid-Afrikaanse vroue, ons Genocide Watch 2011 mede-teikengroep!) se monde gesnoer is? Vlak agt is wanneer dit verby is en ons almal in ontkenning leef.

Wie is nou eintlik waaroor mislei, Adriaan Basson? (Hoekom mislei AfriForum Afrikaners? By, Saterdag 24 September 2011). Paranoia is ʼn versagtende uitdrukking, miskien selfs ʼn luukse. Jy is nie verkeerd oor die paranoia nie, jy is verkeerd om jouself die reg toe te eien om voor te skryf hoe ander op hierdie vrese behoort te reageer. Dit kan uit enige gemaklike stadskantoor gedoen word waar vreemde voorwerpe wat uit verkragte vroue se baarmoeders gehaal moet word gerieflik uit die oog is en hul geskree buite hoorafstand is.

Die ergste scenario is wanneer jy die geskiedenis ignoreer, om jou kultuur af te skryf tot op die punt waar dit later moeilik is om te verstaan wie jy is, want jy weet nie waar jy vandaan kom nie. In hierdie omstandighede is dit liberale dweepsug om ideologie bo sterflikheid te verkondig. Geen basiese regte in die wêreld kan deur dooies uitgeoefen word nie.

In hierdie debat, is reg en verkeerd natuurlik ʼn oorvereenvoudiging. Netsoos in politiek, kuns, teologie en filosofie is persoonlikhede natuurlik tot gemak aangetrokke. Ek is gemaklik om te weet dat ek ag slaan op die waarskuwings en die tekens lees wat meeste ander mense wat maar net sit en mooi lyk glad nie sou bekommer nie.

In die geval van AfriForum, is dit die enigste burgerregtegroep wat in geregtelike konfrontasie met die ANC gewikkel is (sonder om die belastingbetaler se geld te mors) wat hoegenaamd sukses in die afgelope tyd behaal het waar die regering se vergunning vir die Afrikaner se erfenis, kultuur en ekonomiese oorlewing aan belaglikheid grens. Om die waarheid te sê, die Afrikaner (en wit) minderheid moet nog steeds opdok soos hulle nog altyd gedoen het. Ek dink dadelik aan ʼn onlangse voorval. Die ANC verteenwoordigers veg vir die reg om dieselfde Afrikaner belastingbetalers verkragters en honde wat geskiet moet word te noem (in ʼn lied wat “skiet die Boer” genoem word). Paranoia? Koue sweet is ʼn beter verduideliking van dít wat ek sien wanneer ek deur wit plattelandse gemeenskappe reis en verwoeste landbougrond waar die wit herdenkingskruise op die heuwels die sterftesyfer van die ergste oorloggeteisterde lande in die wêreld laat verdwerg. Dit is vir sommiges ʼn bekommernis. Nie vir almal nie. Laasgenoemde noem die eersgenoemde paranoïes, Adriaan.

Volgens jou, verdedig AfriForum nie ʼn ware minderheid nie aangesien hierdie minderheid ekonomiese mag het. Kom ons klaar dit op. Hulle het bloot ekonomiese middele, wat stam uit millennia van werksetiek, Euro-kulturele momentum, beresenheid en nywerheidsevolusie. Alhoewel die gekoloniseerdes afgunstige individue is, was hulle ook koloniseerbare individue. Dit is onmoontlik om nou vir die verswarende en versagtende invloede van die geskiedenis te vergoed sonder om die geskiedenis van voor af te verdraai. Miskien moet ons die afstammeling van elke slaaf in geskiedenis opspoor? Maar om te sê dat die rykes nie verdedig mag word wanneer hulle in minderhede dien nie, is ʼn ou Stalin-agtige regverdiging vir sosialisme. Of diefstal, soos ek dit sien. Hierdie minderheid, sonder enige politieke mag, het die belasting betaal wat hierdie land al vir eeue lank dra. Hierdie minderheid het die belasting betaal wat die belastingvrygestelde meerderheid vir eeue lank reeds dra. Hierdie minderheid word belas vir ongewone prestasie onder moeilike omstandighede oor baie dekades heen. Hierdie minderheid het op die grense geveg, hulle kinders geoffer in ʼn oorlog om kommunisme dekadeslank uit die land te hou. Hierdie minderheid het die brug oorgesteek tussen samelewings wat ligjare van mekaar verwyder is. Hierdie minderheid het die swart bevolkingsontploffing nooit aan bande gelê nie – soos koloniseerders elders wél gedoen het. Hierdie minderheid het daarna politieke mag opgeoffer en, vir hul ekonomiese prestasie, dra hulle steeds die belastinglas van die menigte.

Mens wonder wat die straf vir die pre-18e eeuse nie-presterende stamme en nasies is? Belasting tot die dood en ondergang van die minderheid het nie ander Suid-Afrikaners bevoordeel nie: werkloosheid is erger as ooit, met die “bonus” van ʼn addisionele 700 000 wit plakkers danksy armoede wat deur die regering veroorsaak is deur middel van sosiale ingenieurswese en propaganda soortgelyk aan joune, Adriaan.

Die Afrikaner is nie die rykste, magtigste minderheidsgroep in die wêreld nie. Afrika het maar net bloot die armste, gewelddadigste, mees ekonomies gestremde meerderheid in die wêreld. Dit is maklik om as die enigste uitblinker uit te staan in ʼn kontinent waar daar vir eons niks gebeur het nie. Die beste wat jy kan doen is om die ongelooflike prestasies van Wiese, Rupert, Dippenaar en Ferreira of die regsgeldige eienaarskap van Afrikaners oor hulle land en hoe hulle met hulpbronne te werk gegaan het, as onbelangrik af te maak.

Jou vraag: waarom fokus AfriForum op wit Afrikaner slagoffers wanneer dit lyk asof swartes die kwesbaarste vir geweld is? Jy ken nie jou statistiek nie. Afrikanervrese is gebaseer op uitwissing ver bo populasie-ratio en meer as wat ons sal voorgee om aan gewoond te wees. My vraag: hoekom is ander Suid-Afrikaners NIE so paranoïes soos Afrikaners nie? Maar nog meer belangrik: die “uitverkose nasie”-propaganda en multikulturele afknouery van reënboogliberale sal eenvoudig nie definisies soos my mense, my stam en my kultuur toelaat nie, veral nie as dit vir hulle saak maak om hulleself demografies as wit of Afrikaner te onderskei nie. (Dit is natuurlik nie van toepassing op swartes nie). En weet ons nie hoekom nie. Samestelling verbloem skuld, min genoeg om seker te maak dat oplossings vir misdaad nooit gekry kan word nie.

Hou asseblief op om aan Suid-Afrikaners voor te skryf waar hulle moet kies om gemaklik, welkom en veilig te voel. Ons trots (jou taboe) en ander Afrikanerbelange, die min wat ons oor het nadat stadsname, wit geskiedenis, Boeremonumente en Afrikaanse universiteite vernietig is, is baie veiliger in die hande van AfriForum as daarsonder. Die haatspraak-statute wat swartes, vroue, gays en enige ander burger beskerm is bloot nie van toepassing op Afrikaners nie, maar danksy AfriForum is dit in die Suid-Afrikaanse howe herstel.

Uittreksel uit By, 23/9 (aanlyn).

Jou naïwiteit oor statistiek is verstommend. Byvoorbeeld, hoeveel van hierdie (verminderde) wit werkloosheid is deur die staat opgelos? Wil jy die wit entrepreneurs straf vir die inkomste wat gegenereer is ten spyte van ons regering se velkleur-gebaseerde beleide, korrupsie en nepotisme? Blameer jy AfriForum dat hulle nie ʼn nasionale viering gereël het wanneer ons sterlikheidskoers van absurd na belaglik gedaal het nie? Blameer jy enigiemand wanneer hulle nie in enige regeringsvooruitskattings glo nie? Jy blameer Solidariteit vir verdeeldheid wanneer die nuwe Suid-Afrika waarvoor ons Afrikaners/witmense gestem het nooit sulke uiterste burgerregtebeskerming of “rassistiese drukgroepe” moes benodig het nie. Moet ons altyd wit voel voor Afrikaan, vra jy? Ja, dit wil voorkom dat, totdat die S in SEB vir Alle Suid-Afrikaners staan, ons niks buiten die S in Sondebok is nie.

Adriaan, die laaste ding waarop jy jou sal moet beroep as ere liberaal is die demokratiese beginsel waarby ’n sekere groep Afrikaners verkies om in ander omstandighede as dié waarop jy so trots is, te wil leef en oorleef. Jou voorreg is dat jy nie hoef op te daag nie. Sal ons iemand soos jy die segsman maak vir Afrikanervrese? Dit sal wees soos om die Gestapo oor Joodse belange aan te stel. Ja, jy sal altyd die reg hê om as Afrikaner namens ander Afrikaners te praat, maar as segsman vir die dooie Afrikaners, het jy jou kanse verspeel.

*Hierdie artikel het oorspronklik verskyn op Steve Hofmeyr se blog.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is onder meer skrywer, aktivis en geselsprogramaanbieder. Hy het meer as 2 miljoen CD's op sy kerfstok en is 'n driemalige SAMA-wenner (insluitende Besverkoopte Suid-Afrikaanse Kunstenaar 2004). www.stevehofmeyr.co.za

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demoerin ·

Ek glo nie enige persoon kan homself die reg toe-eien om namens alle Afrikaners te praat nie. Persoonlik verkies ek om my eie saak te stel, en dus sal ek nie vir jou of Adriaan as segsman kies nie…ook nie Ariforum nie. Maar dis opinie, en ons kan nimmer as nooit almal dieselfde opinie, of denke hê nie. Een ding waar ek wel met Adriaan moet saamstem, is die Afrikaner is besig om een of ander slagoffer identiteit te kweek (of te toon) – en ons post Boere oorlog voorsate draai vandag seker in hul grafte om daaroor.
Oor Kultuur en Taal afsterwe en onderdrukking wil ek nie eers praat nie, want Afrikaans is lewendig en wel, en mens kan dit oral waarneem. En dit sal so bly vir solank as wat ek en jy en elke ander Afrikaner, Afrikaans praat, en sing, en lees, en skryf ens. (Bygesê het ek nogal gedink dit is bietjie dom van jou om gister die saak te noem in jou skrywe – In Engels). Ons kultuur, taal en tradisies se voortbestaan het niks met wette en papier te doen nie, dit het te doen met trots. Dit het te doen met voortbestaan in my voorbeeld en menswees.

Andre ·

@ Demoerin, jy maak my sommer demoerin as jy se Afrikaans is gesond en lewendig. Vir ‘n taal om lewendig te wees het jy letterlik wetgewing nodig om te verseker dat die taal voortbestaan. Afrikaans sal nooit uitsterf nie, maar dit sal ‘n afgewaterde “tweedehanse minderwaardige taal” raak as dit nie op tersierevlak behou word nie. Hoekom? Want jyt nodig om die taal te ontwikkel en te onderhou. Dis soos ‘n teerpad. Die pad is dalk vandag in ‘n goeie toestand. Maar oor 10 jaar, val hy uitmekaar as hy nie onderhou word nie. Wie gaan nuwe terme en woorde vertaal na Afrikaans? Die ander vraag is waarom moet ons (die hele SA) een taal bevorder (Engels) ten koste van ‘n ander taal (Afrikaans) as daai taal reeds ‘n erkende internasionale taal is – dws, daar is vir elke Engelse woord ‘n Afrikaanse woord. Dis nie die geval met ons ander swart tale nie. Waarom bou ons nie eerder al die tale op, asom net op een taal te fokus en die res af te skryf. Agv Kostes? Ja, dis waar, maar dis nie ‘n rede of verskoning om dan Afrikaans wat reeds gevorderd is vir die aasvoels te gooi nie.

Propatria ·

Steve, ek word nie maklik beindruk nie, maar met hierdie skrywe slaan jy n hele klompie sesse. Jou eerste parragraaf en veral die slot laat mens sommer regop sit 10/10

Ek wil egter met n paar dinge van jou verskil;
 Jou verwysing na Afrikaners is vir my bietjie duister, veral in die konteks dat jy Afriforum hierin verdedig, aangesien Afriforum dit ook duidelik maak dat hulle almal wat Afrikaans praat as een groepeering ag. (Sien ander artikels op hierdie werf)
Kom ons kyk gou watter Afrikaners jy na verwys?
1. Die internationale benoeming Afrikaner of soos hulle dit sou stel African?
2. Die Nuwe Suid Afrika Afrikaner soos verwoord deur Pik Botha deur te verklaar dat ons nie onderskeid moet maak tussen bruin en wit Afrikaners nie.
3. Die ou Suid Afrika se gedagte van n Afrikaner was n Blanke wat Afrikaans praat
4. Die ZAR volksraad het n Afrikaner gedefineer as n persoon van Euoropese afkoms gebore ten noorde van die Vaalrivier
5. Laastens het die Bruinman Jurgens Afrikaner wat die stigter van Windoek was homself ook die Afrikaner stam genoem.
Ek kan seker aanvaar dat jy nie verwys na no 1 of 5 nie? Ook seker nie na no 4 nie want die van ons wat wel die Afrikaners soos deur die ZAR volksraad gedefinieer is, noem onself eerder Boere.

Moontlik moet jy eendag hier op die plaas kom kuier sodat ons hierdie sakie kan deurtrap?

Verder probeer ek steeds agterkom of jy uit volksliefde of vrees betrokke raak by die stryd, of nie een van die twee nie maar bloot die verantwoordelikheid teenoor jou ongebore nageslag? (Terloops, ek wou jou nog altyd opreg bedank vir jou aandeel in die aanwas van ons volk, elke kind by maak n verskil, en daarom hoop ek opreg dat jy nog n paar kindertjies sal voortbring)

Wat Afriforum betref dink ek nie jy moet hulle uitsonder as enigste burgerregte organisasie nie, want ek is van mening dat daar heelwat organisasies is wat op aie ander gebiede ook veg vir ons ongebore nageslag se toekoms. Die ander noem hulself moontlik nie burgerregte organisasies nie, maar is in werklikheid wel burgerregte organisasies.

Jy wat Steve is kan ook n baie groot rol speel (Nie dat jy nie reeds doen nie) deur met n paar Boere in die straat te stap en volksliedere te sing sal jy derduisende jong Boere en Boerinne ook kan oortuig om betrokke te raak by die volkstryd, dit werk ook vir wettige terrorisme, aangesien n volksvreemde (So ook die Adriaan Bossof’s) sy broek sal bedinges as hy laataand ‘ken jy dat volk’ moet hoor deur die strate weergalm,en dit sal die gees van verset en die lekker opbouende trots in die volk aanwakker

Steve, ek weet jy is n Boer, weet jy dit? 

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.