Is die al groter wordende kloof in Suid-Afrika werklik?

verdeeldheid

Foto: Deoluakinyemi.com

Kort-kort lees ons in koerante of hoor oor die radio dat nuusstellings gemaak word dat rassespanning in Suid-Afrika aan die toeneem is. Trouens, as gevolg van hierdie opvatting het die regering verlede jaar ’n veldtog teen rassisme gehou, met ’n dag waarop pres. Jacob Zuma selfs ’n openbare toespraak hieroor gehou het – maar ’n afskuwelike gemors daarvan gemaak het.

Daar is veral twee opvattings oor waar die skynbaar al groter wordende kloof vandaan kom. Die een kant verwyt die regerende ANC, en veral die optrede en uitsprake van Zuma. Die ander kant gebruik die apartheidsverlede as knooppunt van redes wat wissel van die natuurlike uitwerking van die sosio-ekonomiese verskille, diep historiese persepsie wat onder meer die blaam op Jan van Riebeeck en kolonialisme plaas, die rol wat etniese selfbewustheid moet speel of nie speel nie, die rol van rasgedrewe geweldsfilosowe soos Franz Fanon en in hibridevorm plaaslik voortgesit deur Steve Biko se nalatenskap asook die inbinding van restourasie – ’n wydlopende en gelaaide term waarvoor ’n rasbewustheid ’n voorvereiste is.

Die wêreld het ’n neutedop geword, en daarom sal dit wat in een land voorkom, dikwels in die een of ander gedaante ook in ander lande manifesteer.

Dit is byvoorbeeld ontstellend opvallend hoeveel ideologiese en retoriese raakvlakke daar tussen die studente-onluste in Suid-Afrika en die VSA gevind kan word.

Wanneer die twee verskynsels naas mekaar bestudeer word, is dit amper of ’n mens van een geheel praat – asof die opgestapelde woede van die Amerikaanse Black Lives Matter-veldtog die opstande in Suid-Afrika daagliks telefonies voed. Ironies sien verskeie Amerikaanse universiteite die oplossing in die skep van etniese koshuise of gange in koshuise, ’n konsep wat byvoorbeeld aan Kovsies se eertydse kultuurkoshuise herinner wat op versoek van swart studente ingerig is, maar later, ná ’n kantelpunt in getalle bereik is, as boos verwerp is.

In Nederland het dié kwessie pas weer publisiteit gekry. Anders as in die Joop den Uyl-era, is dit nie weer Suid-Afrika wat onder die vergrootglas geplaas word en swartgesmeer word nie, maar Nederland self. Die koerant Trouw plaas ’n onderhoud met Will Tiemeijer van die Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid oor die verskynsel van kloofvorming in die Nederlandse samelewing.

Die verskynsel van kloofvorming word erken, maar daar bly ’n skugterheid om die baba by die naam te noem. Die argument is dat hoe meer die media en ander instellings hieroor kwytraak, hoe meer beïnvloed dit die mense se denke, en word die persepsie van die probleem groter as die probleem self.

Is dit goed of sleg dat iets na die ope kom? Met fopnuus wat daagliks deur onder meer die sosiale media mense die war instuur, soms as deel van regerings se slim propaganda, is dit noodsaaklik dat sover moontlik nie doekies met ware feite omgedraai word nie, want as wanpersepsies eers posgevat het, is almal in tamatiestraat.

Teen dié tyd sou Zuma se adviseurs en ander hom lank reeds ingelig het hoe sy godsdiensuitsprake diep klowe slaan. Dat hy volhou daarmee toon dit pas hom goed.

Maar as jy tegelykertyd ’n donkie en ’n tier ry, kom daar ’n breekspul – ’n uitgerekte breekspul in Suid-Afrika.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
botterblommetjie

In ‘n huwelik vorm daar ‘n kloof, wat nog gesê tussen man en vrou, seuns en meisies, gays en nie-gays, gelowe, arm en ryk ens. Mens kan allerlei dinge opnoem. Ek weet werklik nie hoe los mens die al dierperwordende kloof op nie, want al skiet almal mekaar en kla mekaar aan vir rassisme en noem dit… as die basiese dinge rooi laat sien hoe te meer nie die groter prentjie nie…

callie

Kan net nie verstaan nie. Daar is verskillende rasse. Daar is verskillende. kulture. Daar is verskillende gelowe. Daar is verskillende sienings. Van alles wat daar in mense is, is daar verkille. Hou op om alles wat wittes se as rassisme te beskou. Rassisme is net as daar haatspraak by betrokke is. Dis mos nie rassisties as ek uit eie wil en voorkeur wil kuier met witmense van my eie ras of na n wit universiteit waar ek in my taal studeer, wil gaan nie. Ek behandel nie anderskleuriges sleg of beledig hulle nie, ek het net voorkeure oor met wie… Lees meer »

Johan

Grense bring vrede.

Apartheid was die wêreld 40 jaar vooruit.

gerbrandt

Die kloof is al lankal daar. Sal altyd daar wees as rasbeheptheid die heeltyd in ons kele afgedruk word. Laat elkeen sy ding doen met sy eie kultuur. Dan sal dit stop. Maar dit gaan nie. Dit staan so geskrywe.

Ek

Rassime. Dis n woord wat ons as blanke nasie se hare laat rys. Hoekom? Want dis altyd net ons blankes wat rassisties is. Dis wat my kleur laat raaksien. Ek was nog nooit in my lewe n rassis nie. Maar ek begin nou kleure raaksien, daar waar ons regering n lyn getrek het…. ons blankes staan aan die onderkant van daai lyn. Ons word uit gemoor, ons taal word weg gevat, ons geskiedenis word weg gevat. Ons bestaan word dood gevee. Ons as blanke volk het geen regte nie. Hoe kan n mens dan nie n haat ontwikkel nie. Ek… Lees meer »