Is die al groter wordende kloof in Suid-Afrika werklik?

verdeeldheid

Foto: Deoluakinyemi.com

Kort-kort lees ons in koerante of hoor oor die radio dat nuusstellings gemaak word dat rassespanning in Suid-Afrika aan die toeneem is. Trouens, as gevolg van hierdie opvatting het die regering verlede jaar ’n veldtog teen rassisme gehou, met ’n dag waarop pres. Jacob Zuma selfs ’n openbare toespraak hieroor gehou het – maar ’n afskuwelike gemors daarvan gemaak het.

Daar is veral twee opvattings oor waar die skynbaar al groter wordende kloof vandaan kom. Die een kant verwyt die regerende ANC, en veral die optrede en uitsprake van Zuma. Die ander kant gebruik die apartheidsverlede as knooppunt van redes wat wissel van die natuurlike uitwerking van die sosio-ekonomiese verskille, diep historiese persepsie wat onder meer die blaam op Jan van Riebeeck en kolonialisme plaas, die rol wat etniese selfbewustheid moet speel of nie speel nie, die rol van rasgedrewe geweldsfilosowe soos Franz Fanon en in hibridevorm plaaslik voortgesit deur Steve Biko se nalatenskap asook die inbinding van restourasie – ’n wydlopende en gelaaide term waarvoor ’n rasbewustheid ’n voorvereiste is.

Die wêreld het ’n neutedop geword, en daarom sal dit wat in een land voorkom, dikwels in die een of ander gedaante ook in ander lande manifesteer.

Dit is byvoorbeeld ontstellend opvallend hoeveel ideologiese en retoriese raakvlakke daar tussen die studente-onluste in Suid-Afrika en die VSA gevind kan word.

Wanneer die twee verskynsels naas mekaar bestudeer word, is dit amper of ’n mens van een geheel praat – asof die opgestapelde woede van die Amerikaanse Black Lives Matter-veldtog die opstande in Suid-Afrika daagliks telefonies voed. Ironies sien verskeie Amerikaanse universiteite die oplossing in die skep van etniese koshuise of gange in koshuise, ’n konsep wat byvoorbeeld aan Kovsies se eertydse kultuurkoshuise herinner wat op versoek van swart studente ingerig is, maar later, ná ’n kantelpunt in getalle bereik is, as boos verwerp is.

In Nederland het dié kwessie pas weer publisiteit gekry. Anders as in die Joop den Uyl-era, is dit nie weer Suid-Afrika wat onder die vergrootglas geplaas word en swartgesmeer word nie, maar Nederland self. Die koerant Trouw plaas ’n onderhoud met Will Tiemeijer van die Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid oor die verskynsel van kloofvorming in die Nederlandse samelewing.

Die verskynsel van kloofvorming word erken, maar daar bly ’n skugterheid om die baba by die naam te noem. Die argument is dat hoe meer die media en ander instellings hieroor kwytraak, hoe meer beïnvloed dit die mense se denke, en word die persepsie van die probleem groter as die probleem self.

Is dit goed of sleg dat iets na die ope kom? Met fopnuus wat daagliks deur onder meer die sosiale media mense die war instuur, soms as deel van regerings se slim propaganda, is dit noodsaaklik dat sover moontlik nie doekies met ware feite omgedraai word nie, want as wanpersepsies eers posgevat het, is almal in tamatiestraat.

Teen dié tyd sou Zuma se adviseurs en ander hom lank reeds ingelig het hoe sy godsdiensuitsprake diep klowe slaan. Dat hy volhou daarmee toon dit pas hom goed.

Maar as jy tegelykertyd ’n donkie en ’n tier ry, kom daar ’n breekspul – ’n uitgerekte breekspul in Suid-Afrika.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

botterblommetjie ·

In ‘n huwelik vorm daar ‘n kloof, wat nog gesê tussen man en vrou, seuns en meisies, gays en nie-gays, gelowe, arm en ryk ens. Mens kan allerlei dinge opnoem. Ek weet werklik nie hoe los mens die al dierperwordende kloof op nie, want al skiet almal mekaar en kla mekaar aan vir rassisme en noem dit… as die basiese dinge rooi laat sien hoe te meer nie die groter prentjie nie…

callie ·

Kan net nie verstaan nie. Daar is verskillende rasse. Daar is verskillende. kulture. Daar is verskillende gelowe. Daar is verskillende sienings. Van alles wat daar in mense is, is daar verkille. Hou op om alles wat wittes se as rassisme te beskou. Rassisme is net as daar haatspraak by betrokke is. Dis mos nie rassisties as ek uit eie wil en voorkeur wil kuier met witmense van my eie ras of na n wit universiteit waar ek in my taal studeer, wil gaan nie. Ek behandel nie anderskleuriges sleg of beledig hulle nie, ek het net voorkeure oor met wie ek wil meng, leef, studeer en my GOD aanbid. Jy istrots om n swart Tswana of swart Zulu te wees. Net so is ek trots om n wit boere afrikaner te wees. Hou net op, dit sal altyd so wees.

Johan ·

Grense bring vrede.

Apartheid was die wêreld 40 jaar vooruit.

gerbrandt ·

Die kloof is al lankal daar. Sal altyd daar wees as rasbeheptheid die heeltyd in ons kele afgedruk word. Laat elkeen sy ding doen met sy eie kultuur. Dan sal dit stop. Maar dit gaan nie. Dit staan so geskrywe.

Ek ·

Rassime. Dis n woord wat ons as blanke nasie se hare laat rys. Hoekom? Want dis altyd net ons blankes wat rassisties is. Dis wat my kleur laat raaksien. Ek was nog nooit in my lewe n rassis nie. Maar ek begin nou kleure raaksien, daar waar ons regering n lyn getrek het…. ons blankes staan aan die onderkant van daai lyn. Ons word uit gemoor, ons taal word weg gevat, ons geskiedenis word weg gevat. Ons bestaan word dood gevee. Ons as blanke volk het geen regte nie. Hoe kan n mens dan nie n haat ontwikkel nie. Ek probeer baie hard om nie almal onder een kam te skeer nie, maar die geweld teen oor ons blankes en die onregverdigheid teen oor ons blankes maak dit moeilik. N mens kan nie vir altyd blind deur die lewe gaan nie. En hoe meer ek sien en ervaar, hoe meer stoot daai bitter gal in my keel op. So wie se skuld is dit dat daar n kloof in die land is?

Ekke ·

Puik Ek en Johan jy is in die kol.
Al wat ek weet is hier met’n Godelikke doel en die wiel sal weer draai soos dit was.
Ek bid vir ons almal.
Sterke

Johann ·

Ek glo dat die rassisme in SA erger nou is as wat dit 25 jaar gelede was. Daar is meer as 1 rede vir dit. En dit is nie net ‘n wit en swart ding nie.
Ek glo dat die regering 100% verantwoordelikheid moet aanvaar vir dit. Die regering doen NIKS en het nog NIKS gedoen en sal NIKS doen om die verhoudinge te verbeter nie. Die regering blameer nog die wittes na soveel jare vir hulle mislukking. Die uitverkose swartes word net ryker en wanneer die arm swartes daaroor kla, blameer hulle eenvoudig die wittes.
Ek kan nie sien dat daar enige toekoms is vir wittes in Suid Afrika. En ek praat nie hier van die Boere alleen nie.

JC ·

Daar IS ‘n toekoms Johan, vandag, more, ALTYD!! Ons is Hier Johann, is ons nie, in ons VADERLAND, so sal dit wees VIR ALTYD!! Ons leef ons taal, godsdiens, kultuur en sienswyse uit, doen ons dan nie, en daar kom nog… Kyk na Akademia, APA. AROS, Orania, Kleinfontein, FAK, ATKV, Maroela, Afriforum, Solidariteit!, almal trotse kulturele bakens. DIE GEVEG HOU ONGELUKKIG NET NOOIT OP NIE VIR KULTURELE SELFBESKIKKING, MAAR MISKIEN IS DIT ‘N GOEIE DING. Dis LEKKER om vir jou taal en erfenis te veg!!! MULTI-KULTURALISME IS ‘N HENGSE GROOT MITE!

Jan ·

En so het mense met die 2010 wêreldbeker sokker in Suid-Afrika, dit is nou daardie fundies wat in feëverhale glo, geglo dat dit sal nasiebou.

Dan het van hulle nog so ‘n paar maande daarna probeer om mense te laat glo dat tussen 11 en 20 kulture, kan een gelukkige nasie wees, een groot gelukkig familie.

Verdraagsaam ja, dit kan mens wees, en leer om mekaar te respekteer, maar een groot gelukkige familie?.

Jan ·

Ook kan ek vra, wat van as sekere kulture en rasse se helde ander se vyande is, ook uit die idiologie?

Is dit versoenbaar, of moet ons maar net leer om saam met en langs mekaar te leef.

Penellope Jones ·

Wel, wat kan mens verwag as die regering van die dag rassisme as sy hooftema tydens verkiesing gebruik en sodoende verwydering gebring het?
Of as blankes die heeltyd blameer word vir alles en die huidige regering en sy ondersteuners weier om verby apartheid te kyk omdat dit hulle pas gebruik soos en wanneer “”nodig””?
Dis amper onvermydelik dat verwydering plaasvind .

vermeende ·

Intergrasie werk nie, as jy na n oplossing soek dan gaan jy dit nie in wetboeke kry nie ook nie in nuwe wetgewing van die parlement af nie.
Die ware oplossing gaan die mens nie aan nie, God het aan elke volk n grond gebied met sy eie rykdom gegee en dit is waar die andwoord le en nie by n reenboog Utopia nie.

WILLIE ·

Die probleem is, die een groep weet nie meer wie om te haat nie, wie om te blameer nie en teen wie om te struggle nie.
Die ander groep hou egter steeds van bier, braaivleis, rugby (???) en sonneskyn (nie meer so baie van Chevrolet nie). Hulle maak grappies van alles en cope (nie die politieke party nie) sodoende. Hulle besef ook dat WERK die geheim is vir vooruitgang en sukses.
Nou lyk dit my die een groep wil met alle geweld (excuse the pun) die kloof oorsteek, terwyl die ander groep heel happy is aan hulle kant van die kloof.
Nou weet ek nie wat nou nie…

Fanie ·

J C jy kan maar die FAK, en die ATKV uit jou kommentaar uitvee. Dit is twee organisasies wat vér links en liberaal geword het. Hulle is by verre nie meer ‘n mondstuk vir die wit Afrikaner nie. Dieselfde kan ook gesê word van die Afrikanerbond, Rapportryers, asook die Voortrekker beweging.

Skim ·

Ja die kloof word groter omdat die REGERING dit so wil he. Dan is die fokus weg van die korrupsie en wandade wat deur hulle gepleeg word. Terwyl die faksies dit uitfight onder mekaar en bakstene gooi en plekke aan die brand steek en ‘n hele Kaap uitgewis word deur brande sit hulle en MOéT shampagne drink en sushi eet … Die feit dat NET wit rassisme en nie SWART BANALE RASSISME aangespreek word nie, maak die kloof nog groter want waar mense hulle darem altyd nog op die regstelsel kon beroep, FAAL hulle die landsburgers wat hulle salarisse betaal by die dag net nog meer!

Johann ·

Kyk nou na die nuutste van gister met die bakkie wat nou weer aan die grootklok gehang word. Die mense wat agter die deur staan en die media wat kompiteer oor die sensasie, is die grootste probleem, buiten vir No ! en die ANC, veral die jeugliga.

Leendert ·

Wat ook nog vure stook wat vir die media soos manna uit die lug val is daardie opportuniste wat die kwaad in elke dingetjie sien. Baie van die mense wat die ‘slagoffer’ is, is ongeskoold of halfgeskoold, dan wil die oppotuniste vir daadie mense omarm en verduidelik watter kwaad is aan hulle gedoen, dat hulle verneder is en dat die ander persoon ‘n boos mens is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.