Is die einde van liberale demokrasie in sig?

landsvlae

Foto: Malaysofmalaysia.blogspot.co.za

Oor minder as twee weke sal Barack Obama nie meer die president van Amerika wees nie. Teen Maart sal die regse Partij voor de Vrijheid in Nederland die grootste party wees en teen Mei sal twee regse kandidate mekaar die stryd aansê in die presidentsverkiesing in Frankryk. Teen September sal die Alternatief vir Duitsland in Duitsland die beste prestasie vir ʼn regse party in enige verkiesing in dié land sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog behaal.

Die fout wat baie politieke kommentators maak, is om hierdie en talle ander politieke verskuiwings wat die afgelope paar jaar veral in Europa begin plaasvind het, as ʼn blote skuif na regs af te maak. Die Amerikaanse paleokonserwatiewe skrywer, Pat Buchanan, skryf egter onlangs die politieke verskuiwing in Europa en Amerika voorspel eerder die einde van liberale demokrasie.

In baie opsigte is die verval van liberale demokrasie in die Weste reeds voorafgegaan deur soortgelyke tendense in ander wêrelddele. In Rusland, Turkye, China, Egipte en die Filippyne is daar groot steun vir sterk, byna outoritêre leiers.

Die wyse waarop miljoene kiesers in Amerika talle ou politieke idees oorboord gegooi het om vir Donald Trump te stem, is nog ʼn voorbeeld hiervan. Ook in lande soos Pole en Hongarye, is effens meer outoritêre regerings met sterk populistiese leiers baie gewild.

Terwyl Amerika en Europa gedink het die val van die Sowjetunie, die Arabiese Lente en die verwydering van diktators soos Saddam Hoesein en Muhammar Ghaddafi, tot liberale demokrasie in Oos-Europa, die Midde-Ooste en ander Derde Wêreldlande sou lei, het die teenoorgestelde egter gebeur. In Oos-Europa en die Midde-Ooste kies burgers toenemend sterk leiers wat die homogene kultuur en waardes van die lande in stand wil en kan hou.

Westerse lande kan nie anders as om dieselfde pad te loop nie. Die sekularisering van die afgelope paar jaar, saam met massa-instroming van immigrante uit arm, meestal Moslemlande, het ʼn nuwe bestaanskrisis vergelykbaar met die krisisse wat tot die Eerste en Tweede Wêreldoorloë gelei het, veroorsaak.

In lande soos Nederland, Frankryk en nou selfs Duitsland, soek dieselfde mense wat nog onlangs liberale demokrasie byna tot staatsgodsdiens verhef het, verandering en spesifiek die soort verandering wat tot die behoud van identiteit, kultuur en godsdiens aanleiding sal gee. In Frankryk staan die linkse Sosialistiese Party geen kans dat sy kandidaat eers tot die finale rondte van die presidentsverkiesing sal deurdring nie. Die Franse sal in Mei tussen ʼn regse en nog meer regse kandidaat vir president kies. Wie ook al verkies word, sal waarskynlik immigrasie teenwerk en die Franse kultuur en taal beskerm.

In Nederland en Duitsland sal regse partye so goed doen dat die politieke agenda vir die volgende vier jaar heelwat sal verander met immigrasie, identiteitskwessies en die toekoms van outonome state binne Europa wat waarskynlik op die voorgrond sal wees.

Vanjaar sal die internasionale politiek gekenmerk word deur meer en meer leiers wat hul rug op die liberale demokrasie wat reeds misluk het, sal keer en wat werklikheidspolitiek op die terreine van handel, immigrasie, internasionale konflik en die beskerming van grense sal beoefen. Die toekoms van die Weste sal vanjaar bepaal word.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jan ·

Ek sien al hoe stik ‘n paar manne in Suid-Afrika, onder andere Max, aan sy tee as hulle hierdie moet lees.

Ryn hardt ·

Wereldwyd is die haat besig om toe te neem teen die liberale wat ellende veroorsaak het ! In VSA, Europa en selfs SA begin die liberale ongewild te raak.In SA moet witttes heeltemal wegbreek van die klomp liberale wat ons groot struikelblok van vooruitgang is.In Frankryk en ander dele van Europa sal jou regse groeperings meer begin opskiet soos paddastoele, voordat vierde reich kom.

JC ·

A, derde Ryk = Hitler se Ryk.
Vierde Ryk, AfD-Alternatief vir Duitsland!!
Jy weet mos…third reich ens, ens.

Henry ·

JC
By ‘n ander artikel sê jy:
“Veral met die skynbare goedgesindheid van die nuwe, NUWE wereldorder, kan ons dalk ‘n houding verwag wat ons onafhanklikheid erken as aparte staat.”

Is die Vierde Ryk deel van die “NUWE wereldorder” wat die “aparte staat” waarna jy verwys, gaan erken?

JC ·

Henry, die “nuwe wereldorde” is een waar die diktatuur van die liberalis (“liberaal demokratiese ” idees) nie meer gaan geld nie en waar politiese korrektheid nie meer gaan gedy nie. Jy moet onthou dat die liberalisme en PC as wapen deur meerderhede, soos veral in SA, gebruik word om minderheids regte as’t ware te elimineer en te negativeer en is dit ‘n “Siek” wapen van skrikwekkende aard. Die term “Vierde Ryk” is bloot simbolies en semanties van aard natuurlik in terme van die rigting van huidige wereldneigings d.i. n nuwe begin (Ryk) -dank God miskien sonder MERKEL :-( . Die punt is dat die “diktatuur” of voorskriftelikheid (die oorwinning) van die liberaliste sedert die einde van WO2 ( juis as gevolg van ‘n onnodige en ongevraagde oorreaksie op die gruwels van en gevolge van die oorlog, welke “gruwels” eintlik heel natuurlik is want oorlog is in my opinie ‘n natuurlike toestand van die mens, maar tog lelik) wat o.a. aparte ontwikkeling (staatsskap) ondermyn het en dit as sleg of sinister afgemaak het; aan’t kwyn is en dat die wereld juis meer simpatie vir bitter klein minderhede soos ons Afrikaners kan he wat ons kultuur, taal en erfenis op die wyse (aparte ontwikkeling) wou beskerm en weer verwesenlik; omdat hulle nou regstreeks ervaar die gevare van “multikulturalisme”, en sodoende nuwe begrip het, vir kulturele soewereiniteit sonder die bedreiging van haat, jaloesie, venyn, ontkenning van, en ondermyning van kulturele regte.

Henry ·

JC
Jammer. Ek deel nie jou optimisme dat minderhede ‘n beter toekoms tegemoet gaan nie.

JC ·

Hey Henry, geen probleem.
Jy is immers geregtig op jou opinie.

Sebastiaan ·

Rynhardt, ek sou baie versigtig wees met sulke stellings van ‘n 4de Reich. Dit is juis die linkses wat so redeneer: AFD, FN, PvdV, Ukip, Trump=Nazis. Baie simplisties. Politiek is ook onvoorspelbaar, en moenie vir ‘n oomblik dink die liberale wêreldorde gaan sommer so verdwyn nie. ‘n Harde stryd le voor en waarna ons moet strewe is vryheid en ‘n morele, geordende samelewing vir elke volk, die herlewing van Christelike waardes, nie die vervanging van ‘n linkse onverdraagsaamheid deur ‘n regse onverdraagsaamheid nie.

Jippieeeeee ·

Wys my een land waar LIBERALE aan bewind is waar dit goedgaan en mense se regte nie onderdruk word nie. Wys my een LIBERALE land waar dit ekonomies voorspoedig is! Waar daar ‘n balans is is daar altyd meer ekonomiese groei en vooruitgang en ook minder onderdrukking van menseregte. Ek sal jubel as al die LIBERALE regerings hulle alies sien, want dit is NIE demokrasie nie. .. as een ou se REG ‘n ander ou se reg INPERK is dit nie demokrasie nie. As die meerderheid die minderheid ondermyn en disrespekteer is dit ook nie demokrasie nie, so eintlik werk die woord liberaal en demokrasie nie langs mekaar nie. As minderhede nie ook regte en verteenwoordiging het nie, help hulle stemme (dus demokrasie) glad nie. Ek dink Europa met hulle “welkom aan almal beleid” het ook nou hulle fout agtergekom, vra maar vir Frankryk en Duitsland.

John ·

Ek stem nie saam nie. Hierdie poging/hoop om terug te keer na die ou rustige wee, is futiel… te laat, maak nie saak wat ‘n party genoem word nie. Die duiwel en trawante is uitgelaat uit Pandora se kis en hulle het bloed geruik… Oraloor… Die immigrante in Europa gaan inskop en eise stel wat selfs Hitlers sou laat swymel. Die Duitsers gaan voel hoe die Jode gevrees het. Die Pole se nuwe generasie Nazi’s het ander planne… Was van die ergste kampe gedurende die 2e WO nie daar nie? Die hoop beskaam. Jammer.

At ·

Liberales is onverdraagsame moeilikheidmakers wat vrye teuels in media gegee word om hul propaganda te verkondig. Media (daar is enkele uitsonderings) is maar net te gewillig om saam kwaad te stook en hierdie verdraaide sienings op mense af te dwing. Kwansuis as “meningsvormers”. Die wêreld is verrot van liberale-psigose!

JoeV ·

Die linkse media in die VSA vat veral nou slae oor die “inmenging” van Rusland in die verkiesing, wat soos dit nou lyk nooit plaasgevind het nie. Mens kan dan nie anders om te wonder tot hoe ‘n mate ons eie situasie beinvloed is voor 94 deur die Afrikaanse en dieselfde VSA media van die tyd met valse berigte en ander bog.

JC ·

Soos P Buchanan tereg se: die Media establishment het inderdaad die “4th estate” geword wat deur hul leuens, hipokrasie en manipulasie die wereld wil vertel wat is reg en wat is verkeerd, maar word hul nou met ERGE haat en venyn bejeen!! Die media establishment (en liberale politici wat inderdaad die grootste saaiers van onmin, haat, wanorde, selfontkenning, oikofobie en anargie is, terwyl hul “gelykheid” preek-daar is NIE so iets soos “gelykheid” nie maar gelyke kanse, maar dan moet jy dit verdien!! ) het te ver gegaan is nou die mees GEHATE groep in die wereld, maar steeds hou hul nie op om hul giftige vitrioel te saai nie wat die bevolkings net MEER die herrie inmaak. Ek stem nie saam met John nie, want ek sien hierin ‘n STERK beweging terug na CHRISTENSKAP, tradisionale en gesonde waardes en identeite en miskien nog die terugkeer van ‘n vorstehuis of 2 hehe! Hallelujah, die wereld is op sy kop gekeer, vir goed. Wetenskap is nie die antwoord nie, maar is onderhewig ook aan God se wil, dit weet ons nou en is inderdaad MEER “an act of faith” as om geloof in God te he.
EK IS ‘N AFRIKANER, EN NIE ‘N INTERNASIONALIS met SLEGS ‘n voorgeskrewe aantal “menseregte” nie, INTERNASIONALISME IS DOOD, GLOBALISASIE IS DOOD!! Geloof is terug (vir goed), KULTUUR is terug, IDENTITEIT is terug, Nooit weer sal ons so gemanipuleer word deur die heidense media nie wat verkondig geloof en kultuur is afgestorwe waardes!!

Anoniem ·

Ek wens ek kon saamstem JC, maar ongelukkig beteken regse regering geensins Christenskap nie.
Die Bybel is baie duidelik dat Christene groot vervolging en onderdrukking sal ervaar in hierdie lewe en dus nie ‘n regering wat grootskaals terugkeer na Christenskap nie. Die Bybel vertel dat in die laaste dae gaan “dinge net vererger” en eintlik verskriklik word.
Wat SA betref, sal hier baie waarskynlik nooit weer ‘n sogenaamde regse regering aan bewind wees nie. Die meerderheid mense in SA is nie Afrikaans sprekend nie…Selfs al verdwyn Z mettertyd van die toneel en selfs al gebeur die onwaarskynlike dat ‘n ander party as die ANC aan bewind kom, sal dit baie waarskynlik nie ‘n regse Afrikaanse party wees nie.

Loeis ·

Liberaal (Engels: Liberty) beteken vryheid. Daarteenoor kwalifiseer (linkse) denke soos gedwonge integrasie, afskaling van taal-, kulturele en ander regte wat daarop neerkom dat mense nie toegelaat word om self oor hulle sake te besluit nie, nie as liberaal nie. Net so kan ‘n baie konserwatiewe benadering vryheid en menslike keuses inperk.

Indien politike leiers nie doen wat die buiteland of ander groeppe wil he hulle moet doen nie, kan dit gebeur dat hierdie leiers dikvellig optree en steeds hulle mandaat uitvoer. Dit kan outokraties of radikaal genoem word, maar steeds die mense se demokratiese keuse verteenwoordig. Die teenoorgestelde kan ook gebeur: die leiers kan swig voor druk en dan nie hulle mandaat uitvoer nie. In so geval word die kiesers se keuse en dus hulle politieke vryheid / liberaal demokratiese keuse in die praktyk van hulle weggeneem. Beide linkse en regse leiers kan hulle hieraan skuldig maak.

En helaas, wat beteken ‘n regering tog as hulle nie doen wat hulle mense wil he hulle moet doen nie? Regeerders is ons, die mense, se werknemers, ons betaal hulle salarisse, en dit is die mense se reg om die organisasie te herstruktureer, al kos dit dikvellige leiers om onverskrokke hulle beleid en dus mandaat deur te voer. Dit beteken natuurlik dat elkeen van ons ‘n PLIG het om te weet wat ‘n onafhankklike kandidaat of ‘n politieke party se beleid is voordat jy jou kruisie agter daardie naam gaan trek.

Peter ·

Waarom het byna 2-miljoen kiesers in die referendum “ja” gestem? Hulle het “ja” gestem omdat hulle nie die leier geken het nie.
As ‘n politikus in Australië lieg, of valse beloftes maak, stem niemand ooit weer vir hom nie.
As die kiesers hom by die daaropvolgende verkiesing uit stem, kan dit wees dat hy “lewenslank” werkloos gaan wees.
Maar as hy al sy verkiesingsbeloftes nakom, kan sy ondersteuners besluit om hom nog ‘n kans te gee.
In ons land is dit nie so nie. As jy vir die volk “eie skole en eie woonbuurtes” belowe het, of, as jy vir die volk sê:”Slegs die N.P. kan die ANC klop”, en dit gebeur nie, dan is dit ook maar reg so! En as jy sê die “nee”-stemmers stem vir oorlog, terwyl die “ja”-stemmers vir ‘n beter Suid-Afrika stem, dan maak dit nie saak as jou beloftes nie nagekom word nie. Inteendeel, dan word jy met die Nobelprys vir Vrede beloon, terwyl die stemvee teen gemiddeld 2 elke 24 ure afgemaai word.

Loeis ·

Vandag se daardie selfde mense dat net die DA die ANC kan klop. Wat ironies is, synde Helen Zille en haar Black Sash in die eerste plek so hard baklei het om die ANC aan die bewind te plaas. Mense is maar bietjie stadig van begrip.

Terloops, Peter, jou verwysing na politici wys ‘n ander probleem uit: leiers belowe iets maar die party besluit dan op iets anders. As ons bv ‘n stelsel gehad het waarin slegs onafhanklike kandidate verkies kon word, sou elke kandidaat makliker by sy of haar spesifieke beloftes gehou kon word.

Zach Coetzee ·

Wat sal ‘n beweging na regs vir ons inhou? As ons demokrasie na regs beweeg voel dit asof die diktatuur van die meerderheid sal floreer, dan nie? Blindweg regs of links is ewe gevaarlik. Balans stellig beter. Ek dink die ‘grondwetlike waardes’ (liberaal?) behoort minderhede meer te beskerm as ‘bewegings na regs.’ – ten minste teoreties. Alhoewel ek moet toegee dat die regstelsel onder die Grondwet deesdae minderhede meermale in die steek laat – of gladnie groepsregte wil erken nie – sien nou maar die skole uitsprake van die onlangse verlede. Selfs private eiendomsreg is erg beleerd in wetgewing. Pasop vir jubel as iets dan ‘regs’ sou wees. Neo-liberale ekonomie se beklemtoning van markkragte is tog nie maklik weg te wens nie (die wil van die koper wat rigting wys aan die ekonomie)

Peet J ·

Wat ookal gebeur in Europa, Amerika en die Westerse lande wat natuurlik die implementering van demokrasie wat gepaard gaan met liberale vrysinnigheid aanvaar het maar weens politieke omswaai na regs moontlik die einde in die gesig staar sal, inagnemende die huidige ANC regering se konstitusie , die minderheids groepe waarvan die Afrikaner deel uitmaak in die NSA geensins op enige gebied hierby baat vind nie.
Die Afrikaner het een kans om sy eie woongebied te bekom en dit is om aanspraak te maak op sy intellektuele vermoëns en kulturele opvoeding wat hom onderskei van die nasies met wie hy moet saamwoon. Ongelukkig beskik die Afrikaner nie oor ‘n verteenwoordiger in die parlement om met die regering oor grondverdeling te onderhandel nie, maar kritici deur politieke partye ontbreek gewoonlik nooit nie.

Izak ·

As SUID AFRIKA gesuiwer is van immigrante uit AFRIKA, dan eers sal hier harmonie wees tussen SUID AFRIKANERS.
DAAR BEHOORT INDRINGENDE GESPREK DEUR BOERE EN AFRIKANER LEIERS GEÏNISIEER TE WORD
MET AFRIKA LEIERS….OOR DIE HERINSTELLING VAN GRENSE EN TOEPASSING VAN GRENSBEHEER TUSSEN LAND IN RUIK VIR BEFONDSING VAN MYNBOU EN INDUSTRIËLE EN LANDBOU ONTWIKKELING TEN EINDE HULLE MENSE EN Ñ GROOT DEEL VAN ONS EIE SWART KUNDIGHEID DAAR TE ONTPLOOI

JC ·

Dankie vir jou optimisme en innoverende vorentoe-kyk idees Izak, dit gee mens hoop dat daar ouens is wat darem buite die boks dink!
Agri SA en Transvaalse Landbou Unie-neem kennis asseblief en vorm ‘n drukgoep!

gatiep ·

Dankie JC goeie berig.
N wereld moet net nie te ver regs gaan nie want dit is wat vout gekom het onder die lingses. Ons het heeltemal lings beweeg en nou sit ons in n kinderagtige belaglikke wereld. Dit lyk of Trump en Putin in die middel is so ons is ok met hulle 2 aan die stuur van wereld.

DewaldS ·

‘Liberaal’ en ‘demokrasie’. Wonderlike towerwoorde. Iemand wat ‘liberaal’ en ‘demokraties’ is, is sekerlik ‘n ou stappie bo die onliberale ondemokratiese tipe?

Die grappie is dat die gemiddelde ‘liberale demokraat’ so gevlei word deur daai etiket dat hulle van die mees psigopatiese, onliberale denkrigtings en groeperinge in die wêreld sal ondersteun solank hulle egotjies net gepoleer word en hulle ontsteldhede en ontnugterinkies net so bietjie meer belangrik as die ander mense s’n is?

Massa-waansin. Op sy heel beste.

James ·

Jaco Kleynhans noem in die berig dat mense in lande soos Rusland, China, Egipte, Filippyne esm. ‘n steun is vir sterk, amper outoritere leiers is.
In die Filippyne het hulle hul nuwe president gekies om op te staan teen die dwelm-handelaars en korrupsie.
In China is daar geen keuse nie. Die Amerikaners was nog skaars in die lug en die ink nog nat op die papier, nadat die verdag, na die tweede wereld oorlog, geteken is, toe Mao ‘n staatsgreep toepas en die Nasionaliste landuit jaag. Vandaar, in die grondwet, kan geen ander party China beheer nie, net die CCP (Chinese Communist Party). Die mense praat nie want daar is vervolging baie erg. Hoe weet ek dit? Ek bly oor die 20 jaar daar.

Die punt is net dat mense wereldwyd gatvol is vir die “Politiese Korrektheid” waansin is waarin ons nou lewe.

Scientia Munit ·

Ek dink ons oorskat die gewone Europeer se doelwit. Buitestanders moet oppas dat hul nie meer lees in wat die Europeers doen/se/stem wat wat hul self daarin sien nie. Hulle word gekonfronteer met vreemdes en reageer nasionalisties by die stembus. MAAR dit beteken nie dat hul ondemokraties of outoritere bestelle najaag nie. Allermins. Liberale demokrasie is diep genoeg gewortel om nie deur globalisering en vlugtelinge vernietig te word nie. Aanpassings ja, maar n nuwe orde? Nee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.