Is Geloftedag nog relevant?

geloftedag

Sonstraal op die senotaaf in die Voortrekkermonument. Foto: Commons.wikimedia.org

Deur Christoff van Wyk

Wat doen jy as daar nie meer hoop is nie? As alles waarop jy staatgemaak het, besig is om om jou te verkrummel en inmekaar te val? As jy van een slegte situasie vlug en jouself dan trompop teen die arms van moedeloosheid vasloop?

Vir die Trekkers was 1836 tot 1838 so ’n tyd gewees. Die verliese wat gely is, was verskriklik en die bietjie hoop wat soms deurgesyfer het, was gewoonlik van korte duur. Die Oosgrens van die Kaapkolonie het ondraaglik geword en uit dele van Pieter Retief se manifes van 1837 kan daar duidelike ooreenkomste gesien word met wat ons vandag ook in Suid-Afrika beleef:

“… oproerige en oneerlike gedrag van rondlopers wat toegelaat word om die land te kwel, … ons sien geen vooruitsig op vrede en geluk vir ons kinders in ’n land wat verward is met inwendige beroeringe nie; … ons kla oor die stelselmatige rowery; … ons kla oor die vooroordeel, … ons wens dat ons ’n stiller lewe sal geniet as wat ons tot nog toe gehad het …”

Hoewel die 23 000 Trekkers wat uiteindelik die Kaapkolonie verlaat het, goed besef het dat die land waarheen hulle trek vol uitdagings sou wees, kon niks hulle voorberei op dit wat sou volg nie:

  • In 1836 verdwyn die Van Rensburg-trek spoorloos in die gebied rondom die hedendaagse Maputo, Mosambiek, en daar word sterk vermoed dat hulle almal deur ’n plaaslike swart stam vermoor is.
  • Op 20 Oktober 1836 word Hendrik Potgieter se laer by Vegkop aangeval deur ’n Ndebele-mag van tussen 3 000 en 4 000. Die oorwinning wat tydens hierdie slag deur ’n handjievol verdedigers (35) behaal is, was egter bittersoet. Twee Trekkers is dood en ongeveer 5 000 beeste, 50 000 skape en 100 perde is deur die Ndebele-stam weggevoer.
  • In 1837 bereik die goeie nuus die Trekkers in Natal dat Piet Retief en sy trek op pad was om by hulle aan te sluit. Tydens die daaropvolgende “volksvergadering” by Thaba ’Nchu word hy as leier van die Trekkers verkies en op 6 Junie 1837 formeel beëdig as goewerneur van die nuutgestigte De Vrije Provincie van Nieuw Holland in Zuid-Oost-Afrika. Reeds in November van dieselfde jaar besoek Retief vir Dingaan om oor grond te onderhandel.
  • Op 6 Februarie 1838, nadat Retief en sy geselskap (70 Voortrekkermans en 30 agterryers) al gereed was om te vertrek, ná twee dae se onderhandelinge, stuur Dingaan vir hulle ’n uitnodiging om hom vir oulaas in sy kraal te besoek. Ten spyte van vele waarskuwings stem Retief in. Teen sononder het hulle lyke verstrooi aan die onderpunt van Aasvoëlkop gelê. Britse sendelinge wat daar naby teen ’n heuwel gebly het, was ooggetuies en kon die hele verhaal van hulle gevangenskap en moord later op betroubare wyse weergee.
  • Dingaan besluit dat dit nou die tyd is om af te reken met die Trekkers en op die nag van 16 op 17 Februarie 1838 word die niksvermoedende Maritz- en Retief-trekke wat langs die Bloukrans- en Boesmansrivier uitgekamp het, aangeval. Tydens die aanval, wat later bekend gestaan het as die “Groot Moord”, is 282 wit en 250 bruin mense vermoor onder wie 185 kinders. Die grootste enkele kindermoord in die geskiedenis van Suid-Afrika. Die dorpie wat later naby hierdie moordtoneel sou ontstaan, is heel gepas Weenen genoem.
  • Die strafkommando onder leiding van Piet Uys en Hendrik Potgieter wat uitgestuur is om die Trekkers se 25 000 beeste en ’n groot getal skape, bokke en perde terug te kry, eindig in tragedie toe Uys se kommando in ’n hinderlaag gelei word. Tien mans, onder wie Piet Uys en sy seun Dirkie, verloor op heldhaftige wyse hul lewe en die kommando moes noodgedwonge opbreek en terugval.
  • Op 23 September 1838 sterf Gerrit Maritz weens siekte in die ouderdom van 41 jaar. Hy was ’n ankerfiguur en prominente leier onder die Trekkers wat veral ná die “Groot Moord” as weesheer vir die groot getal weduwees en weeskinders opgetree het.

Die situasie vir die Trekkers het in hierdie stadium hopeloos gelyk. Leierloos en haweloos met die meeste van hulle wat oornag in armoede gedompel is weens die veediefstal en plundering, terwyl die bedreiging van nog ’n Zoeloe-aanval op enige oomblik glad nie uitgesluit was nie.

Genadiglik het daar in hierdie stadium twee leiers na vore getree, by name Sarel Cilliers en Andries Pretorius. Dit is hulle wat uiteindelik deurslaggewende rolle gespeel het in die militêre mobilisering en die geestelike leiding, wat in daardie stadium so nodig was met die Trekkers se moreel wat op ’n totale laagtepunt was. Dingaan het besef dat hy nie nou kon stop nie en daarom stuur hy sy grootste mag tot nog toe uit, bykans 10 000 impi’s, om die Trekkers wat oorgebly het aan te val. Die Trekkers wat bewus geword het van die naderende mag, trek laer op die banke van die Ncomorivier en vanaf 9 Desember 1838 word daar elke aand tydens aandgodsdiens ’n gelofte afgelê. ’n Gelofte dat as God hulle die oorwinning gee in die geveg wat sou kom, hulle die datum elke jaar sal herdenk as ’n dankdag en dat hulle ’n kerk sal bou tot sy eer en dat hulle ook aan hulle kinders sal vertel hiervan “tot die nagedagtenis van opkomende geslagte”.

Op 16 Desember 1838 het die Slag van Bloedrivier plaasgevind. Die Trekkers het in baie ongunstige omstandighede geen noemenswaardige verliese gely nie terwyl 3 000 Zoeloes gesneuwel het. Indien die lewensverlies in ag geneem word, is dit die grootste enkele geveg wat nog ooit op Suid-Afrikaanse bodem plaasgevind het. Bloedrivier het daartoe aanleiding gegee dat Dingaan se mag verbreek kon word, dat die Republiek van Natalia in 1839 gestig kon word en dat die Zuid-Afrikaanse Republiek later in 1852 tot stand kon kom.

Wat maak die Gelofte en die gebeure rondom die Slag van Bloedrivier vir ons relevant vandag?

Geloof

Die Gelofte was ’n belydenis van afhanklikheid. ’n Gemeenskap wat in verootmoediging sy absolute afhanklikheid teenoor God verklaar en sy verlossing gevra het uit ’n situasie wat menslik gesproke hopeloos was. Hoe dikwels vergeet ons dit nie? Ons wêreld stort so maklik in duie wanneer die aardse goed waarin ons ons vertroue plaas, faal. Hetsy dit nou tegnologie, mense of die natuur is. Dit is in hierdie tye dat ons skielik weer tastend en soekend begin rondkyk na vastigheid en geloof. Die geloof van ons voorouers behoort vir ons ’n baken te wees in hierdie tye. Op Geloftedag kan ons met vrymoedigheid weer besin oor die feit dat die God van die Trekkers by die Ncomorivier vandag steeds die God is van elke Afrikaner en Suid-Afrikaner wat besluit om Hom aan te roep in afhanklikheid.

Geskiedenis, tradisie en identiteit

In die sogenaamde modernistiese en postmodernistiese kultuur waarin ons vandag lewe, het ’n tydsgees van hiper-individualisme posgevat, wat veroorsaak dat mense al meer op die self fokus en al minder op die gemeenskap. Dit veroorsaak onder meer dat mense vandag afgesny word van hulle herkoms, tradisie en kultuur omrede hierdie faktore met die eerste oogopslag nie meer van toepassing is op hulle lewe nie. Dit gebeur ook dikwels dat die geskiedenis deur die regeerders van die dag herinterpreteer word, wat weer aanleiding daartoe gee dat jongmense hulle eerder wil dissosieer van hulle eie geskiedenis. Op hierdie manier gaan die identiteit van ’n gemeenskap verlore en kan so ’n gemeenskap in ’n ware bestaanskrisis verval. In hierdie opsig behoort Geloftedag te dien as ’n manier om ons kinders weer bewus te maak van die Afrikaner se storie en waar ons vandaan kom, en veral dat apartheid nie die slotsom van Afrikaners se bydrae tot Suid-Afrika is nie. Hierdie verantwoordelikheid begin by ouers, maar strek ook verder na skole, kerke en ander kultuurorganisasies.

Staatsgemeenskap of ’n ware gemeenskap

In 1994 is die openbare vakansiedag, wat sedert 1952 as Geloftedag bekend gestaan het, verander na Versoeningsdag. Die motivering wat aanleiding gegee het tot hierdie besluit, was dat die nuwe regering binne die raamwerk van die nuwe demokratiese bestel versoening oor kleur- en kultuurgrense heen wou bewerkstellig. Op  hierdie wyse sou die verdeeldheid van die verlede kwansuis oorbrug word. Die feit dat die nuwe regering juis gekies het om 16 Desember te herdoop, is baie insiggewend.

Indirek was daar gesê dat die viering van ’n histories geskiedkundige gebeurtenis vir Afrikaners nou opsy geskuif moes word om plek te maak vir ’n nuwe dag wat eerder die Suid-Afrikaanse identiteit en nasiebou moes probeer bevorder. Ons het hier te doen met ’n goeie voorbeeld van die konflik tussen ’n staatsgemeenskap en ’n ware gemeenskap.

Die moderne regstaat is in teoretiese terme die uitvoerder van die “wil van die mense”. Maar hierdie term, will of the people, is misleidend, want hoe bepaal die staat wat die wil van die mense is? En hoe kan die staat gehoor gee aan elke verskillende individu se wil? Die antwoord is eenvoudig. Die staat kan nie. Dus bepaal die staat self wat die wil van die mense behoort te wees en lig dan die mense bloot in wat hulle wil moet wees. Op hierdie manier is daar iewers tussen politieke leiers besluit dat die wil van die mense versoening behoort te wees en daarom sou Geloftedag van nou af Versoeningsdag heet.

Die enigste probleem met ’n staatsgemeenskap is dat dit ’n onnatuurlike verskynsel is, omrede mense nie op hierdie manier funksioneer nie en beslis ook nie ware gemeenskappe nie.

Prof. Danie Goosen skryf in sy boek, Oor gemeenskap en plek, dat die konstituerende aspekte van gemeenskap twee kernelemente bevat, naamlik mede-verskyning en gemeenskaplike sake.

Met mede-verskyning: “…. val die klem op die gebeure tussen mense, op hulle interaksie, op die saamwees in die werkwoordelike sin van die woord.”

Met gemeenskaplike sake word bedoel: “… dinge wat nie noodwendig aan die jongste modegier onderwerp is nie, maar wat eerder deur ’n sekere onveranderlikheid gekenmerk word. Laasgenoemde lê opgesluit in daardie dinge wat gemeenskappe met mekaar deel en wat oor tyd heen ’n vaste karakter verwerf. Ons noem dit die gemeenskaplike sake.”

’n Staatsgemeenskap word deur die staat saamgeflans vanuit ’n kunsmatige idee van samehorigheid en die uitvoering van die mense, oftewel die staat se wil in absolute onderdanigheid aan die staat.

’n Ware gemeenskap word deur die natuurlike interaksie tussen mense geskep en oor tyd gebou vanuit ’n tradisie waar sekere gemeenskaplike sake en gedeelde waardes as samebindende faktore optree. Deur Geloftedag te vier, eerder as Versoeningsdag, kies ons om eerder deel te wees van ’n ware gemeenskap as ’n staatsgemeenskap.

Versoening

Ware gemeenskappe, en veral Christen-gemeenskappe, wil altyd in vrede met ander individue of gemeenskappe saamleef. Daarom staan versoening nie net sentraal binne die evangelie van Jesus Christus wat die mens met God kom versoen het nie, maar beklee versoening ook sy regmatige plek binne enige ware gemeenskap. Binne ’n staatsgemeenskap word versoening as ideologie misbruik om mense onderdanig te maak aan die staat wat in wese eintlik god wil wees. Ware versoening kan slegs plaasvind tussen mense wat vanuit ’n diepe oortuiging besef hoeveel hulle reeds vergewe is in Christus en daarom ook weet dat hulle ander moet vergewe. Dit is die enigste grondslag waarop ware versoening tussen individue en gemeenskappe kan plaasvind.

Geloftedag bied vir die Afrikanergemeenskap ’n unieke geleentheid om terug te keer na ’n ware gemeenskap, weg van die staatsgemeenskap waaraan ons so lank verknog was. Tegelykertyd word die ware weg van versoening in en deur Jesus Christus ook bevestig.

Plek

Gedurende die afgelope 20 jaar het ’n ontsaglike hoeveelheid Afrikaners getrek. Hulle het nuwe gemeenskappe gaan vorm in ander lande waar hulle dikwels bymekaarkom om te kuier en kerk te hou in Afrikaans. Baie van hulle het egter ook besluit om hulle nuwe gemeenskappe se taal en kultuur ten volle aan te neem. Uiteindelik sal dit met alle Afrikaners gebeur wat Suid-Afrika permanent verlaat, want gemeenskappe is ook gebonde aan plek. Afrikaners kan nêrens anders in die wêreld ten volle Afrikaners wees en bly nie. Net in Suid-Afrika. Daarom kan ons nie weer soos die Trekkers van ouds trek om uit ons situasie te kom nie, omrede dit die einde van ons Afrikanergemeenskap sal beteken.

In ’n gebeurtenis wat slegs as ’n wonderwerk bestempel kan word, het die Here 178 jaar terug vir ’n klein gemeenskappie gesê: “Ek wil julle hier hê. Lewe!” Uit sy Woord is dit verder ook duidelik dat God nie die mens se dood soek nie, maar eerder dat elkeen na Hom sal draai en lewe. As ons die lewe kies, kies ons ook om Hom te volg en ons roeping te vervul deurdat ons sout en lig moet wees daar waar God ons geplaas het. Geloftedag is ’n geskiedkundig historiese gebeurtenis wat op ’n sekere plek plaasgevind het en wat aan duisende en later miljoene mense die ruimte gebied het om hulle te vestig en ’n toekoms te bou. Daarom kan Afrikaners Geloftedag vier en weet dat ons, ten spyte van die huidige politieke retoriek, ’n plek het in hierdie land.

Geloftedag is een van die aangrypendste verhale in die geskiedenis van hoe God ’n gemeenskap se gebede verhoor het, en hulle daarna uitgestuur het om vir Hom te gaan lewe en om ’n positiewe verskil te maak in die lewe van almal wat hulle teëkom.

Vandag behoort Geloftedag vir ons ’n viering te wees van ons afhanklikheid van God, die onverdiende seën wat ons so mildelik uit sy hand ontvang het oor ’n tydperk van 178 jaar, en die wonderbaarlike geleentheid wat elkeen van ons het om vandag ’n lewe van dankbaarheid tot sy eer te kan leef.

Daarom, solank as wat daar Christen-Afrikaners in Suid-Afrika woon, sal Geloftedag altyd relevant wees, en my hoop is dat dit nog die geval sal wees vir vele geslagte wat kom.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

41 Kommentare

Lena Jonk ·

Baie dankie weereens om te sien hoe standvastig ons voorouers was en hul hulp van ons Almagtige God te vra. Hier in NZ is n groot Afrikaanse Kerk, ons hou juis Sondag Geloftedag, groete uit verre land, ons bid ook gereeld vir SA.

André Möller ·

Julle gaan iets herdenk in ‘n lekker vry land, tewyl ek hier in wroeging moet sit oor dié land, wat volgens baie, deur gebed en deur ,,God” (‘n God? Watter een weet ek nie?) aan onbekwame mense op ‘n skinkbord oorhandig is!! Dink julle, wat ons/julle eens ,,Geliefde Land”, verruil (verraai) het, om daar in die Vreemde land te gaan sit, deur gebede die gemors hier te gaan verander of op te los? Dink weer en bid weer en kyk dan en praat dan as julle in julle gemakstoele sit en Geloftedag wil herdenk, terwyl julle mede Afrikaners en Blankes dag na dag hier vermoor word, geestelik en fisies!!!

Z ·

Dit was n gelofte wat namens ons almal gemaak is. Ons gesin eebiedig dus die dag, soos wat aan God Drie Enig belowe is.

Leendert ·

Dit was nog altyd so , maar ek het veral die afgelope 20 jaar toenemend besef hoe belangrik my taal, Afrikaans, kultuur, geskiedenis en erfenis vir my geword het, ook om aktief ‘n bydrae te kan lewer. En ja, Geloftedag sal altyd relefant wees.

Azuni ·

Net vir interesantheid. Mense wat oorsee is kan die diens by die Voortrekker Monument lewendig stream van die internet af op die Voortrekker Monument se webwerf. Hulle het dit begin doen van laas jaar af. As jy familie oorsee het wat die diens wil sien, kan hulle dit so doen.

Charl Coetzee ·

Ter inligting. Sarel Cilliers se naam word “Charl” gespel soos op sy grafsteen. Die naam Sarel is die plaaslike uitspraak.

Ja, Geloftedag is nog so relefant vandag soos wat God is.

Rooie ·

Sarel Cilliers kon dalk Charl gespel word maar relevant was nog nooit sover ek weet relefant gespel nie. Vir ewig sal ek Geloftedag gedenk.

Lennox ·

Vir my is Geloftedag nie relevant nie. Waar trek ons die lyn as ons oor Afrikaners praat? Weereens dus eksklusiwiteit. Die ironie is egtervdat Geloftedag vroeër jare vir n tyd gladcnie gevier was nie. As ek persoonlik n belofte teenoor God maak, moet ek dit eerbiedig? Hoe kan ek egter deur iemand anders se belofte gebonde wees?

Piet Snot ·

Jy het die vryheid om te besluit of jy jouself daaraan gebonde ag.

Niemand dwing jou nie ·

Ja wat dan beteken die tien gebooie ook seker vir jou niks, ook nie JOU belofte en JOU verbond nie ne? Maak soos jy wil, dit is ‘n stupid redenasie om nie iemand anders se belofte gestand te doen nie, die anderskleuriges is baie meer lojaal as ons slap blankes. Weet jy wie enige van die mense is na wie die straatname verander is? Nee, maar steeds gebruik jy ‘iemand anders se geskiedenis se name’ om jou straat te benoem? Vreemd ne?

Boerseun ·

Die gelofte is deur Boere trekkers gemaak, en in die gelofte word spesifiek na die nageslag se varantwoordelikheid gewys (oorgedra deur die voorige geslag). Dit is n Boere dag en nie n Afrikaaner dag nie. Die Afrikaaner definiesie, is deur die kaapse broederbonders gebruik na die oorlog om die Boere en die bloedgenote uit die kaap en natal onder een groep in die Unie van SA te verenig (in teenstand teen die engelse) en sodoende die politiek oor te neem. Dis nou dieselfde Afrikaaners wat nie wou trek, of deelneem aan die vryheids oorloe nie. n Boer is n Afrikaaner maar n Afrikaaner is nie noodwendig n Boer nie.

Die van ons wat Boere nasate is sal aanhou die dag vier.

vermeende ·

Met n gesprek oor die gelofte tussen Sarel en Andries Pretorius is die selfde kommer geopper, sou die nageslag die gelofte eerbiedig.
Die antwoord was kort en verm, “dan le die sonde op hulle”

As die gelofte jou nie aanstaan nie dan le die sonde op jou.
My voorvaders het die voorseel van die gelofte geniet en daarom is ek gebind tot die gelofte.

Bill Hewitt ·

Jy is reg. Die gelofte is gemaak en dis al.
Moenie met God woorde speletjies probeer speel.

Voortrekker ·

Dit is verseker nog relevant. Daar word Hector Peterson Memorials opgerig en ‘n groot bohaai gemaak van al wat ‘n ANC viering is. Dit bly ‘n belofte aan God, maak nie saak wie teen wie geveg het nie .. daardie mense bestaan nie eers meer nie, dit gaan oor die gelofte aan God. As moordenaars/bomplanters vandag vereer word en standbeelde vir hulle opgerig word, hoekom sal Geloftedag nie meer relevant wees nie? Net jammer so min ‘boere’ en ‘Afrikaners’ woon dit by . dit gaan nie oor WIT op SWART nie, dit gaan oor ‘n oorwinning waarvoor daar gebid is, dis nie asof die Zoeloe Krygers toe al ANC gestem het nie. Dit bly egter jou keuse, as jy polities korrek wil wees en dit verkeerd interpreteer, moenie dit gedenk nie, gaan dan eerder volgende jaar en woon Sharpeville dag by, en gaan gedenk dit.

Ada ·

Geloftedag is nou meer relevant as ooit tevore. Ek vier dit nog steeds as Geloftedag en nie die naam wat die regering daarvoor gegee het nie. My kinders sal dit ook vier en hulle kinders ook want hulle was albei in die Vovoortrekkers. Sonder hierdie Gelofte sou ons nie vandag hier gewees ht nie. Net Suid-Afrika en Israel het Geloftes aan God gemaak en ons is die enigste twee lande in die wereld wat onpopuler is maar Godwas en is mt ons.
Indien jy dan die Gelofte as ‘n las beskou, verbreek dit dan met God en ek wens jou alles van die beste vorentoe daarna, Lennox.
Dankie vir Geloftedag.

Isabel ·

Ja nee. Kan maar net nie saam staan nie. Mense as daar ‘n Gelofte aan God gemaak word beter ons dit hou! Ons betaal duur vandag oor ons papbroekigheid, rugstekery, ens wat so hoogdy vier in die Afrikaner geledere. Die Jode is Geseend omdat hulle al duisende jare hulle Geloftes hou. Ploeter maar aan en hou op om so oor die plaasmoorde, moorde, rowery, verkragting, stelery, ens ens ens te kla. God kan net doen wat ons Hom vra en Hom voor eer. Ja vir my is dit ‘n Heilige Dag. Ek glo as ons saamstaan en glo is ons verlossing naby.

snoefie ·

sentrum aan Maroela Media verskaf.
Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

as dit nie noodwendig julle mening is nie, hoekom dit deel? dit is wat my so adsit van POLITIESE KORREKTHEID. vir my se die verklaring “kyk anc, Julius makema, hlaudie motsoeneng, Jacob Zuma, lesufi en kie, ek plaas dit, maar ek se noodwendig hulle lieg.

Ben Prinsloo ·

En jy huigelaar gaan skaar jou by die antichrus want dit is waarheen jou redenasie lei. As gevolg van jou gebraakte redenasies en uitlatings en denkwyse het die erwe van ons Vadere nie vir ons en ons kinders erwe gebly nie. Hoekom nie – as gevolg van jou volksvreemde denkwyse! Witman jou stryd is nie teen ander volkere nie maar teen die verraaiers in jou midde. Aan hulle uitsprake sal hulle geken word.

John ·

Interessant is dit dat die huidige regime in SA op die sg Versoeningsdag telkens fokus op die blinklek van hulself en soos dit geinterpreteer word, die ‘oorwinning’ oor en ‘oorgawe’ van die vorige bedeling . Nog ‘n ‘Dingaan’ is weer besig met sy streke en kan nie vertrou word nie, En daar is sowaar Boere wat dink hulle kan weer gaan onderhandel vir ‘n stukkie aarde in hul eie land. Buiten dat baie Afrikaners wel Joodse bloed het, soos in baie ander lande, dien ons en hulle dieselfde Hemelvader wat ook presies dieselfde Wese is as bykans 200 of 350 of 10 000++ jaar gelede. Eintlik gaan die Geloftefees oor erkentlikheid aan sy Mag met Hom as die Enigste Ware Helper. En Hy se self Sy arm is nie te kort om te help nie. Hy doen, maar Hy is ‘n ware Heer en ‘Gentleman’. Ons moet Hom uitnooi en eer. As ons Hom minag, hou Hy hom op ‘n afstand. Kan ons dit bekostig?

Waarheid ·

Glo en vertrou, sien en weet die erken- en herdenking van gelofte, maak jou/my en HANDHAWERS/DEELNEMERS daaraan DEEL/ONTVANG van SEËNINGE wat met HANDHAWING van GELOFTE BELOOF IS. Belofte werk van TWEE KANTE AF.

Annelize ·

Gaan kyk na die belofte van gelofte dag – ons sal n gebou bou en U eer……die kerk is in Pietermatritzburg gebou …..die voortrekkermonument is nie daardie gebou….gaan kyk wie het geld voorgeskied vir die bou van voortrekker monument…..my gelofte doen ek elke jaar in ons Kerk gebou….en eer God…en die res van die dag is vir my soos n Sondag

Hendrik ·

Annelize, wie het die geld voorgeskiet vir die bou van die Voortrekkermonument? En wie maak die bewering dat die Voortrekkermonument die gebou is waarvan die Gelofte meld? Sal jy so gaaf wees om die inligting met ons te deel?

Karma ·

@Annelize, wag nou so bietjie …. die Voortrekkermonument is járe na die Groot Trek gebou en ingehuldig; dit het niks te doen met Geloftedag of die bou van ‘n kerk in PMB as dankbetuiging dat God die Boere Dingaan en sy impi’s help verslaan het nie. Die Voortrekkermonument is ‘n huldiging aan die dapper Trekkers wat alles wat bekend was agtergelaat het en die onbekende ingevaar het, dikwels met groot lewensverlies. Vir my bly 16/12 nog maar altyd “Dingaansdag” – vir verskeie redes, maar meesal om myself te herinner daaraan dat daar tóg ‘n tyd was wat die Boere saamgestaan het teen die anderskleuriges in die land en triomfantelik uit die stryd getree het. Net jammer dat ons nou, ses geslagte later, moet ly onder ‘n ander soort verdrukking, nl. misdaad en ‘n korrupte, onbevoegde regering.

Gideon ·

Ja, die polities-korrektes moet eerder gaan – hulle hoort nie op hierdie artikel nie want hulle is verraaiers en sal altyd verraaiers bly. Dit is waarom hulle teen Geloftedag is. Hulle het nie die rugraat om ‘n Gelofte te eer nie. Hulle weet duidelik nie waaroor dit gaan nie so laat hulle asb hulle Gelofte wat hulle ouers en voorouers geeer het vebreek en dan mot hulle sommer land-uit vertrek. Hulle gaan nie gemis word nie- hulle doen ons wat saam staan ‘n gunsie. Hulle is tussen ons en ons ken hulle uit aan wat uit hulle monde kom.

Bill Hewitt ·

Mense, al die stories oor die dag se naam verandering en die politiek is van geen waarde. Dit plig lê by elke Afrikaner, hetsy binne of buite Suid Afrika, om gestand te doen aan die gelofte wat namens die volk afgelê is. Om te redeneer daaroor is verkeerd. Ek is nie ‘n Afrikaner selfs nie eers ‘n gebore Suid Afrikaner maar ek lewe op die vrugte van die nalatenskap van die oorlewendes wat deur die genade van die Here gespaar was by Bloedrivier. Om af te sluit Versoening is nogal nie ‘n slegte naam vir die dag nie. Die politici kon eenvoudig die “vakansiedag” eenvoudig afgeskaf het as hulle wou en Hector Peterson dag êrens in November ingestel het!

Sarie ·

Al het hulle dit afgeskaf kan niks ons verhoed om dit nog te vier nie.

Lindie ·

Dit is dalk een ban die redes waarom hierdie land in so gemors is! Hoe kan ons ‘n gelofte voor God die Vader aflê, en dit nie na kom nie? Gelofte dag is so relevant soos die Anglo Boere oorlog en die bosoorlog. Dit is deel van ons geskiedenis. Dan kan ons vra, hoe relevant is die “struggle” van die ANC?

marius ·

Baie dankie vir die artikel ! As dit maar net weerklank sal vind by die wat dit moet lees.
Die haat sprekers verstaan in elk geval nie die betekenis en waarde van ‘n gelofte nie.

Rooiman ·

Ek is n afstammeling van die Boere/Afrikaners/Boereafrikaners/Voortrekkers/Gereformeerde christene van 16 Desember 1838 en al die ander wat onder die Engelse juk wou uitkom en hulle Here wou dien. Daarom is Geloftedag vir my belangrik. As dit nie vir jou belangrik is nie, dan is jy eenvoudig nie meer deel van die volk met die fondasie van klip nie, maar van n identiteitlose, goddelose “New Age”-volk van die goddelose nuwe SA. Ongelukkig sal die straf van n verbreekte gelofte nie so maklik vrygespring kan word nie. God sal besluit en beskik, ek hou myself met liefde by Hom, in sy veilige liefde en genade in Jesus Christus. Die God van Geloftedag.

Gelofte ·

Stem saam met Ada. Ons en ons kinders sal die Gelofte elke jaar vier. Ek wil ook nie hê dat Geloftedag ‘n ander naam of identiteit moet kry nie. Ons as nageslag moet die gelofte eerbiedig omdat God ons bewaar het. Hierdie is nie ‘n oorwinning van een groep oor ‘n ander nie maar die veilige bewaring van God se kinders toe hulle Hom nodig gehad het. Hy hou Sy woord – dus sal ons ook ons woord hou en dit gedenk.

Roelien ·

Kan jy nou meer…. saamstaan….saamstem… ons kan definitief iets van dit leer by ons voorvaders want ons kan dit nie vandag doen nie. Gelofte is gemaak …eerbiedig dit! Was dit nie vir hulle nie was jy nie hier vandag nie

John ·

Ons is nou besig met ‘n interpretasie van een dag maar hoe hanteer ons die Sabat gedurende die res van die jaar? Of red ons elke Sondag die os-uit-die-put? Ek stel voor ons Afrikaners wysig die woord Sondag na die Sabatsdag of bloot die Sabat. Dan sal ons miskien ons aksies op daardie dag versigtig oorweeg en ons kinders ook weet waarvan ons praat en wat Geloftedag beteken.

Annelize ·

Befondsing van vrymesselaars oorsee…ons volk gaan ten gronde van kennis…….argitek het baie van Egipte se styl in gebring….son…wat skyn om 12 uur……song god……..google bietjie en verbreed kemnis……

De Villiers Hauptfleisch ·

My voorouers het nie aan die Groot Trek deelgeneem nie en was Kolonianers op daardie stadium. Eers later het hulle na Wes-Transvaal verhuis waar hulle geboer het en aan die Anglo-Boere oorlog deelgeneem het en na Bermuda eiland as Boere-gevangenis gestuur is. Daarom beskou ek myself as `n trotse Afrikaner/Boer en voel ek myself verbind tot Geloftedag, want dit is die Voortrekkers wat met hul geloof en vertroue in hul God die weg tot beskawing vir my voorouers voorberei het. Daarom sal Geloftedag altyd vir my relevant bly.

Henry ·

Sommige bydraes wil ‘n mens aan’t wonder sit of Geloftedag soos dit deur sommige kommentators gesien word, inderdaad relevant en verteenwoordigend van Afrikaners is wat eenheid, versoening en vrede nastreef.

Cobus ·

Die gelofte en gebeure van die dag was nie sommer net ‘n gespek en geveg wat plaasgevind het nie. Kyk ons na die oorwinning wat gegee is, na die gelofte, en steeds twyfel of gelofte vandag nog geldig is, is die wat daaraan twyfel en of dit nog steeds eerbiedig moet word verseker met blindheid geslaan. Mense dit is die Lewende God wat wonderbaarlik ingegryp het. Ek en sommige van my kinders (ongelukkig nie almal nie) beskou die dag as ‘n heilige dag en herdenk die dag uit dankbaarheid teenoor ons Skepper. Indien van julle dit nie wil eerbiedig nie, dit is jou reg om te doen wat u wil, die sommig is heel waarskynlik deel van die nuwe Suid Afrikaners wat reeds deel is van die wêreld orde. Ek voel egter jammer vir die wat rondhang sonder vaste beginsels.

pIET ·

Die Here is nog steeds in beheer. In 1838 het Hy ons uitgered met ‘n klein klompie mense teen ‘n oormag van Zoeloes. In 2016 is ‘n toespraak gehou wat nie alleen die geskiedenis verdraai en eensydig aangebied het nie, dit was ‘n opruiende toespraak. Toe beskik God ‘n wind en die hele toespraak word weggewaai. Dit laat ‘n mens dink, ne ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.