Is jy ook effens moeg vir korrupsie?

Argieffoto

Deur Paul Maritz

In sy eenvoudigste vorm is korrupsie die misbruik van posisie vir onregmatige voordeel. As ek dus my posisie as minister sou gebruik om my seun te bevoordeel sonder dat hy dit verdien het, dan het ek korrupsie gepleeg. As ek geld sou kry om ʼn kontrak aan ʼn maatskappy toe te staan wat nie noodwendig die beste was, of die korrekte prosedure gevolg het nie, dan is ek besig om korrupsie te pleeg. Korrupsie is verkeerd, want dit is oneerlik, en dit is misbruik van ʼn openbare posisie vir persoonlike gewin.

Hoe maklik is die paragraaf hierbo nie om te verstaan nie? Dit is eenvoudig, dit is voor die hand liggend, en ek is seker dat enige negejarige kind dit sal verstaan. Waarom, as dit so eenvoudig is, is dit so moeilik vir ons ampsdraers om na te kom?

Twee weke terug is die nuussiklus tot oorlopens toe vol gewees met Nhlanhla Nene, minister van finansies, se ontmoetings met die Gupta-familie, en sy seun se lening by die Openbare Beleggingsmaatskappy. Verlede week is die nuus tjokkenblok vol met die R16 miljoen-betaling wat Brian Shivambu, broer van LP, Floyd Shivambu, by die sinkende VBS-bank ontvang het – blykbaar vir “konsultasie” die kulkunswoord van ons tyd. Hierdie week is dit weer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), en belastingbetalersgeld wat vir persoonlike regskoste gebruik is.

Mens sou ʼn weddenskap kon aangaan dat daar volgende week nog ʼn skandaal gaan wees, en mens sou sekerlik reg wees. Ons land het duidelik ʼn massiewe korrupsieprobleem. Dit word deur hulle in topposisies as normaal beskou, as die ding wat mens doen wanneer jy ʼn magsposisie beklee. En die leiers van die staatsinstelling dien natuurlik as mentors en voorbeeldstellers vir hulle in laer posisies – so korrupsie bly net vir ʼn kort rukkie die uitsondering, dit word baie vinnig die reël. In Suid-Afrika is dit duidelik lankal die reël.

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler betaal maandeliks getrou – eintlik gedwonge – sy of haar geldjies oor aan die regering. Hierdie geld sien ons bitter min van, met groot kruisings wat daagliks sonder verkeersligte moet funksioneer, staatligte wat ʼn lukrake byvoordeel geword het, en staatskole wat in baie gevalle nie naastenby funksioneer nie. Die verskoning vir alles hier bo genoem is in meeste gevalle “ ʼn tekort aan befondsing”. Dié “tekort” word duidelik aangehelp deur ons regering se liefde vir hande-onder-die-tafel-besigheid – iets wat duidelik nie binnekort gaan stop nie.

Nog ʼn week, nog ʼn skandaal, nog ʼn onthulling dat iemand in ʼn magsposisie nie gedink het aan die mense in Suid-Afrika nie, maar aan sy of haar eie sak. Dit kan nie so aangaan nie, dit kan nie. Een van twee dinge sal gebeur:

  1. Óf die openbare sektor gaan inmekaar tuimel, onmagtig om die las van groeiende korrupsie te dra, om basiese dienste te lewer vanweë ʼn tekort aan fondse en hulpbronne, en om die maagkanker wat hom van binne af verorber uit te sny, totdat die hele sisteem inplof.
  2. Óf elke persoon in ʼn openbare amp sal ʼn lang kykie in die spieël moet neem, en besef dat die doel van staatsamptenare slegs beteken om die burgers van daardie staat te dien.

Korrupsie is diefstal, maar in plaas daarvan dat iets sigbaar en tasbaar gesteel word, word ʼn land se toekoms onder die voete van sy burgers uit gesteel.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

RG ·

Puik berig. Die wortel van die kwaad in SA. Roei dit uit. Kom IMF neem oor asseblief.

Eish ·

Ek dink tog op die einde van die dag steek daar baie meriete in jou voorstel.

John ·

Ongelukkig is CR & Kie skynbaar nie skaam oor die stelery nie. Hoeveel mijard is verhaal van plaaslike sakkerollers en vriende? Nog niks, maar vandag word trots aangekondig dat groot bedrae deur buitelandse instansies ‘beloof’ is vir plaaslike projekte. As mens ‘n bodemlose emmer in aksie wil sien, is dit die’ een.

honourable member ·

Korrupsie het norm geword in hierdie land en hierdie mense sien niks verkeerd daarmee nie.

JAN ·

Die geboorte van vandag se korrupsie is die mees korrupte sameswering ooit met die moord op Verwoerd in die parlement deur wittes !
Dit was ‘n staatsgreep deur wie ? Voorbokke en meelopers.

JAN ·

Die geboorte van vandag se korrupsie is die mees korrupte sameswering ooit met die moord op Verwoerd in die parlement deur wittes !
Dit was ‘n staatsgreep deur wie ? Voorbokke en meelopers.

Daarna floreer hulle op chaos en neem bevel oor vat geen aanspreeklikheid.

marco polo ·

Waarom hoor ons nie van enige vervolging nie? Dis net die een kommissie op die ander, mense word geskors met betaling of bedank voor dissiplinere verhore, dan gebeur daar niks verder nie. Dit is kriminele dade wat gepleeg word, hulle hoort in die tronk!

JAN ·

vir 50jaar is SA regering soos ‘n enjin wat stadig gaan staan. het
Die welvaart olie wat altyd die staatsmasjien mooi glad laat loop het graviteer daarna na die laagste punt nadat die masjien gaan staan.

Hierdie welvaart olie beland dan in die sakke van die maghebbers en skurke wat dikwels dieselfde mense is.

Fryingfrog ·

Grondonteiening sonder vergoeding is ook diefstal, maar die regering gaan daaroor aan asof die opdrag uit die hemel gekom het. Daar is ook ‘n boek op die mark met die titel “How to do business in Africa” waarin korrupsie as normaal beskou word!

Jack ·

“Effens moeg” – nee, Gatvol is nader aan die waarheid. As jy die “s” uitlaat klink dit ook reg.

Veritas ·

Julle verbeel julself. Daar bestaan nie iets soos korrupsie nie. Indien daar wel sou wees, sou ons tronke vol ANC lede wees.

jaco ·

julle vergeet een ander vorm van korrupsie: reusagtige salarisse van verkose politici.
President Ramaphoza kry R3.6miljoen per jaar
kabinetsministers kry naby aan dit
Provinsiale premiers (OOK die DA se Helen Zille wat so kla oor korrupsie) kry meer as R2miljoen per jaar
Gewone parlementslede kry R1.3miljoen per jaar. Dis vir ALLE politieke partye wat parlementslede het. Dit sluit dus die sogenaamde “korrupsievrye” DA in, asook die sogenaamde “wedergebore Christene” van die ACDP (Wat maak hulle met die bybelteks wat sê dis makliker vir n kameel om deur die oog van n naald te gaan as vir n ryk mens om in die hemel te kom?)
Munisipale raadslede se beginsalaris is R500 000 per jaar. Voorsitters van komitees en burgermeesters kry nog meer
BY al hierdie groot salarisse kom nog die volgende:
lekker huise vir ministers, premiers en burgermeesters
luukse motors vir almal
petroltoelaag
verniet vlieg
onthaaltoelae
Tel alles bymekaar, OOK die lekker byvoordele, en jy besef dat amper die totale lewenskoste van AL hierdie verkose politici deur gewone Suid-Afrikaners se belastinggeld gedek word. Die meeste van daardie vet salarisse word gespaar. Dit word nie op duur kos en duur petrol uitgegee nie en wanneer dit wel daarop uitgegee word, is dit nie duur vir hulle nie omdat hulle salarisse so reusagtig groot is.
So met meeste van daardie geld gespaar, bou ELKE verkose politikus lekker aan sy eie Nkandla. Die lekker goed wat hulle met daardie geld doen, lyk net nie alles soos die regte Nkandla nie.

JAN ·

Oms volk se leiers maak geen geheim dat hulle Tsafendas aanbid as ń engel gesant van God. Waarheid!! Oorle Pik het met burgeroorlog gedryg en gedoen.
Verdien ons iets beter as die hel?
Hmmm?

CdT ·

Jammer vir die Ingils, die lysie is in 2013 opgestel
1Arm’s deal
2E-tolling
3Jacob Zuma’s Nkandla Homestead Project (Project Prestige)
4Nkandla Freeway Project
5Misuse of the plastic bag levy funds
6Police Buildings and the exorbitant lease saga
7Travelgate
8Tony Yengeni’s arrest
9Jackie Selebi and everything about the trial
10Jackie Selebi’s parole
11Shabir Schaik’s trial
12Schabir Shaik’s parole
13Richard Mdluli’s slush fund
14Richard Mdluli’s abuse of safe houses
15Richard Mdluli’s travel agency scam
16Richard Mdluli’s abuse of state owned vehicles
17Manto Tshabalala-Msimang’s liver transplant
18Nathi Mtethwa’s private residence upgrade with public funds
19Julius Malema’s Limpopo feeding programme
20Ntau Letebele’s transport tender in Limpopo
21Julius Malema’s transport tender in Limpopo
22School feeding schemes in the Eastern Cape
23Ms Dina Pule and the ITC Indaba
24Limpopo textbooks saga
25Moses Kotane Development Agency corruption
26Msunduzi municipality officials using more than R1m of taxpayers’ money to fund an ANC rally.

Sien onder

CdT ·

Dit grief my elke dag om tedink ek betaal elke maand belasting aan die gemors 27Mthatha corruption case over fraudulent legal jobs didn’t exist
28Ekurhuleni municipality corruption in awarding water meter contracts to Lesira-Teq
29Thaba Chweu local municipality’s misuse of R3m in 2009
30Endemic corruption at Nala Local Municipality to the point that treasury have cut them off
31Desiree Tlhoaele’s axing after going after corrupt officials in sports, arts and culture
32Viking testing station’s corrupt examiners
33Police officers Linda Mlambo and Mahlang Shaku fraudulenty conning motorists out of cash
34Sandton officers arrested for corruption after extorting money from a motorists
35Willie Hofmeyer’s axing
36Mvula Trust and the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs’ job creation fraud to the tune of hundreds of millions of rands
37Government’s endemic over-use and over-pay of consultants
38Glynnis Breytenbach’s axing
39The spy-tape saga
40Thosan Panday corruption in KZN
Sien Onder

CdT ·

41KZN’s misuse of R785m in 2011
42Madibeng municipality awarding millions in tenders to its own employees
43Madibeng municipality’s taxation scam with its employees
44Madibeng municipality paying money to fictitious companies for fictitious work
45Madibeng municipality paying for funerals that never took place
46Madibeng municipality paying for home renovations for its employees
47Taung municipality paying triple digit increases without consultation
48Morake Incorporated Attorneys & the Rustenburg provincial department – R13m paid in fees for a disciplinary hearing
49Endemic corruption at Mbhashe municipality to the point of the mayor and 7 others being fired
50Corruption exposed by SIU at Rustenburg and Madibeng local municipalities
Sien onder51Corruption exposed by SIU at Moses Kotane
52Corruption exposed by SIU at Bojanala District
53Corruption exposed by SIU at Ventersdorp
54Corruption exposed by SIU at Greater Taung
55Corruption exposed by SIU at Tswaing
56Corruption exposed by SIU at Ramotshere Moiloa
57Corruption exposed by SIU at Mahikeng
58Corruption exposed by SIU at Dr Kenneth Kaunda District
59Corruption exposed by SIU at Maquassi Hill
60Corruption exposed by SIU at Moretele
61Corruption exposed by SIU at Lekwa-Teemane
62Corruption exposed by SIU at Ngaka
63Corruption exposed by SIU at Modiri Molema District
64Corruption exposed by SIU at Ditsobotla
65Corruption exposed by SIU at Kagisano
66Corruption exposed by SIU at Kgetlengrivier
67Corruption exposed by SIU at Ratlou
68Corruption exposed by SIU at Dr Ruth Mompati District
69Corruption exposed by SIU at Naledi Local Municipality
70Awarding of tenders to Vivian Reddy following Zuma intervention
Sien Onder

CdT ·

71Twenty five cases, involving R768 827 043 in KZN in 2010 alone
72The Glen Agliotti case
73Diverting of public funds to Swazi King
74Diverting of public funds to Robert Mugabe
75Diverting of public funds to Zanu-PF
76Funding of military equipment in Zimbabwe with SA public funds
77Zuma’s corruption in numerous cases prior to his presidency
78Fraud, corruption, tender-rigging, kickbacks and irregular appointments at Tshwane municipality
79Endemic corruption at the heart of Mpumalanga municipality including physical violence to avoid publication of facts
80Public Works’ endemic misuse of public funds for private residences of government officials, disguised as security upgrades.
81Public Works leasing back property from its own employees for official use, while footing the initial bill too
82BEE fronting for SAPS land deals outside of the main contract for PTA head office through Roux Shabangu
83R2.4bn in improper bonuses paid out by SABC to directors
84SABC paying fictitious staff
85ANC controlling SABC with threats of fund withdrawals
86SABC awarding tenders to its own employees
87Ekurhuleni employees signing off on deals that do not exist
88Land fraud in KZN worth R50m involving three officials and a businessman for farms and other properties
89Department of arts and culture misuse of R42m during the soccer world cup
90Loss of dockets relating to high profile corruption cases
“Hierdei was op mybroadband geplaas”
Sien Onder

CdT ·

91Education department officials involved in examination selling
92Parastatals’ inflated sponsorship of events hosted by the Guptas and New Age
93New Age website having massive funds diverted its way from government budgets without readership stats to speak of
94The City of Johannesburg rigging a large tender in favour of Regiments, an ANC-connected empowerment firm central to a consortium that made the JHB mayor’s wife a *multimillionaire.
95On-Point Engineering securing Limpopo tenders through Julius Malema and his accomplices
96Amathole district municipality awarding irregular tenders relating to vehicle tracking
97John Block’s R112m tender fraud relating to water purification equipment
98Gaston Savoi’s R112m tender fraud relating to water purification equipment
99DoC official awarding R500k tender to his wife
100Martin Masemola from Dept of Minerals & Energy receiving financial kickbacks and land for favours to friends and family
101Bosasa and Correctional Services corruption to the tune of R3bn in tender rigging
102Public Works corrupt relationship with Saab and the blacked out agreements that not even they are entitled to
103R63 million tender fraud at Limpopo traffic department involving Mbhazima Sithole, 45, Felix Baloyi, 34, Mphateleni Musubu, 43, and Lufuno Muladi, 27, all directors of various companies that secured tenders illegally
104Gauteng Finance dept awarding R23m in IT tenders fraudulently

Sien Onder

CdT ·

105Kelly Group securing labour broking tenders worth R372m by BEE fronting
106Eastern Cape health department and their tender fraud worth over R800m in just one single case
107Obed Mlaba securing tenders to the value of R3bn in KZN
108KZN misuse of public money to the tune of R532m in 2009
109Public Works in Limpopo involved in tender fraud for undisclosed sum late last year
110Tshwane kickback scheme for tenders to the tune of R1b
111Tshwane maladministration in their financial dept for undisclosed sum
112Philemon Mohlahlane (ex Land Bank CEO) embezzling R19m out of the Land Bank for his personal and business use
113Prestige Portfolio tender corruption at Public Works as investigated by SIU (this appears to be linked to Project prestige – Zuma’s development)
114Bobby Motaung’s multi-million rand fraud involving stadium tenders
115Ekurhuleni Metro IT tender for R21m that was used to buy Porsches and Mercs
116Limpopo transport tender fraud of R63m
117Limpopo Premier Cassel Mathale’s influence in awarding tenders
118Buffalo City Metro tender fraud of R12m
119Ekurhuleni Chief Financial Officer Mr Zakes Myeza, Chief Director Water and Sanitation Mr Slindokuhle Hadebe, Acting Head of Department of then Roads and Stormwater Mr Moses Maliba, Junior Official Water and Sanitation Ms Nomusa Malimabe and Independent Contractor Mr Miyelani Holeni’s all involved in tender fraud worth R166m
120Julius’ cousing Tshepo Malema involved in corruption and fraud through the government worth R63m

CdT ·

121Pikitup tender fraud relating to contracts awarded through City of Johannesburg for undisclosed sum
122Vivian Reddy’s company awarded an inflated contract of R1.25bn for smart electricity meter reading in Joburg despite never having done anything like it before
123Xhariep district mayor Mongi Ntwanambi’s fraudulent travel expenses claims costing half a million rand a year
124Free State Government paying R140million for their website created with a $40 WordPress template
125Limpopo Health’s unaccounted for R739m tender spend for 2012
126Gauteng Health’s R1bn corruption in 2010
127ANC’s investment body, Chancellor House, receiving yet another state tender worth billions of rands
128ANC’s investment arm, Chancellor House, receiving millions from the Medupi & Kusile deals
129ANC’s investment arm, Chancellor House, to benefit significantly from R40bn Eskom tenders
130The spending of more than R13.5m on Nomvula Mokonyane’s home. A home that was purchased for R11.5m
131R50million missing from Soccer World Cup funds
132Limpopo MEC charged for R15million tender fraud
133E-Tolling lighting corruption worth R22.8m
134Arms deal commission of enquiry interference, intimidation and possible assassinations
135R34m allocation of funds to a boutique store while other SPF-aligned proposals are rebuked for not aligning with the vision of the fund
136SABC spending of R1.58bn that they cannot explain
137Former City Parks MD and friends defraud the government to the tune of R57 million

CdT ·

SAL
ESKOM
DENEL
TRANSNET
PRASA
SABC
Die hele STAATSDIENS
SAPD
PARLEMENT
POSKANTOOR
SARFU
KRIEKET SA
SANPARKE
ENATIS
SARS
Mens kan aangaan en aangaan.

Maar eks nou vol BAIE VOL

JAN ·

John en Koot Vorster et al was die grondleggers van korrupte Tsafendastan.
Na die moeder van staatskaping 50 jaar gelede met ‘n perfekte moord.
Ons eie Bolchivistiese revolusie – noem dit sommer die Afrikaner se Tsafendas revolusie .
hmmm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.