Is krete teen rassisme dan luider as dié teen verkragting?

Rhoda Kadalie. Foto: Reint Dykema

Rhoda Kadalie. Foto: Reint Dykema

Die opskrifte in die hoofstroom Sondag-koerante het die groot skeiding in die land dié naweek so duidelik geïllustreer. Gillian Schutte het met groot behae ʼn ras-herrie ontketen rondom regter Mabel Jansen toe sy met ʼn ou Facebook-gesprek, een wat dié twee ʼn jaar of wat gelede in ʼn vertrouensverhouding gehad het, vorendag gekom het.

Rapport het regverdig probeer vasstel wie dié wydbeskinderde regter is. Wat Schutte gedoen het, is niks anders as wat spioene doen nie. Sy het iemand se vertroue verbreek om haarself te bevorder. Anders as die Sunday Times het Rapport ʼn besliste poging aangewend om uit te vind presies wie die regter is, terwyl dwase skinderbekke getier het en haar kop geëis het. Hierby ingesluit daardie onbeduidende organisasie, die Black Lawyers Association, wat steeds bly klou aan sy rassistiese naam.

Rapport het onthul Jansen het ʼn aantal nabye vennote en familielede, ook swart familielede, wat haar ondersteun. Die koerant het liefderyk blyke gegee van haar oorvloedige goedheid jeens hulle as familie en hoe sy deur die jare daartoe bygedra het om hul lewens te verbeter.

Die soetsappige Sunday Times het haar nie net “Mampara of the Week” gemaak nie, maar onder op die voorblad ʼn prikkel gedra wat lees: “Regter Jansen behoort die pyn van vooroordeel goed te ken.” En ken sy dit nie maar te goed nie! As vrou ken sy verkragting vir die euwel wat dit is, maar as regter wat dag in en dag uit met die harde werklikheid van misdaad te doen het, spook die impak van dié epidemie by haar. Dit is waarom sy aangebied het dat Schutte haar leggers oor verkragting kan nagaan.

Maar nee, die kommissaris wat munt wil slaan sal eerder haar vertroue skend as om haarself te vergewis van die omvang van die misdaad, sonder aansiens des persoons. Die pynlikste aspek van die gesprek – dat verkragting die euwel van swart Suid-Afrika is – berus dalk op feite, nie net omdat die meeste verkragters swart (bruin en Indiër ingesluit) mans is nie, maar ook omdat dit statisties haalbaar is, gegewe die demografie van die land.

Die Black Lawyers Association spring op en af, swaai plakkate en verkondig dit van die dakke: “Jansen moet waai”; “Rassisme is ʼn misdaad teen die mensdom” en “Black Lawyers Association eis ʼn regstelsel vry van rassisme”. Maar het ons hulle ooit só fel hoor skreeu teen verkragting en “korrektiewe verkragting”, daardie veragtelike term wat in swart geledere ontstaan het? Die feit dat die ophef oor rassisme ʼn miljoen desibels meer is as teen verkragting wys net hoe siek ons as ʼn nasie is.

Die ongemaklike vraag is, waarom?

ʼn Deurtastende ondersoek na die voorkoms van verkragting op ons kampusse sal daarop dui hoe grondig verkragting ingebed is in die sosio-kulturele milieu en kontekste waarin ons ons in Suid-Afrika bevind. Ek praat nie hier van verkragtingstatistieke nie, maar van werklike voorvalle wat na vore kom in dissiplinêre komitees en tribunale. Hoewel ek nie so ʼn ondersoek gedoen het nie, was ek vir ʼn lang ruk op die dissiplinêre tribunaal van ʼn universiteit. Die taal wat jong swart mans gebruik om swart vroue op kampusse ondergeskik te maak laat my hare rys. Talle vrouestudente sal dit byvoorbeeld verswyg dat hulle hoër punte behaal het as hul medestudente wat mans is – net om nie daaroor geviktimiseer te word nie. Ek het dikwels gehoor hoe jong mans getuig dat hulle hul vriendinne slaan omdat “sy in die plek waarvandaan ons kom haar plek ken, maar hier op universiteit is sy aanstellerig omdat haar punte hoër is”.

Ek kan nie eens begin uitwei oor die kulturele rommel wat studente saam met hulle koshuise toe bring nie. Hoe anders moet ʼn mens die ernstige konflik tussen swart mans- en vrouestudente en die voortdurende beskuldigings van verkragting op kampusse, van die Universiteit van Kaapstad tot Rhodes tot Wits, verstaan? En ja, dit gebeur dikwels dat vrouestudente beskuldigings van verkragting gebruik om voormalige kêrels te verneder, in gevalle waar die seks met instemming plaasgevind het.

Ek het die verklarings gedokumenteer wat talle jong manstudente gegee het ter verdediging van aanklagte van seksuele teistering, afspraakverkragting en seksuele geweld wat teen hulle ingebring is. Wat ek gedoen het, is om hulle einste kultuur-gelade argumente te gebruik om jong mans en vroue op kampus te leer. Ons was ʼn diverse span vroue, wat ingesluit het die hoof van die koshuis en studenteberading, wat gesamentlik gehelp het om diskoerse van eiegeregtigheid, wat hulle as swart vroue maar te goed begryp, te dekonstrueer. Dank Vader vir my agtergrond in antropologie wat my in staat gestel het om die rassistiese en kulturele bagasie wat hul breine as gevolg van gebrekkige sosialisering benewel het uit te pluis en te ontrafel.

Deur die analogie van ras- en genderdiskriminasie en te gebruik het ek probeer aandui dat as ʼn mens aandring op rassegelykheid jy gelykheid ook vir vroue moet gun. Dit is nie vanselfsprekend nie en die gender-gelykheideenheid het heelwat bewusmakingsprogramme aangebied om dié boodskap oor te dra, of dit nou in die klas of by die koshuise was.

Maar terug by regter Mabel. In plaas daarvan om verskoning te maak vir die haatlike patriargale kultuur wat in ons townships, informele nedersettings en landelike gebiede heers, was Gillian Schutte, die hoofinkwisiteur, skandelik onverantwoordelik deur na publisiteit te soek in ʼn konteks van gevaarlike politieke korrektheid. Sy moet ʼn bietjie ondersoek waarom die verkragtingskultuur voortduur en waarom regter Jansen herhaaldelik probeer het om die erns van die probleem by haar tuis te bring: “Ek moet vir jou 10, 20, 30, 40 leggers gee en jy sal ʼn heeltemal ander ingesteldheid kry. Wit mense het baie om voor verantwoording te doen. Maar dit? Dit voel of ek wil naar word … Swart mense is gewis nie naastenby engele nie.”

Ek wou eweneens naar word toe ek na die dokumentêr Lost Girls in SA sit en kyk het, en die dokumentêre programme wat op Checkpoint en Special Assignment vertoon is oor die “sugar daddies” en die “Blessers”, ouer mans wat meisies by skole ontmoet en hulle met wat nie al nie oorlaai in ruil vir seks. Gʼn wonder ons kry dit net nie reg nie om iets te doen aan die verskriklike MIV/vigs-statistieke, in die besonder onder jong meisies.

Dit lyk asof ons net nie uit die groef van seksuele geweld kan breek nie. En dan moet ʼn mens nie vergeet nie dat die ANC voor 1994 politiek gesproke bepaalde seksistiese sienings gehandhaaf het dat vryheid vir vroue ʼn verdelende faktor sou wees en dat “bevryding vir vroue ondergeskik was aan nasionale bevryding”.

Dié kulturele sentiment is nie net gedokumenteer nie, maar is hier én in die buiteland ook deur dié bevrydingsorganisasie uitgeleef. Dit is die rede waarom vroue in leiersrolle in die bevrydingsbeweging ver meer militant en uitgesproke was as hulle geleerde manseweknieë.

Ons moet afreken met die ontkenning dat ʼn verkragtingskultuur bestaan. Eweso met die ontkenning dat ʼn verkragtingskultuur spesifiek manifesteer in sekere rassegroepe wat swaar dra aan kulturele rommel wat geweld jeens vroue regverdig.

Die dag as raskrete verkragtingskrete uitdoof moet ons weet ons is regtig in die moeilikheid.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Reinette Rautenbach ·

Rhoda, dankie vir hierdie skrywe. Met die media herrie het n mens vergeet wat die eintlike issue op die tafel is.

Daan Erasmus ·

Kan iemand wat weet hoe ASB vir ons Gillian Schutte se foon no kry.

Mien ·

Uitstekende, weldeurdagte artikel. Dit het tyd geword dat die ware feite aan die lig kom oor verkragting en ander ernstige misdaad.

Theuns ·

Baie Dankie Rhoda. Danksy jou is Gillian Schutte se masker af en kan n mens maar net vir haar se “Sies Man”!!!

Santie ·

Sies Gillian Schutte hoop jy is gelukkig want die naam wat ek vir sulke mense soos jy het kan nie hier genoem word nie. Jy is ‘n pateet! Glo nie jy kan rustig slaap nie! Geen ander nuus gehad in jou klein lewetjie nie en dan moet jy ‘n ander suksesvolle person afbreek en probeer vernietig!

Marietjie ·

Ja nee, ek dink ook Gillian Schutte is pateties deur iets wat vertroulik is so uit verband te ruk en op so wyse iemand se naam skend! Sy behoort haar te skaam!!!!

SkarrelKind ·

Rhoda, ek het ook van jou ander artikels op die internet gelees. Jy is dapper en opgevoed en duidelik verstaan jy reg en verkeerd veel beter as baie ander sogenaamde opgevoede mense. Baie dankie dat politieskorrek nie vir jou bestaan nie. Ek hoop ons hoor jou nugter stem nog baie in hierdie land.

Mielie ·

Insiggewende artikel, baie dankie. Gillian Schutte gaan leer n les oor integriteit. Ek dink daar is baie vroue wat saam met die regter stem, maar uit vrees vir intimidasie eerder stilbly. Wens daar was net een wat wil opstaan om te se dis nie onwaar nie. Hierdie jaar is die rasse en afbrand jaar. Dit gaan jare vat om reg te maak wat in een jaar afgebreek was. Volgens Malema slaap die nr 1 saam met sy vriend se kind, wat se dit vir jou van n kultuur en wanneer is genoeg, genoeg

Henry ·

Dankie vir ‘n uitstekende artikel!!!
Hopelik sal ons vorentoe die eer hê om nog vele van Rhoda Khadalie se wyshede op Maroela te geniet.

pieter ·

MET WYSE MENSE SOOS DIEKAN DAAR MOS NIE RASSISME WEES NIE. RHODA DANKIE VIR JOU ARTIKEL.

Eddie ·

Pragtige samevatting van die waarheid Rhoda. Ek hoop Gillian Schutte besef sy het geen integriteit en dit alles om naam te probeer maak. Wie bluf sy

Braam Perold ·

RHODA ek haal my hoed vir jou af ! Pragtige artikel !

Jolene ·

Gillian Schutte, jy het duidelik nie die kern van die probleem wat regter Jansen aan jou prober verduidelik het, verstaan nie. Lees nou asb. Me Rhoda Khadalie se artikel sodat die lig van begrip vir jou kan begin skyn. Daarna behoort jy vir regter Jansen om verskoning te vra en jouself te bekeer van ‘n blamerings-mentaliteit. Spandeer liewer jou energie daaraan om ‘n kampvegter te word teen verkragtings van onskuldige vrouens en meisies.

Theresa ·

Rhoda, ek hoop jy lees ons kommentare – weet asb dat ons dit respekteer dat jy eerlik is en geregtigheid spreek. Op die keper af en nie vol dwaasheid soos daar soveel van is vandag nie! Dankie! Dit het regtig die dag verhelder. Dis met mense soos jy en adv. Thuli waarmee ons ‘n beter toekoms kan verseker word in hierdie land wat soveel potensiaal het.
Die Gillian mens is bejammeringswaardig – want om iemand so te na te kom en dinge te verdraai is ‘n skande. Sy weet goed dat om ‘n punt of ‘n komma net te skuif, ‘n heel ander betekenis aan iets gegee kan word. Sy wou dalk beroemd wees – nou is sy net berug.

Audrey Bierman ·

Rhoda, dankie vir die puik stuk. En ja, ons is lankal reeds daar waar jy praat van die moeilikheid. Lankal reeds is rassisme (of selfs net die aantyging daarvan) n baie groter “sonde” as selfs roof, geweldsmisdade en onstellende dinge soos plaasmoorde wat in absolute wreedheid uitgevoer word. Hoekom swaai die verskillende organisasies nie hulle plakate daarvoor nie? Kom ek sê jou hoekom nie, want soos Chris Hart tereg gesê het, die meerderheid van mense in hierdie land (en ek sluit die oorgrote meerderheid van die jeug hierby in – van alle bevolkingsgroepe), lei aan n sieklike toestand genaamd entitlement. Almal is geregtig op alles, maar niemand wil enige van die verantwoordelikhede aanvaar, wat normaalweg saam met regte gaan nie. Dis n hartseer kringloop

Max ·

Rhoda, baie dankie vir hierdie wel-deurdagte en objektiewe artikel. Dit is net jammer dat, in Suid Afrika, daar ook ‘n kultuur van totale ontkenning, sowel as verantwoordeloosheid bestaan. Die wat aan ‘n verkragtings-kultuur skuldig is, is eweneens skuldig aan ‘n ontkennings- en verantwoordeloosheids-kultuur. Selfs in die gesig van harde, feitlike bewyse, sal hulle die waarheid ontken en weier om verantwoordelikheid vir hul dade en kultuur te neem. Jy is heeltemal korrek in jou stelling, Suid Afrika is erg in die moeilikheid en, indien daar nie drasties iets daaromtrent gedoen word nie, stuur ons af op totale chaos.

Marius ·

Dankie vir ‘n weldeurdagte artikel. Ek dink een van die probleme met die hele saak is die risiko van stereotipering van alle swart mans. Ek dink die regter het dit geensins as ‘n rassistiese aanval gesien nie. Soos wat kwaito musiek sy wortels in townships het, het ‘n sekere “kultuur” ontstaan in die manier hoe daar na ‘n vrou verwys word. Kyk na die swart musiekkanale en jy sal sien hoe verskriklik walglik vrouens uitgebeeld word, soveel so dat daar ouderdomsbeperkings op musiekvideos moet wees. Maar dit sal uit swart geledere moet kom, want as blankes dit doen is dit voorskriftelik en selfs somtyds neerhalend.

Renate Barnard ·

Uitstekende berig. Schutte moet haar skaam vir haar lafhartige optrede. Sy sal onthou word as ‘n zero – beslis nie ‘n hero nie.

Rupert Ashford ·

Goeie berig Rhoda. Baie dankie dat jy dit se. Schutte is deel van die social media joernalistieke generasie. Mense wat dit nooit anders sou “gemaak” het nie, kan nou met een so ‘n gebeurtenis beroemd/berug word. Maar hulle is soos lee blikke…

Leon ·

Wat ‘n dapper mens is Rhoda nie , ek haal my hoed vir haar af. Kan ons haar nie in die parlement kry nie ?

Joana ·

Baie dankie Rhoda vir die artikel. Kan mens nie die woord rassisme verban nie? Moord, roof en verkragtingting moet voorkeur geniet.

Daan ·

Baie gebalanseerde opinie oor ‘n baie pynlike en verborge onderwerp. Val my net op “Black Lawyers Association” as dit nie ‘n rassistiese beginsel beklemtoon nie weet ek nie.

Bullseye ·

Uiteindelik iemand wat nie skroom om die waarheid te praat nie. Dankie

Koos Rustenburg ·

Ek wens Rhoda kon by Thuli oorneem as lg oor paar maande aftree.

Marietjie ·

Uitstekende artikel Rhoda!!!! Gillian Schutte het GEEN INTEGRITEIT NIE! Sy behoort haar te skaam vir wat sy gedoen het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.