Is Tsafendas ʼn held?

Demetrio-Tsafendas

Demetrio Tsafendas (regs) het dr. Hendrik Verwoerd 50 jaar gelede vermoor. Foto: Pinterest.com

Met dié dat die aandag die laaste dae gevestig is op die moord op dr. Hendrik Verwoerd in die Volksraad 50 jaar gelede, het stemme opgegaan dat sy moordenaar, Demetrio Tsafendas, postuum tot struggle-held bevorder moet word.

ʼn Amptelike ondersoek het destyds bevind Tsafendas was geestelik versteurd. Hy het vertel ‘n lintwurm in sy derms het hom opdrag gegee om die premier te vermoor.

Op sigself is dit natuurlik ‘n legitieme onderwerp vir historici of sielkundiges om vas te stel of dit korrek was.

Eintlik is die fondament vir die revisionisme oor Tsafendas al in 1998 gelê, toe die Nederlandse romanskrywer, Henk van Woerden (wat as kind met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer en as volwassene teruggegaan het) sy eie, hoogs problematiese lewe en dié van Tsafendas beskryf het (Een Mond vol Glas).  Ek het nie die boek gelees nie, maar wel die Nederlandse Afrikaans-kenner, dr. Hans Ester se resensie, waarin dié onder meer skryf:

“Jammer is wel dat Van Woerden de onwrikbare, vooropgezette bedoeling heeft om van Tsafendas een held en van Verwoerd letterlijk een varken te maken. Dat doet afbreuk aan het geheel.”

Verlede week het die Britse joernalis, Gerry Loughran, in Kenia se Daily News ook die resultate van sy diepgaande navorsing na die lewe van Tsafendas gepubliseer. Loughran noem hom “the least honoured of all of Africa’s independence heroes”.

En verlede naweek berig die Suid-Afrikaanse Sunday Times oor ʼn doktorale student aan die Universiteit van Durham in Brittanje, Harris Dousemetzis, wat meen Tsafendas het slegs voorgegee hy was mal. Inderwaarheid was hy ʼn “radikale kommunis”, wat Verwoerd se moord om ideologiese redes gepleeg en baie sorgvuldig beplan het.

Dousemetzis het aan die koerant gesê hy hoop dat, wanneer sy studie voltooi is, hy bewys het dat Tsafendas ʼn held was wat verering verdien.

Sy standpunt is ondersteun deur onder meer oudmin. Ronnie Kasrils (“die man is gemotiveer deur goeie bedoelings en hy was ʼn kommunis”). Solly Mapaila, adjunk-sekretaris-generaal van die SA Kommunistiese Party, het selfs gesê Tsafendas moet postuum ʼn erelid van die party word.

Dis maklik om woedend en emosioneel hierop te reageer. ʼn Mens moet dit egter nugter en rasioneel benader.

Kom ons skei ʼn paar dinge van mekaar.

Ek het uiteraard nog nie Dousemetzis se navorsing onder oë gehad nie, maar as hy oortuigende bewyse gevind het dat Tsafendas nié mal was nie, dat hy Verwoerd inderwaarheid weens sy afkeer van apartheid om die lewe gebring het, het hy die historiese wetenskap sonder twyfel gedien. Die historikus se taak is immers om die waarheid so ver moontlik op te diep, selfs al hou nie almal van die waarheid nie.

Dit staan egter los van sy oordeel dat Tsafendas ʼn struggle-held is wat vereer moet word. Eersgenoemde sou – mits dit korrek is – ʼn onbetwiste akademiese bydrae wees; laasgenoemde is ʼn moreel-politieke oordeel waaroor ʼn debat gevoer kan word.

Dit gaan hier uiteindelik om ʼn enkele vraag: Is dit geregverdig om ʼn leier, wat ʼn beleid uitvoer wat jy as ten diepste immoreel beskou, te vermoor?

Om dié vraag te beantwoord, moet twee verdere vrae gestel word: Is moord werklik die enigste uitweg? En wat wil jy in die plek hê van die beleid wat jy deur die moord wil beëindig?

Daar was verskeie dergelike moorde in die moderne geskiedenis. In 1881 het die anargis Nikolai Risakof tsaar Alexander II byvoorbeeld in St. Petersburg vermoor.

Die tsaristiese diktatuur was, as mens teenswoordige maatstawwe as uitgangspunt gebruik, moreel bedenklik. Die ironie was dat Alexander II relatief liberaal was. Hy het byvoorbeeld die stelsel van lyfeienes, waardeur kleinboere saam met grond verkoop kon word, afgeskaf.

Hy is opgevolg deur Alexander III, wat talle van sy pa se hervormings teruggedraai het. Só het Risakof die teenoorgestelde bereik van wat hy wou.

ʼn Tweede voorbeeld is Gavrilo Princip se moord op die Oostenryks-Hongaarse troonopvolger, aartshertog Franz Ferdinand, in 1914. Dit het uitgeloop op die Eerste Wêreldoorlog, wat vier jaar geduur het en 10 miljoen dooies. Die gevolge spreek vanself.

Dalk die mees relevante voorbeeld is die mislukte moordaanslag op Adolf Hitler op 20 Julie 1944. Die samesweerders was diep beswaard oor Hitler se uitwissing van miljoene Jode. Hulle het besef die kans op sukses is bitter klein, maar hulle wou Duitsland se eer red en bewys dat nie alle Duitsers moreel voor Hitler gaan lê het nie.

Een van hulle, genl.maj. Henning von Tresckow, het (effens vry vertaal) só getuig: “Dit kom nie meer aan op die praktiese doel nie, maar daarop dat die Duitse weerstandsbeweging voor die wêreld en voor die geskiedenis met die inset van die eie lewe die beslissende poging gewaag het. Daarnaas is die res irrelevant.”

Tresckow was een van dié wat met sy lewe betaal het. Maar in sy oorkoepelende doel het hy geslaag: Die samesweerders van 20 Julie word vandag in Duitsland as helde beskou, wat aan die ná-oorlogse Duitsers ʼn morele houvas gegee het te midde van ʼn geskiedenis waaroor daar steeds wye skaamte is.

My persoonlike oordeel is dat dié moordaanslag moreel geregverdig was. Dis natuurlik legitiem om ook anders daaroor te dink.

Terug by Tsafendas en Verwoerd: Ja, die spesifieke apartheidsbeleid wat die Verwoerd-regering destyds toegepas het, was immoreel, al kan dit histories nugter verklaar word. Dis ʼn feit soos ʼn koei dat dit onnoembare leed by miljoene swartes en bruinmense veroorsaak het.

Dis egter ewe relevant om te vra wat Tsafendas in die plek daarvan wou hê. As Dousemetzis se gevolgtrekking korrek is, was Tsafendas ʼn revolusionêre kommunis wat apartheid met ʼnʼn Marxisties-Leninistiese diktatuur van die proletariaat wou vervang.

Jy kan die kommunisme net so min as apartheid in ʼn lugleegte beoordeel. Die kommunisme is van 1917 tot 1991 in die Sowjetunie en sy satellietstate toegepas. Daardie praktyk wys, al kan mens sekerlik daaroor debatteer, dat dit aansienlik erger as die Verwoerdiaanse apartheid was.

Met ander woorde, Tsafendas se moordpoging kan (anders as dié van die samesweerders van 1944 teen Hitler), mits Dousemetzis korrek is, nie moreel geregverdig word nie.

Die eindgevolgtrekking is duidelik. Tsafendas was geen held nie. Net so min as wat Nikolai Risakof of Gavrilo Princip dit was.

Enigiemand wat hom tot held wil verklaar, onthul baie oor sy eie morele samestelling.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Siestog de Jager ·

My mening is dat dit uiters belaglik is. Moordenaars word nou kastige struggle helde? Belaglik, maar as ‘n mens na die korrupsie en hoë misdaadsyfers kyk, is dit duidelik dat wetteloosheid verheerlik word.

JC ·

Ditsem, Siestog!! Is daar nie in elk geval veel belangriker kwessies as die Tsafendas affere nie. Dit gaan seker te lekker in die RSA deesdae, juistement waarom mense hul so aldag kan besig hou met nonsens en onsinnighede en waarom hul SAL PROBEER om die geskiedenis voor ons oe te verdraai. Ons is te SLIM daarvoor hoor, want ons het darem vir Dr Gilliomee wat in staat daartoe is om die geskiedenis op objektiewe en nugtere wyse uiteen te sit, sonder enige ideologiese agendas. SA was nog NOOIT kommunisties en SAL OOK NOOIT wees nie.
Dr Hendrik Verwoerd was ‘n held van die Afrikaners vir jou kennisname Louis!!!
Of is jy ook al gebreinspoel deur die linkse gespuis? Die situasie in SA is so benard, volgende wat ons hoor was Genl de Wet ‘n agent van die Britse Ryk wat gesorg het vir Churchill se ontsnapping hehe wat ‘n grap!!

Elize ·

Skande.dat ‘n kom minus nou as ‘n held beskou word.Ek skaam my vir hierdie soort duiwels druk. Waarheen is hierdie wêreld op pad. Op pad hel toe.!!!!@!

Jeanne ·

Nog geld mors, nog haat aanblaas. GEEN MOORDENAAR IS ‘n HELD NIE!!

JP ·

Stem volkome met jou saam. Daar is nooit regverdiging vir moord!

hans brits ·

…….En Dingaan het sy voorganger ook vermoor en kriminele word presidente so kan jy maar opnoem.mal wereld waarin ons is.

Annetjie ·

Ek glo tot vandag toe dat die destydse minister van justusie het iets met die aanstelling van Tsafendas as bode in die parlement te doen gehad. Hierdie man het geen verwysings gehad nie en is net aangestel. Ek glo die joodse geldmag wat in London gesetel is die moord gereel het omdat Dr Verwoerd nie wou afsien can sy beleidsrigting nie. Die britse regering wat saam met die Koningshuis en die Rothchilds, Rockefellers en die ander grootgeld groepe werk het ook n groot aandeel in die moord op Dr Verwoerd. Hoekom het die nuwe regering onder JB Vorster verkeerd begin loop? Eers n maori of 2 in n rugbydspan en die voet was in die deur. FW de Klerk was die grootste verraaier in ons volk se geskiedenis. Hy het met bedrog die kiesers oorreed om ja te stem met die referrndum. FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha, n sekere Fourie, Marthinus van Schalkwyk en prof fesor Heyns van die NG Kerk het bloed aan hulle hande. Elke blanke wat vermoor word deur hierdie aanhitsery van hierdie regering is verraai deur bogenoemdes.

Neels Marnewick ·

Annetjie is 100% in die kol. Lees VOLKSVERRAAD van adv PJ Pretorius. HOEKOM was daar TWEE aanslae op dr Verwoerd se lewe? GEEN politikus in SA was voor of na die tyd ooit weer aangeval nie. DIT sê ALLES!

Louis ·

As ek Tsafendas so in sy oe kyk,sien ek nie haat nie,ek sien n man, n man wat net wou he,dat die son, oor almal moet skyn!

Malva ·

Geestelike versteurde ‘n ‘struggle held’? Laat mens dink…

hakkie ·

Hoop jy verlustig jou in die son wat vandag oor die Nuwe Suid Afrika skyn

Jordaan ·

Heeltemal in lyn met die ANC en meelopers se pogings om die geskiedenis te herskryf. Hiervolgens was terroriste wat onskuldige en weerlose vroue en kinders vermoor het met motorbomme ook helde.

Hanli du Pisanie ·

Op ‘n ander trant – glo nog altyd daar was “ander mense” / “organisasie” – wat Tsafendas se swakheid / feit dat hy geestelik versteurd was “gebruik” het om moord te pleeg – waar was hy bv 2 jaar voor die moord – wat het hy gedoen (en dit is nie Griekeland nie) ?? Wil iemand meer iets hieroor uitbrei….

Faan ·

Hanli jy is baie korrek oor die “ander mense” betrokke. Ek het Tsafendas op gepas in Pretoria Maksimum. As jy na die geskiedenis in geheel kyk en dan na die Afrikaner geskiedes ge- isoleerd sal jy sien daar loop n duidelike gouedraad van verraad. Veraad teen jou volk vir eie gewin en vooropgestelde agendas. In kort wil ek sê ” hond eet hond”
Dr Verwoerd is deur ñ ge-breinspoelde Tsafendas onder opdrag vermoor en dit deur Dr Verwoerd se eie binnekring

anton ·

Faan ek stem met amper alles saam wat jy sê behalwe dat die moord op Dr. Verwoerd nie uit n eie binnekring gereel is nie. Die USA en Engeland was wat agter sy moord gesit het.
Hulle het gesien dat hulle nie sy kop sal kan draai soos hulle dit wil hê nie.
Hy het ook uit die VVO gestap en hulle kon dit nie hanteer nie. Hy was net teveel van n ”Yster” en het hom nie laat voorsê deur die buiteland t.o.v Suid Afrika nie.

Henry ·

Dankie vir ‘n baie interessante artikel!
Indien Tsafendas eintlik in hart en niere ‘n kommunis sou wees, soos Rooi Ronnie en Mapaila van die SAKP, asook Douzemetsis graag wil glo, kan daar heelwat spiksplinternuwe en aardskuddende komplotte uitspring.
Sommige plaaslike komplotters wil dit hoeka hê dat Minister BJ Vorster en Gen Hendrik van den Bergh om enkeles te noem, kop in een mus met Tsafendas sou wees en dus mede verantwoordelik vir Dr Verwoerd se dood is.
Kan ‘n volgende kinkel in die komplot kabel as volg lui:
Was Mnr Vorster en Gen Langhendrik van den Bergh toe ook allie tyd klandestiene lede van die SAKP!!!
:-)))

Annetjie ·

Mnr BJ Vorster het Tsafendas aangestel as bode. JB Vorster was die verraaier van die Ossewabrandwag en hy was tot en met sy afsterwe nooit lid van die Nasionale Party nie. Voor sy dood het hy wel lidmaatskap by die KP gekry. Hoe hy tot eerste minister verkies kom word sal niemand ooit weet nie. Onderduimse gekonkel in die binnekring miskien? Ek het die boek van mnr Beaumont Schoeman DIE MOORD OP DR VERWOERD. Ek sal hom weer lees en seker maak van die feite.

johan ·

As julle eendag tog maar net daai boek van “Volksverraad” kan kry om te lees, sal julle sien dat hy niks met struggle uit te wasi gehad het nie. Julle sal ook daarin lees wie Tsafendas gehuur het om dr Verwoerd te vermoor.

johan ·

Tsafendas was teen n bedrag van R5000 gehuur deur BJ Vorster om Dr Verwoerd te vermoor. Hy en genl Lang Hendrik vd Berg was kop in een mus.
Lees die boek opgestel en saamgevat deur Adv Pretorius..dag datum tyd..almal gevrywaar van vervolging wat gehelp het.
Boek is baie moeilik bekombaar aangesien hy baie vinnig van die rakke verdwhet het na sy eerste verskyning.

Kobus ·

Johan, ek neem dan aan dat jy ook Adv Pretorius se boek Volkshoop het?

F C Boot ·

Jy kan die boek ‘volksverraad’ aflaai in pdf formaat. Tik ‘ Volksverraad boek’ in jou soekenjin in/

Frans C ·

Die man is gediagnoseer as ‘n skitsofreen, waarvan ‘delusions’ en ‘hullucinations’ en deurmekaar denke maar party van die kenmerke is.Hy het na bewering aan die polisie gesê
dat hy Verwoerd vermoor het agv sy rassepolitiek.Ander bronne beweer weer dat hy gesê het hy het Verwoerd vermoor omdat die se rassebeleid swartes tenkoste van blankes bevoordeel het.

Wie ook al die man as bode aangestel het het nie die man se agtergrond behoorlik nagegaan nie en as dit wel gedoen is dui dit op meer as ‘n moord deur ‘n geestelik versteurde man. Om hom tot held te verhef is net so verward as wat die man se denke was.

johan ·

Tsafendas was teen n bedrag van R5000 gehuur deur BJ Vorster om Dr Verwoerd te vermoor. Hy en genl Lang Hendrik vd Berg was kop in een mus.
Lees die boek opgestel en saamgevat deur Adv Pretorius..dag datum tyd..almal gevrywaar van vervolging wat gehelp het.
Boek is baie moeilik bekombaar aangesien hy baie vinnig van die rakke verdwhet het na sy eerste verskyning.

Ben Prinsloo ·

Nee Leopold gelukkig menings verskil. Die feit dat jy sê ander groepe het onder Verwoerd swaargetrek dan wonder wat is jou siening van die poletiek van vandag? Daar is net 1 stelsel wat werk en dit is afsonderlike ontwikkeling. Ek sê weer, daar is n Duitsland, Frankryk, Engeland ens. en hier wys ek vir jou afsonderlike ontwikkeling tussen nasies. Werk hierdie stelsel ja of nee?

Kakafonie ·

Jy is sekerlik nie ernstig nie? Prys jy nou wragtie apartheid?

BS ·

Kakafonie, enige iemand wat die WARE stand van die geskiedenis ken en nie val vir die leuns en propaganda nie sal apartheid prys aangesien dit al van Adam en Eva se tyd af geskryf staan as wet – dis ook al hoe ons ooit in vrede sal kan leef…

Neels Marnewick ·

Dr Verwoerd se beleid was NIE apartheid nie maar AFSONDERLIKE ONTWIKKELING! Moedswilligheid deur die liberale en kommunistiese media het hom as n skurk uitgemaak. Na hom of voor hom was daar nog nooit so n edele leier nie en dit sluit die hele wêreld in!

Kobus ·

Mense wat strewe na hul eie gebiede, soos Orania, is dat dan ook soos per die skrywe hier bo, immoreel?

En wat van ander voorkeure, ook nou soos in Engeland en in Wes Europe begin uitspeel? Of word dit net ander name genoem?

vermeende ·

Die heldepot van die ANC is al leeg geskep, nou word die bodem blink gekrap vir nog net een held.

Annetjie Dreyer ·

‘n Held omdat die huidige regering steeds hul assegaaie uithaal vir almal wat andersdenkend is. Hoe nader hul aan hul eie afgrond beweeg, hoe meer assegaaisteke word daar toegedien. Dis nie meer belangrik nie – Verwoerd is dood en Tsafendas ook. Ek dink laasgenoemde sou hom doodgehuil het as hy geweet het hy sou jare later as ‘n ‘held’ beskou word. Onthou: die ANC voel hul skuld die kommunis en daarom wil hul al die geraamtes uithaal en wys waar hul lojaliteit eintlik lê.

Leon ·

Miskien moet hulle oorweeg om die lintwurm die “struggle hero” te maak. Hy sal ten minste op dieselfde intellektuele vlak wees as diegene wat Tsafendas ‘n struggle held wil maak!

Johann ·

Ek het so pas geskryf, “Verlede week was hy ‘n held, vandag twyfel ons.” Dit was oor Verwoerd geskryf, nie sy moordenaar nie.

TTh ·

Leopold, los asb die strydvrae, wereldgeskiedenis is nie wat dit blyk te wees nie en is reglynig teenoor die Waarheid. Al hierdie tipe gebeure regdeur die wereld se geskiedenis is haarfyn beplan, niks is toevallig nie.

Mario Nel ·

Sover my kennis strek was dit die eerste sluipmoord op ‘n staatsleier in SA. Dus nie tipiese gedrag nie. Die feit dat daar voorheen ook ‘n sluipmoordpoging op Dr Verwoerd uitgevoer was, maak dit uniek. Dit laat vir my die gevaarligte flikker van ‘n “doelbewuste” poging om van hom ontslae te raak. Iemand het Dr Verwoerd se potensiaal raak gesien en was bang dat sy beleid moontlik kon slaag. Wie sou baat by sy sluipmoord?

Engela ·

Dit sal vir my ‘n hartseer dag wees as Tsafendas tot held verklaar word!!!

Maar ek het darem lekker gelag vir “vermeende” en “Leon”.

Flippie ·

Met die redenasie is Clive Derby-Lewis en Janus Walluz ook helde né.

Sarie ·

Daar is defnitief meer agter Verwoerd se dood net soos daar meer agter die Nuwe SA van 1994 is. Die dokter wat Tsafendas in Engeland behandel is dieselfde een wat Pratt in SA behandel het. Hy was bekend in kommunistiese kringe hier en het uitgewyk na Engeland omdat hy bang was. Vriende met Mandela en Slovo. Die veiligheidspolisie het daarvan geweet. Waarom het hulle hom indie parlement toegelaat? Meer vrae as antwoorde.

Johann ·

Elke nou en dan word Paul Kruger ook in die media verdag gemaak. Veral as dit nader aan sy verjaarsdag kom. Mense wat op RSG uitgesaai het, Kobus Bester en Ian Wessels was in die verlede prominent.

Nico K ·

Baie goeie artikel Leopold. Goedgebalanseerd en rasioneel. Anders as die meeste kommentare hierbo. Gelukkig kan jy hulle ignoreer. (Verwoerd se dood is deur die “USA” (sic) en Engeland gereël! Ai ai ai.)

Cobus ·

Dit is interessant dat meeste moordenaars van Staatshoofde in die verlede hierdie “verloorders ” is in die lewe, maar dit dan regkry om ‘n Staatshoof uit te haal?! Hulle kry as sogenaamde “verloorders” reg wat net ‘n professionele sluipmoordenaar sou kon doen. DIT MAAK NIE SIN NIE. Ek dink daar steek baie waarheid in sameswering teorieë!

Sus ·

Sommige van die kommentaar laat ny dink aan die volgende: My vriendin het die storie gehad dat sy kleintyd altyd deur haar ouers se persoonlike dokumente op soek was na bewyse dat sy eintlik ‘n aangenome kind is! Die mistieke element daaragter was vir haar fasinerend! …….sy was uit-en-uit ‘n eie bloed-kind!

Johann Marx ·

As huidige trotse lid van die onderdrukte wit minderheid in Suid Afrika kan ek net sê….ons smag na ons eie “Tsafendas”……ons sal ook van hom ‘n “struggle held” maak, EN nog sommer ‘n standbeeld oprig ook…..Doen tog nou net waarvoor ons almal sit en wag!!

Theuns ·

More Leopold. In bree trekke stem ek saam met jou kommentaar maar ek kan nie saamstem dat miljoene swartes benadeel is met die Apartheid beleid nie! Onthou ek was, net soos jy hier, en as ek die tydperk 1948-1994 met die tydperk 1994-2016 vergelyk is laasgenoemde tydperk verwoestend! In die 1948-1994 tydperk was die swartmense beter af en het hulle hulle eie grondgebied gehad. Werk en kos was vollop! En in die verwoesting wat plaasgevind het sedert 1994, is die witman se moedeloosheid gesetel. Ons het ons kultuur veruil vir ‘n fanatiese swartmens gedrewe haat, ontwikkelde /kreatiewe bekwaamhede vir destruktiewe bekwaamhede, inteligensie vir ‘n massiewe verdoming (intelektuelle agteruitgang) en ‘n meerderheid wat nog glo in voorvader geeste (“Superstition”). Ons is gevangenis in die eens skoon en werkende land wat nou voortsnel op ‘n pad van vernietiging soos dit nou daagliks gebeur. Die Tsavendas saak sal seker vir ewig in die lig hang omdat dit nie in die belang van sekere ouens in die SA Regering en die ANC was om met die waarheid uit tekom nie? Na die 1994 oorgang moes ons uitvind dat prominente Afrikaner Politisie, ANC Kaart dreaers was of geword het bv. Pik Botha, Roelf Meyer, Leon Wessels ens. Groete.

Karma ·

@Theuns – ek kon dit self nie beter gestel het nie! En as Tsafendas ‘n “Struggle Hero” gemaak word, moet Walluz en Derby-Lewis óók “Struggle Hero”-status kry!

Jakkalas ·

Nee hys ‘n lafaard, wat iemand wat ontwapen was en besig om sy werk te doen dood gesteek het.

Peet J ·

Tsafendas was ‘n nulliteit en het nie belang gehad in die SA regering se doen en late nie. Hy was indiens geneem met die doel om Dr. Verwoerd te vermoor, sy pligte was om dokumente rond te neem waarom was hy met ‘n dolk in die parlement toegelaat?
Terloops Adolf Hitler het die Joodse volk vermoor om aan die ander lande te bewys dat hy die Christelike geloof ondersteun asook dat hy bevrees was vir die Joodse intelektuele vermoëns.

johan 2 ·

Hahahaha, interessante siening Peet…maar ek kan maar net lag. Dalk kan iemand v ons skryf (met konkrete bewyse en nie die oorlog propaganda weergawe nie) waar Hitler Jode vermoor het.

ronel ·

Hy was beslis gehuur om die moord te pleeg. Die navorser moet maat dieper gaan krap as om hom as n held te probeer afmaak.

Henry ·

Ronel
Watter gedeeltes van die volgende sinne kan jy nie onder die knie kry nie???:

“…Die eindgevolgtrekking is duidelik. Tsafendas was geen held nie.”
en
“…Enigiemand wat hom tot held wil verklaar, onthul baie oor sy eie morele samestelling.”

Ek is vir seker nie ‘n pleitbesorger vir die skrywer van hierdie artikel nie, maar dit is tog duidelik dat hy nie Tsafendas se wrede daad probeer vergoeilik nie.
Inteendeel.

RK ·

Tsafendas was gin mal nie. Hy het PRESIES geweet wat hy doen…

Verwoerd was die laaste opregte leier wat die land gehad het en ou tsa gaan brand :)

johan ·

As julle eendag tog maar net daai boek van “Volksverraad” kan kry om te lees, sal julle sien dat hy niks met struggle uit te wasi gehad het nie. Julle sal ook daarin lees wie Tsafendas gehuur het om dr Verwoerd te vermoor.

jan malherbe ·

Ek sou daai boek baie graag wou lees Johan….waar kan ek hom in die hande kry? Maar ek ken die antwoord,dit is die Satanaanbidder,illuminatie,globaliste,NWO,en die Judasse (vir geld) wat vir hulle werk!

ronel ·

Stem saam hy was beslis n huurmoordenaar. Die navorser droom. Hy kan gaan lees soos jy tereg gese het in Volksraad.

Peet J ·

Johan 2 ter inligting:In baie ander dele van Europa het dit nie goed gegaan met die Jode nie hulle is vervolg deur die Christene en baie is vermoor. In Duitsland en Frankryk het anti-Semitisme teen die Jode gediskrimineer as gevolg van rassehaat. Na die Tweede Wêreldoorlog het die Jode teruggekeer na Israel asgevolg van die Sionismebeweging dit is om die Joodse Ryk in Palestina te stig.

jan malherbe ·

Peet ,kan jy bewys dat Jode agv ‘rassehaat’ vermoor is….moenie die Jode nog meer rede gee om in hulle mou vir jou te lag,en jou as n ‘stupid goyim’ te aanskou nie! Kom weg van die Joods besitte hoofstroom media en gaan soek alternatiewe nuuskanale op die internet…….bygesê dit is as jy belangstel om ingelig te wees!

Peet J ·

Jan , geen probleem nie Sien die geskiedenis van die Holocaust ook bekend as Shoah in Hebrew
Ek haal aan : When the war in Europe ended Jews in Europe were subjected to progressively harsh prosecution that ultimately led to the murder of 6000 000 Jews 1.5 million of these being children and the destruction of 5000 Jewish communities. The Jews who died were not casualities of the fighting who ravaged Europe during World War II they were the victims of Germany’s deliberate and systematic attemp to annihilate the entire Jewish population of Europe a plan Hitler called the Final Solution. Ek dink dit is tyd dat jy jou kennis bietjie opknap alvorens jy kommentaar wil lewer.Jy weet die groot “stupid goyim” sien altyd die kleintjie raak.

Johan 2 ·

Hahahaha….nog hoofstoom media aanhalings…wie dink jy besit meeste hoofstoom media huise?…gaan soek maar nig bietjie.

DewaldS ·

Ja-nee kyk! ‘n Spin-dokter bly ‘n spin-dokter. ‘n Ele-lange storie oor Tsafendas, maar die eintlike doelwit is maar om die Afrikaner te oortuig om sy geskiedenis en suksesse te wantrou en te haat en eintlik maar vrywilliglik sy volkskap neer te lê.

Leopold Scholtz ·

Beste neef Dewald, ek moes twee keer kyk om myself te oortuig, maar ek dink wraggies jy verwys na my! Jong, jy sal moet staaf wat jy beweer – dat ek die Afrikaner wil oortuig “om sy geskiedenis en suksesse te wantrou en eintlik maar vrywilliglik sy volkskap neer te lê”. Is jy dan ‘n vreemdelik in Jerusalem? Het jy ooit iets van my gelees? Vadertjie ons, jy dryf my byna tot wanhoop. Dat ‘n Scholtz sulke bewysbare onsin kan kwytraak!

Johan 2 ·

Geagte Prof. Leopold, ek dink u skrywe kom sonder opset as “polities korek” voor, selfs effens liberaal. Dalk maar n “NSA” akademici styl van skryf….en die (dalk onnodige) verwysing na “feite” soos die “Holocaust”, in EU kom skrywers nog maklikker weg, maar hier aan d suidpunt v Afrika dink ek mense is minder naïef oor sulke hoofstroom media stories…skryf ASB weer dit lok lekker kommentaar uit :).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.