Is wit spelers en atlete dan tweedeklas-burgers?

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die verbod wat Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, op SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA geplaas het om aansoek te doen om groot internasionale sportbyeenkomste aan te bied weens ’n gebrek aan “transformasie”, is nie net strydig met internasionale sportregulasies nie, maar laat ook die vraag ontstaan of wit deelnemers aan sport tweedeklas-burgers is.

In terme van die ANC se rasse-ideologie is transformasie bloot ʼn kodewoord vir “swart” oorheersing oor al wat instelling en terrein is. In terme van dié transformasie-ideologie is enige instelling wat oorwegend wit of bruin mag wees of uit te veel Afrikaners bestaan, onaanvaarbaar en ongeloofwaardig.

Mbalula wil sien dat meer “swart” spelers gekies word. Die opvatting is abnormaal en in wese rassisties. Indien dit as normaal beskou word, beteken dit dat dit normaal is dat wittes, bruines en Afrikaners tweederangse burgers in hulle land van geboorte is wat nêrens ʼn sleutelrol mag speel nie. Ook dat ’n wit speler gereduseer word tot iemand wat nie sy land in dieselfde mate as ʼn swart speler mag verteenwoordig nie. Dit impliseer ʼn permanente onderdanigheid aan die demografie van die land.

ʼn Normale verskynsel is eerder soos in die geval van die VSA se nasionale basketbalspan, wat oorwegend swart is in ʼn land waar swart mense ʼn minderheid is, maar steeds die steun van alle landsburgers ontvang. Bloot omdat die spelers uit ʼn minderheidsgemeenskap afkomstig is, beteken dit nie dat hulle tweederangse burgers is wat nie hulle land in groot getalle mag verteenwoordig nie. Tydens Suid-Afrika se nasionale sokkerspan se deelname aan die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi is nie ʼn enkele wit speler in die span ingesluit nie. Tog het die span wye steun vanuit die sogenaamde wit gemeenskap ontvang. Werklike sportliefhebbers wil die beste span sien speel ongeag ras. Rasse-ideoloë misbruik sport om hulle agenda te bevorder en stel weinig belang in resultate op die veld. Werklike sportliefhebbers moet dus daarteen waak, selfs al is dit om ʼn goeie gesindheid te wil toon, om nie vir lief te begin neem met die ANC-styl van transformasie in rugby nie.

Die skade wat die ANC se transformasie-agenda wit sowel as swart spelers aandoen, is net te groot om goedsmoeds te aanvaar. Geen speler verdien om nie gekies te word weens die biologiese toeval dat hy met ’n wit vel gebore is nie. Geen mooipraatjies oor die belangrikheid van transformasie regverdig dit dat jong wit spelers se drome weens rasseredes vernietig word nie. Swart spelers wat die span volgens meriete haal, word daarenteen ook deur transformasie benadeel omdat hulle onverdiend die kwota-etiket om die nek gehang word. Ondersteuners word ook benadeel, want hulle weet nie meer of hulle rugby of politiek kyk nie.

Die ANC-styl met betrekking tot die najaag van getalle deur kwotas ontwikkel ook nie nuwe spelers nie. Kwotas word van bo af op spanne afgedwing, en nuwe spelers wat van onder af ontwikkel moet word, is steeds afwesig. Indien die regering, Saru en provinsiale rugbyunies werklikwaar ʼn verskil wil maak, sal hulle eerder ʼn verskerpte fokus op ontwikkelingsprogramme moet begin plaas. Dit is werklike, eerbare, geloofwaardige vordering. Enigiets anders is ʼn pleister.

Uiteindelik is die kwotastelsel die duidelikste bewys nóg dat die regering sy plig om sport in Suid-Afrika te ontwikkel, versuim het. Werklike, geloofwaardige, betekenisvolle vordering behels meer as een of twee fotosessies waar ʼn paar uitgesoekte joernaliste foto’s neem van rugbyspelers wat rugbyballe en T-hemde aan kinders uitdeel. Dit behels eerder dat die regering die 80% van die land se skole wat disfunksioneel is, moet regruk. Nie net akademie ly onder swak onderwys nie, maar van sportontwikkeling is daar ook geen sprake by die skole nie. Die meeste toppresteerders in sport se liefde vir sport is deur toegewyde onderwysers in voormalige Model C-skole gekweek. Dit kan nie verander word deur te kla oor die rassesamestelling van die Springbokspan nie.

Sommige kan aanvoer dat SA Rugby nou moet transformeer om te verhoed dat Mbalula die sport verder straf. Die argument is amper soos om aan te voer dat jy selfmoord moet pleeg ten einde te verhoed dat iemand jou vermoor. Die feit bly dat die weglating van ʼn speler omdat hy of sy wit is, reeds die span verswak het. Die soort onreg kan nie verhoed word deur nou transformasie te omarm nie.

Hoe polities onjuis dit ook al mag klink, dit is tyd om nee te sê vir ’n ANC-styl transformasie in sport. Dit is juis daarom dat AfriForum se regspan tans met die internasionale sportliggame korrespondeer oor die politieke inmenging en rasbehepte spankeuses.

AfriForum beywer hom vir die normalisering van sport, want dit is normaal om die beste span ongeag ras te kies sonder politieke inmenging. So nie, gaan rugby en ander sportsoorte aanhou agteruitgaan totdat ons uiteindelik geensins internasionaal mededingend sal wees nie. Die tekens is daar dat dit reeds geleidelik gebeur.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

MEISIE RADEMEYR ·

Ag kyk, dit maak nou nie wat ons doen of sê nie, ons sal maar altyd gekenmerk word as die rasiste. Maar een ding wat ek wel wil sê is dat hulle dink hulle werk met kinders. As y nie dit doen nie gaan jy nie dat kry nie en as jy nie dit doen gaan jy in die hoekie sit. Hulle is so domdat hulle nie kan dink dat hulle die land groot skade aan doen nie en ook ‘n vernedering is vir die land se mense. Hulle moet net onthou, hulle straf nie net die wit mense nie maar ook die swart atlete. By gesê as dit vir almal geld. Maar dis goed so snork die land maar goed op. Ons sal sien hoever dit hulle gaan bring met hulle vermakerigheid.

PIETER ·

Waar is die borge van alle let well alle sportsoorte in Suid afrika hoekom is hul so stil en hoekom tree hul nie na vore en staan dit tee nie , hoekom maak hul nie hul stem dik of ontrek hul borg geld van alle sport nie of stem hul saam met anc

Nico Boshoff ·

Die borge sal niks doen nie want hulle word verbind deur BEE en is dus bang om besigheid te verloor. One ervaar omgekeerde Apartheid en diskriminasie teen Wiites in sy ergste vorm en tog is die regering gou om ons ‘n demokrasie te noem!

E ·

Hoeveel wit spelers is daar in sokker? Die hele spul is rasiste.

Marlene ·

Nou om eerlik te wees, ek sien ook min vroue, en gestremdes in enige sportspan, en as ons nou helemaal polities korrek wil wees moet Inteligentie vlakke ook beter verteenwoordig word, so 40 % idiote en 40% normale IQ en dan so 20% geniale , ja ek weet dit diskrimineer nou teen geniale maar die is nou eenmaal dun gesaai. Grappie—- ons moet leer om te lag vir die ras idiote.

Alta Bekker ·

MMM wil net weet wat van die soccer ek sien GEEN transformasie daar is al die ander sporte is daar al geruimetyd anderkleuriges maar NIE IN SOCCER

maritz ·

Mense dis Mabula se plan want hy weet met sy kwota stelsel sal daar geen sport weer gewen word nie . So hy stop als om dit nie sleg te laat lyk nie .

Dirk Breytenbach ·

Geagte Kallie, dankie vir ‘n goeie ontleding van hierdie kritieke kwessie. Die tyd raak min want die ANC se verstarde ideologiee en misbruik van ras vir hul eie tekortkominge raak by die dag al hoe duideliker. Soos dit nou gaan mag en sal wit mense nie veel langer:
Noemenswaardige poste kry nie
Bevordering kry op ‘n basis van meriete en prestasie nie
Sy besigheid kan uitbrei en verbeter nie agv EE en BEE
Tenders van enige omvang kry nie
Vryheid van assosiasie kan toepas nie
Nie in top sport dissiplines mag vorder nie
Nie die regering of die verdomming van akademiese besluite kan kritiseer sonder om as rassis uitgekryt te word nie
Jou eie taal vryelik mag gebruik nie
Nie eie universiteite of skole mag ontwikkel wat nie aan ‘n ander ras se taal en algemene diskriminerende kriteria voldoen nie
Nie sy regte onder die grondwet mag uitleef nie
Voortgesette grond besit kan handhaaf nie
Individualiteit en uitnemendheid navolg nie (die kollektief regeer en manipuleer)

Terwyl ons daagliks as diewe en rassiste uitgekryt word wonder ek hoe lank nog en wat is ons volgende stap? Plan B en C?

johan ·

wat sal ons doen sonder afriform . iemande wat opstaan baie dankie en baie hoera’s vir julle

Dan ·

Daar is nie een mens wat die guts het om Mbalula reguit te vra om n antwoord omtrent sokker se stand nie, is hulle bang vir hom. Wat gaan sy antwoord wees?

Neewat ·

Dis hoegenaamd nie vergelykbaar nie. Die sokker argument is ‘n pap snoek. Gebruik eerder rasionele argumente as die sokker een.

Floors ·

Ons mag nie meer vir hulle (ANC) sport speel nie. Maar wanneer hulle wereldklas mediese hulp nodig het, (bv. Hartoorplantings) vlieg die hele Afrika se elite na Suid-Afrika om deur wit dokters behandel te word. Dan is ons goed genoeg vir hulle…..

John ·

Ons moet eindelik jammer voel vir die minister. Hy wil nie he dat Bafana Bafana alleen so laag op die ranglys moet wees nie. Wat is die wen persentasie van sokker die afgelope 10 jaar, wanneer laas was hulle in die semi finaal van ‘n kompetisie. Rugby, krieket en netbal mag nie onder die 10 bestes in die wereld wees nie hulle moet ook laag op die ranglys wees. Die minister sal nie rus voor dit nie gebeur nie. Rugby, krieket en netbal is span sporte met net ‘n sekere getal spelers. Briljante individuele spelers perform nie in spanverband nie, want hulle kan nie aanpas nie. Daar kan nie dertig spelers van dieselfde span op die veld wees nie. Almal kan nie speel nie. Kies dan ‘n “A” rugby, krieket of netbal span om meer spelers blootstelling te gee. Glo my daar is baie swart spelers wat dit verdien in die sporte wat onder bespreking is. Ek weet net nie waar pas atletiek in nie. Dit is ‘n individuele sport, wat van gholf?

Oom Kalahari ·

@Dirk Breytenbach, pragtige uiteensetting soos hierbo deur jou skrywe en stem heelhartig saam. Dit is weldra so dat met die sogenoemde “Kwota stelsels en Transformasie prosesse” ‘n indikasie skep van die verwerping, onderkrukking en afgradering van wit verteenwoordiging. Hierdie optrede kom neer op ‘n Politieke manupilasie op sport entiteite en sekere ras groep. Dit gaan nie meer oor jou beste gehalte van verteenwoordiging of meriete toekennings nie, maar ten volle gebaseer op ‘n ras kwota. Die stelling is korrek dat die blanke verteenwoordiging as tweedeklas ge-identifiseer kan word.

Dirk Breytenbach ·

Politieke manipulasie en subtiele sosiale ingenieurswese wat in Nazi Duitsland en China met hul een kind beleid liederlik skeef geloop het. Gelukkig is ons sportmanne en vroue in aanvraag in die buiteland. Geniet rugby en ander sportsoorte vir oulaas want dit gaan uitsterf as hierdie beleide en inmenging voortgesit word.

cobus van niekerk ·

ek dank God dat ek in Namibia bly waar daar nie tweedehandse burgers is nie..my simpatie met sa

Dirk Breytenbach ·

Ongelukkig is daar reeds prosesse aan die gang om grond te “herverdeel”. Ek weet hoe lank julle nog veilig sal wees nie.

Lourens ·

Ek bly nou in arg en het altyd die bokke onderstuen maar nous ek n puma

christine ·

Laat die skille van julle oe afval. Die mense haat ons. Maar ons hardloop om hulle te leer en hulle te help in nood. Waarom?? Ons is n nasie wat spog ons wil altyd vir ander wys presies hoe slim ons is. Ons bewerk ons eie ondergang, lankal besluit ek sal nie een van hulle help nie al weet ek ook beter. Hier maak ek soos die drie apies, sien niks, hoor niks, en se niks beweeg aan en ignoreer die goed.

Kobus ·

Wat van ons wit kinders se toekoms,ons kan nie so aangaan nie,iets moet gedoen word en ek hoop daar word iets gedoen aan die probleem,daar is ook baie arm wit kinders wat talent het maar wat word gedoen om hulle te help.Wit kinders het ook drome,werk hard om iets van hulle lewe te maak maar hulle word nie gekies nie omdar hulle wit is en hoe onregverdig is dit,wat het hulle met apartheid uit te waai en hoe verduidelik jy dit aan hulle dat hulle nie spanne maak nie want hulle is te wit

Dirk Breytenbach ·

Daar is al baie meer behoeftige wit mense as wat algemeen bekend is. Kom ons versorg eers ons eie dan kan ons oorweeg of daar meriete in is om ander te help.

Braam van Deventer ·

Stem ten volle saam met Kallie our ontwikkeling op skool vlak. Dit is en bly die verantwoordelikheid van die regering of sport op skool vlak te ontwikkel. Netso vir die Sport liggame. Solank as daar nie daadwerklik aandag daaraan gegee word nie sal ons eenvoudig nooit wegkom van n ras gedrewe agenda nie.

Martin ·

My kind speel rugby en is lief vir dit, ek sal hom bystaan en bly glo en bid dat hy en sy kinders n toekoms sal he in die land, ek sal nooit glo dat iemand of iets dit van hulle sal neem nie want God besluit hulle TOEKOMS!

Jack ·

Mnr Mandela se 1985 Rugby World Cup ‘Rainbow Nation’ lyk deesdae al swarter en swarter.

Petro Campher ·

Om op te hou sport kyk is ook maar ok daar is baie dinge wat ek in elk geval laat vaar het kan daar sonder klaar kom sport word in elk geval oorheers deur betaal kannaal wat ek in elk geval nie kan bekostig nie so dit is al lankal van my ontneem so maak geen verskil en as daar baklei word oor n ding gee dit my nog n groter gly so laat dit gaan hul gaan net so ver kom as wat die sokkerspan gekom het speel power niks gebeur daar die afgelope vyf jaar nie solank hul hul geld maak uit die toeskouers is die saak reg hulle is die verloorders aan die einde van die dag.

Hannetjie Theron ·

Ek verstaan HIERDIE minister nie so lekker nie. As jy sien sit hy by Rugby, Krieket en Olimpiese spele. As die Springbokke of Proteas oorsee vertrek vir Internasionale wedstryde dan is sy geliefkoosde uitdrukking gaan en “MOER HULLE” . Hoe dan nou????? Ons krieket, rugby atletiek en netbal bring darem bekers en medaljes huistoe, al is dit min!!! Kan iemand of DIE MINISTER dalk vir ons se hoeveel toekennings het BAFANA BAFANA al terug gebring na Suid Afrika??? Selfs ons swart gestremde atlete verwerf medaljes!! WAT wil hyh eintlik van Suid Afrikaanse Atlete he???? Jy hoor hom nooit maar nooit oor sokker praat nie. Waar is die blankes, kleurlinge ens dan, of is sokker net vir die meerderheid atlete in Suid Afrika?????/

Morne ·

Ek glo nie hulle gaan dit reg kry nie..dit moet eers deur die hof gaan en na alle aspekte kyk en soos julle weet dit is niks anders as diskriminasie nie en daar skiet hulle hulle self in die voet..maw wat geld vir die een geld vir die ander een..ongelukig vir hulle moet jy van klein s af rugby speel om eendag in die springbok span te kan speel om op daai standard te bly..moenie stress nie..dai kite sali vlieg nie..die manne sal vir ons ook fight

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.