Israel se migrasiekrisis

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Deur Jeannette Gnade

Premier Benjamin Netanyahu van Israel se omkeerbesluit om voort te gaan met die deportasie van duisende Afrika-migrante het skokgolwe deur die wêreld gestuur. Hy het net ‘n dag tevore aangekondig dat Israel met die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap ooreengekom het om die migrante teen deportasie na Rwanda te beskerm, mits meer as 16 000 van hulle in Westerse lande hervestig word. Israel sou in ruil daarvoor tydelike verblyf toestaan aan een migrant vir elkeen wat hervestig word.

Netanyahu het egter nie rekening gehou met die regse kerngroep in sy konserwatiewe Likud-party nie. Selfs sy bondgenote en tradisionele ondersteuners het ernstig beswaar gemaak omdat dit sou meebring dat amper die helfte van die sowat 40 000 migrante van Eritrea en Soedan in Tel Aviv sou aanbly.

Die premier is ook onder toenemende druk oor korrupsiebewerings teen hom en moet mooi in sy spoor trap. Die VN-agentskap het hom gevra om sy besluit te heroorweeg, maar die feit dat Netanyahu skielik nie meer na die migrante as vlugtelinge verwys nie, maar as onwettige insypelaars, kan as ’n vanselfsprekende “nee” aanvaar word. Israel moes noodgedwonge met die VN onderhandel nadat Rwanda kop uitgetrek en Uganda ook laat weet het dat hy nie kans sien vir migrante wat onwillekeurig op hom afgedwing word nie.

Duisende Afrika-boorlinge het die afgelope tien jaar na Israel gevlug omdat die grens met Egipte baie poreus was. Versterkings is aangebring, maar die migrante glip steeds deur.

Israel is verdeeld oor sy migranteprobleem. ’n Groot groep humaniste meen die regering moet die migrante verwelkom omdat die Israelse Staat gebou is uit mense wat die Joodse Slagting oorleef of ontvlug het. Ander is ernstig gekant teen migrasie omdat dit tot ’n toename in bevolkingsaanwas lei. Die migrantenedersettings in Tel Aviv lewer ook hul kwota misdadigers op wat vrees inboesem en wantroue veroorsaak. Die gevolg is dat talle Israeli’s die buitelanders vermy en daarom van ’n soort apartheid beskuldig word. Daar is ook godsdienstige en kulturele besware teen die migrante wat die kloof net groter maak.

Israel het die VN se Vlugtelingkonvensie van 1951 onderteken en is verplig om vlugtelingstatus toe te ken aan mense wat van volksmoord, vervolging, oorlog en slawerny wegvlug. Migrante van Darfoer het dus outomaties as vlugtelinge gekwalifiseer. Die Israelse regering is egter nie geneë om dié status aan die mense van Soedan en Eritrea te verleen nie, omdat dit blyk dat hulle hoofsaaklik ekonomiese immigrante is.

Daar moet in gedagte gehou word dat Israel nie die enigste demokrasie is wat van onwettige immigrante ontslae raak nie. Amerika deporteer jaarliks honderdduisende immigrante en selfs Duitsland, wat ’n redelike oopgrensbeleid handhaaf, het verlede jaar sowat 80 000 mense teruggestuur na hul land van oorsprong.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Suid Afrika self deporteer groot hoeveelhede onwettige immigrante en het verskeie bewaarsentrums waar sulkes gehuisves word tot tyd en wyl van hul deportasie. Daarby sal jy nouliks by ‘n hospitaal gehelp word sonder ‘n SA identiteitsboek of jou kinders daarsonder in ‘n skool kry nie.

Jacobus ·

Casper, dit is so maklik om ‘n vervalste ID te kry en wie kyk en vra nou werklik na ‘n ID as hulle ‘n vinnige paar honderd Rand kan maak.

Suid Afrika is deesdae so korrupt dat u enige dokument of diens kan bekom teen ‘n fooi.

Die onwettige immigrante loop openlik rond in ons strate maar die polisie doen niks.

Die probleem het so groot geword dat dit vir politici beter is om dit te ignoreër asook om nie die kwade gevoelens van die res van Afrika op die hals te haal nie.

Afrika sonder grense dit is mos wat Cyril Ramaphosa voorgestel het so het Mandela al daarmee begin.

As u ook na ons grensdrade kyk sal niks hulle stop nie, want die paar soldate en polisie wat nog probeer keer, kan nie 24-uur aaneen op diens wees wees asook word daar van wettige kanale gebruik gemaak om die land in te kom maar dan nie weer te verlaat nie.

As ‘n swart onwettige immigrant eers in die skare verdwyn het en ‘n swart taal leer praat het, sal dit moeilik wees om hom/haar te vind.

So kan die selfde van Indiër/Pakistani ook gesê word omdat as hulle Engels praat hulle maklik sal deurgaan as Suid Afrikaans, so ook wit mense wat maklik kan deurgaan as wettige immigrante wat kom werk/aftree in SA.

Ons deporteer, maar dit is moeielik en onmoontlik om water in ‘n sif te hou sonder die nodige hulpmiddels.

Andile ·

Nes in SA onder apartheid vloei die Afrikane na die land wat hulle glo so wreed onderruk – Go figure.

Haas ·

Hoekom moet ons westerse kultuur heeltyd uitgedruk word, hoekom moet ons heeltyd immigranbte aanvaar terwyl plekke soos Japan, Korea, Taiwan, Singapoer, China en andere onder geen druk is van die polities korrektes nie?

Janneman ·

Haas, jy neem die woorde uit my mond! Die links-liberale politieke “leiers” kla heeltyd ons mense (Westerlinge) het te veel kinders & moet minder kinders hê, en dan draai hulle om en sê ons moet massa immigrasie tot ons lande toelaat omdat ons te min kinders het. Soos dit my lyk, het die links-liberales ‘n haat vir enigiets & enigiemand wat Westers (m.a.w. wit) is. Hulle verkoop ons & ons kinders se erfenis (eiendom, rykdom, werk ens.) tot eie gewin aan vreemdelinge wat in die proses arrogant raak & verdere haat teenoor ons aanhits

Tiaan ·

Europa is self oorspoel met vlugtelinge, dit veroorsaak groot druk op die finansies van daardie lande en indien hulle dit nie mooi beheer (soos Israel) loop hulle die risiko om in ‘n welsynstaat te verander nes Suid Afrika. Gee dan later stemreg vir die klomp en binnekort is demokrasie nie so rooskleurig nie. Israel doen goed om die situasie dop te hou en te bestuur.

Arak ·

Ek is van mening dat Israel eerder gesien word as ‘n “Apartheid” land weens die behandeling van die inheemse Palesteine in Israel, nie oor die migrante nie. Daardie vergelyking is egter ook nogal swak, want in 2014 alleen het Israel meer as 2300+ Palesteine gedood en 17000+ gewond. Gedurende die totale periode van Apartheid is daar ongeveer 21000 mense dood, maar meer as 90% hiervan is deur die ANC self vermoor. So, om Israel se moordveldtog gelyk te stel aan Apartheid dink ek nie is ‘n goeie vergelyking en toon eerder ‘n wanbegrip van Apartheid.

Gerhard ·

Wou jy eintlik se daar word beweer 17000 is in die oorlog tussen Israel en Hamas dood in die selfregerende Palesynse gebied naamlik Gaza?

John ·

Toggie tog… Hoekom is daar nog grense? Christen-Jode kan vergeet om burgerskap in Israel te kry al is jou ma ‘n Jodin. Hoe kom die asielsoekers die land binne met soveel sekuriteit?
Afrika het skynbaar net een doel voor oe wanneer hulle gebore word en dit is: ‘Go West!’

Pietman ·

Goeie besluit. Sonder grense word lande ingepalm sonder ‘n weermag.

Haan ·

Die Sioniste weet goed hoe gevaarlik die invloei van daardie “vullugtelinge” is. Dit is hoekom hulle hul bes doen om te verseker dat die “vlugtelinge” slegs na Westerse lande toe gaan… Om dáár te gaan vernietig en verswak.

Albert Pike het al in 1871 met die plan vorendag gekom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.