Israel toenemend in die spervuur

’n Klein skaapkudde wei in ’n veld naby Tel Aviv, Israel. (Foto: Oded Balilty, AP)

Die Verenigde Nasies se Ekonomiese en Maatskaplike Raad het verlede week ’n mosie aanvaar waarvolgens Israel veroordeel word vir die beweerde ondermyning van vroueregte in Palestynse gebiede wat onder die beheer van Israel is. Slegs die VSA en Kanada het teen die mosie gestem terwyl nege lande, onder meer Duitsland en die Verenigde Koninkryk buite stemming gebly het.

Vier en vyftig lidlande van die Verenigde Nasies het sitting op dié Raad, met lande soos Saoedi-Arabië, Iran en Pakistan waar vroueregte ernstiger geskend word as in Palestynse gebiede, onder die beheer van Israel. Tog het dié belangrike instelling van die VN in sy werksaamhede verlede week besluit om slegs Israel vir die skending van vroueregte uit te sonder. Selfs meer skokkend is die feit dat lande soos Denemarke, Nederland, Frankryk, Ierland, Noorweë, Armenië en Rusland ten gunste van die mosie teen Israel gestem het.

In 1948 was die globale linkse beweging groot ondersteuners van die oprigting van Israel as Joodse staat. Selfs Rusland het dit ondersteun. Steun vir Israel het veral gekom uit linkse groepe en politieke partye in Europa en die VSA.

Vandag sien ons presies die teenoorgestelde afspeel. Susie Linfield, ’n professor in die Departement Joernalistiek by die New York-universiteit, New York het so pas ’n opspraakwekkende boek gepubliseer wat fokus op groeiende anti-Semitisme in die linkse beweging in die VSA. Sy beskryf die stelselmatige oorgang van steun na afkeur in die staat Israel wat oor die afgelope paar dekades in die linkse politieke beweging in die VSA voltrek is.

Ilhan Omar, die omstrede lid van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, wat onlangs in die nuus was omdat president Donald Trump voorgestel het dat sy na Somalië, waar sy gebore is, moet terugkeer omdat sy voortdurend kritiek teen die VSA uitspreek, is een van talle politici in die Demokratiese Party wat herhaaldelik anti-Semitiese uitsprake maak. Die opkoms van anti-Semitisme in die Demokratiese Party skep tans sterk verdeeldheid in die party. Die voormalige burgemeester van Chicago, Rahm Emanuel, het onlangs in die nuustydskrif The Atlantic Omar (en ander van sy kollegas in die Demokratiese Party) se anti-Semitisme sterk veroordeel.

Die Amerikaanse departement van justisie het drie weke gelede ’n spesiale konferensie oor die stryd teen anti-Semitisme aangebied. Trump se prokureur-generaal William Barr het tydens dié konferensie gewys op die toename in aanvalle op Jode in die VSA. Die Trump-administrasie maak ’n argument uit dat linkse retoriek vir die toename in anti-Semitisme verantwoordelik is.

Ook in Europa het dieselfde verskuiwing in sentiment jeens Israel (en gevolglik Jode) plaasgevind. In Brittanje word die Arbeidersparty in twee geskeur weens anti-Semitisme in die party met die partyleier Jeremy Corbin wat self van anti-Semitisme beskuldig word. In Europese lande soos Nederland, Duitsland, België en Frankryk is linkse politici voortdurend besig om anti-Semitiese boodskappe op sosiale media te verkondig.

Een van die oorsake van die linkse swaai teen Israel is natuurlik die politieke verskuiwing na regs wat sedert die opkoms van die Likoed-party in die 1970’s in Israel plaasgevind het. In hierdie opsig is die Amerikaanse regering se steun aan Israel belangrik. Israel is vandag steeds ’n indrukwekkende verskynsel en terwyl dié land min internasionale vriende het, kan skakeling deur Afrikaners met Israel groot geleenthede inhou.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Voorstanders van ‘n staat van Israel is destyds voor 1948 daarvan beskuldig dat ‘n utopiese eenheidsdroom nagejaag word ipv die konsep van idilliese assimilasie van kulture en rasse soos wat destyds voorsien is vir die toekomstige wèreld… almal lief mekaar… in reaksie op die Nazi-slagting en golf van anti-semitisme. Sosialisiese utopiste het hierdie aanvalle vir ‘n droomuitkoms nog nie laat vaar nie… doen saam, assimileer en gee-gee vir die groeiende massa oorkant die veiligheidsmuur… ja, breek dit af… en wonderlike vrede sal in Israel gedy. Gaan ‘n lieflike 50×50 vk meter staatjie vir die VF Front-terugslaners werk wat reeds hand in die boesem en die beursie steek vir liefdevolle helpers wat saam in vrede ‘wil’ leef? Dis so waar, gaan leer by Israel.

Jan ·

Jys verkeerd die jode is glad nie aan ons kant nie gaan kyk die kommunistiese pary en anc en eff is vol jode soos albie sachs en ronnie kasrils

Charles ·

Mens staar in verbystering en oopmond na die godskreiende skynheiligheid en onreg!

Israel, skree net, ons ou boerevolkie staan bankvas agter julle :)

Julle is ons broers en susters!

LANK LEWE ISRAEL

Anoniem ·

Vra net terselfdertyd vir Israel of hulle die Boerevolkie sal bystaan wanneer die groot paw paw eendag die fan tref?

Jan ·

Het jy geweet die kommunistiese party en anc en eff is vol jode…

Arnold ·

‘n Kleinvolkie met die hart van ‘n leeu. Ek staan bankvas agter Israel.

Swartwolf ·

Israel is ‘n voorbeeld van om vas te staan ten spyte van aanslae van jakkalse om op alles wat hulle s’n is te kom aas. En hulle is nie bang om doodsgeweld te gebruik as dit nodig is nie. Kyk na SA, polisie met skerp ammunisie jaag gister weg vir 200 klipgooiers. As dit Israel was was daar nou 20 dood maar daar was wet en orde ten spyte van die kritiek van die linkse, populistiese en liberale lande met hul menseregte snert. Ongelukkig het SA sy eersgeboortreg verkoop aan aasdiere in 1994 en die karkas is nou amper kaal geplunder. As die karkas leeg is gaan die aasdiere mekaar begin vreet. Hoop Israel staan vas en gee nooit in nie.

Jan ·

Israel en jode is glad nie aan ons kant nie die kommunistiese party is vol jode.die kommunistiese jode het die kerkstraat bom.gereel om die blankes uut te roei

Rinkhals ·

Nee kyk Jan jy is reg. Die amerikaners het ook nie op die maan geland nie dis in ‘n warehouse vol sand verfilm, die koninging van England eet twee dae oue baba’s vir aandete en prins Philip is eintlik ‘n likkewaan in disguise. Conspiracy theory is heavy op ‘n ou se logika.

Stier ·

En wat van die afrikaners verraaiers ? DeKlerk. Botha, Meyer, Kortbroek ?

George in Bloem ·

Israel is ‘n voorbeeld vir dubbelstandaard tweegesigte wat teen hom gestem het. Dis eintlik maar net afguns en erge jaloesie wat dit veroorsaak want hierdie klein landjie wat konstant in ‘n staat van oorlog verkeer is wereldleiers op sekere gebiede en bly net vooruitgaan en ekonomies floreer in bitter moeilike omstandighede. Die groen monster is maar ‘n lelike ding. Mag God Israel bly bewaar en veilig hou en beskerm teen sy talle vyande wat sy ondergang wil bewerkstellig.

Marius ·

Israel is werklikwaar ‘n leier op baie gebiede. Een skrywer wat hier skrywe dat die ANC vol Jode is, ek het nuus vir u, daar is net soveel blanke Afrikaners wat deel is van die ANC. Nou waar trek jy die streep nou eintlik?. Moenie dat ‘n klein groepie die groot massa sleg maak nie want dit is net eenvoudig nie waar nie.
Gaan eerder en gaan kyk op hoeveel gebiede is Israeliese maatskappye wereld-leiers. ‘n Klein landjie, maar pasop die Here het die Nuwe Jerusalem uitgekies nie sonder ‘n rede nie.

Renier ·

Wat se gekruipery by die Joodse betaalmeesters is die! Die Verenigde Nasies se sogenaamde teenstand teen Israel is bloot oëverblindery, dit was die VN wat Israel tot stand gebring het!

Swartwolf ·

Israel het vermag wat die Afrikaner nie die guts gehad het om te doen nie. Ons het ons land weggegee onder die leiding van lafaards in 1994 en druk van die liberalistiese “nuwe wereld”. Die israeliete staan vas en skiet as dit moet. En die jakkalse bly buite. Niks kan hulle koop nie. Hulle weier on te onderhandel met die vyand. Wat het ons leiers gedoen ? Dik hand op die blaas met die heidene gestaan.

anon ·

Lag ek nou lekker vir die Pro-Israel goyim, gaan so aan sheeple.

Swartwolf ·

anon en ek vir die “countyfied ignorant” wat glo in conspiracy teorie veral oor die jode. Gaan so aan sheepish….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.